Download - Lugwaardin Opleiding

Transcript
Page 1: Lugwaardin Opleiding

1

DDDiiieee lllaaannnssseeerrriiinnnggg vvvaaannn JJJooorrrsssiiieee

Voorwoord

Met Jorsie se begrafnis, of te wel lansering na die planeet Hemel

volgens die priester, word Bennie self op nuwe gedagtebane

gelanseer.

Hy vertrek op ‘n reis deur die deurmekaar wêreld waar bomme

ontplof en min dinge sin maak. In dié deurmekaar en

onvolmaakte wêreld wend sommiges hulle tot ‘n geloof in buite-

aardse wesens, in plaas van om salig soos kinders te kan glo.

Die ekstreme gelofies bring egter nie rustigheid nie. Eerder haat

en verdere onverdraagsaamheid. Reeds in die opening, kry

Bennie te doen met mense wat glo dat die Afrikaners die

afstammelinge van Juda is, die Uitverkorenes, wat hul weg na die

Suidpunt van Afrika gevind het nadat die verlore stamme van

Israel eers as Ariese mense in Wes-Europa beland het. Swart

mense is nie mense nie – hulle is afstammelinge van die

addersgeslag.

Verskeie van hierdie mense is reeds weens moord tronk toe

gestuur.

Soos Israel se twaalf stamme glo oor die wêreld versprei het, en

internasionaal deur die geslag van Ishmael uitgedaag word om

hul eerstegeboortereg te herwin, reis Bennie deur twaalf

hoofstukke lewenslesse. Meer as een keer ontdek hy dat

Page 2: Lugwaardin Opleiding

2

dieselfde mens meer as een persoonlikheid openbaar – of dit nou

skisofrenie is, of danksy die vuurwater.

Algaande begin ‘n tweede persoonlikheid van Bennie

saamgesels, vanuit die voetnote. Eintlik is dit sy oorspronklike

natuur met humorsin wat nou uit sy onderbewuste saamgesels,

terwyl sy bewuste teësinnig met die nuwe feite worstel.

Uiteindelik, na ‘n ongeluk, verbeel hy hom hy is in ‘n ander

dimensie waarvan hy gehoor het. Bennie is “tuis” wanneer hy

uiteindelik gestroop is van sy jeugdige voortvarendheid om te dink

hy het die oplossing vir alles, dat hy almal anders se optredes en

sienings met gesag onder die loep kan neem.

“Jorsie het ge-arrive.” Maar saam met Jorsie het Bennie ook tot ‘n

paar waarhede gelouter geraak.

Page 3: Lugwaardin Opleiding

3

Heengegaan Mnr. Jorsie Barak (32), senior klerk van

die Provinsiale Frustrasie, is

Donderdag tydens ‘n regse saamtrek

by Donkergat dood. Jorsie was ‘n

bekende lid van die Glanslanse. Hy het

‘n massiewe hartaanval gekry.

‘n Bekende regse leier, die Groot

Kokkedoor, het by dieselfde

geleentheid van sy perd afgeval. Dis

nie bekend of daar ‘n verband was nie.

Die lansering van Jorsie

1. Besoek van die Groot Kokkedoor

Vanoggend gaan Jorsie terug kluite toe.

Jorsie, die half-eenkant mens, wat doer by Donkergat

tydens ‘n regse saamtrek ‘n hartaanval gekry het, en so voete

eerste teruggereis het na die stad met die min blomme. Mooi op

Geloftedag, so simbolies, want Jorsie sou nooit in die Nuwe Suid-

Afrika aangepas het nie.

“Een van die rare regse sprekers het seker ‘n half liberale

ding daar kwytgeraak – die dat Jorsie so skielik ‘n hartaanval

gekry het,” het oom Jannie opgemerk toe hy van Jorsie se

heengaan anderkant die

groot Vaal verneem het.

Oom Jannie is almal by

die Frustrasie se

streekkantoor se baas, en

volgens homself self maar

regserig.

So het dit dan ook

gekom dat Jorsie sy een

en enigste keer die

koerante gehaal het:

Die einste oom Jannie was pas in die sop. Hy het stilletjies

in sy garage beginne witblits stook. Eers het tannie Anna gekla

Page 4: Lugwaardin Opleiding

4

oor haar stoompot en ander kombuisgoed wat uit sirkulasie

geplaas is. Toe die bure oor die reuke. Oom Jannie se huis staan

in Skuldbult, die neusoptrekkerigste woonbuurt van die stad met

die min blomme. Hulle is neusoptrekkerig, selfs al is oom Jannie

nie besig om ‘n konkoksie te stook nie. Die munisipale owerhede

het darem nog nie oor die liksens, of gebrek daaraan, kom

moeilikheid maak nie. Dit gaan deesdae partykeer maar so

sonder leisels.

Nou word Jorsie begrawe, of soos die priester sê, op sy

lang reis na die planeet Hemel weggevoer. “Hemels,” mymer die

priester, “daar waar geen modderwesens of Jode is nie.” Dan

haal hy weer lang stukke Hebreeus aan, en kom skielik in die

Boeretaal tot die gevolgtrekking: “En daarom kan Jode geneties

nie in die hemel kom nie.”

“O bliksem!” fluister oom Jannie toe hy van die ruimtereis

hoor. “Ek hoop daai ruimteskip het ‘n drywer, want Jorsie het nog

nooit rigting gehad nie.”

“Sjuut oom Jannie!” fluister Bennie. “Die mense hoor wat

oom fluister!” Avbob se kapelletjie is klein, en oom Jannie se

fluistering trek deur die geboutjie soos dié van ‘n geoefende

akteur op die verhoog.

Maar Bennie moet toegee, sonder ‘n drywer is Jorsie

waarskynlik al vreeslik verdwaal. Kyk net hoe het hy kleigetrap

met die tweerigtingradio’s in die vangwaens wat die Provinsiale

Frustrasie by die suidelike Ontwrigtingsraad oorgeneem het.

Page 5: Lugwaardin Opleiding

5

By die noordelike Ontwrigtingsraad moes die provinsie

vragmotors huur om die meubels by klerke se huise te gaan haal.

Dubbelverdieping herehuise met swembaddens. Die R10 tsjôtsjô1

per dompas was erg lonend. Teen die einde het die prys glo tot

R35 vir ‘n dompas gestyg. Liederlike inflasie, maar die prys van

die swembaddens se chloor het die hoogtes ingeklim.

Die volkekundiges sê dis omdat die meeste swart kulture

aanvaar dat as ‘n man in die posisie is om tsjôtsjô te kry, moet hy

dit benut. Dit word eintlik van hom verwag, want anders is hy

maar erg stupid. Dié dat daar nie groter moeilikheid oor die

tsjôtsjô vir die dompasse was nie. Oor die dompas self, ja,

daarteen kon maar groot moeilikheid gemaak word. Bennie het

grootgeword met die Sharpeville-herdenkings – toe die polisie glo

goed geskiet, en sleg getel het.

Jorsie Barak sou in amper enige geselskap as Jood kon

deurgaan. Donker gelaat, pikswart hare – en kyk net daai van!

Iewers moes hy tog die regte gene opgedoen het dat die priester

so ver sou kom om hom te kom lanseer. Om na die planeet

Hemel te kan reis, moes hy op die een of ander manier deel van

die Uitverkore Volk gewees het. Dalk kon Jorsie bewys dat dié

ongewenste bloed wat hom deel van die bastergeslag sou maak,

1 In die ou Suid-Afrika het dit as omkoopgeld bekend gestaan. In

die nuwe Suid-Afrika word dit “handling fees” genoem, wat

beteken iemand moet tsjôtsjô betaal sodat sy tender vir ‘n projek

oorweeg kan word. ‘n Ander vereisde is dat genoeg van die

maatskappy wat tender se skoonmakers en ander werkers se

name as direkteure op die briefhoof aangebring word.

Page 6: Lugwaardin Opleiding

6

Regses dink aan stryd redeur

heelal

‘n Verklaring wat by regses gekry

is, lui dat ``oorlog verklaar word

deur die bloed van ons voor-

vaders. Die Boervolk het opge-

staan in die naam van hul

Almagtige Vader en roep hul

volgelinge wêreldwyd om saam

met hulle die laaste veldslag ter

ere van die Almagtige Vader se

naam om Sy koningkryk op hier-

die planeet te begin.'' - ASND

meer as tien geslagte terug sou gebeur het. Elke familie het tog

maar iewers sy skandetjie.

By die diens in Avbob se klein kapelletjie is Jorsie se

gewese vrou, en sy string gewese kinnertjies. Hulle is almal baie

hartseer, noudat Jorsie oppad is hemel toe. Dis al asof Jorsie se

geesgenote so effe met die

maan gepla is – of liewer

planete en ander hemel-

liggame. Soos ‘n brief wat die

Pote by van Jorsie se vriende

gekry het:

Die priester het intussen

tot nog ‘n belangrike

ontdekking uit die Hebreeus

gekom. “Die modderwesens is

nie net nie mense nie. Dis

eintlik ‘n mens se christelike

plig om hulle van die gras af te

maak. Addersgeslag, die vrug van die slang se dinge met Eva.

Die slang sal die mens se nageslag aan die hakskeen byt, en die

mens moet die slang se kop vermorsel. Vermorsel, sê ek vir julle!”

Bennie, wat die aftelling tot dusver half geamuseerd sit en

aanluister het, sit skielik vooroor in sy bank. Onthuts, want voor in

die kapel sit ‘n lotjie wat op die oog af al ‘n klap of twee van die

windmeul weg het, en ‘n ander lotjie wat hy ken wat nie te veel

grysstof tussen die ore het nie. ‘n Stelling soos daai van die

priester kan dalk net perdalks ‘n vrugbare stukkie teelaarde kry

om op te val.

Page 7: Lugwaardin Opleiding

7

Maar kon hy ooit reg gehoor het? Dis immers nog

loshande die ou Suid-Afrika en ‘n ou wat hier nie ‘n wag voor sy

mond het nie, kan groot akkies op die lyf loop. Maar daai lotjie

daar voor hou van wat hulle gehoor het. Hulle glimlag breed. Met

die modderwesens uit die weg is daar ook nie meer iemand om

hul monopolie op die staat se beskutte arbeid uit te daag nie.

Jorsie sou eers ‘n paar jaar later lees wat presies alles by

die begrip, modderwesens, ingesluit sou wees. ‘n Berig in die

Groot Koerant het só daaroor geskryf:

Dié is “teikens”

Coen Raas

Verskeie groepe word as “geregverdigde teikens” genoem in ‘n dokument wat

die polisie by ‘n groep regses afgeneem het. Dié drie regses is aangekeer in

verband met beweerde planne om die Grootdraaidam op te blaas.

‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag het ontken dat hulle van

“onnooslikgeit” aangekla gaan word. Die staat neem die saak ernstig op, en

hoogverraad, tesame met aanklagte van terreur en die onwettige besit van

ammunisie kan die beskuldigdes lank in die tronk laat beland.

In die dokument word “die Kaffers, Moslems, Basters, Vrymesselaars, Jode,

Jingo's en alle ander rasse-vreemdelinge en hul vreemde gode'' as vyande

uitgewys.

Binne hierdie geledere staan dié mense gereeld as “modderwesens” bekend.

Page 8: Lugwaardin Opleiding

8

Nie dat alles met die beskutte arbeid so maanskyn en rose

is nie. Veral as die stad nog sonder blomme is nie, waar

werksgeleenthede ‘n skaarsheid is. Ook maar nepotisme en

voortrekkery en so aan. Soos die een skoonmaker by

Sameswering en Ontnugtering nou die dag nog vir sy maat sê:

“Daai nuwe ou is sommer ‘n %$#@. Hy werk nie eens twee weke

hier nie, en hy is al op die hoses!”

Ja nee, gewigtige sake hierdie.

Maar dit wat die priester kwytgeraak het, laat Bennie nogal

aan ‘n geval dink toe hy nog op skool was – daar in die vroeg

sewentigs. Die predikant in die groot klipkerk het dié dag sy kop

ver uitgesteek. Hy het gepreek van jou naaste liefhê. Daarom

mag ons nie die swart mense haat nie.

“Maar as u dan nou, broeders en susters, vir my sê die

swart mense is nie u naaste nie – wat broeder en susters, is hy

dan van u? U vyand? En dan sê die Bybel – jy moet jou vyande

liefhê. U, broeder en suster, is dus vas!”

Dieselfde aand kry die predikant ‘n oproep van ‘n Minister,

wat hom oor sy dwaalleringe reghelp. Dieselfde minister wat nou

so met die swart mense saampraat daar by die groot tafel

anderkant die groot Vaal.

Bennie en Oom Jannie is van Jorsie se kollegas – of teen

dié tyd gewese kollegas. Met dié dat Jorsie vir Mark Shuttleworth

met ‘n dekade of so voorgespring het om op ‘n ruimtereis te gaan,

en dit sonder kennis van afwesigheid, kan ‘n mens darem seker

nou veilig van “gewese kollegas” praat. Nog ‘n handvol gewese

Page 9: Lugwaardin Opleiding

9

kollegas sit daar in die kapél en verwonder hulle aan die priester

se dinge.

Bennie, soos die meeste gewese kollegas, het eintlik nie

veel meer aan Jorsie gedink nie as ‘n klerk wat sy werk baie

stiptelik, met militêre presisie uitgevoer het. Ja nee, as hy nie so

baie soos ‘n Jood gelyk het nie, sou selfs Hitler darem baie trots

op Jorsie gewees het. Vandag kom die kollegas agter daar was ‘n

ander sy aan dié besondere man, ‘n besondere sy en dat Jorsie

in sy ander lewe eintlik ‘n heel uitgelese man was.

Eenkant sit die diep bedroefde Groot Kokkedoor. Hy het

spesiaal met sy blink BMW vir die lansering van Jorsie na die

stad sonder blomme afgereis. Jorsie was een van sy blink

Glanslansers. So ook die lotjie daar voor wat so lyk of die

windmeul hulle deurmekaar geklap het, en wat half oopmond na

die priester se dinge luister.

Die Groot Kokkedoor lyk darem minder bedroef wanneer

die priester vertel hoe verderflik die regering van Piet Witblits is.

Dis immers hierdie verderflike regering se handlangers, die vrye

pers, wat kan skryf oor die beweerde grootte van gaatjies in ‘n

man se beweerde onderklere. Wat ook kan “beweer” as die

donderwater ‘n man laat glip en op Donkergat se plein van die

perd laat afduiwel. Was wel ‘n wilde perd, maar hy het in sy lewe

al heelwat wilder perde opgesaal, en dan was daar pêre, of

beweerde wapens in mielielande.

Van die duiwel gepraat. Ou Jorsie was volgens sy

spannetjie hegte vriende eers ‘n satanis. Hoogs intelligent, dié

man wat, om ‘n ware weergawe van die Bybel te kry, vir homself

Page 10: Lugwaardin Opleiding

10

glo gou Hebreeus en Grieks aangeleer het, en nou al ver

gevorder is met die vertaling van die Bybel. ‘n Man moet

waaragtig begaaf wees om homself Grieks en Hebreeus te kan

aanleer. Bennie weet. Hy het self destyds die Grieks en Hebreeus

onder die knie probeer kry, maar selfs met die hulp van die

dosente – in die geval van Grieks eintlik ook maar ‘n geval van

“ten spyte van,” nie veel uitgerig nie en die handdoek ingegooi.

“Ek dog die Bybel is al vertaal,” het Bennie gesê.

Jorsie se vriend Connie het Bennie vreeslik verbaas

aangekyk. “Maar jy weet mos van al die komplotte om die Bybel

so te vertaal dat dit die liberaliste moet ondersteun. Veral die

nuwe vertaling is van die satan af self.”

Nee, Bennie het nie geweet nie. Bennie het wel al gehoor

van die stories van ruimtemannetjies en die annunaki en die

Illuminati en al daai dinge. Selfs dat Paulus se sendbriewe

verwerp moet word omdat Saulus ‘n sendeling van die ou satang

self sou wees. En boonop ‘n Jood ook.

Omdat dié stories gewoonlik van mense gekom het wat vir

Bennie maar alteveel gelyk het na mense wat die klap van die

windmeul weg het, het hy besluit dis ‘n klomp stories waarmee ‘n

groepie nie-te-lekkeres hulself mee warm broei. As ‘n man nog

jonk is, dink jy mos gou jy het die allerwaarheid beet.

Die priester by Jorsie se lansering het Bennie se vermoede

van nie alte lekker nie verder versterk. Eers het Bennie gewonder

wie die Jesua en Jasua is waarvan die priester praat. Om seker

Page 11: Lugwaardin Opleiding

11

te maak dat sy potensiële bekeerlinge hom mooi verstaan,

verduidelik hy:

“’n Mens kan nie die naam “Jesus” gebruik nie. Dit kom

van die Grieks vir Ja-Zeuz af - die seun van Zeuz. Nee, Jashua is

die Seun van Jahwêh.”

“Ek dog al die tyd die Grieks vir ‘seun’ is ‘ben’, Bennie,”

fluister oom Jannie weer. Oom Jannie het drie grade, waarvan

een ‘n regsgraad. ‘n Graad in tale of teologie tel egter nie onder

dié grade nie.

“’Ben’ is die Hebreeus, oom Jannie. Nie die Grieks nie.” Dit

kon Bennie darem van sy dae in die Griekse en Hebreeuse

klasse onthou, al is dit ook net omdat sy eie naam Bennie is.

Die stoet na die begraafplaas is kort, maar het die skyn

van ‘n held wat op die grens geval het. ‘n Paar manne in uniforms

en breërandhoede staan agterop ‘n oop bakkie wat reg agter die

lykswa ry. Hul gewere glim in die sonnetjie. Die karre, waarvan

baie maar half gehawend is, se ligte glim asof hulle helder oordag

moet pad soek, die ware weg moet vind, al is dit nou ook net die

pad na die begraafplaas toe. In die stad sonder blomme is daar

gereeld groot stofstorms, en dan s ligte nodig. Vandag is egter ‘n

helder dag en net ‘n vreeslike deurmekaar skepsel sal nodig hê

om die ware weg te vind.

“Stortingsterrein / Dumping grounds” dui die padpredikant.

In die stad sonder blomme is die begraafplaas en die

stortingsterrein langs mekaar. Baie mense kla oor dit darem nou

vreeslik disrespekvol is, dié padpredikante. Bennie is meer

Page 12: Lugwaardin Opleiding

12

verbaas daaroor dat die “Stortingsterrein” op die bord nie twee

woorde gespel is nie. Hierdie taalreël is die Afrikaner se

doodsteek. Selfs in mediaverklarings en op plakkate van regse

Afrikaanse partye word mildelik met dié spelreël kleigetrap. Waar

die Engelse reëls toegepas word. Dit terwyl hulle nou so half teë

op die Engels is.

Miskien moet ek een aand as niemand kyk nie die bordjie

kom regmaak, dink Bennie. “Lanseerterrein.”

Bennie kan nogal ‘n pes wees soos hy mense poetse bak.

Af en toe kry iemand hom terug, maar Bennie het eers vir die

Geheimsinnige Diens gewerk en dis nie so maklik om hom te

troef as dit by ontstekertjies en boobietraps en so aan kom nie. ‘n

Telefoonpoets werk ook nie op Bennie nie, want al is hy nie so

erg stupid nie, is hy soms te stadig.

“Los sy verstrooidheid uit,” het oom Jannie meerkeer vir

die kollegas gesê. “Sy brein werk vreeslik analities en deeglik –

elke ding moet plek kry daarbinne.”

By die graf is daar eers bietjie drama. Dit het nogal heelwat

gereën dié somer, en een van die middelste draers verdwyn by

die graf aan die buitekant van die aflaattoestel, die graf in soos

die los grond meegee.

Die draer is al swetsend soos ‘n vetgesmeerde blits uit

asof hy ontydig aan’t neerdaal ter helle was. Haastig vir ingeval

iets met Jorsie se lansering verkeerd gaan en hy saam die

ruimtes ingaan. “Modderwesens se brouwerk!” brom hy toe hy

saam met sy makkers in gelid gaan staan. Hy is self nou maar

Page 13: Lugwaardin Opleiding

13

erg modderbesmeer. Gelukkig staan die aflaatstelsel soos vier

hoekpilare stewig op die nat bodem geanker.

Die Groot Kokkedoor se helder stem tril diep en helder

deur die begraafplaas. Ja, Jorsie, of Ge-org soos hy Jorsie noem,

was ‘n man der manne, ‘n sieraad vir sy Glanslanse. Jorsie het in

sy kort lewe sy kant gebring om die bose van die liberale regering

die hoof te bied. As dit nie vir versiende Ariër-manne soos Jorsie

was wat kon vreeslik raakskiet nie, dan was die land lankal vir die

wolwe gegooi.

Darem vreeslik, dink Jorsie, dat so ‘n man der manne wat

soveel groot dinge vermag het, net een keer die koerant kon haal,

en dit was ‘n doodsberig.

“Nie die Wit Wolwe nie!” voeg die Groot Kokkerdoor gou

by. “Nee, eintlik vir die jakkalse van die veld – slegte dierasies

wat die skape kom verskeur as Boer anderpad kyk. Dis die klein

jakkalsies wat die wingerde verniel. Veral as hulle nog so

bliksems baie is.”

“Addersgeslag!” sis ‘n pasbekeerde hier langs Bennie.

Goed opgetjaarts.

Dan kap die Groot Kokkedoor sy kamaste en gee die

skewe saluut. Dan volg die ander Glanslanse. Een wil-wil ‘n skoot

as saluut aftrek, maar die Groot Kokkedoor keer. “Ons het nie

permitte nie, man. Wil jy nou die hele army se aandag op ons

vestig?”

Page 14: Lugwaardin Opleiding

14

Verwese haal die skietlustige sy geweer oor sodat die

koeël kan uitspring. Verbouereerd vergeet hy om die magasyn uit

te haal, en twintig keer moet hy oorhaal voordat die wapen leeg

is. Die koeëls in hul glimmende brons doppe lê gesaai oor die los

grond tussen die vars grafte. Soos vreemde hiërogliewe uit die

ruimte wat ‘n stil boodskap wil oordra. Dieselfde ruimte waar

Jorsie nou onderweg is.

Die klap van die kamaste om Jorsie se graf het stilgeraak.

Die priester het vir oulaas ‘n klompie onsinnighede kwytgeraak.

Hy is veral jammer dat Jorsie nie lank genoeg op hierdie planeet

kon bly om die nag van verskrikking, wat Siener van Rensburg

voorspel het, te kon beleef het nie. Toe is almal weg om die

lanseerterrein.

Die Groot Kokkerdoor het terug vertrek na die Leeu se

lêplek. Sonder Jorsie en sy besondere skietvernuf het die stad

sonder blomme se Glanslansers ook dof geraak. Vir eers.

Vandag was die stad sonder blomme darem vir ‘n rukkie

die stad met min blomme. Want elkeen van Jorsie se string

kinners het ‘n blommetjie gebring en by die graf neergesit. Verder

was dit net plêstiekkranse. Die stad sonder blomme se mense

vrek oor plêstiekkranse. Dis nie blomme nie. Net soos hulle

absoluut kan dood daaroor om eers te gaan lyk kyk voor ‘n

begrafnis, of dan soos in die geval van Jorsie, sy lansering.

Die nuwe begraafplaas lê gestrooi van dié plestiekkranse.

By die ouer grafte is hulle al flenters gebak en heel geblyk.

Bennie gril vir dié plestiekgeit.

Page 15: Lugwaardin Opleiding

15

Ekonomies gesproke het hierdie stad nie veel meer lewe

as hierdie begraafplaas nie. Nog minder lewe as die ou

begraafplaas, want daar is die sataniste snags glo bedrywig, en

breek hulle die engeltjies se koppe af. Terwyl hulle op die

oorblyfsels van ou plêstiekkranse trap. Ook kom oes die diewe

snags die brons op die grafte om te gaan verkwansel. Sommer

ander metaal ook om as skrootyster te gaan verkoop.

Op laerskool al in die Boland het ‘n kind al vir Jorsie gevra

of hy weet die Engelse koningshuis stam van die Huis van Dawid

af.

“Regtig?” wou klein Bennie verbaas weet. “Dis dan so ver

van daar af.”

“Ek weet nie,” het die maatjie gesê. “My pa sê so en my pa

jok nie.”

Bennie se pa jok ook nie, al het die mense destyds so

gesê omdat hy gesê het die mens en die aap stam van dieselfde

ding af, en dus gaan vra Bennie vir Groot Ben hoe die vurk in die

hef steek. “Dis sommer ‘n spul twak,” sê Groot Ben. En daarmee

was die saak vir Bennie vir altyd afgehandel. Nou dop dié stories

weer uit met die Rare Regse Fiksie.

“Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense wat hulself

Boere noem, so graag wil weet hulle en die Engelse is so nou

verwant. Al reken hulle hulle is die ware nasate van Juda, en die

Engelse van ‘n ander lotjie, glo Efraim.”

Page 16: Lugwaardin Opleiding

16

“Dus is ons eintlik Jode,” kom Bennie tot ‘n oningeligte

gevolgtrekking.

“Nie Jode nie, Judeërs,” sis een van Jorsie se vriende die

volgende dag op kantoor. “Ander verkies om van die stam van

Sebulon te wees. Die Hollanders is die verlore stam van Sebulon,

en baie van ons stam van hulle af. Ander weer van die stam

Naftali – die Belge.”

“Die Vlaminge of die Walone?” terg Bennie.

“Seker die Vlaminge, hulle is darem meer Aries as die

Franse!” antwoord Jorsie se vriend baie ernstig.

2. Wasmasjiene en transformasie

Nie ver van Donkergat af nie het die land se ringkoppe om

‘n tafel of wat gaan sit en met die Groot Indaba gaan dinge besluit

wat Jorsie in sy graf, of liewer ruimteskip, sou laat omdraai het. Al

was Jorsie nou alleen doer in die ruimte, was hy nie alleen in dit

waarin hy geglo het nie. En die wat so gevoel het, was nie by die

gesprekke nie.

“Ons kan mos nie met die modderwesens praat nie. Hoe

kan die modderwesens ooit ‘n land regeer? Waar het hulle nou al

ooit ‘n sukses van regeer gemaak?”

En net om te dink, die intellektuele wyshede is kwytgeraak

nog voordat Mugabe so heeltemal op loop gesit en sy land (en

kos) onder sy mense se jisse uitgeruk het.

Page 17: Lugwaardin Opleiding

17

Het Jorsie se mense dit ook voortydig geweet, soos die

Siener in wie hulle glo, dan sou hulle seker heelwat meer

skietgoed vir, of liewer, teen die indabagangers gehad het. Hulle

sou dan seker meer aangevang het as net om met ‘n bakkie deur

die onderhandelingsentrum se groot ruit te gaan jaag. Dan het

hulle dit dalk in styl met ‘n Four by Four gedoen.

Nie dat Jorsie se mense veel vertroue in die

onderhandelings gehad het nie. “Dinge word sommer so daar

weggeteken. Ou Wulf Meyhol moes knaend vir sy Parker refills

koop, soos hy weggeteken het,” sê Connie, Jorsie se pêl.

Intussen het die priester wat vir Jorsie gelanseer het, soos

‘n tolbos uit die Kalahari gekom, en oral waar hy gaan saadjies

gestrooi.

