Jona en Die Vis Gratis 2

download Jona en Die Vis Gratis 2

of 15

Transcript of Jona en Die Vis Gratis 2

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    1/15

    Ingesluit

    in

    die pak:

    Bybelklub vir Kinders

    Storie:Jona en die vis

    Aktiwiteite vir die week

    Ouerhandleiding

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    2/15

    Eendag het God vir n man met die naam Jona gevra om iets tedoen. God wou gehad het Jona moet na die stad Nineve gaan en vir diemense daar s dat hulle moet ophou om lelike en stoute goed te doen.Jona was baie lief vir God, maar hy was niks lus om dit te doen nie.Nineve was nie n lekker plek om te wees nie. Jona besluit toe om nievir God te luister nie en hardloop toe weg en klim op n skip.

    In die middel van die nag het daar n groot storm gekom. Almal op

    die skip was bang dat die skip gaan sink.Jona was ook bang. Hy het geweet God het die storm gestuur oor hy

    nie vir Hom geluister het nie. Hy s toe vir die mense wat op die skipwerk, die matrose, om hom van die skip af te gooi. Dan sal die stormophou.

    Die matrose gooi toe vir Jona van die skip af in die see en sowaar!Die storm hou op!

    Toe Jona in die water val, het n groot vis hom ingesluk. Binne in die

    vis se maag kon Jona asemhaal. Hy het toe gebid en vir God gevra omhom te red en ges dat hy baie jammer was dat hy nie geluister hetnie.

    Daarna het die wonderlikste ding gebeur! Die vis het vir Jona op dieland uitgespoeg! Jona was so bly en het hierdie keer vir God geluisteren dadelik Nineve toe gegaan om vir die mense daar te vertel van dieHere.

    Jona en die vis

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    3/15

    Het jy geweet?Die stad Nineve bestaan nie meer vandag nie, maar hulle hetstukke van die stad oorgebou sodat mense kan sien hoe dit indie ou tyd gelyk het.

    Hier is een van Nineve se hekke of ingange na die stad wathulle oorgebou het. Hierdie is die Adad hek. In die ou daewas stede omring deur ho mure sodat ander mense nie koninkom nie.

    Die naam Adad was een van die afgode wat die mense inNineve aanbid het. Dit was een van die redes waarom God virJona Nineve toe gestuur het. Om hulle te leer van die Here.

    Wat is n afgod? n Afgod is iets wat mense aanbid (voor bid)wat nie God is nie. Soos bv. party mense aanbid beeldjies, in die oudae het mense die son en die maan aanbid. Of hulle dink gode uit,soos bv. die god van ren, wat jy voor bid as jy wil h dit moet ren.Dit noem n mens n afgod.

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    4/15

    ...Hulp kom net van

    die Here af. Jona

    2:9

    Hoe om die geheuevers te gebruik:

    Druk die versie op die blad uit, knip uit en plak dit op 'nplekkie waar jy en jou kleinding dit elke dag die weekkan sien en saam kan lees. Vra na n dag of twee virjou kleinding om dit self te lees en/of op te s. Helpwaar nodig en lees elke dag saam om klem te l opdie boodskap van die vers. Dit is lekker om 'ngeheuevers boekie aan te skaf waarin jy al die vorigegeheueversies kan plak vir toekomstige naslaan werkvir jou kleinding.

    Geheuevers

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    5/15

    AktiwiteiteBenodighede:

    Storieblad van Jona en die vis soos ingesluit by die

    pak.

    Aktiwiteit:Lees die storie stadig en deeglik deur saam met jou

    kleinding. L klem op woorde wat hy/sy nie verstaan

    nie en gesels oor die betekenis daarvan. Gesels met

    jou kleinding oor om jammer te s en wat dit beteken,

    na aanleiding van Jona wat vir God jammer ges het.

    Lig dievolgende uit:

    1.As jy iets teenoor iemand doen wat nie reg is nie,

    maak jy die persoon en vir God seer.

    2.Om jammer te s beteken om te s dat jy weet dit

    wat jy gedoen het verkeerd was en die persoon

    seergemaak het.

    3.As jy vir die persoon en vir God jammer s as jy ietsgedoen het wat jy weet nie reg is nie, sal God jou

    vergewe.

    4.As jy iets verkeed gedoen het, is dit belangrik om vir

    God en die persoon jammer te s. Vir ouer kinders:

    God gee vergifnis en die persoon vergewe jou.

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    6/15

    Aktiwiteite

    Benodighede:

    Karton in verskillende kleure, swart pen, skr, gom,

    vissie patroon op volgende blad

    Aktiwiteit:

    Knip die vissie se liggaamsdele uit die gekleurde

    karton. Vra jou kleinding om die vissie aanmekaar te

    plak en dan die ogie in te teken met die swart pen.

    Gesels oor die groot vis wat vir Jona ingesluk het en

    die wonderwerk van hoe Jona kon asemhaal binne in

    die vis en later veilig op die land uitgespoeg is.

    Beklemtoon die volgende:

    1. Die wonderwerk dat Jona kon asemhaal binne in

    die vis.

