STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die...

62
STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE

Transcript of STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die...

Page 1: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

STUDIEMATERIAAL

TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE OORSIG

POËTIESE EN PROFETIESE BOEKE

Page 2: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

INHOUD

BLADSY

Opdragte 1

MODULE VI : Die Poëtiese boeke 4

Lesing 1 : Job 4

Lesing 2 : Psalms 6

Lesing 3 : Spreuke, Prediker en Hooglied 8

MODULE VII : Die Profetiese Boeke 13

Indeling 13

Inleiding tot die Profete 14

Lesing 1 : Amos en Hosea 22

Lesing 2 : Jesaja 29

Lesing 3 : Jeremia 38

Lesing 4: Esegiël 42

Lesing 5 : Daniël 52

Lesing 6 : Joël en Maleagi 54

Page 3: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

1

OPDRAGTE VIR TWEEDE TERMYN

Behalwe die kort vrae, kan al die vrae in ‘n half tot een A4 bladsy beantwoord word (getik) of een tot een

en ‘n half geskryf. Inhandiging geskied elke week vóór die lesing.

MODULE VI POЁTIESE BOEKE

Drie Lesings-Boeke : Job; Psalms; Spreuke, Prediker, Hooglied

Lesing 1 Job

Vraag

Watter persone het aan die gesprek met Job deelgeneem? Skryf ‘n kort paragraaf oor elkeen se siening van Job se lyding. Gee ook die toepaslike Skrifverwysings.

Lesing 2 Psalms

Kort vrae:

1. Watter feite omtrent Jesus Christus se lewe word in die volgende Messiaanse psalms voorspel? Ps 16; 22; 72; 110?

2. Hoe word die Woord van God in die Psalms verheerlik?3. Waarin lê die groot waarde van die Psalms?

Lang vraag:

4. Wat leer jy uit Psalms 32 en 51 oor skuldbelydenis?

Lesing 3 Spreuke, Prediker, Hooglied

Kort vrae:

1. Hoekom was Hooglied nog altyd vir Israel so kosbaar?2. Met watter feestyd is dit gesing?

Langer vraag:

3. In Spreuke word dikwels verwys na die wyse en die dwase en onderskeid tussen hulle getref. Bespreek kortliks deur na vyf verskillende aspekte te verwys met toepaslike Skrifverwysings.

Page 4: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

2

MODULE VII PROFETIESE BOEKE

Ses Lesings-Boeke : Amos, Hosea, Jesaja, Jeremia, Esegiël, Daniël, Joël, Maleagi

Lesing 1 Amos en Hosea

1. (a) Wat is die hoofgedagte van die boek Amos?(b) Alhoewel Amos die oordeel van God aankondig, is daar ook enkele beloftes van seën.

Noem vyf beloftes, asook die toepaslike Skrifverwysings.

EN

2. Hoe het Hosea se huislike omstandighede by hom ‘n begrip vir God se onbaatsugtige liefde vir die ontroue Israel gegee?

Lesing 2 Jesaja

Kort vrae:

1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke op hom gelaat. Wat was dit?

2. Op watter twee maniere word die Messias in die laaste deel van die boek Jesaja (hoofstuk 49-57) uitgebeeld?

Lang vraag:

3. (a) In Hoofstuk 1-11 wys Jesaja die sondes van die volk uit. Maak ‘n lys van minstens tien sondes, met toepaslike Skrifverwysings.

(b) Dink jy dit het ook betekenis in vandag se samelewing? Verduidelik asseblief.

Lesing 3 Jeremia

Lang vraag:

1. In die boek Jeremia word gebruik gemaak van ten minste twaalf aanskoulike voorstellings / treffende lesse wat ‘n sekere boodskap moes deurgee. Identifiseer vier daarvan en beskryf elk in ‘n kort paragraaf met verwysings na die betekenis van elk. Meld Skrifverwysings.

Lesing 4 Esegiël

Kort vrae:

1. In watter ampte het Esegiël sy volk gedien? Beskryf elkeen kortliks

2. Wat was die veranderde boodskap wat Esegiël na die val van Jerusalem in 586 vC aan sy volk gebring het?

Page 5: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

3

Lang vraag:

3. Beskryf kortliks die volgende drie simboliese handelinge van Esegiël asook die betekenis van elk, met toepaslike Skrifverwysings.

(i) Beleg van Jerusalem (Es 4:1-17)(ii) Driedubbele lot van Jerusalem se inwoners (Es 5:1-2)(iii) Ballingskap (Es 12:11-12)

Lesing 5 Daniël

Kort vrae:

1. Watter eienskappe van Daniël het veroorsaak dat hy die koning se belangstelling gewek het?

2. Wat was Daniël se eerste begeerte?

Lang vraag:

3. A. God se soewereine regering word duidelik gesien in die gebeure in Daniël. Bespreek bogenoemde stelling kortliks onder die volgende punte:(i) Sy soewereiniteit oor heidene(ii) Sy soewereiniteit oor sy kinders(iii) Sy soewereiniteit oor regerings en lande.

B. Watter betekenis het die wete dat God soewerein is vir jou persoonlik?

Lesing 6 Joël en Maleagi

1. Daar word vyf maal in die boek Joël gepraat van die ‘Dag van die Here’.Identifiseer die vyf Skrifverwysings en sê by elkeen wat kenmerkend van die dag is.

EN

2. Maleagi bring ‘n boodskap van:

(i) Liefde(ii) Teregwysing(iii) Hoop

Skryf ‘n kort paragraaf oor elkeen van bogenoemde drie punte en gee duidelike teksverwysings.

Page 6: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

4

MODULE VI : DIE POËTIESE BOEKE

Job; Psalms; Spreuke, Prediker; Hooglied

LESING 1

JOB

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek bl 4 & 5 enHandboek hoofstuk 1

Studiemateriaal: Bl 5.

Bybel: Die boek Job.

_________________________

OPDRAG

Watter persone het aan die gesprek met Job deelgeneem? Skryf ‘n kort paragraaf oor elkeen se siening van Job se lyding. Gee ook die toepaslike Skrifverwysings.

Page 7: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

5

LESING 1

JOB

Sleutelvers: Job 42:5

Tema: Die misterie van lyding of Hoekom ly die regverdige?

Boodskap: God is soewerein. Hy maak met Sy skepsele soos Hy wil en is geen verantwoording skuldig nie. (Dit is 'n Ou Testamentiese illustrasie van Paulus se woorde in Rom 9:20 "Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer?")

Doel van die boek Job

1. Te openbaar wie God is.2. Te wys watter tipe vertroue Sy kinders moet hê ten spyte van alle omstandighede.3. Boek is nou verbonde aan die Nuwe Testament. Al die probleme, hartseer en nood van Job

word beantwoord in die Persoon van Jesus Christus.

Breë buitelyn

Hoofstukke 1 en 2 en 38 tot 42 is God se sleutel tot die probeem van die lewe. Let wel: nie die antwoord nie. Hoofstukke 3 tot 37 reflekteer die mens se vrugtelose poging om pyn of lyding te verduidelik.

As digterlike boek is die indeling soos volg:

Hoofstukke 1 en 2: Job word getoets Proloog in ProsaHoofstuk 3 Job wanhoop PoësieHoofstuk 4 tot 14 Eerste rondte van debat PoësieHoofstuk 15 tot 21 Tweede rondte van debat PoësieHoofstuk 22 tot 31 Derde rondte van debat PoësieHoofstuk 32 tot 37 Elihu se rede PoësieHoofstuk 38 tot 42:6 Stem van God met Job PoësieHoofstuk 42:7-17 Epiloog Prosa

Lyn wat gevolg word in die lesing:

Die boek Job is 'n breed opgesette digterlike boek met baie, soms wydlopende uitweidings. Moet oppas vir die gevaar om "deur die bome die bos nie meer te sien nie".

Die lyn wat ons wil volg, is die voortgang van die stryd van Job met sy God.

Dit is 'n lyn met baie sylyne. Om die hooflyn te volg, sal ons moet let op:Die aanleiding tot die strydDie verloop van die strydDie afloop van die stryd

Verlossingstema in die boek Job

"Benewens die kragtige boodskap van die boek Job oor die soewereiniteit van God, wys dit ook duidelik heen na Christus - veral omdat dit so oortuigend die mens se onvermoë openbaar om 'n antwoord op die groot vrae en raaisels van die lewe te gee of om self 'n oplossing van die probleem van lyding te vind. Slegs in en deur Christus, wat die beker van lyding terwille van ons verlossing tot die laaste druppel moes ledig, is daar 'n antwoord op die vrae en groot raaisels van die lewe.

"In Job hoor ons die angsvolle noodkreet dat God self die donker sluiers moet wegskuiwe en die lig van Sy liefde en genade oor die lewe van Sy nietige en lydende kinders moet laat skyn" - Die Bybel met Verklarende Aantekeninge - 1958.

Page 8: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

6

LESING 2

PSALMS

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 2 en 3.

Bybel: Die Psalms soos in bogenoemde hoofstukke as voorbeelde aangedui.

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Watter feite omtrent Jesus Christus se lewe word in die volgende Messiaanse psalms voorspel? Ps 16; 22; 72; 110?

2. Hoe word die Woord van God in die Psalms verheerlik?

3. Waarin lê die groot waarde van die Psalms?

Lang vraag:

4. Bespreek minstens drie aspekte oor skuldbelydenis uit elk van die volgende twee Psalms: Ps 32 & 51.Gee duidelike Skrifverwysings.

Page 9: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

7

PSALMS: MOONTLIK INDELING VAN ‘SOORTE’

Volgens soorte gerangskik

Alfabetiese/Akrostiese psalms (A) 25; 119; 145Boetepsalms (B) 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143Dankpsalms (D) 18; 30; 32; 34; 40; 41; 66; 106; 116; 138Geskiedenispsalms (G) 78; 105; 114Klaagpsalms:Individuele klaagpsalms (Kli): 3-7; 12; 13; 22; 25-28; 30; 35; 38; 40; 42; 43; 51;

54-57; 59; 61; 63; 64; 69; 71; 86; 88; 102; 109; 120; 130; 140; 143

Gesamentlike klaagpsalms (Klg) 44; 60; 74; 79; 80; 83; 85; 90; 123 Koningspsalms (Ko) 2; 18; 20; 21; 45; 72; 89Koningskap van God 47; 93; 96; 97; 98; 99Lofpsalms (L) 8; 19; 29; 47; 103; 104; 139; 140; 150Pelgrimsliedere (P) 43; 46; 48; 73; 84; 87; 120 – 134Profetiese Psalms (Pr) 22; 69; 110Skeppingspsalms (S) 19; 29; 33; 65; 74; 104; 136; 139; 147; 148Vertrouenspsalms (V) 23Vloek/Wraakpsalms 35; 69; 109; 137Wysheidspsalms (W) 1; 37

Numeries gerangskik volgens die vyf bundels in die Psalmboek

Enkele psalmsoorte uit bundel 1 (d.w.s. uit pss 1-41)1 = W 19 = S,L 29 = L, S 35 = Kli, V2 = Ko 20-21 = Ko 30 = Kli, D 37 = W3-7 = Kli 23 = V 32 = B, D 38 = Kli, B6 = B 25 = Kli, Pr, A 33 = S 40 = Kli, D8 = L 26-28 = Kli 34 = D 41 = D12-13 = Kli

Enkele psalmsoorte uit bundel 2 (d.w.s. uit pass 42-72)42 = Kli 48 = P 61 = Kli 72 = Kli43 = Kli, P 51 = B, Kli 63,64 = Kli 73 = Ko44 = Klg 54-57 = Kli 65 = S46 = P 59 = Kli 66 = D47 = G, L 60 = Klg 69 = Kli, Pr, V

Enkele psalmsoorte uit bundel 3 (d.w.s. uit pass 73-8973 = P 83 = Klg 87 = P74 = Klg, S 84 = P 88 = Kli79 = Klg 85 = Klg 89 = Ko80 = Kl 86 = Kli

Enkele psalmsoorte uit bundel 4 (d.w.s. uit pass 90 – 10690 = Klg 102 = Kli, B 105 = G93 = G 103 = L 106 = D96-99 = 104 = L, S

Enkele psalmsoorte uit bundel 5 (d.w.s. uit pass 107 – 150)109 = Kli, V 130 = B, Kli 143 = B, Kli110 = Pr 136 = S 145 = A114 = G 137 = V 147,148 = S120 = Kli 138 = D 150 = L120-134 = P 139 = L, S123 = Klg 140 = Kli, L

Page 10: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

8

LESING 3

Spreuke; Prediker, Hooglied

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 4

Studiemateriaal: Bl. 8-9; 14-15

Bybel: Spreuke: hele boek.Prediker: hele boek.Hooglied: hele boek.

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Hoekom was Hooglied nog altyd vir Israel so kosbaar?

2. Met watter feestyd is dit gesing?

Lang vraag:

3. Tref ‘n vergelyking tussen ‘n wyse mens en ‘n dwase mens se optrede deur na vyf verskillende aspekte / lewensterreine te verwys. Dui Skrifverwysings aan.

Page 11: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

9

LESING 3

SPREUKE PREDIKER HOOGLIED

Inleidende Opmerkings

Die vyf boeke wat die skeiding vorm tussen die geskiedenis en die profete, staan bekend as die poëtiese – of wysheidsboeke. Hierdie boeke is nie in kronologiese volgorde in terme van die Bybel nie. So is Job byvoorbeeld die oudste boek in die Ou Testament.

Hierdie vyf boeke verwoord die Gods- en wêreldbeeld van die tyd. Dit verwoord ook die emosies, liefde en frustrasies van die mense wat in die geskiedenis in die eerste 17 boeke geleef het.

Die boeke is in van die mooiste poësie en prosa geskryf. Dit is dus belangrik om die genré te verstaan aangesien ‘n mens in poësie en prosa dinge kan sê wat nie noodwendig letterlik opgeneem kan word nie. Vergelyk byvoorbeeld die aarde wat op pilare staan, skatkamers waar sneeu en hael gestoor word, ens.

Wysheid in die konteks van die Ou Testament met spesifieke verwysing na die konteks van die tyd waarin dit geskryf is, moet ook in ag geneem word. In die tydperk van Spreuke en Job, was daar baie ander literatuur in verband met wysheid in omloop. Hierdie wysheid, Spreuke, was hoofsaaklik mensgerig met ‘n baie sterk humanistiese onderbou. Die Spreuke van die Bybel het egter ‘n totale ander gerigtheid. Dit is Teosentries, dit begin by respek / eerbied vir God en eindig by die nakom van Sy gebooie.

Wysheidsliteratuur

Inleiding. Die term “Wysheid” is ‘n bekende term in die Ou en Nuwe Testament. Daar word weliswaar baie meer van wysheid in die Ou as in die Nuwe Testament gemaak. Die genré wat bekend staan as die Wysheidsliteratuur word hoofsaaklik in Job, Psalms (veral Ps 1, 37, 73 en 110), Spreuke, Prediker en Hooglied gevind. Hierdie boeke is ook onder die algemene noemer van “Poësie” bekend. Dit is omdat die grootste gedeelte van die inhoud van hierdie boeke van die mooiste prosa, gedigte en liedere bevat. Daarom gee hierdie vyf boeke ‘n insae van die mense se emosies en gevoelens wat in die eerste sewentien historiese boeke geleef het. Daar is ook gedigte en liedere in ander boeke van die Ou Testament, maar nie so gekonsentreerd as in die vyf Poëtiese of Wysheidsliteratuur nie.

‘n Definisie van Wysheid: Wysheid in Hebreeus: “Hokmâ”. Bemeester die lewe se uitdagings deur geestelike waarhede wat slegs in verhouding met God bereik kan word. Die kuns om suksesvol te lewe in daaglikse omstandighede in hierdie wêreld. ‘n Moreel etiese korrekte lewe voor God.

Die waarde van wysheid

Pred 10:10. – Laat jou slaag in jou daaglikse doen en late. (Sukses nie gemeet aan materiële nie.)

Pred 7 – 11. – Ware wysheid in alledaagse lewensituasies.

Pred 8:1. – Wysheid verander selfs die uitdrukking op jou gesig!

Spr 3:21-26. – Wysheid verhoed dat jy in die moeilikheid kom.

Spr 5:1-6. – Wysheid beskerm jou teen die verkeerde / bose.

Spr 9:11-12. – Wysheid gee jou ‘n voller / ryker / langer lewe.

Bogenoemde is slegs enkele verse om die voordele van wysheid aan te dui!

Hoe bekom die mens wysheid?

Job 28:12,21. – Wysheid word nie maklik bekom nie.

Job 28:23-24,27. – God hou wysheid in Sy hande.

Job 28:28. – God gee wysheid aan die wie Hom vrees / respekteer en die kwade / bose vermy.

Page 12: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

10

Spr 9:10. – Wysheid kom uit ‘n verhouding met God.

Spr 1:5-6. – Gehoorsaamheid aan God maak die mens wys.

Spr 3:7. – God gee wysheid en leiding aan die nederiges, die wat wegdraai van wat hulle dink hulle weet.

Spr 8:12,17. – Wie wysheid soek, sal dit vind.

Spr 20:18. – ‘n Mens kry wysheid wanneer jy by ander wyses raad vra.

Wysheid kan geleer word

Spr 4:1-13. – Wysheid word gevind in die gehoorsame soeke na God.

Spr 1:23. – God gee wysheid aan die wat dit begeer.

Die bogenoemde is slegs enkele verse, die rykdom van die boeke oor die onderwerp is voor die handliggend.

Wanneer Salomo in ‘n droom deur God gevra word wat hy begeer, antwoord hy met die oënskynlike eenvoudige antwoord: “Wysheid”. Op grond van die antwoord gee God aan hom rykdom, voorspoed en ander gawes. Op grond van die wyse Salomo is die boeke Spreuke, Prediker en Hooglied aan hom toegeskryf. Een van die interessante teorieë is: Hooglied is geskryf in Salomo se jeug; Spreuke in sy middeljare en Prediker in sy ouderdom. Die bewering word gemaak omdat Salomo so baie vroue gehad het (Hooglied oor die liefde), die Spreuke van wysheid in sy middeljare en die soeke na die sin van die lewe in Prediker toe hy op sy lewe terugkyk!

Wysheid in die Nuwe Testament gebaseer op die Ou Testament

Kol 3:16. – Jy bekom wysheid wanneer jy luister en leer na Christus se woorde en onderrig.

Jak 1:5. – God gee wysheid as ‘n gawe vir die wat daarna vra.

1 Joh 2:17. – Wysheid word bekom as ‘n verhouding met God en die Heilige Gees.

Maak wysheid en insig jou prioriteit in jou lewe en verhouding met God!

SPREUKE

Outeur

Verskeie outeurs, elke afdeling van Spreuke word aangekondig deur ‘n bepaalde outeur. Die grootste gedeelte van die boek word toegeskryf aan Salomo.

Inhoud

Die doel, bron en inhoud van wysheid word behandel. Verskeie vorme van onderrig in wysheid word gebruik: personifiksie; simbole; letterlike voorbeelde; retoriese vrae; kontraste tussen wysheid en dwaasheid en allegorië. Die kontras van die vrou as wys in Spr 1:20; 8:1; 9:1; en verder, en die listige / vreemde vrou in Spr 2:16; 5:3; 6:24 en verder; hou verband met ware – en vreemde wysheid. Ware wysheid hou jou weg van die kwade, dit maak jou voorspoedig en verseker dat jy die lewe in sy kompleksiteit kan verstaan. Die vreemde wysheid bring net smart, rampe, hartseer, konflik en stryd. Dit is die verskil tussen wêreldse en Goddelike wysheid. Vergelyk ook Jak 3:13-18.

Page 13: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

11

PREDIKER

Naam van die boek: Die Griekse vertaling van die oorspronklike Hebreeus is: “Qohelet”. Dit beteken: “Hy wat voor ‘n gehoor praat of preek”. Vandaar die Afrikaanse vertaling van “Prediker”.

Outeur

Dit word in die algemeen aanvaar dat dit Salomo is, aangesien die outeur homself in die eerste vers bekendstel as die seun van Dawid.

Inhoud

Soos wat Job worstel met die vraag na die sin van lyding, worstel die Prediker met die vraag na die sin van die lewe. Hy gebruik ‘n groot verskeidenheid van toets maatreëls om die sin van die lewe te probeer bepaal. Hy toets genot (Pred 2:1-3), materialisme (Pred 2:4-11), wysheid (Pred 2:12-16).

Daar is tog vreugde in die lewe, wat oënskynlike gejaag na wind is. Dit is dat die mens die lewe tog kan geniet onder al sy harde arbeid. Prediker noem dit ‘n “Gawe van God” (Pred 3:12-13).

Nadat die Prediker alle dinge ondersoek en nagevors het, kom hy tot die GROOT slotsom: “Dien God en gehoorsaam sy gebooie”. Wat ‘n oënskynlike klein antwoord op ‘n groot vraag! Die sin van die lewe is om in jou daaglikse wandel God te gehoorsaam en Sy gebooie te onderhou. Wysheid het nie noodwendig die antwoorde op die vraag na die sin van die lewe nie. Wysheid bepaal dat jy die kuns bemeester het om in jou daaglikse lewe die goeie van jou arbeid te geniet en om jou te red van die verkeerde weë.