“Ons groot kerke dink dis sommer strooi,” sê Bennie.

Eintlik is dit nie belangrik vir wie Bennie dit gesê het nie, want

niemand het in elk geval geluister nie.

Die een lot was besig om die ou Suid-Afrika so

entoesiasties toe te gooi, dat hulle nie agtergekom het hulle gooi

hul eie voete ook toe nie. Die ander was weer besig om so hard

hulle kan vir hulle self stukkies van die ou Suid-Afrika oop te

grawe, dat hulle in hul gulsigheid te groot gegrawe het. Uiteindelik

het van die kante begin intuimel, sodat hulle niks oorgehad nie.

Die spulletjie wat Jorsie se graf toegegooi het, het darem

beter gevaar. Want so vir oulaas wou hulle darem nie dat die

modderwesens dié laaste werkie vir Jorsie doen nie. Die graf

grawe, dié kon hulle darem, want toe was Jorsie nog nie in die

Page 18: Lugwaardin Opleiding

18

omtrekke nie. En dis buitendien harder werk ook. “Eina!” het een

van die gat-toestoppers nog gesê toe hy van die graf weggestap

en so geraak-raak het aan ‘n liederlike bloedblaar wat oopgebars

het. Op die plaas doen die modderwesens maar hierdie soort

werk.

So staan dit immers in die Bybel geskryf. Kan nou net nie

mooi onthou waar nie. Dat net die modderwesens die brood in die

sweet van hul aanskyn sal moet verdien. Terwyl die een lot

wysgemaak word dat die modderwesens die brood in die sweet

van hul aanskyn moet verdien, en nie die skaap of bees by die

boer moet steel nie, word ander weer wysgemaak dat hulle almal

in die nuwe Suid-Afrika wasmasjiene gaan kry. Dié profeet het

nagelaat om iets oor die sweet van hul aanskyn te sê. Em dat

daar jops moet wees waar die sweet van die aanskyn opgewerk

kan word.

Maar Bennie dink nou eintlik aan destyds met oom Niekie

en die land wat sy voorvaders so voor geveg het om wit te kry, en

nou probeer red wat te redde is.

“Ja, net soos die bobbejaan wat sy hand deur die gat in ‘n

pampoen druk. Dan vat die bobbejaan te veel, en eerder as om

bietjie te laat los om sy hand uit te kry, sal hy daar sit en skree

terwyl die boer hom doodmoker.” Die keer hoor iemand vir

Bennie.

“My voorouers het nie verniet geveg om al hierdie land,” en

oom Niekie beduie met sy hand oor die vlaktes om die stad

sonder blomme, “blank te kry net sodat ek met ‘n klein stukkie

Page 19: Lugwaardin Opleiding

19

langs die Oranjerivier tevrede moet wees nie. Al hou ek nogal van

pekanneute.”

“Snaaks,” sê Bennie: “Toe ek gebore is, het my voorouers

swart mense na al hierdie land gebring,” en hy beduie na min of

meer dieselfde vlaktes as wat oom Niekie flussies beduie het. En

net daar is ‘n vriendskap finaal daarmee heen.

Dis dieselfde oom Niekie, toe hy nog Bennie se baas was,

wat vir Bennie gesê het: “Jy weet net nie hoe om met swart

mense te werk nie.”

Dit was omdat Bennie moeilikheid gehad het om met Peter

Tane reg te kom. Peter was veronderstel om Bennie se Tswana-

verslaggewer te wees vir die staatskoerantjie waarvan Bennie die

redakteur was. Deel van Stratkom, daai vreeslike vloekwoord, om

te keer dat die land in ‘n bloedbad ontaard. Met ‘n dikke strategie

wat in die kluis vir geheime dokumente toegesluit word, en waarin

elke maand afgemerk word dat uitvoering aan elkeen van daai

strategieë gegee is.

Maar Peter was maar alte lief om ‘n draai deur Nabot se

wingerd te loop. En omdat hy voor Bennie by die koerantjie was,

het hy hom ook nie laat voorsê nie. Bennie het al die ou Suid-

Afrika en voortydig al die nuwe Suid-Afrika se triekse op die proef

gestel om van Peter ‘n bruikbare verslaggewer te maak. Niks het

gehelp nie.

“Ek gaan nou maar vir Peter fire.”

Page 20: Lugwaardin Opleiding

20

Bennie se Sotho-naam is Lethola, die stil ene. Later het hy,

toe hy met die nuwe Suid-Afrika se korrupsie gekonfronteer en sy

werk verloor het, die ander Sotho-naam, Mofirrifirri gekry. Die

man wat onluste maak.

Nou was Bennie egter voortydig Mofirrifirri.

“Jy weet nie hoe om met swart mense te werk nie,” het

oom Niekie gesê.

“Dit maak nie meer saak nie. Ek kom goed met Mogapi

(die SeSotho-verslaggwer) reg. Ek gaan vir Peter fire.”

“Jy kan hom nie fire nie,” sê oom Niekie.

“Whatch my” sê Mofirrifirri.

“Dan werk Peter van nou af regstreeks vir my.”

“Gaaf,” sê Bennie.

Toe gebeur dinge vinnig.

Die Maandagmôre staan die hel hoog in die gange. Oom

Niekie is nie baie spraaksaam nie. Peter is skoonveld. In die tronk

van Smitsfontein so 200 kilometer van die stad sonder blomme

af. Het die Saterdagnag omtrent twaalfuur ‘n staatskar waarvoor

hy nie ritmagtiging gehad het nie, daar loop omkeer. Niks

Page 21: Lugwaardin Opleiding

21

ampteliks die naweek daar of enige ander plek aangehad nie.

Maar die nyatsi 2daar is mooi.

“Seker dronk ook gewees” brom Bennie.

Later is oom Niekie darem half boos. Peter bel hom van

die polisiestasie af en sê Oom Niekie moet hom kom haal, en o

ja, ook sy borg kom betaal. Oom Niekie het vir hom gesê hy het

self ongemagtig daar gekom, hy moet self sien kom terug ook. Hy

verstaan mos hoe om met swart mense te werk. Vir wat moet hy

sy gesin in die middel van die nag alleen los, en op sy eie koste

ry om op sy eie koste iemand ander se borggeld te gaan betaal?

So teen die middag se kant groei die moeilikheid in die

gange nog hoër. Peter het teruggekom van sy ekskursie, maar

niemand weet hoe nie. En hy is woedend kwaad vir oom Niekie.

Die sleg Boer wat hom, Peter, die man met ‘n regte-egte matriek,

soos ‘n sleg ding in ‘n tronksel laat slaap het.

Vir Peter was die een en ‘n halwe nag in die polisiesel net

bietjie inoefening. ‘n Rukkie later verdwyn Peter. So in die gange,

dat Bennie dit tog nie moet hoor nie, maar dit wel hoor, word

gefluister Peter doen bietjie hardepad. Daar was nie vreeslik baie

bloed in sy are toe die naald getrek het nie. Nie een van die

nyatsi’s wou help aan boetes en dinge betaal nie.

2 Destyds is nog niks van Vigs geweet nie, en was dit vir Peter

veilig om in amper elke dorp in die provinsie ‘n nyatsi – ‘n

houvrou, te hê.

Page 22: Lugwaardin Opleiding

22

‘n Rukkie later is Peter terug, mak soos ‘n lammetjie. Toe

is hy weer vort. Bedank. Het nie ‘n ander keuse gehad nie. In

effek het oom Niekie hom gefire.

‘n Klompie jare later, toe Bennie en Jorsie kollegas geword

het, het Bennie en Peter se paaie weer gekruis, en weer ‘n

kortsluiting gemaak.

Bennie was toe in ‘n ander pos vir die regering. Hy, en die

komponent wat hy op die been moes bring, moes die paadjie vir

‘n nuwe Suid-Afrika gelykmaak. En o ja, Jorsie was in ‘n ander

afdeling van dieselfde komponent. Het hulle vir Jorsie daai werk

moes laat doen wat Bennie moes doen, het hy sonder ruimtetuig

tot minstens by die maan opgestyg. “Horisontale interkulturele

kommunikasie. Die verhoudingsaksie.” Maar Jorsie sou vertikaal

opgestyg het.

Die funksie is nie heeltemal nuut nie. Wat wel nuut was,

was dat die ou regering nou tot die gevolgtrekking gekom het dat

die swart mense nou permanent in die land was. Dat hulle nie

meer almal teruggeneem gaan word na hul nasionale state toe

nie. En al is hulle nou permanent, word die lokasies steeds op

swellende kleigronde gebou sodat die huise later omduiwel. Al is

die inwoners nou permanent. En terwyl die swart mense nou ook

in hierdie aksie van wit en bruin betrek word, moet die Indiërs ook

kom saamgesels so in die verhoudingskomitees. Net in die

Vrystaat lol dit, want hier is nie eintlik Indiërs nie.

Bennie stel vir Paul Grootvuur aan, ‘n bruin man wat al in

die Verteenwoordigende Kleurlingraad gedien het. ‘n Voorste

man. En ‘n vriend van Peter.

Page 23: Lugwaardin Opleiding

23

Toe dit by ‘n swart man aanstel kom, kom Paul na Bennie:

“Ek weet jy en Peter het nie te lekker oor die weg gekom nie.

Maar dit was alles drank se skuld. Lelike goed,” sê Paul terwyl

daar maar self ‘n verdagte walmpie begin rondhang. “Peter kan ‘n

brief van die priester bring om te sê hy drink nie meer nie.”

“Priesters kan darem wille goed kwytraak,” sê Bennie,

gedagtig aan die ene wat vir Jorsie gelanseer het. “Ek praat nie

eens oor Peter nie. Hy het my darem hoeveel nagte uit die slaap

gehou. Nooit weer nie. Kyk hoeveel grys hare het ek op my

ouderdom.”

Maar Paul was nie verniet ‘n politikus nie. Hy lobby waar

dit saakmaak. Nie lank nie, kom oom Jannie: “Moet jy nie maar vir

Peter ‘n kansie gee nie? Dan sal jy darem in Paul ‘n lojale

werknemer hê.”

“Nee.”

Die skroewe van die sielkundige oorlogvoering word

harder en harder aangedraai. Uiteindelik, om die vrede te bewaar,

sê Bennie: “Peter kan vir die onderhoud kom, maar ek stel die

beste kandidaat aan.”

Daar is geen gevaar dat Peter aangestel kan word nie.

Peter roem wel op sy regte, egte matriek, maar Vista het intussen

swart graduandi begin lewer, en ‘n hele lotjie met goeie

kwalifikasies het aansoek gedoen. Boonop het Mogapi ook

aansoek gedoen. Peter staan nie ‘n kans nie.

Page 24: Lugwaardin Opleiding

24

Die dag van die onderhoude is Peter reeds vroeg daar.

Uitgevat. G’n niks drank te ruike aan hom nie, en bewerig word

hand geskud. Seker maar senuwees.

“Maar jou onderhoud is eers namiddag,” sê Bennie.

“Ek het maar gedink om vroeg te kom, vir ingeval die

kandidate nie opdaag nie.”

“Nou vir wat sal hulle nie opdaag nie?” vra Bennie al ietwat

ongemaklik omdat die eerste kandidaat, Afrika-tyd inaggenome,

reeds daar moes wees, maar flink makeer.

“Nee, maar net ingeval,” sê Peter.

Dit is naderhand duidelik dat die tweede kandidaat ook nie

opdaag nie. Paul moet gaan bel en hoor wat aangaan. Van wolf

skaapwagter maak. Nie die wit wolf nie, eerder ‘n jakkals, blyk dit.

Die een is begrafnis toe, die ander een trou, die ander een kry nie

transport nie, en die ander het ‘n os om te slag.

Bennie ruik lont en bel vir Mogapi. Mogapi is verleë. Nee,

hy is ongelukkig waar hy is, en hy gaan wel veel meer geld in die

ander pos, Bennie se pos, kry. Maar hy gaan tog maar bly waar

hy is.

3. Groot loutervuur

Die onderhoud word met Peter gevoer. Oom Jannie is vuur

en vlam. Bennie, gedagtig aan die talle voortydige grys hare, gooi

Page 25: Lugwaardin Opleiding

25

wal. As hy aangestel word, en hy maak droog, is hy uit. G’n niks

meer stories van weet nie hoe om met swart mense te werk nie.

Uiteindelik is Peter aangestel. Soort van beter die satang

wat jy ken, as die satang wat jy nie ken nie. Veral as dit jou

enigste keuse was. As daar een ding van Peter was wat soos ‘n

paal bo water staan, hy is intelligent. Baie intelligent. As hy nugter

is.

Maar toe lol dit. Peter kan g’n niks meer in sy kop kry nie.

Van die intelligensie het daar net ‘n hol horrieskol oorgebly. Maar

hy suip niks. Dis net die *&^% goed waarmee hy en Paul hul

baadjies skoonmaak om droogskoonmaakkostes te bespaar wat

so snaaks ruik. Amper soos die blou trein, en soms lyk en ruik dit

of die blou trein hulle ook omgery het.

Toe vind Bennie uit Paul en Peter het die kandidatelys op

‘n manier in die hande gekry, en vooraf ‘n persoonlike besoek aan

elkeen gebring. Die ou storie. Dis Peter se werk, en laat een

bliksem nou vir die onderhoud opdaag. Veral as hy reeds ‘n ander

werk het, soos Mogapi. Mogapi moet maar weet, sy hele

samelewing sal hom verwerp as hy vir daai onderhoud durf

opdaag. Peter het dus nie ‘n kansie kry nie. Hy het ‘n kans gevat,

en hy was nog altyd ‘n meester van kansvat.

Nie ‘n honderd jaar later nie, stap Bennie by oom Jannie

se kantoor in.

“Ek gaan vir Peter fire.”

Page 26: Lugwaardin Opleiding

26

Dit was na Jorsie se pêl kom vertel het hoe hulle eendag

op die platteland, agter ‘n staatskar beland het wat vreeslik oor

die pad slinger. Hulle dog die bestuurder is vreeslik moeg, en trek

hom toe van die pad af.

“Dis toe al die tyd Peter. G’n niks moeg nie, net baie slim.

Ons moes toe later die sleutel by hom afneem. Ons vat hom toe

na die naaste polisiekantoor en vra hulle hulle moet ou Peter sy

roes laat afslaap voor hulle hom los.”

“Nou wanneer het dit gebeur?” vra Bennie.

“Seker so twee maande terug,” sê Jorsie.

“En jy sê nou eers vir my?”

“Ons het vir oom Jannie gesê, maar ons het dit vir jou

geheim gehou, want ons dog jy hou baie van Peter. Ons wou jou

nie ontstel oor hom nie. Maar toe vind ons uit hy gee vir jou baie

ghrief. En ons sien hom en Paul baie saamsuip.”

Dis toe dat Bennie by oom Jannie se kantoor instap en sê

hy gaan vir Peter fire.

“Man, jy weet net nie hoe om met swart mense te werk

nie.”

“Maak nie saak nie, ek gaan nog steeds vir Peter fire.”

“Jy kan nie vir Peter fire nie.”

“Whatch my” sê Bennie.

“Dan werk Peter regstreeks onder my.”

Page 27: Lugwaardin Opleiding

27

“Gaaf, maar hy word glad nie in my afdeling aangewend

nie. Ek gaan iemand ander in daai pos aanstel.”

“Gaaf.”

“Gaaf.”

Toe fire oom Jannie ook vir Peter. Met ‘n staatskar besoek

aan ‘n sjebien gebring. Later wou oom Jannie sy hare, sy eie, nie

Paul of Peter s’n nie, uit sy eie kop trek. “Eintlik het Peter net daar

gaan navorsing doen, toe iemand die GG-kar voor die sjebien

sien staan het.”

Net iemand wat die tannemuis in sy skoen betrap, en nie

glo die muis het ‘n tand kom soek nie, sou oom Jannie glo.

Paul het hom steeds oor Peter ontferm. Vir hom

onderhoude gereël, en so aan.

“Jy kan nie gesuip by die onderhoude opdaag nie!” sal

Paul agterna raas.

“I am the master of my own destiny,” sou Peter terugkap.

Sedertdien het Jorsie op sy ruimtereis vertrek, en toe kom

die nuwe Suid-Afrika.

Of die nuwe Suid-Afrika was amper daar. Doer eenkant

het ‘n Klipspringer ‘n gelofte gaan aflê dat hy eendag

modderwesens van drie gras af sal maak. Modderwesens wat nie

sy naaste is nie, en daarom maar soos jakkalse in ‘n skaapkraal

Page 28: Lugwaardin Opleiding

28

vrekgeskiet kan word. Of in ‘n bus, of wat ookal. Eendag, as hy ‘n

teken kry.

Tot Bennie se groot verrassing sien hy Peter se naam

hoog op die Nuwe Nare Party se provinsiale kandidatelys.

“Want Peter is dan so ‘n goeie organiseerder,” sê die

Administrateur.

“Waar drank ter sprake is, kan Peter gou baie vriende

‘organiseer’” brom Bennie. “Of hulle vir die NNP gaan stem is ‘n

heel ander saak.”

Behalwe dat die NNP die verkiesing liederlik in sy maai in

verloor het, het genoeg van die drinkebroers vir die NNP gestem

om vir Peter verkies te kry. Bewerig en al, van al die spanning,

sien.

Gou blyk dit dat oom Jannie Peter se toesprake vir die

Wetgewer skryf. Nogal ironies dat iemand wat regserig is, ‘n

NNP-modderwese se toesprake in so ‘n belangrike ringkopsaal

skryf.

“Dis niks, ons weet jy het ook al Paul se toesprake geskryf

toe hy in die parlement was,” verweer oom Jannie. Dis nogal

waar. Paul het weer ‘n slag en nog ‘n slag lus gekry om sy lyf

Leeuwtemmer te hou. Die eerste slag het hy as onafhanklike teen

die Leeuw van die Suid-Vrystaat gestaan, en die man van die

eerwaarde met die teertoue het met agt stemme Leeuplesier

gesmaak. Wat beteken het Paul het sonder werk gesit.

Page 29: Lugwaardin Opleiding

29

Maar nie voordat Bennie ‘n slag of wat die opwinding van

vuil politiek gesmaak het nie. Bennie het uitgevind die Leeuw het

nie sy opgaaf ingedien nie. Jan Taks was met ‘n lasbrief al agter

die man aan om aan die Keiser te vereffen wat die Keiser

toekom.

Een plek moes die Leeuw egter kom, en dit was die

nominasiehof. Die polisie is laat weet, en so ook die media. Die

polisie was nogal gaaf met die Leeuw – het hom eers gearresteer

nadat die nominasie aanvaar is. Toe, met die uitgaan, word hy

gegryp terwyl die kameraligte flits. Dit was vir ure al om die

halfuur op die verskillende radiostasies hoofnuus.

Toe gaan maak die Leeuw weer ‘n saak teen Paul –

Grootvuur soos hy onder sy mense bekendgestaan het.

Grootvuur, nie soseer oor die vuurwater wat hy so lustig kon

wegsluk nie, maar sy vernuf met die lat toe hy as jong man nog

skoolgehou het. Die dae toe hy naweke met die fiets van

Vredefort af na Koppies gery het waar Hilda, sy lewenslange

beskermengel, skoolgehou het. Toe was dit nog nie polities

inkorrek vir ‘n Koi om ‘n San te wiks dat hy lyster nie. Al wou Paul

tot sy dood nooit te openlik praat oor sy Griekwaskap nie. Tot sy

dood toe het Paul maar moeilikheid met die heup gehad – was

nie speletjies om daaitydse swaar martelpyp so ver op die

sinkplaatpad te trap nie.

Paul wen die saak. Die regter bevind dat al het van die

mense wat vir Paul genomineer het die nominasielys meer as een

keer geteken, het genoeg dit geteken dat hy steeds meer as die

500 handtekeninge gehad wat ‘n onafhanklike kandidaat moes

hê. Dit was egter nie die volle verhaal nie. Paul het uitgevind dat

Page 30: Lugwaardin Opleiding

30

daar ‘n lasbrief vir mev. Leeuw uit was – nugter weet waarvoor.

Maar maak nie saak nie. By daai einste hof, toe gryp die polisie

haar, en toe flits die kameras weer.

Die Eerwaarde wat so, tot ds. Gordon, die groot

Griekwagees se ergernis, op Sondae kon swem – (dis nie so erg

dat dit op ‘n verbode wit strand was nie) – was siedend kwaad.

Die neerlaag het Paul teen die planke gelaat, en Bennie

het vreeslik hard gewerk aan memorandums en motiverings vir

die Kommissie vir Administrasie voor Paul weer terug op sy pos

was. ‘n Rang laer – die prys vir ‘n amptenaar om sy lyf in die

politiek te gaan rondgooi.

Het Paul en sy makkers egter met die verkiesing harder

gewerk, en minder geselskap in die plat bottels gesoek, het hulle

daai agt stemme gekry ook nog, en die Leeuw getem.

Kort daarna egter, is die Leeuw se blus uit toe hy insolvent

verklaar is. Paul pleit by die Eerwaarde om vergifnis, en word

onbestrede parlementslid. Paul was later ook op die Nuwe Nare

Party se kandidatelys, maar ver onderkant Peter. So was ook

Bennie se swart en bruin LUK-vriende, maar net Peter word

verkies.

Peter is al lankal vervang. So ‘n nare party, né. Maar

politiek is vuil.

G’n wonder nie dat die luisteraars van die Stasie Sonder

Brieke later jare gereken het prostitute het meer moraliteit as

politici nie. Dié bevinding het Bennie glad nie verbaas nie - die

Page 31: Lugwaardin Opleiding

31

hekelry in oorloop van die een stel beginsels na die ander. Wat

Bennie wel verbaas het, was dat die politici so sterk eksepsie oor

dié opvatting geneem het.

“Daar is darem ‘n groot verskil tussen beginsels en

standpunte!” het ‘n NNP-kroonprins later vreeslik met Bennie

geraas toe Bennie hom in die Klein Koerant aangehaal het as sou

hy gesê het hy het sy beginsels vir beter beginsels ingeruil.

“Nee!” raas hy. “Dis g’n wat ek gesê het nie. Ek het gesê

dis net ‘n dom ou wat nie sy standpunte vir beter standpunte

verruil nie!”

Bennie was maar erg in die war. Hoe kan ‘n mens in die

politiek jou standpunte verander sonder om jou beginsels te

verander? Die HAT wou ook nie help nie, tensy, natuurlik, daar

nie beginsels in die politiek is nie. Dis eers toe Bennie dié

afleiding gemaak het, dat hy weer rustig kom slaap.

Maar Jorsie se mense was nie al mense wat moeilikheid

met Bennie se funksie by die ou regering gehad het nie. Jorsie se

mense het immers reguit en openlik hul teenkanting te kenne

gegee, maar dit nooit na die persoonlike vlak deurgetrek nie.

Bennie se moeilikheid het meestal gelê by daai fossiel-amptenare

wat sê hulle is NNP-ondersteuners, maar in werklikheid meer

soos Jorsie se mense kon dink.

Sjoe, en was hulle agteraf?

“Nee, jinne, Bennie, jou funksie pla my.” En dan kom die

alewige stertjie by. “Maar dit is nou glad nie persoonlik gemik nie.”

Page 32: Lugwaardin Opleiding

32

En net daar gaan die persoonlike bliksems en probeer

weer vir Bennie ‘n persoonlike graf grawe.

Maar Bennie was eintlik nog nooit ‘n te onnosel outjie nie.

Hy het ook die vermoë gehad om darem hier en daar die regte

vriende te maak. Soos met ‘n bruin en ‘n swart LUK – dis nou in

die ou Suid-Afrika, voordat hulle LUR’e, of soos in die Wes-Kaap,

Ministers geword het. Flippin hoog, die vriende van Bennie, al kon

hy glo nie met swart mense werk nie.

Dus, die dag toe Bennie agterkom Kriek Bekker en sy baas

Wimpie Buiteband het agter die LUK’s se rug by die Kommissie

vir Administrasie loop aanbeveel dat sy, Bennie, se funksie

afgeskaf word, toe loop hy doodluiters by sy vriende in. “Is dit

toelaatbaar dat ‘n amptenaar aanbeveel dat ‘n LUK se portefeulje

afgeskaf word sonder dat die LUK daarin geken word?”

“Nog so nooit as te nimmerte nie!” Up in arms.

“Wel, dit het so pas gebeur.”

Met dié raas die sole af in die gang na die Administrateur

se kantoor. Daar lê Kriek en Buiteband se bevorderings na hul

volgende range op die Administrateur se lessenaar. Nog nie

geteken nie. In plaas van bevordering is die twee makkers op

vervroegde aftrede.

Bennie moet toegee, dit was ‘n skielike einde aan ‘n lang

stryd. Want sy funksie was nie altyd ‘n provinsiale funksie nie.

Bennie en die funksie het self maar ‘n jaar of wat tevore

Page 33: Lugwaardin Opleiding

33

provinsiaal geword, en sommer uit die staanspoor met die

krapperigheid te kampe gehad. Eerstens, het Kriek wat

terselfdertyd na die provinsie afgewentel is, hom by die provinsie

gaan voordoen as Bennie se baas. Wat hy g’n nog nooit ooit was

nie.

Kriek was eers baas van die provinsiale kantoor van

Sameswering en Ontnugtering. Toe word Liewe Heunis se opset,

waarvan Bennie s’n deel was, by Sameswering en Ontnugtering

gevoeg, met die idee dat die lotjie meer nuwe Suid-Afrika

vriendelik word. Maar die Kriek steek ‘n stokkie voor dié

ongewenste newe-effekte. Hang toe liewer die Groot Kokkedoor

se vlag in sy kantoor op, en sê whê vir die nuwe Suid-Afrika to be.

Die klomp wat so vreeslik kleinhuisies kon bou, word ook

bygevoeg.

Dis nie omdat Kriek van Bennie se funksie gehou het dat

hy toe by die provinsie maak of hy Bennie se baas was nie –

inteendeel, maar dit het bykomende “gewigte” gegee waarmee

werkstudie dalk kon besluit om sy pos op te gradeer. Dit het

gewerk.

Na die gewigte hul ding gedoen het, is die funksie vir Knyp

Tang gegee. Dis toe dat Bennie sy goed vat en van die

streekkantoor, en oom Jannie en Jorsie af, gaan werk.

Want as Peter vir Bennie teen die mure kon uitdryf, dan

kon Knyp Tang dit nog beter doen.

Knyp Tang het elke dag eers laat werk toe gekom. Baie

laat. Want, sê hy, hy kry die vreeslikste sinusse en dan wil hy nie

Page 34: Lugwaardin Opleiding

34

terwyl hy nog so lekker geklap van die medikasie is, deur die

verkeer werk toe ry nie. Soms het die medikasie eers teen twintig

voor vier afgewerk, twintig minute voor Bennie kon tjaila.

Bennie het ook nog nooit iemand gekry wat so stadig soos

Knyp Tang kon werk nie. En hy kon amper niks op sy eie doen

nie. Bennie moes kom bysit, en voorsê, en weer voorsê en teen

die mure uithardloop.

Want aand vir aand is dit al donker, dan sit Knyp Tang nog

en spook om ‘n bladsytjie op papier gesit te kry. Oor en oor met ‘n

sin spook, tot dit lekker is.

