Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

download Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

of 5

Transcript of Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

  • 8/10/2019 Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

    1/5

    Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

    Jy is nuut hier.

    Vyf sekondes tik verby voor ek traag ja s, en opkyk; maar grysbaard het reeds aangeskuifel

    en op een die van die gemakstoele in die sirkel gaan sit. Beter so, dink ek en kyk in my handboekvoor hy dalk oogkontak maakdaar is nie tyd vir kletspraatjies nie, ek is hier om te swot.

    One of the principles in English Studies is the intertwining of language and society: one

    could say that society is created by language, but society also creates language.

    *

    Wat se plek is daai? wil die kind halflyf by die Santorini-swart Range Rover se ruit uit weet.

    Ek weet nie. Sit nou. Toe ... Gwen ... Gwen ... Gwennie ... Juffrou Anja sal nie daarvan hou as

    jy so by die ruit uithang nie ...

    n Geluid.

    Ag, asseblief, luister nou vir Mamma toe.

    *

    Literature always asks us to grow as human beings, to open ourselves to experiences outside our

    own.

    Ek sien n vriend het hom intussen by Grysbaard aangesluit. Saam kyk hulle aandagtig,

    tydsaam na volkleur-afdrukke van skilderye in n koffietafelboek. Ek draai my nek. By die meeste van

    die lang houttafels sit nou mense.

    Luister,s Grysbaard gedemp, Pierneef se woorde: ... want waaragtige kuns maak n volk

    vry.

    Die grys koppe bo die ou skowwe wieg nadenkend, in n ooreenstemmende ritme, in

    jukstaposisie.

    Ek wonder of ons ou keteltjieal kook.

    Vriend kyk op. Ek vinnig af.

    O donkerdag ... daar kom sy al weer ... steun hymet misnoe, ... snotsnorker. Ek hoop net

    sy sit vandag ver van ons af.

    Die jong man met die vriendelike gesig oorkant my (uitsluitlik met n HB-potlood tussen sy

    vingers en n verwaarloosde notaboekie voor hom) begin onbedaarlik lagdaar ontsnap nie n

    enkele geluid deur sy lippe nie. Sy o traan van lekkerkry en hy slaan hulle selfbewus dak toe.

    Ek kyk om.

    n Gesette vrou in n sjokoladebruin snyerspak maak haar twee tafels verder met moeite

    gemaklik. Snuif-snuif-snuif. Maar dit is die man skuins agter haar in die swart oorjas wat my oog

  • 8/10/2019 Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

    2/5

    vang: die karoppasser, so skeel soos n skaap.Hy glip geoefen agter nrak in as hy sien ek kyk vir

    hom. Wat soek hy hier binne? wonder ek fronsend.

    Die mense trek my aandag af, dink ek vies. Hier gaan ek niks leer nie. Waar was ek?

    Advertisements manipulate your emotions by claiming that buying a certain product willchange your lifestyle, change your identity for the better, solve your problems, make you superior

    and give you power (for example).

    *

    Hei, Mamma,kyk dis dieselle plek as toe jy my skool toe gevat het!

    Ons ry elke dag hierdie pad, Gwen. n Honderd keer. Het jy jou safety belt aan ..? Ek kan nie

    nou kyk nie, Mamma is gou busy op haar foon. Wat is dit vandag met jou?

    *

    Intussen het twee skoliere hulle aan die punt van die tafel by n kragprop tuisgemaak. Elkeen het n

    skootrekenaar, n selfoon, n tablet, n stel oorfone en n ekonomiese woordeskat. Hulle druk gelyk

    aan alles en kommunikeer in fluisterstemme:

    LiquidoNarcotic.

    StromaePapaoutai.

    Kings Of LeonSex On Fire.

    KlingandeJubel.

    Fyn klankies ontsnap deur die spons, perkussies, n ritmiese ge-tiek-tiek-tiek en piep-piep-

    piep soos honger veldmuisies.

    Irriterend.

    Reading books from various historical eras and authors from diverse cultures ask us to re-

    evaluate values that we assume to be universal: things like: beauty, truth, freedom,

    independence, key concepts such as society, justice, family, love, sexuality and spirituality.

    Yo, ma se kind.

    Iemand tik my van agter af op die skouer.

    Mm?

    Ek s ma se kind, is dit jou foun wat so lui?

    Ag ...verdomp. Ek spartelonbehendig. Sorry, man. Ek kliek nou eers ... was ingedagte.

    Ek grou in die sak by my voete.

    Daars n signop oor cellphones.

  • 8/10/2019 Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

    3/5

    Ja-ja ... Nee, ek weet ... Hallo?Ek beduie verskonend aan die afkeurende o en stap tussen die ho

    rakke deur. O ja... jammer ek het nie dadelik geantwoord nie. Nee man, ek is nie by die huis nie,

    hulle breek en bou langsaan en ek kan nie met al die rumoer konsentreer nie.

    Dit is winderig buite. Bewolk. Uit die hoek van my oog sien ek Karoppasser se swart jaspante

    agter sy enkels aan om die kosyn flap.

