HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van...

11
LA ROCHELLE HOËR MEISIESKOOL GIRLS’ HIGH SCHOOL Ι 2018 NR 112

Transcript of HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van...

Page 1: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

Ons blom in La Rochelle

Faurestraat, Paarl, 7646, Suid-Afrika – Posbus 21, Hoofstraat, Paarl, 7622, Suid-AfrikaFaure Street, Paarl, 7646, South Africa – PO Box 21, Main Street, 7622, South Africa

Tel +27 (0)21 872 4367 – Faks/Fax +27(0)21 872 7812 – E-pos/E-mail [email protected] – www.larries.co.za

HMS LA

ROC

HELLE GHS – 2018 – N

R 112

LA ROCHELLEHOËR MEISIESKOOL GIRLS’ HIGH SCHOOLΙ

2018NR 112

Page 2: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

2 LA ROCHELLE 2018

Beste Ouers, La Rochelle-leerders en VriendeTerwyl die dae langer en sonniger word, is dit my voorreg om namens die personeel van die Hoër Meisieskool La Rochelle ’n blik te gee op wat ons in 2018 beleef het. Geniet hierdie uitgawe, saamgestel deur mev. Karin Leibbrandt. Ons wil u op ’n Larrie-reis neem deur die akademiese uitdagings, maar ook deur al die ander aktiwiteite wat die dogters se karakter vorm.Benjamin Franklin said: “Tell me and I forget; Teach me and I remember; Involve me and I learn”. The La Rochelle girls, staff members and parents showed this year that by their involvement we could create memories.’n Berig in die Beeld van 10 Mei 2018, “Kies regte skool vir jou kind”, het ons aandag getrek. Ek haal aan:“Wat is die eienskappe wat ek graag in my kind sou wou sien wanneer hy/sy eendag die skoolbanke verlaat? Tien onderskeidings? Provinsiale kleure in ’n sportsoort? Of dalk groter gewigswaarde aan eienskappe wat my kind gaan nodig hê om suksesvol in die wêreld in hul beroep te kan staan? Emosionele en sosiale vaardighede, waar kinders meer leer van respek en verdraagsaamheid, deursettingsvermoë, die vermoë om die ruimte om jou te kan organiseer, tydsbestuur en hou by sperdatums, aanpasbaarheid, ’n sin vir verantwoordelikheid en aanspreeklikheid en om empatie met ander te hê, want dit is nie meer noodwendig fokuspunte van alle skole nie.”Ons het vir onsself gesê dat hierdie eienskappe steeds fokuspunte in La Rochelle is: Ons bly getrou aan ’n gesonde waardesisteem. Dit bly egter ons almal se verantwoordelikheid, huidige leerders en oudleerders, om hierdie tradisionele instelling van leer te koester en te bewaar. Dit moet ons passie bly om ons dogters toe te rus om gebalanseerde, kreatiewe en empatiese jong dames te raak wat toegerus is om hul eie toekoms te bepaal in ’n samelewing met baie uitdagings.

StaffWe were privileged to start the year with five new staff members, namely Ms Monika Kotze (Life Sciences and Natural Sciences), Mrs Yolandi Naudé (English Home Language), Ms Tiffany Schwegmann (Mathematics), Mr Quinton Meades (Technology, Natural Sciences and Physical Sciences) and Mr Stephan Swart (Mathematics). Ms Laura Wigmore left us after five years to move to Canada. Learners will remember her lessons in Mathematics, Physical and Life Sciences and that she never hesitated to help them after hours. Her input as netball and high jump coach will further contribute to our fond memories of her. At the beginning of the second term, she was replaced by Mrs Mariechen Vermeulen, one of our former troupers! The Green Committee, which is involved in various programs, as well as the Green Market Day, was her initiative. Mev. Lizanne Ferreira verlaat ons na vyf jaar om by Boland Landbouskool aan te sluit. Haar energie en goeie organisatoriese vermoëns sal in die klas sowel as op die sportterrein gemis word. Sy het die

