Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese),...

8
p 1 van 8 Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid 2019 OPSOMMING (lees die dokument vanaf p2 vir volledige inligting). Algemeen Keuring word toegepas om ’n inskrywingsteiken vir eerstejaarsinname (nuweling eerstejaarstudente) van 680 te bewerkstellig, waarvan 40% diversiteitskandidate moet wees teen 2020. Voornemende studente kan vir maksimum drie programme aansoek doen. Fakulteit Natuurwetenskappe sal aansoeke oorweeg wat as eerste, tweede en derde keuse aangedui is. Die aansoeker moet deeglik besin oor die rangorde van die verskillende programkeuses. Indien ’n voornemende student bv vir ’n eerste keuse voorlopige toelating kry, kan die tweede en derde keuse nie oorweeg word nie. Terselfdertyd kan ’n tweede keuse se voorlopige toelating verval indien die aansoek vir die eerste keuse suksesvol is. Let wel, vir die BSc Menslike Lewenswetenskappe programme (beide strome, Biologie en Biologie met Sielkunde) en vir die BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie program kan voorwaardelike toelating by ’n hoër keuringspunt toegestaan word as gevolg van die groot getal aansoeke vir hierdie genoemde programme. Daarom sal aansoeke wat een van bogenoemde programme as derde keuse op die aansoek aandui, waarskynlik nie oorweeg kan word nie. Dieselfde toelatingsvereistes geld vir verskillende strome binne ’n bepaalde program. Daarom moet ’n aansoeker liefs nie vir verskillende strome binne dieselfde program aansoek doen nie. Aansoekprosedure Aansoeke sluit op 30 Junie van die voorafgaande jaar en geen laat aansoeke word nie aanvaar nie. Slegs volledige aansoeke sal in die keuringsproses oorweeg word. ’n Volledige aansoek beteken: alle stappe van die aansoek moet gefinaliseer wees, gelde moet betaal wees, en alle dokumentasie moet ingehandig wees teen 30 Junie. Keuringsproses Keuring word volgens drie beginsels gedoen nl (i) akademiese meriete (ii) inskrywingsteikens en (iii) diversiteitsteikens. Alle aansoekers met ’n keuringspunt van 75% en meer EN wat voldoen aan die programspesifieke vereistes, sal ongeveer ’n maand nadat die aansoek suksesvol ingedien is, die uitslag kry. Aansoekers met ’n keuringspunt laer as 75% se aansoeke sal tydens latere keuringsrondtes oorweeg word en afgehandel wees teen 30 Augustus.

Transcript of Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese),...

Page 1: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 1 van 8

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

2019

OPSOMMING (lees die dokument vanaf p2 vir volledige inligting). Algemeen

• Keuring word toegepas om ’n inskrywingsteiken vir eerstejaarsinname (nuweling eerstejaarstudente) van 680 te bewerkstellig, waarvan 40% diversiteitskandidate moet wees teen 2020.

• Voornemende studente kan vir maksimum drie programme aansoek doen. Fakulteit Natuurwetenskappe sal aansoeke oorweeg wat as eerste, tweede en derde keuse aangedui is.

• Die aansoeker moet deeglik besin oor die rangorde van die verskillende programkeuses. Indien ’n voornemende student bv vir ’n eerste keuse voorlopige toelating kry, kan die tweede en derde keuse nie oorweeg word nie. Terselfdertyd kan ’n tweede keuse se voorlopige toelating verval indien die aansoek vir die eerste keuse suksesvol is.

• Let wel, vir die BSc Menslike Lewenswetenskappe programme (beide strome, Biologie en Biologie met Sielkunde) en vir die BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie program kan voorwaardelike toelating by ’n hoër keuringspunt toegestaan word as gevolg van die groot getal aansoeke vir hierdie genoemde programme. Daarom sal aansoeke wat een van bogenoemde programme as derde keuse op die aansoek aandui, waarskynlik nie oorweeg kan word nie.

• Dieselfde toelatingsvereistes geld vir verskillende strome binne ’n bepaalde program. Daarom moet ’n aansoeker liefs nie vir verskillende strome binne dieselfde program aansoek doen nie.

