Garden Route September Issue 2015

16
Rapport, 6 September 2015 Eiendomme Dís die beste plekke vir walviskyk 2 Fokus op Kareedouw 3 IN DIE OKTOBER-UITGAWE: Kollig op Diaz Die goed en sleg van gesamentlike verbandlenings 8 G lentana sluit die strande vanaf Glentana tot by Hersham tussen George se dorpsgrens en Groot- Brakriviermond in. Die meeste van die huise met ’n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan word gedurende die somerseisoen 4 meer op bladsy Glentana: waar almal tuis voel Hierdie dorpie bied ’n unieke tuiste vir ’n ieder en ’n elk wat op soek is na ’n kwaliteitleefstyl. Woorde: Tisha Steyn // Foto: Tisha Steyn van November tot Januarie beset wanneer honderde vakansiegangers die son op die 6 km lange ononderbroke sandstrand kom soek. Bykans 40% van die huise word permanent bewoon deur afgetredenes wat hul herfsjare rustig en veilig hier wil slyt. Al hoe meer jong gesinne, wat nie die moeite ontsien om na hul werkplek te pendel nie, vestig ook hier ter wille van die voorreg om hul kinders op die platteland groot te maak.

description

 

Transcript of Garden Route September Issue 2015

Page 1: Garden Route September Issue 2015

Rapport, 6 September 2015

EiendommeDís die beste plekke

vir walviskyk 2

Fokus op Kareedouw 3

IN DIE OKTOBER-UITGAWE: Kollig op Diaz

Die goed en sleg van gesamentlike

verbandlenings 8

Glentana sluit die strande vanaf Glentana tot by

Hersham tussen George se dorpsgrens en Groot-Brakriviermond in. Die meeste van die huise met ’n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan word gedurende die somerseisoen

4meer op bladsy

Glentana: waar almal tuis voelHierdie dorpie bied ’n unieke tuiste vir ’n ieder en ’n elk wat op soek is na ’n kwaliteitleefstyl.Woorde: Tisha Steyn // Foto: Tisha Steyn

van November tot Januarie beset wanneer honderde vakansiegangers die son op die 6 km lange ononderbroke sandstrand kom soek.

Bykans 40% van die huise word permanent bewoon deur afgetredenes wat hul

herfsjare rustig en veilig hier wil slyt.

Al hoe meer jong gesinne, wat nie die moeite ontsien om na hul werkplek te pendel nie, vestig ook hier ter wille van die voorreg om hul kinders op die platteland groot te maak.

Page 2: Garden Route September Issue 2015

Tuinroetew MUSE se kuns- en kultuurfees, Groot-Brakrivier, 22-27 September; Meer inligting: greatbrakriver.co.zaw Dr. Evil Classic-bergfietsren,

Plettenbergbaai, 17-19 September; Meer inligting: drevilclassic.com

PER BOOT IN DIE KNYSNA-OMGEWING Ocean Odyssey is ’n permithouer vir walvisbesigtingstoere in die Knysna-omgewing, wat van die westelike kant van die Robbergskiereiland strek tot by Gericke se Punt in Sedgefield.

In seisoentyd is daar drie bootritte per dag vanaf Theseneiland se pier. Die toer duur twee uur en ’n maksimum van twaalf mense is aan boord.

2 Nuus & Leefstyl 6 September 2015

DAGBOEK

GEPUBLISEER DEUR THE CREATIVE GROUP6de Straat 9, Parkhurst, 2193011 476 6293, pamedia.co.za

REDAKSIERedakteur: Marana BrandKreatiewe direkteur: Mark Peddle

ADVERTENSIEVERKOPEMichèle Jones – [email protected] – 084 246 8105 (WK)Jackie Maritz – [email protected] – 078 133 5211 (TR)Susan Erwee – [email protected] – 083 556 9848 (BL)

Kopieredakteur: Marana BrandKunsdirekteur: Lucia Viglietti

PA Mediahoof: Shaun Minnie – [email protected]

Gryp jou dagboek en teken dié belangrike datums aan.