tennisspelers met ’n ferm hand bestuur en menige Sport- en Kultuurprysuitdeling georganiseer. Ons beste wense vergesel haar, haar man, Wikus, en Annabelle.Babas was ook aan die orde van die dag: Beide mev. Jacobie Müller-Bester (Catherine-Marie) en mnr. Frans Botha-Visser (Lea) het dogtertjies ryker geword. Mevv. Liana Lourens (Lia-Rose in Ierland), Marieta Laubscher (Frances) se tweede kleinkinders is hierdie jaar gebore terwyl mev. Elmien Thom sommer twee kleindogters ryker is, Elmien Wium en Lisa van der Walt (Amerika).In die koshuis het me. Lindsey-Anne Whare van Feedem en me. Bernadette Andrews aan die einde van 2017 by ons aangesluit, sowel as me. Odwa Famana vanaf April 2018. Mev. Lucille Valentyn het weens swak gesondheid na 13 jaar diens besluit om einde Oktober 2018 af te tree. Ons wil haar bedank vir jare se diens. Ons beste wense vergesel haar op die nuwe lewenspad.Personeel wat ook buite die skoolgrense presteer het:• Me. Adéle Bothma is lid van die Boland Skole

Hokkiebestuur (Vervoer en Akkommodasie);• Mev. Marianna Schoeman is atletiek-spanbestuurder

van sowel die Boland Dogterspan na die Wes-Kaap Kampioenskappe as die Wes-Kaap Dogterspan na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe;

• Me. Elmari van Heerden is ’n dosent aan die US Opvoedkunde Fakulteit, eksterne moderator by Umalusi, finalis by die National Teachers’ Awards en assistent-regisseur vir die loods-episode van Koshuis;

• Mev. Sonnet Vorster is SAOU-verteenwoordiger by Toerisme-kurrikulumbesprekings;

• Mev. Christa Vos is hoofkeurder van die Wes-Kaap o/16-netbalspan, afrigter van die Wes-Kaap o/16 Oaks-netbalspan en bestuurder van Cape Winelands Netbal.

Drie van ons onderwysers het in die huwelik getree: Mejj. Suné Niemand met JP Geldenhuys, Niena Jones met Philip Lötter en mnr. Frans Botha met Willie Visser.

Instandhouding en infrastruktuurDie koshuis het tesame met hul normale instandhou-dingsprogram nog twee badkamers opgeknap. Verder is ’n ekstra ablusie-fasiliteit vir die koshuispersoneel geskep. Onder leiding van twee SBL-ouers, mevv. Lizanne Pelham en Mimi Briers-Louw, het ’n groep ouers die Gasvryheidstudieklas opgeknap en verfraai.The severe drought in the Western Cape forced us to seek alternative solutions on our grounds. Fortunately, a strong underground watercourse was found and after testing, we shall decide where the water can be used. ’n Derde opslaanklas bied ook meer ruimte vir 2019 sodat personeel minder klasse hoef te deel.Die Skoolbeheerliggaam het na baie gesprekke en navorsing besluit om in 2019 ’n Astro-hokkiebaan agter die skool op te rig. Daar sal met die Drakenstein Munisipaliteit onderhandel word om die netbal- en tennisbane na Du Toitstraat te skuif.

ANNUAL REPORT

Page 3: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

PIENKVOETE

TOTSIENS

NUWE PERSONEEL

ELMIENTJIE WIUM (Ouma Elmien Thom)

LISA VAN DER WALT (Ouma Elmien Thom)

Juffrou Jacobie Müller-Bester se CATHERINE-MARIE

LIA-ROSE GRIFFITHS (Ouma Liana Lourens)

Mnr Frans Botha se

LEA.

KOSHUIS

Bernadette Andrews, Lindsey-Anne Whare,

Odwa Famana.

Stephan Swart, Yolandé Naudé, Monika Kotze, Tiffany Schwegmann, Quinton Meades. Mariechen Vermeulen.

Lizanne Ferreira.

FRANCES VISAGIE (Ouma Marieta

Laubscher)

Marieta Laubscher.