Aansoekprosedure

• Aansoeke sluit op 30 Junie van die voorafgaande jaar en geen laat aansoeke word nie aanvaar nie.

• Slegs volledige aansoeke sal in die keuringsproses oorweeg word.

• ’n Volledige aansoek beteken: alle stappe van die aansoek moet gefinaliseer wees, gelde moet betaal wees, en alle dokumentasie moet ingehandig wees teen 30 Junie.

Keuringsproses

• Keuring word volgens drie beginsels gedoen nl (i) akademiese meriete (ii) inskrywingsteikens en (iii) diversiteitsteikens.

• Alle aansoekers met ’n keuringspunt van 75% en meer EN wat voldoen aan die programspesifieke vereistes, sal ongeveer ’n maand nadat die aansoek suksesvol ingedien is, die uitslag kry.

• Aansoekers met ’n keuringspunt laer as 75% se aansoeke sal tydens latere keuringsrondtes oorweeg word en afgehandel wees teen 30 Augustus.

Page 2: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 2 van 8

1 Algemene inligting omtrent keuring

Keuring word toegepas om ’n inskrywingsteiken vir eerstejaarsinname (nuweling eerstejaarstudente) van 680 te bewerkstellig, waarvan 40% diversiteitskandidate moet wees teen 2020. Hierdie keuringsproses is in ooreenstemming met die Toelatingsbeleid van die Universiteit van Stellenbosch. Keuring geskied per program vir die onderskeie programme in Biologiese Wetenskappe, Wiskundige Wetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Die inskrywingsgetal word as volg verdeel (hierdie getalle word jaarliks op grond van aansoeke en behoefte hersien):

Biologiese Wetenskappe* 410

Wiskundige Wetenskappe 115

Fisiese Wetenskappe 155

• *LW Keuring vir BSc Menslike Lewenswetenskappe stroom (Biologie) en stroom (Biologie met Sielkunde) en BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie kan voorwaardelike toelating by ’n hoër keuringspunt toestaan word as gevolg van die groot getal aansoeke. Daarom sal aansoeke wat hierdie programme as derde keuse aandui waarskynlik nie oorweeg kan word nie.

• Daar word van die beginsel van oorboeking gebruik gemaak om voorsiening te maak vir voorwaardelik gekeurde aansoekers wat nie opdaag nie of nie kwalifiseer vir finale toelating nie. Die oorboekingskoers word jaarliks hersien volgens veranderende aansoek- en registrasietendense.

• Die uitslae van die Nasionale Normtoetse (NNT) is nie deel van die berekening van 'n keuringspunt nie, maar word veral in sekere gevalle gebruik om die meer geskikte kandidate te identifiseer (bv grensgevalle; aansoekers wat na meer as drie jaar na voltooiing van skooleindeksamen by Natuurwetenskappe aansoek doen; en vir plasing in tutoriaalgroepe.

• Aansoekers wat nie direk na graad 12 studeer nie, ervaar dikwels probleme met Wiskunde in die eerstejaar. Dit is die aansoeker se verantwoordelikheid om seker te maak dat hy/sy gereed is vir Wiskunde op universiteitsvlak. Die fakulteit bied geen addisionele ondersteuning om skoolwerk in te haal nie.

• Indien 'n aansoeker reeds voorheen aan 'n tersiêre inrigting studeer het (nie-nuweling student), geld addisionele kriteria vir toelating (kontak [email protected]).

2 Minimum toelatingsvereistes (let op vereistes vir verskillende skoolsisteme)

2.1 Tabel 1: Die minimumtoelatingsvereistes vir hoofstroomprogramme met NSS en IEB

Vir volledige inligting sien die Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek 2018 (Deel 5)

Programme Minimum toelatingsvereistes - Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en International Examination Board (IEB)

'n Gemiddelde prestasiepunt van minstens 65% (sonder Lewensoriëntering) 'n Prestasiepunt van minstens 4 (50%) in Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal).

