Download Teachers Guide as PDF

41
Die Steenkoolster deur Johan Volschenk Onderwysersgids vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 Saamgestel deur Alet Mihálik Steenkoolster.indd i Steenkoolster.indd i 3/6/06 10:07:06 AM 3/6/06 10:07:06 AM

Transcript of Download Teachers Guide as PDF

Page 1: Download Teachers Guide as PDF

Die Steenkoolsterdeur

Johan Volschenk

Onderwysersgids vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Graad 10

Saamgestel deur

Alet Mihálik

Steenkoolster.indd iSteenkoolster.indd i 3/6/06 10:07:06 AM3/6/06 10:07:06 AM

Page 2: Download Teachers Guide as PDF

Tafelberg-Uitgewers,’n afdeling van NB-Uitgewers (Edms) Beperk,Heerengracht 40, Kaapstad

Alle regte voorbehouGeen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van dieuitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese ofmeganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring,skyf- of bandopname, of deur enige ander stelselvir inligtingsbewaring of -ontsluiting

Omslagontwerp: McKore GraphicsGeset in 10 op 12 pt Times deur Mckore Graphics, KaapstadGedruk en gebind deur Paarl Print,Oosterlandstraat, Paarl, Suid-AfrikaEerste uitgawe, eerste druk 2006

ISBN-10: 0-624-04348-7ISBN-13: 978-0-624-04348-5

Steenkoolster.indd iiSteenkoolster.indd ii 3/6/06 10:07:10 AM3/6/06 10:07:10 AM

Page 3: Download Teachers Guide as PDF

Inhoud

Inleiding ............................................................................................................ 1

Leeruitkomstes ................................................................................................... 1Portefeuljevereistes ............................................................................................ 2Voorbereiding ..................................................................................................... 3Die ondersoektaak (Afdeling D) ........................................................................ 3Gesproke teks: formele en mondeling (Afdeling C) ......................................... 4Opsomming (Afdeling E) .................................................................................. 4Lees- en kykbegrip (Afdeling E) ....................................................................... 6Luisterbegrip (Afdeling C) ................................................................................ 8Luistertoets ......................................................................................................... 9Teksontleding en -respons (Afdeling E) ............................................................ 9Die teikenleser ................................................................................................... 10Die titel, buiteblad en lokteks ............................................................................ 10Werkswyse en -indeling ..................................................................................... 11Die lees en analise van die romanteks ............................................................... 11Hoofstuk 1 (pp. 1 – 5) ........................................................................................ 12Hoofstuk 2 (pp. 6 – 10) ...................................................................................... 14Hoofstuk 3 (p. 11 – 19) ...................................................................................... 15Hoofstuk 4 (pp. 20 – 27) .................................................................................... 17Hoofstuk 5 (pp. 28 – 36) .................................................................................... 18Hoofstuk 6 (pp. 37 – 44) .................................................................................... 19Hoofstuk 7 (pp. 45 – 52) .................................................................................... 20Hoofstuk 8 (pp. 53 – 60) .................................................................................... 21Hoofstuk 9 (pp. 61 – 68) .................................................................................... 21Hoofstuk 10 (pp. 69 – 74) .................................................................................. 22Hoofstuk 11 (pp. 75 – 80) .................................................................................. 23Hoofstuk 12 (pp. 81 – 86) .................................................................................. 24Resepsie ............................................................................................................. 25Resensie: Beeld (25 Julie 1990) ......................................................................... 26Resensie: Suidwester (31 Augustus 1990) ......................................................... 27

Die Steenkoolster: Werkboek .......................................................................... 28

Die Steenkoolster: Werkboek-memorandum ................................................ 35

Steenkoolster.indd iiiSteenkoolster.indd iii 3/6/06 10:07:10 AM3/6/06 10:07:10 AM

Page 4: Download Teachers Guide as PDF

Steenkoolster.indd ivSteenkoolster.indd iv 3/6/06 10:07:12 AM3/6/06 10:07:12 AM

Page 5: Download Teachers Guide as PDF

1

Inleiding

By die onderrig van Eerste Addisionele Taal (T2) maak dit sin om al die taalaktiwiteite aan die voorgeskrewe letterkundetekste te koppel. Anders as by Huistaal (T1), word die teksontleding by T2-onderrig nooit die hoof-fokuspunt nie; dit dien eerder as stimulus en vertrekpunt vir aktiwiteite wat lei tot beter taalsoepelheid, patroon-inoefening en uiteindelik effektiewe kommunikasie – m.a.w. die teks en verwante aktiwiteite moet die leerder prikkel om in die T2 te wil kommunikeer en sodoende taalverwerwing teweeg te bring. In hierdie handleiding sal aangedui word hoe die hersiene VVO- leeruitkomstes aan die hand van die voorgeskrewe roman Die Steenkoolster behaal kan word en terselfdertyd aan al die portefeuljevereistes kan voldoen. Aangesien die nuwe Verdere Onderwys en Opleiding (VVO) se portefeulje-spesifi kasies egter eers in September 2005 uitgereik is, word die huidige gr. 9-portefeuljevereistes gevolglik hier as ’n hipotetiese gr. 10-model gebruik.

Leeruitkomstes

Die VVO se hersiene leer-uitkomstes (LU’s) ten opsigte van taalverwerwing is soos volg: LU1: Luister en Praat LU2: Lees en Kyk LU3: Skryf en Aanbied LU4: Taal

Steenkoolster.indd Sec1:1Steenkoolster.indd Sec1:1 3/6/06 10:07:12 AM3/6/06 10:07:12 AM

Page 6: Download Teachers Guide as PDF

2

Portefeuljevereistes

Die gr. 9-portefeulje moet die leerder se beste voorbeelde van die volgende bevat:

A: Kreatiewe skryfwerk Totaal: 20 punte Afgehandel

1 lang stuk 150-250 woorde

verhalend, beskrywend, diskursief, ens.

15 punte

1 kort stuk 80-100 woorde

dialoog, gedigte, liedjies, paragrawe, ens.

10 > 5 punte

B: Funksionele (transaksionele) skryfwerk Totaal: 20 punte Afgehandel

1 korter stuk80-100 woorde

briewe, advertensies, dagboekinskrywings, ens.

10 punte

1 korter stuk80-100 woorde

agendas en notules, verslae, plakkate, e-pos, CV’s, ens.

10 punte

C: Gesproke tekste Totaal: 50 > 25 punte Afgehandel

Voorbereid toesprake, bedankings, verslae, huldeblyke, ens.

10 > 5 punte

Onvoorbereid gesprekke, dialoë, ens. 10 > 5 punte

Rolspel/dramatisering 10 > 5 punte

Luisterbegrip 10 > 5 punte

Luidlees 10 > 5 punte

D: Ondersoektaak Totaal: 10 punte Afgehandel

300 woorde Vrae- en bronnelyste, ens.

> 10 punte

E: Teksontleding en -respons Totaal:75 > 25

punte

Afgehandel

Makro: Literatuurstudie

1 individueel (1 p. / teks)1 groepprojek per teks1 toets (30-40 min) / teks

10 punte10 punte10 punte

Mikro: Algemene teksstudie

2 begripstoetse opsomming 1 taaloefening of -toets2 reaksies op nie-verbale tekste

10 punte10 punte15 punte 10 punte

Steenkoolster.indd Sec1:2Steenkoolster.indd Sec1:2 3/6/06 10:07:12 AM3/6/06 10:07:12 AM

Page 7: Download Teachers Guide as PDF

3

Voorbereiding

As voorbereiding vir die “werklikheid van die kunswerk” kan verskeie relevante tekste ingespan word vir luisterbegrip (Afdeling C) en lees-met-begrip (Afdeling E). Die ondersoektaak (Afdeling D) kan vooraf of tesame met die roman gedoen word. T2-leerders sal uiteraard materiaal in hul moedertaal versamel, dan opsom (Afdeling E) en uiteindelik in Afrikaans weergee. Dieselfde inligting kan mondeling (Afdeling C) aangebied word.

Die ondersoektaak (Afdeling D)

Dit spreek vanself dat die onderwyser reeds die roman gelees het. Stel dan ’n lys van onderwerpe op wat as agtergrondinligting vir die wêreld van die roman aangebied kan word. Hier volg ’n paar voorstelle: • Kulturele ooreenkomste en verskille tussen die Zoeloe/Xhosa en Tswana/Suid-

Sotho.• Die steenkoolbedryf – ontginning, verbruikers, ens. • Boks / sokker as winsgewende bedryf • Boksers of sokkerhelde as populêre ikone • Die musiek van Ladysmith Black Mambazo en/of mbanqanga-musiek • Geheueverlies: oorsake, simptome en behandeling• Kinderarbeid – moet dit toelaatbaar wees indien kinders die enigste broodwinners

is?• Die voorbereiding en toepassing van identifi kasiekaarte (identikits)

Die leerders kies hul onderwerpe só dat hul genoegsame inligting tot hul beskikking het. Hulle kan ook in groepe saamwerk, maar dit is raadsaam om eers die spektrum van die onderwerp te verken en dan die werklading regverdig daarvolgens te verdeel. (Laat die groepleier aanteken hoeveel elke groeplid doen en die punte daarvolgens verdeel.) Die ondersoektaak moet ongeveer 300 woorde (1–2 foliobladsye) beslaan en tel uiteindelik 10 punte. Met die oog op ’n bruikbare puntematrys sou dit egter geriefl iker wees om ’n punt uit 30 toe te ken en dan na 10 te reduseer. Die opeenvolgende prosesse behels die vereiste uitkomstes soos volg, met ’n aanbevole punteverdeling daarby:

Proses Taaluitkomste Assesseringstandaarde Punt

Die navorsing LU2: Die versameling van inligting deur ’n verskeidenheid tekste te lees vir begrip en krities te evalueer.

Gebruik verskeie lees- en kykstrategieë vir begrip en opsomming van ’n verskeidenheid geskrewe en visuele tekste.

10

Die skryfproses LU3: Die ordening en aanbieding van inligting deur gepaste konvensies en formate te gebruik.

Vind, ontsluit, selekteer, organiseer en integreer toepaslike inligting van ’n verskeidenheid bronne.

10

Die redigering LU4: Die gepaste en doeltreffende gebruik van taalstrukture en -konvensies.

Toon kritiese taalbewustheid en gebruik goedgestruktureerde sinne betekenisvol en funksioneel met korrekte punktuasie.

10

Steenkoolster.indd Sec1:3Steenkoolster.indd Sec1:3 3/6/06 10:07:13 AM3/6/06 10:07:13 AM

Page 8: Download Teachers Guide as PDF

4

Prestasieskaal van die NKV:

Kode Bevoegdheid Skaal

6543

UitmuntendVoldoen met merietevoldoen bevredigendVoldoende

80% – 100% (24 – 30 punte)60% – 79% (18 – 23 punte)50% – 59% (15 – 17 punte)40% – 49% (12 – 14 punte)

21

Voldoen gedeeltelikOnvoldoende

30% – 39% (9 – 11 punte)0 – 29% (0 – 8 punte)

Die onderwyser moet deurgaans in gedagte hou dat taalverwerwing die hoofdoel is. Dus is die redigeringsproses uiters belangrik en moet die assesseringsmatrys dienooreenkomstig ontwerp word. Besondere aandag moet ook bestee word aan die verwerking van die inligting sodat direkte oorskryf uit bronne vermy kan word. Een manier om dit te bewerkstellig, is om die mondelinge voordrag (LU1) by die ondersoekproses te inkorporeer. Indien die voordrag vóór die skryfproses ingepas word, dwing dit die T2-leerder boonop om inligting heen en weer te “vertaal”.

Gesproke teks: formele en mondeling (Afdeling C)

Die ondersoektaak verkry bestaansreg indien die leerders hul nuut-verworwe kennis met die groter groep deel. Om te verhoed dat dit in ’n blote voorlesing ontaard, moet leerders met behulp van breinkaarte ’n lysie van sleutelgedagtes opstel en byderhand hou. Daar moet ook tyd ingeruim word vir vrae deur medeleerders. Sodoende word die inligting deeglik verwerk en taal-eie gemaak ter voorbereiding van die skryfproses.

Opsomming (Afdeling E)

Tekste met agtergrondinligting kan ook gebruik word om die kuns van opsomming te onderrrig. Ten opsigte van Die Steenkoolster kan die volgende geografi ese en geskiedkundige gegewens aangaande Winterveld en Soweto as voorbeeld dien (LW: Die spelling van Winterveldt word in die roman verafrikaans na Winterveld). Leerders kan byvoorbeeld gevra word om die ooreenkomste en verskille te tabuleer, om die gegewens in 10 hoofpunte saam te vat, ensovoorts:

Winterveldt

Die Ndebele is ’n klein groepie van die Nguni-stam wat amper ’n halfeeu gelede gedurende die suidelike migrasie weggebreek en na die huidige Pretoria-omgewing uitgewyk het. Die Sotho het hulle maTebele (vlugtelinge) genoem, wat in hul eie Nguni-taal vervorm is tot Ndebele. Die Noord-Ndebele is tans feitlik heeltemal deur die Sotho-kultuur geassimileer en praat ook Sotho. Hulle is veral bekend vir hul kralewerk en muurversiering.