Op die kalender

Woorde: Petrus HendriksFoto's: drevilkclassic.com, verskaf

5perfekte plekke

Woorde: Petrus HendriksFoto's: Pointhotel .co.za, panoramio.com, oceanodyssey.co.za, showme.co.za, oceanadventures.co.za

vir walviskyk langs die Tuinroete

LEEFSTYL

3

Bloemfonteinw Fotografiekursus vir

beginners, Spitskop & Emoya-

landgoed, 12 September; Meer

inligting: lientjiebeyerphotography.

webs.com

w Steve Hofmeyr-vertoning,

Kovsiekerk, 18 September; Meer

inligting: Afrikoon Produksies op

Facebook

IN ’N BOOT VANAF PLETT’n Hele paar permithouers in Plett bied besigtigingstoere per boot aan. Toere duur sowat twee uur en bote vertrek gewoonlik van Sentraalstrand, kies koers verby Keurbooms na die middel van die baai, en dan na Robbergskiereiland, waar Bryde-walvisse, boggelrugge en noorkappers kerjakker. Die bote word tot 50 m van die grotes toegelaat, so fotogeleenthede is volop.

MOSSELBAAIKUSWalvisse maak tussen Junie en November hul opwagting in die Mosselbaai-omgewing – boggelrugge en noorkappers baljaar in die warmer water en kan van die kus gesien word, veral as jy by Die Punt (neffens die St. Blaize-ligtoring) en Reebok (in die Kuswegarea) gaan stelling inneem. Onthou die verkyker!1

2BOOTRIT NA ROBBE-EILANDSien die reuse van die oseaan van naby met ’n bootrit na Robbe-eiland aan boord die Romonza, ’n 16 m lange gemotoriseerde boot, wat ’n permit het om sowat 50 m van die massiewe soogdiere te kom. Dit vertrek uit die Mossebaaihawe en het ’n gekwalifiseerde walvisgids aan boord. Die rit duur sowat twee uur.

4PLETTENBERGBAAIKUS Nes sy boetie Hermanus, is Plett ernstige walviswêreld. Die gebied tussen die Athene-skeepswrak en die Keurboomsrivier lok groot skole noorkappers wat dit tot na aan die kus waag. Die beste plekke om die grotes van die land af te bespied, is die Robbergreservaat, Seinheuwel, Look Out- en Sentraalstrand, Harkerville, Keurboomstrand, Nature’s Valley en Kranshoek.

5

Page 3: Garden Route September Issue 2015

6 September 2015 Nuus & Leefstyl 3

perfekte plekke

Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: kareedouw.blogspot.com, verskaf

FOKUS

HOE HET DIE TSITSIKAMMA- MIKRO-BROUERY TOT STAND GEKOM?’n Jaar of so gelede tydens ’n groot bergfietsbyeenkoms hier in die Stormsrivieromgewing sit en kuier ons saam met pelle toe my vrou, Irma, aankondig dat sy en een van haar vriendinne ’n kursus in binnenshuise versiering gaan doen. Toe sê iemand die logiese keuse is dat die mans dan ’n bierbroukursus moet doen. So, dis waar als begin het, so half terloops, met my, my bierliefhebber-vriend Pine Pienaar, en Johan Stumpf, ’n bierkenner wat voorheen vir die SA Brouerye gewerk het en al die broutoerusting gehad het. Ons het ’n leë gebou opgeknap en in ’n brouery omgeskep, Johan se toerusting geïnstalleer en ná ’n lang, pynlike proses van ses maande uiteindelik in Maart vanjaar ons broulisensie gekry.

WAT BIED JULLE MIKROBROUERY MENSE WAT DIE TUINROETE BESOEK?Eerstens dink ek ons maak ongelooflike lekker bier! Ons gebruik net die beste bestanddele om unieke produkte te skep en die water van die Tsitsikamma is natuurlik ideaal vir die brouery. Tweedens het ons die brouery en proelokaal geskep as ’n opvoedkundige ruimte

waar besoekers meer oor bier kan leer – ons verduidelik wat alles van graankorrel tot glas gebeur en laat mense voel, ruik en proe… dis ’n hele ondervinding.

HOEKOM DINK JY HET BOETIEKBIER (CRAFT BEER) DIE AFGELOPE PAAR JAAR SO GEWILD GEWORD?Ek dink bierdrinkers is siek en sat vir die alewige aanslag van niksseggende bemarkings- en promosieveldtogte vir doodgemiddelde produkte. Verbruikers is verby die standaard “hoender-of-

bief”-keuse, die goed wat jare lank die enigste opsies was. Ware bierliefhebbers soek nou ’n produk wat met passie geskep is, eerder as iets wat op groot skaal en hoofsaaklik uit winsbejag vervaardig word. Boetiekbier is ’n kombinasie van die vaardighede van die brouer, die bestanddele wat gebruik word en die wetenskap agter die brouproses. Hoe beter dié kombinasie is, hoe unieker is jou produk.