1. PROGRAMME IN DIE BIOLOGIESE WETENSKAPPE

1.1 Biodiversiteit en Ekologie 1.2 Sportwetenskap 1.3 Menslike Lewenswetenskappe 1.3.1 Stroom: Biologie met Sielkunde

• Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

• Wiskunde 5 (60%)

1.3.2 Stroom: Biologie 1.4 Molekulêre Biologie en Biotegnologie

• Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

• Wiskunde (Jou wiskunde punt sal bepaal watter Fisika en Wiskunde jy op universiteit kan volg)

5 (60%) OF

6 (70%)

2. PROGRAMME IN DIE FISIESE WETENSKAPPE

2.1 Chemie 2.1.1 Stroom: Chemie en Polimeerwetenskap 2.1.2 Stroom: Chemiese Biologie 2.1.3 Stroom: Tekstiel- en Polimeerwetenskap

• Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

• Wiskunde

6 (70%)

2.2 Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese),

Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika

2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese) 2.2.3 Stroom: Teoretiese Fisika

Page 3: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 3 van 8

Programme Minimum toelatingsvereistes - Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en International Examination Board (IEB)

2.3 Aardwetenskap 2.3.1 Stroom: Toegepaste Aardwetenskap 2.3.2 Stroom: Geo-Omgewingswetenskap 2.4 Geoinformatika

• Fisiese Wetenskappe

4 (50%)

• Wiskunde (Jou wiskunde punt sal bepaal watter vakke jy op universiteit kan volg)

5 (60%) OF 6 (70%)

3. PROGRAM IN DIE WISKUNDIGE WETENSKAPPE

3.1 Wiskundige Wetenskappe 3.1.1 Stroom: Finansiële Wiskunde 3.1.2 Stroom: Rekenaarwetenskap 3.1.3 Stroom: Toegepaste Wiskunde 3.1.4 Stroom: Wiskunde 3.1.5 Stroom: Wiskundige Statistiek 3.1.6 Stroom: Operasionele Navorsing 3.1.7 Stroom: Abstrakte Wiskunde 3.1.8.1 Stroom: Biowiskunde

(Opsie 1: Molekulêre Biologie) 3.1.8.2 Stroom: Biowiskunde (Opsie 2: Ekologie)

• Wiskunde 6 (70%)

• Fisiese Wetenskappe (Indien jy Fisika of Chemie op

universiteit gaan volg) 4 (50%)

2.2 Tabel 2: Die minimumtoelatingsvereistes vir hoofstroomprogramme met internasionale skoolkwalifikasies

(Internasionale skooleindkwalifikasies moet voldoen aan die vereistes vir universiteitsvrystelling soos bepaal word deur Matrikulasieraad, HESA)

INTERNASIONALE KWALIFIKASIES Minimum toelatingsvereistes

KEURING: 'n Gemiddelde keuringspunt van minstens 65%; (2 x Wiskunde punt + die punte van die ander finale skoolvakke ÷ aantal vakke

FINALE TOELATING: 'n Gemiddelde prestasiepunt van minstens 65%

'n Prestasiepunt van minstens 50% in Afrikaans of Engels

Program Skoolvak Namibian NSSC

AS-level A-level IB SL IB HL

1. PROGRAMME IN DIE BIOLOGIESE WETENSKAPPE

1.1 Biodiversiteit en Ekologie 1.2 Sportwetenskap 1.3 Menslike Lewenswetenskappe 1.3.1 Stroom: Biologie met Sielkunde

Fisiese Wetenskappe OF Chemie en Fisika (Nie die skoolvak Science nie)

3 D E 4 4

Wiskunde 3 C E 4 4

1.3.2 Stroom: Biologie 1.4 Molekulêre Biologie en Biotegnologie

Fisiese Wetenskappe OF Chemie en Fisika (Nie die skoolvak Science nie)

3 D E 4 4

Wiskunde (Jou wiskunde punt sal bepaal watter Fisika en Wiskunde jy op

universiteit kan volg)

3 OF

C OF

E OF

4 OF

4 OF

2 D E 5 4

Page 4: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 4 van 8

Program Skoolvak Namibian NSSC

AS-level A-level IB SL IB HL

PROGRAMME IN DIE FISIESE WETENSKAPPE Chemie 2.1.1 Stroom: Chemie en

Polimeerwetenskap 2.1.2 Stroom: Chemiese Biologie 2.1.3 Stroom: Tekstiel- en Polimeerwetenskap Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese) 2.2.3 Stroom: Teoretiese Fisika