Steenkoolster.indd Sec1:4Steenkoolster.indd Sec1:4 3/6/06 10:07:14 AM3/6/06 10:07:14 AM

Page 9: Download Teachers Guide as PDF

5

Die oorspronklike Batswana (LW: die enkelvoudsvorm vir Tswana is Motswana, die meervoudsvorm is Batswana en die taal is Setswana) het waarskynlik ná ’n broedertwis in twee hoofgroepe verdeel, nl. die Bafokeng en die Barolong. Die Batswana was vredeliewend en het waarskynlik liewer in stamme versplinter as oorlog gemaak. Gevolglik bestaan die Batswana uit sowat 59 stamme. Heelwat kultuurverskille kom voor tussen die Nguni- en die Tswanagroepe. Die Nguni verbied byvoorbeeld huwelike met bloedverwante terwyl die Tswana huwelike met persone wat op ’n manier familie is, verkies. Winterveldt, ’n relatief onontwikkelde gebied in die Hammanskraaldistrik ten Noorde van Pretoria, het oorspronklik bestaan uit amper 2 000 kleinhoewes van 4 tot 12 morg elk in (swart) privaatbesit. Met die onafhanklikheidswording van die tuisland Bophuthatswana in 1977 het Winterveldt binne dié gebied geval en moes al sy inwoners dus burgers van Bophuthatswana word. Volgens ’n verslag van die Instiuut vir Rasseverhoudings was daar ongeveer 76 stamme in Bophuthatswana waarvan twee derdes Batswana en die ander derde hoofsaaklik Ndebele, Noord-Sotho en Shangaan/Tsonga was. Die tuislandbeleid het gedwonge verskuiwings teweeggebring wat vererger is deur die “grond-uitruilplan” om Bophuthatswana se sewe landbrokke te probeer konsolideer. Dit het gelei tot botsings tussen ou en nuwe inwoners, veral waar kultuurverskille ’n rol gespeel het. Sommige (dikwels afwesige) kleinhoewe-eienaars het aan soveel as 100 huurdergesinne huisvesting verskaf en Winterveldt het vinnig in ’n plakkerskamp met sowat 500 000 plakkers ontwikkel. ’n Groot groep Ndebele het jare lank in die Hammanskraalgebied gewoon, maar ná onafhanklikheidswording is dié in die Winterveldt-plakkerskamp gedurig deur die tuislandadministrasie getreiter met onder meer polisie-klopjagte en aanhoudende dreigemente om hulle te verban. In ’n stadium het hulle, onder leiding van hoofman Nathaniel Kekana, gedreig om af te stig, maar is deur president Lucas Mangope gewaarsku dat hulle hul verblyfreg in die gebied sou verloor tensy hulle Bophuthatswana-burgerskap aanvaar. Dié wat KwaNdebele-burgerskap verkies het, is toe gedwing om na die Oos-Transvaal te verhuis. Nie-Tswana-plakkers het gesukkel om werksoekpermitte te kry en is by die magistraatshof in GaRankuwa weggewys omdat dit “glo nie meer vir plakkers voorsiening kon maak nie”. Skoolsubsidies vir Ndebele is in 1976 opgehef en herhaaldelike botsings en selfs geweld tussen Ndebele en die Bophuthatswana-administrasie vind plaas. In Januarie 1980 word aangekondig dat die Suid-Afrikaanse regering en die Bophuthatswana-administrasie besluit het om ’n gesamentlike bestuurskomitee te stig om ’n ontwikkelingsplan vir vir die Winterveldtgebied te ontwerp. Dit het hoofsaaklik behels dat 1 800 tot 2 000 huise gebou sou word en dat grondeienaars hul grond óf kon laat ontwikkel óf vir ontwikkeling verkoop. Met die demokratiese verkiesing in 1994 het Bophuthatswana sy onafhanklikheid verloor en is al sy inwoners by Suid-Afrika ingelyf. [Verwerk uit: Gordon, L. (ed) 1980 & Horrell, M. (ed) 1981 Survey of Race Relations in South Africa. Johannesburg: South African Institute of Race Relations. 1980:411 & 1981: 294-295.]

Steenkoolster.indd Sec1:5Steenkoolster.indd Sec1:5 3/6/06 10:07:15 AM3/6/06 10:07:15 AM

Page 10: Download Teachers Guide as PDF

6

Soweto

Soweto (South Western Townships) lê suidwes van Johannesburg en het ontstaan toe die ontdekking van goud in 1886 duisende landlike swart mense na Johannesburg laat stroom het. Dit beslaan ’n oppervlakte van 8 200 ha en het ’n inwonertal van meer as 1,25 miljoen. Die bevolking is heterogeen met die Zoeloes, Suid-Sotho en Batswana in die meerderheid. Die meeste inwoners werk in en om Johannesburg en sowat 400 busse ry daagliks daarheen en terug. Soweto is berug vir sy swak lewensomstandighede en die tekort aan behuising is die knellendste probleem. Sedert 1951 is inwoners egter toegelaat om hul eie huise te bou en sodoende het ’n paar spogbuurte tussen die krotgebiede ontstaan. Soweto beskik oor ’n verskeidenheid van ontspanningsgeriewe. Daar is byvoorbeeld 3 sportstadions en 115 sokkervelde. Sokker is die gewildste sportsoort en die Orlando-stadion bied byvoorbeeld plek vir 50 000 toeskouers.

[Verwerk uit: 1981. Wêreldspektrum. Ensiklopedie Afrikana. Deel 26.]

Lees- en kykbegrip (Afdeling E)

Tekste wat as agtergrondkennis vir die roman kan dien, kan verwerk word vir begripsoefeninge en -toetse deur dit só te redigeer en die vrae sodanig te formuleer dat nuttige kennis en woordeskat versamel word ten einde uiteindelik ingelig en intelligent oor die roman te kan saampraat. Hou in gedagte dat multi-mediatekste soos grafi eke en diagramme ook teks is en derhalwe ook ’n belangrike rol in lees- en kykbegrip speel. Verskillende vraagtegnieke kan ingespan word om die leerder deur die proses van kennisverwerwing na meningvorming te begelei. Die volgende agtergrondteks aangaande Afrika-musiek, en spesifi ek Ladysmith Black Mambazo, kan as bruikbare voorbeeld dien:

Afrika-musiek

Afrika-musiek verwys na die musiek van die sowat 40 swart Afrika-nasies wat suid van die Sahara woon – elk met sy eie geskiedenis en unieke mengsel van tale en kulture. Dié musiek het baie verskillende style, maar ook sekere gemeenskaplike stylkenmerke. Die eerste gemeenskaplike kenmerk is herhaling, soos byvoorbeeld in die Mbira-musiek van die Shonas waar die handeklap herhalende patrone skep waarop die musikant improviseer. Nog belangrike kenmerke is polifonie – waar verskillende wysies saamgespeel word en die “geselstegniek” waar verskillende stemme, instrumente en handeklap ’n lewendige “gesprek” voer. Een van die bekendste vorms hiervan is die roep-en-antwoord, waar ’n voorsanger se roepsang deur ’n koor met ’n vaste refrein beantwoord word.

Steenkoolster.indd Sec1:6Steenkoolster.indd Sec1:6 3/6/06 10:07:17 AM3/6/06 10:07:17 AM

Page 11: Download Teachers Guide as PDF

7

Behalwe die trom, wat van verskillende materiale soos hout en klei gemaak word, word baie ander slaginstrumente soos klapstokke, ratels en xilofone gebruik. Die lamellafoon is eie aan Afrika en bestaan uit metaal- of bamboesstroke wat op ’n bord of kas gemonteer is en met die vingers gepluk word. Snaarinstrumente soos boë, liere, harpe en siters is ook gewild en blaasinstrumente soos fl uite en trompette van horing, bamboes, riet, hout, klei en been kom oral voor. Daar is ook baie verskillende uitdrukkingswyses in Afrika-musiek. In Wes-Afrika sal drie tot vyf tromspelers saamspeel, maar elkeen sal ’n ander tromtegniek gebruik sodat die verskillende tromme duidelik onderskei kan word. In die akadinda-xilofoonmusiek van Uganda speel twee groepe van drie spelers teenoor mekaar op dieselfde xilofoon. Die een groep speel ’n herhalende patroon in oktawe en die ander groep speel patroontjies tussenin – tot 600 note per minuut! Reg oor Afrika, maar veral by die San van die Kalahari en die pigmeë van Sentraal-Afrika, maak mense saam musiek deur elk net een fl uitnoot te speel. Musiek speel ’n belangrike rol in Afrika-gemeenskappe. Dit word dikwels met spraak, dans en visuele kunste gekombineer in multimedia-uitvoerings waaraan almal deelneem. Dit is ’n medium vir die oordrag van kennis en morele waardes en vir die viering van belangrike gebeurtenisse soos geboortes, troues en begrafnisse. Daar is liedjies vir werk, jag, tandwisseling en selfs bednatmaak. In baie Afrika-gelowe skep slaginstrumente die hipnotiese atmosfeer vir rituele en interaksie met die gode. Kolonisering en die elektroniese massamedia het ’n groot invloed op moderne Afrika-musiek gehad en populêre Afrika-musiek bevat elemente van Europa, Amerika en die Midde-Ooste. Vanaf die 1980’s het Afrika-musikante se deelname aan musiekalbums van internasionale popsterre soos Paul Simon, Peter Gabriel en David Byrne die gewildheid van Afrika-musiek wêreldwyd laat toeneem. Een so ’n bekende sanggroep is die Suid-Afrikaanse Ladysmith Black Mambazo wat internasionaal bekend geword het met hul deelname aan die Paul Simon-album, Graceland in 1986, waarvan vyfmiljoen in Amerika alleen verkoop is.

Mbaqanga Jazz Mbaqanga het in die swart woonbuurte, die sogenaamde lokasies, ontstaan en is die gewildste vorm van dansmusiek. Mbaqanga-groepe sluit in ’n hoofsanger, koor, elektriese en baskitaar, tromme en enige van ’n saxofoon, trekklavier of orrel. Teen die middel-1950’s het die honger na vermaak in die lokasies gelei tot ’n smeltpot van musikale idees en vorms. In hierdie opsig was die destydse Sophiatown (in 1960 platgestoot en vervang deur die wit subekonomiese woongebied Triomf) ’n sleutelgebied – deels vanweë sy status as “grys gebied” waar verskillende rassegroepe saamgewoon het en deels op grond van sy ligging in die hart van Johannesburg. Mettertyd het die klanke van marabi en kwela saamgesmelt tot ’n soort jazz wat breedweg as mbaqanga bekend staan. Sangers soos Miriam Makeba, Dolly Rathebe en Letta Mbulu het groot aanhang geniet.

Steenkoolster.indd Sec1:7Steenkoolster.indd Sec1:7 3/6/06 10:07:18 AM3/6/06 10:07:18 AM

Page 12: Download Teachers Guide as PDF

8

Die sikliese struktuur van marabi het het vermeng met tradisionele voetstamp-dansstyle soos die Zoeloe-indlamu, met ’n ruim skoot Amerikaanse “big band swing” daarby. Daarbenewens het die stedelike swart kultuur van Sophiatown, ook bekend as die Drum-generasie (so genoem na aanleiding van die Drum-tydskrifstyl) ’n eie “sassy” styl ontwikkel weens die invloed van Amerikaanse rolprente aan die een kant en aan die ander kant die fl ambojante styl van die plaaslike bendelede wat so ’n integrale deel van Sophiatown uitgemaak het.

[Verwerk uit “Mbaqanga Jazz”, http://www.southafrica.info/ess]

Ladysmith Black Mambazo

Die Ladysmith Black Mambazo is ’n manlike a cappella-groep (onbegeleide sang) van 10 manstemme wat in 1960 deur Joseph Shabalala gestig is. Ladysmith was sy tuisdorp en mambazo beteken “byl” in Zoeloe. Hulle sangstyl is deel van ’n tradisie genaamd isicathamiya wat deur swart myn- en fabriekswerkers ontwikkel is om hul lot onder die apartheidsregering te verwoord. Dit behels opruiende stampwysies, roep-en-antwoord-variasies en gesinchroniseerde liggaamsbewegings. Ná Shabalala se Christelike bekering in 1975 het hulle lirieke egter meer godsdienstig geword. Ladysmith Black Mambazo het hul eerste klankopname in 1962 gemaak en het sedertdien meer as 40 musiekalbums uitgereik. Paul Simon het ook hul album Shaka Zulu (1987) vervaardig, waarmee hulle ’n Grammy-toekenning vir Beste Tradisionele Folkopname verower het. Hulle tree saam saam met beroemde kunstenaars soos Dolly Parton en Stevie Wonder op en hul meesleurende musiek word dikwels vir klankbane en reklame gebruik. In 1993 sing hulle by die toekenning van die Nobel-vredesprys aan oudpresidente FW de Klerk en Nelson Mandela en in 1998 behaal hulle die tweede plek op die Britse trefferlys met die versamelalbum The Star And Wiseman – The Best Of Ladysmith Black Mambazo. Hulle Zoeloe-mannekoorstyl, isicathamiya (’n sluipjag-benadering) put uit tradisionele huweliksliedere, Afrika-Amerikaanse koorsang en Wesliaanse kerkgesange.