2018 LA ROCHELLE 3

JAARVERSLAG

Page 4: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

AkademieDie matriekuitslae van 2017 het weer vir ’n spog-oomblik gesorg. Die 122 kandidate het nog ’n keer vir ’n 100% slaagsyfer gesorg met ’n klasgemiddeld van 75,6%! Hul B-graadtoelatingsyfer van 92,6% was die hoogste in die Paarl. 42 Kandidate het ’n gemiddeld van 80% en meer behaal. Daar was 380 vakonderskeidings en 25 kandidate het 8 of meer vakke aangebied, waarvan die gemiddeld van elf vakke bo 70% en tien vakke bo 80% is. Gaby Vezasie is die Dux-leerder van 2017 met sewe vakonderskeidings en ’n gemiddeld van 92,2%. Geniet die res van die groep se prestasies op die spesiale fotoblad.At the Prize Giving of the Western Cape Teaching Department, which was held after the systemic tests for Grade 9 in 2017, our school received two certificates for excellent academic achievement in Home Language and Mathematics. The Academic Prestige Function took place in the En Avant Centre during the first week of the year and the matrics of 2017 were the guest speakers. The other grades were honoured for their academic achievements in 2017. The Academic Prize Giving that took place in October in the Toringkerk focussed on the 2018 results up to date. Prof Lizette Rabe, head of the Journalism Department at the University of Stellenbosch was our guest speaker at the function.Ander akademies verwante geleenthede sluit in:Allan Gray Entrepreneurship Challenge: ’n Brons sertifikaat is aan mev. Suné Geldenhuys toegeken en ’n meriete-toekenning aan Anike Mostert.Carmari Marais woon van November 2017 tot Januarie 2018 die Peter-Wust-Gymnasium in Merzig, Duitsland as Duitse uitruilstudent by.Elisna Wiese en Bea Visser, Gasvryheidstudieleerders, dring deur na die finale rondte van MNet se SKOLE KOOK in die Wes-Kaap.Charlotte Hoskins verower ’n silwer toekenning by die Kaapse Wynland Onderwysdistrik se Kunsuitstalling.UCT-wiskundekompetisie: Agttien leerders ontvang merietetoekennings. Karla de Kock en Anke van Coller vaar die beste in die pare-afdeling en Elize Kotze ontvang die Oxfordprys vir die beste individuele deelname.Carla van Wyk se gedigte is weer in INKVARS ge-publiseer.Elouise Lourens ontvang die akkolade vir een van haar werke, Far on the horizon, a dim light flickered, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar in die English Alive 2018 gepubliseer word.Die SAIIA Quiz-span met Layla van Sitters, Lobke Kirsten, Cecile Vegter en Ilne Claassen behaal ’n skitterende vierde plek uit 43 skole.Elsje-Mari Louw word opgeneem in die Boland Wiskundespan wat aan die SA Mathematics Team Competition gaan deelneem.La Rochelle entered five projects in four categories for the ESCOM Expo for Young Scientists in the Stellenbosch Region. Ansofi Pretorius obtained a

4 LA ROCHELLE 2018

AKADEMIE

Academic Achievers Tour.

KykNeT Skole Kook – Elisna Wiese, Bea Visser.

SAIIA Quiz – Cecile Vegter, Lobke Kirsten, Layla van Sitters en Ilne Claassen.

Uitmuntende Akademiese Prestasie in Wiskunde en Huistaal.

BOLAND WISKUNDESPANElsje-Mari Louw.

ANNUAL REPORT

Page 5: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

SPORT

Cape Gold.

2018 LA ROCHELLE 5

JAARVERSLAG

bronze medal for Physics, Ané de Kock and Ayron Gallop for Sport Science and Minette Farrell a gold medal for Psychological Sciences. Minette has also been selected to represent her region at the International Science Fair in October. She continued to get GOLD with her research on “The effect of gender and cognitive lateralization on object recognition”.CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and Junelle Rossouw progressing to the next round.The Science Club was established by Mrs Hannetjie Naudé and Mr Quinton Meades. They lived out their passion for science with activities such as the Science Quiz where they obtained a second place and attended a lecture by four times Shuttle Astronaut, Dr Don Thomas, on the topic “What is it to live and work in space?”.Twenty of our Grade 8 and 9 learners wrote the Natural Science Olympiad and received two gold, six silver and seven bronze certificates. With an average of 73,4% as calculated with the results of the Top 10 candidates per school, La Rochelle came first in the National Competition and Pippa Strydom obtained ninth place overall.Groot getalle leerders neem deel aan die ATKV-Spelathon, die Afrikaanse Taalbond se Twee-taligheidseksamen, sowel as die Afrikaanse Senior Olimpiade waar Elouise Lourens landswyd dertiende eindig.Ms Amanda Lochner and seven of our learners had the opportunity to attend Travel and Sport’s Academic Achievers Tour to the United States, where they visited the Ivy League Universities and the cities of Boston, New York and Washington.

