ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

84
ADMINISTRATIEWE INDELING - 2016 ( Hersiene indeling ) 1. LEIERSPAN P. Borcherds - Prinsipaal G. Booysen - Adjunk-prinsipaal D. de Bruyn - Departementshoof Y. de Villiers - Departementshoof C. Schoeman - Departementshoof A. Viljoen - Departementshoof K. du Toit - Departementshoof M. Meyer - Departementshoof 2. GRAADHOOFDE Graad R - M. Grobbelaar Graad 1 - S. Krynauw Graad 2 - K. du Toit Graad 3 - M. Meyer Graad 4 - J. van Niekerk Graad 5 - D. de Bruyn Graad 6 - L. du Toit Graad 7 - A. Viljoen LSO - S. van Zyl 3. VAKHOOFDE - GRADE 4 - 7 Huistaal J. van Niekerk L. van Niekerk English FAL A. de Klerk A. Viljoen Wiskunde D. de Bruyn L. van der Merwe NW & Tegnologie G. Booysen H. Sauer Rekenaars R. van der Westhuizen - SW C. Schoeman D. Kriel EBW G. Booysen L. du Toit Lewensvaardighede A. de Klerk H. Sauer (PSW) D. Sauer (Liggaams- opvoeding) M. Williams (Kreatiewe Kuns) 4. VAKHOOFDE GRONDSLAGFASE Huistaal M. Meyer M. le Roux English FAL K. du Toit H. Schoeman Wiskunde Y. de Villiers R. Prinsloo Lewensvaardighede J. Steyn S. Krynauw VAKHOOF HULP-VAKHOOF VAK VAK VAKHOOF HULP-VAKHOOF PDF processed with CutePDF evaluation edition www.CutePDF.com

Transcript of ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Page 1: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

ADMINISTRATIEWE INDELING - 2016 ( Hersiene indeling )

1. LEIERSPAN

P. Borcherds - Prinsipaal

G. Booysen - Adjunk-prinsipaal

D. de Bruyn - Departementshoof

Y. de Villiers - Departementshoof

C. Schoeman - Departementshoof

A. Viljoen - Departementshoof

K. du Toit - Departementshoof

M. Meyer - Departementshoof

2. GRAADHOOFDE

Graad R - M. Grobbelaar

Graad 1 - S. Krynauw

Graad 2 - K. du Toit

Graad 3 - M. Meyer

Graad 4 - J. van Niekerk

Graad 5 - D. de Bruyn

Graad 6 - L. du Toit

Graad 7 - A. Viljoen

LSO - S. van Zyl

3. VAKHOOFDE - GRADE 4 - 7

Huistaal J. van Niekerk L. van Niekerk

English FAL A. de Klerk A. Viljoen

Wiskunde D. de Bruyn L. van der Merwe

NW & Tegnologie G. Booysen H. Sauer

Rekenaars R. van der Westhuizen -

SW C. Schoeman D. Kriel

EBW G. Booysen L. du Toit

Lewensvaardighede A. de Klerk H. Sauer (PSW)

D. Sauer (Liggaams-

opvoeding)

M. Williams (Kreatiewe Kuns)

4. VAKHOOFDE GRONDSLAGFASE

Huistaal M. Meyer M. le Roux

English FAL K. du Toit H. Schoeman

Wiskunde Y. de Villiers R. Prinsloo

Lewensvaardighede J. Steyn S. Krynauw

VAKHOOF HULP-VAKHOOFVAK

VAK VAKHOOF HULP-VAKHOOF

PDF processed with CutePDF evaluation edition www.CutePDF.com

Page 2: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

5. INDELING VAN INTERNSKAPPE

Rozani le Roux S. Krynauw (gr. 1)

Marili Borcherds Y. de Villiers (gr. 2)

Graze von Molendorff K. du Toit (gr. 2)

Danel Woolward M. Meyer (gr. 3)

Michaela du Toit M. Lourens (gr. 3)

Louis Carstens J. van Niekerk (gr. 4)

Bernilee Kriel D. de Bruyn (gr. 5)

Marze Jacobs C. Schoeman (gr. 6)

Ruan Terblanché A. Viljoen (gr. 7)

6. KOLLEGAS BETROKKE BY GRAAD 1 EN 2 SPORTVAARDIGHEDE

J. van Niekerk L. Carstens

M. Jacobs D. Sauer (leiding by seuns)

R. Naude (leiding by dogters) R. van der Westhuizen

R. le Roux R. Terblanche

M. Borcherds R. Arendse

G. von Molendorff

H. Sauer

STUDENT KOLLEGA

MANSDAMES

Page 3: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL

Beleid - Internskap

Aanvangstye en duur van skooldag ~ Die skool begin om 07:30. ~ Studente moet saam met die onderwysers voor 07:15 in personeelkamer aanmeld waar daar om 07:15 met godsdiens geopen word en ook afkondigings gedoen sal word. Die register moet geteken word. ~ Dit is belangrik dat studente net soos die personeel hier baie stiptelik sal wees. Die personeelkamer se deure sal toegemaak word tydens die opening met godsdiens en oopgemaak word wanneer met die afkondigings begin word. As daar werklik iets ernstigs gebeur het wat verhoed dat ’n student betyds is, moet die personeelkamer binnegekom word nadat die deure oopgemaak is. ~ Studente moet dieselfde tyd as onderwysers by die skool wees. Beplanning in die graadgroep en ook intervensie moet bygewoon word, want dit is ook ‘n belangrike deel wat eendag hanteer moet word. ~ Alle internskappe sal betrokke wees by die aanbied van sportvaardighede aan graad 1 en 2 leerders aan die einde van die skooldag (na 2de pouse). ~ Studente moet poog om alle ontwikkelingsessies by te woon. Kleredrag ~ Ons het ’n beleid dat elke persoon besluit dat hy/sy fatsoenlik geklee is. ~ Ons is egter baie gesteld daarop dat geen uitlokkende klere gedra word nie. ~ ’n Jean mag slegs gedra word as daar netjiese skoene en bykomstighede bygevoeg word. (Nie tekkies) - (slegs dames). ~ Personeel dra op die dae wat hulle net na skool sport afrig of Liggaamlike Opvoeding aanbied die skool se sweetpak. As studente ’n sweetpak van hul opleidingsinstansie of provinsiale sweetpak vir ‘n sportsoort het, kan dit ook op sulke dae gedra word. Geen sweetpakke mag tydens saal op ‘n Donderdag gedra word nie. ~ Ons maak staat daarop dat die studente te alle tye smaakvol geklee sal wees en ’n voor- beeld vir die leerders sal stel. ~ Sien bloulêer vir fynere besonderhede. Dissipline ~ Om dissipline gebalanseerd toe te pas, is iets wat met ondervinding kom. Leerders is slim en veral by die hoër klasse vat hulle kanse met studente. Wees hierop bedag en wees streng vanaf die eerste dag. ~ ’n Mens wil graag die leerders se guns wen, maar jy kan vir jouself baie probleme op die hals haal as hulle jou in die sak kry. ~ Wees dus ferm en moenie toelaat dat hulle familiêr raak en teenoor u as student anders optree as wat hulle teenoor hul onderwyser sou optree nie. ~ Moet nooit ’n leerder toelaat om jou op jou naam te noem of as“jy” of “jou”aan te spreek nie. ~ Onthou dat ’n mens nie aanvanklik sekere praktyke by leerders kan toelaat en dit dan later verander nie. ~ Straf- en beloningstelsel mag gebruik word met onderwyser se toestemming. ~ Sterkte in hierdie verband!!