Bennie, as oud-joernalis het maar swaar gesluk aan dié

gesukkel met die skrywery. As elke dagblad so ‘n verslaggewer

sou hê, veral as redakteur, was elke koerant ‘n jaarblad. Wat nog

laat uitkom ook.

“Perfeksionisme” noem Knyp Tang dit. Bennie was nie

seker wat tien minute se werk, en vyftien minute se agteroorsit in

die lazyboy om die batterye te laat laai, met perfeksionisme uit te

waaie gehad het nie.

Om nie eens van die lang gaan piepie te praat nie. Nie

soos die manne teen die krip gaan staan nie. Nee, hom in die

hokkie toegemaak en daar gebly tot wie weet wanneer. Gereeld.

“Prostaat,” loop die storie. Knyp Tang self vertel gereeld

van sy besoeke aan die kruiedokter om die prostaat lekker te

maak. Maar aan die lang stanery, wat tot sy bynaam Knyp Tang

gelei het, het dit meer na ‘n kruiekwak gelyk. Die lang stanery in

Page 35: Lugwaardin Opleiding

35

die hokkie het aangehou ten spyte van die hande-viervoet-

stanery op die kruiekwak se lessenaar sodat daar met ‘n liggie

ingeskyn kan word. “Nie by die mond in skyn nie, jou swaap,

diékant is die mangels. Anderkant is die prostaat!”

Dus is Bennie vort streekkantoor toe. En daar het Knyp

Tang hom steeds gebel en uit sy eie werk gehou. Tot Bennie net

nie meer ooit beskikbaar was nie. Dit was gelukkig die dae voor

selfone.

Toe kon Bennie bevordering kry. Maar, is die voorwaarde,

die bevorderingspos word op hoofkantoor geplaas. Bennie moet

maar kies.

Nou was dit die lekkerste om vir iemand te sê waar hy die

bevorderingspos kon indruk. Daar waar die kruiekwak met ‘n

liggie inskyn om Knyp Tang se prostaat te behandel. Wel diskreet

gesê, want Bennie het in gedagte gehou van die storie van die

fonteintjie.

En dis net daar waar nog ‘n rolspeler tot Bennie se lewe

toetree. Waar ou Jorsie oppad was na die planeet hemel, het

Engel blykbaar daarvandaan gekom. Eintlik nie van die hemel af

nie, maar van Bethlehem af, wat blyk heel naby genoeg te wees.

‘n Regte engel wat vir Bennie mak kom maak het.

Soos gemeld, Bennie is nie te onnooslik nie. As hy dus ‘n

engel raakloop, doen hy sy bes. ‘n Vryery word ‘n trouery, maar

voor die troue word die bevorderingspos geadverteer.

Page 36: Lugwaardin Opleiding

36

Bennie het nou gevorderde belange, en hy doen aansoek

vir die pos.

Hy oorleef die vernedering van askies en sallie weer nie en

hoe hoog moet ek spring Baas Knyp Tang.

En so gebeur dit dat Bennie sy vriende by die

streekkantoor moet groet, en weer van vroeg soggens, as hy by

die werk kom, tot laat saans, as Knyp Tang huis toe gaan, moes

werk. Nie baie lekker nie, veral nie as daar ‘n Engel tuis is nie.

Maar Knyp Tang sukkel en spook. Hy kom ál later by die

werk.

So tussenin sal Bennie hom wat verbeel. Hy en Knyp Tang

vlieg gereeld die land vol – met ‘n vliegtuig, want nie een is

engeltjies nie. Dan Kaapstad toe, dan Sodom en Gamorra

(Donkergat) toe, dan weer Durban toe. Sit op allerlei nasionale

komitees. Lê by geleentheid getuienis by die Presidentsraad af.

Dis toe dat Bennie hom begin verwonder oor die voorraad

whiskey wat Knyp Tang kan bymekaar maak. ‘n Vlug na Durban

gaan byvoorbeeld oor Johannesburg. Teen die tyd wat halfpad

van Johannesburg na Durban gevlieg word, is Knyp Tang se

aktetas al so vol klein botteltjies, dat hy sy verdere aankope in

Bennie se aktetas laat pak.

“Want daai hotelle is darem vreeslik met die prys wat hulle

vir whiskey vra.”

Page 37: Lugwaardin Opleiding

37

Oppad terug die volgende dag is die tasse weer leeg, en

word dieselfde omvang aankope gedoen.

Hoewel Bennie verbaas was oor Knyp Tang se whiskey-

kapasiteit, was hy nog meer verbaas die dag toe die Airbus ‘n

noodlanding daar op Durban se lughawe loop maak het. Soos

gebruiklik het Bennie by die venster gesit, en toe die vliegtuig

grondvat, toe vat hy met mening grond.

“Moenie wharrie nie, hy het Dunlops op!” skree ‘n

teenwoordige van gees passasier.

Die enjin hier by Bennie spoeg vlamme en rook, en toe is

dit net rook buite. Maar nie sodat Bennie nie kon sien hoe die

ambulanse en brandweerlorries met flitsende ligte al agter die

Airbus aangejaag kom nie. Knyp Tang is spierwit, pure bleek

Ariër.

Die vliegtuig spring en hop lughawegebou toe, want om

alles te kroon het die vliegtuig se voorste wiele besluit hulle stuur

g’n niks meer nie, en die lugremme moet gebruik word om so

sukkel-sukkel lughawe-gebou toe te stuur. Na waar ‘n Kaapse

kollega vir Bennie-hulle kom haal het en hotel toe neem. Daar sit

die ander provinsies se kollegas op die stoep ‘n biertjie en afsluk.

Bennie en Knyp Tang bestel elk ook ‘n bier. So ‘n sluk of

wat later verskoon Knyp Tang hom om sy vrou te gaan bel om te

sê hy is veilig. Knyp Tang bly ‘n ruk weg, toe hoor Bennie ‘n ge-

“Pst, Pst.”

Page 38: Lugwaardin Opleiding

38

Dis Knyptang. Hy wil asseblief sy botteltjies in Bennie se

tas hê. So sonder dat die ander agterkom.

Na ‘n ruk kom Knyp Tang uit, drink sy bier, en die

geselskap gaan saam eet waar Knyp Tang ‘n bottel wyn alleen

baasraak.

Die volgende dag terug op dieselfde vliegtuig, is dit weer

net so ‘n aankopery. Seker maar by voorbaat oor dit dieselfde

vliegtuig is wat die vorige dag so marankas met ‘n man gemaak

het..

Dit was dan maar baie moeilik vir Bennie as Mev. Tang

bel: “Bennie, wat is fout met my man?”

Gedagtig daaraan dat Knyp Tang gereeld ‘n draai by die

internis gaan maak het – onder meer oor die vreeslike stadige

gepiepie – soms tot ‘n halfuur lank so in die middel van ‘n

nasionale forumvergadering – dan sê Bennie maar net: ”Mevrou,

vra asseblief vir die internis.”

Knyp Tang se stadige piepieëry het nie baie gepla nie. Hy

het in elke geval nie veel van die werk wat bespreek is uitgemaak

nie. Maar wat wel gepla het, is as hy uiteindelik terugkom, het hy

aangedring dat die vergadering weer terugkeer na daar op die

agenda waar hulle was voor die groot piepie hom beetgepak het.

Dit was juis met so ‘n vergadering daar in Kaapstad waar

Knyp Tang uiteindelik moeilikheid gekry het met sy Peter-se-

siekte.

Page 39: Lugwaardin Opleiding

39

“Bennie, ons gaan ‘n tussendepartementele klag teen

Knyp Tang lê,” sê die Natalse (dis nog voor dit KwaZulu-Natal

geword het) afgevaardigde.

“So julle weet?” sê-vra Bennie.

“Ons het lankal geweet, maar nie hoe erg dit is nie.

Gisteraand net na julle hier aangekom het, loop ons hom op

straat raak. Hy kom toe van die drankwinkel af met ‘n vol bottel

whiskey. Hy nooi ons na sy kamer vir drankies. Toe ons ‘n rukkie

later daar kom, lê daar ‘n leë whiskeybottel in die snippermandjie,

en die een wat hy pas gekoop het is driekwart leeg. En die yskas

se seël was gebreek.”

Bennie verneem nie na die string botteltjies wat weer op

die vlug aangeskaf is nie.

Dié vergadering was ‘n pyn. Knyp Tang is net omtrent die

heel tyd weg. Die ander kan naderhand nie waag om te gaan

teedrink nie, want dan is Knyp Tang omtrent helemal soek, net

om later op te daag en weer te wil hervat waar hy laas was.

Destyds het die Boeings van Kaapstad na die stad sonder

blomme ook eers ‘n draai in Kimberley gaan maak. Soms is nog

Upington oor ook gevlieg.

Behalwe Knyp Tang se whiskey was hy nog erg oor sy

rookdingetjie ook. Maar op ‘n vliegtuig mag jy suip, maar nie ‘n

dampie maak nie, en so ‘n lang vlug kan lol as die luste ‘n man

pak.

Page 40: Lugwaardin Opleiding

40

By Kimberley is daar weer moeilikheid met die vliegtuig, en

die wag word nog langer. Dis toe dat Knyp Tang sy naam ‘n

groter krater maak as Kimberley se Groot Gat. Die passasiers wat

moes afstap – skynbaar is ‘n passasier ‘n anderster soort ding

wat nie soos ‘n mens afklim nie, maar afstap - het lankal

afgeklim, en die wat moet kom opklim, wag ook al ongeduldig.

Mense stap skynbaar nie op ‘n vliegtuig op nie.

Knyp Tang en die whiskey begin toe saam praat. Hy wil

opsluit af om te gaan dampies maak. Die lugwaardin is egter

vasbeslote:

“U kan afklim, maar dan klim u nie weer op nie.”

Al die wysheid uit die bottel is nie genoeg om die

lugwaardin se ferm standpunt te laat verkrummel nie.

Eintlik regtig vir die eerste keer, moet Bennie toegee, raak

Knyp Tang toe nou sommer regtig swynerig. Heel obsternaat wil

hy opsluit af – beduie hy met die pakkie kankerbalkies in die een

hand en die pakkie vuurhoutjies in die ander, en hy wil saam met

daai ander weer opklim.

So hitte-titte is Knyp Tang daai dag van die vliegtuig

afgesit.

Dinge het hierna vinnig gebeur. Knyp Tang was skaars

terug in die stad sonder blomme, toe is hy met la-a-ang

siekverlof. Hy het net vir sy afskeid voor hy met vervroegde

aftrede is, kom gesig wys.

Page 41: Lugwaardin Opleiding

41

Bennie is vas oortuig Knyp Tang is op sy lynfunksie

aangestel om die funksie deur sy “bestuur”-styl tot niet te maak.

Hoekom anders sou hulle die vorige baas van die ouens wat

swart mense gejag het wat sonder passe in die nag rondgeloop

het, einste Knyp Tang, hoof van die verhoudingsaksie maak?

Boonop het Knyp Tang aangedring om vergaderings by te woon,

waar swart mense hom gewoonlik een kyk gegee het, en na die

eetgoed nooit weer opgedaag het nie.

Na Knyp Tang weg is, word sy kantoor opgeruim. Al het dit

maande in onbruik gestaan, is alles pynlik netjies gepak, Alles tot

die naaste voorskrif gesorteer. Alles pragtig. ‘n Skrille kontras met

die vertoonlewe.

Vat nou maar weer vir Jorsie. Hy was wat hy was. Hy het

sy werk ook met groot erns bejeën, en dit reg gedoen. Vinnig,

effektief. Hy kon skiet soos weinig ander kon, en hy kon glo die

Grieks en Hebreeus sommer so op sy ys onder die knie kry.

Maar toe hulle na die lansering die woonstel gaan

skoonmaak wat Jorsie saam met ‘n string swart katte gedeel het,

was dit te aardig. Jorsie het nie daarin geglo dat die

modderskepsels sy woonstel moes kom skoonmaak nie, en ‘n

mens kon dit sien en ruik. Iets vreesliks.

Dit het Bennie baie laat dink aan die ou man wat niks wou

weet dat daar ‘n gelol kan wees om met kouse met gate in te loop

nie. Die gate is mos binne-in sy skoene, en dié is blink gepoets.

Toe verongeluk hy, en die lykshuismense sien die gehawende

kouse. Daar waar die lyksbesorgers sy mond toewerk en vreeslik

baie werk insit om dit te laat lyk of hy so met so met die

Page 42: Lugwaardin Opleiding

42

afsterfslag vrede gevind het. Sodat die mense wat so vrek oor

lyke kyk agterna kan sê: “O, ek is so bly ek het vir oulaas na Karel

gaan kyk. ‘n Mens kan sien hy het vrede gemaak voor hy heen

is.”

Mêddim, dit was ‘n hengse lot werk om hom so te maak

lyk. Kan darem nie aardig lyk so op sy ruimtereis nie.

Net so min het die ou egter gedink iemand sal sy

gehawende kouse sien, as wat die Groot Kokkedoor kon dink

iemand sal deur die sleutelgat loer as hy na bewering die stywe

Engelse meisie vry, en glo die gate in sy beweerde onderbroek

sien.

Van Knyp Tang het Bennie tog iets “geleer.” Van die

Illuminati. So saans laterig al wanneer Knyp Tang seker is ander

kan nie hoor nie, vertel hy van hierdie aardsbose gevaar. Synde

Bennie se baas, kon Bennie darem nie alte reguit sê hy dink Knyp

Tang het nou die verkeerde knaters in die beergreep beet nie. ‘n

Tang kan knyp, jong!

“Dis die Jode,” fluister hy. “Hulle beheer die geldmag. Hulle

ontsien niks en niemand nie. Hulle maak dood as iemand in hul

pad staan.”

Nou ja toe nou, wie sou kon dink dat Knyp Tang wat

gereeld oor die regses kla, iets met Jorsie in gemeen sou hê? Al

is dit ook net ‘n soort afsku van die Jode?

Page 43: Lugwaardin Opleiding

43

Dan noem Knyp Tang die eksponente van die Illuminati.

Ook Hitler. Dit laat Bennie kopkrap. “As die Jode agter die ding

sit, hoe kon Hitler dan een wees?”

Bennie het nog altyd die Jode se aanspraak dat Hitler

sewe miljoen van hulle doodgemaak het, gegogga. Die somme

wil maar nie uitwerk nie. Al die oorlewende Joodse gesinne moes

glo na die oorlog 28 kinders gehad het om op te maak vir die

aantal na die oorlog. Maar, soos ‘n Jood, sleg Isaacson, eendag

vir Bennie gesê het, al was dit nou ook net ‘n miljoen, was dit

steeds vreeslik erg.

Isaacson was saam met Bennie in die weermag, doer in

die woestyn. Elke keer as daar werk gedoen moes word, is

Isaacson skoonveld. Dan kry hulle hom by sy bed waar hy vol

bande gedraai is, en al wiegend agterstevoor uit ‘n gebedeboekie

lees. Soms in die oggend, soms in die middag, soms vroeg, soms

laat, hang net af van wanneer daar harde werk gedoen moes

word.

Wegglipkans was daar oorgenoeg by Rooikop, diep in die

Namib. Soms was dit Wesweer. Dan het ‘n koel, digte missie van

die see af opgetrek, en kon ‘n mens amper nie jou hand voor jou

oë sien nie. Hierdie Wesweer is die ding wat die goed daar in

Walvisbaai so laat roes. Dan is daar die Oosweer, ‘n warm

bergwind uit die binneland wat stof en mika optel, en ‘n digte

sluier oor die woestynlandskap trek. ‘n Man wat hier buite

rondhang en hard werk, is gou aan die sweet en van die mika wat

aan sy sweetlyf en –klere aanpak, ‘n vreemde glimmende wese.

Page 44: Lugwaardin Opleiding

44

Bennie kan hom goed indink hoe erg Jorsie sou verdwaal.

Maak nie saak of dit Oos- of Wesweer was nie, Jorsie het in elk

geval geen sin vir rigting gehad nie. Met altwee were is Rooikop,

die hoë granietkop wat soos ‘n kompasnaald rigting aandui,

skoonveld. Nie eens ‘n hele stoet oppad lanseerterrein toe, se

ligte sou in die Oos- of Wesweer hond haarafmaak nie.

Maar met die miljoen-storie wat steeds erg is, daarmee

stem Bennie met die Joodjie saam.

Knyp Tang is egter nie so afgesit oor die vraag oor Hitler

en die Jode nie.

“Die Illuminati is soos ‘n weermagtenk. Hy moet soms ‘n

bietjie agteruitloop om weer vorentoe te kan gaan.”

Bennie kry sy gedagtes oor die Illuminati steeds nie mooi

gefokus nie. As dit dan regtig bestaan, gaan hy hulle maar liefs

uitlos, en hoop hulle los hom ook uit. Daar is baie ander dinge

waaroor mense hulle koppe kan breek. Dinge wat ‘n mens baie

meer regstreeks aan die bas raak.

Behalwe vir sy verhoudingsfunksie, wat Foefel loop staan

en tot niet maak het so twee jaar voor die nuwe Suid-Afrika tot

stand gekom het, het Bennie nog ander bagasie gehad wat hom

‘n aanwins vir die nuwe Suid-Afrika moes maak. Toe die Tak

Gemeenskapsontwikkeling ‘n jaarafskeidsfunksie hou, nooi hulle

nie die LUK vir Gemeenskapsontwikkeling nie. Want dit was

Bennie se swart vriend. Toe maar eerder ‘n ander, Ariër LUK

nooi. Bennie bedank uit die sosiale klub.

Page 45: Lugwaardin Opleiding

45

Bennie woon by geleentheid ‘n voorligtingsessie van die

Tak Gesondheidsdienste by. Toe die presensielys verbykom, sien

hy die titel buiteop is: Ariërvoorligting. Bennie maak beswaar.

Redelikerwys sou ‘n mens dus verwag dat Bennie met

redelike ope arms in die nuwe bedeling ontvang sou word. Bennie

het selfs in 1994 Staatsreg gaan studeer om te verstaan presies

hoe die nuwe grondwet en die handves van menseregte

inmekaar steek. Alles op papier.

Bennie weet nou nog nie. En Bennie is nie stupid nie.

Want dinge het vir Bennie verskriklik verkeerd begin loop.

Bennie verloor sy werk. Hy word op adjunk-direkteursvlak

deur ‘n vakvreemde klerk vervang. Nee, nie regstellende aksie

nie. Die klerk is soos Bennie ‘n Ariër, manlik, middeljarig en

Afrikaans. Toevallig ‘n bestuurslid van die nuwe regering se party,

en waarnemende privaatsekretaris van die Premier. Die symste

Premier vir wie die Nuwe Nare Party so lief is dat die regering

hom steeds aanwend elke keer wanneer die NNP ore aangesit

moet word. Hy doen dit maklik, want hy huilpraat ‘n paar mooi

dinge in Afrikaans.

Foefel het glo nie vir die Premier se mooi huilpraat in

Afrikaans geval nie. Nee, sê wyle Jorsie se pêlle. Die Illuminati

het hom R55 miljoen betaal. Of $55 miljoen. Destyds nog nie so

‘n groot verskil gemaak, soos na Clever Trevor ‘n paar blapse

gemaak het voor hy begin luister het nie.

Page 46: Lugwaardin Opleiding

46

“Nee man,” wou Bennie nog by geleentheid skerm. “Daai

geld is nie Foefel s’n nie. Dis geskenk om ‘n Stigting op die been

te bring.”

Jorsie se pêlle lag te lekker. “Jy, wat by die Geheimsinnige

Diens gewerk het, behoort van beter te weet. Het jy nog nooit van

dop-oprganisasies en front-organisasies gehoor nie?”

Jare later, toe Bennie op die internet gaan kyk na Foefel se

stigting, is omtrent al wat daarop is, die Griekse godin op die

trusteeraad. Dis toe dat hy onthou van Jorsie se pêlle se stellings

oor ‘n doporganisasie. Al glo Bennie nie dat ‘n blondine

noodwendig ‘n leë dop is nie.

Maar daai Premier en die NNP. Huil net in Afrikaans. Dan

val die hele spul suckers daarvoor. Elke slag, al is die Premier

lankal nie meer die Premier nie. Nee, nou is iemand anders

premier, en Bennie hou nogal baie van haar. Die swaar vrou wat

meermale heel onwaardig ritte agterin daai einste vangwaens

onderneem het waarmee Jorsie soveel moeilikheid met die

tweerigtingradio’s gehad het.

Net jammer sy het deesdae sulke vrot adviseurs wat haar

sulke wilde goed laat kwytraak. Of is haar suiker dalk deesdae so

deurmekaar dat dit haar kop deurmekaar maak?

Bennie wonder of Jorsie al ooit by sy bestemming

uitgekom het. Met dié dat Jorsie nou nie juis tegnies genoeg is

om met tweerigting-radio’s reg te kom nie, kan ‘n mens ook nie

van tyd tot tyd ‘n vorderingsverslag uit die ruimte verwag nie. Hy

is ook vort voordat selfone gekom het.

Page 47: Lugwaardin Opleiding

47

Dis hier waar Bennie opnuut bewus geword het van hoe

seer ‘n mens se eie honde ‘n mens kan byt. Hoe hard ‘n Ariër sy

mede-Ariër in die rug kan steek.

“Jy’s stupid man!” sê Jorsie se maat. “Hoekom dink jy wil

selfs die regse partye jou nie met jou saak help nie?”

Nee, Bennie kan nie dink nie. Die NNP, dit verstaan

Bennie. Dié manne sit met hul vet jisse in dieselfde Uitvoerende

Rade en dinge as die mense wat hulle ‘n dekade of wat tevore

nog gesê het kan nie beskawingsmondig word nie.

“Waar het jy nou gesien ‘n klerk kan ‘n herehuis in die stad

sonder rose se beste woonbuurt koop? In die boomryke

woongebied aan die platkop se noordelike hange?”

“Jy bedoel Rooi Kerneelsie het vir die veiligheidspolisie

gewerk?”

“Einste!”

“Maar hoe het jy dit geweet? Ek self het ‘n uiters geheime

klaring en was hoog op in die KGB, ekskuus, GBS. En ek het dit

nie geweet nie.”

Jorsie se maat kry so ‘n veraf kyk. Ai, hoe moet hy hierdie

oningeligte nou oor die ingewikkeldhede van die lewe inlig?

“Man, ons Uitverkorenes span saam om die Illuminati te

beveg. Ons gaan oor aardse strukture heen.”

Page 48: Lugwaardin Opleiding

48

“So julle het ook ‘n haakplek met die Illuminati?” wil Bennie

weet, synde dat Knyp Tang so anti-regs was.

“Natuurlik. Dis dan die grootste peste, pure Jode!”

Nie eintlik so pure Jode nie. Dit het Bennie intussen loop

uitvind. Die Rare Regses meen dis die nasate van ‘n groep Jode

wat so 500 nC uit Israel getrek, en aan die noordoewer van die

Swart See gaan woon het. Hier het die Jode, al reeds basters,

met die Kahzar-Turke vermeng, en hulle tot die Jodedom bekeer.

Hieruit het nie net die Illuminati nie, maar sy vertakkings soos die

Russiese Jode, die Kommunisime en die Geldmag ontwikkel.

Maar dié ding oor die Veiligheidspolisie, waarvan sommige

lede blykbaar ‘n groter ding oor die skanse heen beveg het,

naamlik die Illuminati. Is dit hoe Jimbo so gou geweet het dat

Mandy ook by die nuwe regering se party aangesluit het? Nog in

die ou Suid-Afrika. Skielik het die dowwe Mandy ook begin

vorder. Assistentdirekteur geword twee weke na sy tot die vorige

rang bevorder is – in die pos van die Ysterman in. Toe het sy nog

die vermetelheid om vir die Ysterman te sê sy het daai

bevordering verdien!

Bennie het amper gestik. Hulle kan nie in dieselfde liga

genoem word nie.

“Maar jy moenie dat die nuwe regering uitvind Rooi

Kerneelsie het eintlik vir die Veiligheidspolisie gewerk nie!”

waarsku Jorsie se maat.

Page 49: Lugwaardin Opleiding

49

4. Exodus

Maar voordat Bennie sy werk kwyt is, moes hy eers ‘n hele

bybelse ervaring deurstaan. ‘n Ervaring in die vorm van Ishmael,

Meshack, Stephanus en Organ, om so ‘n paar te noem. ‘n Kerk

moet immers ook ‘n Organ hê. Bennie was al met die Peter- en

Paulervaring half gelouter in dié soort van ding, of so het hy

gedink.

Stephanus was die interessantste. ‘n Paranoïese

skisofreen wat op al sy gesondheidsvorms net invul hy is ‘n

diabeet. ‘n Diabeet is nie ‘n probleem nie, maar vra nou vir ‘n

paranoïese skisofreen met ‘n rits ander hang-ups en probleme

om sy diabetes op te pas! Die gevolg is die een ongeluk na die

ander, en die een onhebbelikheid op die ander.

Stephanus was baie gesteld op sy Ariese voorkoms, en hy

het die een operasie na die ander ondergaan om op dié

skoonheid te verbeter. Tot sy onderkaak laat langer maak. Ook

liggaamsbou gedoen wat die interniste oor sy diabetes die piep

laat kry het.

Op ‘n dag, nie lank nie na sy kaak langer gemaak is en die

draadjies wat sy tande moes gelykmaak uitgehaal is, is

Stephanus weer in ‘n halwe beswyming terwyl hy in sy nuwe

deftige kar iewers heen oppad was. Hy ry toe voor ‘n spannetjie

jafels in, wat die toeter vir hom druk.

Stephanus is nie links nie, en wys vir hulle vuis. Of dalk

eers vinger, en toe die jafels nie daarvan hou nie, vuis. Dis toe

dat hulle hom van die pad af trek. Stephanus, in sy deurmekaar

Page 50: Lugwaardin Opleiding

50

toestand, klim nogal ewe uit om die manne wat vir hom toeter

gedruk het, te gaan regsien.

Maar dit was van die stad sonder blomme se rowwe jacks.

Hulle timmer ou Stephanus behoorlik dik, en sy plastiese neus

staan bietjie duskant toe. So ‘n skewe neus op so ‘n skone Ariese

gesig na die dik swelsels om die blou oë en die ander skaaf-

merke verdwyn het, deug nie, en Stephanus wil opsluit daarvan

ook laat werk maak.

“Ag nee man, Stephanus,” sê Bennie. “Het jy al ooit ‘n man

gesien wie se neus nie maar bietjie windskeef staan nie? Ons het

almal rugby gespeel, en die meeste van ons het nog karate of

boks ook gedoen. Of sommer net baklei. Dit wys ‘n man is nie ‘n

sissie nie.”

Stephanus het nie rugby gespeel nie. Het geen hand-oog

koördinasie gehad nie. Maar die meisies wat die skewe neus

sien, sal dit nie weet nie. Dus bly die neus so.

“Stephanus, het jy onthou om die spyseniering vir die

funksie te reël?” Dit was ‘n gereelde vraag van Bennie, aangesien

die afdeling gereeld werkwinkels gehou het.

“Ja.”