Sport en KultuurThe American radio and television writer Andy Rooney said: “Everyone wants to live on top of the mountain, but all the happiness and growth occurs while you’re climbing it!”The La Rochelle learners shared a lot of happiness and growth whilst participating in all the different sport and cultural activities. We also have to acknowledge the involvement of all the coaches and co-ordinators, both inside and outside the school. Without their dedication and hard work, we would have nothing to celebrate!All the achievements were acknowledged during assemblies as well as the two Sport and Cultural Prize Giving Ceremonies. We would like to highlight the following: La Rochelle (470 punte) wen die 4M Atletiek Interskole-byeenkoms vir ’n sesde agtereenvolgende jaar op Dal Josaphat, met HMS, tweede (403 punte), Bloemhof, derde (375 punte) en Rhenish, vierde (117 punte). Die atlete stel vyf van die agt rekords op en wen al vier aflosse! Leandra Custodia het ’n ware kapteinsbyeenkoms gehad deur vier wenne agter haar naam te skryf.Die atlete het deurgaans ’n hoë standaard gehandhaaf deur die eerste CAPE GOLD-byeenkoms te wen en eindig die seisoen met nege atlete wie se prestasies onder die Top 10 in Suid-Afrika is.

Page 6: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

Die 2018/2019 seisoen het reeds begin en op 19 en 20 Oktober neem ’n span van 20 atlete vir die eerste keer deel aan die NWU se Top 20-kompetisie in Potchefstroom. Hulle word gekroon as mede-wenners saam met HS Westvalia in Klerksdorp.Die skool was die organiseerders van sowel 4M Atletiek as Swem. Die personeel en ouers betrokke het ons trots gemaak om twee sulke geleenthede slegs ses dae uitmekaar met soveel styl aan te bied! Die 4M-swemresultate spog met die kleinste gaping in puntestand nóg en die Larries het twee trofeë huis toe geneem.The All Girls’ School Festival was held at Clarendon Girls’ High School in East London this year. A group of 52 girls and coaches attended this festive occasion.The second One Act Play Festival was presented by the Drama Department. Four plays were chosen for the stage for a very entertaining evening. Phia Frank se produksie is ingeskryf vir die ATKV se tienertoneelkompetisie in die afdeling vir nuut geskrewe tekste. Na afloop van die kompetisie het hulle twee brons en ’n silwer toekenning ontvang.Yanganani Sibeko (seniors) and Danielle Pietersen (juniors) were selected to represent the Western Cape Debating Teams at the Nationals in Gauteng during December. Die hoogste skoolprestasies van die seisoen word in die volgende sporte behaal:Athletics: Tonet Tallie qualified for the Southern Region Africa Athletics Championship and won a gold medal in Paul Vault for Youth Girls with a height of 3,5 m.Swem: Jana Koch neem aan die SA Junior Nasionale Kampioenskappe deel en dring in vier items deur na die finaal. Sy verower ’n silwer medalje in die 300 m-borsslag en ’n brons in die 100 m-borsslag. Sy kwalifiseer ook vir die SA Senior Kampioenskappe.Tennis: Nicole Donnelly took part in the SA Interschool Tennis Tournament as member of the U-19A Boland Team. She won all her singles matches and finished the tournament unbeaten.