HOOGLIED

Naam van die boek. In lyn met die Joodse gebruik om die eerste paar woorde van die eerste reël te gebruik, is die eerste reël van die boek: “Die lied van alle liedere / die hoogste of mooiste lied.” In Hebreeus: “Sîr Hasrîm” (Hoogl 1:1).

Outeur

Die outeur stel homself in Hoogl 1:1 as Salomo voor. Dit word dan in die algemeen aanvaar dat dit Salomo is, veral in sy jonger jare toe hy 999 vroue gehad het!

Doel

Deur die geskiedenis was daar baie debatte oor die verstaan van Hooglied. Kortliks word daar na die volgende verwys. Allegories-tipologies: Dit dui daarop dat die inhoud ‘n aanduiding is van die verhouding tussen God en Sy volk Israel. Hiervolgens sou die boek dui op ‘n dieper geestelike waarheid, eerder as ‘n fisiese verhouding.

Volgens my dui die taal en die inhoud van die teks eerder op die fisiese liefdesverhouding tussen man en vrou. Daar is beeldspraak wat net nie op ‘n ander wyse verklaar kan word nie (bv Hoogl 7:1-9; 8:10 ens).

In Genesis 1 – 3 word die mens geskep as ‘n liggaamlike, sensuele en seksuele wese. Die seksdrang is nie die “Aardsonde” nie. Die behoefte aan seksuele vervulling is deur God geskep en nie die duiwel nie! Dit is mooi binne sy ruimte wat deur God geskep is. Eers na die sondeval word die seksuele drang ook deur die sonde aangetas en pervers gemaak.

Daar is ‘n vers wat in die gedig herhaal word, nl Hoogl 2:7(b), Hoogl 8:4(b): “moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor nie ryp is nie.” Hierdie is ‘n lewensles wat ons en ons jeug vandag moet leer. Te veel mense gaan in ernstige verhoudings in voordat hulle of die tyd daarvoor reg is. Dit het katastrofiese gevolge. (Egskeidings, buite-egtelike verhoudings en swangerskappe, selfmoord en nog vele meer.)

Page 14: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

12

GERAADPLEEGDE BRONNE

Christelike Kern Ensiklopedie Frits Gaum – HoofredateurLux Verbi. Bm, 2008

Bare Bones Bible Handbook Jim GeorgeHarvest House Publishers, 2006

Holman Illustrated Pocket Bible Handbook HolmanHolman Bible Publishers, 2004

iLumnia Visual Book ProductionsTyndale House Publishers(Electronic Version Updated)

Page 15: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

13

MODULE VII: DIE PROFETIESE BOEKE

BOEK KERNVERSE TEMAS

Vier groot profete

Jesaja 40:1,3 Die uitkoms is hier!

Jeremia 4:1 Daar is ‘n vooruitsig van terugkeer en herstel, maar eers deur ballingskap heen

Esegiël 36:26,27 Die heerlikheid van God

Daniël 4:35 Die Koninkryk van God

Twaalf klein profete

Hosea 14:5,6 Die genade en liefde van God

Joël 2:1 Die Dag van die Here

Amos 4;13 Die verskil tussen ware en valse godsdiens

Obadja Vs 16 Daar is net één fondament: God

Jona 3:10 Oordeel van die Here oor Nineve: genade word aan die heidene verkondig

Miga 7:18 Sonde en oordeel; belofte van wêreldwye vrede

Nahum 1:7 Oordeel oor Assirië; bevryding van die volk van God in vooruitsig gestel

Habakuk 2:4 God sal die veroweraar nie ongestraf laat bly nie; klagtes van die profeet; die regverdige sal deur geloof lewe

Sefanja 1:14-16 Profesie van verwoesting van Israel en omringende volke

Haggai 1:4 Aansporing tot die herbou van die tempel

Sagaria 4:6b Visioene oor herstel van Jerusalem, herbou van die volk; profesieë aangaande die Messiaanse Ryk

Maleagi 4:2 Uitwys van Juda se sonde (in die erediens, huwelikslewe) en uitsprake oor toekomsverwagtings.

Page 16: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

14

DIE PROFETE

Aangesien dit onmoontlik is om al die profete volledig te behandel, word stilgestaan by die vier groot profete, asook vier van die klein profete. Oor hierdie profete word aanvullende aantekeninge voorsien. Raadpleeg asseblief onderstaande indeling.

Die aantekeninge Inleiding tot die Profete (bl 17-24) is selfleeswerk tesame met hoofstuk 5 in die handboek, ter voorbereiding van die profete-module.

Lesing 1: Twee profete uit die Noordryk, agste eeu: Hosea en Amos.

Lesing 2: 'n Profeet uit die agste eeu voor Christus: Jesaja (Suidryk).

Lesing 3: 'n Voor-ballingskapse profeet, sewende eeu: Jeremia (Suidryk).

Lesing 4: 'n Ballingskapsprofeet uit die sesde eeu: Esegiël (Babilonië).

Lesing 5: Nog 'n Ballingskapsprofeet uit die sesde eeu: Daniël (Babilonië).

Lesing 6: Twee profete uit die periode ná die ballingskap (natuurlik altwee Suidryk): Joël en Maleagi.

INLEIDING TOT DIE PROFETE

BYBELBIBLIOTEEK

U sal nog van baie lank terug onthou dat die Jode wat die Ou Testament as enigste Bybel gehad het, dit in drie dele opgedeel het.

Kyk ons na ons eie indeling van die Ou Testament dan sien ons in ons Bybelbiblioteek 'n onderskeid tussen die historiese boeke, die digterlike boeke, en die profetiese boeke. Laasgenoemde vorm die grootste enkele groep geskrifte in die Ou Testament.

Kyk ons meer spesifiek na die plek én indeling van die profeteboeke, dan sien ons die vier groot profete staan eerste in die ry. Hulle word "groot" genoem, nie omdat hulle groter is as die kleiner profete nie, maar omdat hulle "dikker" is - hulle geskrifte is van veel groter omvang as die ander en hulle is dus só gerangskik.

Die rangskikking van die twaalf kleiner profeteboeke word bepaal deur twee faktore:

a) Die kronologiese volgorde soos uitgewerk (dikwels nie heeltemal reg volgens ons nie) deur die kanonsamestellers, en

b) die omvang of volume van die werke.

So kry ons byvoorbeeld dat Hosea met sy 14 hoofstukke vóór Amos met sy nege hoofstukke plek kry, alhoewel Amos kronologies vóór Hosea opgetree het en eintlik ons oudste Skrifprofeet is. Dit is dus 'n omvangsrangskikking. Op dieselfde plek kry ons egter ook vir Joël met sy drie hoofstukke en dié is daar ingedruk vanweë die tradisie dat hy 'n tydgenoot van Amos was. Hier het ons dus 'n kronologiese ordening van die boeke. Om elkeen se plek te verstaan, is bo my vuurmaakplek. Ek aanvaar maar die indeling soos dit is en probeer hard om net die 12 se name te onthou. En die lees daarvan te geniet ... want elke profeet het 'n eie handtekening, 'n eie styl; elkeen speel as't ware sy eie instrument. My

Page 17: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

15

roeping is mos nie allereers om te stry oor sy plek in die kanon nie, maar om die klank en kleur van elke profeteboek helder en duidelik op te vang. Om dit reg te kry moet ons ook iets van die verskynsel van profetisme verstaan.

DIE PROFETISME

Die profetisme is nie 'n unieke Israelitiese verskynsel nie. Dit kom algemeen onder die Semitiese volke, soos byvoorbeeld die Kanaäniete of die Arabiere met hulle profeet Mohammed voor. Ons hoor daarvan in die Persiese godsdienste - Zaratoestran en in die Ooste met sy Boedha. Ons kry dit onder die Indiane in Amerika, en Afrika word genoem die 20ste-eeuse kontinent van profete.

En tog, alhoewel dit algemeen voorkom, het dit in Israel 'n unieke funksie gehad. Die profete - en daar was baie van hulle - het oor 'n lang periode van 900 jaar opgetree, en vorm een van die belangrikste elemente in die ou gewyde geskiedenis. Trouens, die profesie het eintlik nooit ontbreek nie. Daarom hoor ons van die vroeë profete, dit is die sogenaamde Woordprofete, wat in drie vroeë verskynings na vore tree. Een daarvan was die ekstatiese profete. Dit is onder so 'n groep dat Saul verdwaal geraak het. Hulle het van musiek gebruik gemaak om hulle in 'n toestand van ekstase te bring. Dit was dus soos vroeë "disko" alhoewel die funksie belangriker was. Dit wil lyk asof hulle mettertyd van die toneel verdwyn het.

Dan was daar die siener wat nie in die openbaar verskyn het nie, maar deur mense besoek is en van raad bedien is. Amper soos ons fortuinverteller vandag, maar weer eens het hulle 'n belangrike rol gespeel in die godsdiens van Israel. Dan was daar die manne van God, soos Samuel, Elia en Elisa. Hierdie mense kon wonderdade verrig en verborgenhede verklaar. Hulle is deur die mense gevrees omdat hulle heil en onheil kon bring in dieselfde funksie van die sangoma heel waarskynlik in Afrikakulture vervul of die sjaman in ander wêrelddele.

Die tyd waarin hierdie groep opgetree het, staan ook bekend as die pre-klassieke periode, terwyl die klassieke profete die sogenaamde Skrifprofete is. Die ander was net Woordprofete. Hierdie nie-klassieke profetedom (dit wil sê die mees tipiese vorm, die eintlike vorm) hang nou saam met die Koningskaptydperk in Israel. Voor koning Saul se tyd was daar rigters en was die volk eintlik direk op die Here aangewese. Indien gevaar gedreig het, het die Here net 'n rigter aangestel wat sy volk moes bevry. Maar in die tyd van Samuel, tydens die Filistyne se strooptogte, het die behoefte ontstaan aan 'n permanente weermag én 'n simbool van nasionale eenheid tussen die stamme. Hulle wou 'n koning hê en toe het God van profete gebruik gemaak as sy boodskappers.

Hulle sou die konings, en ook die volk begelei, ook tydens die ballingskap en selfs daarna toe Israel in sy eie land gewoon het onder ander lande se vlae.

Die profete moes die gebeure van destyds vir die volk interpreteer en was dus fyn waarnemers van elke verandering in die kultuur én die natuur om dit in terme van die alledaagse lewe te interpreteer. Hulle moes God se woord bring, die vinger lê op seer plekke in die lewe van mense en volke én balsem smeer op diep wonde. Die profeet was die persoon wat moes leef en handel in die gebied waar die goddelike en die menslike mekaar raak en daarom het party gesigte of visioene gesien, het die Engel van die Here met party gepraat, het party eienaardige smaak- of gevoelswaarneminge gehad, siek geword of gedroom. Die eintlike bron van openbaring was die Gees van God.

WANNEER HET HULLE OPGETREE?

Die Skrifprofete, dit wil sê dié van wie ons geskrifte het, se optrede was ten nouste gekoppel aan die destydse wêreldgebeure. Vier groot tydperke kan onderskei word:

A. 750 - 700 v.C. Dis die tyd van die Assiriese mag en die profete wat hier optree is Amos en Hosea in die Noordryk en Jesaja en Miga in die Suidryk.

B. 650 - 586 v.C. Hier begin die Assiriese ryk wankel en beleef ons die opkoms van die Babiloniese ryk. Dis die tyd van Nahum, Habakuk en Sefanja en veral ook Esegiël en Jeremia.

C. Die tyd van die Babiloniese ballingskap - weer Esegiël en dele uit Jesaja stam vermoedelik ook uit dié periode.

Page 18: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

16

D. Die tyd na die ballingskap met die profete Haggai, Sagaria en Maleagi as sentrale figure.

Daarna het die verskynsel van die profeet stadig maar seker verdwyn.

DIE BOODSKAP

Daar bestaan soveel profetiese geskrifte en die boodskap daarvan is so ryk dat dit moeilik is om alles saam te vat. Kom ons probeer nietemin deur te sê dat al die profete in 'n mindere of 'n meerdere mate oor die verlede, die hede en die toekoms gepraat het en aan die hand daarvan kan ons iets van die boodskap verstaan.

A. Die verlede: die heilsgeskiedenis

Die verlede was vir ou Israel baie belangrik. Hulle het gereeld aan die geskiedenis teruggedink, want dit het hulle altyd getroos. Veral het hulle nagedink oor die wonderlike dinge wat die Here gedoen het in die lewe van die aartsvaders, tydens die uittog, in die woestyn, by die berg Sinai, en die intog. Telkens, wanneer hulle hieroor nagedink het, is hulle geloof versterk en het dit hulle moed gegee om met die lewe voort te gaan.

By die profete verkry hierdie geskiedenis 'n baie negatiewe betekenis. Hulle het dit teen die volk gebruik. Volgens die profete het die Here soveel vir hierdie volk gedoen en ten spyte daarvan het hulle die rug op Hom gedraai. Die profeet Jesaja gebruik 'n wonderlike beeld. Hy sê dat Israel met 'n wingerd en die Here met die eienaar daarvan vergelyk kan word. Die Here het hierdie wingerd liefdevol versorg: Hy het dit omgespit, alle klippe verwyder, 'n wagtoring opgerig en nog baie ander dinge gedoen. Met reg kon die Here uitsien na 'n wonderlike oes, want Hy het soveel ingesit. Alles was egter 'n bittere teleurstelling, want die druiwe was suur. Geen wonder dan dat die eienaar die wingerd wou verwoes nie. So was dit ook met Israel die geval. Die Here het soveel moeite met hierdie volk gedoen en hulle met soveel liefde gekoester, maar die eindresultaat was niks anders as 'n bittere teleurstelling nie. Die profete het Israel daarom gewaarsku dat die oordeel van die Here naby is.

B. Die hede: kritiek

Die rede waarom die profete so negatief teenoor die verlede gestaan het, was omdat Israel se hede so verskriklik was. Die volk het allerlei dinge gedoen wat lynreg teenoor die wil van die Here gestaan het. Die optrede van die konings was van so 'n aard dat hulle net onheil oor die land gebring het. 'n Noue band het tussen die koning en die volk bestaan. Die Here wou die volk deur die koning seën, maar dan moes die koning die Here opreg gedien het. Volgens die profete was dit egter nie die geval nie en daarom kon hulle onder geen omstandighede die seën van die Here verwag nie. Verder het die volk op die voetspoor van die konings getrap en hulle aan sosiale misdrywe skuldig gemaak. Die rykes van elke dorp het sulke swaar belastings gehef dat die arme kleinboer nie die mas kon opkom nie.

Indien hy nie kon betaal nie, het hulle sy plaas van hom weggeneem terwyl die boer self slawediens verrig het. Mense kon ook sommer verslaaf word indien hulle nie die skuld op hulle sandale en ander kleiner items kon betaal nie. Ook by die erediens het die volk oortree. Hulle het die Here nie meer lief gehad nie en daarom was hulle offers bloot uiterlike handelinge. So erg was dit dat die profete voortdurend aan die volk moes sê dat die Here meer in mense se gedrag as in offers belangstel.

C. Die toekoms: die dag van die Here

Die profete het die volk van die Here se toekomstige oordeel vertel. En die beeld wat hulle hiervoor gebruik het, was die "dag van die Here". Van die vroegste tye af het Israel die verwagting gekoester dat die Here op 'n sekere dag sal intree en sy volk op 'n wonderbaarlike manier sal help. Amos was die eerste profeet wat die volk met die gedagte moes ontnugter dat die dag van die Here ook straf vir sy eie volk sou inhou. Dit was seker 'n geweldige skok vir die volk om die teenoorgestelde te hoor as dit waarop hulle gehoop het.

Page 19: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

17

Die "dag van die Here" het toe inderdaad gekom met die val van Samaria in 722 v.C. en Jerusalem in 586 v.C. Na hierdie twee rampspoedige gebeurtenisse het die profete voortgegaan om oor die dag van die Here te praat. Nou het dit wel 'n positiewe inhoud gekry. Die profete het nou verkondig dat die Here weer op 'n sekere dag sal kom en dat Hy ten behoewe van sy volk sal ingryp. Op verskillende maniere het die profete oor hierdie toekomstige ingrype van die Here gepraat.

TEN SLOTTE

Ek was bang u gaan deurmekaar raak met al die verskillende profete en het toe besluit om elkeen maar met 'n eienskap te verbind. Nou wil ek hulle graag aan u voorstel:

750 - 700 v.C. (Assirië)

Suidryk NoordrykJesaja - die eerste evangelis Amos, die prekende boerMiga - die kaalvoet vredemaker Hosea, die bedroë eggenoot

650 - 586 v.C. (Babilonië)

Sefanja - die nagwagNahum - die oorlogkorrespondentHabakuk - die skrynwerkerJeremia - die tevergeefse predikerObadja - die prokureur-generaal

Ballingskap

Esegiël - die sienerDaniël - die leeutemmer

Na-ballingskap

Haggai - die lekepredikerSagaria - die KersprofeetMaleagi - die boodskapperJoël - die Pinksterman

En dan natuurlik nog Jona. Die wegloper kom ook by. Maar sy tyd van optrede is onbekend.

Page 20: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

18

DIE ONTVANGS VAN DIE BOODSKAP

Per definisie is 'n profeet die oorbrenger van God se boodskap wat hy van die Here self ontvang. Maar nou ontstaan die vraag hoe die boodskap ontvang word deur die profeet.

In die Nabye Ooste is daar dikwels vermeende of werklike goddelike openbarings deur middel van drome ontvang (Gen 40:8; 41; Rigt 7:13; Deut 2; Mt 2:12v, ens), maar in die geval van die Ou Testamentiese profete lees ons nie van openbarings deur drome nie. Wel lees ons in die geval van Sagaria van "gesigte" wat hy in die nag gehad het (Sag 1:8), maar in hierdie geval moet ons dink aan visioene soos dié wat ook ander profete gehad het, eerder as aan drome (vergelyk Am 7:1, 4, 7, ens; Jes 6:1, Jr 1:13; Esg 37:1, ens). Die visioen is nie as 'n gewone menslike verskynsel te verklaar nie, maar is 'n geestelike waarneming wat as iets sigbaars vir die ontvanger voorkom, byna soos die vermoë om dit te sien wat normaal onsigbaar is of te ver weg is om met die oog te sien (2 Kon 5:26; 6:17).

1. Net soos die profete dinge kon sien wat vir die gewone oog onsigbaar was, kon hulle ook hoor wat ander ore nie kon verneem nie (2 Kon 6:12). Hulle het veral die woord van die Here gehoor wat hulle aangespreek het (Jes 6:8; Esg 2:1v, ens). Hoe dit presies plaasgevind het, kan nie bepaal word nie. Die profeet verklaar net dat die woord van die Here tot hom gekom het, eintlik werksaam teenwoordig was vir hom, en hy weet seker dat dit van die Here self kom, sonder om te verduidelik hoe hy dit geweet of hoe hy dit presies verneem het (Jeremia ondervind dat die Here sy mond aanraak - Jr 1:9, vergelyk Jes 6:7 - maar dit is iets anders as die hoor van die woord van die Here). In elk geval het ons in hierdie rustige en sober beskrywing van die hoor van Gods woord geen grond om aan te neem dat dit geskied het in 'n oomblik van ekstase nie; inteendeel, terwyl die uitroepe van die ekstatiese "profete" onmiddellik geskied as hulle in dié toestand verkeer, het die profeet wat die woord van die Here verneem het, dit gewoonlik eers op 'n later stadium oorgedra (vergelyk 2 Sam 7:4v, Jr 28:12v, waar duidelik blyk dat die profete presies bewus is van die tyd waarop hulle die woord ontvang het, sodat hulle blykbaar in geen geestesvervoering verkeer het nie). In hierdie verband wys ons daarop dat die uitdrukking wat die Afrikaanse Bybel vertaal met "So sê die Here" (Am 1:3, ens) aanleiding kan gee tot misverstand, want dit wek die indruk dat die spreke van die Here en van die profeet saamval. Die Hebreeuse uitdrukking kô 'amar JHWH staan egter in die "verlede" tyd en kan die beste weergegee word met: "So het die Here gespreek". Hiermee stem ander uitdrukkings soos: "Die Here vir my gesê" (Jes 8:1); "Die Here het verder met my gepraat" (Jes 8:5v, vergelyk v.11); "In daardie tyd het die Here ... gesê" (Jes 20:1); "Die woord van die Here het tot my gekom" (Jr 1:4,11,13), ooreen. Jr 26:1-2 en v.12 maak dit volkome duidelik dat die boodskap reeds tevore van die Here ontvang is en eers later uitgespreek word. Prof AH van Zyl het dan ook aangetoon dat die uitdrukking kô 'amar JHWH presies ooreenkom met die formule wat 'n boodskapper gebruik as hy sy sender se boodskap wil aanhaal. Maar dan is dit duidelik dat die sender reeds tevore die boodskap aan sy gesant oorgedra het, en dan moet ons verkieslik vertaal met: "So het die Here gesê." Daarmee is die moontlikheid van 'n ekstatiese uitroep ook uitgesluit, dog nie die feit dat die boodskap nog presies korrek oorgedra word nie, want die plig van die goeie boodskapper is juis om sy sender se woorde presies korrek oor te dra, en dit sou stellig die doel en taak van die profeet wees.