Page 4: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Buitemuurs ~ Daar word verwag dat elke student sal inskakel by ten minste een buitemuurse aktiwiteit per seisoen. ~ Sien buitemuurse program. ~ Onthou dat daar altyd tydens ‘n oefening ’n onderwyser teenwoordig moet wees al is dit op die veld langsaan. ~ As ‘n leerder seerkry of as daar enige ander probleem opduik, moet die onderwyser wat teenwoordig is dadelik geroep word. ~ Neem gerus inisiatief en probeer werklik van nut wees by oefeninge. Die opvoeders kan dikwels by die studente leer! ~ Indien jy sport afrig moet jy in toepaslike sportdrag geklee wees. In klasse

~ Studente sal gevra word om departementele werkboeke te merk – geen formele assessering of ander skriftelike werk mag nagesien word nie! ~ Moenie skroom om vrae te vra vir die klasonderwyser nie. ~ Jou onderwyser mag jou vra om eenvoudige lesse aan te bied en/of individuele leerders te help. Lesinhoud wat onderrig moet word sal vroegtydig deur jou onderwyser aan jou gegee word, sodat deeglike voorbereiding tuis gedoen kan word. ~ Riglyne vir aantal lesse wat volledig uitgeskryf moet word (sien u kontak vir totale aantal lesse per week.) Eerste jaar : Twee lesse per kwartaal Opdrag: Ten minste een les moet interaktiewe

witbordles wees. Tweede jaar : Vier lesse per kwartaal Opdrag: Ten minste twee lesse moet

interaktiewe witbordlesse wees. Derde jaar : Ag lesse per kwartaal Opdrag: Ten minste vier lesse moet

interaktiewe witbordlesse wees. Vierde jaar : Tien lesse per kwartaal Opdrag: Ten minste ses lesse moet

interaktiewe witbordlesse wees. U sal vroegtydig ingelig word wanneer u bepunt sal word deur meneer Borcherds en me. Y. de Villiers. Vertroulikheid ~ Studente kry dikwels opdragte waar vertroulike inligting omtrent leerders ingesamel moet word. Al word fiktiewe name vir die leerders gebruik, vra ons ernstig dat geen van hierdie inligting aan iemand anders deurgegee word nie. ~ Ons ondervind dat studente meestal baie geïnteresseerd is in die probleme wat met individuele leerders ondervind word en dit is dan ook baie sinvol dat klasonderwysers dit met die studente sal bespreek en veral ook hoe om sodanige leerders te hanteer. Ons vra ook net dat hierdie inligting as baie vertroulik beskou sal word.

Page 5: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Gebruik van administratiewe fasiliteite ~ Afdrukke moet vroegtydig by afrolkamer ingegee word, sodat afdrukke vir lesse gemaak kan word. ~ Indien ‘n student die Internet moet gebruik moet ‘n “username” gekry word – nie vir persoonlike gebruik. ~ Indien ‘n student werk het wat op die rekenaar gedoen moet word, kan reëlings met rekenaar- koördineerder getref word. ~ Studente hoef nie te betaal vir afdrukke wat vir ons leerders gemaak word nie. Alle ander kopieë, kan teen die tarief, soos vir onderwysers se privaatkopieë, gedoen word. ~ In die personeelkamer is ‘n onderwysbiblioteek waarvan studente gebruik mag maak. Name moet op die kaartjies geskryf word en in die houer geplaas word. Daar moet asb. toegesien word dat al hierdie boeke terug is voordat die skool verlaat word. ~ Indien boeke, apparaat of ensiklopedieë in die biblioteek benodig word, kan ‘n reëling met me. de Klerk getref word. Algemeen ~ Studente moet poog om te alle tye in die klas te wees. As daar per geleentheid reëlings met ’n ander opvoeder getref moet word of enigiets anders dringend gedoen moet word, moet die klasonderwyser daarvan weet. Die klasonderwyser moet dus te alle tye weet waar die student is. ~ Die klasonderwyser sal ook poog om te alle tye in die klas te wees om sodoende na behore te kan verslag doen van die student. ~ Probeer om middae net na skool beskikbaar te wees indien die klasonderwyser iets wil bespreek. ~ Pouses verkeer die studente saam met die res van die opvoeders in die personeel- kamer en studente en opvoeders moet poog om ook hier te meng. Terreindiens word saam met klasonderwyser gedoen. ~ Geen student mag tydens ‘n skooldag op die skoolterrein rook nie – rookkamer moet gebruik word. Ons ontmoedig studente egter om dié slegte gewoonte aan te leer! ~ Voel asb. vry om te enige tyd enige probleme met die klasonderwyser te bespreek en ons sal dit na die beste van ons vermoë probeer oplos. ~ Gebruik van ‘n selfoon word beperk tot pouses en naskool, nie tydens onderrigtyd nie. ~ Verlof word toegestaan vir die skryf van toetse en eksamen. Tref betyds reëlings met klasonderwyser en prinsipaal. ~ Afwesighede moet telefonies aangemeld word. Indien langer as twee dae afwesig moet dokterssertifikaat voorsien word. ~ Verlof: Tref vroegtydig reëlings met prinsipaal. Vul die nodige verlofvorms ten minste vyf dae voor die tyd in. Aantal verlofdae sal in samewerking met prinsipaal beding word.