Maar dan daag die spyseniers nie op nie. Wanneer Bennie

dan vir Stephanus bymekaar maak, blyk dit Stephanus het

inderdaad vergeet, maar ja gesê omdat hy dit dan gou wil reël. En

dan weer vergeet. Die vergeetagtigheid is ‘n gevolg van die

gereelde aktiewe hipoglisemie wat Stephanus in die hand werk.

Page 51: Lugwaardin Opleiding

51

Die dat Bennie kan verstaan as die nuwe Premier, ook ‘n diabeet,

na kommando’s as struikrowers kan verwys. As ‘n man, of

Premier, dan lus is vir ‘n sjokoladekoek, is jy lus. Dan spuit jy

maar ‘n oordosis insulien en, en verorber daai koek.

Met Stephanus se instemming word ‘n mediese raad

aangevra sodat hy in ‘n pos met minder druk geplaas kan word.

Maar dit duur nie lank nie, toe kry die paranoia die oorhand, en

Stephanus maak homself wys die mediese raad is aangevra om

van hom ontslae te raak. Hy gaan kla by die personeelmense, en

so bevind die mediese raad dat Stephanus niks makeer nie, en

met sy werk kan voorgaan.

Toe is ou Stephanus dood. Iemand se bloed is op iemand

se hande.

Ishmael het ook half goed begin. Maar toe ook die reuk

van beter dinge begin vat. Toe hy vasgevat word, het hy met ‘n

totale aanslag teen Bennie begin. Soos Peter van ouds, was

staatskarre sy groot liefde. Soos om sonder ‘n ritmagtiging in die

stad na die ooste te gaan rondry, en die skone Helena te gaan

seksueel teister. Die skone Helena dink Ismael en Bennie is nog

groot vriende, en kla nie, want Bennie het haar gehelp om werk te

kry. Eers later, kla sy.

Ishmael rafel heeltemal uit, en laat mense van die straat af

op sy amptelike telefoon bel. Met die nuwe Suid-Afrika het hy en

‘n paar makkers eenvoudig aanvaar die hele land het nou soos

Qwaqwa geword, waar ‘n eerlike man maar ‘n droewe lewe ly.

Toe hy die oproepe op die rekenaaruitdruk moet verklaar, weier

hy.

Page 52: Lugwaardin Opleiding

52

“Jy sal dit ook nie regkry om dit van my salaris te laat

aftrek nie.” Dit sê hy op Engels. Sedert die 1994-verkiesing praat

Ishmael net Engels met Ariërs, al gaan dit maar hoe skeef en

krom.

Dit is ook so, want Ismael het gou vriende met die Groot

Induna gemaak. Die telefoonkostes word “teruggetrek.” Bennie

verwys die saak na die ouditeur-generaal, een van Foefel se

groot spogterye oor wigte en teenwigte.

“Dit kan nie teruggetrek word,” laat weet die Wig. “Dien dit

weer in.”

Bennie dien dit weer in, die keer met die Wig se brief

aangeheg.

Weer word dit teruggetrek. Bennie probeer nog ‘n slag of

wat, soos by Regter Hoop se Ondersoekeenheid en so aan. Maar

dis verniet. Ishmael het vrypas gekry om te maak net wat hy wil.

Later sou Bennie ‘n groot gly in Regter Hoop kry – volgens die

Black Lawers Association het meer as 3 000 sake daar

weggeraak.

“Dit is so,” bevestig een van Bennie se pêlle wat by die

veiligheidspolisie gewerk het, maar hom niks van Rooi Kerneelsie

gesê het nie. Wel van die laaste administrateur se nefie wat nooit

deur die weermag opgeroep is nie, en uiteindelik weens

verkiesingsbedrog in die tjoekie gaan sit het.

Page 53: Lugwaardin Opleiding

53

“Ek het persoonlik drie vragte vol inkriminerende getuienis teen

Mama Whêthu by Regter Hoop gaan afgee. Niks daarvan gekom

nie.”

Bennie se pêl haat Mama Whêthu. Sy was lank op ‘n klein

dorpie naby die stad sonder Blomme ingeperk, en het vir Bennie

se pêl ‘n vreeslike lewe gely.

Dan was daar Meshack, die man van dop en dagga. Geen

ander staatsamptenaar het dit seker nog ooit reggekry om sewe

maande lank te dros, en volle salaris te kry nie. Meshack kry dit

reg. Hy is in ‘n inrigting vir drankverslaafdes toe hy bevorder

word.

“Julle kan mos nie ‘n man wat nog op proef is bevorder

nie,” kla Bennie.

“Hoe kan ‘n man na sewe jaar nog op proef wees?” wil

Personeeldienste weet.

“Het hom maar so geërf.”

“Maar dan stel ons hom nou vas aan.”

“Julle kan nie die man bevorder nie. Ek het so pas gevra

dat die bekragtiging van sy permanente aanstelling met nog ‘n

kwartaal verleng word dat ons kyk hoe hy op die behandeling in

die inrigting reageer.”

Maar toe kom die brief dat Meshack vas aangestel word.

Bennie is boos, en maak beswaar.

Page 54: Lugwaardin Opleiding

54

“Maar hier is dan niks negatiefs op sy lêer nie,” sê

Personeeldienste.

“Dis onmoontlik, ons het self ‘n pakkie so dik soos ‘n duim

persoonlik kom afgee.”

“Maar hier is niks op die leer nie.”

Bennie wil ‘n afskrif van sy huishoudelike lêer af maak,

maar die oorspronklike is skoonveld.

“Bennie lieg” sê Boepie Skeelkyk, die personeelhoof vir

Bennie se Hoofdirekteur. “Daar was g’n nooit sulke dokumente

nie.”

Toe, uit die bloute, daag ‘n lêer van ‘n ander komponent by

Bennie op. In dié leer is nie net ‘n volledige stel van die

verdoemende dokumente nie, maar ook ‘n dekbrief aan

Personeeldienste dat ‘n stel na hulle gestuur is.

Hulle het die dokumentasie dus minstens twee keer gekry.

Bennie gaan wys dit vir die hoofdirekteur. Die hoofdirekteur

stuur dit vir Boepie, en Boepie skryf terug dat die goed

“waarskynlik” die heel tyd by Bennie was. Bennie is boos en vra

dat Boepie aangekla word. Niks gebeur nie, en nie lank nie, toe is

daardie dokumente ook weg. Meshack se vaste aanstelling word

bekragtig, en hy is bevorder.

Page 55: Lugwaardin Opleiding

55

“Jy weet net nie hoe om met swart mense te werk nie,” ego

iemand. Toe word Meshack daai grootbek wat vir Bennie sê hy

weet nie hoe om met swart mense werk nie, se probleem. Nie

lank daarna nie, in sy dronkenskap, bedank Meshack. Toe hy die

volgende dag besef watse sotlikheid hy aangevang het, wil hy sy

bedanking terugtrek.

“Ongelukkig is die papierwerk reeds afgehandel.” So is

Meschack uiteindelik effektief gefire. Om ‘n swart mens in die

nuwe Suid-Afrika gefire te kry, kos nogal gedoen te wees. Vra

maar vir Bennie.

Organ het skielik, sonder dat iemand weet dat hy

gestudeer het, matriek. Hy skryf met dié matrieksertifikaat in by

die Technikon, maar word na ‘n ruk sy gelde terugbetaal en

afgesit. Bennie vra dat die matrieksertifikaat geverifieer word.

Dit word nie gedoen nie.

Uit die plakkersgebied kom nog ‘n bybelse ervaring. David,

voorsitter van Freedom Place se civics stap erg mismoedig by

Bennie se kantoor in. Dit was onlangs krismis, en nou is daar

moeilikheid.

“Ons soek geld om die kersfabriek weer aan die gang te

kry,” verduidelik hy.

“Hoe so?” vra Bennie verbaas. “Die fabriek het dan so

goed aangegaan.”

Page 56: Lugwaardin Opleiding

56

“Ja, maar toe kom krismis,” sê hy veelbetekend. Anders as

die ander slaan hy nie na Afrikaans oor as hy probleme het nie.

David kom eintlik uit Lesotho, waar sy amptelike vrou bly.

“Die voorsitter van die fabriek het kort voor krismis al die

fabriek se bates in likiede3 bates omskep, en toe het die

woekering4 daarmee teenspoed opgedoen,” verduidelik David.

Die voorsitter van die fabriek is David se nyatsi en dus kan

Bennie maar vergeet om kort en kragtig oor die heengaan van die

fabriek se bates ingelig te word.

Behoede iemand anders wat van David se civics se bates

“eet.” Die boendoehof kom sommer blitsig in sitting – g’n niks

agterstand met hofrolle nie. Ook g’n gevaar van oorvol tronke nie.

Die materiaal oor die sitgedeelte van die oortreder word in ‘n

ommesientjie in ‘n bloederige pappery omskep. David het juis

eenkant moeilikheid met die grype omdat ‘n verhoorafwagtende

die nag in die kantoor waar die hofverrigtinge plaasgevind het,

verkluim het.

Die kantoor synde ‘n ou opstal wat deur die uitbreidende

plakkergebied ingesluk is. Die man kon eenvoudig by die

stukkende groot ruit uitgeklim, en vir hom ‘n kombers gaan haal

het. Maar hy het dit nie gewaag nie, en liewer verkluim.

3 “Liquid” assets is ‘n meer akkurate verduideliking vir die vog wat

aangeskaf is.

4 ‘n Helse gefuif, daar is in Nabot se wingerd ge-oes. Dis tog die

klein jakkalsies wat die wingerde verniel.

Page 57: Lugwaardin Opleiding

57

Dis omtrent hierdie tyd dat die hoofdirekteur vir Bennie

inroep. Die Tak se regsadviseur, advokaat Flippie Slappert is ook

teenwoordig.

“As jy my ooit aanhaal oor wat ek vandag vir jou sê,” sê die

hoofdirekteur Gertjie Jansens, “sal ek dit voor die Here ontken!”

Bennie is nie uitermatiglik verbaas nie. Hoewel die

hoofdirekteur gedurig Here, Here, trip hy vreeslik maklik en dan is

hy ‘n ander mens. ‘n Mens wat omtrent van sy trollie af kan gaan

van woede. ‘n Onstabiele tweegesig as Bennie al ooit een gesien

het.

“Jou felheid teen korrupsie skep vir die nuwe regering ‘n

probleem.” Dit word aan Bennie gestel asof hy nou die

besbedoelde vaderlike advies kry. Bennie het juis ‘n gly gekry om

te sien hoe so ‘n groot man voor die nuwe Mandaryne kruip.

“Jy moet leer om diskressie te gebruik. Wanneer om

eenkant te kan kyk.”

Dis darem ligjare verwyder van die jagmakery op die klerke

van die Ontwrigtingsraad wat hulself so aan die meubels gehelp

het. Maar dalk geld daar ander norme vir die Ariërs as vir die

modderwesens.

Bennie skop vas. “Daar is nie ‘n manier dat ek korrupsie

gaan sien, daaroor stilbly, en nog in die aand kan slaap nie.”

Page 58: Lugwaardin Opleiding

58

“Dan het jy darem nog ‘n dak oor jou kop om onder te lê en

wakkerrol,” sê die hoofdirekteur, “maar gaan maak nou

moeilikheid dan het jy bokkerôl.”

“Nou wat van Foefel se wigte en teenwigte?” wil Bennie

obsternaat weet.

Die hoofdirekteur en Flippie lag lekker: “Man, hierdie is die

praktyk. Daai is die papier.”

Bennie kan nie glo wat hy beleef nie. Hier probeer

dieselfde man hom blatant korrupteer wat onlangs vir Bennie

gesê het hy moenie so stres nie. Hyself gee net al sy probleme vir

die Here, en dan het hy self dit nie meer nie. So maklik soos dit.

Dieselfde man wat kort daarna op die operasietafel gelê

het vir ‘n angina-operasie. Toe doen hulle vir oulaas toetse en sê

vir hom sy hart makeer niks. Hy moet huistoe gaan en gaan pille

sluk vir sy stres.

5. Dit werk soos ‘n bom!

Intussen het die priester uit die Kalahari steeds soos ‘n

tolbos oor die land gerol. Hy het oor Bet-el, Bethlehem, Heilbron

en baie ander bybelse en nie-bybelse plekke gerol. Dalk is die

rollery in die wind iets soos die priester se bespiegeling oor hoe

die tien verlore stamme uit die ooste in die weste beland het, en

skielik Indo-Gemaamse tale begin praat. Deur ‘n sterk Oostewind,

skryf die priester, want so is dit opgeteken. Of die oosweer

waartydens Isaacson so lekker daar in die woestyn kon wegglip.

Page 59: Lugwaardin Opleiding

59

“Saxon is juis van Isaacson afgelei,” sê Connie, Jorsie se

maat. “Dit bewys darem bo alle twyfel dat dit nou die Israeliete is

wat in Wes-Europa woon. En hier in Suider-Afrika as Uitverkore

Volk.”

Bennie wil liefs nie van Isaacson familie wees nie, gedagtig

hoe die vent kon wegglip die oomblik as daar werk was om te

doen.

Van die tolbos se mutasieplantjies maak oor die jare amok.

Die Wit Wolf gaan aan’t skiete in Kerkstraat. ‘n Bom eis lewens

op Worcester. ‘n Klipspringer klim op ‘n bus en maai

modderwesens af.

In die stad sonder blomme, by die perdehemel, word ‘n

klomp wapens gesteel. Heel simbolies, dié verband met die

Nordiese Valhalla se perdehemel, Tempe. Die Nordiese mense is

darem suiwer Ariërs. ‘n Vragmotor vol wapens word gekaap, en

die drywer en sy assistent word in die Modderrivier gegooi.

Miskien het hulle gedink die modderskepsels kan met klippe om

die nek swem as hulle in die Modderrivier gegooi word.

Of dalk ook dat dit nie saak maak as ‘n modderwese

doodgemaak word nie, omdat hy nie die Ariër se naaste is nie.

‘n Groepie hou ‘n “sit in” by die Geloftefeesterrein by

Bloedrivier.

Dan, so met Aprilgekkedag word berig van mans wat

gevang is omdat hulle glo die Grootdraaidam wou opblaas.

Bennie, toe ‘n radiojoernalis, sê op die lug hy wil eers ‘n dag of

Page 60: Lugwaardin Opleiding

60

twee kans gee om te sien of dit nie Rapport se Aprilgekstorie is

nie. Van die Rare Regses hoor vir Bennie, en hou niks daarvan

nie. Hulle het vooraf kennis gekry van die staatsgreep wat op

hande was, en het vas geglo dit gaan slaag. Dinge het darem

alteveel met Siener van Rensburg se voorspellings

ooreengestem. Bennie spot nou met heilige dinge. Hulle is hom

meer genadig as wat hulle ‘n jingo normaalweg genadig sou

wees. Bennie, so ver hy weet, haal nie die Rare Regses se

doodslys, waarmee hulle so spog, nie.

Om darem oop en bloot die Grootdraaidam te wil opblaas,

terwyl die vermeende bomplanters self stroomaf op Parys woon,

is darem regtig raar. ‘n Mens sou omtrent drie ton dinamiet moes

hê, en oop en bloot teen die wal vir die dinamietkerse moes sit en

gaatjies boor.

“’n Mens kan hulle eintlik net vir onnoselheid aankla,” sê

Bennie se Engel.

‘n Akademiese vriend kom maak ‘n draai by Bennie en sy

Engel.

“Met die vangery onder die voornemende bomplanters

word darem vreeslik onder die Rare Regse-fiksie se mense

gevang,” sê hy. “Dis hul eie stupidgeit, maar dis hul vroue en

kinders wat met die gebakte pere sit.”

“Ek dink darem nie hulle geniet dit self te veel daar in die

selle saam met die modderskepsels nie,” sê Bennie. “Veral as

hulle nog tot langtermynstrawwe gevonnis word. Veral

lewenslank”

Page 61: Lugwaardin Opleiding

61

“Ja, maar hulle glo darem ook nie dit sal so lank wees nie.

Hulle glo mos aan die Siener se profesieë, oor die man van Wes-

Transvaal wat sal opstaan en die land vir die Boere herower.”

“Seker dié dat Radio Sonder Liksens volhou om van Wes-

Transvaal, Oos-Transvaal en Noord-Transvaal te praat. As daar

nie meer ‘n Wes-Transvaal is nie, kan die redder ook nie meer

daarvandaan kom nie.”

“Ja, hulle het juis gedink, oorspronklik, dat dit die Groot

Kokkedoor sou wees. Nou sit hy self met sy jis in die tjsoekie, en

dit lyk of sy gees uit hom uit is. Ja, hy raak blykbaar elke keer as

hy tjsoekie toe gaan bekeerd.”

Dis die tolbos se rollery oor Bethlehem wat Bennie weer

laat paaie kruis het met priester en sy hoflinge. ‘n Boere-optog

wat Bennie, as joernalis, met ‘n boere-optog verwar het. Bennie

neem deel, sit-sit in ‘n bakkie. Net die modderwesens is so stupid

om al die pad te loop en skreeu as daar gery kan word. Na die

ekskursie na Bethlehem sê Bennie:

“Die mense kan ‘n hengse klomp skade aanrig,” sê hy toe

die Minister vir die soveelste keer sê dis eintlik net ‘n handjievol

sonder steun. Van die min steun weet Bennie nie so mooi nie.

Daar was na die optog darem ‘n hengse lot wat kom saam

braaivleis hou het, en na die priester uit die Kalaharie kom luister

het. Dié keer word Bennie, toe ‘n koerantjoernalis, verbied om na

die priester te luister.

Page 62: Lugwaardin Opleiding

62

“Dankie tog dat ek dit nie weer hoef aan te hoor nie,” dink

Bennie. Maar hardop sê hy: “Wat van die persvryheid wat die

grondwet waarborg?”

“Die grondwet se moer! Ons erken dit nie. Dis in elk geval

in die praktyk minder werk as ‘n rolletjie *&^papier.” Bennie moet

nogal daarmee saamstem.

Maar die Minister moer sy woorde tel oor die “handjievol”

steun. Veral nie as die ander Wig bevind dit is nie rassisties om

“Kill the Boer, Kill the farmer” te dreunsing nie. Dit maak die boere

die moer in, en dan word ‘n klomp sommer Boere, en pêlle van

die Rare Regses. Die Rare Regses noem hulself so graag Boere,

maar min boer.

Maar selfs al is hulle ‘n handjievol met min steun. Kyk

maar net hoeveel was die Baader-Meihoffs. Vir omtrent ‘n dekade

het hulle die verbeelding van die wêreld aangegryp. En tog was

hulle maar ‘n handjievol rykmanskinders wat die kluts kwytgeraak

het. Ook die Japannese Rooi Leër was nie eens ‘n volle dertig

nie. Die Tupamaro’s daar in Uruguy was ook nie veel meer nie,

en het tog gewys hoe goed ‘n groepie verveelde studente kan

ondergrawe. Letterlik, met die vindingryke operasionele tonnels

wat hulle so al onder die kampus gegrawe het. Die Rooi Brigades

en die Montenero’s was meer. Die MIR nog meer.

Daar by Meddillin is dit half moeilik om te bepaal wie is nou

eintlik ‘n Marxistiese terroris of ‘n kapitalistiese dwelmbaas. Dis

omtrent net so deurmekaar soos hier om te bepaal of Bakgat nou

die regte ding doen om die bendes en dwelmbase in die Kaap so

op te donder, en of hulle nou eintlik deel van die probleem is.

Page 63: Lugwaardin Opleiding

63

Maar die punt is, ‘n paar belhamels kan ‘n vreeslike lot skade

aanrig.

Maar al die saad wat die tolbos strooi is nie presiese klone

van die priester nie, en talle mutasies wat nuwe Verbonde en

Bybelse uitlegte ontdek, kom op.

Ja, dink Bennie agterna, toe die braaivleisvure as geword

het. Dis nou half ‘n lollery as party stadsjapies en dorpsjapies

hulself begin boere noem, en daai boer met ‘n hoofletter “B” loop

spel. So kan ‘n arme onskuldige boer naderhand verstaan dat ‘n

Boere-optog teen plaasaanvalle eintlik ‘n boere-optog is, en ‘n

joernalis begin nooi om te kom saam deelneem aan die optog.

Veral as daai joernalis Bennie is, want sy Engel kom van

Bethlehem af en Bennie laat nie ‘n geleentheid verbygaan om

saam met sy Engel daar besoek te bring nie..

Net om daai kyke van “wat soek jy nou eintlik hier?” te kry.

Al is sy gasheer regtig ‘n boer. Bennie is ‘n joernalis, en meng

gou. Gou word probeer om hom te oortuig dat die

modderskepsels darem die land vreeslik kwaad aandoen. Bennie

kan tot aan die optog deelneem. Daarvoor was Bennie

slaggereed met lekker stapskoene, maar Boere stap nie optogte

nie. Hulle ry optogte. Met vragmotors, bakkies en 4X4’s. Te lekker

so op ‘n man se jis. As jy die Vierkleur, die ou republiekvlag of a

plakkaat wil swaai, kan dit ook gedoen word sonder om te loop.

Daarvoor is bakkies en vragmotors goed toegerus.

Hierna kan Bennie nog na van die toesprake luister, sê die

organiseerder. Maar hier kom ‘n spreker uit die Kalahari, dit sal

Page 64: Lugwaardin Opleiding

64

waardeer word as Bennie sy lyf dan maar skaars hou. Bennie

kom agter dis die einste priester wie se tolbos weer oor

Bethlehem kom waai. Die ene wat vir Bennie gelanseer het.

Vir nog ‘n sarsie van daai kafpratery het Bennie regtig nie

lus nie. Soos dat vasgestel is dat die nuwe regering die

Verowerde Gebied aan Lesotho gaan gee. Ongeag wat die OAE

se handves oor koloniale grense sê. Sy gasheer is ook al half dik

vir die Boere wat nie boere is nie, en hul lywe so rondgooi. Dus is

dit eers uit.

Maar toe die bomme in 2002 begin ontplof, toe loop Jorsie

se gees weer. Bennie se herinneringe aan Jorsie word egter ook

op ‘n ander manier gestimuleer. Een van die eerste ouens wat die

polisie soek, is juis die man wat vir Bennie gevra het om tog nie

die toespraak van die tolbos uit die Kalahari by te woon nie. Die

man het juis daar loop en ander kafstories ook verkoop met die

hoop dat Bennie dit in sy koerant sal skryf. Soos van die

Verowerde Gebied.

As Stephanus nog geleef het, sou hy hier heelwat kon kom

leer oor paranoia en gesplete persoonlikhede.

Intussen is daai Klein Koerant van Bennie lankal in sy maai

in. Bennie het die man van Bethlehem se kafpratery weer

ontmoet waar hy Saterdae hamburgers op die boeremark van die

stad sonder blomme verkoop het. Seker die boeremark gekies

sodat hy voorsitter van ‘n landbou-organisasie se

veiligheidskomitee kon word. Om ‘n Boer te wees en hamburgers

op ‘n boeremark te verkoop laat ‘n man darem stellig kwalifiseer

om op ‘n landbou-organisasie te dien, of hoe?

Page 65: Lugwaardin Opleiding

65

Lekker gesels met hom. Toe is hy skielik weg. Toe word sy

foto op TV gewys. Eers ‘n hele lot foto’s, maar toe vang die

polisie onder hulle, en dis net die hamburgerBoer en ‘n vriend van

Bethlehem wat weg is.

Met die vriend het Bennie ook destyds lekker gesels met

die Boere-optog. Daarom dan darem so bitter hartseer as die

man se kindertjies by die skool kom en die klasmaatjies vra: “Het

die polisie al jou pa gevang?” En sy vrou so op haar eentjie met

die boerdery moet voortspook.

Uiteindelik is hulle saam gevang. Die boer van Bethlehem

het staatsgetuie geword, en sy hele gesin het saam met hom

verdwyn.

Sedert Bennie se Eksodus uit die Provinsiale Frustrasie

het twee werke al onder sy jis toegemaak. Hy het ook al as

handlanger vir ‘n elektrisiën gewerk wat regser as die Rare

Regses is. Kom glad nie met die modderwesens reg nie, en

daarom het Bennie so ‘n joppie gekry.

“Iemand wat nog nie met die modderwesens gewerk het

nie, weet nie waarvan hulle praat nie!” hoor Bennie gereeld by die

elektrisiën. ‘n Slag donder Bennie self een van die

modderwesens. Dié was dik dagga gerook en skoorsoekerig. Te

gerook om agter te kom toe Bennie van Lethola na Mofirrifirri

getransformeer het. Toe bliksem Bennie hom.

Bennie is oortuig daarvan dat baie van die kontrakteurs

stil-stil dit verkies dat hul werkers op die site hulself aan die zolle

Page 66: Lugwaardin Opleiding

66

help. Of die setompi as jy vir ‘n elektrisiën of loodgieter werk, of

mtombi as jy messelwerk doen. Maak nie saak hoe jy hom roep

nie, hy het dieselfde effek. Veral vir die manne wat die harde werk

moet doen, soos die ouens wat slote moet grawe. Dit maak nie

saak hoe warm dit is, of hard die grond van El Nino se dinge is

nie, as ‘n man dof gerook is, wérk hy in die sweet van sy aanskyn

en vergeet heeltemal om moeg te word. Vir die kontrakteurs is dit

‘n aanwins, want die winsgrens op ‘n hop-skema is maar

effentjies, behalwe natuurlik as ‘n man contacts het om die regte

skema te kry. Die contatc synde ‘n amptenaar wat as sleeping

partner deel in die profyte.

Bennie werk vir die elektrisiën wat vinniger as ‘n

kortsluiting trip tot hy die eerste joernalistieke pos gekry het

sedert hy jare tevore dié beroep gegroet het om die staat met sy

vredesoekende Stratkom te gaan help. Om die staat met ‘n

vreedsame transformasie te loop help. Die later joernalistieke

joppies het nie lank gehou nie voor die plekke toegemaak het.

Bennie was selfs ‘n slag leerling-begrafnisondernemer.

Daar waarvandaan Jorsie gelanseer is.

Dié dat Bennie so weet van hoeveel werk daarin gaan om

sommiges te laat lyk of hulle vrede gevind het, so voor hul

lansering.

Die saak by die Wig oor hoe hy sy werk by die Provinsiale

Frustrasie verloor het, is nog nie deur die Wig afgehandel nie. Die

een ghoeroe by die Frustrasie, ‘n mede-Ariër, doen sy bes om

Bennie se saak te bedonder. Die ander een het lankal selfmoord

gepleeg, en nog een is nou besig om dinge by die Departement

Page 67: Lugwaardin Opleiding

67

van Suspisie se administrasie op te koffie. Daai een is met

bevordering soontoe.

Vandag, as Bennie so sy laagbesoldigde kontrakwerkie

voor die rekenaar in ‘n kantoorblok sit en doen, dan staan die

ghoeroe oorkant die straat ‘n vloer of wat hoër soos ‘n sfinks oor

Bennie en uitkyk. Eintlik is die blikslaer net besig om deur sy oop

venster ‘n dampie te slaan.

Bennie groet altyd vriendelik as hy die sfinks-kyk

agterkom, maar word nie teruggegroet nie. Doerrietyd was

Bennie verskeie range hoër as die sfinks. Nou is die rolle meer as

omgeruil, die sfinks is nou hoofdirekteur.