2. Die profeet is dus helder bewus daarvan dat God met hom gespreek het (Hs 1:2), of eintlik in hom gespreek het (Hab 2:1, Hebr teks), maar ons kan dit nie anders beskrywe nie as om te sê dat hy 'n ondervinding gehad het van die onmiddellike teenwoordigheid van God (vergelyk Nm 12:6-8) wat hom 'n woord in die oor en mond gelê het, wat hy moes uitspreek.

Hierdie ondervinding is ongetwyfeld "bonatuurlik", maar daarom juis so moeilik om te beskryf. Eerder as om dit 'n ekstatiese belewenis te noem, kan ons dit inspirasie noem, wat van God kom na hóm wat geleer het om gehoorsaam te wees (Esg 11:5 en 1 Kon 22:21-24 maak byvoorbeeld goed duidelik dat dit die inspirasie van die Gees van die Here is wat die boodskap bring, vergelyk Nm 11:25-29).

3. Die profete verduidelik miskien nie presies hoe die inspirasie plaasvind nie, maar omtrent een saak is almal eenstemmig en dit is dat hulle die woord van buite hulself, van die Here, ontvang het. Nou kan ons hierdie stelling van die profeet in twyfel trek, maar dan trek ons die gedagte en moontlikheid dat God Homself so openbaar, ook in twyfel. Hier gaan dit dus om ons geloof en

Page 21: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

19

die geloofwaardigheid van die profete. Hul geloofwaardigheid kan nie objektief bewys word nie, maar as ons hulle geskrifte lees, leer ons hulle ken as mense met hoogstaande etiese beginsels wat ook aandring op die waaragtige doen van God se wil. As hulle nou verklaar dat hulle hul boodskap van God ontvang het, kan ons dit dan betwyfel? Tereg is gesê dat as ons die profete en hul boodskap wil verstaan, ons moet afsien van pogings om te probeer bepaal presies hoe hulle die boodskap ontvang het, met ander woorde ons moet hul verklaring aanvaar en dan hul woord probeer verstaan.

4. Die vraag kan nou egter gestel word of die profetiese inspirasie beteken dat die woorde van die profeet presies die letterlike woorde van God is en of die profeet ook persoonlik aan die woord kom; en indien hy aan die woord kom, waar hy spreek en waar die Here spreek, want dit blyk immers dat die profeet soms "ek" gebruik as hy na homself as mens verwys soos in Mg 1:8 en 3:1, terwyl hy daarna die woorde van die Here aanhaal sodat "Ek" dan die Here aandui (Mg 5:9). In sommige gevalle loop die woorde van die Here en sy profeet so deurmekaar dat dit nie meer moontlik is om te bepaal of die Here self praat en of daar oor Hom of namens Hom gepraat word nie. Dit lyk of die profeet somtyds bedoel dat daar geen onderskeid tussen sy woord en die woord van die Here gemaak kan word nie, hoewel dit op ander plekke tog weer geskied (2 Sam 7:3-4; Jes 6:8). As ons nou weer die gedagte van die boodskapper hier byhaal, dan is dit so dat die goeie boodskapper die woorde van sy sender só letterlik sal herhaal dat waar hy van "ek" praat, dit eintlik sy sender en nie homself sal aandui nie.

Aan die ander kant leer die begrip van "organiese inspirasie" dat die Here die orgaan, die persoon van die profeet, op só 'n wyse inspireer dat sy menslike eienskappe gebruik en nie geëlimineer word nie. Dit beteken byvoorbeeld dat die profeet sy eie styl en woordeskat behou, want die styl en taal van Jesaja verskil van dié van Jeremia en albei verskil weer van Esegiël. Verder tree die profeet soms op sonder dat hy bepaaldelik opdrag daartoe ontvang het, soos onder meer blyk uit Jer 14:7-11, en op ander plekke word mededelings gedoen wat nie direk van God ontvang is nie (byvoorbeeld Esg 33:21).

Dit blyk dus dat die profete dikwels optree as die mondstuk van die Here (byvoorbeeld Jr 15:19; Jes 1:20; 30:2) en dus die woord wat hulle van Hom ontvang, oordra asof Hy self spreek, terwyl hulle op ander tye mededelings doen oor die Here of oor ondervindinge wat hul self belewe (Jes 6). Indien ons altyd wil bepaal wie aan die woord is, kan dit vir ons probleme veroorsaak, en dit is waarskynlik die eenvoudigste om te sê dat die profeet altyd besig is om weer te gee wat God hom gegee het om mee te deel, dan maak dit nie soveel saak of dit die presiese woorde van God is nie en of dit die profeet se weergawe daarvan is nie, want dit word alles tot Goddelike inspirasie teruggevoer.

In hierdie verband moet egter nog daarop gelet word dat die profete soms uitsprake gedoen het waarvan hulle self nie die volle betekenis verstaan het nie. Dit is seker die duidelikste in die gevalle waar die profetiese uitsprake in die Nuwe Testament betrek word op die lewe en lyde van Christus. Toe Jes 53 neergeskryf is, het die outeur seker nie besef hoedat dit by die kruisdood in vervulling sou gaan nie, en so is die heil waarvan Jer 33:15-18 spreek in Christus op 'n wyse vervul wat stellig die begrip van Jeremia ver oortref. Juis dit bewys egter weer die mening dat nie die profeet nie, maar die Here, in laaste instansie die bron van die profetewoord is.

Die ware profeet is dan ook bewus daarvan dat hy deur God geroep is om sy woord aan mense oor te dra, al gee die profeet nie altyd 'n volledige beskrywing van hoe daardie roeping plaasgevind het nie (Am 7:15; Hs 1:20). Soms word breedvoeriger gehandel oor die wyse waarop die profeet geroep is (Jes 6; Jr 1; Esg 2:1-3:11), maar by almal vind ons die oortuiging dat hulle deur God geroep en selfs verplig is om juis dit te doen waarmee hulle besig is (Jr 20:7-9; vergelyk Jes 6:11). Hiermee hang saam dat hierdie profete dan ook so deur hul boodskap, of nog liewer deur Hóm wat hulle geroep en gestuur het, in beslag geneem is, dat hulle nie maar sporadies opgetree het nie, maar dat hul taak en arbeid 'n duursame, selfs permanente karakter vertoon. Hulle was nie maar net oorbrengers van 'n woord wat hulle ontvang het nie, maar ook mense wat van God 'n roeping ontvang het om sy woord en wil te verkondig soos hulle dit leer ken en in werking van God in hul lewens persoonlik ondervind het.

Dit voer dan tot ons bespreking oor die mededeling van die profetiese boodskap.

1. Net soos die openbaring aan die profete 'n woordkarakter dra (hoewel hulle ook visioene en gesigte ontvang het), word hul boodskap ook in die eerste plek mondeling meegedeel aan 'n

Page 22: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

20

groep hoorders wat by die aflewering van die boodskap teenwoordig is (vergelyk Esg 2:4v; Jr 1:7-9; 7:2; Jes 6:8-10, Am 7:15, veral "Gaan tree (In Bet-el) as profeet op"; Hs 4:1, Jl 1:2, Mg 1:13; 2:2, ens). Die aanwesigheid van 'n gehoor kom moontlik ook uit in die dialogiese vorm van die profesie van Maleagi (Ml 1:2, 6 en elders).

Dit is verder interessant om daarop te let dat, veral by die ouer profete, hul profesieë byna altyd in digvorm staan. Dit het natuurlik die onthou van so 'n uitspraak baie vergemaklik, veral as 'n mens in gedagte hou dat die woorde van die profete nie altyd dadelik opgeteken is nadat hulle gespreek is nie (vergelyk Jr 36: 2 waarvolgens 'n sekere tyd verloop het tussen spreke en optekening). Hierdie stelling moet egter nie beskou word as die neerlegging van 'n maatstaf waarvolgens dan bepaal sou kon word wat profetewoord en wat 'n latere byvoeging sou wees nie.

2. Die profete was dus oor die algemeen in die eerste plek sprekers of predikers, maar ons vind dat hulle tog ook opdragte ontvang om hul boodskap of gesig op skrif te stel: Jes 8:2 en 30:8; Hab 2:2; Jr 22:30 en Esg 43:11 spreek van direkte optekening van sekere openbarings, terwyl Jr 36:2 en 30:2 spreek van latere optekening. Deur hierdie optekening van die woorde van die profete en die samevatting daarvan (deur hulself of andere) tot 'n boek, het die trefkrag daarvan groter geword. Waar die profetewoord meesal in 'n konkrete situasie uitgespreek is met die oog op 'n bepaalde gehoor, het dit nie altyd so gebeur nie (dink byvoorbeeld aan die profesieë teen vreemde volkere in Jes 13:21; Jr 46:51; Esg 25-32; 35). Net soos die profetewoord dus ook persone aangegaan het wat ruimtelik van die profeet verwyder was, het dit ook mense aangegaan wat in tyd van hom verwyder was (vergelyk Jes 2:2-4; Jr 33:15-18; Esg 43:11, ens). Omdat dit die woord van God is, het die profeet se boodskap nie net 'n eenmalige betekenis nie, maar ook 'n voortdurende geldigheid, omdat dit spreek oor die wil en die werk van die Here. Omdat dit waar is, was dit nie alleenlik moontlik om dit te "waag" om dit op te teken nie, maar was dit inderdaad die aangewese ding om dit skriftelik te bewaar vir die gelowiges van later tye.

Tekste soos Jes 8:2; Jr 22:30; 29:25; Esg 43:11 en Hab 2:2 dui egter nie aan dat die profeet self sy hele boek geskryf het nie; en dit kan selfs wees dat dit by sommige profete nie die algemene reël was dat hulle self die dinge opgeskryf het wat tans in hul boeke staan nie. In Jeremia word vermeld dat hy sy uitsprake tot op 'n sekere stadium in 'n boek saamgevat het met behulp van 'n sekretaris, genaamd Baruk (Jr 36:4). Jesaja 8:16 vermeld 'n groep leerlinge (dissipels) van Jesaja, en die moontlikheid is sterk dat hulle ten minste ten dele, vir die optekening van sy boodskappe verantwoordelik is.

Hiermee wil ons egter nie die direkte invloed van die profeet self in so 'n mate op die agtergrond skuif dat ons verval in die, onses insiens, onhoudbare beskouing dat die woorde van die profete eeue lank mondeling oorgelewer en aangevul is, of totdat dit eers ná die ballingskap op skrif gestel is nie (soos onder andere HS Nyberg beweer het). Hierdie beskouing voer daartoe dat ons eintlik moet erken dat ons skaars nog 'n profetiese gestalte agter ons profeteboeke kan herken. Maar dadelik ontstaan die vraag: wat dan van die verskille tussen verskillende profeteboeke soos Amos en Hosea, wat van die eenheidsbeeld wat uit die boeke van 'n Amos of 'n Jeremia blyk? Was die groot groep oorleweraars van die tradisies dan meer van 'n eenheid (ten opsigte van byvoorbeeld Amos) as die skimagtige figuur wat tot die tradisie aanleiding sou gegee het? Widengren het wel toegegee dat daar mondelinge oorleweringe in die profeteboeke bestaan, veral ten opsigte van biografiese besonderhede, maar het verder argumente aangevoer om te toon dat nie net Jesaja, Jeremia en Esegiël nie, maar ook Amos en Hosea ten minste dele van hul boeke opgeteken of gedikteer het. In die lig van ouer ondersoeke wat die taal van Amos, Jesaja en ander as baie meer "klassiek" bestempel het as byvoorbeeld di‚ van Sagaria en Maleagi, lyk dit geregverdig om saam met Eissfeldt te besluit: dit is " ... certain that from an early period, fixed written forms were usual, and that the prophets that gave their names to our books themselves began the writing down of their own sayings, and that this may apply to many more sayings than is generally agreed today. The view that right down to postexilic times only oral transmission need seriously be considered is certainly to be rejected, as also that our prophetic books were only then written down." Naby aan die waarheid is ook die gedagte van RH Robinson dat die profetiese boeke ontwikkel het in verskeie stadia: mondelinge uitsprake van die profeet wat vervolgens onder leiding van die profeet of andersins tot klein versamelings saamgevoeg is (byvoorbeeld die uitsprake teen vreemde volke wat saam gegroepeer is in Jes

Page 23: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

21

13:21; Jr 46-51, ens); daarnaas mededelings van die profeet oor homself of berigte oor hom wat moontlik eers mondeling onder sy volgelinge kon bestaan het en wat later saamgevoeg is met sekere uitsprake wat daarby hoort; eindelik is die kleiner versamelings dan saamgevoeg tot die huidige boek. Hierdie proses kon in sekere gevalle só verloop het, maar dat daar gewaak word teen die gedagte dat elke boek op dieselfde wyse moes ontstaan het.

3. Naas die gesproke en geskrewe woord het die profete ook van besondere handelinge en tekens gebruik gemaak om hul boodskap oor te dra. Gewoonlik is hierdie handeling deur die Here beveel om die boodskap aanskoulik voor te stel of die aandag van die volk te trek (1 Kon 11:29-31; Jes 20:2-4; Jr 27-28, veral 27:2,11v; 28:12-14; Esg 4:1-3), soms was dit 'n gebeurtenis in die familiekring van die profeet (Jes 8:3; Jr 16:2; Hs 1 en 3) en soms was dit 'n wonder wat die prediking van die profeet begelei het (1 Kon 18:21-39; vergelyk 1 Sam 10:1-8). (Hierdie handelinge wat deur God voorgeskryf word en wat van hom uitgaan, is iets anders as die towermiddels wat aangewend is om te probeer bewerk wat hulle voorspel en voorstel, vergelyk 1 Kon 22:11).

Net soos die boodskap van die Here die profeet deur die gehoor, maar soms ook deur die gesig bereik het, is die boodskap ook deur die profeet veral hoorbaar aan die mense oorgedra, maar soms ook sigbaar. Steeds het dit egter daarom gegaan dat die boodskap wat van die Here ontvang is, verstaanbaar meegedeel sal word aan die mense.

Page 24: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

22

LESING 1

AMOS EN HOSEA

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 10

Studiemateriaal: Bl 17-24

Bybel: Albei profete

_________________________

OPDRAGTE

1. (a) Wat is die hoofgedagte van die boek Amos?(b) Alhoewel Amos die oordeel van God aankondig, is daar ook enkele beloftes

van seën. Noem vyf beloftes, asook die toepaslike Skrifverwysings.

EN

2. Hoe het Hosea se huislike omstandighede by hom ‘n begrip vir God se onbaatsugtige liefde vir die ontroue Israel gegee? Verduidelik deur toepaslike Skrifverwysings.

Page 25: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

23

CHRONOLOGIESE TABELLE UIT: ISRAEL EN SY BURE (AH VAN ZYL e.a.)

Die chronologiese tabelle wat hier volg is veral bedoel om ‘n oorsig te gee van gebeurtenisse wat min of meer gelyktydig plaasgevind het en waarna in die boek verwys word. Oor baie van die datums, veral uit die tydperk voor 700 v.C. is daar uiteenlopende menings, wen wat hier gebied word, moet beskou word as ‘n poging om sinchronisasie uit te beeld, eerder as om dogmaties te wees oor datering.

v.C JUDA ISRAEL EGIPTE ARAM (DAMASKUS) ASSIRIË1000

Dawid 1010-970Salomo 970-932Rehabeam 932-915Abia 915-912Asa 912-871

Saul 1032-1010Isboset 1010-1004

Jerobeam I 932-911Nadab 911-910Baesa 910-997

Sisak 935-914Reson

Assurdan II 934-912

Adad-nirari II 912-890

900

Josafat 971-846 (840)

Jehoram (Joram) 849 (846)-842Ahasia 842Atalia 841-836Joas 836 797

Ela 887-886Simri 886Omri 885-974Agab 874-852 EliaAhasia (hu) 852-851Joram 851-842 ElisaJehu 842-814Joahas 814-798

Benhadad I 880-842

Hasael 842-806

Assurnasirpal II 883-859Salmaneser III 859-824Slag van Karkar 853

800 Amasia 797-769 (792)Ussia (Asarja) 792 (769)-740 (750)

Jotam 750 (740)-735 Jesaja Miga

Jehoas 798-783Jerobeam II 783-743 Amos HoseaSagaria 743Sallum 743Menahem 743-734 (738)Pekahia 734 (738)-733 (737)Peka 733 (737)-731 (732)Hosea 731 (732)-722Val van Samaria 722 (721)

Benhadad II

Resin II 740-732

Damaskus val: 732

Verskeie konings Jona

Tiglat-Pileser III 745-727

Babilon verower: 729Salmaneser V 727-722Sargon II 722-705Opstand in Babel onder Merodag-Baladan 721

Page 26: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

24

CHRONOLOGIESE TABELLE UIT: ISRAEL EN SY BURE (AH van Zyl e.a.)

v.C. JUDA ASSIRIËЁ BABILONIË EGIPTE MEDIË EN PERSIË700 Hiskia 727 (720/714)-692 (685)

Manasse 692-639

Amon 639-638Sosia 638-609 Nahum c 630 Sefanja c 630 Jeremia 626-585Joahas (Sallum) 608

Jojakim (Eljakim) 608-598

Sanherib 705-681Esar-Haddon 681-669

Assurbanipal 669-633Sin-sar-iskun 629-612 (?)Meders verower Assur 614Nineve val 612Haran (van Assur-uballit) val 610

Opstand onder Samas-Sum-ukin 652-648

Nabopolassar 626-605

Cahldeërs seevier by Karkemis 605Nebukadnesar

Tirhaka 685-664

Memfis val 671Thebe val 663Psammetichus I 663-609Egipte onafhanklik 654Nego II 609-593 Cuaxares van Medië

600 HabakukJojagin (Jegonja Gonja) 598-597

Sedekia (Mattanja) 597-586 Obadja

Verlof vir terugkeer van ballinge, 538 (Sebassar) Haggai 520

Sagaria 520Herbou van tempel voltooi 515(Serubbabel) Joël (?)

Esegiel

Daniël

Evil-Merodag 562-560Nergal-Sareser 560-556Labasi-Marduk 556Nabonidus 556-539

Psammetichus II 593-588Hofra (Apries) 588-570Amasis 570Inval deur Nebukadnesar 568

Egipte onder Persië 525-401

Astuages van Medië 585-550

Kuras (Kores, Cyrus) 550-530 (as vasal reeds 559)Kambuse 530-522

Darius I 552-486

Chsajarsa (Xerxes, Ahasveros) 486-465

500 Esra kondig wet af 458Nehemia herbou mure 444-433 en later Maleagie 432 (/)

Elefantine-papiriOpstand in Egipte 404

Artasasta (Artaxerxes) I(Longimanus) 465-424

Xerexes II 423 v.C.Darius II (Nothus) 423-404Artasasta II (Mnemon) 404-359Artasasta III (Ochus) 359-338Arses 338-336

400 Alexander die Grote verower die gebied 332

Darius III (Codomannus) 336-331

Page 27: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

25

LESING 1

AMOS

As daar een man uit die agste eeu voor Christus was oor wie daar vandag nog baie gepraat en geskryf word, is dit Amos. Hoewel hy 'n profeet uit die antieke wêreld was, is sy boodskap snydend aktueel. Hy was die eerste 'Skrifprofeet', dit wil sê die eerste profeet wie se profetiese woorde skriftelik neerslag gevind het, en waaraan die profeet self 'n aandeel gehad het. Voor hom was daar byvoorbeeld ook profete soos Elia en Elisa, maar hulle het nie skriftelike dokumente nagelaat nie.

Amos was 'n plattelander, bekend met veesiektes en vrugtepryse, want hy was 'n skaapboer en kweker van wildevye. Dat hy 'n boer in murg en been was, blyk duidelik uit sy voorliefde vir beelde wat aan die natuur en die boerdery ontleen is: 'n swaargelaaide wa, 'n brullende leeu (die Here word dan ook dikwels deur hom so voorgestel), 'n verskeurde skaaplam, stoetbeeste in uitstekende kondisie, en 'n mandjie ryp vrugte - soos mense wat ryp is vir die oordeel!

En tog was hy deeglik op die hoogte van wat in die wêreld van sy tyd gebeur het. Terselfdertyd het hy die godsdienstige klimaat geken, en die maatskaplike situasie onder sy volk. Vandaar sy skerp kritiek op die sosiale onreg. Hy kan met reg as 'n spelbreker beskou word, want die mense het niks gehou van die manier waarop hy skerp raakgesien en nog skerper teen onreg gepreek het nie.

Die hoofstad Samaria, bo-op Samariaberg op die Jisreëlvlakte, het deur die opbloei en welvaart bekend geraak as di‚ besigheidstad van destyds. Uit Amos se boek blyk dat die stedelinge in Samaria luuks en gerieflik gewoon het. Hulle het op rusbanke en oorgetrekte gemakstoele gesit, waarvan oorblyfsels deur argeoloë gevind is. Baie van hulle het somer- en winterhuise gehad, met pragtige versierings en houtbedekte mure met ivoorinlegwerk, terwyl baie mense geen huise gehad het nie. Amper soos woon- en strandhuise in ons tyd!

