Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te...

25
“TOGETHER AGAINST TORTURE” “TU KONDJITHENI OMAHEPEKO ATUHENI” “STAAN SAAM TEEN MARTELING” “PAMWE OKUPIRUKIRA OMATATUMISIRO” “KUMWE NOKUDIRA KUKWATE SAKO ETOONO” “KUMWE TU RWANESE EHEPEKO” “ÅGUIBA TSÛTSÛS !OAGU” Ken jou regte Marteling AFRIKAANS

Transcript of Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te...

Page 1: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

“TOGETHER AGAINST TORTURE”

“TU KONDJITHENI OMAHEPEKO ATUHENI”

“STAAN SAAM TEEN MARTELING”

“PAMWE OKUPIRUKIRA OMATATUMISIRO”

“KUMWE NOKUDIRA KUKWATE SAKO ETOONO”

“KUMWE TU RWANESE EHEPEKO”

“ÅGUIBA TSÛTSÛS !OAGU”

Ken jou regte

Marteling

AFRIKAANS

Page 2: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

Erkenning

Die doel van hierdie publikasie is om die regte en verpligtingevan burgers en polisieagente onder die Namibiese Grondwetmeer verstaanbaar te maak. Ons hoop dat dit sal bydra tot diedaarstelling en instandhouding van ‘n menseregtekultuur inNamibië.

Ons erken met dankbaarheid diegene wat tot hierdie boekiebygedra het:

• Die Europese Unie en die Nederlandse Ambassade virhulle finansiële bystand. Die menings wat in hierdieboekie uitgespreek word mag nie aan die Europese Unieof die Nederlandse Ambassade toegeskryf word nie.

• Toni Hancox, wie die teks vir die boekie geskryf het.

• Caroline Cohrssen and Associates, vir die uitleg van dieboekie.

• Lodewyk Adams, vir die vertaling van die oorspronkliketeks. Proeflees: Thelma Heathcote.

• Zilaoneka S. Kaduma, vir die illustrasies.

Uitgewer: HURICONLegal Assistance CentrePosbus 604WindhoekNamibiëTel: 061-223356Faks: 061-234953E-pos: [email protected]

http://www.lac.org.na

© Legal Assistance Centre

Hierdie publikasie mag vir opvoedkundige doeleindes gereproduseer word meterkenning van die Legal Assistance Centre.

Eerste uitgawe, eerste druk Mei 2003

ISBN: 99916-765-5-4

Page 3: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

Inhoud

KEN JOU REGTE ...........................................................1

MARTELING ...................................................................1

Wat is marteling? ............................................................1

Die hoofdoelstellings van marteling.................................2

Sommige gevolge van marteling .....................................2

Internasionale reëls rondom marteling ............................41. Die Algemene Verklaring van Menseregte ............42. Die Internasionale Verdrage ten opsigte van

Burgerlike en Politieke Regte ................................43. Die Verenigde Nasies se Konvensie teen Marteling

en ander Wrede, Onmenslike of VernederendeBehandeling of Straf ..............................................4

Wat sê ons Grondwet oor marteling? ..............................5

Is marteling regtig ‘n probleem in die wêreld vandag? ....6

Maar daar vind geen marteling plaas in Namibië nie! .....6

Die reg op vergoeding (herstel) .......................................7

Wat kan ons doen om te help? .......................................8

BYLAE

Bylae 1: Artikel 8 van die Grondwet van Namibië ...........9

Bylae 2: Die Robben Eiland Riglyne .............................10

Page 4: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

1

Marteling

KEN JOU REGTEMARTELING

Wat is marteling?