Ons wens vir al die studente ’n leersame en aangename tydjie by ons skool toe. ………………………………...... (Student) ……………………………………… ……………………………………

Page 6: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

(Klasonderwyser) (Prinsipaal)

Page 7: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

AGTERGROND

Die inhoud van hierdie personeelinligting is daarop gemik om ordelike samewerking in die skool te bewerkstellig. Vir die beginner-onderwyser is dit ‘n belangrike hulpmiddel om maklik in te skakel by die onderwys as beroep in die algemeen en as lid van die personeel van hierdie skool in die besonder. Ervare onderwysers wat van elders by die personeel aansluit, sal dit nuttig vind om op die hoogte te kom rakende die bepaalde orde wat hier voorgestaan word.

Page 8: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

A 1. Aankondigings oor interkom 2. Aanlegtoetse - graad 7’s 3. Administratiewe periode 4. Afrol- en fotostaatwerk-reëlings 5. Afskeidsgeselligheid 6. Afsluitingskonsert 7. Afwesigheid van kollegas 8. Afwesigheid van leerders 9. Apparatuur 10. Afdakke vir motors 11. Aankondigings in personeelkamer voor skoolopening en reëling by rye.

B 1. Behoeftelys 2. Beplanningsvergaderings 3. Beseringsregister 4. Bestellings en aankope 5. Blomreëlings vir kantoor 6. Boekkontrole 7. Boekstoor 8. Buitelugopvoeding - graad 5,6 en 7 9. Buitemuurse program

10. Busbesprekings 11. Bybellyste 12. Bybelvasvra 13. Bystandsfonds 14. Besoekers-reëling 15. Beskikkingsraad 16. Bestrydende uitgawes 17. Balkies vir presteerders 18. Bewegingsontwikkeling

19. Bywoning van sport (en ander) geleenthede deur WNPS personeel D 1. Diensorganisasies - skakeling 2. Didaktiese hulpverlening na skool 3. Dissiplinêre Komitee - riglyne

4. DVD’s tydens onderrigtyd E 1. Edlab- kaarte 2. Eisteddfod 3. Entrepreneursdae - graad 5-7 4. Entrepreneurskap - graad 4 5. Eksamen (grade 4, 5, 6 en 7) - Punte, tydsduur, riglyne t.o.v. vraestelle 6. Eksamenreëlings

7. Eksamenkultuur tydens toetse/eksamens 8. F

1.

Erkenning aan akademiese presteerders tydens eksamens Fietshokke

2. Fondsinsamelings 3. Foto’s – individuele- en groepfoto’s

Page 9: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

G

1. Gange se netheid - aansteekborde 2. Geskenke en ruikers 3. Geskiedenis van WNPS

H 1. Huiswerkboekies 2. Huiswerktye - (riglyne) per dag 3. Hersiening vir ANA, ander toetse en eksamens I

1. I.K. - toetse - graad 6 2. Instandhouding - faktotum 3. Instaprooster 4. Inventarisse

K 1. Kerspakkies aan werkers 2. Klankapparaat se opstel en gebruik 3. Klasbesoeke 4. Klasbydraes vir “Communicator” en webtuiste 5. Klasindelings vir die volgende jaar 6. Klasuitstappies 7. Klerebank 8. Klerekomitee 9. Kompetisies

10. Konsertklere 11. Kontak met ouers 12. Koorfeeste 13. Kopieërwerk 14. Kultuuraande 15. Kunsuitstalling in voorportaal 16. Kwartaal- en jaarprogram 17. Kenmekaaraande vir personeel en ouers 18. Kopluise

L 1. Laboratoriumreëlings 2. Leerderprofiele en portefeuljes 3. Lentedaguitreiking 4. Lief- en leed vir “Communicator” 5. L.O.- Apparaatkamer 6. Leerondersteuning

Page 10: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

M

1. Mediasentrum 2. Mediaskakeling 3. Meisies se netheid - L.O.-drag en hare 4. Merieteborde in saal 5. Musiekonderrig 6. Musiekaand 7. Merkwerk 8. Meer tyd leerders

N 1. Nasorgsentrum 2. Nie-onderrigperiodes

O 1. Onderrigtyd per week 2. OBOS verwysings (Kenny Stevens) 3. Onthaalarea by sportterrein 4. Ontruimingsplan 5. OOV – bestuur 6. Oueraande 7. Opvoedersportefeulje 8. Ouerbesoeke n.a.v. rapporte

P 1. Personeelfonds en aankope 2. Personeelfunksies 3. Personeelkamer - opening (soggens) 4. Personeelkamer se netheid 5. Personeelontwikkeling 6. Polisie – skakelfunksie 7. Proefonderwys

R 1. Raam van presteerders se foto’s 2. Redenaarskompetisies 3. Rekenaarlokaal 4. Remediërende onderrig 5. Rooklokaal 6. Rekenaargeletterdheid

Page 11: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

S

1. Saalbyeenkomste 2. Sangsaal 3. Selfoon 4. Sertifikate se skryfwerk 5. Seuns se netheid - (L.O.-drag en hare) 6. Skakeling met hoërskole 7. Skooldrag, sportdrag en algemene netheid van leerders 8. Skoolgelde - reëling 9. Skoolsielkundige van distrikskantoor

10. Skoonmaakdiensrooster 11. Skryf- en handboeke 12. Sportuitstalling in voorportaal 13. Swem 14. Skoollied 15. Stofsuier se gebruik 16. Sleutels - Sportterrein 17. Straf- en beloningstelsel 18. Stoorkamers 19. Skoonmaak van klasse 20. Skoolsaal: Instap en verdaging uit skoolsaal

T 1. Taakgroepe 2. Telefoonoproepe en fakse 3. Terreindiens

V 1. Vaklêers 2. Vakvergaderings 3. Verfwerk 4. Verjaarsdae – graad 1 – 7 en LSO leerders 5. Verjaarsdae - personeel 6. Verkeersveiligheid 7. Vorderingsverslae 8. Versorgingsbeleid 9. Veiligheidsbeleid (sluit ontruimingsplan in)

10. Verkiesing van leerderleiers

W 1. Weekbrief 2. Wiskunde Olimpiade (AMESA)