Al die luuksheid het meegebring dat hy die vroue as koeie van Basan wat lekker gelewe het, beskryf het. Daar was genoeg vleis en ander kos, en wyn. Hulle het hulleself besig gehou met uitspattige partytjies en om liedjies vir die harp te komponeer. Terselfdertyd het hulle huishulpe en werkers uitgebuit, en hulle niks oor die sosiale onreg bekommer nie. Die arm mense kon hulleself dikwels nie teen die rykes handhaaf nie, sodat sommige uiteindelik as slawe verkoop is. Die rykes het hulle nog minder aan Amos se waarskuwings teen die Assiriërs en die naderende vernietiging van die Ryk gesteur.

Te midde van al die materiële voorspoed en politieke stabiliteit was daar nietemin baie godsdienstige aktiwiteite, maar dit was innerlik verrot. Dit was juis hierdie geestelike verval wat tot al die wanverhoudinge en onreg aanleiding gegee het. Mense het in groot getalle na die heiligdomme in Samaria en Bet-El gestroom, maar hulle aanbidding was leeg en nie vir God aanvaarbaar nie. Die feit dat Hy hulle uitverkies het, het die mense trots gemaak, maar die verpligtinge wat 'n mens se verbondenheid aan Hom meebring, is nie nagekom nie. Hulle verhouding met die Here was doodgewoon nie reg nie. Amos is deur die Here gestuur om dan ook veral teen die sondes van onderdrukking, uitbuiting van armes en die verkragting van die reg te preek. Dit was juis hierdie opdrag wat Amos soms in die literatuur as 'die profeet van die sosiale geregtigheid' laat bekend raak het.

Amos het uit die suidryk Juda van 'n klein dorpie, Tekoa, naby Betlehem en Jerusalem af gekom. Hy tree teen ongeveer 760 vC in die Noordryk, Israel, op. Nes Jona, was dit ook in die tyd van koning Jerobeam II, onder wie se regering die Noordryk 'n tyd van welvaart en rus beleef het. Juis omdat daar nie sterk buitelandse druk op die land was nie, kon Israel sy interne ekonomie op 'n gesonde grondslag kry, maar met siek gevolge op hulle verhouding met die Here. Sommige reken dat Amos se bediening onder hulle maar net 'n paar maande geduur het.

BOODSKAP

Dit help nie as ons ons net verwonder aan die kunstige opbou en die retoriese vermoëns van Amos nie: sy pyl moet ons harte tref. En sy universele pyl is dit: oral waar menslike waardigheid geskend word, word dit deur God raakgesien én gewreek. 'n Lewe sonder God lei tot wreedheid, korrupsie, meedoënloosheid en verskriklike ongeregtigheid. Die ergste is egter wanneer God se volk soos mense sonder God leef, en dan veral nog onder 'n skyn van vroomheid. En daarom word die sonde van die volk wat binne die ligkring van God se openbaring beweeg, swaarder toegereken. Dit kos nie baie nadenke om te sien dat die sondes van tóé‚ ook sonde van nóú is nie, in en buite die Christendom.

Ten slotte: u moet Amos nie onthou as 'n oordeelsprofeet nie. Nee, hy is 'n prediker van die heerlikheid en mag van die Here, wat juis omdat Hy die Here is, geen uitings van menslike vermetelheid verdra nie! Amos sê: Hy is die Heilige wat geen sonde, ook nie dié van sy volk verskoon nie! En miskien het Hy wat heilig is, die Heilige, sy Seun, daarvoor onheilig gemaak, sodat sy belofte van heil waar kon word vir alle sondaars wat hulle ellende voor God bely.

Page 28: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

26

AMOSINDELING

A 1:1 – 2:16 OORDEELSAANKONDIGINGS OOR AGT NASIES

1:1-2 Die opskrif

1. 1:3-5 Die oordeel oor Damaskus

2. 1:6-8 Die oordeel oor die Filistyne

3. 1:9-10 Die oordeel oor Tirus

4. 1:11-12 Die oordeel oor Edom

5. 1:13-15 Die oordeel oor Ammon

6. 2:1-3 Die oordeel oor Moab

7. 2:4-5 Die oordeel oor Juda

8. 2:6-16 Die oordeel oor Israel

B. 3:1 – 6:14 OORDEELSPREKE TEEN ISRAEL

1. 3:1-15 God se oordeel

3:1-2 Uitverkiesing as grond vir die oordeel3:3-8 God is die oorsaak van die onheil3:9-12 Die oordeel oor die uitspattigheid van die rykes

2. 4:1 – 13 Maak jou klaar om God te ontmoet

4:1-3 Die oordeel oor die ryk vrouens van Samaria4:4-5 Die oordeel oor die heiligdomme4:6-11 Israel se onbekeerlikheid4:12-13 Oordeel van die Here

3. 5:1-17 Israel se lewe is ‘n treurlied

5:1-3 ‘n Treurlied vir Israel5:4-6 Gehoorsaamheid, nie offerandes nie5:7 Israel maak en trap die reg in die grond in5:8-9 Loflied5:10-13 Aanklag oor korrupsie5:14-15 Opsetlik die verkeerde te doen5:16-17 Israel se toekoms is ‘n treursang

4. 5:18 – 6:14 Die dag van die Here bring duisternis

5:18-20 Die dag van die Here5:21-27 God verafsku Israel se godsdiens6:1-7 Valse gerustheid word ontnugter6:8-11 Pes en verwoesting in Samaria6:12-14 Israel se optrede is onsinnig

C. 7:1 – 9:15 OORDEELSGESIGTE OOR ISRAEL

1. 7:1-9 Drie gesigte

7:1-3 Die sprinkaanplaag7:4-65 Die vuur wat alles verteer7:7-9 Die skietlood

2. 7:10-17 Amos bots met Amasia

3. 8:1 – 9:10 Die tyd is ryp om gepluk te word

8:1-3 Die mandjie vrugte8:4-6 Oneerlike handelspraktyke8:7-10 God se skrikwekkende oordeel8:11-14 As God swyg, sterf mense9:1-4 Die heiligdom word verwoes9:5-6 God se almag9:7-10 God trek niemand voor nie

4. 9:11-15 God sal die lot van sy volk verander

Page 29: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

27

HOSEA

Hier het ons nou weereens 'n voorbeeld van die omruiling in die volgorde van profete, want in ons gewone Bybels word Hosea as die eerste 'klein profeet' geplaas, terwyl hy chronologies ná Amos behoort te staan, soos in hierdie boekie. Ons gaan dan ook nie nou weer daarop wys nie, en ek wil jou aanraai om elke keer in die chronologiese tabel (handboek bl. 93) te kyk waar en tussen watter konings jy jou bevind.

Hosea is sekerlik veral bekend vir die vreemdste opdrag in verband met 'n huwelik wat die Here ooit aan enigiemand gegee het. Lees Hosea self, en let op sy hartroerende uitsprake oor God se onverstaanbare verbondsliefde wat Hy vir sy volk het. In hierdie boek loop die Here as't ware met sy hart op sy mou!

Sy loopbaan begin in die tyd van voorspoed tydens die laaste jare van koning Jerobeam II van die Noordryk. Uit die gegewens sal jy sien dat hy 'n baie lang bediening gehad het van ongeveer 30 jaar, en dat dit oor die regeertyd van die laaste ses konings van Israel gestrek het! Die omstandighede waarin hy begin profeteer het, is dan ook min of meer dieselfde as dié waarin Amos opgetree het, want Hosea het net enkele jare ná sy kollega Amos begin preek. Sy bediening het dan ook oorvleuel met dié van Jesaja, wat weer ná Hosea begin optree het, hoewel laasgenoemde 'n stadsprofeet in Jerusalem in die Suidryk was.

In sy leeftyd het die tyd van voorspoed en vrede verander na tye van politieke intrige en oorlog, sodat Hosea eintlik drie groot oorloë beleef het. Juis in die laaste regeringsjare van Jerobeam II, tussen die jare 755 - 747 vC, onderneem hy suksesvolle veldtogte teen die Arameërs. Vir Israel het dit goed afgeloop, maar ook selftevredenheid tot gevolg gehad. Lees hiervoor veral Hosea 4:4 - 5:7.

Daarna volg die Siro-Efraimitiese oorlog (733 vC) tussen die koalisie van Israel (Efraim) en Aram (Sirië) aan die een kant, met Juda aan die anderkant, vir wie hulle wou dwing om saam met hulle in opstand te kom teen Assirëë. Hosea 5:8 - 9:9 handel in hoofsaak oor Israel se binne- en buitelandse politiek, en die noodlottige gevolge daarvan, en dit moet binne die historiese konteks van die Siro-Efraimitiese oorlog gelees word.

Die derde oorlogsituasie het ontstaan nadat die Assiriese koning in 727 vC gesterf het. Samaria het dadelik die geleentheid aangegryp om in opstand te kom. Teen 724 vC begin die Assiriërs weerwraak neem. Die mense in Israel kry swaar, totdat Samaria self uiteindelik ná 'n lang beleg in 722 vC ingeneem word. Dit het finaal die ondergang van die Noordryk beteken, en toe was Hosea skynbaar nog steeds op sy pos. Hierdie laaste droewige jare word veral in Hosea 9:10 - 14:9 beskryf.

Voortaan tree al die profete natuurlik op in die oorblywende Suidryk, Juda.

BOODSKAP

1) Die hoofklem in die boek val op die skerp veroordeling van die Baälgodsdiens wat in die Noordryk beoefen is. Hosea was gedrenk in die ou tradisie rondom Jakob, die uittog, die woestyntrek en die besetting van Palestina deur die Israeliete, daarom het hy die Baälpraktyke ter bevordering van vrugbaarheid by mens en natuur as 'n verbreking van die verbond met die Here veroordeel. Dié verbreking skilder hy in terme van die huweliksontrou van sy vrou wat hy in sy huwelik ervaar het. Die aanklag van ontrou raak ook Israel se vertroue op buitelandse hulp, eie militêre mag en die koning.

2) Die oordeel oor die ontrou behels die vernietiging van hulle eie militêre mag en koning, asook hulle diensbaarheid aan buitelandse volke. Die word saamgevat met die uitdrukking dat Israel weer "terug na Egipte toe" moet gaan (8:13).

3) In die boek Hosea word die verhouding tussen God en sy mense op 'n ontroerende wyse uitgebeeld. Kenmerkend van die verhouding is die Here se troue liefde enersyds en die volk se verraderlike ontrou andersyds.

Page 30: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

28

4) Om soos Israel te handel - om afgode te dien en op alles te vertrou behalwe op die lewende Here - is nie ligtelik op te neem nie. Dit impliseer dat hulle God se liefde vertrap. Dit help ook nie om in so 'n situasie van liefde en toewyding te praat as dit nie standhoudend is nie.

5) God se liefde is standhoudend. Soos Johannes later sou sê:

"Werklike liefde is dit: nie dieliefde wat ons vir God het nie,maar die liefde wat Hy aan onsbewys het (deur sy Seun te stuur ...)

Hierdie troue liefde is reeds beskryf in die boek Hosea. 'n Mens kan dié boek nie bestudeer sonder om te hoor wat God sê nie:

Ek kan jou nie prysgee nieMy liefde brand te sterkEk is God, nie 'n mens nie.

INDELING VAN HOSEA (VIR LESING)

1.1 Opskrif

1:2-3:5 ISRAEL DIE ONTROUE

1:2-9 Huweliksontrou1:10-12 'n Nuwe toekoms2:1-14 Pogings om tot inkeer te bring2:15-22 Die nuwe verhouding3:1-5 Die herstel van die huwelik

4:1-8:14 DIE AANKLAG: ISRAEL KEN GOD NIE

4:1-3 'n Regsgeding teen die volk4:4-14 'n Regsgeding teen die priesterklas4:15-19 Die sonde van die volk5:1-7 'n Regsgeding teen die leiers5:8-15 Die broederstryd6:1-3 Die boete-oproep6:4-6 Die wispelturigheid van Israel6:7-7:2 Verbondsverbreking op alle lewesnterreine7:3-7 Die staatsgreep7:8-12 Die rampspoedige buitelandse beleid7:13-16 Opstand te midde van hulpeloosheid8:1-14 Israel bewerk sy eie ondergang

9:1-11:11 VERWERPING VAN LIEFDE EN VERGIFNIS UIT LIEFDE

9:1-9 Die profeet as pretbederwer by die fees9:10-17 Kinderloosheid as straf vir vrugbaarheidsgodsdiens10:1-8 Israel se hoop: kultus, koning en kalf10:9-15 Israel het sy doel gemis11:1-11 Die krag van God se liefde

12:1-14:1 DIE KLAG: EFRAIM SONDIG VAN OUDS AF

12:1-15 Israel is van ouds af 'n ontroue bedrieër13:1-14 Die einde van Israel het aangebreek

14:2-9 DIE HERE, DIE GETROUE

14:2-4 Die pad terug na die Here toe: skuldbelydenis14:5-9 Die pad terug na die Here toe: vergifnis

14:10 Naskrif

Page 31: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

29

LESING 2

JESAJA

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 6

Studiemateriaal: Bl 33-40 (Opsioneel: lees vir selfverryking)

Bybel: Jesaja 1 - 11, 40-46, 49-59, 61, 66.

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke op hom gelaat. Wat was die indrukke?

2. Op watter twee maniere word die Messias in die laaste deel van die boek Jesaja (hoofstuk 49-57) uitgebeeld?

Lang vraag:

3. (a) In Hoofstuk 1-11 wys Jesaja die sondes van die volk uit. Maak ‘n lys van minstens tien sondes, met toepaslike Skrifverwysings.

(b) Dink jy dit het ook betekenis in vandag se samelewing? Verduidelik asseblief.

Page 32: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

30

JESAJAINLEIDING

• Jesaja is die derde langste boek in die Bybel. Net Psalms en Jeremia is langer. In 'n studie van ongeveer 2 uur kan ons dus net oorsigtelik daarna kyk.

Ons boek bevat van die bekendste en mees geliefde gedeeltes in die On Testament, maar tog is die grootste gedeelte daarvan totaal onbekend vir die deursnee Christen.Nuwe Testamentiese skrywers was sterk onder die indruk van Jesaja se belangrikheid, aangesien hulle male sonder tal daaruit aanhaal.

• Die tyd waarin Jesaja gelewe en gewerk het, word hoofsaaklik in 2 Kon 15-21 en 2 Kron 26-32 beskryf.

Geleerdes kry ook heelwat inligting oor daardie tydvak en omstandighede in Assiriese kleitablette en opgetekende Joodse tradisies.

DIE HISTORIESE KONTEKS VAN JESAJA

• Onder Ussia se regering het dit baie goed gegaan in Juda. Maar sy dood (740 v.C.) het 'n einde gebring aan ongeveer 'n halfeeu se welvaart en vrede. Die volgende dekades sou gedomineer word deur die magsugtige konings van Assirië.

• In 735 v.C. het Jerusalem die skokgolf van hulle aantog deeglik gevoel toe die leërs van Israel en Sirië gepoog het om koning Agas in 'n anti-Assiriese koalisie in te dwing (2 Kon 16:5-6). In 734 het die twee nasies, onder die bedreiging van Tiglat-Pileser 'n verbond gesluit, en wou Juda nou daarby betrek.

Jesaja spoor die koning aan om op die Here te vertrou (H.7) - staan selfs aan hom toe om 'n teken van die Here te vra. In geveinsde vroomheid weier hy 'om die Here te tart' (7:11-12). Dan gee Jesaja self 'n teken: 'n Jongvrou sal 'n seun in die lewe bring, en hom Immanuel noem. En voordat hierdie kind tussen goed en kwaad sou kon onderskei, sou die 2 konings vir wie Agas so bang is, vernietig wees (7:13-16).Maar Agas beroep hom op Tiglat-Pileser om te kom help (2 Kon 16:7). In die proses word Damaskus (die hoofstad van Sirië) deur die Assiriërs ingeneem (732), en groot dele van Galilea word onderwerp (2 Kon 15:25-29). Peka, koning van Israel word deur Hosea vermoor (2 Kon 15:27-31). Di‚ volg hom op en regeer dan as 'n Assiriese pion.

* Juda sou 'n duur geestelike prys betaal vir Agas se ongehoorsaamheid en implisiete verwerping van die Here (2 Kon 16:10-20). Kort voor lank gaan kuier Agas vir Tiglat-Pileser en verval in afgodery.

• Die dood van Tiglat-Pileser in 727 laat 'n valse vryheidshoop vir die klein koninkrykies langs die Middelandse See ontstaan. En as Agas ongeveer 'n jaar later sterf, profeteer Jesaja (14:28-32) en waarsku die Filistyne teen opstand teen Salmaneser, die nuwe Assiriese koning. So waarsku hy ook vir Juda daarteen.

Maar nie te lank daarna nie begin Hosea (koning van Israel) om belasting van Assirië terug te hou. Samaria word vir 3 jaar beleër en word uiteindelik deur die volgende Assiriese koning. Sargon, in 722 ingeneem. Meer as 27 000 Israeliete word in ballingskap weggevoer en in die noordelike dele van die Assiriese ryk hervestig.

• Die volgende dekade sou redelik vreedsaam verloop, aangesien Sargon elders bedrywig was. Toe moedig Egipte die Filistyne en andere aan om 'n nuwe koalisie teen Assirië tot stand te bring. Hierdie politieke inisiatiewe word dan in 711 deur Sargon vernietig in 'n geveg op die Egiptiese grens.

Juda, onder Hiskia, het egter ag geslaan op 'n waarskuwing van Jesaja (20:1-6) en uit die geheulery gebly tot hulle eie behoud.

• Agas se opvolger in Juda, Hiskia (2 Kon 18-20; 2 Kron 29-32), was 'n patriot en 'n vroom man. As hy die troon bestyg open hy dadelik die tempel se poorte en begin om afgodery uit te roei.

Page 33: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

31

Geloof en ongeduld wissel mekaar egter in hom af en Jesaja moet behoorlik bontstaan om hom uit allerhande intriges met Assirië te hou.Mettertyd is daar 'n bitter konflik tussen die profeet en 'n pro-Egiptiese faksie aan die hof (geïmpliseer in H.28-31). Dit lei tot Hiskia se opstand teen Assirië (H.36-37). Koning Sanherib slaan in 701 met alle geweld terug en neem 46 ommuurde stede in en verniel meeste van die landelike gebiede. Jesaja moedig die koning aan om die Here te vertrou, en Jerusalem word wonderlik gespaar as die Engel van die Here 185 000 Assiriese soldate doodmaak (37:36-37).

• Jesaja se handelinge met Hiskia was nie tot die politieke beperk nie. Sy laaste kontak met hom dui op die verskil tussen hierdie twee manne van geloof.

Die regeerders van Babel stuur gesante na Hiskia om navraag te doen oor die wonders wat in die land gebeur het. Die Here toets hom, laat hom aan homself oor (2 Kron 32-31), en hy spog teenoor hulle met al sy skatte (39:1-4). Jesaja spreek dan in 39:5-8 'n oordeelsprofesie uit: Die Babeloniese ballingskap! Teenoor die profeet se verre visie, is Hiskia kortsigtig en selfsugtig verlig: ten minste sal daar vrede en veiligheid in my tyd wees (39:8, OAV; NIV). Dis miskien nog begryplik vir 'n koning - maar nooit kan 'n profeet so reageer nie! Vanaf die volgende hoofstukke is Jesaja se profesieë dan ook geslagte vooruit gerig.

• Die gebeure waarna Jes 40 en volgende verwys, het histories met die terugkeer uit die ballingskap en Kores te doen (H.44-45). Dit speel in die sesde eeue voor Christus af.

* Teen die einde van die 7de eeu het Babilon die dominante Mesopotamiese politieke krag geword. Dit lei mettertyd tot Juda se Babiloniese ballingskap. Jerusalem het finaal in 586 voor die aanslag geswig.

* In 539 verslaan Kores die Babiloniërs en neem Babel sonder slag of stoot in. Soos Jesaja baie jare vantevore geprofeteer het (44:28), repatrieer Kores die Joodse ballinge, met die opdrag om hulle tempel te herbou (Esra 1:2-4; 6:2-5).

JESAJA: DIE MENS EN DIE PROFEET

• Niks is bekend van Jesaja se vader, Amos, nie (l:l). Joodse tradisie beskryf Jesaja as van adellike afkoms, wat heel moontlik reg is, aangesien hy vrye toegang tot konings geniet het (7:3; 37:21-22 e.a.). Waarskynlik het sy hele bediening in en om Jerusalem plaasgevind en sy grootste invloed was tydens Hiskia se regeringstyd.

• Soos uit bogenoemde historiese oorsig blyk, het Jesaja in die tweede helfte van die agste eeu v.C. geleef en geprofeteer - 'n uiters betekenisvolle tydperk in Israel se geskiedenis. Hierdie is die ontstaantyd van geskrewe profesie in die werk van, benewens Jesaja, profete soos Miga in Juda, asook Amos en Hosea in die noordelike koninkryk, Israel. In Jesaja se tyd sou ook die grootste gedeelte van die twaalf stamme in ballingskap weggevoer word.

Volgens 1:1 het hy opgetree in die regeringstye van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia. Jes 6.1 sê dat hy in die sterfjaar van Ussia tot profeet geroep is (740 v.C.). Hy moes nog baie jonk gewees het, as mens sy bedieningsduur in ag neem.Sy laaste dateerbare profesieë is in 701 v.C. opgeteken, maar daar is 'n Joodse tradisie dat hy eers in die regeringstyd van Manasse (troonsbestyging in 687 v.C.) gesterf het - 'n marteldood toe hy middeldeur gesaag is.