Fisiese Wetenskappe OF Chemie en Fisika (Nie die skoolvak Science

nie)

3 D E 4 4

Wiskunde 2 B D 5 4

2.3 Aardwetenskap 2.3.1 Stroom: Toegepaste Aardwetenskap 2.3.2 Stroom: Geo- Omgewingswetenskap 2.4 GeoInformatika

Fisiese Wetenskappe OF Chemie en Fisika (Nie die skoolvak Science nie)

3 D E 4 4

Wiskunde (Jou wiskunde punt sal bepaal watter vakke jy op universiteit kan volg)

3

OF

2

C

OF

B

E

OF

D

4

OF

5

4

OF

4

3.1 Wiskundige Wetenskappe 3.1.1 Stroom: Finansiële Wiskunde 3.1.2 Stroom: Rekenaarwetenskap 3.1.3 Stroom: Toegepaste Wiskunde 3.1.4 Stroom: Wiskunde 3.1.5 Stroom: Wiskundige Statistiek 3.1.6 Stroom: Operasionele Navorsing 3.1.7 Stroom: Abstrakte Wiskunde 3.1.8.1 Stroom: Biowiskunde (Opsie 1: Molekulêre Biologie) 3.1.8.2 Stroom: Biowiskunde (Opsie 2: Ekologie)

Wiskunde 2 B D 5 4 (Indien jy Fisika of Chemie op universiteit gaan volg):

Fisiese Wetenskappe OF Chemie en Fisika (Nie die skoolvak Science nie)

3 D E 4 4

*Wiskunde, Chemie en Fisika op IGSCE / GCSE / NSSC OL Gr 11 / NSSC OL Gr12, kwalifiseer dus nie vir toelating nie

*Kontak die Internasionale Kantoor (http://www0.sun.ac.za/international/contact-us.html) vir minimumtoelatingsvereistes vir skooleindkwalifikasies wat nie in bostaande tabel gelys word nie.

2.3 Tabel 3: Addisionele toelatingsvereistes vir “School of Tomorrow” of ander tuisonderrig-stelsels

“School of Tomorrow” of ander tuisonderrigstelsels

Aansoekers uit hierdie skoolstelsels kan slegs op grond van 'n aanbeveling van die fakulteit 'n universiteits-vrystellingsertifikaat bekom. Keuring van hierdie aansoekers is dus afhanklik van programspesifieke toelatingsvereistes, sowel as prestasies behaal in die NNT’s (tensy die aansoeker die NSS-eksamens aflê waarvan die NSS uitslae dan sal geld).

Page 5: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 5 van 8

Programme Toelatingsvereistes NNT

Alle programme Soos vir NSS/IEB Akademiese Geletterheid 60

Kwantitatiewe Geletterdheid 60

Wiskunde 55

3 Minimumtoelatingsvereistes vir verlengde graadprogramme (VGP)

Vir volledige inligting sien Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5) 2018 p. 28

Aansoekers wat voorwaardelik tot hoofstroomprogramme toegelaat is, maar wie se finale uitslae nie aan die minimum toelatingsvereistes van die betrokke hoofstroomprogram voldoen nie, kan ʼn versoek rig vir toelating tot 'n VGP.

Slegs aansoekers wat nog nie voorheen by die US of ander hoër onderwysinstansie geregistreer was nie, sal oorweeg word.

Voorkeur word gegee aan aansoekers uit benadeelde sosio-ekonomiese omstandighede wat voldoen aan die minimum toelatingsvereistes van die betrokke VGP én afhangende van beskikbaarheid van plek.

3.1 Tabel 4: Minimumtoelatingsvereistes vir verlengde graadprogramme (VGP)

Programme Minimum toelatingsvereistes - Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en International Examination Board (IEB)

'n Prestasiepunt van minstens 4 (50%) in Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) EN Voldoen aan een van die volgende drie kombinasies

Kombinasie 1 minimum vereistes

Kombinasie 2 minimum vereistes

Kombinasie 3 minimum vereistes

Biologiese Wetenskappe Wiskunde 5 (60%) Wiskunde 4 (50%) Wiskunde 5 (60%)

Fisiese Wetenskap

4 (50%) Fisiese Wetenskap

4 (50%) Fisiese Wetenskap

3 (40%)

