Datum : Ontkennende Vorm (Negative form)

11
Datum : ______________ Ontkennende Vorm (Negative form) Gebruik NIE. Onderstreep die werkwoord. Die eerste NIE kom na die werkwoord, die tweede NIE kom aan die einde van die sin. Ek lees ‘n boek Ek lees nie ‘n boek nie. Die kinders stap skool toe. Die kinders stap nie skool toe nie. Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm. 1. Sy lees ‘n boek. 2. Karen drink water. 3. Jan eet ‘n piesang en ‘n appel. 4. Ek voel vandag siek. 5. Juffrou skryf op die bord. 6. Die seun klim die boom. 7. Jan speel môre sokker. 8. Ma is kwaad vir ons. (Careful!) 9. Paul skryf die boek. 10. My kat eet die klein vissies.

Transcript of Datum : Ontkennende Vorm (Negative form)

Datum : ______________ Ontkennende Vorm (Negative form)

Gebruik NIE. Onderstreep die werkwoord.

Die eerste NIE kom na die werkwoord, die tweede NIE kom aan die einde van die sin.

Ek lees ‘n boek

Ek lees nie ‘n boek nie.

Die kinders stap skool toe.

Die kinders stap nie skool toe nie.

Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm.

1. Sy lees ‘n boek.

2. Karen drink water.

3. Jan eet ‘n piesang en ‘n appel.

4. Ek voel vandag siek.

5. Juffrou skryf op die bord.

6. Die seun klim die boom.

7. Jan speel môre sokker.

8. Ma is kwaad vir ons. (Careful!)

9. Paul skryf die boek.

10. My kat eet die klein vissies.

Datum : _________________ Ontkennende Vorm (Negative Form)

Memo

Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm.

1. Sy lees nie ‘n boek nie.

2. Karen drink nie water nie.

3. Jan eet nie ‘n piesang en ‘n appel nie.

4. Ek voel nie vandag siek nie.

5. Juffrou skryf nie op die bord nie.

6. Die seun klim nie die boom nie.

7. Jan speel nie môre sokker nie.

8. Ma is nie kwaad vir ons nie. (Careful!)

9. Paul skryf nie die boek nie.

10. My kat eet nie die klein vissies nie.

Datum : _______________ Skryf Tyd – My held/heldin (My hero/heroine)

Vetel vir ons meer oor jou held/heldin. Dit kan enige persoon wees wat jou inspireer en wie jy sien as ‘n ware held/heldin.

• Beantwoord die volgende vrae in vol sinne.

(Answer the following questions in full sentences)

• Skryf die sinne in ‘n paragraaf.

(Write the sentences to make 1 paragraph)

• Teken ‘n prent van jou held/heldin onder die paragraaf.

(Draw a picture of your hero/heroine under the paragraph)

Vrae

1. Wat is jou held/heldin se naam?

2. Wie is jou held/heldin?

3. Hoe oud is jou held/heldin?

4. Hoe lyk jou held/heldin?

5. Waar woon hy/sy?

6. Hoekom is hy/sy jou held/heldin?

7. Wat doen hy/sy wat spesiaal is?

8. Vertel ons iets interessant oor jou held/heldin.

My held is my

oupa. My heldin is

my moeder.

Datum: ________________ Ontkennende Vorm (Negative Form)

Bevelsinne begin met MOENIE en ‘n NIE gaan aan die einde van die sin.

LET WEL: Die werkwoord kom voor die NIE.

Gee vir my die potlood.

Moenie vir my die potlood gee nie.

A. Skryf die volgende BEVELSINNE in die negatiewe vorm.

1. Vang die bal.

2. Drink die water.

3. Eet die kos.

4. Sit op die stoel.

5. Hardloop.

6. Slaan die bal.

Sinne wat met NEE begin.

Die seun skop die bal.

Nee, die seun skop nie die bal nie.

B. Skryf die sinne in die negatiewe vorm en begin met NEE.

1. Klaas bly op die plaas.

2. Piet ry saam met sy neef.

3. Peet vang die bal.

4. Rina hou van krieket.

5. Elana hardloop vinnig.

6. Peet is fiks.

Datum : Memo Ontkennende Vorm (Negative Form)

A. Skryf die volgende BEVELSINNE in die negatiewe vorm.

1. Moenie die bal vang nie.

2. Moenie die water drink nie.

3. Moenie die kos eet nie.

4. Moenie op die stoel sit nie.

5. Moenie hardloop nie.

6. Moenie die bal slaan nie.

B. Skryf die sinne in die negatiewe vorm en begin met NEE.

1. Nee, Klaas bly nie op die plaas nie.

2. Nee, Piet ry nie saam met sy neef nie.

3. Nee, Peet vang nie die bal nie.

4. Nee, Rina hou nie van krieket nie.

5. Nee, Elana hardloop nie vining nie.

6. Nee, Peet is nie fiks nie.

Datum : _________________ Gedig - Poem

My hond is mal oor boeke

My hond is mal oor boeke

en dit is waarom hy al die boeke

wat hy in die hande kry

VERSLIND.

Boeke oor diere,

boeke oor avontuur.

Boeke oor skaak,

boeke oor kosmaak.

Boeke oor plekke om te besoek –

hy is ook gek oor ‘n telefoonboek!

My hond is mal oor boeke:

boeke wat dik is,

boeke wat dun is,

boeke vir GROOTmense

en boeke vir kinders.

Boeke maak jou slim, sê Juffrou.

Wel, as dit waar is,

het ek die slimste hond wat daar is!

Jaco Jacobs( Aangepas)

Lees die gedig en beantwoord die volgende vrae.