• Jesaja was getroud. Van sy vrou weet ons niks nie, behalwe dat 8:3 (OAV) haar 'n 'profetes' (= die profeet se vrou) noem. Hulle het ten minste twee seuns gehad: Shear-Jashub (7:3) en Maher-Shalal-Hash-Bash (8:3). Hierdie was simboliese name wat met hulle pa se profetiese bediening verband gehou het (8:18). Dit beteken onderskeidelik: " 'n oorblyfsel sal terugkeer" en "plunder en roof is naby".

• Die naam, Jesaja, beteken "Die Here is Verlossing" (Hy is die bron van verlossing). Waarom was dit sy naam? Waarom was sy persoon en werk dan 'n lewende demonstrasie van hierdie feit oor God? Jesaja het opgetree in 'n unieke, waterskeidingstyd - 'n tyd waarin dit van die allergrootste belang was om te verstaan dat daar by God alleen verlossing te vind is. Vir die Verbondsvolk was dit 'n tyd van geweldige bedreiginge en die historiese skarnierpunt tussen Moses en Christus. Die ou wêreldorde was vinnig besig om in 'n nuwe oor te gaan - en niks sou ooit weer dieselfde wees nie. Waar sou Israel in hierdie nuwe orde staan? Sou hulle hul unieke posisie as Godsvolk behou, of sou die nuwe orde hulle insluk?Alles sou afhang van hulle getrouheid aan en hulle vertroue in hulle lewende Verbondsgod.

Page 34: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

32

* Soos nooit vantevore nie, het die idee van wêreldoorheersing en empire-bouery veld gewen. Die gees van Babel het weer na die oppervlak gekom. In hierdie tyd het Assirië as wêreldmag op die toneel verskyn - en dit sou Jesaja se hele lewensloop en profetiese optrede beheers.

* Soos ook vantevore, toe hulle hul eie koning wou hê (1 Sam 8:4-9), wou Israel nogeens "soos die ander nasies" wees. Soos die ander nasies het hulle dus hulle vertroue geplaas in politieke voetwerk. Dit was Jesaja se taak om die volk profeties te herinner dat verlossing alleen in die Here te vinde is. In die proses het die profeet 'n radikaal nuwe dimensie na vore gebring: God se verlossing sou in die gestalte van 'n dienskneg kom!

* Helaas het die volk nie gehoor gegee nie, en sodoende die "vloek van die verbond" gekies (Deut 28; 30:15-20; Lev 26). Ballingskap was die gevolg.

Die vloek van die verbond het nie alles gelyktydig gekom nie. Die skroef is geleidelik aangedraai. Daar was die skeuring na Salomo, daar was die teistering deur die heidenvolkere om hulle (veral die Filistyne). Maar dit alles was soos niks in vergelyking met die Assiriërs, die "werktuig van God se toorn" (10:5) nie. En selfs dit was nie die finale nie. Hulle sou wel die noordelike tienstamme-ryk wegvoer, maar Juda self sou eers 136 jaar later deur die Babiloniërs in ballingskap weggevoer word.

* Natuurlik was die ballingskap ook nie God se finale oordeel nie. 'n Oorblyfsel sou mettertyd terugkeer - en uit hulle sou die groot Verlosser uiteindelik voortkom. Hy sou 'n bedeling van genade bring - eeue van oes-insameling vanuit alle nasies. Eers daarna kom die einde - finaal!

DIE EENHEID VAN JESAJA

• Die afgelope honderd jaar is dit teologiese mode om te betoog dat Jesaja nie die hele boek geskryf het nie. Die eenheid daarvan word dus ontken.

Tog is syne die enigste naam wat in die boek genoem word (1:1; 2:1; 13:1).

* Waarskynlik is die sterkste argument ten gunste van die eenheid van die boek, die uitdrukking 'Die Heilige van Israel'. Dit is 'n titel vir God wat 12 maal in H.1-39 en 14 maal in H.40-66 voorkom [diegene wat die boek se eenheid ontken, beweer gewoonlik dat hierdie twee gedeeltes twee verskillende boeke is: die sg. 'Proto-Jesaja' en 'Deutero-Jesaja']. In die res van die Ou Testament kom die uitdrukking egter net 6 keer voor.

* Daar is ook ander treffende woord-parallelle tussen H.1-39 en H.40-66.

* Daar is ten minste 25 Hebreeuse woorde of vorme wat dwarsdeur Jesaja voorkom, maar in geen ander profetiese geskrif nie.

* Jesaja se gebruik van vuur as 'n simbool van oordeel, sy verwysings na "die heilige berg" van Jerusalem (2:2-4; 11:9; 27:13; 56:7; 57:13, 65:25; 66:20), en sy verwysing na die "grootpad" na Jerusalem (11:16, 35:8; 57:14, 62:10) kom verspreid deur die boek voor.

* Talle Nuwe Testamentiese aanhalings uit die boek koppel dit meteen aan Jesaja se naam [Matt 12:17-21 (42:1-4); Matt 3:3 en Luk 3:4 (40:3); Rom 10:16, 20 (53:1; 65:1), Joh 12:38-41 (53:1; 6:10)].

* Les bes dui ook die struktuur van die boek op sy eenheid.

Page 35: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

33

DIE STRUKTUUR VAN JESAJA

Die struktuur hieronder uiteengesit is die van Edward J. Young, in sy gesaghebbende 3-volume kommentaar: The Book of Isaiah, Williams B. Eerdmans, 1965 (met die uitsondering van $5.4).

1. DIE KRISIS EN DIE MESSIAS [1:1 - 12:61]1.1 Inleiding tot die hele profesie [1:1 - 1:31]1.2 Vroeë boodskappe van Jesaja [2:1 - 5:30]1.3 Juda se ware hoop: Die Messiaanse Koning [6:1 - 12:6]

2. DIE TEOKRASIE EN DIE NASIES [13:1 - 27:13]2.1 Juda en die wêreld-magte [13:1 - 23:18]2.2 God se soewereiniteit soos getoon in verlossing en oordeel [24:1 - 27:13]

3. WARE VERLOSSING IS NIE TE VINDE IN EGIPTE NIE, MAAR IN DIE HERE [28:1 - 35:10]3.1 Die Here se doel [28:1 - 29:24]3.2 Juda se bondgenootskap met Egipte [30:1 - 31:9]3.3 Sekerheid van die komende verlossing [32:1 - 33:24]3.4 God se soewereiniteit soos getoon in oordeel en verlossing [34:1 - 35:10]

4. DIE BRUG TUSSEN DIE EERSTE DEEL VAN DIE BOEK EN DIE LAASTE DEEL VAN DIE BOEK4.1 Die einde van die Assiriese periode [36:1 - 37:38]4.2 Die begin van die Babiloniese periode [38:1 - 39:8]

5. DIE VERLOSSING EN ERFENIS VAN GOD SE WARE ISRAEL [40:1 - 66:24]5.1 Die proloog [40:1-11]5.2 Jerusalem se stryd is verby [40:12 - 48:22]5.3 Jerusalem se sonde is vergewe [49:1 - 57:21]5.4 Ewige verlossing en oordeel [58:1 - 66:24]

DIE OPENBARINGSBOODSKAP

• Met die "openbaringsboodskap" word bedoel: wat leer hierdie boek ons oor God en ander groot waarhede van ons geloof?

Jesaja is oënskynlik onuitputlik ryk. Ons kan dus net na enkele fasette kyk.

• In Jes 1 (die regsaak van die Here met Sy volk) en Jes 6 (die roepingsvisioen van die profeet) kan l die hoofelemente van Jesaja se prediking gevind word - al is sommiges slegs implisiet gestel.

• 'Die Heilige van Israel' (1:4 ens.) is 'n begrip wat die hele boek beheers.* Hierdie uitdrukking sê 2 dinge oor God, dinge wat onlosmaaklik verbonde is, maar tog in

'n geweldige spanning teenoor mekaar staan. Enersyds beklemtoom dit God se heiligheid, Sy afgeskeie gansandersheid. Andersyds onderstreep dit Sy gemeenskap met die mens - Hy is Israel se Verbondsgod.

* Dit bring mee dat Hy in felle toorn teen 'n sondige volk kan ontvlam, maar meteen ook intense bewoënheid teenoor hulle ervaar en openbaar (vgl. 1:5-6).

* Nêrens word hierdie waarheid duideliker gesien as op Golgota nie (vgl. Rom 11:22).

• Jesaja se roepingsvisioen is vol betekenis (6:1-13).

* Die skrikwekkende heiligheid van God laat Jesaja vrees en hy kom diep onder die indruk van sy eie en die volk se sonde (6:5).

* Die absolute noodsaak van versoening vir sondes, en die rol van die offerdiens daarin, kom sterk na vore. Die mens se sonde is so diep dat dit alleen soos deur 'n brandende kool weggebrand kan word (6:6-7). Dit kan nie vanuit die mens self kom nie, maar moet

Page 36: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

34

van buite hom kom. Tog is dit nie iets wat bloot meganies gebeur nie; die mens word self ten diepste geraak, sodat die vrug daarvan 'n veranderde lewe (lippe) is.

* Die versoening bring nou besondere vrymoedigheid. Jesaja bied homself aan om die Woord te gaan verkondig (6:8).

• God duld geen formalistiese godsdiens nie. Die persoonlike verhouding tussen die Here en Sy volk impliseer dat die mens hom totaal, vanuit sy hart, aan die diens van God sal toewy. Bloot onpersoonlike en uiterlike handelinge kan Hom dus nooit tevrede stel nie.

* Die mens is egter juis tot formalisme geneig, soos die verbondsvolk se kultus oor en oor getoon het. Dit word in die sterkste taal deur Jesaja veroordeel (1:12-15).

* Ware godsdiens het nie net met die kultus te doen nie, maar strek oor die ganse spektrum van die mens se lewe, veral sy menseverhoudinge en barmhartigheid (1:17; 58:1-14).

• Die Heilige van Israel is tegelykertyd 'n universele God wat universeel red. In die eskatologiese toekoms sal die nasies na Jerusalem toe stroom. Dan sal daar heerlike wêreldvrede heers (2:1-4). Aartsvyande, Egipte en Assirië, sal in vrede saam met die ware Israel die Here dien (19:23-25).

• Die Here werk Sy wil uit deur sy Woord. Jesaja verkondig nie sy eie idees nie, maar die openbaring van die Here (1:1; 2:1).

* Die openbaring deur Jesaja is nie iets geïsoleerds nie; dit hou verband met voorafgaande openbaring, besonderlik die Wet van die Here (1:1O).

* Deur Sy Woord wil God Sy volk red. Hulle moet dit glo en hulle daarvolgens bekeer - en rustig op die Here vertrou (1:16-19; 7:9; 28:16, 30:15, 18). Maar die volk vertrou eerder op perde en strydwaens (30:16: 31:3), op bondgenootskappe met heidenvolkere (30:2).

* Hierdie Woord is gesagvol. Wie dit daarom ignoreer sal veroordeel word (1:20). En hy wat Hom teen die Woord verhard, word algaande al hoe meer daardeur verhard. Presies dit is 'n groot deel van Jesaja se roeping: hy moet 'n woord vir die volk bring wat tot hulle verharding en uiteindelike oordeel sal dien (6:9-13: 8:14b-17).

• Jesaja het 'n sterker beklemtoning op "die oorblyfsel" as enige ander profeet. Een van sy seuns word dan ook Shear-Jashub (= 'n oorblyfsel sal terugkeer) genoem (7:3). In Sy heiligheid toorn die Here so oor Sy volk se sonde dat Hy hulle met drastiese oordele tref - tot so 'n mate dat net 'n klein klompie oorbly. Maar as Israel se Verbondsgod sal Hy nooit almal uitdelg nie. Die volk sal bly leef; al is dit as't ware lewe wat van voor af begin (6:13, 11:1).

* Die begrip "oorblyfsel" impliseer ten minste 2 dinge: verkiesing en loutering (1:25). Omdat die volk Syne is deur verkiesing, word nie almal uitgedelg nie; en die wat oorbly is uitverkorenes (1:27).

* Geen verdienste sit agter die oorblyfsel se verkiesing nie, dit is onverdiend (1:8-9).

* Nie almal van Israel is die ware Israel nie (Rom 9:6. Sien ook 1 Kor 10:1-13; Heb 3:7-l9; Judas 5).

• Jesaja dra 'n sterk Messiaanse boodskap - waarskynlik die duidelikste van al die profete. Die belangrikste Messiaanse gedeeltes is: 7:10-15, 9:1-7, 11:1-16, 14:28-32; 24:21-23; 32:1-8; 33:17-24; 42:1-4, 49:1-6; 50:4-9; 52:13 - 53:12; 59:21; 61:1-3; 61:10 - 62:7; 63:1-6.

* Die profesie oor Immanuel (H.7) is bedoel om koning Agas van Juda te bemoedig, sodat hy op God alleen vertrou teen die Siries-Efraimitiese koalisie wat hom in 'n anti-Assiriese koalisie wil indwing.

~ In Agas se tyd sou 'n vrou 'n seun hê en hom Immanuel noem. Dit beteken nie dat die kind goddelik sou wees nie, maar wel dat sy geboorte 'n teken sou wees van God se teenwoordigheid in die midde van Sy volk. Dit dui dus op die teenoorgestelde as Ikabod in die tyd van Samuel (1 Sam 4:21).

Page 37: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

35

~ Maar dit het ook betrekking op die uiteindelike verlossing van die verbondsvolk - wanneer "God met ons" sy volle betekenis sal kry. Dan sal daar persoonlike gemeenskap wees tussen God en Sy volk - te danke aan die versoeningswerk van die Groot Middelaar. So vind hierdie profesie dan sy hoogste en finale vervulling in Jesus Christus - in Sy historiese en maagdelike geboorte en vleeswording (Matt 1:18, 23; Luk 1:26-35). In Hom het God naby ons gekom, in Sy Persoon en werk het God se openbaring tot vervolmaking gekom (Joh 1:14, 18, Heb 1:1-4).

* In die profesie oor die geboorte, naam en heerskappy van die Messias (9:1-6), word Israel se verwagtinge weereens aan die geboorte van 'n kind verbind.

~ Die profesie word voorafgegaan deur 'n beskrywing van die volk se gebrek aan geloofsvertroue (8:6, 19). Gevolglik stuur die Here vernietigende straf.

~ Vanaf die beskrywing van straf en uitsiglose duisternis, maak die profeet 'n skielike oorgang na lig en veiligheid (8:22-23). Verlossing is onverwagse lewe uit ondergang en dood.

~ Die nuwe koning oefen volle heerskappy uit, en verskillende name is nodig om sy majesteit te beskryf: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors (9:5).

~ Ook hierdie profesie vind sy hoogste en finale vervulling in Christus [9:1-2 (Matt 4:12-16); 9:6 (Matt 1:1, 6; Luk 1:32-33)].

* In 11:1-1O groei daar 'n lootjie uit die stomp van Isai.

~ Die wrede Assiriërs word voorgestel as 'n bos wat totaal deur die Here vernietig word (10:33-34). Ook die verbondsvolk is vernietig - 'n boom wat afgekap is sodat net die stomp oorbly. Maar die Here laat dit vanuit die wortel uitloop (11:1). Dit is wonderbaarlike lewe uit die dood!

~ Die verwagting word uitdruklik aan die Dawidiese koningskap verbind (Isai = Vader van Dawid). Dit gaan dus om 'n groot Koning in die geslagslyn van Dawid (Matt 1:1,6; Luk 1:32-33). Ook hierdie profesie vind wonderlike vervulling in Jesus Christus.

~ Die Messias se verskyning is nederig - 'n tengerige lootjie uit die grond. Tog is dit die Gees van die Here deelagtig en toegerus met buitengewone gawes (Matt 3:16; Luk 2:52; 4:18; Joh 3:34).

~ Hy put diepe vreugde uit ontsagvolle gehoorsaamheid aan die Here (11:3 en talle NT uitsprake oor Christus se gehoorsaamheid aan Sy Vader).

~ Sy regering geskied in geregtigheid (11:4-5) en is veral in belang van twee soorte mense: armes en sagmoediges (Luk 4:19).

~ Sy heerskappy bring vrede en harmonie oor die volle spektrum van die skepping (Rom 5:1; Ef 2:11vv; Rom 8:19-25).

* Paradoksaal sal God Sy volk deur Knegskap red.

~ Die Here sal heidense vors, Kores, as "gesalfde" gebruik om ná die ballingskap Sy volk te verlos (41:2; 45:1-6).

~ Kores sal egter net instrumenteel tot die terugkeer uit die ballingskap bydra. 'n Veel groter en permanente verlossing is nodig. Die Kneg van die Here sal dit bewerkstellig.

As 'n mens die betrokke gedeeltes lees, moet jy onthou jy het met profetiese literatuur te doen. Jy moet dus nie struikel oor die feit dat die Kneg soms duidelik as Israel voorgehou word nie, en ander kere duidelik op 'n individu wys. Iemand moes kom instaan vir die volk, vir laasgenoemde se mislukkings. Hy kom nie net as Verlosser nie, maar is inderdaad alles wat die volk moes wees.

Page 38: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

36

Die Nuwe Testament maak dit onmiskenbaar van toepassing op Jesus Christus (vgl bv. Matt 8:17 (53:4); Mark 15:28 (53;12)].

~ Die Kneg is van menslike afkoms en voorkoms (53:2). Hy ervaar verwerping (53:3) en erger lyding as enigiemand anders (50:6; 52:14; 53:3-11). Tog is Hy ook "die arm van die Here", kragtig en reddend (52:10; 53:1).

~ Die Knegliedere is die enigste Messiaanse gedeeltes in die Ou Testament wat leer dat verlossing deur 'n kneg kom - dus deur absolute self-ontlediging en deur die dood heen.

~ So het die Dienskneg dan die lig vir die nasies geword (42:6-7; 49:6; 52:14-15).

* Nadat die Here Sy volk uit Babilon gered het (deur Kores, H.40-48), en nadat Hy hulle van sonde verlos het deur die Dienskneg (H.49-55), is die reddingsproses egter nie afgehandel nie.

Daaroor handel H.56-66. Die tema van hierdie hoofstukke word onmiddellik in 56:1 aangekondig.

~ Omdat die volk steeds wagtende is en sekere van hulle behoeftes nog onvervuld is, moet hulle daarin volhard "om die reg te bewaar en die geregtigheid te doen" (56:1) - totdat Hy kom. Dit is die lewe wat die Here wil hê.

~ Die Here se ware volk ervaar die spanninge en pyn in 'n vyandelike omgewing (56:6 - 57:21).

~ Hulle kry nie reg om die Here se standaarde te handhaaf nie (58:1-14), as gevolg van hulle eie tekortkominge (59:1-13). Daar is egter die belofte van 'n gesalfde Een (59:14 - 63:3) wie se verlossingswerk volkome aan God se geregtigheid voldoen, en wat elke teenstaander sal onderwerp.

~ Daarom bid die volk (63:7 - 64:12). En hulle hou aan die beloftes vas (65:1 - 66:24) - want hulle verwag die ewige heerlikheid van 'n nuwe skepping.

DIE KNEGLIEDERE VAN JESAJA

Daar word 20 keer in Jes 40-53 van die Here se Dienskneg gepraat.Die uitdrukking word ook elders in die Ou Testament gebruik. In Ps 105:6 verwys dit na 'n toegewyde aanbidder soos Abraham. En in Jer 25:9 word Nebukadnesar as instrument in die uitwerk van God se raadsplan so getipeer.

Jesaja skryf oor Jahweh se Dienaar in poëtiese taal en dis gebruiklik om ten minste 4 sulke gedigte of liedere te onderskei: 42:1-7; 49:1-9a; 50:4-11; 52:13 - 53:12 (oor die presiese afgrensing hiervan het Skrifuitlêers natuurlik verskillende opinies).

Op enkele plekke word ges dat die Kneg die volk Israel is (41:8; 49:3). Maar meestal is dit onmiskenbaar dat van 'n enkele persoon gepraat word - een wat Israel na God toe sal terugbring (49:5). Wie is dan hierdie Kneg?

• Die objektiewe beskrywing toon dat dit nie Jesaja self kan wees nie.

• Die toekomstige tyd wat weer en weer gebruik word, toon dat dit 'n komende figuur is, nie 'n groot leier uit die verlede nie.

• Die kneg se sondelose karakter (53:9) en die omvang van sy werk (42:4) toon dat hier sprake is van baie meer as 'n bloot menslike leier in die toekoms - iemand soos een van die leiers tydens die terugkeer uit die ballingskap.

Die allerantwoord word herhaaldelik in die Nuwe Testament aangetref. Die Kneg van die Here is niemand minder nie as Jesus Christus self. Vergelyk ondermeer Joh 12:38 en Hd 8:32-35 waar dele van die Knegliedere uitdruklik op Hom van toepassing gemaak word (Jes 53:1 en 53:7-8 onderskeidelik).