Page 12: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

A.1. AANKONDIGINGS Aankondigings oor die interkom word tydens die administratiewe periode, voor pouses en aan die einde van die dag gedoen. Die sekretaresse lees die aankondigings wat vooraf op ‘n voorgeskrewe vormpie geskryf moet word. Dis kollegas se plig om te sorg dat hul klasse doodstil is sodat alle aankondigings gehoor kan word. Geen leerder verlaat klas voordat alle afkondigings gedoen is nie. Administratiewe periode is verleng tot 15 minute - die eerste 5 minute mag geen leerder hul klas verlaat, daarna volg die afkondigings en mag leerders slegs na kollegas gaan wat 'n afkondigingsbriefie voltooi het. A.2. AANLEGTOETSE EN BREINPROFIELE - GR. 7’S Verantwoordelike kollega reël met sielkundige die datum, lokaal en hanteer die kommunikasie met die ouers. Daarna is dit 'n ooreenkoms tussen ouer en sielkundige. * Breinprofiele kan teen ‘n vasgestelde bedrag gedoen word. Opvoeder wat Lewensvaardighede onderrig, hanteer alle reëlings. A.3 ADMINISTRATIEWE PERIODE Hierdie periode word gebruik vir alle reëlings met sportspanne of ander groepe leerders Alle gelde moet tydens die periode na die kantoor gestuur word. Afkondigings vind ook gedurende hierdie periode plaas. Leerlinge mag nie op ander tye uit hul klasse geroep word vir sport / ander reëlings nie. Sekretaresses is slegs in dié tyd beskikbaar vir geldhouers uit kluis. * Sien reëlings by A1 A.4 AFSKEIDSGESELLIGHEID Sedert 2014 word ‘n aandfunksie gereël waar gr. 7 ouers en betrokke onderwysers saam gr. 7 leerders teenwoordig is. Gedurende dié aand word top 10 leerders in gr. 7 ook bekend gemaak. A.5. AFSLUITINGSKONSERT Die afsluitingskonsert word elke tweede jaar gehou. Dit word gehou die jaar waarin daar nie Eisteddfod is nie. Die hele skool is hierby betrokke. Personeel word aangewys om in beheer van die konsert te wees en hulle besluit op ‘n tema/onderwerp. Dit word dan deurgegee aan die res van die personeel met die nodige sperdatums en datums van optredes. Volgens behoefte word oefentye gereël gedurende skooltyd en namiddae. A.6. AFWESIGHEID VAN KOLLEGAS

Reëlings t.o.v. Personeel afwesighede tydens skooldae

Rede vir verandering van beleid: Baie van u betaal ouers wat gratis toesigdiens aangebied het. Ek verstaan hoekom u dit doen, maar dit skep verwarring en verwagtinge by die ouers omrede sekere persone hulle betaal en andere nie. U word gevolglik dubbel “benadeel” deurdat u sekere verlofkrediete verminder en u betaal ook nog ‘n bedrag ! Derdens het dit regsimplikasies as u ‘n persoon betaal, want dan is dié persoon eintlik in u diens. Daar is ‘n vorm by sekretaresse beskikbaar wat vooraf ingevul moet word deur persoon wat afloskollega reël.

Page 13: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Graad R reëling : Een of 2 dae afwesig - klas word verdeel tussen kollegas. Meer as 2 dae afwesig - afloskollega moet gereël word. Graad 1 - 3 reëlings : Een dag afwesig - klas word verdeel tussen kollegas. Meer as 1 dag afwesig - afloskollega moet gereël word. LSO1 en 2 : Leerders word verdeel tussen kollegas op wie se klaslyste

hul ingedeel is. Res van die personeel : Afloskollegas moet gereël word, selfs al is kollega net vir 1 dag

afwesig. Indien u afwesig gaan wees bel u die kollegas verant- woordelik vir die reël van plaasvervangers so vroegtydig as moontlik. Dan laat u ook u graadhoof/mede graadgroep kollegas weet. U tref dus self geen reëlings met afloskollegas nie.

A.7 AFWESIGHEID VAN LEERDERS

Leerders wat die skool vroeër tydens die skooldag moet verlaat se ouers moet skriftelik die kantoor daarvan in kennis stel sodat die versoeke aangeteken en liaseer kan word. Geen leerder mag die terrein sonder die kantoor se toestemming verlaat nie. Kwartaalprogram moet aandui op watter datum word afwesighede “afgesluit”. Res van die kwartaal se “afwesighede” sluit direk by die dag s’n aan sodat registers, rapporte en skedules kan ooreenstem. A.8 APPARATUUR

Tydens die opstel van die jaarlikse begroting word daar vir die graad 1 - 3, LSO en graad 4 - 7 groepe apart begroot. Sekere kollegas is verantwoordelik vir hierdie funksies en die aankoop van penne, plakkate ens. moet met die kollegas gereël word. Te alle tye moet daar binne die begroting gehou word. Alle aankope moet sover as moontlik by plaaslike ondernemings gedoen word. ‘n Lys van instansies wat ons skool ondersteun, is by die kantoor beskikbaar. A.9 AFDAKKE VIR MOTORS

Tans is die 10 beskikbare afdakke almal bespreek vir personeel. Indien u aanspraak wil maak op ‘n staanplek moet u ‘n aansoekbrief aan die skoolhoof stuur wat dit dan op ‘n waglys sal plaas. Chronologiese volgorde sal as riglyn gebruik word. Die bedrag (soos deur die beheerliggaam vasgestel) betaalbaar moet maandeliks by die sekretaresse betaal word. A.10 AFROL- EN FOTOSTAATWERK-REëLINGS

Geen afdrukke deur onderwysers word tydens die skooldag gemaak nie. Behoeftes word aan die sekretaresse gestuur met ‘n aanduiding van hoeveel afdrukke verlang word – dié afdrukke sal dan binne 24 uur beskikbaar wees.