[Verwerk uit: Microsoft Encarta Encyclopedia 2004. Microsoft Corporation.]

Luisterbegrip (Afdeling C)

Die dae van die New Critics, toe die teks onafhanklik van enige buite-inligting waardeer moes word, is lankal verby. Deesdae is dit aanvaarbaar om byvoorbeeld die invloed van biografi ese en historiese feite op die teks en resepsie te ondersoek. Johan Volschenk het verskeie jeugboeke wat sterk ooreenkomste toon, gepubliseer en ’n beknopte biografi e kan tot nuwe insigte ten opsigte van sy karakters lei. Een effektiewe manier om te verseker dat die leerders aandag skenk wanneer die onderwyser daaroor gesels, is om dit in die vorm van ’n luistertoets aan te bied. Net so kan teksgedeeltes uit die roman vir luisterbegrip aangewend word. Let egter daarop dat daar ’n wesenlike verskil is tussen ’n luistertoets en luisteronderrig. By luisteronderrig word verskeie tegnieke aangewend om leerders te leer hoe om beter te luister. ’n Luistertoets

Steenkoolster.indd Sec1:8Steenkoolster.indd Sec1:8 3/6/06 10:07:19 AM3/6/06 10:07:19 AM

Page 13: Download Teachers Guide as PDF

9

wil toets hoe goed ’n leerder kan luister – nié hoe goed hy kan onthou van wat hy gehoor het nie, maar hoe raak hy kon luister.

Luistertoets

Enige mens luister beter as jy weet wáárvoor jy moet luister. Indien die onderwyser ’n lang teks voorlees of -speel en daarna ’n reeks inhoudsvrae stel, toets hy inderdaad geheue. Daar is meer as een manier om luistervaardigheid te toets en daar is geen rede waarom die leerder nie aantekeninge mag maak terwyl hy luister nie – dit is immers wat mense gedurende lesings en vergaderings doen en dus ’n vaardigheid wat ingeskerp moet word. LW: Moenie vergeet dat die T2-leerder in graad 10 alles wat hy hoor eers in sy moedertaal vertaal, dan konsepte vorm en verwerk en eers dán verstaan wat hy hoor nie. Die volgende kort biografi ese teks oor Johan Volschenk kan na ’n luistertoets verwerk word:

Johan Volschenk

Johan Volschenk is op 29 Januarie 1937 op Witbank gebore, waar hy in 1954 matrikuleer. Daarna behaal hy ’n BA-graad in Liggaamlike Opvoeding en ’n Hoër Onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit van Pretoria. Hy betree egter nooit die onderwysberoep nie, maar word ’n joernalis by Die Vaderland en Die Transvaler, waar hy die hoof van die sportredaksie word. Hy is getroud met drie kinders en woon in Pretoria. Volschenk is die outeur van twee baie suksesvolle jeugverhale, Rekordtyd – 1:49,2 (1985) en Die Steenkoolster (1990), albei uitgegee deur Tafelberg. Sy joernalistieke agtergrond en onderwysopleiding, asook sy besondere belangstelling in sport dien as agtergrond vir hierdie romans. Albei romans speel af in die ruimte rondom Pretoria en Johannesburg, wat deeglik aan Volschenk bekend is. Daarbenewens het Volschenk se eie jeugjare op Witbank, ’n dorp bekend vir sy steenkoolmynbedryf, waarskynlik ’n belangrike rol gespeel in die konseptualisering van Die Steenkoolster. Aangesien ’n joernalis spesifi ek tussen feit en mening moet onderskei, sal dit ’n interessante uitdaging vir die teikenleser wees om te probeer vasstel hoe Volschenk feit en mening in sy romans hanteer. Daarmee beweeg ons dan op die veld van die New Journalism, ’n tendens sedert ongeveer 1965 om joernalistieke materiaal (feite) weer te gee as fi ksie – ’n revolusionêre verskuiwing van verhalende prosa na die dokumentêre roman. New Journalism is nie bloot ’n vermenging van feit en fi ksie nie, maar eerder ’n persoonlike perspektief op amptelike bronne.

Teksontleding en -respons (Afdeling E)

Na afl oop van al die bogenoemde aktiwiteite is die leerders nou deeglik voorberei om die “bestaanswêreld van die kunswerk” of “tekswerklikheid” te beleef sonder dat die onderwyser telkens tussenin moet verduidelik. Soos reeds vermeld, is die uiteindelike doel van letterkunde-onderrig om die leerder

Steenkoolster.indd Sec1:9Steenkoolster.indd Sec1:9 3/6/06 10:07:21 AM3/6/06 10:07:21 AM

Page 14: Download Teachers Guide as PDF

10

toe te rus om ingelig en intelligent oor die letterkunde te kan meepraat. Om dit te kan doen, moet hy leer waarna om te kyk, hoe om dit te evalueer en veral hoe om sy mening en gevolgtrekkings in taal uit te druk. Om dit te kan doen, moet die leerder bemagtig word deur hom te voorsien van die nodige terminologie, analiseringsmetodes en evalueringskriteria – die onderwyser benodig dus ook elementêre literêre teorie ter ondersteuning van hierdie proses en dus sal in hierdie handleiding gepoog word om hierdie ondersteuning te verskaf. Verder kan die leerkrag op datum probeer bly deur veral literêre resensies en artikels te lees aangesien die teorieë en terminologie voortdurend verander.

Die teikenleser

Deesdae is die literatuurwetenskap by wyse van die resepsieteorie fyn ingestel op die resepsie of ontvangs van ’n kunswerk. Waar ons voorheen probeer vasstel het wat die skrywer dalk wou bedoel, kyk ons nou na hoe die leser die teks ontvang – dus interpreteer, ervaar en waardeer. Aangesien hierdie roman op die tienerleser gemik is, is dit belangrik om te weet wat húlle daarvan dink. Waarsku die leerders dus vooraf dat hulle uiteindelik die roman sal moet evalueer (resenseer) vanuit die oogpunt en ervaringswêreld van die teikenleser, naamlik hulself. Hulle moet dus deurgaans aantekeninge maak van goeie en swak punte en ook die nodige terminologie versamel om dit te kan doen. Tydens die leesproses moet hulle ook telkens die geleentheid gegun word om hul menings te lug, voorspellings te waag, ensovoorts – sodoende word hulle dan insgelyks geprikkel om in die T2 te kommunikeer.

Die titel, buiteblad en lokteks

Eerste indrukke bepaal dikwels of iemand ’n boek sal koop en/of lees. Die eerste leesperiode word dus gewy aan ’n bespreking/evaluering van die titel, buiteblad en lokteks.

Die titel1. Laat die leerders die verskillende betekenismoontlikhede van “ster” en “steenkool”

naslaan en besluit watter moontlik hier van toepassing kan wees.2. Bespreek die bekende simboliek van sterre – bv. ’n ster op jou voorkop, op ’n

Kersboom, in strokiesprente, ens. (LW: ons praat van ’n prent, motief, embleem, ens. totdat ’n spesifi eke

heenwysende betekenis daaraan geheg word. Dan eers word dit ’n simbool. Vir ’n leerder het ’n ster op die voorkop byvoorbeeld die positiewe heenwysende betekenis van prestasie (dus ’n prestasiesimbool), maar as dieselfde ster elders op die liggaam geplak word, het dit geen simboliese waarde nie en sal hy eers moet verduidelik hoekom dit daar is en wat dit kwansuis beteken. Benewens bekende simbole, skep ’n outeur dikwels ook simbole wat simboliese betekenis binne die verhaalwêreld verkry.)

3. Ondersoek die fi siese eienskappe en simboliese betekenismoontlikhede van “steenkool” en dan die “steenkoolster” van die titel. Bespreek nou die verwagtinge

Steenkoolster.indd Sec1:10Steenkoolster.indd Sec1:10 3/6/06 10:07:22 AM3/6/06 10:07:22 AM

Page 15: Download Teachers Guide as PDF

11

wat die titel skep en laat die leerders neerskryf wat hulle van die verhaal verwag. (Moedig hulle aan om self menings te vorm en te verwoord. Laat die groep help om “beter woorde” of terminologie te vind.) Tydens die leesproses sal hulle waarskynlik ’n paar keer aanpassings maak. Maak hulle bewus daarvan en laat hulle neerskryf hóé hul verwagting verander het en wat dit laat verander het.

Die buiteblad-illustrasie (Afdeling E – Reaksie op nie-verbale teks)1. Bespreek die geheelindruk: leer die uitspraak en spelling van sleutelwoorde soos

kitaar, tromme, dwarsfl uit, mikrofoon, beligting, ens.2. Ondersoek die illustrasietegnieke: Watter fi guur sou die hoofkarakter wees en

hoekom? Hoe beklemtoon die lyne, ligte, kleure, ens. die hoofkarakter? 3. Watter effek het die kleure op die teikenleser se gemoedstoestand?4. Sou hierdie voorblad meer effektief wees vir ’n kinderboek of ’n roman vir

volwassenes?5. Bespreek die trefkrag van dié ontwerp – is dit wenslik dat die leser vooraf reeds

weet hoe die karakters lyk, sien dat hulle swart kinders is, ens.? (Verduidelik dat die illustreerder nie altyd die wense van die outeur uitvoer nie en waarsku hulle dat hulle ná die leesproses self buiteblaaie sal moet ontwerp.)

Die lokteksBespreek die lokteks op die agterblad. Prikkel dit die teikenleser of verklap dit te veel? Watter aspekte daarvan sou jou lok om die boek te lees en watter nie? (Ná die deurlees van die roman kan hulle gerus ’n beter lokteks probeer skryf.)

Die titelbladMaak die leerders attent op die bibliografi ese inligting agterop die tielblad: die uitgewer, datum, ens. en leer hulle om dit korrek in ’n bronnelys te noteer soos die volgende voorbeelde (let veral op die punktuasie): Volschenk, J. 1990. Die Steenkoolster. Kaapstad: Tafelberg. Cloete, T.T. (Red.) 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.

Werkswyse en -indeling

’n Goeie indeling van die letterkundeprogram sou wees om kwartaal 1 en 2 aan die roman (Die Steenkoolster) te bestee, kwartaal 3 aan kortprosa en poësie en kwartaal 4 aan drama. Laat die leerders vir elke genre ’n werkboekie maak soos die voorbeeld agterin hierdie gids. Tydens die leesproses word inligting dan gesorteer, gerangskik en van bladsyverwysings voorsien om as indeks te dien vir verdere opsommings, besprekings en vrae.

Die lees en analise van die romanteks

Leerders moet stil saamlees terwyl iemand vlot en met goeie uitspraak voorlees, sodat hulle daaraan gewoond kan raak om na Standaardafrikaans teen normale praattempo te

Steenkoolster.indd Sec1:11Steenkoolster.indd Sec1:11 3/6/06 10:07:23 AM3/6/06 10:07:23 AM

Page 16: Download Teachers Guide as PDF

12

luister. Terselfdertyd registreer die brein wat die oë sien, sodat dit later korrekte spelling kan herken. Bring die woordverklarings agter in die boek onder die leerders se aandag. Dit is egter uiters belangrik dat T2-sprekers leer om nie by elke moeilike woord te stop en ’n woordeboek te raadpleeg nie. Moedig hulle aan om verby die woord te lees en eers uit die konteks te probeer raai wat dit sou beteken. (Nuttige woorde en sinskonstruksies kan telkens uitgelig word vir woordeskatuitbreiding, speltoetse, ens.) Buiten die onderstaande uiteensetting, kan die leerders terselfdertyd die karakter- en hoofstukopsommings in die werkboekie byhou. Herinner hulle om altyd bladsyverwysings neer te skryf sodat hulle inderdaad self ’n indeks skep vir latere verwysings. Die roman beslaan 86 bladsye wat in 12 hoofstukke verdeel is. Elke hoofstuk bevat ongeveer 5 tot 10 bladsye wat dienooreenkomstig in een of twee klasperiodes van 45 minute afgehandel kan word – dus altesame 17 lees-en-besprekingsperiodes. Elke hoofstuk is onderverdeel in ongeveer drie teksgedeeltes of episodes wat geskei word deur tipografi ese spasies of wit teks. Probeer om ’n hele episode te lees voordat u stop vir vrae en besprekings sodat die spanning, verhaallyn en leestempo nie kort-kort onderbreek word nie. Hier volg ’n lys van voorgestelde besprekingspunte per episode en aktiwiteite per hoofstuk:

Hoofstuk 1 (pp. 1 – 5)

Episode 1 (pp. 1 – 2) 1. Dikeledi is ’n nuwe intrekker wat mense op ’n afstand hou en laat gis. Sou sy ’n

slagoffer van gedwonge verskuiwings wees? [Die “vreemde vrou” word in Setswana “Dikeledi” (trane) genoem omdat sy so

verlangend sing. Sy is dus ’n vreemdeling tussen die Batswana wat waarskynlik na ’n ander plek verlang. Sy praat Zoeloe en Xhosa (Nguni-tale) vlot, maar rol haar r-klanke soos die Noord-Sotho en oortuig die winkeleienaar dat sy ’n Tswana is soos hy. Haar etniese identiteit is dus onpeilbaar, maar teen die voorafgegewe teksagtergrond sou ons raai dat sy Ndebele is. Haar man se familie kom van Natal, vandaar die Nguni-van, Dhlamini. Haar trotse houding, afsydigheid en die feit dat sy ’n kind, maar geen man het nie, laat die mense gis en romantiese stories fabriseer.]