Die Verenigde Nasies se Konvensie teen Marteling wat in1984 aangeneem is en in 1987 in werking getree het, definieermarteling as volg:

“Enige handeling uitgevoer of deur die aanhitsing van, of metdie toestemming of instemming van n publieke amptenaar ofander persoon wat in ‘n amptelike hoedanigheid optreewaardeur ernstige pyn of lyding, hetsy fisies of geestelikopsetlik op ‘n persoon toegedien is met die doel om van homof ‘n derde persoon inligting of ‘n bekentenis te bekom, omhom vir ‘n handeling te straf wat hy of ‘n derde persoongepleeg het of vermoed word van pleging, of om hom of ‘nderde persoon te intimideer of af te pers, of vir enige redegebaseer op enige vorm van diskriminasie.”

Dit is dan die amptelikedefinisie. Nietemin is die wêreldstadig besig om te versoen metdie idee dat dit nie die enigstevorm van intimidasie is nie.Gesinsgeweld, byvoorbeeld, is‘n werklike vorm van martelingen vind daagliks in Namibiëplaas, baie meer as dieamptelike vorm van marteling.

Gesinsgeweld vind daagliks plaasin Namibië.

Page 5: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

2

Marteling

Die hoofdoelstellings van marteling

• Om die identiteit van die gemartelde af te breek omsodoende inligting van hom of haar te bekom.

• Om vrees in te boesem en skok teweeg te bring inindividue en gemeenskappe.

Vrae wat gevra moet word:

• Kan die nodigheid om inligting te bekom die gebruik vanmarteling ooit regverdig?

• Van ‘n praktiese oogpunt, kan inligting wat so verkry isas geloofwaardig of betroubaar gesien word in die ligvan die feit dat baie mense enige ding sal erken net omdie marteling te laat stop.

Sommige gevolge van marteling

Die gevolge kan fisies of sielkundig wees. Ongeag die feit datdie fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundigegevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse,soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon hê wat kanlei tot groot veranderinge wat vir baie jare kan aanhou nadatdie traumatiese gebeure oor is.

Vrees kan lank nadat die aanvanklike gevaar verdwyn nogaanhou en aggresiewe reaksies kan aanhou lank nadat dierede of nodigheid om terug te veg oor is.

Die gevolge van trauma kan ‘n lewe van hulle eie aanneem engewoonlik sluit dit meer as een van die volgende in:

• Om oor en oor aan die traumatiese gebeurtenis te dink.

Page 6: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

3

Marteling

• Woede uitbarstings of nagmerries, vrees en angstigheid.

• Moeilikheid om andere te vertrou en te konsentreer.

• Hoofpyne, maagsere en ander liggaamskwale.

• Drank- en dwelmisbruik.

• Verlies aan belangstelling in seks.

• Verlies aan vertroue.

• Om van familie en vriende te onttrek.

• Gevoelens van neerslagtigheid en verlies, skuldgevoelen verraad.

Agnes! Hoekom is jy deesdaeso skars? Waar was jy?

Page 7: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

4

Marteling

Internasionale reëls rondom marteling

1. Die Algemene Verklaring van Menseregte

Artikel 5

“Niemand sal onderwerp word aan marteling of wrede,onmenslike of vernederende behandeling of straf nie.”

2. Die Internasionale Verdrag ten opsigte vanBurgerlike en Politieke Regte

Artikel 7

“Niemand sal onderwerp word aan marteling of wrede,onmenslike of vernederende behandeling of straf nie. Inbesonder sal niemand sonder sy vrye toestemming aanmediese en wetenskaplike proefnemings onderwerp word nie.

3. Die Verenigde Nasies se Konvensie teenMarteling en ander Wrede, Onmenslike ofVernederende Behandeling of Straf

Die staatspartye tot die Konvensie, waarvan Namibië een is,verklaar in die aanhef dat hulle daarna strewe om die strydteen marteling en ander wrede, onmenslike of vernederendebehandeling of straf oor die wêreld heen meer effektief temaak.

Namibië is ‘n ondertekenaar van al drie bogenoemdeinternasionale dokumente en in terme van ons Grondwet:“tensy andersins bepaal...internasionale ooreenkomste wat

Page 8: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

5

Marteling

bindend is op Namibië onder die Grondwet sal deel vorm vandie wet van Namibië.” (Artikel 144, Die Namibiëse Grondwet.)