Hockey: Angie du Plessis was a member of the Boland U-18 IPT A-Team. Miche Horn was part of the U-18 Boland Barlinka Team, winning gold at the South Regional Tournament in Bloemfontein.Netbal: Thabisa Yekani (o/14) en Shani Botha (o/16) word aangewys as kapteine van hul onderskeie Wes-Kaapspanne. Thabisa se span wen goud by die SASN All Ages toernooi in Boksburg. Kaylie Lategan (o/16) word aangewys as een van 35 proefspelers vir die kies van ’n SA o/16-span. Dieselfde eer is aan Georgina Kapa toegeken en sy haal die SA o/17-span. Other extraordinary achievements were:Karate: Anel Tallie is a member of the SA Karate Team to take part in the Commonwealth Championships in Dubai.Judo: Tonet Tallie took part at the SA National Judo Championships where she won a gold medal in the U-15 to 17 division and bronze in the U-20 division.Fitness Aerobics: Alexandra van Stelten is selected as member of the Junior Fitness Aerobic Team at the 2018 FISAF International World Fitness and HipHop Unite Championships.Athletics: Katinka Louw took part at the USA National Youth Outdoor Championships in Brockport, New York. She qualified for the finals in the 100 m, 200 m and 400 m and continued to win gold in the 100 m and silver in the 200 m.Jukskei: Janneke Foot verteenwoordig Suid-Afrika as lid van die o/19-dogterspan tydens die nasionale toer na Namibië.Action Netball: Kaylie Lategan was a member of the U-16 Western Province Team which was undefeated in the Inter Provincial Tournament. As gold winners of SA’s U-16 division, they have been invited to participate in the Junior Nationals to be held in Australia.World Choir Games: Adél Doman was a member of the Tygerberg Children’s Choir that received an average of 91,31% for their performances. This includes four gold medals and two World Champion Trophies as Best Children’s Choir and Sacred Choir of the World.

ANNUAL REPORT

Page 7: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

2018 LA ROCHELLE 7

SPORT

Leandra Custodio, Shannon Benjamin.

ATHLETICS – Tonet Tallie.

KONFERENSIE

LEERDERLEIERSKONFERENSIE – Achmat Hassiem.

KONDISIONERING

SWEM – Jana Koch. TENNIS – Nicole Donnelly.

KULTUUR

ATKV TIENERTONEEL.

JAARVERSLAG

Page 8: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

8 LA ROCHELLE 2018

Skoolkoor: Die koor het ons trots gemaak met hul deelname aan die World Choir Games wat in Tshwane plaasgevind het. Hulle het in die Ope Kompetisie teen 174 kore meegeding en is met goud bekroon in die afdelings Youth Choirs of Equal Voices en Folklore a Capella. In laasgenoemde afdeling behaal hulle die vyfde hoogste punt in die Ope Kompetisie.Verder neem die koor ook deel aan die ATKV Applous-kompetisie waar hulle goud verwerf. Tydens die Paarl-Vallei Eisteddfod verower hulle ’n cum laude-toekenning, asook die trofee vir Beste Skoolkoor. Voorwaar ’n GOUE jaar vir die dames met die GOUE stemme!

AanbiedingsOns verwag van elke leerder van La Rochelle om haarself uit te leef in die verskeidenheid skoolaktiwiteite en vanjaar was geen uitsondering nie. Hier volg ’n opsomming van aktiwiteite waaraan die dogters deelneem:

Kampe/Seminare/Opleidingsessies• Swemoefenkamp voor die aanvang van die nuwe

skooljaar op ons terrein. Dogters het in die koshuis tuisgegaan.

• Gr. 8 Orientation Camp at Gevonden in Rawsonville.

• SCA/VCSV Leaders Training Camp at Die Eiland in Jonkershoek, Stellenbosch.

• Choir Workshops to prepare for the World Choir Games.

• Landsdienskampe by Touwsrivier en Grabouw.

• Prefect Camp in De Kloof Lodge, attended by the Student Council, Hostel Prefects and the Grade 10 –12 RCL members.

• Gr. 11 Seminar at Marlenique Estate, Simondium. The Gr. 12s of 2019 are prepared for their matric year and they, in turn, have the opportunity to express their expectations for the new year.

• Gasvryheidstudies: Opleidingsessies en uitstappies na Zomerlust Restaurant (gr. 10); Mount Nelson Hotel (gr. 11) en DRUM Restaurant, Stellenbosch (gr. 12).

• Leerderleierskonferensie in samewerking met die Universiteit Vrystaat vir leiers in die Kaapse Wynland, Overberg en Weskus Onderwysdistrikte. Leerders is geïnspireer deur sprekers Felix Spies, Carla de Beer, Gavin Keller en Achmat Hassiem.

• Die Fisiese Wetenskappe het Universiteit Stellenbosch se Ingenieursdag bygewoon en die Lewenswetens-kappe die Tygerberg Opleidingshospitaal.

• First Aid Levels 1 and 2 training.

ANNUAL REPORT

GLANSGELEENTHEDE

HOSTEL – Inauguration of Prefects. KOSHUIS – Oscar-aand met gasspreker Amalia Uys.

KOOR – Audi Sentrum.