2. Maak die leerders bewus van die outeur se tegniek om met al hierdie raaisels spanning te skep. Spanning veroorsaak dat ons verder wil lees om die spanning op te los. Sodra spanning opgelos word, raak die meeste lesers verveeld. Die skrywer moet dus allerlei taktieke aanwend om spanning te behou.

3. Laat die leerders kortliks vasstel hoe hulle oor Dikeledi voel en kyk hoe die skrywer hulle manipuleer om van haar te hou deur positiewe eienskappe soos skoonheid, trots en respek te beklemtoon.

Episode 2 (pp. 2 – 4)1. Wat is die funksie van die tipografi ese spasie of “wit teks”? [Dui wisseling van toneel of fokus aan. Hierdie teksgedeelte handel oor Josua.]2. Die skrywer berei die leser daarop voor dat Josua die protagonis (held) van die verhaal

Steenkoolster.indd Sec1:12Steenkoolster.indd Sec1:12 3/6/06 10:07:24 AM3/6/06 10:07:24 AM

Page 17: Download Teachers Guide as PDF

13

gaan wees. Wat dui op ’n potensiële suksesverhaal? Maak ’n lysie van positiewe eienskappe.

[Die leser begin vermoed dat hy vir hoër dinge bestem is. Hy is gewild en langer, ratser en slimmer as sy maats. Sy ma leer hom om trots en edel te wees. Daarby is hy baie musikaal – hy hoor ritme en musiek in alledaagse geluide.]

3. Dikeledi is ’n besonderse enkelma. [Sy leer Josua boeke en musieknote lees; leer hom dat ’n ware leier regverdig, sterk en

slim is en altyd hoër streef. Die leser vermoed sy is ’n argetipiese “Mutter Courage”-fi guur, d.w.s. ’n oermoeder wat alles vir haar kinders sal opoffer en hul teen elke prys sal beskerm.]

4. Anders as wat die leser vanweë die agtergrondteks sou verwag, het Solomon Zuma nie ’n Tswana-van nie, maar Nguni. Wat wil die skrywer daarmee bereik?

[Botsing vind hier nie plaas volgens stereotiepe etniese verdelings nie. Solomon Zuma is ’n jong antagonis (skurk). Hy is groter, teister Josua en probeer hom verneder.]

5. Die “geklingel van die enkelringe wat sommige van die Ndebele-vroue dra” herinner aan Eugène Marais se gedig “Mabalêl”. Is dit plagiaat of volksbesit?

[Waarskynlik volksbesit of bloot alliterasie. Marais en sy tydgenote het ook lekker by ander digters en skrywers “geleen”!]

Episode 3 (pp. 4 – 5)1. Watter nuwe inligting bekom die leser aangaande Dikeledi se gesin? [Haar naam is Thandi – ’n Nguni-naam wat “liefde” beteken. Sy is ’n weduwee, sy

komponeer gewilde liedjies en het nie ’n motor nie. Haar man, groot Josh (kort vir Josua) is vroeg dood en sou ’n suksesvolle musikant geword het.]

2. Die SAUK (nou die SABC) se gebou is werklik in Aucklandpark (net onder die Johannesburgse Brixtontoring) en die musikante soos Ladysmith Black Mambazo bestaan werklik. Deur na sulke besonderhede uit die werklike lewe te verwys, skep die skrywer ’n gevoel van realiteit en geloofwaardigheid. (New Journalism?)

3. Die vertelinstansie: ’n verhaal kan vertel word deur ’n ek-verteller of ’n alomteen-woordige verteller. Dit kan ook ’n eerstepersoonsverteller en ’n derdepersoonsverteller genoem word. Deesdae noem ons dit ook ’n binne- en buiteverteller. In hierdie geval is dit ’n buiteverteller.

4. Die fokalisator: ’n verteller kan deur die oë of gedagtes van ’n karakter fokus sodat dit voel asof daardie karakter die gebeure ervaar. In hierdie hoofstuk bly Dikeldi vir die leser net so geheimsinnig as vir die Winterveldmense, maar ons ervaar vanaf die tweede teksgedeelte wat Josua dink asof hy die verhaal vertel. In daardie teksdele word Josua dan die fokalisator – nog ’n aanduiding dat hy die hoofkarakter gaan wees.

5. Die ruimte: ruimte behels die plek (milieu) en atmosfeer waarin ’n verhaal afspeel. Vra die leerders om deurgaans alle verwysings na ruimte te merk, veral met die oog op die voorafgaande teks oor die politieke situasie rondom Winterveld. Die plekname soos Winterveld en Johannesburg dui die ruimte aan, maar net die ingeligte leser wat die agtergrondtekste ken, sal van die pertinente verwysing na die Batswana en Ndebele kan afl ei dat dit na die tydperk tussen 1977 en 1994 verwys. Die SAUK

Steenkoolster.indd Sec1:13Steenkoolster.indd Sec1:13 3/6/06 10:07:25 AM3/6/06 10:07:25 AM

Page 18: Download Teachers Guide as PDF

14

se naam is ook ná 1994 eers verander. Verder sal die ingeligte leser ook weet dat Ladysmith Black Mambazo in 1960 gestig is, maar eers ná Graceland in 1986 plate by die duisende sou verkoop. Daarenteen is grammofoonplate in die laat-tagtigs deur kompakskywe (CD’s) vervang. Leerders moet op die uitkyk wees vir leidrade wat die tyd nader bepaal.

Aktiwiteite Taaloefening (Afdeling E): Gebruik deurgaans die romanteks vir taaloefeninge soos:– Sluiting (Close-tegniek): Kopieer teksgedeeltes en haal sekere woord uit wat hulle

moet invul. Konsentreer op verskillende woordsoorte soos voegwoorde, voorsetsels, ens.

– Herskryf sinne in die teenwoordige tyd., toekomende tyd, ens.– Herskryf dialoog in die indirekte rede en andersom.– Gee sinonieme en antonieme binne sinskonteks.– Afl eidings en samestellings (bv: van watter woord is “geromantiseer” afgelei?).

Hoofstuk 2 (pp. 6 – 10)

Episode 1 (pp. 6 – 8)1. Die vorige hoofstuk is afgesluit met ’n verwysing na Josua se stem wat eers moes

breek. Die dag waarop Josua se stem breek, word egter in een meer as een opsig ’n belangrike mylpaal in sy lewe. Bespreek.

[Josua wen onverwags ’n boksgeveg teen die antagonis Solomon Zuma en sy nuutverworwe manlikheid word bevestig deur die diep stem waarmee hy “Dankie, Meneer” sê.]

2. Die lang relaas oor die bokskuns laat die leser vermoed dat dit ’n belangrike rol in die verhaalgebeure gaan speel. Hoe?

[Die inherente geslepenheid van die sucker punch klink veral profeties en die onderwyser se waarskuwing, “Jy kan weghardloop, maar jy kan nie wegkruip nie. Die een of ander tyd word jy ingehaal”, dui op ’n toekomstige gevaarsituasie, wat spanning wek.]

3. Die onderwyser bly sonder naam – watter effek het dit? [Hy is ’n minder belangrike randkarakter wat net ’n sekere funksie moet vervul om

die verhaal te laat vlot.]4. Identifi seer woorde, beskrywings en aksies wat Solomon Zuma negatief uitbeeld en

bespreek hoe die skrywer ons daarmee manipuleer om nie van Zuma te hou nie.

Episode 2 (pp. 8 – 9)1. Joshua se arm is gebreek en kry gips om. Gaan die vorige teksgedeelte noukeurig na

om te bepaal watter arm gebreek is. Vra die leerders om neer te skryf hoekom die skrywer dit nodig geag het om ’n gipsarm in die gebeure in te skryf. Die verhaalgebeure sal later aandui wie reg geraai het. Dit is belangrik dat leerders verstaan dat ’n leser voortdurend wil raai wat gaan gebeur – dit skep ook spanning wat hom laat aanhou

Steenkoolster.indd Sec1:14Steenkoolster.indd Sec1:14 3/6/06 10:07:27 AM3/6/06 10:07:27 AM

Page 19: Download Teachers Guide as PDF

15

lees. Indien hierdie raaiskoot telkens verander of verkeerd bewys word, verhoog die spanning en lees jy ywerig voort.

Episode 3 (pp. 9 – 10)1. Die dag ná Joshua se 14de verjaardag skryf Dikeledi vir hulle twee ’n liedjie. Hoekom

het sy gewag totdat sy stem breek? [Sodat hulle stemme kontrasterend kan klink, maar ook sodat hy sy pa se plek kan

inneem.]2. Die liedjie se tema van ’n man wat die nag oortuig dat die môre weer sal kom, laat die

die leser vermoed dat die swaar tye verby is en beter dae wag – maar dalk nie? Vra die leerders se mening en redes.

3. Dikeledi vra raad by haar swaer in Natal en hy laat weet hulle moet daarheen kom. Hoekom verskuif die verhaalgebeure na Natal?

[Dikeledi se skoonfamilie kom van Natal en is dus waarskynlik Zoeloes, maar daar is ’n belangriker rede. Laat leerders neerskryf wat hulle dink vir latere kontrole.]

Aktiwiteite:1. Funksionele skryfwerk (Afdeling A): Maak ’n verjaardagkaartjie van Dikeledi aan

Joshua met sy 14de verjaardag (80 – 100 woorde vir 5 punte).2. Rolspel (Afdeling C): Laat groepe leerders insidente met gepaste eie dialoog

dramatiseer, byvoorbeeld: Die boksgeveg tussen Joshua en Solomon Zuma, die musiekmakery tussen Dikeledi en Joshua, ensovoorts.

Hoofstuk 3 (p. 11 – 19)

Episode 1 (pp. 11 – 12)1. Watter woorde en verwysings in die eerste 4 paragrawe is terugskouend ironies? [LW: ironie is vir leerders baie moeilik om te defi nieer, maar hulle het gewoonlik

’n baie goeie aanvoeling daarvoor. Stel hulle gerus dat ironie, soos skoonheid “in the eye of the beholder” is. Daar is baie defi nisies vir en soorte van ironie, maar die gemeenskaplike opvatting is dat dit werk met die onverwagte en afhang van ingeligtheid en kennis. Hierdie opmerkings word dus ironies wanneer kennis aangaande die daaropvolgende ongeluk ’n nuwe, onverwagte waarheid daaraan verleen. Opmerkings soos “Anders is dit Maandag voor ons by die huis kom” en “Hier gaan ons” is oënskynlik onskuldig wanneer dit gesê word, maar as ons ná die ongelukstoneel op p. 12 weer daaroor dink, is dit ironies.]

2. Hoekom is die trekkerbestuurder se gedagtegang (p. 11) belangrik? [Om die ongeluk te motiveer – dit dui aan dat sy gedagtes elders is, anders sou hy

die ongeluk waarskynlik kon verhoed.] Vra die leerders om op hierdie stadium van die verhaal te raai waarom hierdie ongelukstoneel nodig is. Laat hulle hul gedagtes neerskryf vir latere kontrole.

Steenkoolster.indd Sec1:15Steenkoolster.indd Sec1:15 3/6/06 10:07:28 AM3/6/06 10:07:28 AM

Page 20: Download Teachers Guide as PDF

16

3. Hoekom vind daar op hierdie krisismoment ’n toneelverskuiwing plaas? [Die Amerikaners noem dit heel gepas “cliff hangers” – bespreek die moontlike

oorsprong van hierdie term en wat dit hier bereik t.o.v. spanning. Skep ’n Afrikaanse neologisme vir hierdie tegniek: “naelbyters” of dalk beter voorstelle?]