Wat sê ons Grondwet oor marteling?

Artikel 8 van die Namibiëse Grondwet handel oor die respekvir menswaardigheid en subparagraaf (2)(b) daarvan herhaaldie sentimente wat in artikel 5 van die Universele (Algemene)Verklaring van Menseregte uitgedruk word.

Artikel 8(1) bevestig verder dat die waardigheid van allepersone onskendbaar sal wees en 8(2)(a) verseker dat respekvir menswaardigheid onder andere gewaarborg sal word inenige geregtelike verrigtinge.

Onthou: Die Grondwet is die mees verhewe Wetin Namibië. Dit beteken dat niemand verhewe is bodie bepalings wat daarin uiteengesit is nie. Almal inNamibië moet die Grondwet gehoorsaam, selfsregeringsamptenare en die President homself.

Page 9: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

6

Marteling

Is marteling regtig ‘n probleem in die wêreldvandag?

Konflikte in streke soos in Kosovo, Oos Timor en Rwanda hetdie gebruik van marteling ontbloot om individue engemeenskappe te onderdruk, intimideer en te vernietig. Verderontvang die Verenigde Nasies se Spesiale Verslaggewer oormarteling jaarliks inligting oor dade van marteling van 60-80lande. Dit word ook beraam dat tussen 20-30 % vanvlugtelingsbevolkings aan marteling blootgestel was.

Maar daar vind geen marteling plaas in Namibië nie!

Inteendeel, lees sommige van die hoofopskrifte met betrekkingtot die marteling van die beweerde Caprivi afstigters en dansal jy sien dat marteling nog baie in Namibië plaasvind.

Page 10: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

7

Marteling

Of wat van die stories oor gesinsgeweld wat ons daaglikshoor, soos die een van die man wat sy vrou aan die agterkantvan sy voertuig vasgemaak het en haar vir ongeveer eenkilometer gesleep het net omdat sy haar dogter se troue woubywoon, 'n handeling wat hy verbied het. Die vrou het geweierom 'n eis teen haar man in te stel.

Die reg op vergoeding (herstel)

Wat sluit hierdie reg in?

Dit sluit regte in tot Rehabilitasie, Restitusie, Vergoeding,Bevrediging en ‘n waarborg dat dit nie weer sal gebeur nie.Vergoeding is onder andere belangrik, want dit erken dat dieslagoffer van marteling in finansiële en menslike termewaardevol is en daarop geregtig is om 'n volledige rol in diesamelewing te hervat.

Slagoffers van marteling is geregtig op rehabilitasie.

Page 11: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

8

Marteling

Wat kan ons doen om te help?

Elke jaar op 26 Junie herdenk ons die Verenigde Nasies seInternasionale dag teen marteling. Sluit aan by hierdieherdenkings deur jou familie en vriende van die euwels vanmarteling in te lig. Ondersteun die pogings om weg te doenmet marteling deur jouself en andere ingelig te hou.

Adviseer slagoffers van hul regte tot vergoeding asook dathulle emosionele bystand moet soek indien nodig. Verwyshulle na instellings wat hulle kan bystaan, soos die LegalAssistance Centre, Peace Centre, National Society for HumanRights, Breaking the Wall of Silence en die Office of theOmbudsman.

Onthou: Dit is nie net die gemartelde watemosionele bystand nodig het nie, maar ook dieeen wat martel.

Spandeer jou tyd om aan maniere te dink om weg te doen metmarteling en bespreek dit met familie en vriende. Bevorderopvoeding maar onthou altyd om andere se opinie terespekteer. As ons dit doen dra ons positief by tot 'n Namibiësonder marteling.

Page 12: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

9

Marteling

BYLAE

Bylae 1:Artikel 8 van die Grondwet van Namibië

Respek vir menswaardigheid

(1) Die waardigheid van alle persone sal onskendbaar wees.