Page 9: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

2018 LA ROCHELLE 9

HOSTEL – Flag seremony new prefects.

UITSTAPPIES

PICARDI PLACE

JAARVERSLAG

• ATKV-leierseminare by Goudini: Gr. 11’s in die Junie-vakansie en die nuwe hoofleiers in Desember.

• Deelname aan eisteddfods: Paarlvallei, Stellenbosch, Tygerberg en Kaapstad.

• Ryla Camp, presented by the Rotarians: Ayron Gallop and Janke Oosthuizen attended it for the first time.

• Paarl Junior Stadsraad: Hierdie jaar is Caitlyn Gilmore (junior burgemeester), Inge Venter (leier, uitreikkomitee), Janke Oosthuizen (leier, sport en rekreasie) en Marietjie Visser (leier, ekologie) verkies.

• Kultuurtoer: ’n Groep leerders onder leiding van mev. Marné Pedro en me. Monika Kotze woon produksies by die KKNK in Oudtshoorn by.

Glansgeleenthede• Valentynsdans georganiseer deur die graad11’s.• Grade 10 Dance.• Die koshuis hou ’n Oscar-aand met gasspreker,

Amalia Uys.• The Student Council’s “High Tea” with their HMS

counterparts with Guest Speaker, Mrs Susara Nortje.• Mej. La Rochelle-kroning vind in die Stadsaal plaas,

waar Elke Maree as Mej. La Rochelle gekroon is, Britney Taute as 1ste prinses en Erin-Mari Gleeson as 2de prinses. Die beoordelaars was Celeste van Drunick (mediese dokter, Mej. Vrystaat, 2012), Byron Keulemans (agent – BOSS Models); Heinrich Gabler (finalis – Mnr. Suid-Afrika, 2018); Danika Pienaar (model – Boss Models); Bianca Baxter (eienares van Bianca’s School of Ballet).

• Hostel Dinner, where the matrics are bidden farewell and the new prefects are inaugurated.

• Matric Farewell at Kronenburg.• Grade 12 Final Music Concert in the Learning Centre.• Die koor se optrede by die Audi-sentrum by die Paarl

Mall was vanjaar twee glans-aande.• Junior Town Council Ball in the Town Hall.• Die uitsonderlike Fresh on Faure-oggendtee,

aangebied deur die koshuiskomitee, met gas-kunstenaar, Danie Niehaus.

• Twee kooraande saam met Laurika Rauch en Loki in die En Avant-sentrum.

• Kooraande georganiseer deur onderskeidelik Hoër Meisieskool Paarl (BeKoor) en Wynberg Girls’ High School in die St. Georges Katedraal.

Spesiale Saalbyeenkomste en uitstappies• Studenteraad en VRL-aanbiedings: Vrugtefees; Pa-

en-Dogteraand; Ma-en-Dogteraand; 4M Big Brag; Sotte- en Milady-piekniek.

• Interact-uitstappies en spesiale projekte soos die Many Smiles-kleuterskoolprojek waarby die leerders betrokke is.

• Wêreldbiddag vir Vroue met gasspreker, Sarah Scholtz.

• Paasdiens waargeneem deur ds. Francois Human.• Grade 10 and 11 Tourism outings to Cape Town.• Grade 9 English Home Language visit the Jewish

Museum.

Page 10: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

ANNUAL REPORT

Trudi Kotzé, Josephine Spies, Maria Bellmunt, Lydia Möller, Karelien Venter.

Josephine Spies. Linda Marais.

OUDLEERLINGE

BEDANKINGS

Page 11: HOËR MEISIESKOOL Ι GIRLS’ HIGH SCHOOL LA ROCHELLE · 2019. 1. 17. · Karla de Kock en Anke van ... CAT Olympiad: Five girls received special certificates with Lisa Taverner and

• Valedictory Service for the Matrics and their parents held in the En Avant Centre.

• Visit to Maynardville to enjoy the production of Shakespeare’s Taming of the Shrew.

• Staff outing to Picardi Place in Rawsonville.• Two Sport and Culture Prize Givings.• Akademiese Prysuitdeling in die Toringkerk en die

Akademiese Prestige-aand in die En Avant-sentrum.• Buitelugklub, wat baie gewild is, onder leiding

van mnr. Joerg Neethling, onderneem Saterdag-oggende staproetes.