6. Mamma, ek wil ‘n alien hê

Nie uit Wes-Transvaal nie, maar oor die internet kom nog

gedagtes wat vir Bennie dui op hoe deurmekaar die mensdom se

koppe nou werk. Niks word ontsien nie, ook nie God nie.

Bennie het juis oor die aansprake van die nageslag van

slange en adders gewonder, wat nou die modderwesens is. Hy

weet nie te veel van die genetika nie, maar die sommetjies wil nie

vir hom klop nie. Die Rare Regses sê wel, as die engele kinders

by mense kon hê, en so die reuse kon oplewer, dan is dit

kinderspeletjies vir die slange. Maar Bennie weet nie so mooi nie.

Behalwe natuurlik as die slange eintlik oom Anneries se

reptielagtige aliens was. Slange is ook mos reptiele, en dié aliens

het g’n so ‘n gesukkel om met mense te baster nie, soos hul

aardse sukkelaars.

Page 68: Lugwaardin Opleiding

68

Oom Anneries was op Gehugie in ‘n kinderhuis. Daar is die

seuns vreeslik gemolesteer. Een van die beweerde groot

molesteerders het ‘n predikant van die Groot Kerk geword, en hy

word vandag steeds baie hoog aangeslaan.

Dit kan oom Anneries nie verdra nie. “Hy vra nie eens om

verskoning nie, en tog wil die Groot Kerk hê ons moet vergewe en

vergeet?”

Oom Anneries wou self by geleentheid predikant van die

Groot Kerk word. Maar dié ding het aan sy en die ander

slagoffers se siele bly knaag tot hul oudag toe. Hy het by die

Groot Kerk verby begin kyk, en is die rus en vrede van om soos ‘n

kind te kan glo, ontneem.

Natuurlik het oom Anneries ook ‘n eiertjie te lê oor die

historiese Jesus, en neem dit veel, veel verder.

“Dit lyk asof die sonnestelsel se ratte so werk dat daar so

ongeveer elke 3 000 jaar ‘n planeet naby ons verbybeweeg. Dan

kry ons besoek van hierdie mense af, of gode soos die ou mense

geglo het.”

“Is dit nou die planeet Heber – die ene waarvandaan die

Rare Regses sê die Hebreërs se voorsate vandaan kom?” wil

Bennie weet.

“Nee,” sê oom Anneries, “hierdie een staan in die leketaal

bekend as die Planeet X, maar eintlik Naburu. Hy wentel om twee

sonne, die een ons s’n, die ander een ‘n entjie vort.”

Page 69: Lugwaardin Opleiding

69

Bennie se kop duisel naderhand, al is hy self half

geïnteresseerd oor die wesens wat die aarde al sou besoek het.

Is hier dalk nou ‘n konneksie met die planeet Hemel waarnatoe

Jorsie onderweg is? Maar so plek-plek wil Bennie se kop nie

saamwerk nie.

Sedert Bennie as ‘n laerskoolkind in ‘n Dennis the Menace-

boek van die Asteekse beskawing in Mexico kennis geneem het,

verslind hy al wat leesstof is oor die ou Amerikaanse beskawings.

Eers dink Bennie hy kan met oom Anneries saampraat.

Maar oom Anneries is op ‘n heel ander gloflengte. Eintlik ‘n heel

ander dimensie waarvan net oom Anneries en ‘n uitgelese paar

ander weet en soort van begrip het.

Die Egiptiese en Sentraal-Amerikaanse beskawings is vir

oom Anneries oorgenoeg bewys dat daar ruimtewesens was wat

so weerskante van die groot oseaan half enerse beskawings kon

laat ontstaan.

Die feit dat die een lot al lankal dekadent was voor die

ander eers ontstaan het, pla nie vir Oom Anneries nie. Lank voor

die Asteke en die Inkas was daar al ou beskawings. Ook voor die

Mayas.

Bennie swyg maar so in sy binneste dat die “lank voor” ook

maar lank na die Egiptenare se beskawing was. Die Mayas het

die Tolteke kom verdryf, terwyl die Inkas ‘n paar ou beskawings in

puin gelê het. Die Mayas het maar so half uit die oues ontwikkel.

Veral die Mayas skep ‘n lastigheid vir die mense wat so

gekontikkie is oor verbande. Hulle het ‘n vreeslike akkurate

Page 70: Lugwaardin Opleiding

70

kalender gehad, wat al heel suksesvol met die huidige westerse

opgekoppel is. Maar oom Anneries sê daai is niks, daar is baie

ouer beskawings.

Soos die lawa wat oor ‘n Sentraal-Amerikaanse piramide

gestroom het. Die ouderdom van die piramide kon nie bepaal

word nie, maar wel die lawa. Dié is nou al meer as seweduisend

jaar oud.

Bennie weet van dié aanspraak, maar kry in die moderne

literatuur geen verwysing hierna nie.

“Dis nog niks. Het jy in die wêreldspektrum gesien hulle het

‘n skets van ‘n mielieplant in ‘n Egiptiese piramide gekry? Dit wys

mos daar moes lank voor Leif Erikson ‘n duisend jaar gelede ‘n

kolonie in Kanada gestig het, kontak oor die see gewees het.”

Bennie het die skets in ‘n ander ensiklopedie gesien, en vir

hom lyk dit maar alteveel na ‘n sorgumplant. Dus wil dit steeds vir

Bennie lyk of die Ariërs die eer toekom dat hulle die Amerikas

eerste ontdek het.

Maar dan kom Oom Anneries met wat hy meen die troef

der troewe is. “Het jy nog nie ‘n afdruk van die gravure van ‘n

mannetjie in ‘n ruimtepak binne ‘n ruimteskip gesien nie?”

Bennie hét, asook latere weergawes wat toe blyk eintlik ‘n

skets van ‘n Mayakoning in ‘n sarkofaag in die piramide te wees.

Omdat die Mayas, anders as die Egiptenare, nie normaalweg hul

piramides as graftombes gebruik het nie, het die geleerdes nie

regtig verwag om so-iets binne die piramide te kry nie, en

Page 71: Lugwaardin Opleiding

71

vandaar die stories van ‘n ruimtetuig. Maar toe kry hulle. Bennie

argumenteer liefs nie, want dan is dié anderster Mayabegrafnis

ook ‘n bewys dat daar kontak oor die see was. Al was dan nou

ook deur ‘n hengse inmenging in tydsdimensies om dit met

mekaar in verband te kan bring.

Ou Jorsie se ruimteskip was dit beslis nie. Maar om te

dink, as ou Jorsie se kis ‘n gawe ruimteskip kon word, moet ‘n

sarkofaag ‘n voorslag ruimteskip kan wees. Oom Anneries het

dalk tog ‘n punt iewers beet. Maar die oorspronklike sketse het

nie juis iets op gehad wat ‘n alien sou beïndruk nie. Eerder ‘n

vuurpyl wat heelwat primitiewer as die Duitsers se V-2 moes

wees. Waarmee die Ariërs die wêreld moes oorwin.

Maar oom Anneries is nog nie uit sy gesels uit nie. En wat

van daai ondersese stad met sy piramides wat die mense daar

onder die see by Kuba gekry het? Hulle reken dis so 7 000 jaar

oud.

Bennie weet, maar sê liefs niks. Dit lyk nou, maande later,

asof daai stad net so verdwyn het soos dit in die eerste plek

onder die see verdwyn het. Skoonveld, nes oorle’ Atlantis.

Bennie sit net en wonder, as daar dan so kontak was,

hoekom het g’n enkele Amerikaanse beskawing die wiel gebruik

nie? Hoekom het die Spanjaarde eers perde gebring? Die Inkas

het selfs trappies in hul paaie loop bou omdat hulle nie voorsien

het dat ‘n wielding ooit daar sou loop nie. Boonop die die Inkas

nie piramides gebou nie. Die Ou Wêreld se suile was op

plantmotiewe geskoei, en die Nuwe Wêreld s’n op dieremotiewe.

Page 72: Lugwaardin Opleiding

72

Die wielstorie is egter kos in oom Anneries se kraal. “Maar

as jy die swaartekrag oorwin het, soos wat hulle die groot rotse

van die Egiptiese piramides doer bo gekry het, dan het jy g’n

wiele nodig nie. Hoe dink jy het hulle ook Stonehedge en ander

dolmens se groot rotse bo gekry? Vandag nog is daar g’n masjien

wat sterk genoeg is daarvoor nie.”

“Buitendien, die een beskawing neem nie noodwendig dit

wat vir hom goed is, van ‘n ander oor nie. Die Inkas het

byvoorbeeld nooit skrif gebruik nie – net sulke gevlegde toutjies

aan ‘n stokkie. Tog het van die beskawings wat hulle oorwin het,

soos dié aan die Titicacameer, skrif gehad. Die geleerdes kan

nou nog nie daai hiërogliewe ontsyfer nie.”

“Miskien omdat hierogliewe wat so moeilik is om te

ontsyfer, ook maar moeilik is om regstreeks aan te leer.” Bennie

brom nog iets van dis dalk makliker dat hardlopende

boodskappers ‘n stokkie met toutjies ronddra as ‘n stuk klip met

hiërogliewe op. Maar oom Anneries het dit gehoor.

“Kyk man, die Wikings het darem seker perde en beeste

na die Amerikas gebring toe hulle hul kolonie gestig het. Waar is

die oorblyfsels daarvan vandag?” Nogal ‘n stewige argument.

“Buitendien, die Asteke het vir hul gode uit die see met

twee koppe gewag. Toe kom die Spanjaarde met hul perde, en

siedaar. Soos sakkers val hulle voor Cortez se manne. En daai

Asteekse keiser was ligter as sy mense, en het ‘n yl baard gehad.

Waar het jy nou al ‘n Indiaan met ‘n baard gesien?”

Page 73: Lugwaardin Opleiding

73

Oom Anneries glo die ganske wêreld was toentertyd reeds

‘n gehuggie, met stewige kommunikasie oor die groot oseane

heen. Al het hulle dalkies nog nie die internet gehad nie.

Maar eintlik is hierdie gespreksdimensie heeltemal te vlak

vir oom Anneries. Hy is lankal by daai argumente verby. Na veel

vroeër, toe ‘n ruimteskip in die suide van die huidige Rusland loop

staan en neerval het. Die twee oorlewendes slaan toe voet na die

Midde-Ooste, waar hulle later Israel en Ishmael word.

“Jy sien, eintlik het ons uit niks op hierdie aarde ge-

evolusioneer nie. Ons en baie dinge op aarde kom eintlik uit die

ruimte uit.”

“Hierdie ruimteskepsels was so half OK. Ishmael se

nageslag – die was nou ‘n half ander lotjie. Jacob se lotjie is van

die skepsels wat deur die primitiewe mense as gode aangesien

is, soos wat ons so baie in die Bybel van lees. Dis eintlik ander

reptielagtige wesens uit die ruimte wat die Annunaki gestig het

wat die moeilikheid maak, en met Ishmael deurmekaar geraak

het.”

“Dis hoekom Ishmael se nageslag so tekere gaan met

Osama en Saddam en dié lot. Hulle probeer steeds hul

eerstegeboortereg wat Jacob gesteel het, terug te kry.”

“So, dis nou hoe die slang dit so maklik reg kry om met

mense te baster?” Was nie regtig ‘n slang nie, net ‘n alien wat ‘n

reptielagtige voorkoms gehad het.

Page 74: Lugwaardin Opleiding

74

“Man,” raas oom Anneries, “dis hoekom kloning so

belangrik is. Vermeninging tussen mense en aliens kan net deur

kloning geskied. Dis hoekom die mense van Naburu so slim kan

wees. Hulle het die twee spesies gevat en mense gekloon wat

vier breinlobbe het. Het jy al op die foto’s gesien hoeke groot

voorkoppe hulle het?”

‘n Paar liggies gaan vir Bennie aan. Soos hoekom van die

sektes so met kloning en aliens behep is. Dat ‘n lotjie glad saam

selfmoord gaan pleeg het om op die ruimtereis te gaan na ‘n

ruimteskip wat die aarde agter ‘n naderende komeet genader het.

Oom Anneries se siening oor hoe godsdiens ontstaan het,

is omtrent soos ander glo die mens deur evolusie ontstaan het.

Namate die mens se begrip verbeter het, het hy stukke uit die ou

heidense godsdienste oorgeneem, en uiteindelik ‘n ding

beetgekry wat die christendom genoem word. Oom Anneries spel

dit nie met ‘n hoofletter nie. Die verbeterings op godsdiens het

soos taks elke 3 600 jaar plaasgevind, wanneer Naburu ‘n draai

by os sonnestelsel kom maak.

Die beste bewys dat die Chrsitendom nog boos is: “Kyk net

wat se absolute wreedhede word in die naam van die

Christendom gepleeg,” sê hy. Hoewel oom Anneries nog nooit

laat blyk het dat hy self in die gehuggie se kinderhuis gemolesteer

is nie, is sy galbitterheid ‘n teken dat dit seker wel die geval was.

Hy is veral bitter teenoor daai predikant wat amper net so bekend

soos die Sonkoning is.

Page 75: Lugwaardin Opleiding

75

“Die annunaki het ook net godsdiens geskep om mense en

rasse te verdeel. So kan hulle hul bose planne uitvoer.” Bennie

verstaan nie mooi wat met die bose planne bedoel word nie.

“Kyk nou net mooi daai Rare Regse-fiksie-ouens. Hulle

maak so aanspraak daarop dat hulle so ‘n uitgelese groep

Christene is. Tog maak hulle dood.”

Bennie wil nog walgooi dat die ouens wat die Soweto-

bomme geplant het, darem nie aspris mense doodgemaak het

nie. Die vrou wat dood is, is doer ver in haar kaja deur ‘n stuk

vallende spoorlyn getref. Dit kon nie aspris gewees het nie.

Maar by die Boeddhistiese tempel op Dronkwordspruit, op

Worcester en op Kerkplein is bedoel om mense dood te maak. Of

dan modderwesens. Die afstammelinge van die annunaki? Die

klomp boute en moere bo-op plofstof agterop ‘n bakkie dui ook op

dood en verminking. Die tolbos en die wit wolf lyk ook nie erg

gepla oor die dood en verminking wat die Rare Regses aanrig

nie.

Dit is nogal vreemd dat ‘n mens jou so op Christenskap

kan beroem, maar dan strategie en taktiek gaan leer by

geweldsfilosowe soos Satre, Fanon, die Jakkals en Oom Ché.

Net die Kerk van die Skepper-lotjie sê daar is g’n god nie.

“Wys net, as ‘n klein, handjievol mense wat goed opgelei

is, wil ontwrig, kan hulle behoorlik ontwrig.” Die keer was dit

Bennie, en dié keer luister ‘n paar mense.

Page 76: Lugwaardin Opleiding

76

Die regering kan maar aanhou sê dis net ‘n handjievol

mense sonder beduidende steun, maar solank daai tolbos uit die

Kalahari waai, so lank gaan daar al hoe meer Ariërs saam met

die modderwesens in die tjoekie sit. So lank gaan ‘n mens nie

weet of ‘n Kersaand met kartetse en liggaamsdele getooi gaan

word nie.

“Dis darem nie net mense wat sê hulle is Christene wat so

terreur pleeg nie,” sê oom Anneries. “Kyk nou net hoe lief is daai

Bakgat5-ouens in die Kaap vir ou Osama se lot. En heng, kan

hulle nou vir jou doodmaak!”

Dis maar ‘n lekker deurmekaarspul. As dit nie Arabier of

Pers is wat Koerde doodmaak nie, is dit Soeni en Sjieït wat

mekaar aan die keel gryp. Dan is ou Saddam nog eintlik ‘n

Soeniet wat oor Sjieïte regeer het, en so sy mense teen die Perse

laat oorlog maak het.

Of kan ‘n mens nou nie van die Arabiere as mense praat

nie? Is hulle dalk ook afstammelinge van Kus, en dus eintlik

modderwesens? En al is baie Arabiere eintlik ook maar lekker lig,

en nog boonop Christene ook? Die kruisvaarders was in die paar

eeue wat hulle daar in die Midde-Ooste was taamlik besig. Nou

het sommige wesens wat eintlik modderwesens moet wees, blou

oë en blonde hare. En hulle baster boonop so maklik met die

modderwesens.

5 Bliksems Against Korruption, Gatkruip and Terre’Blanche.

“Corruption” is wel verkeerd gespel, maar ‘n mens moet in

gedagte hou dat dit eitlik Afrikaanses is wat Engelse name aan

hul kinders en organisasies gee.

Page 77: Lugwaardin Opleiding

77

Net so maklik, so lyk dit, soos ruimtewesens met die hulp

an kloning met die aardbewoners baster. Al is van die

ruimtewesens nou ook reptielagtig.

Maar dis nie waar die deurmekaarspul eindig nie. In Sirië is

die wesens weer Soeniete, wat deur die Alawiete regeer word.

Die Alawiete is weer ‘n sekte van die Sjieïte. Net mooi andersom

as in Irak.

In Libanon is die helfte van die wesens Christene, en ‘n

hele lotjie hiervan afstammelinge van die Armeniërs nadat die

Turke hulle so lelik begin uitmoor het. Danksy die Armeense

invloed kon Libanon die Switserland van die Midde-Ooste word,

en kon Jorsie Barak se voorsate na Suid-Afrika kom.

Toe die ganske Arabiese wêreld vir Egipte kwaad word oor

die Camp David-verdrag, toe lag die Egiptenare vir die ander

Arabiere. Want die Egiptenare is meer as al die ander Arabiere

saam.

Maar eintlik gaan dit hier om Bakgat en

selfmoordbomaanvalle van hul pêlle in die Midde-Ooste. As hulle

mekaar uitmoor, is dit met min of meer fêrplie aanvalle. Maar as

die pêlle ander aanval, is dit gewoonlik so burgerlik as moontlik,

met selfmoordaanvalle. Soos die aanvalle van 11 September.

Hulle, so word vir hulle vertel, gaan op dié manier reguit

hemel toe. Of dit ook met ‘n ruimtereis gebeur, dit weet Bennie

nou nie. Boonop sal hulle vir so ‘n ruimtereis by Nasa moet gaan

aanklop, want die Russe se goed werk nie aldag so lekker nie, en

Page 78: Lugwaardin Opleiding

78

die Europeërs s’n nog minder. Dis egter hoogs te betwyfel of die

Bossieman van sy ruimteskepe aan die Moslem-terroriste sal

uitleen.

Want kyk net hoe vlieg hulle. As hulle met vliegtuie so

kammikatse-agtig in geboue loop vasvlieg, hoe gaan hulle ‘n

ruimteskip op koers hou? Dalk Challenger II aan hulle afstaan.

Die eerste het soos ‘n bom gewerk.

“Wat ek nie verstaan nie,” sê Bennie, “is dat die Rare

Regse-fiksiemense self so graag Jode wil wees as hulle die Jode

so haat? Wil ook nie eens swyn op die spyskaart hê nie. Die een

priester daar van Vrede af wil selfs hê die mense moet besny

word voordat hulle regtig Israeliete kan wees.”

“Jong, moenie dat hulle hoor jy sê hulle is Jode nie,”

waarsku oom Anneries. “Eintlik is hulle nie so teen die Jode self

nie, maar teen die wesens wat vandag as Jode deurgaan. Hulle

sê dis die nakomelinge van basters met die Edomiete en

Moabiete.”

“Nou wat is dan so fout met die Moabiete?” wil Bennie

verbaas weet. Jesus is self ‘n nasaat van Rut, ‘n Moabitiese

vrou.”

“Jong, daai priester sê Rut was g’n ‘n Moabiet nie. Sy was

‘n Israelitiese vrou wat bloot in Moab gebly het.”

Maar die Bybel sê tog “Moabitiese vrou,” maar uit vrees vir

‘n referaat oor ‘n ander dimensie bly Bennie maar liewer stil.

Page 79: Lugwaardin Opleiding

79

“Maar Jesus was tog ‘n Jood, lank na die Jode glo so met

die Edomiete uitgebaster het.” Bennie wil nog byvoeg dat die

Jode destyds om die een of ander rede Aramees, en nie

Edomities nie, gepraat het.

“Nou wag nou,” sê oom Anneries. “Onthou, Jesus was op

aarde as seun van God. Hy is dus nie biologies ‘n kind van Josef

nie. Ek is nou nie seker hoe hulle by Maria verbykom nie,” sê oom

Anneries. “Dalk ook met kloning.”

Skielik is oom Anneries krapperig, toe hy besef hy tree vir

Jesus se Goddelikheid in. Dit strook darem nie met sy eenkant-

studie oor die historiese Jesus nie.

Nie dat oom Anneries se anderster sienings nou juis

beteken dat hy reken die stad sonder blomme se skoolkinders

moet so dagga rook nie. Ook nie dat hulle so erg baie drink soos

hulle gedurende skoolvakansies drink nie. Naby die drankwinkels

is daar oorgenoeg leeglêers wat vir ‘n kind teen kommissie ‘n

bottel hardehout gaan aanskaf. Met die omvang van die kinders

se sakgeld is die kommissie nogal ruim. Daar bly boonop genoeg

oor vir ‘n hele paar zolle ook.

Dis juis hierdie uitrafeling wat maak dat dit nie net

christene is wat begin rug styfmaak nie. Bakgat is ‘n tipiese

voorbeeld van waar Moslems ook keelvol raak vir die bendes,

dwelms en verkragting.

7. Die wysheid van Salomo

Page 80: Lugwaardin Opleiding

80

Dit grief vir oom Anneries. Hy is kwaad vir die samelewing

omdat die lewe nie regverdig is nie. Tog is hy ‘n fyn mens met

groot meelewing vir hulle wat met gebreekte vlerkies.

Maar die lewe is nie regverdig nie. Hier sit Bennie en sy

gesin ook met die gebakte pere omdat Klaas, die lang Ariër dit

goed ge-ag het om ‘n koeliegrap by die Indiërs te gaan maak.

Bennie kan nie mooi uitmaak waar die Indiërs in die Rare

Regses se prentjie inpas nie. Soos die Ariërs is die meeste van

hulle ook van Indo-Germaanse herkoms. Maar dan, die Rare

Regse sê eintlik is die Ariërs nou Semiete, en tussenin kom die

aliens ook by. Bennie weet Hitler het dit nie te erg teen die die

Japannese gehad nie – selfs saam met hulle die spilmoondhede

teen die Geallieerdes gevorm. Die Indiërs is baie nouer verwant

aan die Duitsers, dus Ariërs, as die Japannese.

Maar, as ‘n mens kyk hoe erg teë Hitler op die arme

Gypsies was. Hulle is glo van Indiese herkoms. Dan kry Bennie

eintlik enige Indiër wat sy voete in Hitler se Duitsland sou sit, baie

jammer. Bennie sou sy kop nooit hieroor gebreek het nie, was dit

nie dat dié kwessie sy pad gekruis, en sy lewe blywend verander

het nie.

Eers was daar nie juis Indiërs in die Vrystaat nie. Toe hulle

wel begin kom, het Bennie vir Paul gevra om ‘n ogie oor hulle te

hou. Voor die nuwe Suid-Afrika is hulle egter omtrent almal weer

met hul lang slap Duitse motors terug Natal toe. Kon nie hier in

die Vrystaat regkom nie.

Page 81: Lugwaardin Opleiding

81

Maar met die nuwe Suid-Afrika is hulle met mening terug.

Veral in die Depertement waar Bennie se komponent geplaas

word. Die LUR se departementshoof is ‘n Indiër, die privaat

sekretaris is een, so ook sy broer die administratiewe sekretaris.

Nog ‘n paar adviseurs, en die aangewese hoof van die

Ontwikkelingskoöperasie voltooi die prentjie. Agt van die 15

bekleërs in die topposte volgens die interne telefoongids is

Indiërs. Mooi volgens die kwota van regstellende aksie, sien, vral

in die Vrystaat.

Nie ‘n gawe plek om ‘n koeliegrap te maak nie, en Bennie

is nie so erg stupid nie.

Toe vra die LUR dat Bennie se afdeling ‘n ontwerp vir ‘n

advertensie in ‘n oorsese tydskrif moet kry. Die grafiese

kunstenaar by neef Danie-hulle wat dit eintlik moet doen, sê net

sy is te besig. Bennie onthou by die Frustrasie se museumdienste

is grafiese kunstenaars en stuur vir Klaas soontoe.

“Wie en wat en waar is Naln?” Bennie is verbaas, want

Klaas is bekend vir sy hoë intelligensie. Bennie beduie.

Soos dikwels, volg Klaas sy eie kop, en kom met ‘n paar

swak ontwerpe terug wat ‘n ander museum wat niks met die

Frustrasie te make het nie, gemaak het. Dis te laat om Klaas se

kop in te moker, en beteres by die regte plek te laat maak. Hy

stuur Klaas daarmee na die Indiërs.

‘n Dag of wat later bel die Hoofdirekteur: “Wat het Klaas

nou al weer aangevang?”

Page 82: Lugwaardin Opleiding

82

Nee, Bennie is in die duister.

“Een van daai ontwerpe wat hy gaan wys het, het die

museummense vir die grap gemaak. Dit sê die Vrystaat is so

stabiel omdat daar nie eintlik Koelies in is nie!”

“Klaas het beslis nie daai ontwerp vir my gewys nie. Ek is

nie so stupid om so-iets te laat deurglip nie.”

“Nietemin, hulle is besig om ‘n groot Kabaal op te skop,” sê

die hoofdirekteur.

Klaas het naderhand ‘n beëdigde verklaring opgestel

waarin hy erken dat Bennie nie van die ontwerp geweet, of kon

geweet het nie. Dit help bokkerôl. Klaas is lankal weg na hy vir sy

troue ‘n staatsbakkie gereël het om stoele kerk toe aan te ry, die

Indiërs is almal na ‘n buitengewone ouditeur-generaal-verslag

gefire, maar die ontwerp word steeds op Bennie se brood

gesmeer.

Maar die lewe is nou maar te ene male nie regverdig nie,

soos blyk uit die Springbokstorie. Amper erger as ‘n destydse

Springbokradio-storie.

Bennie sal homself nooit vergewe dat hy nie destyds iets

aan die Springbok se heil probeer doen het nie. Dis nou nie die

springbok wat rugby speel nie. Nee, hierdie Springbok se lot was

veel erger as die lot van die springbokke wat krieket gespeel het.

Hierdie Springbok is nou net so verguis soos wat die

krieketspringbok polities inkorrek is.

Page 83: Lugwaardin Opleiding

83

Destyds was Bennie ‘n hofverslaggewer toe die Springbok

die eerste keer ingebring is. Aangename seun, al was hy toe al

taamlik diep in die sop.

Springbok wou sy oupa daar op die plot ‘n streep trek en

hy steek sy oupa se pyp weg. Oupa, wat al bietjie dik vir die seun

se streke was, besluit om die kind ‘n les te leer. Hy reël met ‘n

polisievriend dat die Springbok aangekeer, en skrikgemaak word.

Maar Springbok het engtevrees. Toe die kaptein in die stad

sonder blomme se hoofpolisiekantoor hom onder oë sien, en die

kaptein ‘n oomblik sy rug draai, is die vreesbevange seun by die

venster uit. Dis op die boonste verdieping, en die polisie deursoek

die terrein.

Maar die Springbokkie is weg. Skoonveld. Nee. Dis nie die

aliens of die annunaki wat hom ontvoer het nie. Hy het ontsnap.