Episode 2 (pp. 12 – 15)1. In hierdie teksgedeelte speel “toeval” ’n groot (maar berekende?) rol. Maak ’n lys

van “toevallighede” wat veroorsaak dat Stephen Ramba glo onbewus bly van die busongeluk. Watter rol speel die gipsarm in hierdie toneel?

2. Die frase “Stephen Ramba is nie ’n man vir moeilikheid nie” word ’n paar keer herhaal. Watter besonderhede oor Stephen weerspreek hierdie frase? Kan die leerders raai waarom hy ten alle koste die polisie en verkeerspolisie probeer vermy? Laat hulle dit vir latere kontrole neerskryf.

[Die inligting waaroor die leser beskik, weerspreek hierdie frase en skep terugskouend dramatiese ironie namate Stephen Ramba as skurk onthul word.]

3. Bepaal die tydlyn: Stephen Ramba bereik Joshua twee uur ná die ongeluk. ’n Halfuur later hou die reën op en ontdek die fi etsryer die ongeluk. Nog ’n driekwartuur later kom die ambulans en polisie op die toneel. Teen daardie tyd is Joshua al amper tagtig kilometer verder weg. Teen watter spoed ry Stephen?

[Ongeveer 64 km/uur – bereken net vandat hy Joshua oplaai, dus 80 km in 1,25 uur.]4. Wat noem ons dit as iemand (soos Joshua) weens ’n harde stamp teen die kop niks kan

onthou nie? [geheueverlies of amnesia] Hoekom is dit nodig vir die verhaalgebeure dat hy aan geheueverlies moet lei?

[Raai en kontroleer later.]

Episode 3 (pp. 15 – 16) 1. Kyk na die vertelinstansie: Hoekom word daar nou na Joshua verwys as “die

vreemdeling”?2. Stephen, Thami en Mashiya weet niks van Joshua af nie. Watter afl eidings maak hulle

waarskynlik na aanleiding van sy voorkoms en aankoms? 3. Stephen sê Joshua moet sy jas uittrek want “netnou loop jy weg daarmee”. Hoekom

is hierdie woorde vir die leser ironies, maar nie vir die karakters nie? [Die karakters weet nie wat die leser weet nie, naamlik (i) dat Joshua nie kan wegloop

nie omdat hy nie weet waar hy is of vandaan kom nie en (ii) dat hy baie goed opgevoed is en niemand se jas sal steel nie.]

4. Watter rol speel Joshua se siekte? [Dit skep hegte vriendskapsbande met Thami en Mashiya omdat hulle hom ten spyte

van hul eie ellende versorg en hul karige besittings met hom deel. Dit stel die leser ook gerus dat hulle goeie mense is.]

Episode 4 (pp. 16 – 17)1. Vincent Khumalo voeg ’n ander rede by Joshua se siekte, naamlik dat hy Thami en

Mashiya dank verskuldig en dié skuld moet afbetaal. Bespreek die moraliteit daarvan, asook Vincent se goedhartige gebaar om Joshua teen betaling in diens te neem.

Steenkoolster.indd Sec1:16Steenkoolster.indd Sec1:16 3/6/06 10:07:29 AM3/6/06 10:07:29 AM

Page 21: Download Teachers Guide as PDF

17

2. Joshua kry nou ’n nuwe naam. Hoe verskil Vincent se houding daaroor van die leser s’n? [Die leser weet hy kan nie sy naam onthou nie, maar Vincent dink hy wil naamloos bly weens iets wat hy verkeerd gedoen het of van weghardloop.]

3. Die gipsarm kry nou nóg ’n funksie, naamlik as tydsaanduiding. Hoe lank is ’n gebreekte arm in gips en hoe oud is Joshua dan?

[Hy was pas 14 tydens die ongeluk en die gemiddelde tydperk wat ’n gebreekte arm in gips bly is ongeveer 6 weke. Die feit dat hy nie weer ’n dokter besoek nie, mag egter dié tyd beïnvloed.]

4. Die loon wat Vincent betaal, bevat dalk ’n leidraad van die tyd waarin die gebeure plaasvind. Laat die leerders self uitvind hoe lank gelede dit waarskynlik aanvaarbaar sou wees.

[Waarskynlik die 1980’s]

Episode 5 (pp. 17 – 19)1. Hoe weet die leser dat die bus- en trekkerbestuurders albei dood is? [Hul lyke word “uitgeken”.]2. Hoekom is dit ironies dat die name van die oorlewendes oor die radio bekendgemaak

word? [Al sou die hele land die uitsending hoor, weet die leser reeds dat Joshua nie sy naam sal herken nie aangesien hy aan geheueverlies ly.]

3. Bespreek die ironie rondom die stelling: “Die kind het in die niet verdwyn.” [Die leser weet dat Joshua se kindwees verby is en hy voortydig vir sy eie heenkome

sal moet sorg.]

Aktiwiteite: 1. Ontwerp ’n Plakkaat (Afdeling B) met belangrike inligting en kontakbesonderhede

oor die vermiste seun (80-100 woorde).

Hoofstuk 4 (pp. 20 – 27)

Episode 1 (pp. 20 – 21)1. Hoe weet Vincent Khumalo dat William anders as die ander kinders is? [Hoe hy praat en sy trotse houding. Die ander vlug van ellendige huis-

omstandighede.]

Episode 2 (pp. 21 – 23)1. William lewer nou steenkool af. Laat die leerders nou neerskryf hoe hul vooruitskouings

aangaande die titel, Die Steenkoolster, nou lyk.2. Musiek en sokker is waarskynlik sleutelelemente tot William se vorige lewe. Bespreek

hierdie stelling en laat die leerders raai óf en hóé dit uiteindelik sal meebring dat hy sy geheue herwin.

Episode 3 (pp. 23 – 27)1. In hierdie teksgedeelte is daar sprake van twee bedrae van twintig rand. Vergelyk die

positiewe en negatiewe aanwending daarvan.

Steenkoolster.indd Sec1:17Steenkoolster.indd Sec1:17 3/6/06 10:07:30 AM3/6/06 10:07:30 AM

Page 22: Download Teachers Guide as PDF

18

[Stephen Ramba kul William, maar dit skep ’n leidraad aangaande waar hy gevind is.]

2. Hoekom voel William nou ’n behoefte daaraan om skoon te wees? Watte rol speel die musiek van LBM hierin?

[Mev. Skosana laat hom weer soos ’n gerespekteerde mens voel en die musiek herinner hom aan ’n tyd toe hy skoon en goedversorg was.]

Aktiwiteite:1. Funksionele skryfwerk (Afdeling B) 1.1 Stel ’n dagrooster vir William op. 1.2 Skryf William se dagboekinskrywing op hierdie stadium van die verhaalgebeure.2. Gesproke teks: Voorbereid (Afdeling C): Hou ’n klasdebat oor Vincent se onkonvensio-

nele stelling aangaande kinderarbeid.3. Rolspel en dialoog (Gesproke teks: onvoorbereid Afdeling C): Leerders voer of skryf

die volgende dialoë: – Joshua en Dikeledi gesels in die bus oor die rit en die kuiertjie wat voorlê. – Stephen Ramba en Mashiya Ndlovu gesels in die bakkie oor hul planne en die

ongeluk. – Vincent Khumalo en Stephen Ramba gesels oor die vreemde seun. – Mashiya en Thami gesels oor William se siekte en geheimsinnigheid. – Luitenant Jan Pieterse en die verteenwoordiger van die busmaatskappy bespreek

die ongeluk. – Luitenant Pieterse ondervra Dikeledi Dhlamini in die hospitaal. – Luitenant Pieterse en sersant Gumede gesels oor die vermiste seun. – Solomon Zuma en die onderwyser bespreek Jushua se ongeluk en verdwyning. – Mevrou Skozana en Gesels oor die seun wat die steenkool gebring het. – Thami en Mashiya bespreek William se klerewassery . – William en Thami bespreek hulle voorgenome orkes en moontlike name

daarvoor. – Dikeledi skakel Luitenant Pieterse om te hoor of hy al nuus oor Joshua het.

Hoofstuk 5 (pp. 28 – 36)

Episode 1 (p. 28)1. Bespreek die toepaslikheid en toegevoegde ironie van Thandi Dhlamini se bynaam,

Dikeledi. [Eers het sy net hartseer gesing, maar nou het haar naam waar geword.] Episode 2 (pp. 29 – 30)1. Bespreek die tydsverloop [Stephen verwys na drie maande wat William vir hom werk.]2. Bespreek die magspel tussen William en Stephen Ramba. [Stephen misbruik die feit dat William nie kan onthou waar hy opgelaai is nie, William

wen hom met sokker, ens.]

Steenkoolster.indd Sec1:18Steenkoolster.indd Sec1:18 3/6/06 10:07:31 AM3/6/06 10:07:31 AM

Page 23: Download Teachers Guide as PDF

19

Episode 3 (pp. 30 – 33)1. Bespreek Stephen Ramba se losprys-planne en watter rol die gipsarm daarin speel. [Hy gaan Natal toe omdat hy dink William se ma woon waar die busongeluk

plaasgevind het. Hy wil ’n losprys van haar eis want hy besef die kind is goed opgevoed. Die gipsarm word die verwysingspunt en uiteindelik laat dit die ou man onraad vermoed en na die polisie gaan.]

2. Bespreek die verhouding tussen Mashiya en Stephen Ramba en hoe dit daartoe lei dat William van die skelm planne te hore kom.

[Hulle was eers vriende, maar Mashiya besef nou dat Stephen skelm is. Sy lojaliteit lê nou by William en hy vertel hom wat in Natal gebeur het.]

Episode 4 (pp. 33 – 36)1. Hoekom het die ou grysaard na die polisie gegaan? Word sy optrede genoegsaam in

die verhaal gemotiveer en dink die leerders ons misdaadsyfers sal verlaag as almal só optree?

2. Laat die leerders raai hoe sersant Gumede in Soweto te werk sal gaan om die Chev-bakkie se eienaar op te spoor. Laat hulle speurder speel en bespreek hoe hulle te werk sou gaan.

Aktiwiteite:1. Teksrespons, groepwerk (Afdeling E): Verdeel die leerders in groepe van vier. Hulle

moet dan identikits van Joshua Dhlamini en Stephen Ramba saamstel. Versamel gepaste foto’s uit tydskrifte en koerante, knip dit in dwarsstroke, meng en verdeel dit. Twee gee beskrywings en aanwysings en twee plak en/of teken. Die gesigsuitdrukkings moet duidelik aantoon watter een die protagonis (held) en watter een die antagonis (skurk) is.

Hoofstuk 6 (pp. 37 – 44)

Episode 1 (pp. 37 – 38)1. Stephen Ramba raak nou afhanklik van William. Bespreek. [Hy besef William is ’n briljante sokkerspeler en kan sy span, die Coaldusters, laat

wen – dus groot geldpryse losslaan.]2. Vincent Khumalo reken die seuns sing omdat hulle gelukkis is by hom. Waar of

ironies? [Dalk waar, aangesien hulle niks beters ken nie en ook nie pogings aanwend om weg te loop nie. Ironies, aangesien hul geluk relatief is – hulle het niks beters om dit aan te meet nie. Ook ironies omdat hulle saamsing as tydverdryf en vriendskaplike bindingsaktiwiteit, nie soseer oor sy werkomgewing nie.]

Episode 2 (pp. 38 – 41)1. William ontmoet mev. Skosana se (waarskynlike) kleindogter en skielik wemel dit

van woorde soos “selfvertroue”, “waardigheid”, ens. Laat die leerders sulke woorde uitsoek en bespreek of die skielike beklemtoning daarvan geloofwaardig is. Bespreek ook of die Wiskunde-insident oortuigend is aldan nie en of dit inderdaad nodig is vir die ontknoping van die verhaal.

Steenkoolster.indd Sec1:19Steenkoolster.indd Sec1:19 3/6/06 10:07:32 AM3/6/06 10:07:32 AM

Page 24: Download Teachers Guide as PDF

20

Episode 3 (pp. 41 – 44)1. Bespreek die slotsin van hierdie hoofstuk [Stephen wen geld, wat belangriker is as die moraal van sy span.]

Aktiwiteit1. Luisteroefening (Afdeling C). Verdeel die klas in twee groepe: Coalduster- en Electric-

ondersteuners. Laat ’n paar leerders die wedstrydverslag (pp. 42-44) “uitsaai” terwyl die twee groepe dienooreenkomstig juig, kreun, ens.Enigeen wat verkeer reageer, moet “uitsit”.

2. Kreatiewe skryfstuk (afdeling A): Skryf twee kontrasterende stemmingsparagrawe (altesaam 150-250 woorde) waarin jy die denkbeeldige drome van Mashiya en Joshua beskryf.