IS DAAR PLANNE OM DIE TSITSIKAMMA-MIKROBROUERY UIT TE BREI?Beslis. Ons sal in die afsienbare toekoms groter volumes moet begin brou, want op die oomblik kan ons net-net byhou by die aanvraag na ons produkte. Ons spesialiseer in Engelse biere (ales), wat in die algemeen geuriger as lagers is en ’n bietjie vinniger fermenteer. Tans het ons vier gewone tapbier-ales, die Storms River – ’n wit bier (pale ale), die Redwood (’n amber bier), die Orange (’n wit bier met ’n lemoenskil- en koljander-infusie) en die Blackwood (’n donker bier). Ons biere het ’n stewige hopssmaak, wat dit sy unieke karakter gee. Al vier, asook die boetiekbiere van elders, kan op ons perseel geproe en gekoop word.

IS DAAR ANDER SOORTGELYKE ONDERNEMINGS LANGS DIE TUINROETE?Ek weet van minstens sewe brouerye in Mosselbaai en Tsitsikamma – twee is redelik groot, maar elkeen bied ’n unieke produk en kan met reg trots wees op die bier wat gelewer word.

& V AAgter die skerms met…

Die idee vir die mikro-brouery het heel toevallig gekom – in ’n gesprek waartydens ’n paar biere genuttig is...

Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: Verskaf

Chris Sykes, eienaar van die Tsitsikamma-mikro-brouery

Jy kry nie méér platteland as Kareedouw nie, ’n

pragtige klein dorpie waar die strate nog plek-plek ongeteer is. Dis op die gewilde Roete 62 tussen Joubertina en Humansdorp geleë, net agter die Tsitsikamma Nasionale Park en aan die voet van die Suuranysberge.

Vanweë Kareedouw se gunstige ligging kry die dorp verbasend baie besoekers vir so ’n rustige plekkie – hoofsaaklik natuurliefhebbers, stappers en 4x4-entoesiaste wat die nabygeleë Formosa-natuurreservaat besoek. Die dorp se gewildheid het ook aansienlik gegroei danksy sy plasing op Roete 62, dikwels bemark as die “langse wynroete ter wêreld”.

Van Kareedouw is dit ’n katspoegie (8 km) oor die Tsitsikammaberge tot op die N2 en skaars ’n uur se ry van Plettenbergbaai (selfs nog nader aan Jeffreysbaai). Baie mense wat die Baviaanskloof-wildernisarea, ’n Wêrelderfenisgebied, wil aandurf, gebruik Kareedouw as vertrekpunt,

Fokus op: KareedouwAs jy moeg word vir die lewe in die stad… kies ’n kuiertjie op Kareedouw, ’n dorp waar die tyd nog stilstaan.

Gestig: 1905Provinsie: Oos-KaapInwoners: 4 985*Area: 5,10 km²

aangesien die dorp die kloof se suidelikste toegangspunt is en dus as sy poort beskou word.

Die dorp kry sy naam van die Khoi-frase wat “pad by die kareebome” beteken. Ofskoon die dorp eers in 1905 amptelik gestig is, het nedersetters hulle reeds in 1750 hier gevestig.

Deesdae is die dorp se vernaamste bron van inkomste boerdery- en bosboubydrywighede. Houtkappers het ’n spesiale band met Kareedouw, in so ’n mate dat ’n standbeeld opgerig is ter ere van die bylswaaiers van weleer. Die dorp is ook die tuiste van die beroemde Rensilfier-meubelfabriek, wat reeds dekades lank topgehalte handgemaakte meubels van swart-, geel- en stinkhout vervaardig.

Kareedouw is vir enige buitelewemens ’n skatkis van verskeie kampeerplekke, stap- en kanovaartroetes en goeie 4x4-roetes in die nabygeleë Suurveld-, Kouga- en Baviaanskloofareas.

Die sentrale sakekern is nie juis wat ’n mens groot

sou noem nie – selfs al reken jy die Blouberg-winkelsentrum, ’n klipgooi buite die dorp, in – maar daar word in die basiese behoeftes soos ’n hospitaal, apteek, vulstasie, slaghuis, openbare biblioteek, ’n supermark of twee, drankwinkel en OTM-geriewe voldoen.

