Afkondiging - ngsuidkus.co.za

14
Afkondiging 18 April 2021 EREDIENS 9 UUR BY DIE KERK EREDIENS BY MOOI HAWENS 9 UUR

Transcript of Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Page 1: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Afkondiging

18 April 2021

EREDIENS 9 UUR BY DIE KERK

EREDIENS BY MOOI HAWENS 9 UUR

Page 2: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Sondag 18 Maandag 19 Dinsdag 20 Woensdag 21

Zoe Kroef Emma Pretorius Marietjie Pretorius Johan van Romburgh

Belinda Ackhurst Allie Alston Lienke Enslin Johannè v Tonder Estelle Viljoen

Roland Bothma Milissa Glenister Juandrè Hattingh Aiden v d Venter Ansie v Rooyen

Clara Borman Louise Coetsee Hanchen du Plessis Petro v Niekerk

Donderdag 22 Vrydag 23 Saterdag 24

Joy Herbst Anne Laubscher Jandre Roos Eleonore Tesnaar

Mariè de Bruyn Rita du Toit Phillip Els Monica Grieve Lisa Nel Marie Pretorius Ignatius Rossouw Madeleine Schoonraad

Henko Smit Brenda Stelpastra Bettie Swart Johan v Rooyen

Bruce Houghting Lerrieke le Roux Louis le Roux Jacobus Liebenberg

Baie geluk met jou verjaarsdag!!!

Mag elke tree van jou lewenspad geseën wees met liefde voorspoed, geluk en vrede!

Page 3: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Tuis siek: Cobie Nell (Huis Lena)

Kanker: Nico vd Merwe Is weer vir ‘n maand opgeneem in die hospitaal vir ‘n reeks chemo behandelings. Bid asseblief vir hom en Sandra.

Kronies: Grobbie en Lisa Grobbelaar Theo en Willemien Opperman

Lidmate is welkom om familie se name vir voorbidding per epos deur te gee [email protected]

Onderlinge Versoringsbediening

Ons bid hierdie week vir die volgende siekes

Ons dank ook die Here waar Hy genesing gebring het.

Page 4: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Kermis:

Die volgende deurry Ker(k)mis is op Saterdag 8 Mei.

Ons neem nou al die vrymoedigheid om die gemeente te vra

vir bestandele nl:

Koekmeel

Kookolie

Eiers

Suiker

Kaneel

Asyn

Blatjang

Kontantbydraes sal ook waardeer word.

SENDINGHUIS:

Daar is ‘n konstante behoefte aan nie-bederfbare kos soos

blikkies kos, koffie, tee en suiker.

Die dames is ook besig met ‘n breiprojek en benodig wol.

In dien u wol het bring dit asseblief na die kerkkantoor.

Dan vra hul ook Cup a Soup

skenkings.

Hul sit dit in die sakke wat

hul opmaak vir bejaardes

vir die winter.

UIT DIE KANTOOR

Page 5: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Familie Tuisblad

Gesels, doen en bid saam as gesin oor hierdie week se tema.

Lees meer hier.

Familie App

Maandag: Influencer

Die Emmausgangers (Lukas 24:33-35)

Dinsdag: Fotograaf

Jesus verskyn aan die dissipels

(Lukas 24:36-40)

Woensdag: Speurder

Job 11:7-9, Markus 4:11, Efesiërs 3:9

Donderdag: Foodie

Jesus verskyn aan Sy dissipels op die strand

(Joh 21:12 & 13)

Vrydag: Blogger

Die begin van die Lukas evangelie (Lukas 1: 1-3)

Laai die app hier af:

Apple iStore

Google Play

Page 6: Afkondiging - ngsuidkus.co.za
Page 7: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Finansiële terugvoer aan gemeente April 2021

Hiermee van ons syfers vir finansiële jaar 2021 soos per die bestuurstate van 28 Februarie 2021:

Werklik Begroot Surplus / (Tekort)

Totale inkomste vir die jaar

R2,264,000 R2,057,000 R207,000

Dankoffers R1,795,000 1,622,000 R173,000 Kermis & Projekte R96,800 R75,000 R21,800 Dankfees R14,400 Geen begroting Nalating R56,500 Geen begroting Huur: Saal & Parkering R74,100 R99,000 (R24,900) (Nota 1) Erediens Kollekte R206,300 R244,600 (R38,300) Totale uitgawes vir die jaar

R2,265,000 R2,138,000 (R127,900) (Nota 2)

Begroting 2022

Inkomste Uitgawes Surplus / (Tekort)

R1,996,000 R2,133,000 (R137,000) (Nota 3)

Notas

1. Die rede hiervoor was dat Unisa die huur van ons saal permanent gestaak het as hul eksamenlokaal. Die eksamens word nou aanlyn gedoen.

2. Die hoofrede dat ons hier oor begroting was a.g.v die verbeterings wat aangebring was by die kerk. Die fondse wat aangewend was vir die verbeterings, is die nalating van R56,500 ontvang in die huidige finansiële jaar asook ‘n bedrag van om en by R100,000 ontvang in die vorige finansiële jaar. Gemeentefondse is nie hiervoor aangewend nie.