Hoofstuk 7 (pp. 45 – 52)

Episode 1 (pp. 45 – 47)1. Sersant Gumede sê: “En iets sê vir my hy [Joshua] is hier in Soweto.” Kan die leser

dit glo? [Wel, die Chev-bakkie se registrasienommer is ’n belangrike leidraad, maar waarop

baseer hy sy aanname dat die kind nie reeds dood is of weggeloop het nie?]2. Op p. 47 is ’n belangrike leidraad waarom Vincent Khumalo ’n sagte plekkie vir

hawelose seuns het. [Sy seun is dood in ’n ongeluk – hy beskou die seuns dus as plaasvervangers.]

Episode 2 (pp. 47 – 48)1. Bespreek die moontlikheid van telepatie tussen Dikeledi en Joshua [Terwyl hy die liedjie in Soweto speel, verbeel sy haar sy hoor dit / droom dit.]2. Laat die leerders raai wat Dikeledi se plan met die radio is en dit neerskryf vir latere

kontrole. [Dalk wil sy ’n “Gesoek”-beskrywing uitsaai – of dalk ’n boodskap of liedjie uitsaai

en hoop Joshua hoor dit?]

Episode 3 (pp. 48 – 52)1. Stephen Ramba is die “gelukkige nommer sewe”. Bespreek sewe as magiese getal

– wanneer beteken dit geluk en wanneer nie? [As ’n spieël breek, beteken dit sewe jaar ongeluk, ens.]2. Die ouvrou ontken eers dat Stephen Ramba daar bly, maar erken dit dan. Hoekom?

[Dalk is die identikit swak, maar die antwoord is op p. 50: sy glo hy is tóg ’n goeie mens.] Is hierdie oordeel oortuigend of wil dit ons voorberei op iets wat gaan gebeur? Raai en skryf neer vir kontrole.

Aktiwiteite1. Funksionele skryfwerk (Afdeling B): Skryf die briefi e wat Dikeledi op die deur plak

indien Joshua sou tuiskom terwyl sy weg is (80-100 woorde).

Steenkoolster.indd Sec1:20Steenkoolster.indd Sec1:20 3/6/06 10:07:33 AM3/6/06 10:07:33 AM

Page 25: Download Teachers Guide as PDF

21

2. Respons op nie-verbale teks (Afdeling E): Laat die leerders luister na ’n snit van LBM se musiek en dit dan bespreek of neerskryf met betrekking tot die ritme, atmosfeer, boodskap, emosionele effek, ens. Hulle moet dit dan in verband bring met Dikeledi en Joshua se verhouding [nostalgies, verhalend, melancholies, ens.]

Hoofstuk 8 (pp. 53 – 60)

Episode 1 (pp. 53 – 55)1. Dikeledi sê sy weet haar kind leef. Het sy genoeg bewyse, of is dit wensdenkery? [Die polisie dink ook so en sy lyk is nooit gevind nie, hoewel die rivier vol was en

die krokodille hom kon opgevreet het. Weet sy van die ou man se besoek aan die polisiekantoor en Stephen se navrae in Natal? Indien ons so aanvaar, is haar hoop geoorloof.]

2. Hoekom het Dikeledi nie lankal ’n koerantadvertensie laat plaas nie? [Die polisieondersoek het nou eers van Natal na Soweto verskuif.]

Episode 2 (pp. 55 – 59)1. Vergelyk die orkeslede op p. 57 met die illustrasie op die boekomslag. Lyk die karakters

soos wat die lesers hul verbeel het? Pas dit by die beskrywing van mbaqanga-musiek in die agtergrondteks?

2. Is dit oortuigend dat die orkes ná hul eerste oefening bespreek word om op die Khumalo-dogter se troue te speel?

[Ietwat vergesog, maar hulle het mos lankal op blikke geoefen. Daarby is Khumalo suinig en die mense relatief arm. Ook is mbaqanga-musiek nie baie gesofi stikeerd nie en het dit juis in soortgelyke omstandighede ontstaan.]

Episode 3 (pp. 59 – 60)1. Stephen Ramba en Vincent Khumalo is familie – hoe en watter eienskappe deel

hulle? [Vincent is Stephen se oom, dus moet hy die broer van Stephen se ma wees, aangesien die vanne verskil. Albei wil net geldmaak.]

Aktiwiteite1. Individuele teksrespons (Afdeling E): Dikeledi neem ’n uur om haar hart teenoor

Edward uit te stort. Maak puntsgewys (1 bladsy) ’n sistematiese opsomming van alles wat sy sou vertel. Maak ruimskoots gebruik van byvoeglike naamwoorde en bywoorde om nie net die gebeure nie, maar veral ook haar gevoelens daaromheen uit te druk.

Hoofstuk 9 (pp. 61 – 68)

Episode 1 (p. 61)1. Op hierdie kritieke moment moet sersant Gumede die ondersoek laat vaar of net

naweke Johannesburg toe kom om dit voort te sit. Hoekom? [Uitsteltegniek: anders sou hy Stephen te gou vind. Verhoog spanning. Toon ook sy

toewyding om op eie koste deur te druk met saak waarin hy glo.]

Steenkoolster.indd Sec1:21Steenkoolster.indd Sec1:21 3/6/06 10:07:34 AM3/6/06 10:07:34 AM

Page 26: Download Teachers Guide as PDF

22

Episode 2 (pp. 61 – 63)1. Watter stryd het William teenoor homself gewen? [Hy glo nou hy kruip nie weg omdat hy iets slegs gedoen het nie.] 2. Watter gebeure het hom tot hierdie insig laat kom? [Sy natuurlike reaksie op mev. Skosana se behandeling, asook sy inherente integriteit.

Daarby begin sy geheue geleidelik herstel wanneer hy begin musiek skryf.] Episode 3 (pp. 63 – 68)1. Bespreek die skelm magspel tussen Stephen Ramba en Issy Sher – is dit blote spel, of

is dit stereotiperend (Issy Sher is ’n Joodse naam)?2. Is die optrede van Issy Sher geloofwaardig wanneer hy eerstens die orkes sommer

dadelik te woord staan en tweedens toevallig kan reël dat hulle by ’n Unisa-musiekaand optree?

[Unisa was veral tydens die 1980’s onder leiding van prof. Hennie Joubert die eksamineringsliggaam vir klassieke musiekeksamens en die gehoorsaal is toe hoofsaaklik verbind met internasionale klassieke musiekkompetisies.]

Aktiwitite1. Kreatiewe skryfwerk (Afdeling A): Skryf William se lied (80-100 woorde) vir Liena

wat deur die venster loer. Dit moet ritmies en verhalend wees; dus die storie vertel van hoe hy haar ontmoet het, hoe sy lyk, en hoe hy oor haar voel. Indien moontlik, kan dit gesing word met instrumentebegeleiding of met ander soortgelyke musiek as agtergrond.

2. Kreatiewe skryfwerk (Afdeling A): Skryf die telefoongesprek (80-100 woorde) tussen Issy Sher en die Unisa-musiekorganiseerder in dialoogvorm neer.

Hoofstuk 10 (pp. 69 – 74)

Episode 1 (pp. 69 – 72)1. Stephen Ramba is nou die orkes se bestuurder. Hy trek aan soos hy dink hy moet lyk

– roomkleurige pak, rooi sysakdoek en die groen hoedjie vir geluk. Hoekom is daar nie vroeër na hierdie hoedjie as ’n gelukbringer verwys nie?

[Raai: dalk omdat hy nou eers besef die geluk lê voor die deur? Inderwaarheid sal hierdie woorde weldra terugskouend ironiserend wees, maar later meer daaroor.]

2. Hoe strook die feit dat die kinders en hul klere op Issy se bevel skoongewas is met die verwysing na “verwaarloosde kinders” en die opmerking: “Dit kan net in Afrika gebeur” op p. 72? Is hier sprake van rasse-paternalisme by die gehoor of by die outeur?

[Eie diskresie – die bedoeling was waarskynlik opreg, maar ’n tikkie Pretoriase kultuursnobisme skemer dalk deur.]

Episode 2 (pp. 73 – 74)1. Hoekom is sersant Gumede in Soweto? [Dit is Saterdagaand en hy kom naweke Johannesburg toe.]

Steenkoolster.indd Sec1:22Steenkoolster.indd Sec1:22 3/6/06 10:07:35 AM3/6/06 10:07:35 AM

Page 27: Download Teachers Guide as PDF

23

2. Stephen Ramba jaag weg weens sy skuldige gewete. Is dit geregverdig? Sou die verlies van sy groen hoedjie iets aakligs voorspel?

[Hy is skuldig aan ontvoering, maar het reeds die polisie vermy voordat hy Joshua opgelaai het.]

3. Op p. 73 kry die leser ’n bestuurles – is dit nodig? [Onthou, die teikenlesers is nog nie gelisensieerde bestuurders nie, maar sou die

ongeluk nie netsowel sonder die lessie kon plaasvind nie?]4. Oënskynlik loop die spoor na Joshua nou met Stephen Ramba se dood ook nou dood

sonder dat William óf sersant Gumede die nodige inligting uit hom kon kry. Laat die leerders raai watter nuwe leidrade die vasberade sersant Gumede dalk sal vind, óf watter planne Dikeledi sal maak.

Aktiwiteite1. Teksrespons (Afdeling E): Skryf en/of lewer ’n begrafnisrede vir Stephen Ramba se

begrafnis namens een van die volgende karakters: Vincent Khumalo, die oumatjie by wie hy loseer het, enige van die drie seuns of enige ander waarskynlike karakter.

Hoofstuk 11 (pp. 75 – 80)

Episode 1 (pp. 75 – 76)1. William weet hy sien mev Skosana en Liena waarskynlik vir die laaste keer. Sy

woorde: “Tot siens, mevrou Skosana, en baie dankie” bedank haar egter vir meer as net die brood en musiek. Bespreek.

[Sy het sy menswaardigheid herstel en die pad na geheue-herstel oopgemaak met die LBM-musiek. ]

2. William sê vir die perd hulle moet ry want Stephen Rambo wag seker vir hulle. Bespreek die ironie van hierdie stelling.

[Die leser weet reeds Ramba is dood, maar William weet dit nie – dus dramatiese ironie wat spanning veroorsaak.]

Episode 2 (pp. 76 – 77)1. “Toevallig” sien Liena die tydskrifadvertensie net nadat William vir oulaas die werf

verlaat het. Sou dit beter gewerk het indien die episodes van hierdie hoofstuk anders gerangskik was?

Episode 3 (pp 77 – 78)1. Dit is Dinsdag. Stephen Ramba het reeds Saterdagaand verongeluk. Beteken dat

niemand hom tot dusver gemis het nie en hoekom dan so? [Hy het voorheen al so weggeraak wanneer hy steenkool vir vleis gaan smous het.]2. Hoekom lieg Vincent vir mev Skosana? Hoe sou dit die verhaallyn beïnvloed as hy

die waarheid vertel het? [Joshua sou teruggaan na sy ma sonder ’n groot dramatiese klimaks.]3. Laat die leerders raai waarom die outeur hierdie uitsteltegniek gebruik.

Steenkoolster.indd Sec1:23Steenkoolster.indd Sec1:23 3/6/06 10:07:37 AM3/6/06 10:07:37 AM

Page 28: Download Teachers Guide as PDF

24

Episode 4 (pp 78-80)1. Sersant Gumede móét tot elke prys die Chev-bakkie gaan besigtig. Hoekom is dit juis

nodig dat hy die steenkoolstof vind en só by die Sandspruit Coal Yard (steenkoolwerf) uitkom? Joshua is tog nou in elk geval deur die Skosanas gevind?

[Waarskynlik ’n doelbewuste kunsgreep om die titel te regverdig. Netso is die Coaldust Kids ’n truuk om enige verwysing na velkleur te vermy, of hoe? Nietemin verleen dit dramatiese afsluiting aan die verhaal (“poetic justice”).]

Aktiwiteite:1. Funksionele skryfwerk (Afdeling B): Skryf sersant Gumede se polisieverslag oor die

ongeluk en die resultaat van sy ondersoek.

Hoofstuk 12 (pp. 81 – 86)

Episode 1 (pp. 81 – 82)1. Vincent Khumalo is nie ’n plat karakter nie, maar wel ’n ronde karakter met goeie

en slegte karaktereienskappe. Daarom ervaar hy nou ’n innerlike botsing of konfl ik. Bespreek.

[Hy is geldgierig en jok dus vir mev. Skosana. Weens sy eie verlies simpatiseer hy egter met Dikeledi s’n en dit lei tot konfl ik in sy gemoed. Uiteindelik oorwin die goeie, sodat die verhaal ’n gelukkige einde kan hê en ’n positiewe boodskap kan uitdra – onthou die teikenlesers se sosiale gewetes moet nog ontwikkel! ]

2. Net toe kom sersant Gumede daar aan met die tyding van Stephen Ramba se dood. – was Vincent se stryd dan verniet?

[Waarskynlik ja, maar hy kon nog steeds vir Joshua probeer wegsteek het soos vir mev. Skosana.]