(2) (a) In enige geregtelike verrigting of ander verrigtingevoor 'n Statutêre liggaam en gedurende dietoepassing van 'n straf, sal respek virmenswaardigheid altyd waarborg word.

(b) Geen persoon sal onderwerp word aan martelingof wrede, onmenslike of vernederendebehandeling of straf nie.

Page 13: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

10

Marteling

Bylae 2:Riglyne en Maatreëls vir die Verbod en dieVoorkoming van Marteling, Wrede, Onmenslike ofVernederende Behandeling of Straf in Afrika. (DieRobben Eiland Riglyne)

Aanhef

Gedagtig die algemeneveroordeling en verbod op marteling,wrede, onmenslike en vernederende behandeling en straf;

Innig bekommerd oor die voortdurende voorkoms van sulkedade;

Oortuig van die noodsaaklikheid om die probleem in al sydimensies aan te spreek;

Erkenning van die nodigheid om positiewe stappe te neem omdie implementering van bestaande bepalings te bevorder tenopsigte van die verbod op marteling, wrede, onmenslike envernederende behandeling en straf;

Erkenning van die belangrikheid van voorkomende maatreëlsten bevordering van hierdie doelwitte;

Erkenning van die spesiale behoeftes van die slagoffers vansulke dade;

Gedagtig die bepalings van:

– Artikel 5 van die Afrika Handves van Mense en VolkeRegte wat 'n verbod plaas op alle vorms van uitbuitingen die vernedering van die mens, in besonder slawerny,slawerhandel, foltering, wrede, onmenslike ofvernederende straf en behandeling:

Page 14: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

11

Marteling

– Artikel 45(1) van die Afrika Handves wat die AfrikaKommissie volmag gee om onder andere, reëls enbeginsels te formuleer en neer te lê wat dit ten doel hetom die regsprobleme ten opsigte van Mense en VolkereRegte en Fundamentele Vryhede waarop AfrikaRegerings hul wetgewings moet baseer op te los.

– Artikel 3 en 4 van die Konstitutiewe Wet van die AfrikaUnie waarby Staatspartye onderneem om respek vir dieonskendbaarheid van die mens se lewe, die oppergesagvan die reg, goeie staatsbestuur en demokratiesebeginsels te bevorder;

Gedagtig verder die Internasionale verpligtinge van State:

– Artikel 55 van die Verenigde Nasies se Handves wat 'nberoep op State doen om algehele respek vir en dienalewing van Menseregte en Fundametele Vryhede tebevorder;

– Artikel 5 van UDHR, Arttikel 7 van ICCPR stipuleer datniemand onderwerp sal word aan marteling, onmenslikeof vernederende behandeling of straf nie;

– Artikel 2(1) en 16(1) van die UNCAT doen 'n beroep opelke Staat om effektiewe maatreëls te neem om dadevan marteling en ander dade wat wreed, onmenslik ofvernederende behandeling of straf te voorkom in enigegebied onder sy jurisdiksie;

Die kennisname van die verpligting van Afrika State soosherbevestig word in die Grand Bay verklaring en Plan vanAksie wat deur die 1ste Ministeriële Konferensie oorMenseregte in Afrika aanvaar is om te verseker dat daarbevordering en respek van Menseregte op die kontinent is.

Die wens vir die implementering van beginsels en maatreëlsom sodoende die stryd teen marteling en ander wrede,onmenslike en vernederende behandeling of straf in Afrika

Page 15: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

12

Marteling

meer effektief te maak en om aan Afrikastate hulp te verleenom hul internasionale pligte in hierdie verband na te kom.

Die “Robben Eiland se Werkswinkel oor die Voorkoming vanMarteling” het die volgende riglyne en maatreëls aangeneemten opsigte van die verbod op die voorkoming van marteling,wrede, onmenslike of vernederende behandeling of Straf enhet voorgestel dat hulle aangeneem, bevorder engeïmplementeer word in Afrika.

