NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie...

8
Uitgawe 8/2013 3 Maart 2013 NG KERK MIEDERPARK IEDERARK BANKBESONDER- HEDE: NG Kerk Mieder- park, ABSA Tjekrek 680 590 591 , Potchefstroom NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjek- rek 405 41 9146, Potchefstroom Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Sluit by ons aan op Wat gebeur DV die volgende week….…… Sondag 3 Maart 40 dae doelgerigte liefde ErediensSondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11 09:15 17:30 Maandag 4 Maart 40 dae doelgerigte liefde Dinsdag 5 Maart 40 dae doelgerigte liefde Woensdag 6 Maart 40 dae doelgerigte liefde Donderdag 7 Maart 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 8 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 9 Maart 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur 07:00

Transcript of NG KERK MIEDERPARK ERARK Maart.pdf · Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie...

  • Uitgawe 8/2013

    3 Maart 2013

    NG KERK MIEDERPARK

    IEDERARK

    BANKBESONDER-

    HEDE:

    NG Kerk Mieder-

    park, ABSA Tjekrek

    680 590 591 ,

    Potchefstroom

    NG Kerk Miederpark

    Sending, ABSA Tjek-

    rek 405 41 9146,

    Potchefstroom

    Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers

    (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926

    082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093

    Kerkkantoor

    Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900

    Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

    Epos [email protected]

    Sendingkantoor [email protected]

    Jeugkantoor [email protected]

    Sluit by ons aan op

    Wat gebeur DV die volgende week….……

    Sondag 3 Maart 40 dae doelgerigte liefde Erediens—Sondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11

    09:15 17:30

    Maandag 4 Maart 40 dae doelgerigte liefde

    Dinsdag 5 Maart 40 dae doelgerigte liefde

    Woensdag 6 Maart 40 dae doelgerigte liefde

    Donderdag 7 Maart 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie

    09:30

    Vrydag 8 Maart 40 dae doelgerigte liefde

    Saterdag 9 Maart 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur

    07:00

    http://www.ngkmiederpark.co.zamailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • B L A D S Y 2 I E D E R A R K

    Wanneer lidmate van die gemeente op-

    geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

    hulle asseblief by opname duidelik meld

    dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

    park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

    liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

    taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op

    te spoor.

    Ho spi ta a l o pna mes

    “MOEDERSKAMER”

    Het u ‘n baba of ‘n kleuter wat nog nie heeltemal

    “kerk-mak” is nie? Maak dan gerus gebruik van

    die konsistorie gedurende die erediens. Daar is

    luidsprekers sowel as ‘n kindervriendelike speel-

    hoekie. Wanneer die erediens-personeel 09:15

    die konsistorie verlaat om in die kerk in te

    beweeg, word die vertrek beskikbaar vir gesinne

    met klein kindertjies wat nie die erediens wil ver-

    steur nie, maar tog deel van die formeler opset

    wil wees. Ons kinders is vir ons kosbaar, ons wil

    hulle graag só infaseer en lief maak vir die aanbid-

    dingsruimte.

    BOTSWANA SENDING

    Jerry en Magda

    Bid asb vir:

    Die studente—die BOFF kursus eindig die week. Dat die heilige Gees hulle sal laat verstaan wat hulle geleer het, en hulle dit gaan toepas in hul “Villages”.

    Dat Willie se voertuig gou herstel sal word.

    Jerry wat nou op pad terug is na SA. Hy kom vir ‘n rukkie na SA. Bid dat God se muur van beskerming rondom, bo en onder hom, sy voertuig, al die voertuie en mense wat by hom vergaan, sal wees.

    MALAWI SENDING

    Pieter

    Baie dankie:

    Ek sê baie baie dankie vir almal wat vir my bid, asook die wat finansieël bydra vir Malawi sending. Sonder julle bystand sal ek nie daar kan bly nie.

    Malawi het baie goeie reën gehad.

    Dit gaan baie goed met my mense daar. Net Mama Lolis se baba het moontlik bil-harzias. Bid asb vir haar.

    Bid asb vir my wat nog tot die 18e Maart besig sal wees om die verskillende be-soekpunte te besoek.

  • B L A D S Y 3 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

    OUDIO-VERSTERKING

    Hoor u sleg tydens die erediens?

    Maak dan gerus gebruik van die

    derde en vierde bank voor links in

    die kerk. Daar is proppe waar u u

    eie oorfone kan inprop om beter

    te hoor. Of alternatiewelik kan u

    voor die erediens by die koster in

    die konsistorie ‘n stel oorfone van

    die kerk leen om net na die diens

    weer terug te gee.

    Graad 1-6 kom dieselfde tyd as die erediens in die kerk bymekaar vir die Kinderkerk.

    Daarna word in die graadgroepe verdeel.

    Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-

    diens.

    Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te leer wat dit beteken om prak-

    ties dissipel vir Jesus te wees, het ons die volgende byeenkomste in die week:

    Gr 1-3 Maandae 16:30—17:00 ; Gr 4-6 Dinsdae 16:30—17:00; Gr 7-9 Woensdae

    17:00—17:30; Gr 10-11 Donderdae 17:00—17:30

    HOSPITAAL SENDING

    Petro Zaayman

    Bid asb vir:

    Die Gideons wie se beurt dit vandag is om die Woord uit te dra in Potch Hospitaal.

    Dat ons Heer vir Petro elke dag die nodige wysheid, en krag sal gee waar sy van

    bed tot bed gaan om die pasiënte te bemoedig en die Woord aan hulle te bring.

    Almal wat werksaam is in Potch Hospitaal.

  • B L A D S Y 4 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

    Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie aan op 26—28 April.

    Sprekers soos Jannie de Beer, Jacques Gombault en Danie Botha gaan optree.

    Lofsang word gelei deur Danie Botha en Arno Claassen.

    GEMEENTEBASAAR 4 MEI 2013

    Ons gaan weer tuisgemaakte mosterd verkoop. Kan u dalk help met leë Purity botteltjies (100g en

    200g) en/of leë Marmite, Bovril of Oxo botteltjies (125g en 250g)?

    Lewer dit asseblief by die Kerkkantoor af of by Dassie Lombaard te Uitsigstraat 28—tel 0845004828 /

    0182932437.

    Groot waardering!!

  • B L A D S Y 5 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

    BASAARKONSERT EN POTJIE-

    KOS-ETE : 15 MAART 2013

    Ons benodig enige soort tuisge-

    maakte konfyt vir die brood wat

    saam met die potjiekos bedien

    gaan word. Indien u ‘n bydrae kan

    maak, skakel asseblief vir Dassie

    L o m b a a r d 0 8 4 5 0 4 8 2 8 /

    0182932437. Dit kan by die kerk-

    kantoor afgelewer word of by Das-

    sie te Uitsigstraat 28.

    Baie, baie dankie!!

    WINSKOOP VLEIS!!

    Vir die goedkoopste en varsste vleis in die

    dorp moet jy nie die 15e Maart misloop

    nie!

    Ons gaan 2 beeste slag en daar sal maal-

    vleis, wors, kookvleis en steaks te koop

    wees tydens die potjiekos-ete.

    Pryse sal later bekend gemaak word.

  • B L A D S Y 6 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

    WAAROM ONDERSTEUN ONS CANSA RELAY FOR LIFE?????

    DIE REDE IS:

    Een uit elke vier Suid Afrikaners word geraak deur KANKER, en die kankerkrisis word elke dag groter. Dui-sende sterf aan kanker en die tragedie is dat baie van hierdie sterftes voorkom kon gewees het!

    Kansa is die enigste Nasionale Kankerorganisasie en beveg kanker alreeds die afgelope 82 jaar – sedert 1931.

    CANSA Relay For Life - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) se Relay For Life is ‘n unieke ge-leentheid wat aan almal in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker. Dit verteenwoordig die hoop dat hulle wat die stryd teen kanker verloor het, nooit vergeet sal word nie, dat hulle wat stry teen kanker ondersteun sal word en dat kanker eendag oorwin sal word.

    Relay for Life is ‘n prettige, deurna spanbyeenkoms wat die bewusmaking van kanker na vore bring en die noodsaaklike fondse genereer om kanker te bestry Die byeenkoms word gedryf deur vrywilligers en is die “eiendom” van die gemeenskap. Gedurende die Relay onderneem spanne van 10-15 vriende, bure, fami-lies en mede-werkers om ten minste een lid te alle tye rondom die baan te laat loop, want kanker slaap nooit nie. Fondse wat deur die spanne ingesamel word, word aangewend om CANSA se voorkoming, on-derrig, vroeë opsporing, voorspraak en pasiëntesorgprogramme in die streek waar die Relay plaasvind, te ondersteun.

    Spanne kamp uit rondom die baan voordat die CANSA Relay For Life-geleentheid met die Oorlewendes se Ere-rondte open. Na sononder word die kerse in die luminaria-sakke – wat rondom die baan strek – aan-gesteek. Almal kom saam om hulde te bring aan diegene wat die stryd teen kanker verloor het en hulle ook te onthou, asook om hulle wat teen kanker stry, te ondersteun en saam bly te wees met diegene wat die stryd oorwin het.

    Gedurende die aand en die volgende dag geniet almal die vermaak, prêt en kameraderie in ‘n karnaval-atmosfeer. Elke gemeenskap se Relay For Life is spesiaal en is deel van ‘n nasionale- en internasionale beweging in die stryd teen kanker.

    ONS MAAK STAAT OP DIE GEMEENSKAP VAN POTCHEFSTROOM!!

    Stel jou span saam en kom skryf in:

    By die spanvergaderings: Donderdae by Anglo Gold Ashanti se kantore, Buskusstraat 41, Baillie Park.. Tussen 5:30nm-6:30nm. Inskrywingsfooi – R550.00 per span.