3. Wat doen die kerk t.o.v. 2022 se tekort?

Ons is tans weer besig met die inry kermis en die betrokke partye is besig om te werk aan nog idees vir die jaar.

Ons parkering word uitverhuur aan Amanzimtoti Primary en ons saal en kapel word ook uitverhuur.

Ons Dankoffer speel ook elke jaar ‘n groot rol t.o.v. ons inkomste.

Alle salarisverhogings is ook uitgestel tot Junie 2021 nadat ons in gesprek was met alle betrokke partye. Die Ring is ook sodanig ingelig.

Wat gebeur met die kerk se boeke?

Die kerkkantoor is op 24 Maart 2021 besoek deur die ouditeur wat ons boeke nagegaan het. Die finansiële state is beskikbaar en enige person is welkom om die state te kom besigtig by die kerkkantoor.

Wat kan die gemeente doen om die bestuur van die finansies makliker te maak?

Ons verstaan mense gaan tans deur moeilike tye en mense se finansies is ook onder geweldige druk. Maar ons

wil graag noem dat die maandelikse debietorders asook die elektroniese oorplasings ‘n reuse verskil maak aan

die bestuur van ons finansies. Daarom wil ons tog die gemeente aanmoedig om sover moontlik gebruik te maak

van die debietorderstelsel of om maandelikse elektroniese oorplasings in te stel. 100 gesinne teen ‘n R100 pm

wis basies ons tekort op ons begroting uit.

KERKRAADSVERGADERING

Die volgende persone is op die kerkraad verkies:

Martin Prinsloo : Ouderling met opdrag Samelewingsgerigte bediening

Marietjie du Preez: Diaken met opdrag Ondersteuningsdienste

Page 8: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

NUUS UIT DIE GEMEENTE

Ds Henk en Elize Zeeman aan die woord: Ons het 'n verrassingsbesoek aan ons eerste gemeente, NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti gebring wat ons 35 jaar gelede verlaat het! Wat 'n heerlike vriendelike spontane geleentheid. In besondere ou bekendes vasgeloop en die ontmoeting met die twee huidige predikante Liezel de Jager en Marius Schoombie was die kersie op die koek. Ons bid julle die mooi toekoms van die Vader toe!

Elize was ook ons orrellis

Page 9: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Ds Liezel vertel:

Groot is my verrassing toe ek na 'n troue, gou vir Sakkie, een van ons orreliste, iets wil vertel, en 'n 'n piepklein Yorkie op die orrelbank langs hom sien sit. Verbaas wil ek weet waar die enetjie vandaan kom, en of hy die hele diens dan hier was? Sakkie vertel my toe dat ek met Boetie praat, en dat Boetie al vir 2 jaar lank 'n volwaardige kerk hondjie is. Hy gaan sit met elke erediens, doodstil langs sy pa op die orrelbank, en vang soms 'n slapie tussen deur die diens (soos 'n goeie NG lidmaat betaam). Die oulikste van Boetie, is dat hy presies weet wanneer die dominee die laaste 'Amen' uitspreek. Wanneer daardie 'Amen' gespreek is, is sy ogies oop en is hy reg om huistoe te gaan. Hoe oulik om te weet dat ons sulke interressante kuiergaste het wat ons dienste bywoon. Gaan loer gerus vir Boetie wanneer, oom Sakkie weer die orrel speel, maar pasop om te naby te kom, daardie onskuldige klein gesiggie is baie lief vir sy baas en sal dalk net 'n tandjie wys as jy te naby kom. Dankie Sakkie Day, dat jy jou oulike storie met ons deel.

Page 10: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Hierdie is die raaiskote wat die kinders met die skattejag gegee het; oor hoe die Paashaas by Paasfees inpas.

UIT DIE MOND VAN DIE SUIGELING

VRAAG: Hoekom dink julle is daar iets soos ‘n Paashaas en hoe pas dit by ons Christen

boodskap van Paasfees in?

ANTWOORDE:

Nuwe lewe – Owen 6 jaar oud.

Nuwe lewe – Corbah 6 jaar oud

Nuwe lewe – Mason 9 jaar oud

Nuwe lewe – Lilly Anne 10 jaar oud (Ek wonder of hulle mekaar se antwoorde

gekoekeloer het)

Want die eier kan baie maklik breek en ons harte kan ook maklik breek. Ons is

nogsteeds lief vir liewe Jesus – Lane 9 jaar oud

Die Paashaas se ore is gevorm soos lang eiers – Ila 7 jaar oud

Die haas is nie in die Bybel nie – Adriaan 8 jaar oud

Die Paashaas sing – Liandri 4 jaar oud

Die Paashaas gaan saam met paaseiers, en eiers beteken nuwe lewe soos Christus vir

ons gegee het – Melize en Sule 8 en 10 jaar oud

‘n Hasie spring en Jesus spring in liefde in – Shante 10 jaar oud

Hasie is wit en wit is skoon – Franco 6 jaar oud

Want hy is ‘n Easter bunny – Jadene 4 jaar oud

Sweeties maak – Jesus het hasies gemaak – Ruvan 6 jaar oud

Haas bring eiers wat leeg is en wys Jesus het opgestaan – Nixie 7 jaar oud

Paashaas is vir kids. “Wie my soek sal My vind” se simboliek – Jessica 7 jaar oud