Die indrukwekkende NG kerk (onder) van sandsteen is een van die dorp se bakens en ook die laaste rusplek van oud-premier BJ Vorster, na wie die provinsiale hospitaal ook vernoem is.

* 2011-sensus* Bronne: route62-info.co.za; sa-venues.com; en.wikipedia.org

Page 4: Garden Route September Issue 2015

4 Kollig op Glentana

Woorde: Tisha Steyn // Foto's: Tisha Steyn, Rawson, Terblanche Eiendomme

6 September 2015

Glentana, juweel van die TuinroeteLigging, leefstyl, veiligheid, toegang tot mediese sorg en die asemrowende natuurskoon verleen ’n besondere karakter aan Glentana.

Besoekers wat die eerste keer in Glentana kom, is beïndruk met die

netheid van die omgewing – min huise en tuine lyk onversorg en verwaarloos.“

EIENDOMSPRYSE TUSSEN MOSSELBAAI EN GLENTANA

n ’n Tipiese eiendom wat tussen Mosselbaai en Glentana te koop is, is ’n drieslaapkamerhuis met ’n gemiddelde vraprys van R1,785 miljoen. n In Glentana spesifiek is die gemiddelde vraprys van ’n drieslaapkamerhuis R2,78 miljoen.n 23% van eiendom te koop is woonstelle en/of eenhede teen ’n gemiddelde vraprys van R0,97 miljoen.n 11% van eiendom te koop is in ’n gebouekompleks, teen ’n gemiddelde vraprys van R1,2 miljoen.n Die gemiddelde maandelikse huur vir ’n vierslaapkamerhuis is R12 000.

Page 5: Garden Route September Issue 2015

Kollig op Glentana 5

Woorde: Tisha Steyn // Foto's: Tisha Steyn, Rawson, Terblanche Eiendomme

6 September 2015

“Glentana bied ’n eenvoudige, ontspanne

leefstyl sonder geraas of besoedeling,” sê Peter Barton-Hill van Sotheby’s. “Die lieflike goue strande is toeganklik en feitlik verlate tussen Februarie en November.”

Volgens hom het die dinamika van Glentana as ’n vakansie- en aftreeplek mettertyd verander namate ál meer jong professionele mense wat die stadslewe vir ’n plattelandse leefstyl verruil, hulle hier kom vestig.

LIGGINGGlentana is ongeveer halfpad tussen Mosselbaai

(22 km) en George (23 km) en slegs sowat 7 km vanaf Groot-Brakrivier geleë. “Die ligging van die George-lughawe sowat 13 km vanaf Glentana is ’n groot pluspunt,” sê Elsabe Boonzaier van Terblanche Eiendomme.

Groot-Brakrivier is Glentana se dorp en bied naas die Laerskool Vorentoe ook twee supermarkte en ’n verskeidenheid ander winkels, ’n biblioteek en poskantoor, mediese dokters, ’n tandarts en fisioterapeut en sportfasiliteite soos rolbal en tennis.

Stap en fietsry is ook gewild in die hele gebied.

MEDIESE SORGVolgens Boonzaier dra die uitstekende provinsiale en privaat mediese fasiliteite, soos Mosselbaai se Bayview-kliniek en MediClinic George, by tot Glentana se gewildheid onder veral ouer mense.

INFRASTRUKTUURGlentana val onder die bekwame Mosselbaai-munisipaliteit. “Besoekers wat die eerste keer in Glentana kom, is beïndruk met die netheid van die omgewing – min huise en tuine lyk onversorg en verwaarloos,” sê Boonzaier.

“As daar ’n probleem soos ’n gebarste waterpyp of slaggate in die straat

ondervind word, stuur ons net ’n SMS aan die Mosselbaai-munisipaliteit,” sê Helgaard Müller, voorsitter van die Gleniqua-belastingbetalersvereniging. “Gewoonlik word ’n probleem binne ’n dag opgelos.”

VEILIGHEID“Glentana is ’n veilige plek vir kinders om in die woonbuurte en op die strand te speel,” sê Barton-Hill.

“Min huise is ommuur of omhein en dit versterk Glentana se beeld as ’n veilige gebied,” beaam Boonzaier.