Gemiddeld (sonder LO1)

≥55% Gemiddeld (sonder LO1)

≥65% Gemiddeld (sonder LO1)

≥65%

Fisiese en Wiskundige Wetenskappe

Wiskunde 6 (70%) Wiskunde 5 (60%) Wiskunde 6 (70%)

Fisiese Wetenskap

4 (50%) Fisiese Wetenskap

4 (50%) Fisiese Wetenskap

3 (40%)

Gemiddeld (sonder LO1)

≥55% Gemiddeld (sonder LO1)

≥65% Gemiddeld (sonder LO1)

≥65%

4 Keuring

• Keuring geskied op grond van akademiese meriete alleenlik.

• Voldoening aan die minimum toelatingsvereistes van die program waarvoor aansoek gedoen word, waarborg NIE keuring NIE.

• Slegs aansoeke wat volledig voltooi is en waarvan die nodige stawende dokumentasie ook ingehandig is, sal in die keuringsproses oorweeg word. (Maak seker dat bewyse van inhandiging van stawende dokumentasie gehou word). Aansoeke sluit 30 Junie van die jaar wat studie voorafgaan.

• Hou in gedagte dat ʼn aansoeker slegs voorlopige toelating of finale toelating (indien gr 12 reeds geslaag is), gegee word vir een program waarvoor aansoek gedoen word. Bv. indien ʼn aansoeker vir sy/haar tweede keuse voorwaardelik aanvaar is, verval hierdie voorlopige toelating van die tweede keuse indien die aansoeker se eerste keuse ook suksesvol is.

1 Lewensoriëntering

Page 6: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 6 van 8

• Graad 11-aansoekers

Keuring en voorwaardelike toelating geskied op grond van finale graad 11-bevorderingspunte. Die keuringspunt vir voorwaardelike toelating word bereken soos hieronder (4.2) uiteengesit.

• Aansoekers wat reeds skooleindeksamen suksesvol afgelê het

Die finale skooleindeksamenuitslae word gebruik om die keuringspunt te bereken soos hieronder (4.2) uiteengesit. Indien die aansoek suksesvol is, word finale toelating dan reeds toegestaan.

• Aansoekers wat hulle graad 12 punte in ʼn daaropvolgende jaar verbeter

’n Beperkte getal aansoekers kan waglysstatus verkry totdat die verbeterde skooleindeksamenpunte beskikbaar is. Hierdie verbeterde finale skooleindeksamenuitslae word aan dieselfde keuringskriteria onderwerp as wat vir alle aansoekers vir die spesifieke jaar gegeld het. Dit is die aansoeker se verantwoordelikheid om, sodra die punte beskikbaar is, die verbeterde punte aan die Toelatingsafdeling ([email protected]) te voorsien en die nodige vorm te voltooi (beskikbaar by 5.4) om finale toelating te versoek.

4.1 Keuringskomitee

Keuring word gedoen deur 'n keuringskomitee van die Fakulteit Natuurwetenskappe, soos saamgestel deur die dekaan van die fakulteit. Alle besluite rakende keuring word deur die dekaan bekragtig voordat dit aan kandidate gekommunikeer word en is dus ʼn finale besluit.

Indien jy voorwaardelik toegelaat is vir ʼn program maar die programkeuse wil verander na ’n ander program in Natuurwetenskappe, moet dit deur die keuringskomitee goedgekeur word. Sulke versoeke kan slegs oorweeg word indien daar plek beskikbaar is in die spesifieke program. Rig die versoek aan [email protected] voor 30 September van die jaar wat studie voorafgaan.

4.2 Keuringskriteria

• 'n Keuringspunt (KP) vir alle aansoekers sal as volg bepaal word:

• NSS en IEB: 2 x Wiskunde punt+ die punte van die vyf ander vakke* (uitgesluit Lewensoriëntering) ÷ 7

• Vir keuring met internasionale skoolkwalifikasies, sien Tabel 2

• Let wel: Die presiese punte word gebruik. Waar aansoekers meer as ses skoolvakke aanbied, word die Wiskundepunt, plus vyf ander hoogste punte gebruik waarvan ten minste een van hierdie vyf, Afrikaans of Engels moet wees . Vir programme in Fisiese en Biologiese Wetenskappe moet Fisiese Wetenskap as skoolvak, een van die vyf vakke wees.