• Kers- en Dankdiens in die skoolsaal.

BedankingsWhen we express our gratitude after such an eventful year, we do it humbly in the words of Henry Wadsworth Longfellow: “The heights by great men reached and kept were not attained by sudden flight, but they, while their companions slept, were toiling upward in the night”.We were certainly blessed by many who walked the extra mile to make our beautiful, traditional school the place where everyone could be the best version of themselves.A sincere word of thanks to:The OFFICIALS of the WCED and Mr Juan Benjamin, Director of the Cape Winelands School district, and his staff.MEV. LINDA MARAIS, kringbestuurder van Kring 6 vir haar professionele leiding en ondersteuning. Dit is haar laaste jaar in dié hoedanigheid voordat sy aftree. Ons beste wense vergesel haar met die nuwe uitdagings wat voorlê.In Maart 2018 is nuwe lede van die SKOOLBEHEER-LIGGAAM vir die volgende driejaartermyn gekies en ons sien reeds hul kreatiewe energie onder leiding van die voorsitter, mnr. André Fourie. Ons sien uit daarna om in 2019 verder gestalte te gee aan al hul inisiatiewe. Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die lede wat in Maart hul dienste beëindig het, te bedank. Dr. Michele van der Merwe (Onderrig en Leer) en mnr. Brian Maher (Sport en Kultuur) het diep spore agtergelaat.Members of the La Rochelle, Ruyswyck and En Avant TRUSTS, as well as Mrs. Carol Cloete, running the [email protected] PAST PUPIL UNION under the leadership of Mrs Josephine Spies. Good luck to the new committee and their Chairperson, Mrs Karelien Venter.

The PTA, Mrs Maria Bellmunt, Chairperson and all the PARENTS involved with the functions. A special thank you to the following ladies and their teams for acting as coordinators during the Valentine’s Dance (Mrs Cheryl-Ann Taute, Mrs Surita van der Westhuyzen and Mrs Karen Barnard), 4M Onthaaltent en spyseniering (mev. Lizanne Pelham), Grade 10 Dance (Mrs Mimi Briers-Louw), Matric Farewell, (Mrs Tania Bertoncello), and Fresh-on-Faure (Hostel Committee).

Die skoolbestuurspan sorg dat alle beplannings-aktiwiteite wel uitgevoer word. My ongekwalifiseerde dank aan ons adjunkhoof, me. Nadene van Aswegen en die res van die span, mnr. Kroukamp en mevv. Naude en Neethling.

Elke onderwyser, sowel as mevv. Leibbrandt en Lötter in die Sport- en Kultuurkantoor, vorm die ruggraat van die skool. Hul ywer, vakkennis en deursettingsvermoë dryf die La Rochelle-skip elke dag!

The hostel with superintendent, Mrs Sonnet Vorster, manager, Mrs Lida Hendrikse, and Ms Adéle Bothma and her team for handling all the learner issues. We are privileged to work with such an amazing staff. Thank you to Feedem for once again providing an excellent service.

Mnr. Peter Whitmore en sy span bly die hartklop by elke aktiwiteit en aanbieding. Sonder hulle hulp en ekstra ure kan die funksies nie plaasvind nie. Saam met hulle het ons ook ’n administratiewe en finansiële span duisend – dankie mevv. Lourens, Bothma en Ulyate!

Leerderleiers op elke gebied: Baie dankie vir julle kreatiwiteit en gees in die skool, of dit nou as studenteraadslid, koshuisprefek, VRL-lid, of sport- of kultuurleier is. Julle bydrae het die groot verskil in 2018 gemaak!

Ons realiteit in die Paarl bly die La Rochelle-skoolgemeenskap. Hier leef ons in Liefde,

Aanvaarding en Respek met mekaar. My wens is dat ons mekaar sal raaksien,

respekteer en verstaan, dat ons steeds die goeie sal nastreef

en in liefde met mekaar en die breër gemeenskap sal

saamleef.

Mag ons steeds in die volgende woorde hoop vind: “Ons vertrou op die Here; Hy is ons hulp en ons beskermer. Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons. Hou u

liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.”

Psalm 33: 20-22EN AVANT!

Me. Amanda Lochner - 2018-10-23

2018 LA ROCHELLE 11

JAARVERSLAG