1. Wat beteken hierdie woorde?

mal____________________________ avontuur _____________________________

skaak___________________________ verslind ______________________________

2. Wat is die teenoorgestelde van dun ? _________________________

3. Wat sê die juffrou?_______________________________________________________

Boeke

‘n Boek het die volgende belangrike dele.

➢ Titel _________________________________________________________________

➢ Skrywer______________________________________________________________

➢ Hoofkarakter__________________________________________________________

➢ Boeksoort ___________________________________________________________

A. Kies die korrekte betekenis en skryf dit bo.

B. Plaas die skrywers se vanne in die volgorde waarin hulle op ‘n boekrak in die biblioteek sal wees. ( Alfabeties) Riana SCHEEPERS

Alba BOUWER

Roald DAHL

Louise VAN NIEKERK

Maretha MAARTENS

Rona RUPERT

Martie PRELLER

Corlia FOURIE

Pieter GROBBELAAR

• sprokie, speurverhaal, fabel

• die persoon wat die boek skryf

• die naam van die boek

• die belangrike persoon/dier in die storie.

Gedig - memo

Lees die gedig en beantwoord die volgende vrae.

1. Wat beteken hierdie woorde?

mal____crazy_______ avontuur ______adventure_______

skaak___chess_________ verslind ______devour_________

2. Wat is die teenoorgestelde van din? ____dik_______

3. Wat sê die Juffrou?___Die juffrou sê dat boeke jou slim maak._____________

Boeke

‘n Boek het die volgende belangrike dele.

➢ Titel - die naam van die boek

➢ Skrywer - die persoon wat die boek skryf

➢ Hoofkarakter - die belangrike persoon/dier in die storie

➢ Boeksoort - sprokie, speurverhaal, fabel

B. Plaas die skrywers se vanne in die volgorde waarin hulle op ‘n boekrak in die biblioteek sal wees. ( Alfabeties)

Alba BOUWER

Roald DAHL

Corlia FOURIE

Pieter GROBBELAAR

Maretha MAARTENS

Martie PRELLER

Rona RUPERT

Riana SCHEEPERS

Louise VAN NIEKERK

Datum : _________________ Begrip - Sussies van Zoar

Eendag het Jan ‘n koerant by die winkel gekoop. Hy het ‘n foto van twee

meisies op die voorblad gesien. Onder die foto was daar ‘n koerantberig en

hy het besluit om die berig te lees.

Dit gaan oor twee meisies, Nasia en Zoë, wat sussies is. Hulle woon op die

klein dorpie, Zoar, naby Oudtshoorn. Die twee meisies is nie beroemde

sangeresse of aktrises nie. Hulle is gewone kinders van ‘n gewone familie,

maar wat hulle doen is baie spesiaal. Die twee meisies het besluit om ‘n

leesgroepie te begin vir die kinders van die dorp. Hulle het pamflette

gemaak en dit van huis tot huis afgelewer om mense te laat weet van hul

plan. Kinders het by hulle huis aangekom en Nasia en Zoë het al hulle eie

boeke met hierdie kinders gedeel. Hulle het boeke oor sprokies,

speurverhale en fabels gelees.

Hulle ma, Mev. Davids, het ook met lesse gehelp. Sy is ‘n onderwyseres en

sy het skaak en leeslesse gegee.

Die joernalis wat die berig geskryf het, Colin Hendricks, het vir die meisies

gevra: “Hoekom het hulle die groepie begin?”

Dit was hulle se antwoord: “Ons is so lief vir boeke en vir lees. Ons het

soveel boeke wat op die boekrak sit en ons het saam besluit om al hierdie

boeke met ander kinders te deel. Ons het ook nuwe vriende gemaak en

soveel pret gehad.”

Jan voel so gelukkig en hy het dadelik sy skootrekenaar uitgehaal en ‘n

boodskap aan Mnr. Hendricks gestuur. Hy het ook baie boeke en wil hulle na

die Davids familie vir die leesgroepie stuur.

beroemde = famous sprokies = fairy tales speurverhale = detective stories

dadelik = immediately gewone = ordinary boodskap = message

koerantberig = newspaper article afgelewer = delivers skaak = chess

Antwoord die vrae in vol sinne

1. Wat het Jan by die winkel gekoop?

2. Hoeveel meisies is in die foto?

3. Wat is hulle name?

4. Waar woon hierdie meisies?

5. Wat het hulle gemaak om die mense te laat weet van hul plan?

6. Watter werk doen Mev. Davids?

7. Noem een soort boek wat hulle vir die kinders gelees het? (Net die woord)

8. Hoe het Jan gevoel toe hy die koerantberig lees?

9. Aan wie het Jan ‘n boodskap gestuur?

10. Wat het hy gebruik om die boodskap te stuur?

Datum : _____________ Memo Begrip - Sussies van Zoar

Antwoord die vrae in vol sinne

1. Wat het Jan by die winkel gekoop?

Hy het ‘n koerant gekoop.

2. Hoeveel meisies is in die foto?

Daar is twee meisies in die foto.

3. Wat is hulle name?

Hulle name is Nasia en Zoë.

4. Waar woon hierdie meisies?

Hulle woon in Zoar.

5. Wat het hulle gemaak om die mense te laat weet van hul plan?

Hulle het pamflette gemaak.

6. Watter werk doen Mev. Davids?

Sy is ‘n onderwyseres.

7. Noem een soort boek wat hulle vir die kinders gelees het? (Net die woord)

Sprokies/Speurverhale/Fabels

8. Hoe het Jan gevoel toe hy die koerantberig lees?

Hy het gelukkig gevoel.

9. Aan wie het Jan ‘n boodskap gestuur?

Jan het ‘n boodskap aan die joernalis/Colin Hendricks gestuur.

10. Wat het hy gebruik om die boodskap te stuur?

Hy het sy skootrekenaar gebruik om die boodskap te stuur.