• Aansoekers moet voldoen aan al die minimum toelatingsvereistes van die program waarvoor aansoek gedoen word.

• Aansoekers word aangeraai om die NNT toetse af te lê voordat die keuring plaasvind. Die uitslae hiervan word nie in die keuringsformule gebruik nie maar kan na goeddunke in grensgevalle deur die keuringskomitee in ag geneem word.

4.3 Tydsverloop van die keuringsproses

• Aansoeke sluit 30 Junie van die voorafgaande jaar.

• Keuring vind plaas tot einde Augustus. Aansoeke word in 'n rangvolgorde vanaf die hoogste keuringspunt geplaas. Keuring word gedoen met inagneming van beskikbare plekke in programme en diversiteitsamestelling, totdat die keuringsteiken bereik is. Oorblywende kandidate kan moontlik later oorweeg word, indien programregistrasiemikpunte nie gehaal gaan word nie (dit kan potensieel tot ná registrasie wees).

• Sodra voorwaardelike toelating toegestaan is, sal ʼn aansoeker 'n brief in hierdie verband ontvang. Hou in gedagte dat hierdie brief van voorwaardelike toelating verval indien die aansoeker hierná voorwaardelike toelating vir ʼn ander programkeuse ontvang.

4.4 Keuring vir toelating tot verlengde graadprogramme (VGP)

4.4.1 Keuringsproses (VGP)

Die keuringsprosedure vir hierdie programme het ten doel om maksimum 70 studente in die program op te neem waarvan 75% diversiteitskandidate moet wees.

Kriteria vir toelating tot VGP:

• Die finale graad 12-punte voldoen nie aan die toelatingskriteria van die hoofstroomprogramme nie

Page 7: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 7 van 8

EN

• Die sosio-ekonomiese status van die aansoeker

EN

• Die aansoeker moet ’n nuweling eerstejaar student wees (maw ’n aansoeker wat reeds voorheen by ’n ander instansie studeer het, kwalifiseer nie).

4.4.2 Tydsverloop van die keuringsproses (VGP)

• Kandidate wat reeds voorwaardelik toegelaat is vir ’n hoofstroomprogram in Fakulteit Natuurwetenskappe maar hul finale graad 12 uitslae voldoen nie aan die minimum toelatingsvereistes nie.

• Aansoekers kan ’n versoek rig vir toelating tot die VGP deur die toepaslike vorm by die volgende skakel http://bit.ly/VGPtoegang te voltooi sodra die finale NSS/graad 12-punte beskikbaar is. Die sluitingsdatum vir hierdie versoeke is 15 Januarie van die beplande studiejaar. Keuring vind plaas direk na hierdie sluitingsdatum en die status van hierdie aansoek sal teen 18 Januarie op http://bit.ly/VGPOutcome bekend gemaak word. Aansoeke wat na 15 Januarie datum ontvang word, sal slegs oorweeg word nadat eerstejaarregistrasie afgehandel is (±26 Januarie).

• Kandidate wat reeds in besit is van ʼn finale skoolverlatingsertifikaat

Aansoeke sluit op 30 Junie van die voorafgaande jaar van studie en word en indien die aansoek suksesvol is, word finale toelating dan reeds toegestaan.

5 Waglysstatus

In die volgende gevalle kan aansoekers waglysstatus toegeken word:

5.1 Skooleindpunte verbeter

Slegs 'n beperkte getal aansoekers kan toegelaat word. Die keuringsvereistes vir hoofstroom sal geld soos toegepas vir 'n spesifieke studiejaar. Indien die verbeterde punt aan die vereistes voldoen, waarborg dit nog nie 'n plek nie, die mate waartoe die punt verbeter is sal in oorweging geneem word. Toelating kan slegs gefinaliseer word na finale verbeterde punte beskikbaar is.

5.2 Wiskunde en/of Fisiese Wetenskap (Chemie en/of Fisika) as skoolvakke bykomend doen

Slegs 'n beperkte getal aansoekers kan toegelaat word. Die keuringsvereistes soos vir hoofstroom sal geld soos toegepas vir 'n spesifieke studiejaar. Toelating kan slegs gefinaliseer word na finale bykomende punte beskikbaar is.