Later, toe hy honderde kilometers daarvandaan aangekeer

is, blyk dit dat hy nie af is by die polisiekantoor soos die polisie

gedink het, maar op, en oor die dak. Anderkant “leen” hy ‘n kar

om weg te kom. En die Springbokkie laaik van kleintyd af karre,

en hy gebruik sy baie tegniese kennis goed om ‘n kar aan die

loop te kry. Toe die kar se petrol opraak, “leen” hy nog een, en

toe die petrol opraak, nog een. Want die Springbokkie wil nie

steel nie, en kan dus nie petrol koop nie. Hy leen liewer motors

sonder die eienaars se medewete.

Die polisie neem nie weer kanse met dié glibberige

kalantjie nie, en neem hom na die stad sonder blomme se tronk

toe. Vir ‘n jong seun met engtevrees is ‘n tronk, en juis daardie

Page 84: Lugwaardin Opleiding

84

tronk wat deesdae nie meer gebruik word nie, iets vreesliks. In ‘n

ommesientjie is hy weer daaruit – by ‘n plek waar niemand in die

voorafgaande eeu eens gedink het dis moontlik om oor te kom

nie. So verwerf hy dus die naam Springbok.

Weer gaps hy ‘n rits karre, en weer word hy eers doer wyd

aangekeer.

Die keer kom hy met voetboeie tot in die hof. Hy word vir

elke individulele ontsnapping en motordiefstal gevonnis – g’n niks

as ‘n kontinue daad van ‘n clousterfobiese paniek om weg te kom

nie.

Sommer so met die intrap, wat as grap begin het, eindig vir

dié seun in langtermyn-gevangenisstraf. Eintlik die doodstraf,

maar dit het die landdros nie toe kon weet nie. Toe het niemand

nog van die groot V gehoor nie, al het almal toe, sonder die Jali-

kommissie, al geweet hoe dit in die tronke gaan. Van die

mannetjies en die wyfies.

“Die tronk maak ‘n mens sleg,” sê die Springbok met een

van sy verskynings vir Bennie. “Vat nou maar daai Bester ou. Wat

‘n goeie mens6, maar ek sien hy word ook nou sleg. Nou die dag

sien ek hy rook ook nou dagga.”

Dis egter nie die einde nie. ‘n Ruk later skryf die Springbok

eksamen saam met ‘n geharde misdadiger – ‘n gewese

polisieman wat in die Kalahari as kontakpunt vir die

6 Die Goeie Bester het honderde duisende rande se polisbedrog

gepleeg.

Page 85: Lugwaardin Opleiding

85

Standerbende opgetree het. Toe word hy vir iets heeltemal

anders gevang.

Die Springbok en gewese polisieman maak hulself uit die

voete. Met helikopters soek hulle oor die hele koppie in die middel

van die stad sonder blomme, en vang die platpoot.

Maar die Springbokkie is skoonveld.

Eers heelwat later word hy op Jors, ekskuus, George,

aangekeer. Weer heelwat motors geleen om daar te kom.

Toe’s dit sommer groot moeilikheid. So erg dat hy na die

plek sonder water anderkant Donkergat gestuur word.

Bennie voel nou nog hy moes iewers gaan praat het –

hierdie ding kon so heelemal anders uitgeloop het as ‘n

aaneenlopende handeling weens vrees gedrewe, nie as ‘n lot

verskillende oortredings beskou is nie.

Nie een motor het skade aangehad nie, en niemand

behalwe ‘n paar likkewane se ego’s het seergekry nie. Bennie het

niks gedoen nie, omdat hy, toe hy uiteindelik die tyd daarvoor kry,

nie die Springbok se regte naam kon onthou nie. Bennie slaap

soms nou nog, meer as twintig jaar later, nie lekker nie oor dié

ene. Intussen het bitter baie van die polisie in die Vrystaat

kriminele rekords, wat tot moord en verkragting insluit. Aldus die

Kommissaris self.

Maar die Springbok is lank nie al een wat die wind van

voor gekry het nie. Die Romeine het van die vroeë vlugtelinge

Page 86: Lugwaardin Opleiding

86

lewende fakkels gemaak. Die inkwisisie het self maar rof

aangegaan met die mense wat hulle as ketters beskou is. Die

Spanjaarde het plek-plek maar rof met die heidense Asteke en

Inkas aangegaan, maar lank nie so rof soos wat die Asteke en

Tolteke met ander Indiane aangegaan het nie.

Oom Anneries se bitterheid is dus nie sommer so uit die

lug gegryp nie. ‘n Ver pad van die man wat in ‘n stadium

predikant van die Groot Kerk wou word. ‘n Sweer diep binne wat

al groter en groter groei, so lank as wat die sonpredikant nie sê

hy is jammer oor wat hy aan die magtelose seuns gedoen het nie.

En solank die Groot Kerk ook bly anderpad toe kyk oor hierdie

een.

Amper soos ou Jorsie se kleintydse omstandighede wat

ook eintlik maar nie te waffers was nie. Kinders wat met letsels

die lewe ingaan wat hulle nie kan verwerk nie. Blote genade as

hulle die letsels darem so kan verwerk, dat hul kinders sonder

daardie littekens die lewe kan ingaan. Almal moet gelouter word,

in die geloof taai gemaak word, maar vir sommiges word daardie

omstandighede te erg.

Dis dan wanneer die priesters uit die Kalahari toeslaan, en

ekstreme sekuriteit bied.

Dis dan wanneer hulle ook enigiets wysgemaak kan word,

en hulle op hul beurt hierdie twak verder gaan verkoop. ‘n Mens

sou reken die mense sou sulke twak nie sluk nie, maar tog vind

die tolbos se saadjies plek-plek vrugbare teelaarde. Uiteindelik

beland hulle met hul jisse onvermydelik in die tronk, en ander voel

weer vir hulle jammer.

Page 87: Lugwaardin Opleiding

87

Soos toe die hamburgerverkoper aangekeer is, toe word

op die boeremark oor die luidsprekers steun aan hom toegesê.

Die boodskap het net halfpad gekom voor dit gedoof is, maar dis

halfpad uit. ‘n Goeie begryper het ook net ‘n halwe sin nodig, en

Bennie is nie baie stupid nie.

Al kan Bennie nie verstaan hoe dit kan wees dat die ou

Chinese lank voor oorle Batholomias om die Kaap is, ‘n kaart van

die Suidpunt van Afrika kon teken nie – dit kan Bennie nog

verstaan – maar ‘n groot binnelandse see in die huidige Kalahari

kon teken? Daar was eers ‘n groot binnelandse see waar

Botswana vandag is, maar dis so ver Bennie weet al donkiejare

voor die Chinese kon skepe bou daarmee heen toe die Zambezi

daar by die Victoria-watervalle deurgebreek en ‘n koers see toe

gekry het.

Bennie verstaan ook nie mooi hoe ‘n stad soos die stad

wat vandag as die Zimbabwe-ruïnes bekend staan, ‘n duisend

jaar gelede so uit die niet tot stand kom kom nie. Waar het die

mense destyds voorbeelde van sulke bouwerk gesien? Het dit

dalk iets te make met die misterieuse terasse en kanale deur

tonnels, wat lyk of mense uit die ooste eens daar rys geplant het?

Die voorouers van Madagaskar het tog immers van die veraf

Indonisië gekom, en juis so kuslangs kanale gebou.

Bennie kan nogal verstaan as mense so liggelowig raak.

Vat nou maar hoe sinies hulle moet raak as die regering sê die

boere se grond sal nie afgevat word nie, maar Mugabe wat dit wel

doen, bly die regering se dikke pêl. Dit terwyl die regering juis

sulke vreemdsoortige pêlle soos Ghadafi, Castro en Saddam het.

Page 88: Lugwaardin Opleiding

88

Nee, dis nie omdat hulle dink dat daar iemand weggeraak

het dat hulle nou die dag sensus gehou het nie. Met dalk meer as

agt miljoen onwettige immigrante, heelparty vigsdraend in die

land, is ‘n miljoentjie hierdie of daardie kant toe nou nie eintlik ‘n

ernstige saak nie. Dis eintlik die volgende jaar met die

landbousensus dat Bennie ervaar hoé groot die vertrouensgaping

tussen die boere en die regring geword het.

Bennie het groot respek vir die verantwoordelikheidsin van

‘n regter. Dit kan nie maklik wees om sommer so te besluit hierdie

ou moet loop swaai, en dan die aand nog rustig te eet en te slaap

nie. Behalwe natuurlik hier en daar ‘n regter wat nie veel

probleme daarmee sal hê nie. By geleentheid moet ‘n advokaat ‘n

regter, wat pas die sluiertjie oor ‘n kalant getrek het, in die gang

inhardloop waar die regter aanstap, lustig ‘n vrolike deuntjie aan’t

fluite.

Die advokaat wil namens sy kliënt appél aanteken. Die

regter is ongeërg, en weier die aansoek toe dit dien. Die appélhof

gee toestemming vir appél, en die doodstraf word weens die

versagtende omstandighede in vyf jaar tjoekiesit verander. Die

Springbok moes vir sy poets baie langer sit.

Maar oor die algemeen is regters mense wat hul taak en

verantwoordelikheid baie ernstig opneem.

Dus toe Minnie en haar man met die skelm pastoor van die

Platbergsesekte by die see deurmekaar raak, en dinge toe suur

raak, raak dinge ingewikkeld. Sy gaan terug binneland toe met

Page 89: Lugwaardin Opleiding

89

haar string kinnertjies, en sluit by haar ouers se kerk aan – die

Rare Regse Fiksie.

Nou is dit ‘n stryd om toesig oor die kinders. Minnie wil nie

die kinders aan die skelm pastoor se kommune uitlewer nie, en

watter regter sal voorkeur gee aan ‘n ma wat by die Rare Regse

Fiksie is? Die regter wat dié een gaan uitpluis, gaan meer as die

wysheid van Salomo nodig hê.

8. Van pêre en persvryheid

Het iemand gesê persvryheid in Suid-Afrika word deur

politieke korrektheid bepaal? Die amper vergete woorde?

Dan moet iemand nou ‘n koerant in die stad sonder

blomme probeer uitgee, en hy sal gou sien politieke korrektheid is

wel ‘n probleem, maar ‘n vulletjie teen die Mag van die

Adverteerder.

“What do I know about the stomache of a horse?” het die

Engelsman destyds gekla toe hy die Afrikaansvaardigheids-

eksamen vir sy staatsdienspos afgelê het, en maar bitter

mismoedig terug by die werk gekom het.

Toe sy kollegas wat meer van Afrikaans uitgemaak het, na

die vraestel kyk, sien hulle die vraag is nie om ‘n opstel oor die

“maag van die perd” te skryf nie, maar van die “Mag van die

pers.” Die stad sonder blomme weet net so min van die mag van

die pers as die Engelsman oor die maag van ‘n perd.

Page 90: Lugwaardin Opleiding

90

Dis nou veral as ‘n mens die regering se nasionale

uitsaaier heel taalonkundig onder “pers” gaan indeel. By hierdie

lotjie gaan dit uitsluitlik oor politieke korrektheid.

By die pers self gaan dit oor die Mag van die Adverteerder.

Laat ‘n adverteerder se skelmpie nou net skeeftrap en jy probeer

daaroor berig. Kyk net wat gebeur. Of dat ‘n sleutelou in die

transformasieproses van ‘n ander adverteerder skelmstreke

uithaal. Kyk of jy dit gepuliseer kan kry.

Nie in die stad sonder blomme nie.

In ‘n klein stadjie soos die stad sonder blomme ken

omtrent almal vir almal, en omtrent almal ken ‘n adverteerder, of

is nog familie van hom, of sy skelmpie. Dit maak die ruimte vir

ondersoekende joernalistiek so eng soos in Indiaanse kano.

Eintlik is die stad sonder rose net ‘n gehuggie. Almal ken

almal, behalwe hul onmiddelike bure. Veel erger as oom Anneries

se wêreld wat hy reken in geheel maar ‘n gehuggie is soos

moderne kommunikasiemiddele dinge vir die ouens wat bomme

wil plant, maklik maak. Propaganda van die daad. Nou terreur in

Donkergat, en oor vyf minute op die TV skerm in Santiago.

Maar aan die rare regses se gekla steur die pers hulle nie

altyd te veel nie. So dwaal die Herder wat die Bybelse

dagstukkies skryf vir die stad sonder blomme se Groot Koerant

deur te skryf van swart mense.

Hoé kan iemand nou sulke twak in ‘n koerant skryf.

Modderwesens wat mense is?

Page 91: Lugwaardin Opleiding

91

Die omie is so regs dat hy eintlik twee regterhande het, het

sy seun eendag verskonend gesê. Nou is hy op die oorlogspad

dat die Herder nou die christelike geloof met sulke

onverantwoordelikhede kan besoedel.

Die omie reken hy het ‘n vreeslike goeie saak om die

Herder na die waarheid te lei. So ‘n goeie saak dat hy dertig

bladsye volskryf van bewyse uit die geskrifte dat die

modderwesens g’n niks mense is nie. Dié word vir die Herder ge-

gestuur. Maar steur die Herder hom aan die oom met die twee

regterhande?

Nee, die herder dwaal steeds. Die modderwesens bly

mense.

Dit laat Bennie weer aan Oom Anneries en die ander se

haakplekke met Paulus dink. Dit was ook nie die eerste keer dat

Bennie gehoor het daar was glo fout met Paulus nie. As reakteur

van die Klein Koerantjie laat roep hulle eendag vir Bennie na

ontvangs toe. Daar wag ‘n gas. Dié gas blyk toe Fielies die

gewese boemelaar te wees.

Net daar annekseer hy vir Bennie, en haal uit die Grieks

aan om te bewys dat Paulus eintlik nie ‘n apostel was nie. Bennie

het net met ‘n halwe oor geluister – enersyds omdat hy werk

gehad het om te doen, en andersyds omdat hierdie soort

gesprekke nie eintlik sy lyn is nie. Al vertel Fielies hom nou ook ‘n

honderd keer dat hy, Bennie, nie te stupid is nie, en in hierdie

dinge behoort belang te stel.

Page 92: Lugwaardin Opleiding

92

Destyds het Bennie in elk geval aanvaar dat Fielies se

sienings maar net sy eie is, en in isolasie staan. Dat dié sienings

iets te make het met die feit dat Fielies die kluts so kwytgeraak

het en ‘n boemelaar geword het. Al was Bennie nogal verbaas

hoe glad Fielies oor die Grieks en dinge kon praat. Maar dan –

Bennie het geweet Fielies was eers ‘n amperse professor by die

universiteit voordat hy ‘n outie geword het.

En, het Bennie agtergekom, die doel van die besoek was

eintlik om gratis advertensies vir sy banjo-klasse te probeer kry.

Dat Fielies ‘n kansvatter is het Bennie lankal gehoor. Eintlik het

Fielies se vervreemde kinders ook al so in ‘n brief in die Groot

Koerant geskryf, en groot vraagtekens oor hul pa en ma se

bekering geplaas.

Net so was Knyp Tang ook nie al een by wie Bennie van

die Illuminatie gehoor het nie. Nee, op Bennie se vloer by die

Frustrasie was ‘n Ou Toppie wat self oortuig was die

modderwesens is nie mense nie. Maar hy was aanvanklik nog in

die Groot Kerk. Die Ou Toppie het op ‘n feitlik daaglikse

grondslag ‘n slagoffer in die hande gekry, en hom of haar die heel

dag lank onderrig in die aanslag van die Illuminatie. Ook baie

haak-en-takke met die nuwe Bybelvertaling, en veral Paulus.

Arme Paulus, dat hy nou nie as ‘n Jood sonder bedrog beskou

kon word nie.

Maar die Ou Toppie was nie kwaad vir die Jode nie soos

wat hy vir die Amerikaners en die DBV was nie. Vir die DBV was

hy kwaad omdat sy bure hom gerapporteer het oor hy sy honde

so wreed slaan.

Page 93: Lugwaardin Opleiding

93

Sy woede vir die Yanks was ingewikkelder. Hul rol in die

Illuminatie was volgens die Ou Toppie groter as wat Knyp Tang

dit gesien het. Volgens die Ou Toppie was die Amerikaners baie

groter vuilgoed as wat Osama, Ghaddafi, Mugabe en Saddam

ooit saam sou kon hoop om te wees.

Bennie verstaan nog nie veel van die Illimunatie nie,

daarvoor is hy te half stupid. Die Ou Toppie se beskrywing van

die Yanks strook ook nie met Bennie se persepsie van die Real

American Hero, die gesinsman soos Dennis the Menace se pa

nie, en ook nie met Bennie se ander verwysingsraamwerk van

Yanks nie – Magnum PI, McGiver en Colombo nie.

Wat Bennie wel weet uit sy dae by die geheimsinnige

diens was dat ons eie McGiver ‘n sensiteringsplan van

Grondboontjieman Cartoon oopgekrap het. Ook wie in Suid-Afrika

spesifiek hiermee geteiken is. Ook dat omtrent al hierdie mense

nou belangrike poste beklee. Uit die lêplek van die Leeu van

Wes-Transvaal piep klein Peens met sy Epolstemmetjie. By die

groot platberg staan Mapstieks oor die land en skuinskyk. Meyhol

het intussen nie weer refills gekoop vir die penne wat hy by die

Groot Indaba so leeggeteken het nie. Hy kry hulle nou sommer

daar in Sri Lanka – by die Indo-Germane.

Bennie verstaan nie baie hiervan nie, maar dat die

Illuminatie iets hiermee te make het, dit kan hy darem nie dink

nie.

9. Die tegnokrasie

Page 94: Lugwaardin Opleiding

94

Daar was ‘n tyd, lank gelede, wat Bennie nogal gedink het

die land kan effektief deur ‘n tegnokrasie regeer word. Dan kon

almal so soort van tevrede wees hulle word nie deur die een of

ander ras regeeer nie, maar wel deur die beste mense.

Dit was lank gelede.

Neem nou maar daai groot-vir-haar-skoene meisie van

Maties wat in die koerant so in Dampies Roodt se karakter inklim,

en hoe sy sommer namens die jongmense praat. Dit terwyl die

Vredesfront die studenteraadsverkiesing by ‘n ander HAU wen.

En die Vredesfront het dit juis nie erg teë op Dampies nie.

Eintlik kon die koerant haar seker teen haarself beskerm

het. As dame sou sy sekerlik darem nie ge-Jan-Jan word oor wat

sy kwytgeraak het nie, maar as sy eendag, as sy grootgeword

het, weer lees wat sy in haar jeugdige onbesonnenheid

kwytgeraak het, gaan sy darem tog baie skaam kry.

Bennie het oor die jare ook ontdek dat hy g’n so alles

geweet het destyds toe hy nog so die onderskeidings met sy

honneurs in Politieke Wetenskap ingeryg het nie. Dan, en veral

dan, leer ‘n mens nog. Vat nou maar die dosent wat in sy

doktersgraad gaan skryf het van die Christelike beleid van

Apartheid versus die humanistiese beleid van gelykstelling.

Dat die modderwesens nie Christene is nie, en daarom

beskawingsvreemd. Die halwe modderwesens is darem nie

beskawingsvreemd nie, hulle is net beskawingsonmondig. En

weë die arme student wat anders sou dink. Nee, dit wat hy in sy

Page 95: Lugwaardin Opleiding

95

doktorsgraad geskryf het, is mos Christelik en daarom die

onveranderbare evangelie.

Die beskawingsonmondigheid laat Bennie dink aan ‘n

mededeling van die stadsklerk van Tweeklippen. Hy en sy

vriende het eendag in die hotel se kroeg gekuier, toe een vir Paul

buite sien. Paul het van sy nabygeleë Griekwadorp gekom en by

die hotel se buiteverbruik aangedoen.

En al was sulke dinge destyds in die ou-ou Suid-Afrika

heel onwettig, word Paul ingeneem na die kroeg. Dit was in die

dae voor party hotelle nog internasionaal geword het. Daar in die

kroeg word Paul ‘n paar doppe ingejaag, en gou is hy net so slim

soos hulle. Dis toe dat hulle Paul oortuig dat die bruinmense nog

iets beteken het toe hulle deur die witmense gemaak is. Noudat

die bruinmense dié joppie self oorgeneem het, sonder kloning,

nou lol dit.

Paul het dié insident onthou, al wou hy dit nie onthou nie.

Met hierdie meerdere kennis toegerus is die studente as

landmynvoer grens toe, om vir hierdie christelike waarheid te

gaan sterf.

Die dosent is nie grens toe nie. Hy is parlement toe. Nee,

nie in die Groot Kokkedoor se dampkring nie. Hy het dit ver

gebring in die NNP, selfs na die 1994’e nuwe Suid-Afrika. Drie

pensioene kry hy nou by die modderwesens., van al die hoë

politieke poste wat hy in die ou en die nuwe Suid-Afrika beklee

het. Dit terwyl Bennie eintlik maar al sy toesprake geskryf en sy

bydraes vir die Presidentsraad en ander instellings geskryf het.

Page 96: Lugwaardin Opleiding

96

Die versoeking om aan ‘n tegnokrasie te glo, is daarom

nog daar, maar die entoesiasme nie. Die jare diens in die

Provinsiale Frustrasie, regeer deur werkstudiemense, het hom

daarvan genees. As omtrent negentig persent van die begroting

ingesluk word sodat die Frustrasie homself kan onderhou. Die res

is vir die werk waarvoor die Frustrasie eintlik daar is – om

hospitale en gesondheidsdientse te lewer, paaie te bou,

Maatskaplike dienste te lewer en oumens pensioene te betaal,

behuising en al sulke onbelangrike funksies.

Waar dit ses weke neem om op ‘n dringende brief te

reageer omdat die amptenaar nie sy eie tikwerk mag doen nie, en

die handgeskrewe briewe met die bodediens, of liewer,

dodediens na regsitrasie toe moes gaan, van daar tikpoel toe,

dan terug na die amptenaar, dan weer terug na die tikpoel via

Timboektoe om die tikfoute reg te maak, dan terug na die

amptenaar, dan terug na die tikpoel om die nuwe tikfoute te laat

regmaak toe die oue oorgetik is, en so aan tot Bennie uit

frustrasie die foute met die hand regmaak en die brief so pos.

Nadat hy al twee aanmanings gekry het.

“Die probleem,” sê Bennie, “is dat die Frustrasie nie die

verskil tussen bestuur en administrasie raaksien nie.” Dit kom

Werkstudie en Opleiding ter ore.

“Maar natuurlik is dit dieselfde,” raas hulle.

Bennie is stomgeslaan. As administrasie en bestuur

dieselfde is, dan het ‘n administratuiewe klerk by die

Page 97: Lugwaardin Opleiding

97

Hooggeregshof meer bestuursfunksies as die regters. G’n wonder

daar was so ‘n gemors toe Suspisie hul administratiewe been kry,

en ‘n Frustrasie-werkstudieoutjie word die hoof daarvan in Bennie

se provinsie nie. As die administratiewe mense nie die

administrasie wil doen nie, en die vakkundiges moet as deel van

hul bestuurswerk self die administrasie doen, gaan die hofrolle tot

in Timboektoe rek.

Hallo, 90 persent vir selfinstandhouding. Of soos ‘n

Engelse koerant veelbetekenend geskryf het: “There is sumthing

rounge with our quarts.”

“Kyk hier,” lees Bennie uit ‘n dik boek vir die

werkstudiemense tydens ‘n kopestampsessie voor. Hier staan: “’n

Besigheid waar die bestuur hulle met administratiewe take ophou,

gaan nêrens heen nie.”

“Dis Amerikaanse stront daai!” raas die voorsitter van die

werkstudiekomitee. O ja, Bennie het vergeet, die Ou Toppie wat

dit so teë het op die Amerikaners weens hul rol in die Illuminati is

ook ‘n werkstudiebeampte. Hoe kan Bennie nou so ‘n pro-

Amerikaanse ding in hierdie geselskap kom voorhou?

Hoe het genl. Sun Tsu duisende jare gelede gesê?: “As jy

ooit ‘n volk wil oorwin, leer hom net lees en skryf, en hy

administreer homself dood.”

Dus is daar seker iets te sê vir die slagspreuk: “First

liberation, then education.”

Page 98: Lugwaardin Opleiding

98

Want dink nou net waffer hengse papieroorlog sou dit

afgee as altwee partye in die stryd om Suid-Afrika in so ‘n

burokrasie vasgevang was. Daar is bepaalde voordele aan ‘n

Struggle-boekhouding bo die Frustrasie se burokrasie, al stem die

Dene nou ook nie saam nie.

10. Uit die mond van die suipeling

“Koes boois, dit reën wasmasjiene!” Wakker Stefaans is

vandag weer op sy stukke.

“Ek hoop dis LG’s! My vrou wil al skei omdat ek

haar al so lankal een beloof het, en nie daarby uitkom nie.”

Dit raas soos dit maar in ‘n kroeg gaan as die manne so

streep-streep van die werk af inkom. Bietjie by die kuipe aandoen

oppad huis toe, maar dan heeltemal vasval. Dis net die reps wat

nie haas het nie. Hul huise is ver, en hulle word nie vanaand tuis

verwag nie.

“Die beste plek om besigheid te doen, is in die kroeg,” is

hul slagspreuk. “Dis wetenskaplik bewys dat ‘n man se weerstand

daar die laagste is. Dan kan jy gou ‘n deal slaan.” ‘n Man moet

darem genoegsaam op sy voete kan dink, eerder as slinger, om

effektief te kan besigheid doen.

Bennie het navorsing vir ‘n artikel kom doen, hier by

Halfweghuis se kroeg. Bomme het in die land ontplof, en Bennie

wil weet hoe die manne in hul harte oor dié dinge voel. Die siel, of

gebrek aan siel, van die modderwesens is onder skoot.

Page 99: Lugwaardin Opleiding

99

“Hulle is afstammelinge van die slang. Hulle dra die gene

van die Satan self. Daarom kan hulle nie bekeer word nie,” sê

Jorsie se maat wat ook kom aandoen het.

“Dis seker dié dat hulle so graag die sendelinge in die pot

gestop het!”

“Netso! Barbare.”

Bennie het onlangs gelees die stories oor die baie

mensvretery was maar erg aangedik. Twakstories, oor die

algemeen. Maar die Halfweghuis se kroeg is ‘n plek waar ‘n toe

bek baie keer ‘n heel bek beteken. Feite moet darem nou nie te

erg kon inmeng en goeie stories bederf nie.

As daar nou ‘n ding is waarin Bennie ‘n wrewel het, is dit

die verwysing na omgekeerde rassisme. Of omgekeerde

diskriminasie. “Rassisme is rassisme, en diskriminasie is

diskriminasie – maak nie saak van watter kant af dit kom nie. ‘n

Mens is eintlik baie paternalisties om van omgekeerde rassisme

en diskriminasie te praat.” Bennie het nog nie genoeg dop in dat

hy wegskram van hierdie hoë intellektuele veld nie.

“Gaan vertel dit vir daai wit vroutjie daar in die noorde wat

sê rassisme is net iets wat deur wit teen swart gepleeg kan word!

Sy sê sy weet blankes wil dit nie weet nie, maar dis waar!”