“Die polisie op Groot-Brakrivier is baie hulpvaardig en reageer blitsig op ’n noodoproep,” sê Müller. “Min inbrake kom voor en gedurende die vakansieseisoen is dit meestal opportunistiese diewe wat gryp wat hulle kan deur oop vensters.”

NATUURSKOON EN KLIMAAT“Glentana is geleë in lowerryke inheemse kusbos wat wemel van

voëls en klein soogdiere,” sê Barton-Hill. “ ’n Mens kan kilometers ver met die strand langs stap en met laagwater die droogdok bereik wat in 1902 gestrand het.”

“Die gematigde weers-om standighede speel ’n groot rol in Glentana se gewildheid,” sê Boonzaier.

Volgens Müller is die gemiddelde temperatuur tussen 7° en 25° C, behalwe wanneer ’n warm bergwind waai wat die temperatuur tot 30° kan opstoot. “Ons kry gemiddeld sowat 600 mm reën per jaar, die helfte minder as George en die helfte meer as Mosselbaai,” verduidelik hy.

VRAAG EN AANBODVolgens Barton-Hill het die vraag na eiendom in Glentana oor die jare konstant gebly en net gewissel na gelang van wisseling in die eiendomsmark.

“Jong professionele mense wat hier wil eiendom koop het die pryse van woonhuise opgestoot van R3,5 miljoen tot

R4 miljoen,” sê hy. Daar is ook meer bekostigbare kleiner eiendomme in die mark vir sowat R2 miljoen. Die ligging, see-uitsig en die afwerking van die huis speel ’n rol in dié pryse.

Volgens Boonzaier wissel pryse vir ’n huis met twee slaapkamers, twee badkamers en ’n enkelmotorhuis van R1,3 miljoen tot soveel as R11 miljoen vir ’n groot huis wat op die see front.

“Die gemiddelde voornemende koper wat ’n aftree- of woonhuis benodig, soek drie slaapkamers, twee badkamers en ’n dubbelmotorhuis. Mense wat ’n strandhuis soek, wil ’n huis met ’n groot onthaalarea en baie slaapplek hê.”

Volgens Boonzaier wil nege uit tien kliënte ’n see-uitsig hê en verkies ’n siersteenwoning wat min of geen onderhoud verg.Volgens Denzil Kleu van Pam Golding kos leë erwe van R640 000 tot R3,5 miljoen vir ’n erf naby die strand.

Page 6: Garden Route September Issue 2015

Belê in die gesogte Buh-Rein Estate en geniet die volgende voordele:

Wye keuse van woonstelle, dorpshuise en groter wonings.Sorgvrye leefstyl in ‘n landgoed met 24 uur sekuriteit.Hoë-spoed internet. Geen deposito en alle kostes is ingesluit.

R 1 569 900DORPSHUISE VANAF

3 21½

SOUTH AFRICAN PLANNING INSTITUTION

buhreinestate.co.za | Nog 'n trotse ontwikkeling deur

Page 7: Garden Route September Issue 2015

KAAPSTAD • NOORDELIKE VOORSTEDE

L A N D G O E D

E P O S O N S B Y - M O R E I N F O @ M S P D . C O . z a 0 2 1 8 0 1 5 4 0 0 0 8 2 5 1 1 1 1 1 5

Page 8: Garden Route September Issue 2015

Woorde: Tisha Steyn // Foto: iStock, verskaf

8 Eiendomme

Gesamentlike eienaarskap is

die moeder van alle twis!” LATYNSE SPREUK“

Daar is besliste voordele in gesamentlike

verbandlenings, maar sodra die verhouding tussen die partye wat die lening aangegaan het versuur, is die vet in die vuur.

VOORDELE“Twee jong mense wat individueel beswaarlik kan bekostig om ’n huis te koop, kan met hul gesamentlike inkomste darem op intreevlak ’n blyplek aanskaf,” sê Leon Coetzee van Coetzee en Van der Bergh Prokureurs op Oudtshoorn.

“Met albei se inkomste kan hulle ook ’n groter, duurder huis bekostig.” Vir die bank maak dit tog nie saak wie die premie betaal of watter persentasie elkeen betaal nie. Hy stel net daarin belang dat die premie wel stiptelik betaal word.

’n Gesamentlike verbandlening beteken gesamentlike eienaarskap – maar ook ’n gedeelde verantwoordelikheid om die verbandlening terug te betaal.