5.3 Oorskakel vanaf ander akademiese instellings (nie-nuweling eerstejaars)

Slegs 'n beperkte getal aansoekers kan toegelaat word. Die keuringsvereistes soos vir hoofstroom sal geld. Toelating kan slegs gefinaliseer word na mees onlangse finale punte van die akademiese instelling beskikbaar is. Indien ’n student uit hierdie groep wel gekeur word, sal hy/sy alleenlik toegelaat word om te registreer indien hy/sy in die vorige akademiese jaar geen module gesak het nie.

5.4 Finalisering van aansoeke met waglysstatus

• Nadat jou finale/verbeterde punte beskikbaar is, moet jy die vorm teen 15 Januarie van die jaar van studie, by die volgende skakel http://bit.ly/WaitSUScience voltooi om te bevestig dat jy stééds finale toelating versoek.

• Slegs kandidate wat hierdie vorm voltooi, sal oorweeg word vir finale toelating.

• Na afloop van keuring, sal die status van hierdie aansoek op http://bit.ly/WaitSUScienceOutcome beskikbaar wees teen 18 Januarie.

6 Versoeke vir verandering van program nadat finale graad 12-punte beskikbaar is

Aansoekers wat van die program waarvoor hy/sy voorwaardelik toegelaat is, wil verander, kan ’n programverandering versoek rig deur teen 15 Januarie die vorm by die volgende skakel te voltooi http://bit.ly/SUScienceChange. Dit geld vir onderstaande gevalle:

• Aansoeker is voorwaardelik toegelaat vir ’n program in die Fakulteit Natuurwetenskappe maar wil na ’n ander program in die Fakulteit Natuurwetenskappe verander. Hierdie versoeke se status sal ongeveer teen 18 Januarie beskikbaar wees by http://bit.ly/SUScienceChangeOutcome; OF

• Aansoeker is voorwaardelik toegelaat vir ’n program in ’n ander fakulteit en versoek om te verander na ’n program in Fakulteit Natuurwetenskappe. Hierdie versoeke se status sal slegs beskikbaar wees by http://bit.ly/SUScienceChangeOutcome nadat eerstejaarregistrasie afgehandel is (ongeveer 30 Januarie).

Page 8: Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en ... Fisika 2.2.1 Stroom: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika 2.2.2 Stroom: Laserfisika (Biologiese)

p 8 van 8

7 Versoeke vir heroorweging nadat finale graad 12-punte beskikbaar is

Aansoekers wat op grond van graad-11 punte nie voorwaardelike toelating ontvang het nie maar wie se finale graad 12 punte wel aan die programvereistes voldoen, kan versoek om heroorweeg te word vir toelating deur die vorm teen 15 Januarie te voltooi by die volgende skakel http://bit.ly/SUScienceReconsider. Die status van hierdie versoek sal beskikbaar wees by http://bit.ly/SUScienceReconsiderOutcome teen 30 Januarie in die beplande jaar van studie. Hierdie versoeke sal slegs oorweeg word nadat eerstejaarregistrasie afgehandel is en indien daar plek beskikbaar is.

8 Finale toelating en registrasie

• Die toelatingstatus verander van voorwaardelik na finaal indien skooleindeksamenuitslae aan die toelatingsvereistes van die program waarvoor voorwaardelike keuring gegee is, voldoen. Aansoekers is self verantwoordelik om te kontroleer of hulle aan die toelatingsvereistes voldoen om te registreer as student.

• Registrasie kan vanaf middel Januarie elektronies gedoen word of andersins moet dit op die bepaalde registrasiedag by die registrasielokaal gedoen word.

• Aansoekers sal slegs toegelaat word vir registrasie indien bewys van die skooleindkwalifikasie gelewer kan word.

• Slegs 'n beperkte getalaansoekers wat op ʼn waglys geplaas is, sal finaal gekeur kan word sodra uitstaande punte aan die keuringskomitee gestuur word en die aansoeker 'n versoek vir heroorweging aan die fakulteit gerig het soos in 5. uiteengesit.

Kontak: [email protected] of 021 808 3063