Page 39: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

37

• Hoe moet die "teenstrydigheid" oor die Kneg se identiteit verstaan word? Is dit die volk of 'n Persoon? Waarskynlik het die profeet se denke - onder inspirasie van die Heilige gees-só verloop: sy oortuiging dat die volk Israel God se dienskneg is, hang saam met hulle unieke roeping in God se verlossingsplan vir die gevalle mensheid. Maar vanweë Israel se ontrou, besef hy al hoe meer dat net 'n regverdige kern - 'n oorblyfsel - so 'n grootse roeping kan vervul. Maar selfs nou kom sy gemoed nie tot rus nie. Soos hy profeties vooruit tuur, sien hy uiteindelik nie die ideale Israel in hierdie rol nie, maar 'n Persoon - die Dienskneg van die Here.

• Ons moet dus Skrif met Skrif vergelyk - 'n fundamentele hermeneutiese reël wat gewortel is in die feit dat die Bybel nie bloot 'n bundeling van menslike geskrifte oor God is nie, maar 'n eenheidsgeskrif met die Heilige Gees as eintlike Outeur.

As die Knegliedere vanuit 'n Nuwe Testamentiese perspektief gelees word, word hulle 'n verstommende stuk evangeliebeskrywing - 700 jaar voor Christus!

• Die Kneg sou 'n mens wees (49:1) wat, bekragtig deur die Heilige Gees (42:1; 61:1 / Lk 4:21), as profeet sou optree (49:2). In Sy aanslag sou Hy nie dwingend wees nie, maar sagkens met mense werk (42:2-3 / Mt 12:18-21).

• Hy sou plaasvervangend in die plek van ander ly (53:4 / Mt 8:17).

• Die mense sou Hom en Sy getuienis nie aanvaar nie (53:1 / Jh 12:38). Hy sou trouens die voorwerp van spot en veragting wees (49:7; 50:6 / Mt 26:67; 27:26).

• Hy sou veroordeel word as misdadiger (53:12 / Lk 22:37), maar eerbaar by rykes begrawe word (53:9, OAV/NIV / Mt 27:57). En uiteindelik sou Hy in heerlikheid opgewek word uit die dood (53:10, 12).

• Maar dit sou nie ten diepste mense wees wat dit aan Hom doen nie; Hy sou self Sy lewe neerlë (53:5-9 / 1Pt 2:22-25) en sodoende Homself as skuldoffer in die plek van ander aan God gee (53:10).

• Daar sou selfs 'n nog dieper grondoorsaak wees. Ten diepste sou dit God self wees wat dit aan Hom doen (53:10 / Rm 3:25).

• Deur Sy dood sou Hy baie regverdig maak (53:11). En Hy sou vir hulle bid (53:12 / Rom 8:34; Hb 7:25; 9:24; 1Joh 2:1-2).

• Sy middelaarswerk sou tot 'n groot mate ook ter wille van die heidene wees (42:6; 49:6; 52:15 / Luk 2:32; Rom 15:21).

• Hy sou volmaakte geregtigheid op aarde kom vestig (42:4).

• So sou Hy in Sy persoon en werk die bekragtiging van God se verbondsbeloftes word (42:6; 49:8). In Hom sou al God se beloftes ja en amen word!

Wie durf die wonder van Jesaja se bonatuurlike inspirasie bevraagteken?

Page 40: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

38

LESING 3

JEREMIA

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 7

Studiemateriaal: Bl 42-44

Bybel: Soveel as moontlik, volgens indeling in Studiemateriaal.Hoofstuk 46-51 kan uitgelaat word.

_________________________

OPDRAGTE

Lang vraag:

1. In die boek Jeremia word gebruik gemaak van ten minste twaalf aanskoulike voorstellings / treffende lesse wat ‘n sekere boodskap moes deurgee. Identifiseer vier daarvan en beskryf elk in ‘n kort paragraaf met verwysings na die betekenis van elk. Meld Skrifverwysings.

Page 41: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

39

JEREMIA

Hierdie boek is besonder ryk aan inligting oor die lewe, persoonlikheid, temas én boodskap van die profeet Jeremia.

Trouens, die hele boek draai rondom sy wedervaringe en sy aangrypende redes en ons weet daarom ook eintlik meer van hom as van enige ander profeet.

TYD

Jeremia was 'n vreemde figuur; 'n profeet van die Here, hartstogtelik lief vir sy volk, maar terselfdertyd 'n gehate man onder sy eie mense: hulle het hom belaster en uitgelag. Jeremia was die seun van 'n priester en hy was waarskynlik self ook 'n priester.

Maar vroeg in sy lewe roep God hom om 'n profeet te wees. By sy roeping het Jeremia gesê: Ag, Here my God ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.

Die Here het geantwoord: Moenie sê: ek is te jonk nie. Jy moet gaan na wie Ek jou ook al stuur en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

Jeremia ontdek spoedig dat om God se bevele te gehoorsaam, jou nie noodwendig die populêrste mens in die land maak nie. Hierdie sensitiewe digter-profeet het trouens so baie gely dat sommige hom vandag nog "die wenende profeet" noem! Die lyding en vervolging wat hy moes deurmaak, het tot gevolg gehad dat hy selfs in opstand teen sy eie profeetskap gekom het.

Die digter NP van Wyk Louw, het hierby aangesluit en iets van Jeremia se ervaring verwoord in die gedig "Die Profeet": die profeet (van die gedig) praat eers van sy roeping, maar sê dan onder andere:

Maar in my, in my o Heer,soos die val van houe op 'n dowwe ding,het U woorde en woede en skrik gekomen my neergeslaan tot my knieë genadeloos,totdat die nag my in 'n donker hoopgehurk, en aan die snik gevind het.

Om die konfrontasie tussen Jeremia en sy volksgenote te begryp, moet ons iets van die politieke situasie van sy tyd verstaan.

Jeremia het ongeveer 600 jaar v.C. geleef en gewerk. Iemand het die tydperk waartydens hy gewerk het, genoem die tyd "vanaf reformasie tot by deportasie", want Jeremia het opgetree vanaf die reformasie onder Josia tot by die wegvoering in ballingskap.

In dié tyd was daar drie magtige state: Assirië, Babilonië en Egipte. As mens na 'n kaart van die destydse wêreld kyk, sien jy dat die staatjie Juda tussen die drie groot moonthede (as 'n bufferstaat) lê.

Aanvanklik is die druk op Juda uitgeoefen, enersyds deur Assirië en andersyds deur Egipte. Later het daar egter 'n magsverskuiwing plaasgevind vanaf Assirië na Babilonië (in 612 v.C. val Nineve) en toe is Juda weer tussen die twee vure, Babilonië en Egipte. In hierdie krisistyd voor, tydens en na die val van Jerusalem het Jeremia sy profete-taak uitgevoer.

Die heersende gevoel in Juda was dat daar gekies moes word vir 'n koalisie met Egipte teen Babilonië. Die konings van die tyd, die priesters en hofprofete was feitlik almal pro-Egipte.

In dié atmosfeer (pro-Egipte, anti-Babilonië) het Jeremia 'n ander noot laat hoor. Hy was nie 'n politikus nie maar 'n profeet, en sy boodskap was dat Juda nie sy toevlug na Egipte moes neem nie, en ook nie vir Babilonië moes weerstaan nie. Hulle moes hulle aan Babilonië onderwerp en terselfdertyd terugkeer na die Here. Sy boodskap het lynreg ingedruis teen die openbare mening, en dit het meegebring dat hy as 'n volksverraaier uitgekryt is. Hy het in direkte konfrontasie met die volksleiers gekom en veral ook met die hofprofete wat die volksleiers na die mond gepraat het. Hy was selfs fisies in gevaar. By geleentheid is hy byvoorbeeld gearresteer en in 'n diep put gegooi om hom uit die weg te ruim.

Page 42: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

40

Jeremia het tydens die regeringstyd van vyf verskillende konings opgetree wat tot en met die val van Jerusalem aan bewind was. Na die val van Jerusalem (586 v.C.) het sommige Jode na Egipte gevlug en Jeremia gedwing om saam te gaan. Daar is hy dood.

VORM

Die boek Jeremia is 'n versameling toesprake/preke en historiese gegewens. Die meeste van die skryfwerk aan die boek is waarskynlik deur Jeremia en sy vriend Baruk gedoen. Die stof in die boek is nie heeltemal gerangskik nie, en bevat sowel prosa as poëtiese gedeeltes. Die boek kan soos volg verdeel word:

1. Hoofstukke 1 - 25

Hierdie gedeelte is hoofsaaklik in poëtiese styl geskryf en bevat -

* Oordeelsprofesieë oor Juda en Jerusalem* Verskillende Godsprake (tydens regering van Josia en Jojakim)

2. Hoofstukke 26 - 36

Dis hoofsaaklik in prosastyl geskryf, en beskryf die woorde en optrede van die profeet uit die tyd van konings Jojakim en Sedekia. 'n Aangrypende gedeelte in hierdie gedeelte is die heilsbeloftes wat in hoofstukke 30 - 33 voorkom.

3. Hoofstukke 37 - 45

Dit is in prosastyl geskryf en handel oor die werk en lyding van die profeet tydens die beleëring van Jerusalem, en sy optrede na die val van dié stad.

4. Hoofstukke 46 - 51 (kan uitgelaat word)

Hierdie gedeelte is in poëtiese vorm geskryf en bevat profesieë teen 'n aantal vreemde volkere (o.a. Egipte en Babel).

5. Hoofstuk 52

Dit is 'n historiese aanhangsel in prosavorm.

Skematies kan dit soos volg voorgestel word:

Hoofstukke 1 - 25 Poësie Oordeel26 - 36 Prosa Oordeel + heil37 - 45 Prosa Geskiedenis van Jeremia46 - 51 Poësie Oordele52 Prosa

INHOUD

(a) Jeremia toon aan dat die krisis in sy volk nie in die eerste plek veroorsaak word deur vyande van buite nie, maar deur die volk se sonde en afvalligheid van God: hulle het die Here verlaat en vergeet. Hulle het ontrou geword en die verbond met Hom gebreek: soos 'n jong bruid wat haar man verlaat, het hulle hul eerste liefde vergeet en van God weggegaan. Hulle sonde is ook nie net sigbaar op godsdienste terrein nie, maar kom ook tot uiting daarin dat hulle op sosiale terrein bedrog en geweld pleeg, mekaar uitbuit en onderdruk en nie reg laat geskied aan minderbevoorregtes nie.

Ook die profete, die priesters en die konings (as leiers van die volk) het gefaal. Die volk se enigste hoop is dat hulle hul tot God sal bekeer. Dwarsdeur die boek roep Jeremia hulle daartoe op, byvoorbeeld in hoofstukk 3 en 4:

Page 43: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

41

Kom terug, kinders wat afgedwaal het, sê die Here (3:14).

As jy jou wil bekeer, Israel, moet jy jou tot My bekeer, sê die Here (4:1).

(b) Jeremia roep hulle tot bekering, maar besef ook dat sy woorde min invloed sal hê vanweë die volk se onbekeerlikheid: hulle is "hard soos brons en yster".

Hy sê byvoorbeeld (6:10): "Met wie sal ek praat, wie sal ek waarsku, wie sal na my luister? Hulle ore is doof, hulle is nie in staat om te hoor nie. Hulle praat smalend oor die woord van die Here, dit kan hulle nie skeel nie." Gevolglik is die goddelike oordeel onafwendbaar.

(c) Intussen bly God die getroue Een wat sy werk wil voortsit. Dink maar aan die aangrypende oomblik (in hoofstuk 18) wanneer Jeremia by die pottebakker se huis kyk hoe hy werk en besef dat God ook so met sy volk wil doen. Hulle weier egter om dit toe te laat.

(d) Die groot verrassing in hierdie boek is dat die oordeel wat aangekondig word, nie die laaste woord oor Juda is nie. Al lyk dit onmoontlik dat hulle ooit sal terugkeer en bereid sal word om die Here se wet te hou, stel Jeremia tog in die vooruitsig dat God 'n ongelooflike nuwe werk gaan doen: (31:31-34)

"Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord in hulle harte skryf en dit in hulle gedagtes vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. 'n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: "Jy moet die Here dien" nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie."

As Christene weet ons dat iets hiervan al bewaarheid is.

In Jesus het die nuwe verbond aangebreek. In Hom het ons gesien hoe lyk iemand op wie se hart die handskrif van God verskyn. Elke dag moet iets daarvan waar word in sy volgelinge se lewens.

BOODSKAP

Toe ons na die inhoud gekyk het, het die boodskap al duidelik na vore gekom. Ons som dit dus net op:

1. Verbondsverbreking

2. Valse vertroue

3. Oordeel

4. God se almag

5. Herstel en vernuwing

Page 44: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

42

LESING 4

ESEGIЁL

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 8

Studiemateriaal: Bl 46-54 (Opsioneel: lees vir selfverryking)

Bybel: Hoofstuk 1-5; 8-12; 18; 33-34; 36-39; 47-48

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. In watter ampte het Esegiël sy volk gedien? Beskryf elkeen kortliks.

2. Wat was die veranderde boodskap wat Esegiël na die val van Jerusalem in 586 vC aan sy volk gebring het?

Lang vraag:

3. Beskryf kortliks die volgende drie simboliese handelinge van Esegiël asook die betekenis van elk, met toepaslike Skrifverwysings.

(i) Beleg van Jerusalem (Es 4:1-17)(ii) Driedubbele lot van Jerusalem se inwoners (Es 5:1-2)(iii) Ballingskap (Es 12:11-12)

Page 45: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

43

ESEGIЁL

INLEIDING

Esegiël was een van die Babiloniese ballinge, en daar, in die vreemde, het hy vir 22 jaar as profeet van die lewende God opgetree. Tot vandag toe, by 'n plek met die naam A-Kifil, naby die eeue-oue ruïnes van Babilon in Irak, is daar 'n koniese toring waarvan gesê word dat dit Esegiël se graf is.

Geen Ou-Testamentiese boek dring sterker daarop aan dat dit God se Woord is nie. Van die 359 kere in die Ou Testament, kom die uitdrukking 'so spreek die Here HERE (Adonai Jahwe)' 122 keer (meer as 'n derde) in Esegiël voor.

* Esegiël word dan ook dikwels in die Nuwe Testament aangehaal. Daarbenewens toon dit ook talle kere hoe sy profesieë in Christus en Sy werk tot finale vervulling kom. Dit kan veral in die evangelie van Johannes en die Openbaring gesien word.

~ Die Opperherder van Eseg 34:23-24 vind sy finale vervulling in die Goeie Herder van Joh 10.

~ Die 'Gog en die Magog' van (38:2-21; 39:1-11) is die basis van die profesie in Op 20:8 - waar die magte van Satan uiteindelik deur God vernietig word.

Die visioen van God in 1:22-28 vind ook op meer as een plek in Openbaring neerslag. So is die stem van Christus soos die gedruis van 'n groot watermassa (Eseg 1:24; Op 1:15; 19:6). Vergelyk ook Op 4:3, 6.

Die lewegewende stroom van Eseg 47:1-12 kom weer in Op 22:1-2 na die oppervlak.

Johannes se visioen van die Heilige Stad (Op 21) word reeds deur Esegiël geantisipeer (48:15-35).

DIE HISTORIESE KONTEKS

Die agtergrond van die boek Esegiël kan en moet vanuit twee perspektiewe bekyk word - waarsonder 'n mens die profesie nooit na behore kan begryp nie.

Enersyds is daar die openbaringshistoriese perspektief - die wesenswaarheid vanuit God se hoek. Andersyds is daar die historiese perspektief - die belewingswaarheid vanuit die mens se hoek.

Die openbaringshistoriese perspektief

Die ballingskap was uit en uit die gevolg van verbondsbreuk. As God net voor Moses se dood en die inname van die beloofde land - agt eeue voor die Babiloniese ballingskap - die verbond met Israel herbevestig (opgesom in Deut 26:16-19), was daar 'n sterk aksent op die onafwendbaarheid van verbondswraak indien die volk ontrou sou blyk te wees (Deut 27:9-26; 28:15-68). En besonderlik sou God se oordele uitloop op die volk se verstrooing onder die nasies - dus op 'n ballingskap (Deut 28:63-68).

* 'n Geslag later spreek Josua die volk vir die laaste keer toe (Jos 23). Ook hy beklemtoon die noodsaak van verbondsgehoorsaamheid en die bittere gevolge van ontrou. Die dreigement word só afgesluit: "As julle die verbondsverpligtinge wat die Here julle God julle opgelê het, nie hou nie ... sal die toorn van die Here teen julle ontvlam en sal julle gou verdwyn uit die goeie land wat Hy julle gegee het" (23:16).

* Dis die oorspronge van Salomo se gebed tydens die ingebruikneming van die tempel, as hy vra dat God tog, sou die volk ooit in ballingskap weggevoer word, na hulle smeekgebede sal luister indien hulle hul bekeer (1 Kon 8:46-51).

Page 46: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

44

* Een van die profete se groot take was om die Godsvolk teen die vloek van die verbond te waarsku. Hulle doen dit dan ook oor en oor.

Amos - die eerste van die groot predikende profete - waarsku al in die agste eeu (760 - 750): "Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die Here wie se Naam God van die leërskare is" (Amos 5:27, OAV).

Ten spyte van Jahweh se onkreukbare verbondstrou het die volk oor die eeue wat gevolg het van kwaad tot erger verval in hulle sonde. Die ballingskap het dus 'n onvermydelikheid geword. Nie alleen het God se geregtigheid dit vereis nie; sy integriteit sou ernstig in gedrag gekom het indien Hy Sy volk maar sou laat begaan.

Die historiese perspektief

Esegiël het gelewe tydens uitsonderlike politieke magsopwellings en histories-bepalende internasionale verskuiwings. Die Assiriese ryk, wat die wêreld rondom die Godsvolk vir meer as 'n eeu oorheers het en ook die noordelike tienstammeryk in ballingskap weggevoer het, het begin verkrummel. En die magsblok van die Babiloniërs het op die horison verskyn - en spoedig as meedoënlose heerser oorgevat.

Nebopolasser (626 - 605) van die Babiloniërs verwoes die Assiriërs se Nineve in 612 vC (met behulp van die Meders). In 605 oorweldig Nebukadnesar, seun van Nebopolasser en die Babeloniese kroonprins, die Egiptenare by Karkemis (Jer 46:2). Dit lei tot anneksasie van die gebied wes van die Eufraat - wat Juda insluit. Die volgende jaar word Nebukadnesar die nuwe Babiloniese koning (604 - 561).

* Juda is nou skatpligtig teenoor Babel, en koning Jojakim aanvaar dit gelate. As Nebukadnesar egter in 601 swaar verliese teen die Egiptenaars ly (Jer 46:13vv), sien Jojakim dit as 'n geleentheid om die Babeloniese juk af te gooi. Nebukadnesar, wat sy wonde lek en hergroepeer, stuur van sy vasalstate se leërs om Juda op hulle plek te sit. Vir twee jaar voer hulle dan strooptogte uit teen die Joodse platteland. Uiteindelik moet Nebukadnesar self kom om die nodige te doen.

* Voordat die Babeloniërs se straf-ekspedisie Jerusalem bereik, is Jojakim oorlede (8 Desember 598) en word hy deur sy agtienjarige seun, Jojagin, opgevolg. Nebukadnesar beleër Jerusalem, en voordat dit verniegigende dimensies aanneem, besluit Jojagin wyslik om oor te gee (15 of 16 Maart 597). Afgesien daarvan dat die tempel en paleis tot 'n mate gestroop word, word nie veel skade aangerig nie. Maar die jong koning, sy familie en 'n paar duisend van die mees vooraanstaande Jode (waaronder Esegiël) word na 'die land van die Galdeërs' (Babilon) weggevoer (2 Kon 24:14-16; Jer 52:28) - soos die kraai vlieg 'n duisend kilometer oos van Jerusalem. Sewe-en-dertig jaar later, in 561, sou Jojagin deur Nebukadnesar se opvolger in Babel, Ewil-Merodak begenadig word. Hy is uiteindelik in Babel oorlede.

* Jeremia - wat ook by die Jerusalemmers wat oorgebly het daarop aangedring het dat hulle in verootmoediging voor die Here hulle lot moet aanvaar en nie rebelleer nie - adviseer die ballinge skriftelik om huise te bou, tuine aan te lê, vrouens te vat en tot rus te kom in die vreemde. Hulle moes lojale burgers van hulle nuwe land word en daarvoor bid (Jer 29:5-7). Hulle moes dus behoorlik vestig, want die ballingskap sou nog lank duur - meer as 'n halfeeu (Jer 29:10vv).

Na Jojagin se wegvoering, plaas Nebukadnesar sy oom, Sedekia, op Jerusalem se troon (2 Kon 24:17-25; 2 Kron 36:11-21). Bykans 'n dekade later kom Sedekia onder druk van Egipte en vuurvreters in sy eie midde in 589 teen Babel in opstand. Dit is lynreg strydig met Jeremia se profetiese advies. Die Babiloniërs kom met 'n vernietigende krag, onderwerp stad na stad, en beleër Jerusalem uiteindelik in Desember 589.

* 'n Skielike uitkoms daag op as die Egiptenare Juda binneval. Nebukadnesar moet van Jerusalem onttrek ten einde die nuwe bedreiging af te weer. Die blaaskans duur so ongeveer 2 jaar voordat die Babeloniërs terugkom.