Dringende uitsonderings moet na prinsipaal gestuur word wat dan goedkeuring tot onmiddellike afrol kan verleen. Indien prinsipaal nie beskikbaar is nie, moet die adjunk -prinsipaal goedkeuring verleen. Dié goedkeuring sal d.m.v. ‘n handtekening op die aanvraagvorm plaasvind. Hierdie reëling geld vir alle kollegas. A .11 AANKONDIGINGS IN PERSONEELKAMER VOOR SKOOLOPENING Alle personeellede (graad R uitgesluit) moet soggens 07:15 tot 07:25 in personeelkamer vergader. Om 07:25 verdaag almal direk na rye om betyds daar te wees om goeie dissipline toe te pas. By rye word geen groepe uitgeroep vir afkondigings nie – dit word tydens adminperiode gedoen. B.1 BEHOEFTELYS

Page 14: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Jaarliks word daar ‘n behoeftelys opgestel van noodsaaklikhede wat nie binne die jaarlikse begroting geakkomodeer kan word nie. Indien daar in die loop van die jaar behoeftes ontstaan moet dit onder die skoolhoof se aandag gebring word. Alle dringende herstelwerk moet dadelik onder die betrokke skakelonderwyser se aandag gebring word. B.2 BEPLANNINGSVERGADERINGS

Graadgroepe vergader weekliks om onder andere die volgende week se beplanning t.o.v. lesse, evaluering, toetse, afrolwerk en onderrigtyd te bespreek. Kollegas se beplanningslêers moet te alle tye beskikbaar wees. B.3 BESERINGSREGISTER

Die sportorganiseerder moet aan elke einde van ‘n kwartaal die voorgeskrewe vorms voltooi. Huidiglik is die sekretaresse verantwoordelik vir die algemene beseringregister. Sportafrigters en kollegas moet alle beserings onverwyld by die betrokke persone aanmeld. Graad R beskik oor 'n eie beseringsregister wat deur hulself bygehou word. B.4 BESTELLINGS EN AANKOPE

Voordat enige bestelling geplaas of enige aankope gedoen word, moet die betrokke kollega eers met die finansiële sekretaresse of die skoolhoof kontak maak. Sodoende kan ‘n moontlike kontantvloeiprobleem uitgeskakel word. Daar is ‘n sperdatum vir bestellings en aankope (gewoonlik einde September/ begin Oktober). By bogenoemde reëlings moet baie streng gehou word. B.5 BLOMREëLINGS VIR KANTOOR

Blombeurte word waargeneem deur ouers en personeel wat op ‘n vrywillige basis ingestem het om ‘n blombeurt te neem. Tuinblomme wat beskikbaar is, word gebruik. Niemand word dus verplig om onkostes aan te gaan nie. Met spesiale geleenthede is dit ‘n ander saak en kan reëlings getref word. B.6 BOEKKONTROLE

Gebruik voorgeskrewe vorms. Leemtes moet binne 3 dae opgevolg word. Indien u as vakhoof sukkel om kollegas se werk betyds te ontvang, moet prinsipaal onmiddellik skriftelik ingelig word. Maak seker dat beleid uitgevoer word! Vakhoof teken kontrolevorm, stuur dit dan na prinsipaal om te teken en eers dan word dit vir die betrokke kollega gegee om te teken. Alle boekkontrolevorms moet deur die betrokke kollegas in hul vaklêers onder interne mode- ringsinstrumente liaseer word. B.7 BOEKSTOOR

Sien die buitemuurse program vir tye waarop die boekstoor oop is. Geen voorraad mag sonder die toestemming of teenwoordigheid van die betrokke kollega verwyder word nie. B.8 BUITELUGOPVOEDING - GRAAD 5

Page 15: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Deelname hieraan is ‘n voorreg en leerlinge kan hulself deur swak gedrag diskwalifiseer aan deelname hieraan. Datum word vasgestel m.b.v. skoolhoof en bespreking volg ‘n jaar vooruit. Ouers word ten minste 6 maande vooruit in kennis gestel oor die onkoste verbonde aan die kamp, sodat daar vroegtydig tuis daarvoor begroot kan word. Elke ouer kan dan besluit hoe daar maandeliks of eenmalig betaal gaan word. Gewoonlik word busvervoer deur ons skool self gereël en maak ons nie van die S.O.S. se vervoer gebruik nie - dit werk goedkoper uit. Onkoste van die kamp en vervoer word saam bereken per kind. ‘n Busvorm word vroeg-tydig ingevul en aan die persoon gegee wat verantwoordelik is vir busreëlings. Nader aan die tyd, word ‘n volledige brief aan die ouers deurgestuur, asook ‘n ingeslote program waarin ouers presies kennis neem van al die bedrywighede tydens die kamp. Die S.O.S.-boeke word dan aan die leerders gegee, so + twee weke voor die kamp. Alle inligting oor die S.O.S.-kamp word in hierdie “logboek” aangedui. Wanneer inbetalings gedoen word, neem die klasonderwyser die gelde op en stuur dit aan die sekretaresse. Sekretaresse gee dan ‘n kwitansie aan die klasonderwyser. Onderwyser is ook verantwoordelik vir die afmerk by elke leerder. Tjeks word uitgemaak aan: Worcester-Noord Primêre Skool. Geen vooruitgedateerde tjeks nie. Twee weke voor die aanvang van die kamp, word die Skool in die Wildernis in kennis gestel oor die hoeveelheid leerders en opvoeders wat na die kamp toe gaan. Die skool betaal per tjek die volledige kampbedrag aan die Skool in die Wildernis. Behoeftige leerders: Geen leerder mag van die kamp weerhou word, indien hy/sy dit nie finansieël kan bekostig nie. Ons skool begroot wel elke jaar om hierdie leerders te help. Maak net doodseker wat die werklike toedrag van sake is.

• Indien ‘n leerder nie wil gaan nie, moet hul ouers ‘n goed gemotiveerde brief aan die skoolhoof stuur. Toesig moet dan vir hierdie leerders by die skool gereël word.