Deel I: Verbod Op Marteling

Bekragtiging van van Streeks en InternasionaleDokumente (Instrumente) Verdrae.

1. State behoort te verseker dat hulle deel is van relevanteinternasionale- en streeks menseregte verdrae en saltoesien dat hierdie verdrae volledig toegepas word inbinnelandse wetgewing en individue die maksimumruimte sal vergun om toegang te hê tot diemenseregtelike masjienerie wat geskep is. Die sal dievolgende insluit:

(a) Bekragtiging van die Protokol tot die AfrikaHandves van Menseregte en Volkere Regte wat 'nAfrika Hof skep van Mense en Volkere Regte.

(b) Bekragtiging van of toetrede tot die VN Konvensieteen Marteling, Wrede of Onmenslike enVernederende Behandeling of Straf sondervoorbehoud en verklarings te maak dat hulle diejurisdiksie van die kommitee teen marteling onderArtikels 21 en 22 aanvaar en die bevoegdheid vandie Kommitee te erken om ondersoek te lasingevolge Artikel 20.

Page 16: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

13

Marteling

(c) Bekragtiging of aansluiting tot die Internasionaleverdrag of Ekonomiese, Sosiale en KultureleRegte en die Internasionale Verdrag oor Burgerlikeen Politieke Regte en die Eerste OpsioneleProtokol daartoe sonder voorbehoud.

(d) Bekragtiging van of aansluiting tot die RomeinseStatute (Wet) wat die Internasionale hof skep.

Bevordering en Steun Samewerking met InternasionaleMeganismes

2. State moet saamwerk met die Afrika Kommissie vanMense en Volkere Regte en die werk bevorder enondersteun van die Spesiale Verslaggewer oorgevangenisse en die toestande van aanhouding inAfrika, die Spesiale Verslaggewer oor arbitrêre,summiere en buite geregtelike teregstellings in Afrika endie Spesiale Verslaggewer van vroue in Afrika.

3. State moet met die Verenigde Nasies se MenseregteVerdragsliggame saamwerk, sowel as met die VNKommissie oor Menseregte tematiese lande spesifiekeprosedure, in besonder die VN se SpesialeVerslaggewer oor marteling, ingeslote die uitreiking vanstaande uitnodigings vir hierdie en ander relevantemeganismes.

Kriminalisering van Marteling

4. State moet toesien dat martelings, soos gedefinieer inArtikel 1 van die VN Konvensie teen marteling, misdadeis binne hul nasionale regssisteme.

5. State moet besondere aandag skenk aan die verbod envoorkoming van geslagsverbandhoudende vorms vanmarteling en mishandeling van jong persone.

Page 17: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

14

Marteling

6. Nasionale howe moet jurisdiksie hê om sake aan te hoorvan bewerings van marteling ingevolge Artikel 5(2) van dieVN Konvensie teen marteling.

7. Marteling moet 'n uitleweringsmisdaad gemaak word.

8. Die verhoor of uitlewering van die wat van martelingverdink word, moet spoedig en lynreg plaasvind metrelevante internasionale standaarde.

9. Omstandighede soos toestand van oorlog, dreigendeoorlog, interne politieke onstabiliteit of enige anderopenbare noodtoestand, sal nie as 'n verskoning virmarteling, wrede, onmenslike of vernederendebehandeling of straf dien of toegepas word nie.

10. Begrippe of idees soos “nood”, “nasionalenoodtoestand”, “openbare orde” en “ordre public” sal nieas regverdiging vir marteling, wrede of onmenslike ofvernederende behandeling of straf toegepas word nie.

11. Hoër opdragte sal nie 'n regverdiging of 'n wettigeverskoning bied vir dade van marteling, wrede,onmenslike of vernederende behandeling of straf nie.

12. Diegene wat skuldig bevind word aan martelingswandade, sal onderwerp word aan gepaste sanksies watdie erns van die misdaad weerspieël en toegepas wordin ooreenstemming met relevante Internasionalestandaarde.