Episode 2 (pp. 82 – 83)1. Sersant Gumede en Issy Sher bied nou ’n oplossing vir die vraag waarom die

outeur die uitsteltegniek gebruik het: skok! Hier word geïmpliseer dat iemand met geheueverlies geleidelik ingelig moet word, anders kan die skok nadelige gevolge inhou. Of is dit weer net ’n uitsteltegniek om ruimte te laat vir ’n grande fi nale?

[Dit bou ook dramatiese spanning op, aangesien die leser meer weet as die betrokke karakters, wat lei tot ’n aangename gevoel van ingeligtheid en bemagtiging. Boonop weet die leser nou wat die uiteinde gaan wees, maar nie hóé dit aangebied gaan word nie – wat opnuut ’n ander soort spanning skep.]

Episode 3 (pp. 83 – 84)1. Dikeledi slaap weer onrustig, maar pleks van die empatie van voorheen, wil die leser

nou hê sy moet opstaan sodat die verhaallyn sy klimaks kan bereik. Wanneer sersant Gumede die tyding bring dat Joshua gevind is, begin sy uiteindelik huil. Hoe affekteer dit haar bynaam “Dikeledi”?

[Sy huil nou trane van blydskap].2. Sersant Gumede hou Dikeledi styf teen hom vas. Sou dit op ’n romantiese toekoms

Steenkoolster.indd Sec1:24Steenkoolster.indd Sec1:24 3/6/06 10:07:38 AM3/6/06 10:07:38 AM

Page 29: Download Teachers Guide as PDF

25

dui? Is dit dan die rede waarom hy so hardnekkig volgehou het met die saak? Is die toeval nou te erg? Hoe affekteer dit die geloofwaardigheid van die verhaalwêreld?

[Waarskynlik nie. Tieners hou van gelukkige eindes. Onthou ook dat ’n leser hom gewillig verklaar om meegevoer te raak na die waarheid van die kunswerk. Lesers sal dus heelwat meer glo as in die werklike lewe. Veral tieners lees liewer vir ontvlugting en romanse as vir bevestiging van die saai, grys werklikheid van die hedendaagse realiteit.]

Episode 4 (pp. 84 – 86)1. Joshua kry tog ’n skok wanneer hy sy ma sien. Was die uitstel dan geregverdig? Is die

herkenningstoneel oortuigend? Afrikaanse rolprente en stories het al ’n reputasie dat daar altyd ’n hospitaaltoneel moet wees. Is dit nodig dat Joshua in die hospitaal moet beland?

2. Issy verwys op p. 84 na “die kontrolemenger”. Inderdaad is die outeur ook ’n “kontrolemenger” en moet hy al die drade bymekaarbring vir die slottoneel. Slaag hy daarin? Bly daar enige onbeantwoorde vrae?

Aktiwiteite:1. Teksrespons (Afdeling E): Ontwerp ’n omslag vir die Coalduster Kids se eerste plaat

(of kompakskyf / CD). Sorg dat die bewoording keurige Afrikaans bevat.2. Kreatiewe skryfwerk (Afdeling A): Skryf ’n koerantberig oor Joshua se merkwaardige

suksesverhaal. Illustreer dit met foto’s uit tydskrifte.3. Groeprespons (Afdeling E): Verwerk die verhaal tot ’n dramateks of ’n draaiboek vir

’n rolprent / televisiesepie.4. Rolspel/dramatisering (Afdeling C): Hou ’n hofsaak waarin Joshua Dhlamini die

klaer is en Stephen Ramba die beskuldigde. Die res van die leerders is getuies. Benewens die ooglopende karakters, kan verskeie ander (ongenoemde) getuie-rolle geskep word soos byvoorbeeld Dikeledi se bure, toeskouers van die orkesoptredes, ensovoorts.

Resepsie

Dit is belangrik hoe die teikenleser die boek ervaar, verstaan en geniet om te bepaal hoe suksesvol dit is. Hierdie aspekte van die boek se “ontvangs” noem ons die resepsie. Hier volg ’n internet-opsomming en twee media-resensies van Die Steenkoolster wat op verskillende maniere in die leerproses aangewend kan word (onthou, taalversorging, feit/mening, styl en register, ensovoorts kan ook te berde gebring word – etlike tikfoute is dus onveranderd gelaat), alvorens die leerders hul eie resensies skryf (meer spesifi eke aanwysings is vervat in die werkboekie):

Steenkoolster.indd Sec1:25Steenkoolster.indd Sec1:25 3/6/06 10:07:39 AM3/6/06 10:07:39 AM

Page 30: Download Teachers Guide as PDF

26

Internet-opsomming:

Titel/Title: Steenkoolster, Die

Outeur(s)/ Author(s): Johan Volschenk

Pub.datum/Pub.date: 1 February 1997

Prys (insl. BTW)/Price (incl. VAT): R32.95

Formaat/Format: Soft cover (96 page/s)

Stock/Voorraad: No/Nee

Segametsi is ’n weduwee. Die 14-jarige Joshua is haar enigste kind, maar ook hóm verloor sy. Joshua doen geheueverlies op in ’n busongeluk in Natal. Onbewus van wie hy is, bevind hy hom later in Soweto waar hy in Vincent Khumalo se steenkoolwerf werk kry. Maar Joshua onderskei homself gou as bedrewe sokkerspeler en stig ook sy eie orkes. Steeds weet hy nie wie hy is of waar hy vandaan kom nie – dis maar net wanneer hy musiek maak, dat vae herinneringe in hom roer en hy opnuut wonder wie hy werklik is. ’n lekkerlees jeugverhaal oor ’n seun op soek na wie hy werklik is. In sy pogings om sy verlede te ontrafel, ontdek hy dat goeie lewenswaardes die heel belangrikste is.

Resensie: Beeld (25 Julie 1990)

HIERDIE verhaal handel oor ’n veertien-jarige seun se soeke na homself. In ’n busongeluk het hy sy geheue verloor, vreemdelinge bring hom Soweto toe om op ’n steenkoolwerf te werk en hy moet homself stukkie vir stukkie opnuut leer ken. Die leser is self ingelig oor die gebeure en weet van sy ma se begeerte om Joshua terug te vind; tog word genoegsame spanning opgebou om deurgaans te boei. Intrige en gemene spel word oortuigend gebruik, maar nie oppervlakkig nie: Dis as Khumalo, baas van die steenkoolwerf, besluit om eerlik te wees met die polisie dat ma en seun weer by mekaar kan uit-kom, waardeur positiewe lenwenswaardes implisiet oorwin. ’n Verteller bly aan die woord; aan-

vanklik word die moeder Segametsi van ver beskou en werk selfs die taal wat “deftig” gebruik word, distansiërend. Later is Joshua sterker in die fokus, hoewel daar steeds gewissel word wat die oogpunt betref waaruit beleef word. Die leser voel nooit dat hy die hoof-karakter werklik uit sy gedagtes leer ken en met hom kan identifi seer nie. Die grootste deel van die verhaal speel in Soweto af, nadat die busongeluk in Zoeloeland gebeur het. Die wêreld van die swartman, waarin sokker en musiek ’n belangrike rol speel, word belig totdat ’n blanke tiener, wat oor die algemeen so min daarvan weet, dit beter kan begryp. ’n Mens hoop dat ook swart tieners hierdie boek te lese sal kry.

Oor ’n seun se soeke na homselfDeur Elsabe SteenbergDie steenkoolster deur Johan Volschenk. Tafelberg R16,95.

Steenkoolster.indd Sec1:26Steenkoolster.indd Sec1:26 3/6/06 10:07:40 AM3/6/06 10:07:40 AM

Page 31: Download Teachers Guide as PDF

27

Resensie: Suidwester (31 Augustus 1990)

Die SteenkoolsterJohan VolschenkTafelberg UitgewersR16,95 + AVB“Dit is eers toe die reën ’n halfuur later bedaar en ’n seun met ’n fi ets daar verbyry op soek na sy pa se koeie dat iemand op die grusame ongeluk afkom. Nog ’n drie-kwartier later kom die eerste ambulans en polisiemotor eers om te help. Maar toe is Stephan en die twee seuns amper vyftig kilometer verder weg op pad Soweto toe.” Die Steenkoolster is ’n pragtige verhaal van ’n jong seun wat geheueverlies opdoen na ’n busongeluk in Natal. Die seun, Joshua, word opgelaai deur weldoeners, sonder dat hulle weet van die ongeluk waarin sy ma, Segametsi, ook ’n passasier was.

Onbewus van wie of wat hy is, bevind Joshua hom later in Soweto waar hy in Vincent Khumalo se steenkoolwerf werk kry. Maar Joshua onderskei hom gou as ’n bedrewe sokker-spele en stig ook sy eie orkes. Dit is veral wanneer hy musiek maak dat vae herinneringe in hom roer en hy opnuut wonder wie hy werklik is. Onder die naam William probeer hy om sy verlede te ontrafel. Hy vind uit dat goeie lewens-waardes die heel belngrikste is. Die verhaal speel teen ’n ongewonne agtergrond af en die musiek-gegewens is byderwets en boeiend. Met ’n verhaal wat dramaties eindig, beloof Die Steenkoolster leesgenot vir kinders van so jonk as 11 jaar. Ouers van die jong kinders sal ook hierdie sentimentele vertelling geniet

Koeie lok seun na Soweto

Steenkoolster.indd Sec1:27Steenkoolster.indd Sec1:27 3/6/06 10:07:41 AM3/6/06 10:07:41 AM

Page 32: Download Teachers Guide as PDF

28

Die Steenkoolster: Werkboek

Naam: Klas:

1. Die buiteblad/omslag/voorblad1 Noem drie instrumente wat op die buiteblad verskyn. (i) ................................. (ii) ................................. (iii) ................................. 1.2 Ons noem so ’n groep musikante ’n .................................. 1.3 Die kleure van die buiteblad-illustrasie skep ’n gevoel van ................................ 1.4 Steenkoolster is die naam of .................................... van hierdie jeugroman. Ek

dink dit beteken .................................................................................................. 1.5 “Jeugroman” sê vir ons die teikenlesers is.......................................................... 1.6 Watter verwagtinge skep die buiteblad en titel by jou, die leser? Skryf hier neer

wat jy dink gaan gebeur. ..............................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

1.7 Johan Volschenk is die skrywer of ....................................... van hierdie roman.

2. Die titelblad (Kyk ook agterop die titelblad) 2.1 Tafelberg is die .......................................... van hierdie roman. 2.2 Hierdie roman is in ....................... gedruk en in ........................ herdruk. 2.3 In ’n bronnelys of bibliografi e sal ons hierdie roman soos volg noteer:

..............................................................................................................................

3. Die outeur Luistertoets: Beantwoord die volgende vrae terwyl jy luister na ’n voorlesing oor

Johan Volschenk: 3.1 Sy twee jeugromans is 3.1.1 ........................................................................................ 3.1.2 en ................................................................................... 3.2 Volschenk het grootgeword op ............................ en woon in ........................... 3.3 Hy is ’n .......................................... of ............................................ van beroep. 3.4 Ons noem sulke inligting oor ’n outeur se lewe .................................................

Steenkoolster.indd Sec1:28Steenkoolster.indd Sec1:28 3/6/06 10:07:42 AM3/6/06 10:07:42 AM

Page 33: Download Teachers Guide as PDF

29

4. Die verhaalruimteDie verhaal speel hoofsaaklik in twee ruimtes af, naamlik Winterveld en Soweto. Lees die agtergrondtekste daaroor. Som dan die belangrikste inligting in die volgende tabel op:

Winterveld Soweto

In watter provinsie is dit geleë?

Naby watter stad is dit?

Wanneer het dit ontstaan?

Wie is die meeste inwoners?

Watter tale word daar gepraat?

Hoekom het die mense daar gaan woon?

Ander belangrike feite en verskille (geskiedenis, politiek, kultuur, ens.):

5. Musiek as leitmotief Begripslees: Afrika-musiek vorm ’n belangrike deurlopende motief (leitmotief) in

die verhaal. Lees nou die agtergrondteks daaroor en beantwoord dan die volgende vrae daaroor:

5.1 Noem drie kenmerke van Afrika-musiek (par. 1) 5.1.1..................................................................................... 5.1.2...................................................................................... 5.1.3...................................................................................... 5.2 Skryf die volgende instrumente (par 2) langs die versamelname neer:

harp trompet ratel boog xilofoon lier siter fl uit

5.2.1 slaginstrumente:......................................................................................... 5.2.2 snaarinstrumente: ....................................................................................... 5.2.3 blaasinstrumente: ....................................................................................... 5.3 Noem twee dele van ’n bees wat vir ’n fl uit gebruik kan word (par 2): 5.3.1.................................... 5.3.2.................................... 5.4 Wanneer en waar het die Mbaqanga-dansmusiek ontstaan? 5.4.1 Wanneer: .......................... 5.4.2 Waar: ................................. 5.5 Noem twee invloede op Sophiatown se Drum-generasie wat hul musiek

beïnvloed het. 5.5.1.............................................. 5.5.2.............................................. 5.6 Verduidelik wat bedoel word met: “Die Ladysmith Black Mambazo is ’n

manlike a capella-groep” (raadpleeg ’n woordeboek of musiek-ensiklopedie): ..............................................................................................................................