Page 11: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Die Haas simboliseer Jesus se liefde vir die mensdom – Edmund 17 jaar oud

Want die haas simboliseer dat Jesus weer opgestaan het en SPRING lewendig is –

Janco 6 jaar oud

Om kinders happy te hou. Ek weet nie. – Edette 12 jaar oud

Die paashaas bring eiers, en binne in die eier is daar 3 goed – amper soos die Vader,

Seun en die Heilige Gees. Die hol paaseier is soos Jesus se lee graf, en die sjokolade

laat jou lekker voel, amper soos die Heilige Gees binne in ons. – Juliana 8 jaar oud en

Hugo 5 jaar oud.

Die graf waarin Jesus begrawe is, lyk soos ‘n haas se tonnels/huis – Alex 9 jaar oud.

Hulle het ‘n haas geoffer aan die Heer. – Zante 12 jaar oud

Paashaas is liefdevol – genadig soos Jesus – 7 jarige meisie

Paashaas is sag, klein en genadig soos Jesus. Hy is vriendelik en liefdevol – 9 jarige

meisie

Die paashaas is wit en dis so wit soos die lappe wat om Jesus was. – Charne 9 jaar

oud

Nuwe babas word gebore. Jesus gee vir ons nuwe lewe.- Henk 10 jaar en Nina 8 jaar

oud.

Page 12: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Vrouediens 2021

Ons by die vrouediens wil u graag meedeel wat ons beplan vir die jaar.

Ons beplan 2 groot projekte vir die jaar

1. Langtafel, 29 Mei.

Daar is `n groot behoefte aan `n vrouetee veral na die moeilike jaar wat verby is.

Ons beplan `n piekniek ontbyt met ‘n pragtige lang tafel buite in die parkeerarea,

Meer inligting sal later deurgegee word.

Dit sal heerlik wees om lekker saam met almal te kuier.

2. Ons gemeenskaps projek

Ons wil graag `n gemeenskapsprojek aanpak.

Ons doel is om pakkies op te maak wat uitgedeel word aan vroue en kinders wat mishandel

word.

Die pakkies sal onder andere, seep, tandeborsel, tandepasta, doekies, waslappie ens insluit.

Hierdie pakkies sal by die polisiestasie afgelaai word en aan die slagoffers gegee word in die

tyd voor hulle ondersoek word.

Die befondsing van hierdie projek kom van die vrouediens af en dit sal `n deurlopende projek

wees.

Page 13: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Deur die jaar sal ons weer `n paar skenkings maak soos voorheen. Hierdie skenkings is in die

vorm van kontant of items wat ons aankoop.

Ons het reeds skenkings gemaak aan Kuswag, Mooihawens, Jona Vaughn en Mammas van

Hoop.

Ons bedank elke persoon wat op enige manier `n bydra lewer hetsy dit finansieël, deur

skenkings te maak asook die gee van tyd en talente.

Indien u sal belangstel om met enige van hierdie projekte te help kan u my gerus kontak.

Adele Ellis

084 850 0842

SONNEBLOMME

Huis Lena het ‘n dringende tekort aan Toiletware en veral vir dames.

Aanrol en aanspuit deodorant.

Lyfpoeier

Gesig- en lyfroom

Shampoo

Wit seep

Tandepaste.

Dit kan by die kerkkantoor afgelewer word.

Page 14: Afkondiging - ngsuidkus.co.za

Kontakbesonderhede

Kantoor: Marietjie du Preez Telefoonnommers: 031 903 6567/903 8248 E-Pos: [email protected]

Webadres: www.ngsuidkus.co.za Cell vir whatsapps: 074 476 4654 Kantoorure: Maan- tot Vrydag vanaf 8:00 tot 14:00 Adres: Posbus 583, Amanzimtoti, 4125

Erediensleiers:

Ds Marius Schoombie - 083 635 1523 [email protected] Ds Liezel de Jager - 072 891 1400 [email protected] Mooihawens: Peet van Zyl – 083 305 0884 [email protected] Engelse Dienste: - Gerald Winkel - 031 903 4106/076 508 2627 [email protected] Karavaanparke en Biblia: - Martin Prinsloo –

031 903 4593/083 650 5315 [email protected] Vrouediens - Adele Ellis -084 850 0842

Bankbesonderhede: NG GEMEENTE SUIDKUS ABSA Galleria: Tjekrekening 3300 144 054 Takkode 63 20 05 SnapScan Kode: Laai die APP af op jou foon en betaal kollekte en dankoffer.