Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag...

10
GR.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! PAUL ROOS GIMNASIUM Semper Splendidior Everyone Everything Every Time Leerlingraad 2020 DATUMS SAL BEVESTIG WORD ONDERHEWIG AAN DIE DEPARTEMENT VAN BASIESE ONDERRIG

Transcript of Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag...

Page 1: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

GR.8 - 11TERUG NA DIE ROOS!

PAUL ROOS GIMNASIUM

Semper Splendidior

Everyone Everything Every Time

Leer l ingraad 2020

DATUMS SAL BEVESTIG WORD

ONDERHEWIG AAN DIE

DEPARTEMENT VAN BASIESE

ONDERRIG

Page 2: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

AAN ONS OUERSInfassering van Grade

Kontaksessies met leerders sal eersdaag plaasvind. U seun seakademiese vordering is van die uiterste belang en verskillende metodes

sal aangewend word om aan te pas by die verwagtinge van dieDepartement van Basiese Onderwys. Ons is bewus daarvan dat nie alleleerders dieselfde toegang tot afstandonderrig het nie en maak daarvoor

voorsiening dat geen leerder benadeel word nie.

Ten spyte van die onvoorspelbaarheid van die pandemie, sal `nweldeurdagte Covid 19-aksieplan (sosiale distansiëring en

ontsmettingsmaatreëls) aan elke leerder gekommunikeer word. Volledigeinligting oor toegang tot die skoolterrein en hulpbronbenutting sal

uiteengesit word.

Kontakonderrig sal steeds deur afstandonderrig aangevul word. Wees egter bewus daarvan dat daar `n moontlike verandering in die

klasrooster kan wees, maar enige verandering sal vroegtydiggekommunikeer word met bekendmaking van terugkeerdatums.

Dit is van die uiterste belang, ongeag van sekere uitdagings,

dat leerders terug moet keer skool toe. Die onderwyspersoneel kan slegsdaardeur die verwerfde kennisvlakke van die leerproses tydens diegrendeltyd objektief bepaal. Sodanige kontaksessies sal in elke vak

gebruik word om uitdagende begrippe te verduidelik en vas te lê. Dit isbelangrik om daarop te let dat, met die aanvang van klasse, geenverdere ondersteuning met verkryging van data sal geskied nie.

Die skool bly, met u ondersteuning, steeds toegewyd tot u seun se

akademiese sukses in 2020.

Page 3: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

ENKELELEWENSFEITE

DIE REALITEITE

Die lewe, die wêreld

(moontlik jy ook) het

verander.

Nuwe vaardighede moet

verwerf word om aan

die veranderde eise te

voldoen.

Skool en onderrig sal

nooit weer dieselfde

wees nie.

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 4: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

WAT BETEKEN DIT VIR JOU?

Jy sal by die nuwe eise moet aanpas.

Akademie raak ’n vermenging van

afstandonderrig en kontaksessies.

Elke teleurstelling maak plek vir ’n nuwe

uitdaging.

Jou drome en aspirasies verander nie,

net jou benadering.

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 5: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

HOE BEREIK EK DIT?

Neem eienaarskap van beheerbare

uitdagings.

Waag om nuwe vaardighede aan te leer.

Kommunikeer jou doelwitte met jou

vriende en neem verantwoordelikheid

daarvoor.

Bemeester effektiewe databenutting en –

besparing.

(Hoe werk ek effektief met data? Hoe kry

ek toegang tot al die tegnologiese

hulpmiddels?)

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 6: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

WAT WORD VAN JOU VERWAG?

VERANTWOORDELIKHEID: vir jou skoolwerk,

leergedrag en die leerproses.

SELFSTUDIE: Die voltooiing van opdragte moet

met selfstudie gepaard gaan.

SELFDISSIPLINE: Take moet daagliks voltooi

word. Daaglikse kontak met jou onderwysers is

baie belangrik. Dissipline lei tot

kwaliteitakademie en sukses!

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 7: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

WAT WORD VAN JOU VERWAG?

LEER:Dit is belangrik om te besef dat daar ’n

verskil is tussen “doen” en “leer”. Jy moet so

met die werk omgaan dat jy daaroor sal kan

eksamen skryf.

FOKUS: Minimaliseer afleidings om seker te

maak jy bereik jou doelwitte.

AANPASBAARHEID: Wees bereid om aan te

pas – omstandighede verander daagliks.

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 8: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

HOE GAAN MY KLASSE WERK?

Elke vakgebied se benaderingswyse stel

unieke eise.

Onderrigbeeldmateriaal sal deur

assesseringsopdragte opgevolg word.

Afstandskontaksessies se sukses hang van

leerders se voorbereiding af.

Praktiese vakke soos Tegnologie sal weens die

praktiese vereistes aanlynonderrig slegs

beperkend kan aanbied.

LOR-lesse word voorlopig opgeskort om

leerderondersteuning uit te brei.

’n Opknappingsprogram vir elke vak sal

volgens behoefte bepaal word.

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 9: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

WAAR KAN HULP BEKOM WORD?

Kontak jou LOR-onderwyser vir akademiese –

en emosionele ondersteuning.

Maak daagliks kontak met jou klasonderwysers

d.m.v. die elektroniese platforms.

Maak kontak met jou registeronderwyser/mentor.

Kontak jou graadhoof met enige probleme m.b.t.

elektroniese toegang.

SEMPER SPLENDIDIOR

Page 10: Gr.8 - 11 TERUG NA DIE ROOS! - Paul Roos Gymnasium · K ont aksessi es met l eerders sal eersdaag pl aasvi nd. ... aangewend word om aan t e pas by di e verwagt i nge van di e Depart

DANKIE

Baie dankie aan alle ouers en leerders wat

hierdie uitdaging aanvaar om soos altyd deel

van hierdie skool se trotse tradisie te wees.

Semper Splendidior

André van Staden

Rektor

Werner van Rensburg

Adjunk-rektor: Akademie

PAUL ROOS GIMNASIUM - SUIDWAL, STELLENBOSCH, 7600

TEL: 021 887 0017 - E-POS: [email protected]

TROTS ⋅RESPEK ⋅GENTLEMANSKAP ⋅NEDERIGHEID ⋅UITNEMENDHEID ⋅ INTEGRITEIT ⋅VERANTWOORDELIKHEID

WWW.PAULROOS.CO.ZA