Oos-Kaap - SA Woonwa-Assosiasie (SAWA) / SA …€¦ · Victor —25 Algemene kampe ... Sandra...

7
1 Oos-Kaap GAMTOOS AJV 57 Augustus 2016 Oom Dave & Tannie Koekie Griesel was die eerste kampeerders en het alreeds van Maandag, 1 Augustus, gekamp. Hulle is van die streek Suidwes-Kaap en oom Dave was een van die stigterslede van streek Oos-Kaap. Van die ander lede het Donderdag uitgekom. Oom Wouter Steenkamp het Donderdagaand boekevat gedoen. Daar is lekker gebraai in die bittere koue. Vrydagoggend was dit spierwit geryp en toe die van ons wat werk net voor sewe ry, was dit 1 grade. Die res van die lede het deur die dag uitgekom. Ons gaste van hoofkantoor het ook deur die dag gekom en die groot tent is opgeslaan. Baie dankie aan almal wat gehelp opslaan het. Dankie ook aan Richard wat die waentjie Gamtoos toe gesleep het. Jak- kie Barnardo het Vrydagaand boekevat behartig. Na boekevat is daar sop en broodjies bedien. Dit was heerlik. Baie dankie aan almal wat sop gemaak het en ook aan Jakkie wat die broodjies vir ons opgetel en deurgebring het. Die dames sal hul resepte moet aanstuur (veral Koekie se broccoli sop). Die vure het hoog gebrand en daar is heerlik gekuier. Saterdagoggend was die vergadering om tien uur in die tent. Sommige lede is verskoon weens die groot rugby wedstryd tussen die Lions en die Hurricanes. Hul ondersteuning het nie gehelp nie en die Lions het die wedstryd verloor. Die vergadering het baie goed afgeloop. Sommige van die toekennings is uitgedeel. Die vergadering is verdaag en daar was baie tyd om die middag lekker te ontspan voor die aandfunksie.

Transcript of Oos-Kaap - SA Woonwa-Assosiasie (SAWA) / SA …€¦ · Victor —25 Algemene kampe ... Sandra...

1

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

Oom Dave & Tannie Koekie Griesel was die eerste kampeerders en het alreeds van Maandag, 1 Augustus, gekamp. Hulle is van die streek Suidwes-Kaap en oom Dave was een van die

stigterslede van streek Oos-Kaap. Van die ander lede het Donderdag uitgekom. Oom Wouter Steenkamp het Donderdagaand boekevat gedoen. Daar is lekker gebraai in die bittere koue.

Vrydagoggend was dit spierwit geryp en toe die van ons wat werk net voor sewe ry, was dit 1 grade. Die res van die lede het deur

die dag uitgekom. Ons gaste van hoofkantoor het ook deur die dag gekom en die groot tent is opgeslaan. Baie dankie aan almal wat gehelp opslaan het. Dankie ook aan Richard wat die waentjie Gamtoos toe gesleep het. Jak-

kie Barnardo het Vrydagaand boekevat behartig. Na boekevat is daar sop en broodjies bedien. Dit was heerlik.

Baie dankie aan almal wat sop gemaak het en ook aan Jakkie wat die broodjies vir ons opgetel en deurgebring het. Die dames sal hul resepte

moet aanstuur (veral Koekie se broccoli sop). Die vure het hoog gebrand en daar is heerlik gekuier.

Saterdagoggend was die vergadering om tien uur in die tent. Sommige lede is verskoon weens die

groot rugby wedstryd tussen die Lions en die Hurricanes. Hul ondersteuning het nie gehelp nie en die Lions het die wedstryd verloor. Die vergadering het baie goed afgeloop. Sommige van die toekennings is uitgedeel. Die

vergadering is verdaag en daar was baie tyd om die middag lekker te ontspan voor die aandfunksie.