BUITELUGOPVOEDING : GRAAD 6

Huidiglik woon die leerders die kamp te Jonkershoek by. Alle reëlings is grootliks dieselfde as die ander graadgroepe s’n. BUITELUGOPVOEDING: GRAAD 7

Huidiglik woon die leerders die Kamp te Melkbosstrand by. Alle reëlings is dieselfde as die ander graadgroepe s’n. B.9 BUITEMUURSE PROGRAM

Die personeel van die skool word ingedeel op ‘n basis waar elke personeellid so ver as moontlik ewe veel tyd aan buitemuurse aktiwiteite spandeer. Die aangewysde kollega stel ‘n program saam en bespreek elke personeellid se werkslading met die persoon. Nadat die skoolhoof in samewerking met dié kollega die hele personeel se werksindeling bevestig het, sal die personeellid geleentheid kry om die taak te aanvaar. Aangesien ons skool verskeie aktiwiteite aanbied word dit van almal verwag om ook hier ‘n positiewe bydrae te lewer. Daar word elke kwartaal ‘n buitemuurse program uitgegee wat dan ook aan elke huisgesin gestuur word om o.a. die tye van elke aktiwiteit deur te gee. Daar is spesifieke datums wat as afsnypunte vir seisoengebonde sporte dien. Daar moet streng hierby gehou word. Tydens tuis en weg wedstryde mag slegs skool- of provinsiale sweetpakke gedra word. Geen speler mag met “verkeerde” sportdrag deelneem nie. Geen sport die middag voor ‘n langnaweek nie. B.10 BUSBESPREKINGS

Alle besprekings word deur die aangewysde kollega (sien administratiewe indeling) gedoen. U

Page 16: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

as kollega moet 5asseblief vroegtydig aansoek doen op die beskikbare vorms. B. 11 BYBELLYSTE VIR ELKE KWARTAAL

‘n Aangewysde kollega doen die volgende:

• Gebruik ‘n alfabetiese personeellys. • Stel ‘n lys saam waarop die datum, dag van die week en die personeellid se naam verskyn. • Die datums moet ooreenstem met die van die spesifieke kwartaal en personeellede se name

word in alfabetiese orde geplaas. • Die voltooide lys verskyn ten minste ‘n week voor die skool sluit op die aansteekbord. • Die skoolhoof ontvang ook ‘n afskrif van die lys.

B.12 BYBELVASVRA

Die Nasionale Junior Rapportryersvereniging bied jaarliks ‘n Bybelvasvrakompetisie vir leerders in laerskole aan. Hierdie projek word moontlik gemaak deur spesiale borge wat die vereniging finansieël ondersteun. ‘n Ope uitnodiging word aan alle leerders gerig om deel te neem. ‘n Skool mag enige hoeveelheid spanne van 4 lede elk inskryf. Na ‘n siftingstoets, wat vooraf met voornemende lede gereël is, word die spanne saamgestel. Die spanne kom gewoonlik een keer per week bymekaar om die voorgeskrewe Bybelgedeeltes deur te werk. Die Bybelvasvrakompetisie word in 3 rondtes afgehandel nl. die uitdunrondte, die halfeindrondte en dan die finale rondte. Spanne moet die eerste twee rondtes mee maak. Aan die einde van die halfeindrondte word die totale punte van elke span se uitslae van die vorige twee rondtes bymekaar getel. Die 9 beste spanne (hoogste punte) landswyd neem dan deel aan die finale rondte.

B.13 BYSTANDSFONDS

Die bystandsfonds is daargestel om leerders, wat swaarkry a.g.v. finansiële probleme tuis, te ondersteun. Sulke leerders word deur die klasonderwyser geïdentifiseer en die name word aan die leerkrag deurgegee wie se taak dit is om na hierdie leerders om te sien.

Die werkswyse is as volg:

In oorleg met die skoolhoof, moet daar ‘n jaarlikse bedrag in die begroting aangevra word. Aan die begin van elke kwartaal sirkuleer daar ‘n opname wat deur klasonderwysers voltooi moet word. Die vorm is hoogs vertroulik en moet versigtig hanteer word. Leerkragte kan behoeftes invul soos skryfbehoeftes, klere, toebroodjies ens. Die verantwoordelike persoon neem dan die voltooide lys en gaan korreleer of die leerders wel behoeftig is. Hierdie inligting is in die kantoor beskikbaar. Daarna moet die verantwoordelike leerkrag die nodige aankope gaan doen. Wanneer daar skoolklere benodig word, moet daar eerstens by die skool se klerebank gesoek word. As daar niks is wat dienlik is nie, moet daar dan aangekoop word. Die skool het ‘n rekening by De Jagers en daar is ‘n klein afslag vir die bystandsfonds. Dit is egter dikwels baie goedkoper om by Pep Stores of Shoprite met kontant te koop. Klere soos L.O. broekies, skoolsokkies, skoene ens. koop ‘n mens maar by die kettingwinkels. Die bystandsfonds voorsien leerders net van skoolklere en nie van gewone klere nie. Elke geval sal egter op meriete beoordeel word. Skryfbehoeftes word by Waltons of Boland Skryfbehoeftes op rekening gekoop. Merk alle rekeninge duidelik “bystandsfonds” en handig stiptelik by die kantoor in. Om probleme te voorkom, skryf ‘n volledige lys van alle aankope en vir watter leerder dit aangekoop is en handig dit saam met alle rekeninge en kwitansies in. Daar kom soms voorvalle waar gesinne regtig nie geld het vir kos nie. Die verantwoordelike persoon moet die ouers dan kontak en op ‘n baie subtiele en simpatieke wyse uitvind of die skool kan help met kruideniersware. Indien die ouers die aanbod aanvaar, moet daar in oorleg met hulle ‘n lys opgestel word van dringende kosbenodighede.

Page 17: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Daar word nooit geld aan ouers gegee nie. Die verantwoordelike leerkrag moet self die bedrag by die kantoor trek en die inkopies doen. Omdat die bystandsfonds nie kan aanhou om ‘n gesin te onderhou nie, moet die kerk en welsyn gekontak word om verder na hulle om te sien. Die leerkrag wat die bystandsfonds hanteer, is ook die een wat die skool se skakel is met die dorp se diensorganisasies. Soms kom daar dringende behoeftes te voorskyn en moet die betrokke leerkrag dan so ‘n instansie nader vir hulp. Sulke gevalle kan wees brille, rolstoele, krukke, pruike, ens. Die bystandsfonds is ook daar vir die ondersteuning van ons eie leerkragte. Almal kan in ‘n noodsituasie beland. B.14 BESOEKER-REëLINGS

Indien hierdie besoeker(s) die skool of u klas besoek, moet dié persoon wat dit gereël het (of die betrokke graadhoof) hierdie persoon net by die kantoor kom “bekendstel”. Onthou om die besoekers-identifikasie aan alle besoekers te gee. As dié besoeker(s) pouse saam met die personeel tee drink, moet dieselfde persoon wat dit gereël het (of die graadhoof) die besoeker(s) aan die personeel bekend stel en welkom heet. B.15 BESKIKKINGSRAAD

Dit is ‘n komitee wat verantwoordelik is vir sake rakende die inventaris. Dit bestaan tans uit drie onderwysers (waarvan een die koördineerder is) en die persoon op die beheer-liggaam wat vir voorraad verantwoordelik is. NB: Notules van alle vergaderings waar afskrywings, ens. van toepassing is, moet byge- hou word.