    2. God se liefde vir Jona (ons) deur hom te red deur

    'n vis te stuur.

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    7/15

    PatroonVis lyfie:

    mond

    oog

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    8/15

    PatroonVis vinne:

    Syvinne

    Stertvin

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    9/15

    Aktiwiteite

    Benodighede:Patroon van sambreel op volgende blad,

    karton, gom, skr, inkleurkryte,

    foto van kleinding

    Aktiwiteit:Laat kleinding die sambreel patroon uitknip,

    indien hy / sy nog nie knipvaardighede

    aangeleer het nie, knip dit self uit. Laat

    kleinding die sambreel, wolke en blits straal

    vasgom op die karton velletjie, asook dieprentjie inkleur. Gesels met kleinding oor

    hoekom mens 'n sambreel in 'n storm sal

    gebruik, teken rendruppels in op die prentjie.

    Verduidelik dat 'n sambreel ons beskerm

    teen die ren, net soos God ons beskerm

    teen die lewe se slegte dinge. Plak nou diefoto van jou kleinding onder die sambreel.

    Verduidelik dat die sambreel soos God se

    liefde is wat hom / haar beskerm. Ons moet

    onder die sambreel bly om beskerm te word,

    net soos ons in God se liefde moet bly om

    beskerm te word in die lewe, soos Jona in die

    storie.

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    10/15

    Patroon

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    11/15

    AktiwiteiteBenodighede:Karton / papier, pen, diagram op volgende blad.

    Aktiwiteit:God het met Jona 'n pad gestap, Jona moes deur 'nstorm gaan en ingesluk word deur 'n vis voor hy by

    God se plan met sy lewe uitgekom het. Stap saam

    met jou kleinding 'n entjie in 'n park of in julle

    woonbuurt en gesels oor die pad wat julle stap, waar

    bome staan, of daar enige ander kentekens is. Teken

    nou julle pad wanneer julle weer by die huis kom,

    gesels oor die pad en toets jou kleinding se geheuedeur vragies te vra. Gesels nou oor Jona se pad

    saam met God voor hy by Nineve uitgekom het.

    Verduidelik dat daar baie ander paaie is wat mens

    kon volg op julle stappie vroer, maar dat die pad wat

    julle gevolg het julle op 'n spesifieke plek uitgebring

    het. Dit is dieselfde met ons pad saam met God,

    maar as ons wel 'n afdraai pad neem sal God onsweer terugbring op die regte pad, ons moet net na Sy

    woord en liefde luister. Voltooi die aktiwiteit deur die

    ontbrekende woorde in te vul.

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    12/15

    Jona se pad

    God praat met Jona.

    Jona____________.

    Jona klim op 'n boot en beland in 'n

    _____________.

    Die matrose gooi Jona in die wateren Jona word ingesluk deur 'n

    ___________.

    Die vis bring Jona tot by land, Jonaluister vir God!

    Woordkeuses: hardloop weg,

    storm, vis

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    13/15

    AktiwiteiteBenodighede:Vers Jona 3:9, sneespapier, hart patroon op

    volgende blad, gom, toutjie / lint

    Jona 3:9 Miskien sal God van plan verander en

    nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie

    omkom nie.Vir die ouer: As ons berou toon kan God se wil

    verander, Hy forseer nie Sy wil op ons af nie.

    Ons dien 'n God van Liefde.

    Aktiwiteit:Lees Jona 3:9 soos volg vir jou kleinding:As ons stout was en vir God s dat ons jammer

    is, sal God vir ons vergewe en ons red. God is

    'n groot God en is baie lief vir ons, Sy kinders.

    Ons het 'n God van liefde wat enige iets vir ons,

    Sy kinders, sal doen.

    Laat jou kleinding verskillende kleure

    sneespapier opskeur en plak op die hart

    patroon op die volgende blad. Gesels dat die

    hart God se liefde simboliseer vir ons, Sy

    kinders. Knip die hartjie uit en pons 'n gaatjie in

    die hart, soos op die patroon. Hang nou in

    kleinding se kamer op met 'n toutjie / lint.

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    14/15

    Patroon

  • 8/2/2019 Jona en Die Vis Gratis 2

    15/15

    Vir die ouer:

    Jona en die vis

    Teks in Bybel:Jona 1 - 4

    Wat belangrik is:Wat belangrik is in die boek van Jona is dievolgende:

    1. Wanneer ons regtig berou het oor ons

    sondes kan God die gevolge daarvan ten goede

    in Sy diens gebruik. Jona 3:1-3

    2. Hy plaas ons, as ons waarlik berou betoon,weer terug op die regte pad. Jona 3

    3. Al neem ons baie afdraai paaie op ons

    lewenspad sal God ons by ons doel in die lewe

    bring.

    4. Gee elke dag jou lewe vir Hom en vertrou op

    Hom om jou op die regte koers te lei. Dan hoef

    die Here nie ompaaie met jou te stap nie.

    Alle teks kopiereg Bybelklub vir kinders