2

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

AJV TOEKENNINGS

Johan & Alida Steynberg

5x Kampkommandante

Buitengewone dienste Streek Meriete

Richard & Poppie Heyman

100% Bywoning

5x Kampkommandante Buitengewone dienste

Streek Meriete

Jacques & Zelda

Swanepoel

2 jaar op bestuur

5x Kampkommandante

Buitengewone Dienste

Theo & Mariana Pozyn

Buitengewone dienste

100 Algemene kampe Streek meriete

Johan & Jakkie Barnardo

100% Bywoning

5x Kampkommandante Buitengewone Dienste

Jacques & Zeldri Strydom

Buitengewone Dienste

100 Algemene kampe

Johan & Karen

Rautenbach

100% Bywoning 2 jaar op bestuur

5x Kampkommandante

Buitengewone Dienste

Frans & Liana

Labuschagne

100% Bywoning 2 jaar op bestuur

5x Kampkommandante

Buitengewone Dienste 100 Streekkampe

Wouter & Alna Steenkamp

5x Kampkommandante

Buitengewone Dienste

Cecile Meyer

100% Bywoning

200 Algemene kampe

Gerhard & Leonora

Moggee

100% Bywoning Buitengewone Dienste

50 Streekkampe

Deon & Tersia le Roux

100% Bywoning

Buitengewone Dienste

3

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

AJV TOEKENNINGS (VERVOLG)

Steve & Ischké

Lambrechts

100% Bywoning 2 jaar op bestuur

5x Kampkommandante

Buitengewone Dienste

50 Streekkampe

Duppie & Emsé du Plessis

50 Streekkampe

Markus & Riana Pottas

100% Bywoning

Stienie Grobler

Buitengewone Dienste

Tjaart & Nelia Snyman

100% Bywoning

5x Kampkommandante Buitengewone Dienste

200 Streekkampe

Streek Meriete

Willie & Jackie Conradie

Buitengewone Dienste

Anton & Rozelle

von Molendorff

100% Bywoning

Buitengewone Dienste

100 Streekkampe

Tommy & Rene Hall

Buitengewone Dienste

Martin & Christelle Deyzel

Buitengewone Dienste

Gerhard & Annemarie

Momberg Buitengewone Dienste

50 Streekkampe

Jan & Tanyia Hugo

Streek Meriete

Johan & Sandra Fourie

5x Kampkommandante

Buitengewone Dienste

4

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

Afwesig: Eddie & Tania Deyzel—100% Bywoning, Buitengewone Dienste. Johan & Ronel Gouws—

5x Kampkommandante. Piet Kapp—5x Kampkommandante. Steven & Sandra Meyer—Buitengewone Dienste. Erik & Wilna Noack—50 Streekkampe. Sieg & Charlene Slabbert—Buitengewone Dienste. Peter & Leonie van Rensburg—100% Bywoning, Buitengewone Diente. Rudie & Natasja van

Tonder—Buitengewone Dienste. Flip & Marguerite Vermeulen—50 Streekkampe

Die aandfunksie het om 17h30 begin. Die saal het pragtig gelyk en die kos was heerlik. Daar is

toesprake gemaak, toekennings is uitgedeel op streeks- & gebiedsvlak en die nuwe bestuur is bekend gestel. Baie geluk aan die nuwe bestuur en ook aan almal wat toekennings gekry het. Elke gesin het ‘n bottel wyn in ‘n kissie wat as ‘n bedieningsbord gebruik kan word gekry. Daar is ook pragtige karavaan

sleutelhouers uitgedeel. Baie dankie aan almal wat ‘n aandeel in die reëlings gehad het, iets geskenk het of enige ander taak verrig het om van die aand ‘n sukses te maak. Baie dankie ook aan die eienaar en personeel van die Gamtoos Ferry hotel vir julle puik diens. Ons sal definitief weer op julle knoppie

druk. Dit was ‘n reuse sukses.

Dave Griesel het die

heildronk ingestel

Chantal Snyman

& Lindie Stander het staaltjies uit

hul jeugjare

vertel

Lindie & Paul Stander en Mario &

Clarisse Steenkamp is as nuwe lede voorgestel

5

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

Leonora

Moggee—Vrou van die jaar

Jeug—Lynique

Deyzel

Nuusberig van

die jaar—Tania Deyzel

Uittreedende bestuurslede:

Zelda Swanepoel, Steve Lambrechts & Karen Rautenbach

Man van die jaar—

Johan Rautenbach Senior Burger van die

jaar—Cecile Meyer

Toewyding—Liana

Labuschagne

Flopper—

Charlene Slabbert 100+ - Willie &

Jackie Conradie Gesin van die jaar—

Deon, Tersia & Elzaan le Roux

Uittreedende

Voorsitter Johan Steynberg

Gebieds Meriete Toekennings:

Liana Labuscagne & Tjaart Snyman

6

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

Sondagoggend het Ds Ben Fourie van bybelverspreiding die kerkdiens gelei. Ons kollekte sal

in die toekoms nogsteeds vir bybelverspreiding gaan. Daar is ook pillehouertjies uitgedeel wat ons moet volmaak en terugbring. Die kleintjie vat R2 muntstukke en as hy vol is, is dit genoeg vir een bybel en die groter een van R5 muntstukke en as hy vol is, is dit genoeg vir twee bybels. Daar is plaatjies uitgedeel.