’n Mens moet so baie dinge in gedagte hou wanneer jy na die woonbuurt

van jou drome soek, onder meer die argitektoniese styl, veiligheid, geriewe en eiendomswaarde. Kies versigtig omdat jy nooit regtig lief is vir ’n huis as jy nie ook lief is vir die woonbuurt nie.SIMON BRAY, UITVOERENDE HOOF VAN PRIVATEPROPERTY.CO.ZA

Met betrekking tot egpare is dit volgens Coetzee meestal paartjies wat buite gemeenskap van goedere getroud is wat saam huis koop. “In die praktyk is dit meestal die man wat die huis koop en vir sy vrou gesamentlike eienaarskap gee.”

Deur hul inkomste saam te gooi om eiendom te koop kan die huweliksmaats die eiendomsmark betree én deel in die toename in die waarde van ’n vaste eiendom. “Dit is ’n manier om inflasie te klop omdat die waarde van eiendom saam met inflasie toeneem.”

Dit is egter nie net egpare wat ’n gesamentlike verbandlening aangaan nie, maar ook vennote, vriende en familie wat saam ’n bate koop, hetsy dit ’n sakeperseel, sakeonderneming,

6 September 2015

Gesamentlike verbandlenings: ’n Tweesnydende swaard

strandhuis of ’n duur wildsbok is.

NADELENet soos wat twee of meer vennote saam besluit om ’n eiendom of bate te koop en almal hul handtekeninge op die verbandleningooreenkoms plaas, net so moet hulle ook ooreenkom oor onderhoud of verbeterings aan die eiendom. Hulle moet ook saam besluit oor die verkoop van die bate of eiendom. “Al die verbandleninghouers moet toestemming gee voordat enige aksie rakende die eiendom uitgevoer mag word, ook om dit te verkoop,” verduidelik Coetzee.

“Soms kom al die partye ooreen om die huis te verkoop, maar stry dan oor die prys. Sodoende

kan hulle die geleentheid verbeur om ’n goeie aanbod te aanvaar,” waarsku hy.

Wanneer die partye se verhouding verbrokkel en een wil die huis behou, moet dié persoon die maandelikse terugbetaling kan bekostig. Dit geld ook wanneer die huis volgens ’n egskeidingsbevel die besit van een party word.

As die persoon nie die verbandlening kan bekostig nie, kan hy of sy ’n ander mede-eienaar kry om ’n nuwe ooreenkoms met die bank aan te gaan. Die persoon kan ook iemand kry wat bereid is om as borg op te tree. Dieselfde geld ’n geval waar ’n huweliksmaat of medeverbandleninghouer te sterwe kom en net een persoon as verbandleninghouer agterlaat. In al bogenoemde gevalle waar een mede-eienaar wegval, is dit nodig om ’n nuwe verbandleningsooreenkoms met die bank aan te gaan. Die dienste van’n regsgeleerde moet dan ingeroep word om die nuwe kontrak op te stel en namens die persoon te hanteer.

Die voordeel is dat die nuwe ooreenkoms die geleentheid skep om ’n nuwe premie, verbandkoers, terugbetalingstydperk en versekeringskoste met die bank te beding.

Vanselfsprekend sal die heraansoekproses van ’n verband met bewyse van betaalvermoë, sowel as regs- en registrasiekoste gepaard gaan.

“Indien die bank nie die nuwe ooreenkoms goedkeur nie, en die verbandpremie word nie betaal nie, sal die bank die eiedom op ’n veiling verkoop. Die bank stel net belang daarin om die uitstaande verbandbedrag terug te kry en sal selfs die huis ver onder sy markwaarde verkoop om sy uitstaande gelde terug te kry. Wat oorbly, indien enigiets, kan tussen die partye verdeel word,” verduidelik Coetzee.

Dit gebeur ook soms dat een van die gesamentlike verbandleninghouers nalaat om sy verantwoordelikheid na te kom en die ander party met al die probleme en betalings laat.

“In hierdie geval, sal dit ook ’n regsverteenwoordiger wees wat jou kan inlig oor jou regte en watter opsies tot jou beskikking is,” sê hy.