“Laat my dink aan die twee Prog-tannies wat in die ou

Suid-Afrika so oral heen gery het om vir die swart mense te gaan

vertel hoe teen hulle gediskrimineer word. Hulself die Black

Page 100: Lugwaardin Opleiding

100

Shash genoem. Asof hulle glo die swart mense kan so iets nie

self agterkom nie. Regte paternaliste!”

“Negrofiliste, sou ek sê.”

“Ek het so baiekeer gewens hulle wil hulle vasloop in ‘n

boendoehof. Ek dink nie hulle sou na so ‘n ondervinding nog so

vreeslik dieselfde voel nie.”

“Maar hoekom sal mense nou die swart mense so erg haat

dat hulle sommer op straat skiet, of bomme maak om hulle op te

blaas?” van Bennie, wat stof vir sy artikel soek.

“Weet julle hoe dit voel om twee dae lank in die veld rond

te loop en stukkies van jou broer en sy gesin te loop soek en

optel? In die warm son, met die aasvoëls wat kromnek met lus-oë

uit die bosveldbome vir jou sit en kyk. Wat net wag dat jy kan

skoert en hulle kan toesak op die stukkies vleis wat jy nie kon

sien nie?”

Danie se broer se storie was ‘n jaar of wat groot nuus. Die

gesin was na kerk oppad terug na hul plaas toe, toe hulle ‘n

landmyn in die plaaspad aftrap. Danie was buite homself. Hy was

sedertdien nog nie weer dieselfde nie. Uit die kerkraad bedank

ook. Wil nie meer nagmaal vier nie – sy gesindheid teenoor sy

medemens is nou nie soos die Bybel voorskryf nie.

Trouens, hy is glad nie meer so lekker met die Groot Kerk

nie. “Dis vandat die Groot Kerk met die samelewing deurmekaar

is, dat dinge nou vir my begin benoud raak. Niks het meer brieke

nie,” verduidelik Danie.

Page 101: Lugwaardin Opleiding

101

Bennie se amper splinternuwe bakkie is een slag sonder

sy toestemming na Lesotho uitgevoer. Hy was toe ook pas tot

ouderling verkies, en het toe ook nie so lekker oor die ding gevoel

nie. Of die slag toe hy by die huis kom nadat inbrekers daardeur

is. Hy het vuurwapen in die hand onder die beddens gaan inloer

en gehoop hy het hulle op die nes betrap. Agterna was hy bly hy

het nie. As ‘n man so kwaad is, het jy nie brieke nie.

Die Groot Kerk en sy dinge met die samelewing is nog nie

uitgepraat nie.

“Ja, dinge is nie meer soos wat dit was nie. ‘n Paar jaar

gelede het ‘n Windhoekse Bybelstudiegroep bevind dat swartes

nie mense is nie, en dis in die Groot Kerk se Voorbode

gepubliseer.”

“Genuine?”

“Wonder wat sal die Groot Kerk en die Namibiese regering

vandag van so ‘n artikel sê?”

“Wat kan hulle sê? Bewyse is bewyse!” Al is die manne

half gekletter is hulle darem nog politiek-korrekgenoeg ongesuip

om dié opmerking te ignoreer. Later die aand sal dit seker ‘n

ander storie wees.

“Soos Koos Meyer glo in sy studentedae gesê het: ‘En

Nebukadneser vreet gras wie een beest van de veld en gaf een

emmer melk.”

Page 102: Lugwaardin Opleiding

102

“Seker met die nasate van Kus deurmekaar geraak.”

“Ja, ons probeer om hulle beskaafd te maak, maar dit bly

maar wreed. Kyk net hoeveel mense word elke jaar in Suid-Afrika

verkrag. Kinders en babas ook.” Wyfies in die tronke ook, soos

voor die Jollie-kommissie getuig is, dink Bennie. “Die stupids glo

hulle kan van vigs genees word as hulle ‘n maagd verkrag. En

selfs nou nog is die kanse redelik dat ‘n baba darem nog ‘n

maagd sal wees.”

“En ons probeer hulle bekeer!” sê Hannes wat al erg

slinger as hy van die kroegtoonbank na die deur toe begin

aanstaltes maak. Hy moet eers met die oorloop gaan klaarspeel.

“Pêrels voor die swyne werp!”

“Swyne van Cedara,” kan een ‘n stukkie buite konteks van

die Bybel onthou. En vervolg dan: “Versuip hulle in die see,

verdelg hulle van die aangesig van die aarde af.”

Bennie dink – die swart mense word darem nie veel

prestasies uit die verlede gegun nie. Die argeloë het jare lank kop

gekrap oor wie nou eintlik die ou Zimbabwe gebou het. Al die

bewyse, soos die uitlegte van die kraal, was daar dat dit swart

mense sou wees. Maar swart mense sulke bouwerke aanpak?

Aikôna.

Selfs die ou Kinderensiklopedie verwys na ‘n teorie van die

een of ander vrou wat meen dat dit ‘n blanke volk uit die Andes

was wat hiervoor verantwoordelik was. Dieselfde ensiklopedie sê

dit is teoreties onmoontlik om eendag ‘n reis na die maan te

Page 103: Lugwaardin Opleiding

103

onderneem. Die brandstof wat nodig sou wees vir so ‘n reis sou

te swaar wees om uit die aarde se swaartekrag, en sou ‘n mens

dit tog regkry, hoe briek ‘n mens nou weer so ‘n gevaarte as hy by

die maan aankom? Dan moet daar nog teruggekom word ook.

Maar die blanke volk uit die Andes sou nogal baie dinge

verklaar ook. Die Inkas se boustyl sonder messelgoed kom nogal

baie ooreen met die bouwerk in Zimbabwe. Probeer maar ‘n mes

tussen twee gekapte stene indruk. Dan verstaan ‘n mens ook

hoekom die laaste Asteekse Keiser ligter was as sy volksgenote,

en ‘n effense baard gehad het.

“Maar hoe sou ‘n blanke volk in die eerste plek in die

Andes gekom het,” wil Bennie by oom Anneries weet.

“Jy weet darem ook maar niks!”

Bennie verwag ‘n uitleg van vlieënde pierings en so aan,

maar Oom Anneries is vandag meer konvensioneel-wetenskaplik.

“Die Kaukasiese mense was vroeër baie meer verspreid as

wat hulle later jare was. Hoe dink jy, waar het die geïsoleerde

groepie Anoe in Japan beland? Hulle was voor die Japannese

daar. En Japan is nie ver van die Beringstraat af nie, waar die

mense met die ystyd oor is.”

Bennie onthou vaagweg dat daar mites oor ‘n wit volk in

die Andes-omgewing was. Daar is vreeslik na dié verlore wit stam

gesoek, maar niks is gekry nie. Tot diep in die Amasone, waar die

mitologie voortleef.

Page 104: Lugwaardin Opleiding

104

Ja, nee, want om beskawings soos dié van die Inkas,

Asteke, Tolteke, die Mayas en hul voorgangers te kon bou, moes

daar eers iewers ‘n Ariese hand in die prentjie gekom het. “Kyk

net hoe primitief is die Indiane wat nog nie met blankes in

aanraking was nie,” sê oom Anneries.

Bennie wil iets sê van Indiane wat wel met blankes in

aanraking gewees, maar nie gehou van wat hulle ervaar het nie.

Mense wat hul eie mense in tronke sit, die woude afkap, en die

atmosfeer besoedel. Dié dat die primitiewe Indiane maar klou aan

dit wat nog altyd vir hulle gewerk het.

Intussen ontvang Bennie nog steeds onderrig by Jorsie se

vriend Connie. Die groot trek van die tien verlore stamme van

Israel na Wes-Europa het weer die onderwerp van bespreking

geword. “Jy vra hoe dit moontlik is dat die verlore stamme van

Israel so heelhuids in Wes-Europa aangekom het? Ken jy nie jou

Bybel nie?”

Bennie dink vinnig, maar kan nie ‘n stuk in die Bybel

onthou dat die Israeliete na die verre lande in die Weste sou trek

nie.

“As God die Israeliete droogvoets deur die Dooie See kon

laat trek, is die trek Wes-Europa toe kinderspeletjies,” vervat

Jorsie se maat die storie.

“Rietsee,” help Bennie vir Connie reg.

“Nee man, ek bedoel die Rooi See.”

Page 105: Lugwaardin Opleiding

105

“Rietsee,” dring Bennie daarop aan. “Dis julle wat so

aanhou dat die Bybel oral verkeerd vertaal is. By die trekkery

deur die Rooi See is dit regtig verkeerd vertaal, dit moet die

Rietsee wees.”

“Nou al was die trekkery deur die see nou ook nie so ‘n

vreeslike kuns nie,” maak Jorsie se maat sy eie afleiding, “het

Jasua hulle tog 40 jaar deur die woestyn gelei. Kyk net hoe is

daar vir hulle met die manna gesorg. Dan kan jy dink hoe maklik

sou die trek Wes-Europa toe gewees het.”

“Vat nou maar vir Jona. Ons weet ‘n mens sou lankal

verteer gewees het as hy so lank in ‘n vis se maag gesit het.

Maar hy het niks oorgekom nie. Hy is naby Ninnevé uitgespoeg.”

“Eintlik was daai vis ‘n alien ruimteskip wat as duikboot

gemodify was,” het een van oom Anneries se aanhangers

eendag op die internet geskryf. “Want Joppe waar hy op die skip

geklim het – dis nou nie die aliens se skip nie, is aan die

Middellandse see. Hy moes om die Kaap kom om naby Ninnevé

uitgespoeg te word.” Bennie sê egter niks hiervan vir Jorsie se

maat nie. Hy wil nie in ‘n argument betrokke raak oor iets waaroor

hy self maar langtand voel nie. Bennie se maat, Matie, is lektor in

Fisika en grootbaas van ‘n sterrewag. Hy glo nie in dié ding van

aliens wat besoek bring, en onder die mense woon nie. Hy praat

van afstand, snelheid en die massa wat oneindig raak terwyl die

tyd ook loop stilstaan of so iets. Bennie is maar half stupid.

Maar dié ding oor die duikboot. Is nie dalk ‘n verband

tussen Jona se trip en die nuwe regering se beheptheid om

duikbote te koop nie. Behalwe om met die goed in mekaar vas te

Page 106: Lugwaardin Opleiding

106

ry, gaan daar nie eintlik werk vir duikbote wees nie. Nie waarvan

die gewone mense weet nie. Maar die Minister van Gesondheid

sê glo die duikbote is nodig om die land teen lande soos die VSA

te verdedig. Dis belangriker as om teen-vigsmiddels vir die land

se miljoene besmettes te koop.

Die minister reken volgens die Ingilse liegbek-koerant dis

regtig moontlik dat die VSA Suid-Afrika kan aanval. “Kyk net hoe

lief is die VSA om die humanis Saddam aan te val.”

“Ja, die nuwe regering neig vreeslik om pêlle te maak met

mense waarop die VSA dit half teë het – mense soos Ghaddaffi,

Mugabe, Castro en Saddam. G’n wonder die lotjie beginne die

jitters kry of die VSA nie dalk so oppad na die Golf dalk gou die

lotjie hier sal kom opfieks nie.” Dié keer het Bennie nog half meer

begrip vir wat oom Anneries sê: “Meng jou met die semels, dan

vreet die swyne jou!”

As die Rare Regse sekte-lot nou nie so gedreig-dreig het

om in Bennie se lewe te kom inbars nie, sou hy hom miskien net

so min aan hulle, as aan die neo-Nazi’s en hul meelopers soos

die Skinheads gesteur het. En dis nie eintlik baie slim om jou nie

aan die neo-Nazi’s te steur nie. Hulle dop oral uit – van die VSA

waar die Ku Klux Clan nog eenkant bodder, oor Engeland,

Duitsland, self die altyd liberale slapgat Swede, Pole en Rusland.

Bennie het net vir die interessantheid die woorde “New Nazi’s” op

‘n internet-soekenjin ingetik, en amper ‘n 100 000 trefslae gekry!

Dis waaragtig meer as wat jy kry as jy “Osama bin Laden” intik.

By Osama kry ‘n mens darem nog ‘n rits “alerts” en ander

dreigemente op die koop toe.

Page 107: Lugwaardin Opleiding

107

Daar is egter oorgenoeg mense wat die neo-Nazi’s kop toe

vat, sodat Bennie dit nie ook nog hoef te doen nie. Buitendien,

streng gesproke is daar nie veel in gemeen tussen die neo-Nazi’s

en die Rare Regse Fiksie nie. Die een lot is baie gesteld op

godsdiens, en dat hulle ‘n verbondsvolk is, die ander lot voel vir

godsdiens min of meer vere, soos baie Europeërs nou maar voel.

Die Rare Regses het dit juis so teë op Sabbatsontheiliging,

waarmee skynbaar Sondag bedoel word. In die stamlande van

die verlore stamme en in Walletjies gaan dit egter nog erger as

hier te lande oor wat alles op Sondae gebeur. Hier gaan ‘n

taamlike lotjie minstens kerk toe, as daar nie in die garage aan

die motorbike gewerk word nie.

Of soos Bennie se Engelse buurman wat Sondaemiddae

reserveer vir sy houtwerk en elektriese saag. Bennie dink nog

aan ‘n geskikte middernagtelike tyd om met sy angle grinder die

Engelsman en sy houvrou se lewe te versuur. Bietjie wraak te

neem oor die Sondagmiddagslapies wat in die slag bly.

Maar soos Hitler van ouds is die nuwe Nazi’s nie juis oor

die dinge van die Bybel en so aan gepla nie. Ook nie meer so erg

oor Thor en dié klas snare wat darem ‘n streep goddelike Ariese

bloed sou weg hê, daar waar hulle in Valhalla bly en hul perde in

Tempe. Tempe sonder wapens. Klaar gesteel of gebreek.

Maar wat Bennie uit die webtuistes tref, is dat hulle steeds

erg met die Jode gepla is. Erger omtrent as Osama, die ajatollah

en Saddam en dié manne. Bennie wonder of hulle darem bietjie

beter voel oor die Judeërs, die blankes hier in die suidpunt van

Afrika. Hulle het dit skynbaar ook taamlik teë op die swart mense.

Page 108: Lugwaardin Opleiding

108

Veral sommiges is ook nie te mal oor die Turke nie, terwyl die

Italianers ook plek-plek nie te veel aftrek kry nie. Behalwe die

Tiroolse Italianers. Hulle is darem OK.

Bennie raak baie omsigtig die Jodehaat met Jorsie se

maat op. Hy wil nie weer ‘n preek oor die Edomiete kry nie. “Julle

en die Nazi’s haat die Jode. Wat sou maak dat so baie mense die

Jode so haat?”

“Maar dis mos die mense wat ons Here, vir Jeshua, aan

die kruis laat sterf het.”

“Maar Jesus het mos weer opgestaan. As hy nie gekruisig

is nie, hoe sou hy vir ons sondes ly en sterf. En dit weer uit die

dood oorwin?”

“Selfs die satan word soms ‘n instrument van Jawêh,” sê

Jorsie se maat.

Bennie besluit dis beter om van hierdie onderwerp af te

klim. Hy dink nie die neo-Nazi’s is veel gepla oor wat 2 000 jaar

gelede in Israel gebeur het nie. Ook nie juis oor die Illuminati en

dié dinge nie. Hy dink dit het veel meer daarmee te make dat die

vroeë kerk verbied het dat Christene vir mekaar rente vra. Toe is

daar nie oral soveel onderlinge christelike broederliefde om uit te

leen nie, en is geld by die Jode geleen wat niks teë gehad het op

die rente-storie nie. Toe moet terugbetaal word, met rente, en

baie kon dit nie maak nie. Dan vergeet ‘n man gou hy het self die

geld loop leen, en onthou hy baie goed dat die Jode vir Jesus

gaan kruisig het. Kyk nou maar net: Watter ou wat in die knyp is,

hou van die bankbestuurder? As daar nou ‘n kans sou opduik,

Page 109: Lugwaardin Opleiding

109

hoeveel sal keer as daar beginne word om ses miljoen

bankbestuurders in die oond te druk?

“Julle en die neo-Nazi’s is ook nie te mal oor die

swartmense nie,” sê Bennie.

“Addersgeslag!” sis Jorsie se maat.

“Nee, ek weet hoe julle voel oor die slang en die

Kainsmerk, en van die wilde Ishmael, van Kanaan en Kus. Maar

ek dink nie dis hoe die neo-Nazi’s by die swart mense uitgekom

het nie.”

“Maak nie saak nie, maar Kus was die voorsaat van die

swart mense!”

“Ek is nie so seker nie. Kus was die seun van Esau, en

Esau was harig. Toe hulle ons mense gekeur het wie blank en

wie nie-wit is nie, het hulle ook gekyk of ‘n mens lyfhare het. Die

wat min gehad het, was nie wit nie. Het jy nou al ooit ‘n baie baie

harige swarte gesien? Oom Anneries sê juis die Kaukasiese

Anoe was die voorsate van Suid-Amerika se verlore wit stam, en

die Anoe is besonder harig. Dis juis wat hulle Kaukasies maak.”

Vir een keer is Jorsie se maat bietjie uit die veld geslaan.

“Maak nie saak nie, die Bybel sê Kus was die voorouer van

die swart mense.”

Bennie los die onderwerp. Swart mense het honderde

duisende jare voor Kus al bestaan, en iemand met ‘n donkerder

Page 110: Lugwaardin Opleiding

110

gelaatskleur, is nie noodwendig ‘n swarte nie. Vat nou maar vir

Jorsie. ‘n Mens gaan hier verstrengel raak in nuanses. Vat nou

maar die Rare Regses se betwisting van die man van Ethiopië

wat so op die wa gesit en lees het, en gedoop is. Net omdat hy uit

Afrika kom, was hy nie noodwendig swart nie. Die skilderye uit die

ou Koptiese kerke in Ethipië dui ook eerder dat die mense toe

nog taamlik wit was. Augustinus, Hanibal en die Germaanse

Vandale het almal in ‘n stadium uit Afrika gekom, en dit het hulle

nie swart gemaak nie. Wat Bennie betref, is dit omtrent net so

relevant as wat dit belangrik is of dit waar kan wees dat oorle’

Keiser Haille Selassie regtig op die titel: Leeu van Juda, kon

aanspraak maak. Salomo en die Koningin van Skeba se dinge dié

dat die Ahmaras van die oorle’ Keiser eintlik Jode is. Deesdae

Christene, maar dis die herkoms wat tel.

Maar as die Boere suiwer Judeërs kan wees, kon oorle’

Haile seker ook ‘n Jood wees. Broers dus.

Maar dis eintlik die Rare Regses se regverdiging van hul

optrede oor die sedelike verval, wat Bennie nou interesseer. Dis

in ‘n sekere sin hoe Bakgat daar in die Kaap ook begin het.

Toe Bennie kleintyd in die Kaap was, het die stereotipe

geloop dat ‘n gammat eintlik net ‘n ding is wat suip, lelik praat,

aan bendes behoort, messteek en vreeslik bang is vir spoke.

Niemand het toe aan politiek-inkorrektheid of godsdienstige

onverdraagsaamheid gedink nie. Self Liewe Heunis het, toe die

nuwe Suid-Afrika al amper van die monteerbaan afgeglip het, nog

in sy openingstoespraak van ‘n groot, gemengde kongres vertel

van die gammat wat hy oppad na die rugby by Nuweland

raakgeloop het.

Page 111: Lugwaardin Opleiding

111

“En soos julle almal weet, as dit Saterdag is, is ‘n gammat

en sy bottel nie ver van mekaar nie,” het Liewe Heunis vertel.

Soos gebruiklik, het dié storie ook geëidig waar die gammat met

sy gladde bek die beste daarvan afgekom het. Niemand het

gedink daaraan dat “Gammat” eintlik van die Semitiese uitspraak

van “Mohammed” afgelei is nie – Mogammad. En dus juis uit

hierdie geledere dat voet neergesit is en Bakgat gestig is wat die

bendes so ‘n harde tyd gee. In ‘n ommesientjie is sosaties van ‘n

dwelmsmous en die bendeleier gemaak. Omtrent die hele land

was opgewonde dat die misdaad wat die bruin mense so

verskeur nou ‘n slag in die bek geruk word, maar toe is Bakgat en

die polisie aan mekaar.

Nou is die bendes taamlik ongesteur, terwyl die polisie en

Bakgat mekaar uitsorteer. Bakgat se mense kry nog

merkwaardige dinge reg, soos om kindertjies by hul eie vroue te

maak terwyl hulle in die tronk sit.

Uit Bakgat se dampkring kom ook die steun vir Osama-

hulle.

As ‘n man ‘n dop of twee in het, soos hier in die

Halfweghuis se kroeg, kan baie landsprobleme opgelos word.

Dan hoef ‘n man lank nie iets van ‘n ding af te weet nie om

presies te weet hoe om daardie probleem op te los. Of die

probleem nou iets is soos hoe die Cheetahs die Curriebeker kan

wen, of meer realisties, hoe in ‘n japtrap met Vigs klaargespeel

kan word.

Page 112: Lugwaardin Opleiding

112

Die grootste probleem, so het Bennie bemerk, is dat ‘n

man die volgende dag nie kan onthou wat die oplossings was nie.

Bennie het die antwoord der antwoorde: neem alles net op band

op. Die volgende dag moet die Hansardmense in die Wetgewer

hulle ‘n slag net handig maak, en iets nuttigs doen soos om

daardie gesprekke te tik. ‘n Opsomming van die belangrikste

oplossings sal ook baie help.

Nou is Bennie met sy bandopnemer in die kroeg.

Omdat die besoekers so slim is, het hulle ook van die land

se ernstigste probleme onder die loep geneem.

“Korrupsie! Dit is ons land se ernstigste probleem,” ontdek

die een wyse dit op die krakerige band.

“Ja, maar wat verwag jy van die modderwesens?” kom dit

van ‘n ander.

“Modderwesens se *&^.7 As jy nog nie saam met k@$%^s

8gewerk het nie, kan ‘n mens nie saampraat nie!”

7 Om die kroeggesprek ongesensureerd te kan lees, moet ‘n mens

bo 18 wees. Andersins moet die gesprek maar ge-vrypostige

mikrofoon word. Of soos die TV sou sê, L vir die tale wat ons

spreek.

8 Gesensoreer weens die politieke inkorrektheid van die

oorspronklike teks. Of soos die TV dié keer sou sê, P vir die

vooroordele. Hier is die ouderdomsperk 21.

Page 113: Lugwaardin Opleiding

113

Hiermee het Bennie nogal na sy ervarings met Peter, en

ook sy bybelse ervaring met Ishmael-hulle nogal ernstige begrip.

“Jis, kyk nou daar by die werk. Alles wat ek skryf, moet nou

skielik in Engels wees.”

“Met jou Engels moet dit vir jou, en die ander wat dit moet

lees, ‘n helse straf wees.”

“Maaind joe, my Engels is baie beter as daai lot wat nou so

vreeslik alles in Engels wil hê. Maar wat help dit hulle het 11

amptelike tale ingestel, en jy mag net Engels gebruik?”

“Jis, hierdie regering maak my nou sommer so die &^%$

in. Ek het nie eens behoorlik geld vir brood vir die huis nie, en nou

wil hulle my plaas belas ook. En ek betaal al juis so ‘n *&^huis vol

geld aan die streeksdiensterade.”

Bennie ken vir Floorsie. Die grondbelasting gaan die

meeste boere hard tref, en seker ‘n groot klomp van hul plase af

dryf, maar Floorsie se kinders sit in die duurste skool in die stad

se koshuis, en hy koop elke jaar ‘n nuwe Merc. En hy drink net

whiskey.

“Maar die regering maak wragtag droog dat hulle nie

hierdie mal munisipaliteite wat die wet wil voorspring en sommer

nou al grondbelasting begin instel, vasvat nie. Sê vir my wragtag

my tarief sal afhang van hoe groot hul begrotingstekort is. En

hulle het ‘n helse tekort, want hulle mense betaal mos nie, en

hulle trek self belaglike salarisse!”

Page 114: Lugwaardin Opleiding

114

“Sit af daai &^%kk^% tape!”

“^%& jou!” Bennie het al self ‘n brandewyntjie of twee in,

en brandewyn het nie brieke nie.

“Wil jy ge&^% raak?”

“Jy kan nie eens van die bed af m*&^ nie!”

“Die Blou Bulle gaan defnitief die Curriebeker wen!”

Dis ‘n rep wat onder die invloed van die bottel vergeet het

in watter provinsie hy nou is.

“Die Blou Bulle se m*&^!” kom ‘n koor, die tape heeltemal

vergete. Die onderwerp wat Bennie so graag wou opneem, ook.

Bennie wonder nog hoe hy die gesprek weer in daai rigting kan

stuur sonder om die aandag op die tape te trek en sonder om

ge$%#der te word. Erger as die Rare Regses se jingo’s.

Maar hy is verniet bekommerd. Een wat al die oorloop

moes gaan ledig, stap die vertrek in, en vervat, min wetend dat

die gesprek intussen ‘n wending of twee geneem het.

“My kinders werk nou al almal oorsee. Nie een kon hier

werk kry nie. B^&%$mse regstellende aksie!”

“Jis, die regering laaik niks van ons boere nie. Terwyl ons

met plaasmoorde uitgemoor word, hou die swart

menseregtekommissie nou al sy hoeveelste ondersoek na hoe

ons glo die plaaswerkers behandel.”

Page 115: Lugwaardin Opleiding

115

“Die Helen Suzman-stigting het nou die dag nog bevind dat

meer as 90 persent van die plaaswerkers reken die verhouding

tussen hulle en hul werkgewers is goed, of selfs uitstekend.”

“Ja, al meer as 1 200 van ons is vermoor sedert die nuwe

regering oorgeneem het.

“En dit neem elke jaar toe. Gaan met helse wreedheid

gepaard.”

“Al meer plaaswerkers word ook aangeval.” Dit was Bennie

en daar is ‘n geïrreteerde stilte.

“En dan sê kommissaris Sêniksnie nog die boere word g’n

so erg uitgemoor nie, dis minder as die ongevalle in sjebeens en

in huismoles.” Kaptein Huygerd het sy woord uit, en val dan met

sy gesig vooroor in die grondboontjiebak. Uit soos ‘n kers.

“Hoe de hel kan hulle plaasaanvalle deur vreemdes met

masjiengewere en sulke verskriklike wreedheid met huismoles en

sjebeengevegte vergelyk?” Banie Botha is erg onthuts. Sy broer

en gesin is op hul plaas vermoor. Die honde gif ingejaag, en die

gesin na kerk ingewag. Niks gesteel nie, net verniel en vermoor.

“Daar is amper nie meer ‘n boeregesin van wie ‘n familielid

nie aangeval is nie, en in die meeste gevalle is minstens een

dood,” sis Banie. “In amper al die gevalle is dit aanvalle oor die

kleurgrens. Laat ek jou vertel, as dit jou gesin, of selfs net iemand

wat jy ken is wat dit oorkom, dan sukkel jy om die spul nie onder

een kam te skeer nie.”

Page 116: Lugwaardin Opleiding

116

“Ja, veral as die *&^%s nog so aanhou om Kill the Boer,

Kill the farmer te dreunsing. By die massas.”

“Ek sê jou hulle is diere man,” kom dit uit die groep in die

kroeg. “Ek hoor nou die dag hulle het ontdek swart mense het

ivoor in hul gebeentes. Ons weet almal net diere het ivoor in hul

bene.”