13. Niemand sal gestraf word vir die verontagsaming van ‘nbevel wat hom/haar dwing om dade te pleeg watmartelings, wrede, onmenslike of vernederendebehandeling of straf insluit nie.

14. State moet 'n verbod plaas op die gebruik, produseringen handel van toerusting of stowwe wat gemaak is metdie doel om te martel of te mishandel en die misbruikvan enige toerusting of stowwe vir die doeleindes moetook verbied word.

Page 18: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

15

Marteling

Non-Refoulement

15. State moet toesien dat niemand verban of uitgelewerword na 'n land waar hy of sy die risiko loop om aanmarteling onderwerp te word nie.

Stryd teen Strafloosheid

16. Om strafloosheid te beveg moet State:

(a) Toesien dat hulle wat verantwoordelik is virmartelingsdade en mishandeling onderwerp wordaan die regsproses.

(b) Toesien dat daar geen immuniteit bestaan teenvervolging van burgers wat van marteling verdinkword nie, en dat die ruimte van immuniteit virbuitelandse burgers wat op immuniteit geregtig isso ver as moontlik beperk moet word onder dieinternasionale reg.

(c) Toesien dat spoedige oorweging gebied word aanuitleweringsversoeke deur derde State inooreenstemming met internasionale standaarde.

(d) Toesien dat die reëls van die bewysreg behoorlikdie struikelblokke reflekteer om bewerings vanmishandeling in aanhouding te staaf.

(e) Toesien dat waar kriminele klagtes nie bewys kanword, as gevolg van die hoê standaarde vanbewys wat vereis word, behoort ander maniere vanSiviele, disiplinêre of administratiewe aksiesgeneem te word indien moontlik.

Klagtes en Ondersoek Prosedures

17. Om toe te sien dat maklik toeganklike en volleonafhanklike meganismes gevestig word waarheen alle

Page 19: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

16

Marteling

persone bewerings van marteling en mishandeling kanbring.

18. Toe te sien dat wanneer persone eis, of dit blyk dat hullegemartel of mishandel is, hulle voor bevoegde instansiesof owerhede gebring word en dat ondersoek ingestel salword.

19. Ondersoeke na alle bewerings van marteling ofmishandeling onmiddelik, onpartydig en effektiefondersoek sal word, gelei deur die VN Handleiding oorEffektiewe Ondersoeke en Dokumentasie oor Martelingen ander Wrede, Onmenslike of VernederendeBehandeling of Straf (Die Istanbul Protocol).1

Deel II: Voorkoming van Marteling

Basiese Prosesregtelike Waarborge vir die wat van hulvryhede ontneem is

20. Alle persone wie van vryhede ontneem is deur 'nPublieke bevel of 'n bevel deur gesaghebbers behoort inhul aanhouding deur behoorlike en wettigegekonstrueerde regulasies beheer te word. Sulkeregulasies behoort voorsiening te maak vir 'n aantalbasiese voorsorgmaatreëls, waarvan almal vantoepassing sal wees vanaf die oomblik dat hulle van hulvryheid ontsê is. Dit sluit in:

(a) Die reg dat 'n familielid of ander behoorlike derdepersoon in kennis gestel word van die aanhouding.

(b) Die reg tot 'n onafhanklike mediese ondersoek;

(c) Die reg tot die toegang tot 'nregsverteenwoordiger;

Page 20: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

17

Marteling

(d) Om die persoon wat van sy vryheid ontneem is teverwittig van bogenoemde regte in die taal wat hy/sy sal verstaan;

Beveiliging gedurende die Voorverhoor proses

21. State moet regulasies instel vir die behandeling vanpersone wat van hul vryhede ontneem is, gelei deur dieVN Liggaam vir die Beskerming van Al die personeOnder Enige Vorm van Gevangenskap.2

22. Toe te sien dat kriminele ondersoeke gedoen word deurhulle wat onderworpe is aan die relevantestrafproseskode.

23. Verbod geplaas word op die gebruik van onwettigeplekke van aanhouding en te verseker dat dit ‘n strafbareoortreding vir enige beampte is om iemand in ‘n geheimeen/of nie amptelike plek van aanhouding, aan te hou.