Steenkoolster.indd Sec1:29Steenkoolster.indd Sec1:29 3/6/06 10:07:43 AM3/6/06 10:07:43 AM

Page 34: Download Teachers Guide as PDF

30

5.7 Watter moontlike ooreenkoms is daar tussen die betekenis van mambazo en die “gesinchroniseerde liggaamsbewegings” van die LBM? ....................................

.............................................................................................................................. 5.8 Watter gebeurtenis het ’n belangrike verandering (wending) in die woorde van

Ladysmith Black Mambazo se liedjies teweeggebring?...................................... 5.9 Noem drie beroemde sterre saam met wie Ladysmith Black Mambazo opgetree

het: 5.9.1................................................................ 5.9.2................................................................. 5.9.3................................................................. 5.10 Hoeveel San-fl uitspelers is nodig om Happy Birthday te speel? ........................

6. Die verhaalstruktuurDie roman is verdeel in 12 hoofstukke. Som elke hoofstuk kortliks en puntsgewys op. Moenie meer spasie as die gegewe blok gebruik nie.

1 2

3 4

Steenkoolster.indd Sec1:30Steenkoolster.indd Sec1:30 3/6/06 10:07:44 AM3/6/06 10:07:44 AM

Page 35: Download Teachers Guide as PDF

31

5 6

7 8

9 10

11 12

Steenkoolster.indd Sec1:31Steenkoolster.indd Sec1:31 3/6/06 10:07:44 AM3/6/06 10:07:44 AM

Page 36: Download Teachers Guide as PDF

32

7. Die karakters 7.1 Maak kort notas met bladsyverwysings oor die volgende aspekte en karakters:

Winterveld en sy mense

Ruimte

Maak ’n lys van alle inligting aangaande

die Winterveld-omgewing. Onthou

die bladsyverwysings

Joshua Dhlamini

(alias William)

Maak ’n lys van inligting oor Joshua – nie net wat jy lees nie, maar ook wat jy

afl ei.

Thandikwe Dhlamini

(Alias Dikeledi)

Maak ’n lys van inligting oor Dikeledi – nie net wat jy lees nie, maar ook wat jy

afl ei.

Ander karakters

(Randfi gure)Maak ’n lys van ander Winterveld-karakters

en hulle rol in die verhaal.

Steenkoolster.indd Sec1:32Steenkoolster.indd Sec1:32 3/6/06 10:07:44 AM3/6/06 10:07:44 AM

Page 37: Download Teachers Guide as PDF

33

Soweto en sy mense

Ruimte Stephan Ramba Thami Mev. Skosana

Randfi gure Vincent Khumalo Mashiya Liena

Natal en sy mense

Ruimte Sersant Gumede Luitenant Pieterse Randfi gure

Steenkoolster.indd Sec1:33Steenkoolster.indd Sec1:33 3/6/06 10:07:45 AM3/6/06 10:07:45 AM

Page 38: Download Teachers Guide as PDF

34

7.2 Die belangrikste karakter, soos Joshua/William, is die ................. karakter of -fi guur.

Ander minderbelangrike karakters, soos Dikeledi, Stephen, en Mashiya is ................................ karakters.

Karakters soos die ou man, wat ’n eenvoudige funksie vervul, is ...................... 7.3 Die “goeie” of positiewe karakters soos Joshua en Sersant Gumede is p............ “Slegte” of negatiewe karakters soos oom Stephen Rambo is a .........................

8. Die verteller 8.1 Elke verhaal moet vertel word. Ons kry twee hoofsoorte vertellers, naamlik: A ’n Binneverteller, ook genoem ’n ek-verteller of ’n eerstepersoonsverteller. B ’n Buiteverteller, ook genoem ’n alomteenwoordige of derdepersoons-

verteller. Hierdie verhaal word vertel deur ’n ............................ verteller. 8.2 Die verteller fokaliseer egter die vertelling sodat dit voel asof ons deur ’n karakter

se oë na die gebeure kyk. Dan noem ons so ’n karakter ’n f..............................

9. Die resepsie Bestudeer en bespreek beskikbare resensies van Die Steenkoolster krities. Skryf nou as tienerresensent vir jou skoolkoerant ’n kritiese resensie van ongeveer

150 woorde oor die roman. Hou die volgende leidrade in gedagte: 1. Jy is nie ’n adverteerder nie, maar ’n resensent. Jou taak is nie om die boek te

verkoop nie, maar om dit te beoordeel ter wille van voornemende lesers wat nie hul tyd of geld op ’n swak boek wil mors nie.

2. Moet dus nie net die storie oorvertel nie en moet veral nie die ontknoping verklap nie.

3. ’n Knap resensent wys dat hy weet wat die kriteria vir ’n goeie jeugroman is, dat hy die boek deeglik gelees het, en dat hy ’n goeie objektiewe oordeel kan vel.

4. ’n Goeie roman het nie net ’n goeie storie nie, maar ook goeie verteltegniek en opwindende taalaanwending. Gee voorbeelde om die leser se aptyt te wek.

5. Jou eie taalgebruik moet behendig en kleurryk wees, anders sal niemand lees wat jy sê nie, al is jou menings ook hóé slim.

6. Die resensie moet ’n goedbeplande geheel vorm met ’n treffende, aanloklike openingsreël en afgeronde slot.

Steenkoolster.indd Sec1:34Steenkoolster.indd Sec1:34 3/6/06 10:07:45 AM3/6/06 10:07:45 AM

Page 39: Download Teachers Guide as PDF

35

Die Steenkoolster: Werkboek-memorandum

1. Die buiteblad / omslag / voorblad 1.1 Noem drie instrumente wat op die buiteblad verskyn. (i) kitaar (ii) dwarsfl uit/fl uit (iii) tromstel/tromme 1.2 Ons noem so ’n groep musikante ’n orkes. 1.3 Die kleure van die buiteblad-illustrasie skep ’n gevoel van opwinding/

feestelikheid, ens. [vrye keuse] 1.4 Steenkoolster is die naam of titel van hierdie jeugroman. Ek dink dit beteken

[vrye keuse] “Swart Ster”, Mynwerker-presteerder, ens. 1.5 “Jeugroman” sê vir ons die teikenlesers is tieners [nie kinders nie!]/jongmense/

pubers, ens. 1.6 Watter verwagtinge skep die buiteblad en titel by jou, die leser? Skryf hier neer

wat jy dink gaan gebeur. [vrye keuse] – Jongmense gaan ’n orkes stig en sukses behaal, ens.

1.7 Johan Volschenk is die skrywer of outeur van hierdie roman.2. Die titelblad (Kyk ook agterop die titelblad) 2.1 Tafelberg is die uitgewer van hierdie roman. 2.2 Hierdie roman is in 1990 gedruk en in 1992, 1994 en 2001 herdruk. 2.3 In ’n bronnelys of bibliografi e sal ons hierdie roman soos volg noteer: Volschenk, J. 1990. Die Steenkoolster. Kaapstad: Tafelberg.3. Die outeur 3.1 Sy twee jeugromans is 3.1.1 Die Steenkoolster 3.1.2 en Rekordtyd. 3.2.1 Volschenk het grootgeword op Witbank en woon in Pretoria. 3.2.2 Hy is ’n joernalis of verslaggewer/koerantman van beroep. 3.2.3 Ons noem sulke inligting oor ’n outeur se lewe biografi ese

besonderhede/gegewens.

Steenkoolster.indd Sec1:35Steenkoolster.indd Sec1:35 3/6/06 10:07:46 AM3/6/06 10:07:46 AM

Page 40: Download Teachers Guide as PDF

36

4. Die verhaalruimte Die verhaal speel hoofsaaklik in twee ruimtes af, naamlik Winterveld en Soweto.

Lees die agtergrondtekste daaroor. Som dan die belangrikste inligting in die volgende tabel op:

Winterveld Soweto

In watter provinsie is dit geleë? Gauteng Gauteng

Naby watter stad is dit? Pretoria Johannesburg

Wanneer het dit ontstaan? “Amper ’n halfeeu

gelede” (1950’s)

Met die ontdekking

van goud (1886)

Wie is die meeste inwoners? Batswana Zoeloes, Suid-Sotho

en Batswana

Watter tale word daar gepraat? Setswana, Sotho,

Nguni-tale

Setswana, Sotho,

Nguni-tale

Hoekom het die mense daar gaan woon? Suidelike migrasie Verstedeliking ná

ontdekking van goud

– (mynwerkers).

Ander belangrike feite en verskille (geskiedenis, politiek, kultuur, ens.):

5. Musiek as leitmotief 5.1 Noem drie kenmerke van Afrika-musiek (par. 1) 5.1.1 herhaling 5.1.2 polifonie 5.1.3 “geselstegniek” 5.2 Skryf die volgende instrumente (par 2) langs die versamelname neer:

harp trompet ratel boog xilofoon lier siter fl uit

5.2.1 slaginstrumente: ratel, xilofoon 5.2.2 snaarinstrumente: harp, boog, lier, siter 5.2.3 blaasinstrumente: trompet, fl uit 5.3 Noem twee dele van ’n bees wat vir ’n fl uit gebruik kan word (par 2): 5.3.1 horing 5.3.2 bene 5.4 Wanneer en waar het die Mbaqanga-dansmusiek ontstaan? 5.4.1 Wanneer: middel-1950’s 5.4.2 Waar: swart woongebiede (lokasies) 5.5 Noem twee invloede op Sophiatown se Drum-generasie wat hul musiek

beïnvloed het. 5.5.1 Amerikaanse rolprente 5.5.2 Flambojante styl van plaaslike bendelede 5.6 Verduidelik wat bedoel word met: “Die Ladysmith Black Mambazo is ’n

manlike a capella-groep” (raadpleeg ’n woordeboek of musiek-ensiklopedie): sing sonder begeleiding (in kerkstyl)

Steenkoolster.indd Sec1:36Steenkoolster.indd Sec1:36 3/6/06 10:07:47 AM3/6/06 10:07:47 AM

Page 41: Download Teachers Guide as PDF

37

5.7 Watter moontlike ooreenkoms is daar tussen die betekenis van mambazo en die “gesinchroniseerde liggaamsbewegings” van die LBM? Stamp voete en knak lyf soos kap van byl.

5.8 Watter gebeurtenis het ’n belangrike verandering (wending) in die woorde van Ladysmith Black Mambazo se liedjies teweeggebring? Joseph Shabalala se bekering.

5.9 Noem drie beroemde sterre saam met wie Ladysmith Black Mambazo opgetree het:

5.9.1 Paul Simon 5.9.2 Dolly Parton 5.9.3 Stevie Wonder 5.10 Hoeveel San-fl uitspelers is nodig om Happy Birthday te speel? Een noot elk

= agt.6. Die verhaalstruktuur Die roman is verdeel in 12 hoofstukke. Som elke hoofstuk kortliks en puntsgewys op.

Moenie meer spasie as die gegewe blok gebruik nie. (Sien werkboekie.)7. Die karakters 7.1 Maak kort notas met bladsyverwysings oor die volgende aspekte en

karakters:(Kyk werkboekie.) 7.2 Die belangrikste karakter, soos Joshua/William, is die hoofkarakter of -

fi guur. Ander minder belangrike karakters, soos Dikeledi, Stephen, en Mashiya is

newekarakters. Karakters soos die ou man, wat ’n eenvoudige funksie vervul, is randkarakters/

randfi gure. 7.3 Die “goeie” of positiewe karakters soos Joshua en Sersant Gumede is

protagoniste. “Slegte” of negatiewe karakters soos oom Stephen Rambo is antagoniste.8. Die verteller 8.1 Elke verhaal moet vertel word. Ons kry twee hoofsoorte vertellers, naamlik: A ’n Binneverteller, ook genoem ’n ek-verteller of ’n eerstepersoonsverteller. B ’n Buiteverteller, ook genoem ’n alomteenwoordige of derdepersoons-

verteller. Hierdie verhaal word vertel deur ’n buiteverteller. 8.2 Die verteller fokaliseer egter die vertelling sodat dit voel asof ons deur ’n karakter

se oë na die gebeure kyk. Dan noem ons so ’n karakter ’n fokalisator.9. Die resepsie Bestudeer en bespreek beskikbare resensies oor Die Steenkoolster krities. Skryf nou as tienerresensent vir jou skoolkoerant ’n kritiese resensie van ongeveer

150 woorde oor die roman. (Sien werkboekie.)

Steenkoolster.indd Sec1:37Steenkoolster.indd Sec1:37 3/6/06 10:07:48 AM3/6/06 10:07:48 AM