Bennie het dié een ook al gehoor en kon nog nêrens

vasstel of dit wel so is dat swart mense wel ivoor in hul bene het,

en of dit net diere is wat ivoor het nie. Dalk het reptielagtige

aliens.

“Modderwesens, dis wat hulle is! Wreed en barbaars!”

“Ja, heeltemal beskawingsvreemd.”

Jy kan darem nou ook nie vir ‘n klomp studente soos ‘n

pappegaai vir die christelike waarheid wil leer die swart mense is

beskawingsvreemd, en dan ook nie verwag dat iemand kort voor

lank die kloutjie by die oor gaan bring dat dit is omdat hulle

geneties eintlik diere is nie.

“Addergeslag, tot die tiende geslag toe.”

“Het daai tiende geslag nie net betrekking op ‘n baster

nie?” wil ‘n verdwaalde stem uit die hoek hoor.

“’n Modderwese is ‘n modderwese,” kry hy die snedige

antwoord.

Page 117: Lugwaardin Opleiding

117

“Dis maar eintlik omdat hulle al so lank oor die hele wêreld

die skuld vir alles wat verkeerd gaan op die blankes se skouers

pak. Die *&^%se edel barbaar kan mos niks self verkeerd doen

nie. Wat nie slawerny se skuld is nie, is kolonialisme se skuld. As

dit nie dit is nie, is dit apartheid. As daar nie apartheid was nie,

dan is dit algemene uitbuiting. Die blankes raak nou lelik gatvol

om altyd die vrot appel te wees.”

Ja, die blankes word nou gatvoll!” Dis amper soos ‘n koor.

“Dis dan wanner mense soos Asdolf Hitler besluit genoeg

is genoeg, die wittes is nie so sleg nie. Dan gaan die spulletjie

bietjie oorboord, en ‘n ou soos Timmothy McVeeg loop blaas

geboue op.”

“Ek moet die landbousensus aan die boere verkoop. Maar

wat sê die boere vir my? – Die regering wil die besonderhede net

hê om te weet hoeveel van ons grond kan hulle afvat en vir die

swartes gee. As ek sê, issie, daai inligting het die regering op

hoeveel ander plekke, dan sê hulle net kyk hoe naais is die

regering met Mugabe.” Dawie kla nou al ‘n ruk hieroor.

“Help ook nie ek sê maar die regering hét al vir Mugabe

oor die vingers getik nie, net die volgende dag sal ‘n minister of

twee weer sê hoe oulik Mugabe eintlik is.”

“Ja, nou gaan hulle vrek van die honger.”

Page 118: Lugwaardin Opleiding

118

“Daai ding van die een wat so sê en die ander sê sus, is

baie tipes van die kultuur,” sê Prof. Prof was ‘n volkekundige tot

dit polities inkorrek geword het. Nou is hy ‘n antropoloog.

“Dit word van die stamkaptein verwag om as hy so in die

aand van die een vuurtjie na die ander in sy kraal loop, vir elkeen

te sê wat daai familie wil hoor. Dis goeie kapteinskap.”

Seker dié dat die regering nou so die m^%r in is vir die

swart menseregtekommissie, wat waragtig kan loop bevind het

die regering het na nege jaar aan bewind die toets heeltemal

gedop. Die armes is armer. Die waarheid maak seer!”

“Ek het ook ‘n wit baas gehad wat nooit wou toelaat dat ‘n

mens dit wat verkeerd gaan vir bestuur in ‘n verslag skryf nie.

Dan dink die fools alles is honkiedôrie tot hulle daarin trap. Ek

noem dit gatkruip.” Mossie is maar gou op sy perdjie partykeer.

Prof vervat half ongestoord: “Die kultuur maak egter nie

voorsiening vir hoe ander kulture dit ervaar, en natuurlik die rol

van die moderne media nie. Nou kom die boodskap ook uit by die

mense vir wie se ore dit nie bedoel is nie. Word die vure daar

doodgeslaan, hoor ander weer die teenoorgestelde van wat

oorspronklik vir hulle gesê is. Dié dat daar maar 'n gedurige

loerdery is na maniere om die media te beheer."

Bennie dink dis darem nie net die swart mense wat hierdie

tipe moeilikheid het met die media nie. Soos die een

verslaggewer wat onthou het van die R10 000 wat vir die eerste

Suid-Afrikaner ge-“promise” is wat ‘n wêreldrekord verbeter. Toe

Zola dit regkry, en die verslaggewer skryf daaroor, toe sê die

Page 119: Lugwaardin Opleiding

119

Minister die verslaggewer lieg. Hy het g’n niks ooit so gesê nie.

En die duisend of so gatkruipers wat ook na die minister se

toespraak geluister het, kan ook g’n onthou dat die Minister so

gesê het nie. Boonop wys die minsister daar staan g’n niks so iets

op sy toespraak geskryf nie.

Maar die onvoorsiene lastigheid is dat die verslaggewer

die toespraak toe nog op band het, en daar sê die minister dit

duidelik.

Nie lank nie, toe is dit ‘n gewese minister. Jis, en nou haal

daai gewese minister eers die nuus, en hy ontken niks. Behalwe

dat sy bruin mistres nou weer ‘n ander wit master het.

Maar eintlik, het Bennie op die harde manier agtergekom,

hou die Groot Koerant nog maar van die Nuwe Nare Party. En

beskerm die party se sprekers teen hul eie sotlikhede.

Die Groot Koerant wat dieselfde sotlikheid aangehoor het,

het wyselik geweet om dit nie te publiseer nie. Met die volgende

verkiesing toe kry die Groot Koerant daai party se advertensies.

Die stad sonder blomme is maar 'n gehuggie.

Toe verdwyn die Klein Koerant skielik oornag, en Bennie

moet weer sukkel om werk te kry.

Bennie wonder wanneer die slim oplossings op die tafel

gaan kom. Bennie se kop is heeltemal te vlak om self aan

oplossings te dink. Die oplossing word skielik, en sonder veel

uitlegte op die tafel geplaas.

Page 120: Lugwaardin Opleiding

120

“Ek sê ons skiet die ^%$es uit hulle uit!”

“Jis, jis!” is so soort van die algemene instemming.

“Het ek nie vir jou gesê om daai &^%$ tape af te sit nie?!”

Die groot ou met die rooi gesig kom reguit op Bennie

afgestap. Sy blou oë flits – pure Ariër. ‘n Hoogs die &^%der in

Ariër.

Die keer lui die telefoon om die aandag af te trek. Die

manne sak terstond soos skimme agter die toonbank, of agter

tafeltjies in. Hulle weet al.

Sampie die kroegman antwoord “Bar hier!” Hy glo “Bar” is

darem minder kru as “kroeg.” Het seker voorouers wat van Naftali

afstam. Hy luister ‘n oomblik, en dan kyk hy heen en weer oor die

kroeg.

“Nee mevrou, ek sien hom nie hier nie.” Hy sit die telefoon

neer.

“Jansie, dit was jou vrou wat jou gesoek het,” kondig

Sampie aan toe die manne uit hul gate kruip. Hulle weet al, as die

telefoon lui, moet hulle wegkruip dat Sampie hulle nie kan sien

nie. Sampie is erg teë daarop om te lieg. Hy het sy trots en

eerbaarheid.

Jansie sluip druipstert uit. Dit bly darem half ‘n verleentheid

as ‘n man se vrou hom by die kroeg soek, en nogal die regte een

ook.

Page 121: Lugwaardin Opleiding

121

“Cheers boois,” sien julle volgende week.

Die manne lig net hul hande in simpatie, soos hulle

respekvol van hul maat afskeid neem. Dit is nou Maandag, en dit

neem Sampie minstens ‘n hele week voor hy genoegsaam

vergewe is om weer ‘n draai te kan kom maak sonder om te moet

beginne onderhoud op te dok.

“Magsdeling en inklusiewe demokrasie is die oplossing.”

Dis Cois die Nat wat sy sy stuiwrtjie lê. “’n Grondwet met wigte en

teenwigte.”

In hierdie geselskap klink Cois se bydrae so aanvanpas

soos ‘n gebraaide swyn op ‘n Joodse of Judeërgesin se

Sondagmiddagmaaltafel. Cois weet dit ook, daarom hou hy altyd

sy bek net tot voor hy in elk geval huis toe sou gaan. Want verkas

gaan hy verkas – of self, of met ‘n skoen op die onderste

middelpaadjie.

Die reaksie is ook eenparig. ‘n Luide gejou. Almal beduie

duim na onder dat hulle nie met dié stelling saamstem nie. Dis net

Frekie wat deurmekaar raak en sy verkeerde hand optel en

omkeer. Die bier stroom uit sy onderstebo glas en oor sy pers

broek. Bennie wonder hoe ‘n man dié glipsie aan jou vrou

verduidelik kry.

“Nou het ek nie al lankal vir jou gesê om daai *&^%de tape

af te sit nie?”

Page 122: Lugwaardin Opleiding

122

Bennie het in elk geval ook al besluit hy het genoeg gehad,

en verkas saam met die sleg Nat. Binne sit Frekie ook nou erg

nat.

“Moenie wharrie nie,” sê Cois. “Môre is hulle weer nugter,

en dan stem hulle almal maar weer vir my. Dit gebeur elke keer.”

11. Van terreursel na tronksel

“Uit die sel kom jy, en tot die sel sal jy terugkeer.”

Die regter is dood in sy skik met dié wysheid wat hy

uitgedink het. Hy stuur nou die klomp wapendiewe tronk toe.

Maar toe hy sien die veroordeeldes maak nie veel uit nie,

verduidelik hy: “Van die terreursel waarin julle was, tot die

tronksel gaan julle nou.”

Bennie wat oor die saak berig dink by homself: “Van die

terreursel tot die tronksel.” Hy moet dit in sy agterkop bêre. Dit sal

darem wragtag ‘n netjiese titel vir ‘n boek wees as hy ooit so ver

kom om een te skryf.

Of vir ‘n volgende berig, soos toe die klipspringer vir die

busskietery gevonnis is.

Die oggend na Bennie die opname in die koeg gemaak

het, vra hy by die Klein Koerantjie: “As daar nou twaalf mense in

die kroeg was, en ek gaan staan op die stoep en ek skiet met ‘n

bazoeka ‘n vuurpyl in die Premier se kantoor in van frustrasie oor

my saak wat nou al amper ‘n dekade tussen die wigte en die

Page 123: Lugwaardin Opleiding

123

teenwigte vashaak – hoeveel van daai twaalf dink julle sal my

verraai?”

“Seker minstens 15,” sê Charlie die halwe Engelsman.

“Mammon praat ook maar hard met die Afrikaner.”

“Eintlik is dit maar ‘n geval van die Afrikaner wat nog nooit

kon saamstaan nie. Stig meer Afrikanerpartye as wat daar

Afrikaners is." Dis die wysheid van Miekie, die jong

verslaggeefster wat soos baie van haar tydgenote haar wil

distansieër van die ellende wat die vorige geslag oor hulle

gebring het.

Eintlik, dink Bennie, is dit nie veel anders as hy voel oor

die lot van voor die kerk oor die samelewing gaan bieg het nie.

Die een lot stel die volgende lot op om die spit af te byt. Wat

Bennie grief, is dat die jongetjies nou die lotjie wat Bennie se

geslag opgestel en uitverkoop het terwyl hulle self in geveerde

neste sit, as die helde sien. Dit maak Bennie en Boetie die

bliksem in.

Nietemin, as daar nou iets is wat waar is, is dat die

Afrikaner nie saam kan staan nie, al sit hulle in dieselfde bootjie.

Dis ook dié dat die Rare Regses so in selle moet

organiseer, waar die gewone lid nie weet wat in ‘n ander sel

aangaan nie, en selfs ook nie weet wie hulle is nie. Net die

selleier sal weet wie die ander selleier is. Op dié manier, as die

een weens ‘n onnoselheid gevang word, kan hy eintlik maar net

die ander in sy sel uitverkoop, en saam met sy gesin in die

Page 124: Lugwaardin Opleiding

124

staatsgetuie-beskermingsprogram opgeneem word. Word ‘n

selleier gevang, kan hy weer ‘n ander selleier of twee uitverkoop.

“Die guerilla is die vis, en die mense die see waarin hy swem,”

het Mao of een eendag gesê.

Dis die dat die regering kort-kort die, soos dit gestel word,

handjievol regses wat by iets betrokke is, aankeer en selfvoldaan

aankondig die probleem is hokgeslaan. Kort-kort. Min of meer

dieselfde met Bakgat ook.

Want die tolbos uit die Kalahari het nou al ‘n string

tolbosse opgelewer, en solank net een waai, so lank gaan die

probleem kort-kort opgelos word.

Vir Bennie lyk dit alteveel asof die regering self die see se

samestelling manipuleer om ‘n ideale groeimedium vir die rare

regses te bied. Sommer ook op verskillende vlakke.

Soos die briefskrywer in die Groot Koerant wat eendag kla

dat hy nog nêrens in die wêreld so ‘n omvang van burgerlike

ongehoorsaamheid gesien het nie as in Suid-Afrika. Mag ‘n man

120 ry, sal hy dwars oor die middelstrreep kruie om die

sonsondergang te betrag, en die verkeer op te dam. Waar hy

sestig in die stad mag ry, sal hy teen 130 kilometer per uur deur

die kinders op hul fietse oppad terug van die skool af jaag. Skielik

baie gehoorsaam, sal by ‘n doodstil vierrigting-stop stilhou waar

hy kan sien g’n verkeer kom aan nie. Asof die jaery minder

ernstig of glad nie verkeerd is soos om oor ‘n stopstraat te ry nie.

Page 125: Lugwaardin Opleiding

125

Kyk ook maar hoe mors die mense. Die hele wêreld skree

dat die krimpende planeet beskerm moet word, maar Suid-

Afrikaners hou aan rommel strooi. Of bourommel in die bewarea

stort. Om eerlik te wees, het iemand al ooit gesien dat iemand in

Suid-Afrika vir rommelstrooiing beboet word? Ja, vir simpel goed

soos om oor ‘n straat te stap.

“Maar hoe kan jy van die burger verwag om munisipale

regulasies en ordonansies te gehoorsaam, as die regering sy

agterent aan die grondwet afvee?” Of soos soos ‘n predikant-

politikus dit stel: “Die regering ly duidelik aan promulgering-

diaree. Terwyl hulle die een wet na die ander maak, ontbreek die

wil skynbaar om dit toe te pas.”

Vat nou maar wat sê die grondwet oor taalregte. Wat sê

Papslap? Die regering is die grootste oortreder by verre van sy

eie grondwet.

Nou hoekom sal iemand nou dink dis so vreeslik verkeerd

om met diamante of perlemoen te smokkel as die regering self sy

agterent aan die grondwet afvee? Dat gewone burgers moet hof

toe gaan om die regering te dwing om sy eie wette na te kom? Of

selfs ‘n hofbevel op ‘n hofbevel te kry om ‘n man se eie grond van

onwettige plakkers te beredder?

Dit lyk so asof dit weer die boere is wat die spit afbyt in dié

ongelykheid. Nie eens die regering is verplig om alternatiewe

blyplek vir sy werkers op staatsplase te gee as hulle uit diens

geplaas word nie. Of soos Peter gefire word. Maar die boere

moet dit doen.

Page 126: Lugwaardin Opleiding

126

G’n wonder nie die tolbosse waai oor sulke vrugbare grond

nie. Klein tolbossies kom vinniger op as wat die regering selletjies

kan uitroei. Al word hulle ook hoe vinnig uitverkoop.

Dit help ook dadels om te sê in hierdie demokrasie is daar

geen regverdiging vir bomme nie, almal kan met stemreg dinge

verander.

Hoe?

“Diktatuur van die meerderheid,” het die dosent van die

beskawingssvreemdheid destyds gesê. “’n Regering moet in

algemene belang regeer, nie net in die belang van sy eie

ondersteuners nie.”

Mugabe was duidelik nie in daai klas nie, en ons regering

klap vir hom hande.

Noudat politieke inkorrektheid ook minder van ‘n taai toffie

begin word – of so lyk dit dalk net – nou kom die stemme oor die

Europese demokrasie by. Minderheidsregte. Of in die geval van

die meeste Europese lande, die politieke en staatkundige regte

van minderhede.

Die Baske sou kon stembus toe gaan dat hulle blou in die

gesig is, maar sou nie so dit reggekry het om die Spanjaarde te

oortuig dat hulle hul taal mag praat nie. So was daar uiteindelik

selle. Terreurselle, en van daar na die tronkselle.

Die Turke het ‘n eeu of so gelede korte mette gemaak van

die Armeense minderheid. Hulle eenvoudig by die honderde

Page 127: Lugwaardin Opleiding

127

duisende uitgemoor. Vier geslagte later is van die nasate van dié

wat in diaspora is so kwaad dat hulle ‘n rits ambassades beset en

bomme op lughawens laat afgaan. Weer is dit van terreursel na

tronksel. Die Koerde in Turkye het blykbaar lank genoeg

aangehou terroris-terroris speel sodat hul taal darem nou weer

erken word. Die Turke wil graag deel van Europa word, en om dit

te kan doen moet hulle hulle eers soos Israeliete gedra. Selfs die

kinders van Efraim, dis nou die Rare Regses se Engeland, het

besluit hulle annekseer nou nie meer ander nie, maar gee ook

aan die Skotte 'n soort selfbeskikking.

Naftali se lot het hul land volgens die taalgrense van die

Vlaminge en die Walone gaan verdeel. Van Friesies in die

aangrensende Nederland het egter min of meer dadels oorgebly.

Dis net Aser se lot in Frankryk wat niks wil weet van

minderheidsregte nie. Nie dat daar meer ‘n beduidende lotjie is

om die minderheidsregte op te eis nie.

Hier in Suid-Afrika is die regering ook nie meer so dikbek

oor Orania nie, maar Orania se teenspoed is nie soseer die

regering nie. As die Boere nie hul tuisland verder noord wil hê nie,

wil hulle die Wes-Kaap afstig. Of, soos die Rare Regses, sommer

die hele land vat. Die Uitverkore Volk kan tog nie deur die

modderwesens regeer word nie.

Ja nee, want die modderwesens tel nie. Soos destyds toe

die hervestigde Nare Party die Hou Donkergat Wit-

verkiesingsveldtog gevoer het, en die leier betrap is dat hy self

twee modderwesens op sy erf aanhou. Op sy erf mag hulle wees

om in die sweet van hul aanskyn – het modderwesens ‘n

Page 128: Lugwaardin Opleiding

128

aanskyn? – hul mieliepap te verdien, maar not de tiekie mag hulle

in die parke kom nie.

Die Rare Regses laat Bennie baie aan ‘n brakkie dink wat

al wat kar is wat by sy baas se huis verbyry, al keffend agternasit.

Wat gebeur die dag wat hy per ongeluk daai kar gevang kry?

Sou die Rare Regses wel daarin slaag om die regering oor

te neem, hoe lank reken hulle gaan hulle dit hou? Drie minute? Of

darem tien minute? Een het glo selfs by Piet Witblits gaan kers

opsteek om te hoor wat die kanse is dat die wittes weer die

regering kan hou. ‘n Ariese regering. Dis nie bekend wat Piet

Witblits te sê gehad het nie.

Maar hierdie generasie Rare Regses is lank nie meer die

lotjie van die Groot Kokkedoor wat so half lyk of die windmeul

hulle raakgeklap het nie. Nee, hierdies is slim mense, dokters en

so aan. “Dis gesofistikeerde, hoogs opgevoede mense,” sê die

Kommissaris.

“Hulle is die produk van die vervreemding van die Afrikaner

in sy eie land,” sê die getal neo-liberaliste.

Van langs die Platberg af lê Mapstieks ook ‘n eiertjie. “Julle

moenie verskonings vir die lotjie uitdink nie. Daar is ander

maniere soos om met die nuwe regering saam te werk.”

“Kan nie met die addersgeslag saamwerk nie, of dit nou

aliens is of te not. Dis soos om jou pêrels voor die swyne te

werp,” brom dit van onder die kombers uit.

Page 129: Lugwaardin Opleiding

129

“Meng jou met die semels, dan vreet die swyne jou!” raas

Skuinskyk.

“Presies!” brom die stem van onder die kombers uit.

Maar die nuwe regering sê hy neem die dinge tog ernstig

op. ‘n Nuwe taalbeleid word aangekondig, die hand van

vriendskap word weer by die party se groot indaba tussen die

wingerde uitgereik. Die nuwe regering is amper meer apologeties

oor die Rare Regses se mannewales as die Boere self.

“Its only a very tiny minority,” kondig die een spreker na die

ander aan. “Daar is plek vir julle en jul kundigheid in hierdie land.

Ons laaik julle! Maar daai Rare Regses – hulle soek ons net om

in die tronk te sit.”

“Koes boois, hier reën dit LG’s!” ego ‘n herinnering deur

Bennie se kop. “Uit die mond van die suipeling sal jy die waarheid

hoor.”

Miskien is die tegnokrasie tog nie heeltemal so ‘n slegte

idee nie. Dat die hawens weer aan die gang an kom, en die

spoorlyne, en vir Mugabe se lot mielies aangery kan word.

Ja-nee, om vir die modderwesens die stemreg te gee, is

soos om jou pêrels voor die swyne te werp waar dit vertrap gaan

word. Kyk maar net vir Mugabe en die ander. En Israeliete eet g’n

swyn nie.

Page 130: Lugwaardin Opleiding

130

‘n Mens sal die see se medium moet verander sodat dit nie

meer ‘n gunstige teelaarde vir die Rare Regse bied nie, dink

Bennie. En skielik voel Bennie ook maar erg stupid.

Intussen sal daar steeds regse selle oopgevlek word, en in

die tronkselle beland waar hulle die Springbokkie geselskap kan

hou.

Die sterk oostewind wat die verlore stamme na Wes-

Europa gewaai het, en die Judeërs van daar ‘n suidewind met die

skepies van ouds na die suide gehaal het, het hier in die suidland

‘n dwarrelwind geword wat die stofduiwels opjaag en kort-kort

dreig om ‘n tornado te word.

Vir Bennie, wat soos oom Jannie sê, verstrooid is omdat

hy alles wil analiseer, bly die hele boksemdaais heeltemal te

deurmekaar om behoorlik sin te maak.

12. Omega (in ‘n ander dimensie)

Benjamin en sy Engel sit in hul patio na die kole in die

buite-braaikaggel en kyk. Eintlik kan hulle nie veel meer doen as

net kyk nie, want met vandag se vleispryse is braai ‘n vreeslike

luukse. Tensy ‘n mens natuurlik ‘n aandeel in die

perlemoenbedryf het of ‘n piramiede9-skema bedryf.

9 Het op die aarde niks te make met die Egiptiese of die Asteke se

piramides nie, en moet nie vertolk word as ‘n bewys dat daar wel

vroeër interkontinentale kontak was nie.

Page 131: Lugwaardin Opleiding

131

Die son begin-begin sak in die Ooste. Dis ‘n verruklike

mooi gesig so met die son wat die wolkies bloedrooi kleur. Die

son gaan nou in die Ooste onder want volgens die een of ander

profesie sou die aarde andersom om sy as begin loop het.10

Sommige besoekers aan Benjamin en sy Engel meen dit is

‘n reuse stuk ruimterommel wat by die aarde verbygeblits het wat

dié omkeerdery veroorsaak het. Ander sê dit was ‘n klomp aliens

in ‘n ruimteskip wat lus was vir sportsmaak.

“O blik^%$!” het oom Jannie nog gesê. Smaak my hulle

het tog vir Jorsie kans gegee om te dryf. En hy het nooit rigting in

die lewe gehad nie.”

Oom Anneries sê dis planeet X wat verbygeskuur het. Dié

palneet het in die verlede my sy verbygaanslag al verskeie kere

rampe en moeilikheid op die aarde gemaak, soos om die

dinosaurusse uit te wis. Die palneet is in ‘n ander dimensie verby

– dié dat niemand hom gesien het nie. Al wat ons weet, is dat

verskeie Naburiete soos in die verlede hier afgelaai is. Hulle is

gekloon om baie soos ons te lyk.

10 Eintlik gaan die son steeds in die weste onder Bennie het

onlangs baie hard op sy kop geval, en toe hy uit die koma kom, is

hy heelamal rigtingbeneuk. ‘n Mens moet dit egter nie vir

Benjamin, soos hy na die kopvallery heet, sê nie. Dan raak hy

baie kwaad. Ter wille van Benjamin se voortgesette gesondheid

en heil, speel almal maar saam oor die son se onderganery in die

ooste.

Page 132: Lugwaardin Opleiding

132

Wat ookal die oorsaak, in die proses wat dit gebeur het,

het ‘n helse oostewind opgesteek. ‘n Hele klomp Kahzahre het in

Wes-Europa aagewaai gekom, en die hoofkwartier van die

Illuminati saamgebring. ‘n Klomp van Sebulon en Naftali se

mense het tot op Efriam se eiland gewaai, en die Efraimiete het

op groot skaal in die see gewaai.

“Uiteindelik is ons darem nou van ‘n klomp Ingelse

ontslae” het oom Jurie gesê. Oom Jurie was nog nooit lief vir die

Ingelse nie, nie na dit wat hulle in die Anglo-Boere-oorlog aan sy

voorsate gedoen het nie. Vir oom Jurie is dit ‘n bitter pil dat sy

kinders nou so ‘n voorliefde vir die rooi taal het, en amper die hele

lot nou oorsee sit, huistaal Engels. “Die omkeerdery het nou net

te laat gekom,” kla hy.

In Amerika was daar net so ‘n hengse gemors. Die Statue

of Liberty het omgewaai, maar nie die World Trade Centre se

Twin Towers nie. Daarvoor het Osama se lotjie, die Edomiete en

ander Filistyne lankal gesorg.

Die Israeliete, die Judeërs, het ‘n slag na Israel probeer

terugkeer toe Wes-Europa die Sahara geërf het, maar die 400

miljoen of so mense wou nie inpas nie. Die Jode en die Illuminati

wou hulle ook nie daar hê nie, al het dit weer goed in die Negev

beginne reën en het die land weer die land van melk en heuning

geword.

Bennie se saak by die Wig het uiteindelik klaargemaak. Op

‘n tegniese puntjie verloor, al is die Provinsiale Frustrasie al die

pad gelooi oor hul droogmakery so met arme Benjamin saam.

Benjamin het dit op appél geneem, en die uitslag behoort binne ‘n

Page 133: Lugwaardin Opleiding

133

dekade of twee bekend te wees. Dis nou as Benjamin vuurmaak

onder die Wig.

Bennie se eindprofesie sê nie wie in Suid-Afrika aan

bewind is nie. Want Bennie is heeltemal te stupid om enige sin uit

hierdie ingewikkeldheid te maak. Net soos die Bybel sê van hulle

wat so ontydig alles wil deurgrond.

Hy wonder net of Jorsie al by sy bestemming aangekom

het. ‘n Ster verskiet, en Bennie sak gemaklik agteroor in sy

staaltuinstoel. Die plêstiek tuinstoele is saam met die plêstiek

kranse die Kalahari ingewaai toe die groot Oostewind gekom het.

“Ek dink Jorsie het ge-arrive” sê hy vir sy Engel.