24. Verbod op die aanhouding van 'n persoon inafgesondering. (In Communicado).

25. Toe te sien dat enige persoon wat aangehou word, dierede vir hul aanhouding verstrek sal word.

26. Toe te sien dat enige persoon wat gearresteer wordonmiddelik ingelig word van die klagtes teen hulle.

27. Toe te sien dat die persone wat van hul reg ontneem isspoedig voor 'n hof (geregtelike gesag) sal verskyn,asook om die reg te hê om hulself te verdedig of omdeur 'n raadsman bygestaan te word, verkieslik iemandvan hul eie keuse.

28. Toe te sien dat volledig geskrewe notules gehou wordoor ondervragings, insluitende die identiteite van al diepersone teenwoordig tydens ondervragings en dieuitvoerbaarheid oorweeg van die gebruik van video en/ofaudio opnames van ondervragings.

Page 21: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

18

Marteling

29. Toe te sien dat enige verklaring verkry deur die gebruikvan marteling, wrede, onmenslike of vernederendebehandeling of straf nie toelaatbaar sal wees in enigeverrigtinge nie, behalwe teen persone wat skuldig is vanmarteling as bewys dat sodanige verklaring gemaakwas.

30. Toe te sien dat volledige notules gehou word by elkeplek van aanhouding van die persone wat van hul regtetot vryheid ontneem is, wat onder andere die datum, tyd,plek en rede vir die besondere aanhouding uiteensit.

31. Toe te sien dat alle persone wat van hul vryheid ontneemis toegang het tot regsverteenwoordiging, mediesedienste en bystand en die reg het om deur familiebesoek te word en met hulle te korrespondeer.

32. Toe te sien dat alle persone wat van hul vryheid ontneemis die wettigheid van hul aanhouding kan uitdaag.

Toestande van Aanhouding

33. Stappe te neem om toe te sien dat die behandeling vanpersone wat van hul vryheid ontneem is, inooreenstemming is met internasionale standaarde geleideur die VN Standaard Minimale Reëls vir dieBehandeling van Gevangenes.3

34. Stappe te neem om die toestande te verbeter in plekkevan aanhouding wat nie voldoen aan internasionalestandaarde nie.

35. Stappe te neem om toe te sien dat voorverhoorgevangenes apart gehou word van veroordeeldepersone.

36. Stappe te neem om te verseker dat jeugdiges, vroue enander kwesbare groepe in toepaslike en aparteaanhoudings fasiliteite gehou word.

Page 22: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

19

Marteling

37. Stappe te neem om oorbevolking in plekke vanaanhouding te verminder deur onder andere niegevangenis strawwe vir nie ernstige misdade aan temoedig.

Meganismes van Oorsig

38. State moet die onafhanklikheid en onpartydigheid vandie regsbank verseker en steun, asook toe te sien datdaar nie met die regsbank en geregtelike verrigtingeingemeng word nie, gelei deur die VN Basiese Beginselsoor die Onafhanklikheid van die Regsbank.4

39. Aanmoediging van professionele regs en medieseliggame om hulself te bemoei met vraagstukke oor dieverbod op en voorkoming van marteling, wrede,onmenslike en vernederende behandeling en straf.

40. Die vestiging en steun van effektiewe en toeganglikeklag meganismes wat onafhanklik is van aanhoudingsen toepassingsgesag en gemagtig is om klagtes teneem en om ondersoek in te stel en toepaslike aksies teneem oor bewerings van marteling, wrede, onmenslikeof vernederende behandeling of straf.