Afwesig: De Wet & Yolandi Fourie—10 Streekkampe

Deon &

Tersia le Roux—10

Streek

kampe

Kallie & Denise

Kaltenbrunn—20 Streekkampe

Anton &

Theresa Willemse—30 Streek

kampe

Benna & Marie Weitz— 200

Streekkampe

Tommy & Rene Hall–

50 Streekkampe

Wouter & Alna

Steenkamp—130 Streekkampe

Stienie Grobler—

150 Streekkampe

Gerrie & Venessa Rens—

130 Streekkampe

Eddie & Tania Deyzel—

120 Streekkampe

Johan & Sandra Fourie—

240 Streekkampe Shaun & Madelynne

Victor—25 Algemene kampe

Steve & Ischké

Lambrechts—60 Streek & 75 Algemeen

Ons gaste van hoofkantoor

Betuur 2016/2017: Voorsitter– Tjaart Snyman;

Ondervoorsitter– Jakkie Barnardo; Sekre-taresse- Liana Labuschagne; Penningmeester– Ischké Lambrechts; Addisioneel—Richard

Heyman, Zeldri Strydom, Tersia le Roux, Martin Deyzel. Senior Burger verteenwoordiger-Sandra Fourie. Afwesig: Redakteur—Elzaan le

Roux

7

Oos-Kaap GAMTOOS AJV

5—7 Augustus 2016

Na kerk is daar koffie gedrink en cupcakes geëet. Baie dankie aan oom Tjaart wat die cupcakes gereël

en gaan haal het. Dit was heerlik. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die tent weer af te slaan en aan Zeldri Strydom wat die waentjie terug huis toe sleep. Sommige lede moes oppak en die terugtog aanpak. Die res van ons het nog gebraai en gekuier en natuurlik ‘n middagslapie gevang. Sondagaand

het die poorte behoorlik oopgemaak en dit het lekker gereën.

Maandag was weereens ‘n heerlike sonnige dag. Sommiges het lekker op Jeffreys gaan ontbyt eet terwyl sommiges

nog ‘n visvangsessie moes inwerk. Nog lede het opgepak en huiswaars gekeer. Ons

gaste van hoofkantoor is ook terug huis toe. Liana het Maandagaand vir ons boekevat gedoen.

Dinsdagoggend het Richard boekevat gedoen en almal het opgepak en huis toe gegaan. Baie dankie aan al die lede vir ‘n heerlike AJV en kamp. Alles was puik en ons maak definitief volgende jaar weer so.

Baie sterkte aan die nuwe bestuur vir die jaar wat voorlê. Ek glo ons gaan lekker as ‘n span saamwerk om dinge vir ons lede lekker te maak. Soos Jurie gesê het sonder ons lede is daar nie ‘n SAWA nie.

Veilig sleep tot volgende keer

Groete, Ischke Lambrechts

SENIOR BURGERS Hierdie was dan ook ‘n Senior Burger saamtrek.

Donderdag was ons maar min lede. Dave & Koekie Griesel; van streek Suidwes-Kaap en ook een van die stigterslede van streek Oos-Kaap; Wouter & Alna Steenkamp, Barend & Lenie Swanepoel met hul agterkleindogter, Liana & Frans Labuschagne, Deon

& Tersia le Roux en dan ek & Johan het die middag saam lekker koek en tee geniet. Wouter Steenkamp het boekevat vir ons gedoen. Die aand het Ischké & Steve Lambrechts en Andre & Sammy Ankiewitz by ons aangesluit en ons het lekker gebraai.

Die res van die naweek het maar soos vir die res van die kampeerders verloop. Almal het die AJV en 40 jarige vieringe vreeslik geniet. Tannie Cecile Meyer is dan ook aangewys as die Senior Burger van die jaar. Baie

geluk aan haar. Dit sit nie in almal se broek om op 82 jarige ouderdom jou eie karavaan te sleep en dan nog boonop 100% bywoning te kry nie. Welgedaan! Baie Dankie aan almal vir ‘n heerlike kamp. Veilig sleep tot

volgende keer

… Sandra Fourie

Ons gaste se bekers