Nou begin 'n onbeskryflike lyding vir Jerusalem (2 Kon 24:18 - 25:21; 2 Kron 36:11-21; Jer 52:4-27). Spoedig raak die kos op. Baie sterf en die reuk van ontbinding hang oor die stad. Gou maai allerlei siektes mense net so vinnig af soos die hongersnood. Na 6 maande begin kannibalisme voorkom. Teen Julie 586 is die honger so erg dat die Jode van binne af 'n gat in die muur breek om te ontsnap. Die

Page 47: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

45

koning en sy soldate probeer wegkom in die rigting van die Jordaanvallei. Hulle word gevang en Sedekia word na Nebukadnesar by Ribla geneem, waar hy die teregstelling van sy seuns moet gadeslaan. Dan word sy oë uitgesteek en hy in kettings Babel toe gevat. Daar is hy uiteindelik in gevangenisskap dood (2 Kon 25:6-7; Jer 52:1-11).

* Nebukadnesar stuur dan die hoof van sy lyfwag, Nebusaradan, om Jerusalem te vernietig (2 Kon 25:8vv). Op 14 Augustus 586 begin hy om alles te vernietig en te verbrand - insluitende die stadsmure en die tempel. Tot vandag toe bestaan daar geen bekende oorblyfsel van die voor-ballingskap Jerusalem nie.

* 'n Relatief klein persentasie van Juda se bevolking is in ballingskap weggevoer. Maar elke keer was dit die room van die samelewing.

Talle het uiteraard in die gevegte, vanweë hongersnood of pes, of op ander maniere omgekom. Baie het na omliggende lande gevlug. En talle het gewoon agtergebly in die land - die armes en die wat op die platteland geskuil het.

Dit beteken nie dat die volkslewe tot 'n groot mate voortgegaan het nie; inteendeel. Die volk se hart was uitgeskeur. Na die val van Jerusalem is daar nie meer 'n tempeldiens, 'n hoofstad of regering, 'n staatkundige en ekonomiese infrastruktuur, of 'n volkstrots nie.

Van hierdie agterblywendes verbaster mettertyd met die heidenvolkere wat deur Nebukadnesar in Palestina gevestig is nadat hy hulle elders weggevoer het. Dis waar die latere Samaritane se wortels lê.

Onder Nebukadnesar en sy opvolgers het Babilon vir die volgende dekades die internasionale toneel oorheers - totdat dit deur Kores (559 - 530), in 539 beëindig is. Hierdie stigter van die Persiese Ryk, oor wie Jesaja 150 jaar vantevore geprofeteer het (H. 41-48), was 'n besondere man. Veral teenoor die Joodse ballinge was hy verbasend welwillend. Nie alleen het hy hulle toegelaat om terug te keer Palestina toe nie, maar ook om die stad en tempel te gaan herbou. Voorts het hy die kosbare tempelgereedskap aan hulle terugbesorg. En om alles te kroon, het hy onderneem om hulle rekonstruksie tot 'n groot mate uit die staatskas te subsidieer.

* Uiteindelik het net 'n minderheid van die Jode in 538 verkies om terug te gaan na hulle land toe. 'n Mens kan dit nogal verstaan. Feitlik almal van hulle is in Babelonië gebore. En met baie het dit teen hierdie tyd voorspoedig gegaan. Voorts het hulle godsdienstig by die nuwe omstandighede aangepas en geleer dat die essensie van die verbondsgeloof nie afhanklik is van tuisland en tempel nie. Die sentrum van Judaïsme het na Babelonië geskuif.

DIE LAND VAN BALLINGSKAP

Dit moes uiters moeilik gewees het vir die ballinge om in die vreemde hulle voete te vind. In 'n aggressiewe omgewing, sonder tempel en offer-rituele, moes hulle leer om aan God en hulle geloof getrou te bly. Die heidense godsdiens was prominent, met die afgod Marduk die oppergod. Okkultiese en towerpraktyke was algemeen.

Van sulke getrouheid is Daniël en sy vriende 'n voorbeeld - hoe tipies, weet 'n mens nie regtig nie. Ons kan egter aanvaar dat die kern van die volk wel redelik getrou gebly het. As hulle volgens Ps 137 na Sion terugverlang, is dit meer as verlange na die stad - hulle begeer om die Here volgens Sy Wet te dien. Esegiël vermeld bv. hoe die oudstes hom nader 'om die Here te raadpleeg' (20:1). En die besnydenis, om hulle van die heidene te onderskei, is getrou gehandhaaf. Sekerlik sou die Here 'n oorblyfsel in stand hou!

Die meeste Judeërs moes slawearbeid verrig. Hulle het in plantasie en op landerye gewerk, asook vee (skape, bokke en beeste) opgepas. In die stede is hulle vakmanne produktief aangewend. Uiteraard het sommige ook nuwe vaardighede aangeleer. Met volop klei, was pottebakkery aan die orde van die dag, asook metaal- en koperwerk.

Soos verwag kan word het van die Jode spoedig ook in die handel betrokke geraak. Babelonië, anders as Palestina, het 'n gesofistikeerde bankstelsel gehad en ondernemende Jode het spoedig geleer hoe om dit ten beste te benut. Baie van hulle het dan ook mettertyd welvarende sakemanne geword. Andere het weer opgang gemaak in die staatsdiens.

Page 48: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

46

Dit het dus nie so sleg met die ballinge gegaan soos 'n mens sou verwag nie; inteendeel! Die vooraanstaandes en hoër-geskooldes het selfs goeie behandeling en agting geniet. Uiteraard het niemand meer sukses gehad as Daniël en sy vriende nie.

Die ballinge is in hulle eie kolonies - verspreid oor die land - geplaas en hulle is toegelaat om eie huise te bou en tuine aan te lê. Belangrikste van alles is dat hulle relatiewe godsdiensvryheid geniet het. So kon hulle hul Joodse identiteit grootliks behou, asook die hoop op restorasie.

* Esegiël het saam met die ballinge in Tel-Abib (iewers in die suide van moderne Irak) tussen die Tigris- en Eufraatriviere gaan woon - nie te ver van Babilon af nie. Die nedersetting was langs die bevaarbare Kebarkanaal geleë. Hier het hulle, in elk geval aanvanklik, intens terugverlang na Sion (vgl Ps 137).

Die ballinge het hulle seker verkyk aan die vrugbare land en weelderige plantegroei. Dit was grootliks die uitvloeisel van 'n wonderlike kanaalstelsel wat eeue tevore reeds gebou is om die Eufraat en Tigris se waters te benut.

Die hoofstad, Babel, met sy 200 000 inwoners, was iets besonders. Hierdie groot en kultuurryke stad is weerskante van die Eufraat gebou en omring deur 'n dubbele muur en 'n grag. Die strate was breed en boomryk. Volgens Herodotus het groter Babel 'n oppervlak van ongeveer 320 vk. km gehad en 90% daarvan het uit parke bestaan. Die groot tempel van Marduk het onder meer 'n koniese toring van omtrent sewe verdiepings hoog gehad, en die weelderige paleis se 'hangende tuine' (wat nie gehang het nie, maar op pilare gebou is) is deur die Grieke as een van die antieke wêreld se sewe wonders beskou.

Die wetenskappe was hoogs ontwikkel. Hulle het die lengte van 'n jaar as 365 dae 6 uur 15 minute en 41 sekondes bereken, net ongeveer 26½ minute te lank. En die deursnit van die maan het hulle met groter presiesheid as Copernicus bepaal.

ESEGIËL SE KRONOLOGIE

Die boek bevat meer datums as enige ander profetiese boek in die Ou Testament. Hierbenewens verskaf die argeologie en die astronomie gegewens wat dit moontlik maak om die gebeure in die boek baie akkuraat te dateer.

Die profeet bou sy kronologie vanaf die jaar van koning Jojagin se wegvoering uit Jerusalem, 597 v.C. Dertien datums word gegee (l:l-2; 8:1, 20:1-2, 24:1; 26:1; 29:1; 29:17; 30:20; 31:1; 32:1, 32:17; 33:21; 40:1): 12 om die ontvangs van Goddelike boodskappe, en 1 om die aankoms van die boodskapper, wat berig bring van Jerusalem se val, te dateer (33:21).

Volgens 1:1-2 word Esegiël geroep 'in die 5de jaar van die ballingskap van koning Jojagin', as hy 30 jaar oud is (die mees voor die hand liggende verklaring). In moderne taal was dit op 31 Julie 593 v.C. Sy bedieningstyd strek oor 22 jaar, aangesien hy sy laaste profesie op 26 April 571 v.C. ontvang (29:17).

* Sy profetiese loopbaan is dus 2 jaar langer as die normale dienstydperk van 'n priester (Num 4:3) en dek die mees bewoë tyd in Israel se geskiedenis: 7 jaar voor die vernietiging van Jerusalem en 15 daarna.

ESEGIËL, DIE MENS EN DIE PROFEET

Die boek wat sy naam dra, is die enigste bron van inligting oor die profeet self. Hy was 'n Leviet, uit die geslag van Sadok - hoëpriester in Salomo se tyd. Sy pa, Busi, was 'n priester, maar van hom is niks meer bekend nie.

Hy is waarskynlik in 623 vC gebore en het in Jerusalem grootgeword. Dit was tydens die hervormingsjare van die vroom koning Josia in Juda (640-609).

* In 621 is die wetboek (Deutronomium?) tydens tempel-restorasie gevind (2 Kon 22:8-1O; 2 Kron 34:8-18). Dit gee aanleiding tot grootskaalse reformasie. Dit moes sekerlik 'n groot indruk op die

Page 49: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

47

jong seun gemaak het. Hy het gesien watter totale verskil maak dit as mense hulle lewens volgens God se Woord begin inrig.

• As Josia sy hervormings van stapel stuur, stel hy die Sadokiete in beheer van die tempel om dit van heidense elemente te stroop en die Mosaïese wette te handhaaf. Ons kan dus aanvaar dat Esegiël 'n baie ortodokse opvoeding gehad het.

Soos sy ouer tydgenoot, Jeremia (Jer 1:1), asook Sagaria (1:1; Neh 12:12, 16), was Esegiël sowel priester as profeet. Hierdie agtergrond word veral gesien in hoofstukke 40-48, waar hy in besonderhede skryf oor die eskatologiese tempel.

Esegiël het in sy eie huis gewoon (3:24; 8:1) en was gelukkig getroud. As hy 35 is, sterf 'die lus van sy oë' egter skielik soos die lus van Israel se oë, die tempel, van hulle weggeneem sou word (24:15-18).

Sy roeping as profeet, veral sy visioene van God, het hom tot in sy wese aangegryp en hom permanent verander. Al 48 hoofstukke van die profesie is deurtrek van sy verhewe Godsbeskouing.

Die naam Esegiël beteken 'God is sterk' of 'God maak sterk' - en beide idees is sentraal in die boek. Hy verkondig 'n almagtige en soewereine God. En self sou hy oor jare heen geweldige opposisie van sy eie mense moes verduur. Daarbenewens het hy die moeilikste denkbare opdragte van die Here gekry. Meer as enige ander profeet moes hy die Goddelike woord met simboliese handelinge illustreer. So moes hy byvoorbeeld vir meer as 'n jaar elke dag in die publiek ten minste 'n paar uur op sy sy lê (4:4-6). Net God se krag kon hom daarvoor toerus.

Hy was kennelik 'n man met uitsonderlike verstandelike vermoëns, in staat tot omvattende grepe op die groot aktualiteite van sy dag. Hy het 'n wye kennis gehad, nie net van sy eie nasionale tradisies nie, maar ook van internasionale sake en geskiedenis.

Sy bediening kan in 2 groot periodes verdeel word.

* Die eerste periode van 7 jaar is voor die val van Jerusalem (593-586).

Getrou bestel hy sy hartverskeurende boodskap van oordeel aan sy volksgenote (h.4-24). Deur simboliese handelings, gelykenisse, vurige prediking en onweerlegbare logika, belig hy keer op keer die volk se sondes. Die feit dat hulle die Here se verbondsvolk is en dat Jerusalem die tempelstad is, waarborg hoegenaamd nie hulle verlossing en heil nie. Terwyl ander profete darem hulle oordeelsprofesieë afwissel met beloftes van heil, is hierdie element grootliks by Esegiël afwesig. Hoofstuk na hoofstuk hou hy aan met sy striemende aanklagte.

Daarbenewens wend hy hom veroordelend tot die heidennasies rondom Israel (h.25-32). Dit is interessant dat hy totaal swyg oor Babilon, Jerusalem se vernietiger. Miskien beskou hy ook, soos Jeremia, Nebukadnesar as die Here se dienskneg - een wie se handelinge van God is.

* 8 Januarie 585 v.C. (43/4 maand na die vernietiging van Jerusalem) is 'n wendingspunt in die profeet se lewe en werk. Niks sou ooit weer dieselfde wees nie. 'n Boodskapper daag op en berig dat die Sionstad geval het (33:21). Van hierdie oomblik af verander Esegiël se hele aanslag.

In die jare wat volg word hy 'n pastor en boodskapper van hoop vir die verslane en verslae ballinge tussen wie hy woon (Eseg 33-48). Diep bewus van hulle menslike swakbeid, is sy verkondiging sterk Messiaans - en hy beskryf hulle godsdienstige, morele, politieke en materiële toekoms in gloeiende terme.

Daar is 'n Joodse tradisie dat 'n mede-balling Esegiël doodgeslaan het nadat die profeet hom oor sy afgodery bestraf het.

LITERÊRE KARAKTERTREKKE

Die 3 'groot' profete (Jesaja, Jeremia en Esegiël), sowel as Sefanja, bied almal hulle stof op dieselfde manier aan. Hulle begin met oordeelsprofesieë teen Israel, gaan dan voort met oordeelsprofesieë teen die heidennasies, en sluit uiteindelik af met troosprofesieë vir Israel. Nêrens is hierdie patroon duideliker te sien as in Esegiël nie.

Page 50: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

48

Benewens 'n duidelike struktuur, vertoon die boek ook 'n besondere simmetrie. So word die visioen van die ontheiligde en gedoemde tempel (h.8-11) gebalanseer met die visioen van die herstelde en verheerlikte tempel (h.40-48). Die boek begin met 'n visioen van God in Sy toorn; dit sluit af met die God van troos ("Die Here is daar", 48:35). Sy roeping as 'n 'wag' om God se oordele aan te kondig, word gebalanseer deur sy roeping as 'n 'wag' om God se heil aan te kondig.

Die boek bevat 4 visioene (hoofstukke 1-3; 8-11; 37:1-14; 40-48), 12 simboliese handelinge (3:22-26; 4:1-3; 4:4-8; 4:9-11; 4:12-14; 5:1-3; 12:1-16; 12:17-20; 21:6-7; 21:18-24, 24:15-24; 37:15-28), en 5 boodskappe in die vorm van gelykenisse (hoofstukke 15, 16. 17, 19, 23).

DIE PROFESIE SE STRUKTUUR

ESEGIËL SE ROEPING (H.1-3)

OORDEELSPROFESIEË TEEN ISRAEL (H.4-24)

* Simboliese handelinge m.b.t. Jerusalem se beleg (h.4-5)* Profesieë teen die berge van Israel en die land van Juda (h.6-7)* Visioen van die verontreinigde tempel (h.8-11)* Simboliese handelinge m.b.t. Jerusalem se ballingskap (h.12)* Profesieë wat God se oordele motiveer (h.13-14).

OORDEELSPROFESIË TEEN DIE NASIES (H.25-32)

* Teen die Ammoniete (25:1-7)* Teen die Moabiete (25:8-11)* Teen die Edomietess (25:12-14)* Teen die Filistyne (25:15-17)* Teen Tirus (26:1 - 28:19)* Teen Sidon (28:20-24)* 'n Kort belofte aan Israel (28:25-26)* Teen Egipte (h.29:32)

PROFESIEË VAN TROOS

* Herstel (h.33-39)~ Die Wag (33:1-20)~ Berig en verduideliking van Jerusalem se val (33:21-33)~ Die Opperherder (34:1-31)~ Teen Edom (35:1-15)~ Troos vir die berge van Israel (36:1-15)~ Die essensie van Esegiël se boodskap (36:16-38)~ 'n Visioen van herstel (37:1-28)~ Die finale oorlog (38:1 - 39:29)

* Vervolmaking (h.40-48)~ Die muur om die tempel (40:1-47)~ Die buitekant van die tempel (40:48 - 41:26)~ Die binnekant van die tempel (42:1-20)~ Die terugkeer van God se heerlikheid (43:1-27)~ Die Priesterskap (44:1-31)~ Verdeling van die land (45:1-25)~ Pligte van die regeerder (46:1-24)~ Die lewegewende water (47:1-12)~ Grense van die land (47:13 - 48:35)

Page 51: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

49

DIE OPENBARINGSBOODSKAP

Esegiël se primêre taak was om 'n suiwer en gebalanseerde Godsbeskouing in die ballinge se gemoedere te vestig en in stand te hou.

* Die ballingskap moes sekerlik die Jode gekonfronteer het met brandende vrae: Was Jahweh dan nie in staat om hulle te beskerm nie? As Hy nie eers 'n klein volkie soos hulle kon oppas nie, strek Sy heerskappy hoegenaamd oor die heidene? Is Hy nie maar net nóg 'n stamgod nie - swakker as Marduk van die Babeloniërs?

~ Die Ou Testament in die algemeen en die Profete in die besonder, voorveronderstel God se almagtige, soewereine heerskappy oor alles: die skepping, mense, nasies, die geskiedenisgang. Maar nêrens word hierdie waarheid op 'n grootser wyse belig as in die boek Esegiël nie - in hoorstuk na hoofstuk. God regeer nie net as Hy Sy volk seën nie, maar ook in Sy soewereine oordele. Hy regeer nie net oor die verbondsvolk nie, maar ook oor alle nasies.

Die ballingskap is dus nie 'n ontbloting van God se swakheid nie. Inteendeel, dit is juis wat gebeur as Hy Sy almagtige arm beweeg - eenhonderd persent in harmonie met die bepalinge van die verbond tussen Hom en Sy volk!

~ Dat hierdie pynlike en dramatiese periode in die bondsvolk se geskiedenis 'n tyd van besondere Godsopenbaring is, word oor en oor deur Esegiël onderstreep. Van die kenmerkende woorde in die profesie is, "dan sal julle besef dat Ek die Here God is." Hierdie uitdrukking (en variasies) word 65 keer gebruik.

Hoofstukke 1-24 leer dat God Hom in Sy geregtigheid en verbondskonsekwentheid sal openbaar in die vernietiging van Jerusalem en die tempel. Hoofstukke 25-32 leer dat Hy Sy heilige toorn en wêreldwye soewereiniteit sal vertoon in Sy oordele oor die nasies. En hoofstukke 33-48 jubel oor Sy liefde, genade en verbondstrou wat sal manifesteer in die herstel en geestelike vernuwing van Sy volk se oorblyfsel.

Dit is dus God se vrye prerogatief om te oordeel, sowel as om genade te betoon - wanneer, soos en aan wie Hy wil. As Hy oprig, doen Hy dit vanuit die asse van oordeel en die verstorwenheid van menslike onvermoë - sodat niemand kan twyfel dat dit Hy is wat dit doen nie.

~ Esegiël word (93x) deur God aangespreek as, "Mensekind" (OAV). Dit beklemtoon God se verhewenheid teenoor die profeet en die volk se nietigheid.

* Voor 586 vC was daar sowel in Jerusalem as in Babelonië talle profete wat die mense verseker het dat God nooit sou toelaat dat Sy stad en tempel verwoes word nie. Soos almal wat deur die eeue in eie belang met God se Woord gesmous het, het ook hierdie profete net beklemtoon wat hulle gepas en die volk se ore gestreel het. Die vloek van die verbond, asook die toorn van God - wat teen hierdie tyd al oor en oor aan die verbondsvolk geopenbaar is - het hulle gerieflikheidshalwe vergeet.

Een van Esegiël (en ook Jeremia) se primêre take was om die valsheid van hierdie sus-boodskappe te ontmasker. Jerusalem en sy tempel géén vernietig word - deur niemand anders as God self nie. Wat meer is, die mense moet nie vas kyk teen Nebukadnesar nie, maar besef dat hy bloot 'n instrument in God se soewereine hand is.

Dis verstaanbaar dat sowel Esegiël as Jeremia baie smaad en verwerping moes verduur vir so 'n ongewilde boodskap. Jeremia is selfs beskuldig van hoogverraad en het byna met sy lewe daarvoor geboet.

Daar was destyds - soos vandag steeds - veral drie belangrike redes vir so 'n regstelling:

~ Die vals profete het 'n eensydige en dus skewe Godsbeskouing aan die ballinge opgedis. Sy goedheid was hulle lied, maar Sy strengheid het hulle dood geswyg (vgl Rm 11:22). Voorts het hulle die mens in die middelpunt geplaas deur die indruk te skep dat dit steeds maar om sy welsyn gaan.

Page 52: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

50

Sulke verwronge teologie kan nie anders as om ellendige pastorale gevolge en allerlei Godonterende persepsies en praktyke voort te bring nie.

~ Die vals profete se boodskap het 'n vals hoop op spoedige uitkoms by die volk lewend gehou. En sonder twyfel het dit in die pad gestaan van die verootmoediging en bekering wat so noodsaaklik was ten einde die volk weer in die regte verhouding met God te stel.