41. Om onafganklike nasionale instellings te vestig en steunen te versterk soos menseregte Kommissies,Ombudspersone, Kommissies van Parlementgesindes,met die volmag om alle plekke van aanhouding tebesoek en oor die algemeen die kwessies van marteling,wrede, onmenslike en vernederende behandeling ofstraf aan te spreek, gelei deur die VN Parys Beginselsmet betrekking tot die Status en Funksionering vanNasionale Instansies vir die Beskerming en Bevorderingvan Menseregte.

42. Om die besoek van die Nie Regerings Organisasies(NGOs) aan plekke van aanhouding aan te moedig en tevergemaklik.

Page 23: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

20

Marteling

43. Die ondersteuning van die aanneming van 'n OpsioneleProtokol tot die UNCAT om 'n internasionale besoekendemeganisme te skep met die volmag om al die plekke tebesoek waar mense van hul vryheid ontneem is deur ‘nStaatsparty.

44. Ondersoek na die uitvoerbaarheid daarvan omstreeksmeganismes te ontwikkel vir die voorkoming vanmarteling en mishandeling.

Opleiding en Bemagtiging

45. Om ondersteunende opleidingbewuswordingsprogramme te stig wat menseregtestandaarde reflekteer en die bekommernis van kwesbaregroepe beklemtoon.

46. Om ‘n geddragskode en etiek te ontwerp, bevorder en testeun en opleidingsmeganismes te ontwikkel virgeregsdienaars en veiligheidsbeamptes en anderrelevante beamptes wat met mense wat van hul vryheidontneem is in kontak kom, soos regsgeleerdes enmediese personeel.

Burgerlike Gemeenskap Opvoeding en Bemagtiging

47. Gemeenskaps Opvoedings initiatiewe,bewuswordingsveltogte ten opsigte van die verbod op en voorkomingvan marteling en die regte van aangehoudenes salaangemoedig en gesteun word.

48. Die werk van NROs (NGOs) en die media ingemeenskapsopvoeding, verspreidng van inligting enbewuswording ten opsigte van die voorkoming vanmarteling en ander maniere van mishandeling salaangemoedig en gesteun word.

Page 24: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

21

Marteling

Deel III: Reaksie op die behoeftes van slagoffers

49. Toe te sien dat die beweerde slagoffers van marteling,wrede, onmenslike en vernederende behandeling ofstraf, getuies, hulle wat die ondersoek doen, andermenseregtelike verdedigers en families beskerm wordteen geweld, dreigemente van geweld of enige andervorm van intimidasie of weerwraak wat mag spruitingevolge die verslag of ondersoek.

50. Die verpligting teenoor die Staat om vergoeding aanslagoffers aan te bied bestaan ongeag of daar 'nsuksesvolle kriminele vervolging kan wees of gebring is.Dus moet al die State toesien dat al die slagoffers vanmarteling en hul onafhanklikes:

(a) Toepaslike mediese behandeling aangebied word,

(b) Genoegsame toegang het tot sosiale en medieserehabilitasie,

(c) Voorsien word van voldoende vergoeding en steun.

Boonop moet daar ook erkenning gegee word dat die familiesen die gemeenskappe wat ook geaffekteer is deur diemarteling en mishandeling wat ontvang is deur een van sy ofhaar lede, ook as slagoffers gesien moet word.

Voetnote1 Bylae tot UN GA Res. A/55/89, 4 Des 2000, UN Uitgawe Nr 8, HR/P/PT/8.2 UN A/Res/43/173, 9 Des 19883 UN ECOSOC Res 663 C (XXIV), 31 July 1957, aangewys UN ECOSOC

Res 2076 (LXII), 13 Mei 19774 UN Dok E/CN.4/1995/39

5 UN ARes/48/134, 20 Des 1993

Page 25: Marteling · die fisiese gevolge meer sigbaar is, is dit die sielkundige gevolge wat neig om aan te hou. Traumatiese gebeurtenisse, soos marteling kan 'n sterk invloed op ‘n persoon

Die Legal Assistance Centre beywer hom vir dievestiging en bevordering van ‘n kultuur van

menseregte in Namibië.

Legal Assistance CentreWindhoekMei 2003