B.16 BESTRYDENDE UITGAWES

Kollegas wat oor ‘n openbare bestuurspermit beskik, word per kilometer vergoed vir enige vervoer van die skool se leerders na sport, akademiese, kultuur of ander bedry- wighede. Die bedrag per kilometer word tydens die jaarlikse begroting bepaal. ‘n Uitslaapuitgawe word slegs toegeken as u direk verantwoordelik is vir ‘n span of groep leerders. Buitelugopvoeding en sporttoere is voorbeelde hiervan. Klasse wat ‘n uitslaapgeleentheid reël of oefenkampe, kwalifiseer nie hiervoor nie. Die jaarlikse sport- ontwikkeling (wat deur Trustfonds finansier word) kwalifiseer wel. Saterdag– en vakansie-aktiwiteite se uitgawes word slegs toegeken as u die afrigter of bestuurder van ‘n groep leerders is. By atletiek word dié toelae slegs aan die getal kollegas toegeken wat volgens USSASA se reëlings ‘n groep leerders moet vergesel. Die atletiekkoör- dineerder moet dus vooraf die indeling doen. Kooroptredes soos by Kersdienste kwalifiseer wel. Oefenwedstryde en Saterdag-oefeninge kwalifiseer nie vir hierdie uitgawes nie. Blote ondersteuners kan ook nie in aanmerking kom vir hierdie uitgawes nie. Ons moet almal onthou dat hierdie toegewings ‘n voorreg is en nie ‘n reg nie, en dit sal jaarliks tydens die begroting aandag geniet.

Page 18: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

B. 17 BALKIES VIR PRESTEERDERS

Akademie: Na die eksamens gedurende Junie en November ontvang die drie top-presteerders van grade 4, 5, 6 en 7 elkeen ‘n akademiese balkie wat hul tot die volgende eksamen-uitslag mag dra. Graad 7-leerders hou hul balkies wat in die November-eksamen verwerf is as “geskenk”. Leerders wat ‘n gemiddeld van 95% of hoër behaal sal ongeag hul posisie op die top 10 ‘n balkie ontvang. Provinsiale wenners sal ook balkies ontvang (spelkompetisies, AMESA ens.) Alle top 10 leerders ontvang ook ‘n balkie. Sport: Verteenwoordiging in provinsiale of nasionale spanne word as kriteria gebruik. Aan die einde van die jaar word al dié balkies weer aan WNPS teruggegee. Kultuur:

Uitsonderlike prestasies dien as riglyn. Aan die einde van die jaar word al dié balkies weer aan WNPS teruggegee. Enkele riglyne:

Algemeen: Balkies wat verloor word, word vervang en is vir dié ouers se rekening. B.18 BEWEGINGSONTWIKKELING Bewegingsontwikkeling is ‘n buitemuurse aktiwiteit wat op die buitemuurse program aangedui word. Indien ‘n onderwyser ‘n leerder wil aanbeveel vir bewegingsontwikkeling, word ‘n toestemmingsbrief aan die ouers gestuur. Hierdie brief word deur die koördineerder van bewegingsontwikkeling saamgestel en aan die ondrwyser uitgedeel. Bewegingsontwikkeling begin eers in die derde week van die eerste kwartaal om die personeel kans te gee om die leerders te identifiseer. Indien ouers hierdie versoek weier, word dit in die leerderprofiel aangedui. Die brief waarop die weiering aangedui is, word ook daarby ingesluit. Bewegingsontwikkeling word gratis aangebied aan leerders wat motoriese-, ruimtelike-, balans-, en oogspier(visuele persepsie) probleme het. Dié leerders word hoofsaaklik in die grondslag- fase geïdentifiseer, maar alle leerders is welkom. Elke onderwyser moet sulke leerders identi- fiseer. Indien die onderwyser onseker is, kan die betrokke onderwysers wat bewegingsontwik- keling aanbied, se hulp gevra word. Kenmerke vir moontlike hulp:

Hierdie is gewoonlik in die grondslagfse die eerste stap om ‘n leerder te ondersteun met sodanige probleme. Soos met enige buitemuurse aktiwiteit, is die ouers self verantwoordelik vir vervoerreëlings vir hul kinders. Individuele bewegingsprogramme word vir leerders met ernstige uitvalle of agterstande aangebied in ‘n aparte lokaal.

* Eisteddfod medalje-wenners en kategoriewenners by Paarl/Tygerberg Eisteddfod.

* Kategorie-wenners by Gemini sangkompetisie. * SANTAM kinderkuns - as prent op almanak verskyn. *

ATKV Redenaarskompetisie – Leerders wat deelneem aan die semi-finale (provinsiale ) ronde, maar watdie top tien tydens hierdie ronde behaal, kwalifiseer vir ‘n kultuurbalkie.

* RADIKALE REDENAARSKOMPETISIE – leerders wat deurdring na die finale

(nasionale) ronde van hierdie kompetisie kwalifiseer vir ‘n kultuurbalkie. * UNISA ererol.

* Swak skrif. * Omkering van syfers en letters bv. b/d. * Middellynkruising. * Aandagafleibaarheid. * Swak konsentrasie en veral leesprobleme.

Page 19: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

B. 19 BYWONING VAN SPORT (EN ANDER) GELEENTHEDE DEUR WNPS PERSONEEL Daar word ‘n beroep op onderwysers gedoen om so ver as moontlik die leerders in u klas se sport, kultuur en ander aktiwiteite by te woon. Tydens wintersport se wegwedstryde is daar geen verpligting op nie-afrigters vir bywoning nie. Afrigters mag verdaag sodra hul span se wedstryde afgehandel is, maar dit skep tog ‘n mooi beeld as afrigters ondersteun tot aan die einde van alle wedstryde. Tydens wintersport se tuiswedstryde word daar van alle onderwysers verwag om alle aktiwiteite tot aan die einde by te woon. ‘n Skriftelike verskoning moet vooraf by die sportorganiseerder ingedien word indien u ‘n aktiwiteit nie kan bywoon nie.