~ In God se liefde moes Esegiël die volk beskerm teen die verlammende ontnugtering - altyd die uiteindelike vrug van vals en mens-gesentreerde prediking - wat sou intree ná Jerusalem se val.

Die feit dat God soewerein is, hef egter nie die mens se verantwoordelikheid op nie. Elke individu is aanspreeklik aan sy Skepper.

Baie van die ballinge was bitter en het geredeneer dat hulle swaarkry veroorsaak is deur hulle voorvaders se hardnekkige sondes. Omdat die voorouers groen druiwe geëet het, het die kinders se tande stomp geword! (Eseg 18).

* God se besondere openbaring in die Bybel - en daarmee samehangend die wyse waarop Hy met Sy volk werk - het 'n progressiewe karakter. Esegiël se beklemtoning van persoonlike verantwoordelikheid is die uitstaande behandeling daarvan in die Ou Testament. Waarom kom so 'n belangrike saak nou eers aan die orde? Dit hang saam met die disintegrering van die volk. Die oorblyfsel kom gewoonlik al hoe meer in die middelpunt - en dus die individu.

Hierdie aksentverskuiwing sou mettertyd uitloop op die sterk individuele fokus van die Nuwe Testament. Dit hef natuurlik nie die korporatiewe karakter van Christenskap op nie. Maar gemeentes bestaan uit individuele gelowiges.

Sonder tempel, priesterdiens en offerstelsel, was die ballinge godsdienstig totaal ontwrig. Esegiël het dus uitgewys dat God self eintlik die volk se tempel is - dat Hy dus in hulle midde was waar hulle ook al in geloof en geregtigheid bymakeer gekom het. Gevolglik het klein groepies Judeërs in die verskillende nedersettings begin vergader vir gebed en bestudering van die Skrifte. Weldra het sulke klein groepe begin bekendstaan as sinagoges.

Hierdie aanbiddingsvorm sou vorentoe die tempeldiens grootliks vervang. Trouens, die sinagoge het die Jode in verstrooiing se kulturele en geloofshartslag geword. So het die ballingskap patrone vir godsdienstige oorlewing vasgelê wat Judaïsme in die komende eeue in stand sou hou.

Die verskriklike moontlikheid dat God finaal klaar met hulle was - dat hulle verwerping dus onomkaarbaar was - het uiteraard by die ballinge gespook. Sonder twyfel het Esegiël reg van die begin af geweet dat dit nie die geval is nie. Afgesien daarvan dat God al deur Moses belowe het dat Hy in Sy genade weer 'n groepie uitverkorenes uit die verstrooides sal oprig (Deut 30:1-5), het die profeet self vroeg-vroeg reeds sterk aanduidings van die Here ontvang dat Hy 'n oorblyfsel gaan red.

* 'n Mens kan jou indink hoe Esegiël moes begeer het om reg van die begin af sy volksgenote hiermee te bemoedig. Maar dit kon nie. Voor die val van Jerusalem sou so 'n boodskap meer kwaad gedoen het as goed. As die boodskapper egter in Eseg 33 opdaag met die nuus dat die Sionstad vernietig is, verander die profeet se prediking onmiddellik. Die volgende hoofstukke bevat dan van die wonderlikste boodskappe van hoop. Die Here sal soos 'n goeie herder Sy verstrooide skape bymekaar maak. Hy sal hulle harte wat hard en koud en dood soos klip is, sag en warm en lewend maak. Hy sal Sy volk wat soos doodsbeendere rondlê, wonderwerkend weer tot lewe bring.

* Na Esegiël se aanvanklike profesieë van hoop (Eseg 33-39), verloop daar meer as 'n dekade voordat hy weer profeteer - in elk geval wat opgetekende stof betref. In die verre toekoms sal die Here se gemeente 'n volmaakte tempel vir Hom wees, 'n stad waar Hy sal woon. En vanuit hierdie tempel sal 'n lewegewende stroom die woestyn van die heidendom in 'n lushof omskep.

~ Die beloftes van vervolmaking wat deur Esegiël kom, is betekenisvol. Die priester is aan die woord.

Page 53: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

51

Baie van die profete kondig God se komende verlossing en heil aan. En elkeen gebruik sy eie en unieke kategorieë om dit te beskryf. Hulle praat van 'n nuwe eksodus, 'n nuwe verbond, 'n gerestoureerde Jerusalem, 'n groot Davidiese dinastie, 'n wêreldwye erkenning van die Here en Sy Messias, en 'n herstelde paradys van vrede.

Die kontoere van Esegiël se boodskap is soortgelyk, maar hy fokus op 'n unieke wyse op Israel as 'n heilige volk in 'n heilige stad met 'n heilige tempel in 'n heilige land . Omdat hulle hul aanbidding so besoedel het, is Esrael self onrein, en is hulle tempel, stad en land verontreinig. Daar was gevolglik maar een opsie oor: totale ontworteling, totale vernietiging, totale verbranding. Maar omdat God getrou aan Sy verbond en 'n liefdevolle God van verlossing is, sal Hy Sy volk weer uit die asse oprig. Hyself sal hulle reinig van hulle vuilheid, hulle herstel tot 'n volmaakte uitdrukking van Sy regering - en hulle ware aanbidders maak in volmaakte gemeenskap met Hom. As 'n heilige volk sal hulle vir ewig as 'n heilige tempel en 'n heilige stad met hulle God wandel - want die stad se naam sal wees: Die Here is daar. So sal Hy Homself onder die nasies verheerlik - en almal sal weet dat Hy die Here is!

AGT LEWENSBELANGRIKE BEGINSELS UIT ESEGIËL 18

Hierdie 8 beginsels spruit almal uit die grondbeginsel van Persoonlike Verantwoordelikheid.

1. As enigeen, wie ook al (selfs 'n kind van bose ouers), hom/haar bekeer en regverdig lewe - sal hy/sy sekerlik die ewige lewe beërf.

2. As enigeen, wie ook al (selfs 'n kind van godvrugtige ouers), onbekeerlik in sonde lewe - is die ewige verdoemenis sekerlik sy/haar lot.

3. 'n Kind sal nooit die straf van sy ouers se sonde dra nie; ook sal die ouers nie die straf van hulle kinders se sonde dra nie.

4. Niemand sal die ewige lewe ontvang nie tensy hy/sy self regverdig gelewe het nie. En niemand sal die ewige verdoemenis ontvang nie, tensy hy/sy dit self verdien deur sy/haar sonde en rebellie teen God.

5. Enige sondaar, wie ook al, wat hom/haar bekeer, deur sy/haar rebellie teen God te staak en sy/haar lewe volgens God se wil in te rig, sal lewe.

6. Daar kom nooit 'n stadium in 'n regverdige se lewe dat hy/sy maar kan verslap in die najaging van 'n heilige lewe nie. Só haat God sonde, dat enigeen wat daarin sterf, selfs na jare van gehoorsaamheid, deur Hom verwerp sal word.

7. God put geen behae uit die dood van 'n sondaar nie; inteendeel, dit is Sy vreugde as hy/sy hom/haar bekeer.

8. Só genadig is God, dat dit nooit te laat is vir enige sondaar om hom/haar te bekeer nie - ongeag hoe erg die sonde en hoeveel perverse jare ook al agter die rug mag wees.

Hierdie beginsels staan ewe vas tot vandag toe. Maar die Nuwe Testament verfyn en bou dit uit - en verduidelik wat God in Christus vir sondaars doen, sodat hulle in harmonie daarmee gered word.

Uiteindelik is die Nuwe Testamentiese waarheid: 'n Sondaar wat gered word, word gered uit genade alleen, op grond van Christus se verdienste alleen, deur die geloof alleen, tot goeie werke en daarom volgens goeie werke - tot eer van die Drie-enige God.

Ons is so bang vir die idee dat redding deur werke verdien word, dat ons in die teenoorgestelde dwaling verval het, naamlik dat redding daarsonder plaasvind. Nee, goeie werke, gehoorsaamheid en 'n heilige lewe red nie, maar ware redding word altyd daardeur gekenmerk, en net daardeur.

Page 54: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

52

LESING 5

DANIЁL

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek Hoofstuk 9

Studiemateriaal: Bl 56

Bybel: Die hele profeet

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Watter eienskappe van Daniël het veroorsaak dat hy die koning se belangstelling gewek het?

2. Wat was Daniël se eerste begeerte?

Lang vraag:

3. A. God se beheer word duidelik gesien in die gebeure in Daniël. Bespreek bogenoemde stelling kortliks onder die volgende punte met Skrifverwysings:(j) Sy beheer oor heidene(ii) Sy beheer oor gelowiges(iii) Sy beheer oor regerings en lande.

B. Watter betekenis het die wete dat God in beheer is vir jou persoonlik?

Page 55: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

53

DANIËL

RAAMWERK

HF 1:1-21 God se heerskappy en die getrouheid van sy dienaarsHf 2:1-49 God se heerskappy in die onderwerping van koninkrykeHf 3:1-30 God se heerskappy in 'n vuurtoetsHf 4:1-37 God se heerskappy en Nebukadnesar se vernederingHf 5:1-30 God se heerskappy in die verwydering van BelsasarHf 6:1-28 God se heerskappy oor wilde diereHf 7:1-28 God se heerskappy oor dierlike koninkrykeHf 8:1-27 God se heerskappy duur vir ewigHf 9:1-27 God se heerskappy is die grondslag van profesie en gebedHf 10:1-12:4 God se heerskappy oor alle geskiedenisHf 12:5-13 God se heerskappy en die rus van sy dienaar

BOODSKAP

Die boek Daniël beklemtoon dat God se mense altyd "vreemdelinge" sal wees in die wêreld (1 Pet 1:1,17) omring van dreigende vyande (1 Pet 5:8-9). Tog is dit vir die gelowige moontlik om op 'n wyse te lewe wat lof en eer aan God sal bring, soos Daniël dit gedoen het.

So 'n lewe van geloof word gevoed deur die kennis van God (11:32b), toewyding aan Hom (1:8; 3:17-18; 6:6-10) en gebedsgemeenskap met Hom (2:17-18; 6:10; 9:3; 10:2-3). Vertroue berus in die wete dat God in beheer is van alle menslike gebeure (2:19-20; 3:17; 4:34-35) en besig is om Sy Koninkryk te bou (2:44-45; 4:34; 6:26; 7:14). Hy maak Homself en sy bedoelinge bekend sodat sy mense Hom kan ken en op sy woord kan reken (1:17b; 2:19,28-30, 47). Hierdie kennis stel God se mense in staat om weerstand te bied teen druk in die wete dat hulle gaan deel in die verwesenliking van sy koninkryk (7:22,26-27; 12:2-3).

Page 56: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

54

LESING 6

JOЁL EN MALEAGI

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek bl 67 & 68, 90 & 91

Studiemateriaal: Ble 58-61

Bybel: Albei profete

_________________________

OPDRAGTE

1. Daar word vyf maal in die boek Joël gepraat van die ‘Dag van die Here’.Identifiseer die vyf Skrifverwysings en sê by elkeen wat kenmerkend van die dag is.

EN

2. Maleagi bring ‘n boodskap van:

(j) Liefde(ii) Teregwysing(iii) Hoop

Skryf ‘n kort paragraaf oor elkeen van bogenoemde drie punte en gee duidelike teksverwysings.

Page 57: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

55

JOËL

Die profeet Joël stap asof van anderkant die horison uit die newels van die tyd uit op die verhoog in. Hy lewer sy boodskap af, en verdwyn dan ook weer net so geheimsinnig. Daar is groot onsekerheid oor die presiese tyd waarin hy opgetree het. Terwyl sommige hom teen die negende eeu voor Christus plaas (wat hom die vroegste sogenaamde klein profeet sal maak), dateer ander hom nog ná Maleagi - selfs so vroeg as 200 voor Christus. Dit sal hom weer die laatste van al die profete maak!

Nietemin aanvaar die meeste dat hy kort ná 515 vC, die jaar waarin die groot werk van die tempelbou voltooi is, opgetree het. Gelukkig is die boodskap van enige profeet belangriker as die tyd van sy optrede! In die opskrif (1:1) word die gesag van sy woorde beklemtoon, en ook die naam van sy pa gegee:

Dit is die woord van die Here wat gekom het tot Joël seun van Petuel.

Net soos al die ander, is hierdie ook 'n besonder aktuele boek vir ons tyd. Hier is dit in klein afdelings ingedeel om dit makliker te kan verstaan. Lees sy boodskap biddend, stukkie vir stukkie, en besluit dan self wat dit vir die mense van ons eie tyd en vir jou persoonlik wil sê.

As 'n mens Handelinge 2:16-21 met Joël 2:28-32 vergelyk, kan jy verstaan waarom daar soms in die omgang na Joël as die 'pinksterman' verwys word, want Petrus het op pinksterdag van sy woorde gebruik gemaak. En hoewel hy met die beskrywing van 'n ontsettende sprinkaanplaag as 'n voorteken van die groot dag van die Here begin, noem hy dat die uitstorting van die Heilige Gees ná die swaarkry sal plaasvind.

Intussen roep die genadige Here ons deur Joël se woorde kragtig op tot heelhartige bekering wat gegrond is op sy liefde en genade. Die kort boekie eindig op 'n klimaks wanneer die Here uiteindelik wonderlike dinge sal doen.

BOODSKAP

Sprinkane! Sprinkane! Sprinkane! Hulle verslind alles wat hulle teëkom, onder die onheilspellende geluid van knetterende vlamme. Die vrugbare land word 'n uitgemergelde landskap. Joël vergelyk di‚ plaag met die naderende oordeel van die Here.

Is die oordeel so onontkombaar soos die sprinkaanplaag? Joël sê "Nee!" Wie op sy knieë gaan en berou het oor skuld en ongeloof kan behou word! So belowe die Here self. En met die berou en die bekering begin dan groot dinge. Dit word Pinkster!

God sorg vir wondere vir nuwe mense, vir 'n nuwe toekoms wanneer Hy sy Gees uitstort. Dit het Joël se mense aangespreek! Spreek dit u aan? Dit vra Joël, maar meer nog, dit vra God!

Page 58: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

56

JOËL

SAMESTELLING

‘n Bybelse perspektief op die landJoël 1:1-20

Joël 1:1

Eerste onderdeel: Oproepe aan verskillende groepe om te rou, te kla en hulle te verootmoedig

Joël 1:2-14

Oproep aan die leiers van die volk en al die inwoners van die land (1:2-4)

Oproep aan die verbruikers van landbouprodukte (1:5-7)

Oproep aan die volk in die algemeen (1:8-10)

Oproep aan die produsente, soos die saai- en die vrugteboere (1:11-12)

Oproep aan die godsdiensleiers (1:13-14)

Tweede onderdeel: Die dag van Jahwe is naby Joël 1:15-20

Die dag van Jahwe (1:15)

Die gevolge van die sprinkaanplaag – magteloosheid! (1:16-18)

Joël se gebed namens die volk (1:19-20)

Wanneer die ramshoring blaas …(Joël 2:1-17)

Eerste onderdeel: Die dag van Jahwe is ‘n dag van oordeel (2:1-11)

Die ramshoring waarsku en roep op (2:1-2)

Twee kontraste word geskets (2:3-5)

Reaksie op internasionale vlak (2:6-9)

Reaksie uit die skepping (2:10-11)

Tweede onderdeel: Kom terug na My toe! (2:12-17)

Jahwe vra ‘n hartsverandering (2:12-14)

Wanneer die ramshoring blaas … (2:15-17)

Page 59: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

57

Jahwe laat die seisoene wentel(Joël 2:18-27)

Jahwe betoon medelye met die gelowiges (2:18-20)

Die land, die vee en die mense moet Jahwe loof (2:21-27)

Wanneer die Geestyd aanbreek …(Joël 2:28-32)

‘n Heeltemal nuwe tyd breek aan (2:28-29)

Jahwe gee tekens (2:30-31)

Redding deur die aanroep van die Naam van Jahwe (2:32)

Jahwe in sy laaste oorlog(Joël 3:1-17)

Die nasies sal gestraf word (3:1-3)

Sekere nasies word spesifiek vir straf uitgesonder (3:4-8)

Die teenstanders word opgeroep vir hulle laaste oorlog teen God (3:9-17)

Gryp na die finale triomf!(Joël 3:18-21)

Oorvloed vir die gelowiges in die nuwe heilstyd (3:18)

Straf vir die vyande van die gelowiges (3:19)

Drie wonderlike beloftes (3:20-21)

Page 60: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

58

MALEAGI

En so het ons nou by 'n kort oorsig van die laaste sogenaamde klein profeet, Maleagi, wat 'my boodskapper' beteken, gekom.

Lees weer die boeke Haggai en Sagaria in die Bybel self, en jy sal sien dat veral Sagaria met 'n sterk beskrywing van die eindtyd afsluit, en sy hoorders en ook die lesers se gedagtes na die verre toekoms verplaas. In die boek Maleagi word ons egter weereens midde-in dieselfde soort probleme van die gemeente van die na-ballingskapse tyd verplaas. 'n Persiese goewerneur is in beheer van Palestina, en die omstandighede kom ooreen met dié waarvan ons in die boeke Nehemia en Esra lees. Kyk op die chronologiese kaart waar dié twee manne inpas, en onthou dat laasgenoemde twee boeke onder die sogenaamde 'geskrifte' gerangskik word en nie onder die profete-boeke nie.

Maleagi het dan ook met 'n moedelose groep gelowiges te make gehad, wat ernstig aan die Here se goeie bedoelinge met hulle getwyfel het.

Gewoonlik word die optrede van die profeet tussen 480 en 460 vC geplaas, maar deur ander selfs so laat as 430 vC. Jy sal onthou dat die tempel alreeds weer vir min of meer 'n eeu in gebruik was, met die priesteramp ook weer ingestel. Dit is dus duidelik dat hy ná Esra en Nehemia opgetree het.

Die frustrasie en teleurstelling by die mense omdat die heilstyd in sy volheid nie ná die herbou van die tempel aangebreek het nie, was baie groot. Dié moedeloosheid het hulle laat wonder of die Here nog in hulle belangstel, en dit het godsdienstige laksheid en 'n traak-my-nie-agtigheid tot gevolg gehad. Gou-gou het hulle begin om die godsdiens, die wet en die huwelik te minag. Materialisme het 'n houvas begin kry, en hulle het die tiendes vir die Here se werk begin terughou, terwyl sosiale onreg ook weer toegeneem het. Daarom waarsku Maleagi sy mense ernstig, en roep hulle op om gereed te wees vir die koms van die Here.

Maleagi moes al hierdie en nog baie ander probleme hanteer, en ook daarop antwoorde probeer verstrek.

BOODSKAP

In die lig van bogenoemde kan ons die boodskap van die boek Maleagi soos volg saamvat:

Hierdie profeet het in 'n tyd van groot ontnugtering opgetree. Verwagtinge wat hulle gekoester het, het nooit waar geword nie. Gelowiges het begin wonder of die Here nog oor die kwade kan heers en of Hy nog enigsins vir die volk omgee. Hierdie twyfel het so die oorhand begin kry dat hulle die Here nie meer met oorgawe gedien het nie en ook nie sy wette gehoorsaam het nie. Die profeet antwoord die volk deur te verklaar dat die Here hulle lief het. Die volk moet net om hulle kyk en sien wat die Here ter wille van hulle gedoen het. Dan sal hulle besef dat die Here vir hulle omgee. Hulle verlede en hede verkondig die Here se liefde. Die Here sal inderdaad kom. Maar aangesien Hy oor die tye beslis, kan geen mens sy tyd bepaal nie. Intussen moet die volk nie moedeloos raak nie, maar geduldig wag en sy gebooie onderhou.

INDELING

1:1 Opskrif1:2-5 Ek het julle lief1:6-9 Julle minag My1:10-14 Maak die kerkdeure toe!2:1-9 Die dominees in die spervuur2:10-12 Huwelikslewe2:13-16 Egskeiding = geweld!2:17 - 3:5 Di‚ verskonings geld nie3:6-12 God word beroof3:13 - 4:3 God se dag brand4:4-6 Onthou God se verbond

Page 61: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

59

EVALUERINGSVORM-EERSTE SEMESTER

Naam: __________________________

1. Wat was jou belewenis van die Ou Testament tydens die bestudering daarvan?

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

2. Wat was (of is) vir jou uitstaande?

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

3. Was die lesings vir jou bevredigend ten opsigte van die aanbieding daarvan?

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

4. Was die opdragte vir jou duidelik, sinvol en stimulerend?

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

5. (a) Is jy tevrede met die nasienwerk? (Naam van nasiener: )_______________________________________________________________________

(b) Is daar persoonlik en genoeg kontak tussen jou en jou nasiener?_______________________________________________________________________

(c) Sou jy meer kontak wil hê?_______________________________________________________________________

6. Enige kommentaar, wenke of aanbevelings? (Neem asseblief vrymoedigheid)

Page 62: STUDIEMATERIAAL TWEEDE TERMYN: OU TESTAMENTIESE …€¦ · Lesing 2 Jesaja Kort vrae: 1. Die visioen wat Jesaja in sy jeug gehad het van die heerlikheid van God het diep indrukke

60

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________