  • B L A D S Y 7 U I T G A W E 8 / 2 0 1 3

    KONTAK BESONDERHEDE:

    SPANNE: Ronell Blom 082 464 4839

    Johan van Deventer 082 894 3775

    OORWINNAARS: Loraine Joubert 079 836 3695

    Jean le Roux 082 883 8275

    DONASIES: Jacques Rousseau 073 811 6774

    ALGEMEEN: Petro de Beer 083 411 9807

    RELAY FOR LIFE IS ‘N LEWENSVERANDERENDE GELEENTHEID !!

    supported by

    VERITAS SENDING

    Ds Dawie enNaomi

    Ons wil weereens die Here dank vir die geleentheid wat ons het om in April Frankryk te besoek, maar dan wil ons weereens spesiale voorbidding vra vir die geleentheid.

    Bid asb vir:

    Ds Johan Bloemhof, wat al die reëlings vir ons doen—hy sterk aan na ‘n operasie.

    Die regte persone wat sal inskryf vir hierdie opleiding—die sukses gaan van hulle gesindheid afhang.

    Al die voorbereidings, wat behalwe geestelike toerusting ook die infrasturktuur soos die opledingsmateriaal insluit.

    Die kerke in Frankryk wat onder baie groot druk verkeer.—Die kerk in Frankryk leef eintlik te midde van baie moeilike omstandighede in ‘n total ateïstiese samelew-ing. Die druk op veral jongmense van alle kante af is enorm. Die Katolieke kerk word geduld, maar dit word as ‘n deel van die geskiedenis gesien wat reeds uitge-dien is. Niemand neem die kerk meer ernstig op nie. Evangeliese kerke word as ‘n gevaar gesien en hanteer en word sommer gou as ‘n “kultus” /sekte afgemaak. Hulle is egter teenwoordig daar waar die mense leef. Ons wil met ons opleiding juis sulke gemeentes help om hulle gemeenteleiers beter met die Woord toe te rus. Dit is waarvoor ons voorbidding vra.

    Dankie vir al julle getroue ondersteuning en voorbidding vir ons werk.

  • Kommentaar of nuus: [email protected] 0791349256

    Anale van ʼn windgat: 15 Maart in Miederpark.

    Koop nou jou kaartjies teen sleg R45 p/p. ontvang jy ʼn potjiekos ete en dit sluit die to-neelstuk “Anale van ʼn windgat” in. Die komedie gaan jou laat rol van die lag. Ons wil graag die hele gemeente by die projek betrek. Dit is ook die afsluiting van ons 40 dae doelgerigte liefde projek. GROOT ASB, maak seker dat jy nou jou kaartjie by jou ouder-ling, kollektant of selleier koop. Gaan na die volgende skakel vir meer inligting: http://www.ngkmiederpark.co.za/pdf/2013/tuisblad/potjiekosete.pdf

    Ons soek dringend nog mense wat ʼn potjie kan maak (vir 40 mense) op 15 Maart

    of donasies vir potjies kan gee (vleis, groentes of kontant) of ʼn groot pot vir ons kan leen, of vuurmaak hout skenk! (Ons mik vanjaar vir 800 etes) Ons het nog net 12 mense wat potte gaan maak. Kom ons vat hande en maak dit ʼn reu-se sukses! Ons benodig nog 12 potmakers! As jy lus is om te help, kontak dan asb. vir ds. Willem. Jy gaan verbaas wees hoeveel pret en liefde die potjiekos spanne beleef! Kom deel in die pret! (Dankie aan Alta Pot-has wat die leisels in die projek neem. Ons waardeer jou liefde en opoffering!) GROOT ASB. HELP ONS MET DIE POGING (Dit is deel van ons basaar fondsinsameling)

    Malawi uitreik 4-14 Julie. Ek wil jou uit-nooi om saam te gaan op die Malawi uit-reik. Daar is ‘net ʼn beperkte aantal plek op die uitreikspan. Ons ry deur Zimbabwe, en ʼn gedeelte van Mosambiek. Jy slaap een aand op die walle van die Zambezirivier (800m breed), en bring ʼn dag en aand langs die Malawi meer deur waar ons saam met die sendeling Bybelstudie hou en ontspan). Ons gaan ook ons sendeling met praktiese hulp ondersteun. (Bespreek nou jou plek! Kry by ons ʼn borgvorm en samel fondse by jou vriende in om jou uitgawes te vermin-der).

    Ons benodig wol asb! ‘n Ge-

    meentelid wil truitjies vir

    sending en die basaar brei

    met ‘n breimasjien, maar sy

    benodig wol. Laai dit by Kerk-

    kantoor af asb en merk dit

    breiprojek.

    Lees die Iederark in

    volkleur op die web!!

    ngkmiederpark.co.za

    http://www.ngkmiederpark.co.za/pdf/2013/tuisblad/potjiekosete.pdfhttp://www.ngkmiederpark.co.za/pdf/2013/tuisblad/potjiekosete.pdf