Page 9: Garden Route September Issue 2015

Area Gids Agent GidsDe Kaap Eiendomme 10Fine & Country International Realty 11Groot Brakrivier Muse Fees 1Hartenbos Eiendomme 13Japie Krige Eiendomme 12Johan Viljoen Eiendomme 10Nedbank 9, 14Private Property 16Propmann 11

KaapstadMSP Ontwikkelings 6, 7

AAalwyndal 11

BBayview 13

DDanabaai 12De Rust 10, 11Diaz 10, 11, 13

FFraai Uitsig 10

GGlentana 10Grootbrak Rivier 1

HHartenbos 10, 11, 13Hartenbos Heuwels 11

Heiderand 11Hersham 10

IIslandview 10

KKleinbrak Rivier 11

LLadismith 13

MMenkenkop 13Monte Christo 11Mosselbaai 10, 11, 12, 13

OOuteniquas Bosch 13Outeniquastrand 10

pPinnacle Point 11

RReebok 10, 11Riversdal 13

SSantos 10, 13Seemeeupark 11Springerbaai 11St Blaize 10

VVillage In Sea 10Vleesbaai 11

KaapstadBuh-Rein Estate 6-7

Eiendomme

Tuinroete

SperdatumsPublikasie Datum Bespreking

SpertydMateriaal Spertyd: Promosie Artikel

Materiaal Spertyd: Ander

04 Oktober 2015 14 September 2015 16 September 2015 18 September 2015

01 November 2015 12 Oktober 2015 14 Oktober 2015 19 Oktober 2015

ADVERTENSIE NAVRAE

Jackie Maritz

- 078 133 5211

- [email protected]

Marketplace 9

Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in.

nedbank.co.za Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

Home loanChapter 8

application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

Home loanChapter 8

application process

2. GET A BOND APPROVAL

Home loanChapter 8

application process

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

Home loanChapter 8

application process

4. LOAN IS APPROVED

Home loanChapter 8

application process

5. BOND REGISTRATION

Home loanChapter 8

application process

6. HOME OWNERSHIP

9168

MAKE

HAPPEN

HOME LOANS IN SIX SIMPLE STEPS

6 September 2015

Die voordeel is dat die nuwe ooreenkoms die geleentheid skep om ’n nuwe premie, verbandkoers, terugbetalingstydperk en versekeringskoste met die bank te beding.

Vanselfsprekend sal die heraansoekproses van ’n verband met bewyse van betaalvermoë, sowel as regs- en registrasiekoste gepaard gaan.

“Indien die bank nie die nuwe ooreenkoms goedkeur nie, en die verbandpremie word nie betaal nie, sal die bank die eiedom op ’n veiling verkoop. Die bank stel net belang daarin om die uitstaande verbandbedrag terug te kry en sal selfs die huis ver onder sy markwaarde verkoop om sy uitstaande gelde terug te kry. Wat oorbly, indien enigiets, kan tussen die partye verdeel word,” verduidelik Coetzee.

Dit gebeur ook soms dat een van die gesamentlike verbandleninghouers nalaat om sy verantwoordelikheid na te kom en die ander party met al die probleme en betalings laat.

“In hierdie geval, sal dit ook ’n regsverteenwoordiger wees wat jou kan inlig oor jou regte en watter opsies tot jou beskikking is,” sê hy.

Page 10: Garden Route September Issue 2015

propertyjunction.co.za | 6 September 201510

Page 11: Garden Route September Issue 2015

6 September 2015 | propertyjunction.co.za 11

Page 12: Garden Route September Issue 2015

propertyjunction.co.za | 6 September 201512

Page 13: Garden Route September Issue 2015

6 September 2015 | propertyjunction.co.za 13

Page 14: Garden Route September Issue 2015

14 Marketplace

Area Gids Agent GidsLenova Konstruksie & Ontwikkeling

15Hillside 15Lilyvale 15Wild Olive 15

ADVERTENSIE NAVRAE Susan Erwee: 083 556 9848, [email protected]

Eiendomme

Bloemfontein

IN DIE 0KTOBER UITGAWE

Kollig op: Diaz

6 September 2015

Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in.

nedbank.co.za Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

Home loanChapter 8

application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

Home loanChapter 8

application process

2. GET A BOND APPROVAL

Home loanChapter 8

application process

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

Home loanChapter 8

application process

4. LOAN IS APPROVED

Home loanChapter 8

application process

5. BOND REGISTRATION

Home loanChapter 8

application process

6. HOME OWNERSHIP

9168

MAKE

HAPPEN

HOME LOANS IN SIX SIMPLE STEPS

Page 15: Garden Route September Issue 2015

6 September 2015 | propertyjunction.co.za 15

Page 16: Garden Route September Issue 2015