    Binne-buite, binne-buite, dan binne dan buite. Mm?

    Uitstekend, ons sal daar wees. Dankie dat jy gebel het.

    Binnekant, agter die ry internetgebruikers staan ek eers stil om my foon af te sit; hier ek kry

    vandag wragtig niks geleer nie.

    Hello. My ... name ... is ... Edgar ... Hoo ... ver ... Con ... gratu ... lations. Congratulations.You

    ... have ... won ... two million ...

    Die vrou met haar vuil vingerpunt teen die rekenaarskerm moes onder n brug geslaap het,

    so lyk en ruik dit my. Sy swaai met blink ongeloof in haar o om en roffel in my rigting:

    Congratulations! Ek het gewen ... maar regtig, issit possible?!Sy glimlag brer as n Noot vir

    Noot-deelnemer.

    Veels geluk, s ek na n oomblik se oorpeinsing en stap deur die rakke na my sitplek toe.

    Nee, man.Wat de fok gaan nou hier aan?! Ek kyk verwilderd rond. Orinteer myself: Daar sit

    die snorker, tafel drie. My hart klop in my keel. Bly kalm, bly kalm... Die digter is weg. Tafel vyf. Ja.

    Hier sit die musiek-duo dan. Die ou Pierneef-aanhangers slaan my gedrag gelate gade.

    Verskoon my ... verskoon my ... Ek kyk onder die tafel in. Soek by haar voete na my sak.

    Hei! Wat dink jy doen jy?! vra sy geskok.

    Mense kyk.

    Ek het hier gesit ... my goed ... ek was gou buite. My kar se sleutel, iPad ... alles is in daai

    sak. My boeke was hier op die tafel!Ek kyk verwilderd rond. Soek dringend oogkontak, na

    antwoorde. Koppe skud afwesig, sak terug oor oop boeke.

    Sy gee my n skouerophaling. There was nothing when I got here.

    Ek haal die een outjie se oorfone af. Jammer man, luister asseblief gou vir my. Dis dringend.

    Ek het hier gesit. Net hir. Het een van julle dalk gesien wat met my goed gebeur het?

    Sorry, ek het niks gesiennie.

    Dan tref dit my soos n vuishou: Karoppasser! en ek hardloop buitentoe. Tussen die motors

    by die parkeerarea in. Angstig. Hy is nie daar nie.

    My kar is.

    Daar is hy! Oorkant die pad!

  • 8/10/2019 Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

    4/5

    Sy skeel oog trek byna reguit toe hy my sien nader storm. Hy lig sy arms om te baklei.

    Hei, hei ... hei ... hoekom dink julle mense altyd dis ek! Ek bum net siegrets daar binne, s

    hy gemaak seergemaak. Daai twee satangs het jou goed weggesteek!

    Ek gaan staan verlig met my hande op my heupe. Laat hulle weerloos sak. Die twee oumanne? Kopskuddend.

    Einste same-ste.

    Ek blaas my asem stadig uit. Dankie. Jammer ... Sodra ek terugkom gee ek jou n behoorlike

    fooitjie.

    Dankie, Master. Dit was n slegte dag.

    Voor ek terug oor die pad kan stap, hou n swart Range Rover met n dogtertjie op die

    voorste sitplek langs my stil. Die getinte ruit gly tot onder en n vrou se gerriteerde gesig verskyn indie opening.

    Kan jy my dalk s wat se gebou daaiis? Die kind nagal heel dag in my ore.

    Ja. n Biblioteek.

    Ag tog ... Gwen. Dis n biblioteek... Is jy nou tevrede? Dis n plek met baie boeke, dis vir

    mense wat nie DStv het nie. Daar gebeur niks daar binne nie.

    Ek was nog nooit in n biblioteek nie...skerm die kind.

    Dit is gevaarlik om haar so op die voorste sitplek te laat staan,s ek.

    Die ruit gly toe en die Range Rover ry weg.

    *

    Julle bliksems, kreun ek oorstelp en loer ongemerk of ek versteekte kameras iewers sien.

    Ek kyk vlugtig oor die tafels heen en doen moeite om my sitplek met waardigheid in te

    neem. Verlig. Alles is soos ek dit gelos het. Die twee grysaards weet van gn sout of water nie. Die

    meisie wat my plek gesteel het, sit afstandelik voor haar en uitstaar. Die digter met sy HB-potlood is

    terug, dit kreukel om sy smaraggroen o. Die kwaaddoeners wissel glimlaggend n veelseggende

    blik.

    Ek kan dit nie glo nie.

    Iewers agter my snork iemand n ongoddelike snork.

    Ek druk my ore toe en begin lees: Again here we see how each utterance can be named in

    terms of what the speaker intends to do with it.

  • 8/10/2019 Die vierkantige wit gebou op die hoek van Caledonstraat

    5/5

    * Al die Engelse aanhalings is uit David Levey et al (2013) Genres in Literature and Language,

    UNISA, Pretoria.