Page 20: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

D.1 DIENSORGANISASIES - SKAKELING

Die doel is om goeie samewerking en uitreiking in die gemeenskap te verseker, omdat dit in belang van die skool is om iets terug te gee aan organisasies wat die skole ondersteun. Jaarliks word daar vooraf een organisasie/instelling geïdentifiseer wat finansieël en met bydraes ondersteun word. D.2 DIDAKTIESE HULPVERLENING NA SKOOL

Na personeelinsette verkry is, is op die volgende strategie besluit: Daar word nie meer 'n spesifieke tydgleuf op die buitemuurse program hiervoor ingeruim nie. Vanaf week 4 in die eerste kwartaal word hulp verleen aan leerders wat hulp en ondersteuning nodig het. Vir elke leerder wat hulp ontvang het, moet 'n intervensievorm voltooi word. Opvoeders kry vir elke maand ‘n vorm wat 5 weke bevat. Hierop word aangedui watter leerders wel didaktiese klasse bygewoon het. Die OOS-voorsitter neem hierdie vorms aan die einde van elke maand in en hou register van klasse aangebied. Sodra prinsipaal ook vorms geteken het, word dit in leerder se profiel geplaas. D.3 DISSIPLINÊRE KOMITEE - RIGLYNE Elke 3de en 6de week van ‘n kwartaal - die aantal spogkaarte per klas nagaan. Maak aanbe- velings indien daar “te min” of “te veel” uitgedeel word. Tesame met bogenoemde moet daar na minstens 3 huiswerkboekies per klas gekyk word.

Let veral op na: Bl. 1 - persoonlike inligting Bl. 4 - rooster Bl. 5 - Paraaf insake weekbriewe Bl. 14 - afwesighede Bl. 16 - 33 - Straf- en beloningstelsel - opskrifte, inskrywings ens. * Elke 2de Vrydag ’n naamlys by alle graadhoofde kry waarop leerders met gedragsprobleme se

name aangeteken is. Tydens u afspraak by kantoor word dit dan aan prinsipaal voorgelê en word saam op ’n plan van aksie besluit. Probleme gaan dan gouer aangespreek kan word tot almal se voordeel!

* Enige onnet lokale moet ook tydens dié afspraak aangemeld word vir onmiddelike opvolging.

* Enige dissiplinêre aspek insake leerders en personeel wat u aangespreek wil hê, moet ook deurgegee word.

Page 21: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

E.1 EDLAB-KAARTE

Is vervang deur leerderprofiele E.2 EISTEDDFOD Die Eisteddfod vind elke tweede jaar gedurende Julie plaas. Dit begin in die 2de week van die 3de kwartaal en duur ongeveer 3 weke. Die skool ontvang ‘n boekie waarin riglyne gevind word vir inskrywings. Inskrywings word deur klasonderwysers (voordrag, stelwerk ens.) musiekpersoneel (klavier, sang, blokfluit, kore ens.) en kunspersoneel (kuns) gedoen. Na afloop van die Eisteddfod word ‘n uitnodigingskonsert gehou, waaraan die toppresteerders deelneem. Die jaar wat daar nie Eisteddfod is nie, word die skool se 2 jaarlikse konsert gehou. Die huidige reëling is dat alle graad R – 7 leerders aan dié konsert deelneem. E.3 ENTREPRENEURSDAE - GRAAD 5 – 7 en personeel

Slegs graad 5-7 en personeel het entrepreneursdae. (eenkeer elke kwartaal). Geen ouer mag help met hierdie verkopings nie. Datums word deur die betrokke kollega op die kwartaal- program aangedui. Daar word ‘n standaard vorm aan elke leerder wat sou belangstel gegee. Hierdie vorm moet aan die skakelonderwyser voor Donderdag terugbesorg word sodat hy kan weet hoeveel tafels ens. om reg te kry. Tafels word voor eerste pouse voor die snoepie gepak. Wanneer daar entrepreneursdae is, word die snoepie nie oopgemaak nie. Die sekretaresse reël dat die O.O.V. bewus is daarvan. Na die verkoping moet die tafels weer gebêre word. Graad 4 volg hul eie entrepreneursdae wat deur die klasonderwysers behartig word. Grade R – 3 leerders verdaag 5 minute voor pouse reeds om die verkoping by te woon. E.4 ENTREPRENEURSKAP - GRAAD 4 LEERLINGE

Die doel van hierdie projek is om die leerders te prikkel om hul eie inkomste te genereer. Hulle leer om te beplan, behoeftes te bepaal, uitgawes en inkomstes te beplan en reklame, met die doel om dan uiteindelik ‘n wins te maak. Die graad 4 leerders hou elke jaar gedurende die derde kwartaal ‘n entrepreneursdag. Hierdie dag verskil van die ander grade se verkopings- dae omdat dit ‘n lang aanloop het. Aspekte wat o.a. aandag geniet, is navorsing, vervaardiging en bemarking.

Page 22: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

E.6 EKSAMENREËLINGS 1. Vraestelle moet soggens voor skool deur die vakonderwysers by sekretaresse afgehaal en

dan by res van die graad besorg word. 2. Leerders begin skryf net na admin. 3. Gedurende Junie- en November-eksamen vind geen klasruiling plaas nie. 4. Indien eksamenvakke by ‘n ander klas gegee word, kan onderling ‘n reëling getref word om

skrifte uit te deel. 5. Leerders moet liefs nie toegelaat word om nadat hulle geskryf het na buite te gaan nie aange-

sien daar nog ander klasse is wat skryf en dan gehinder sal word deur leerders wat in die gange beweeg en buite raas.

6. Junie en November se antwoordstelle word na moderering aan leerders uitgedeel en bespreek. ‘n Volledige memorandum op ‘n assesseringsinstrument word ook aan leerders gegee. Vraestelle word egter nie huis toe gestuur nie.

7. Maak doodseker, veral deur gereeld in die klas rond te beweeg, dat daar geen geleentheid vir leerders is om oneerlik te wees nie. Opvoeders moet te alle tye in klas wees. Indien daar enige onreëlmatigheid gedurende die eksamen plaasvind moet dit aan die SAOK gerapporteer word. Die SAOK sal dan die korrekte stappe daarna volg.

8. Die gemiddeld van elke vak vir die graad moet deur die opvoeder wat die vak onderrig aan die prinsipaal gestuur word sodra moderering voltooi is.

9. Koeverte vir nuwe leerders is beskikbaar. Vervang asb. koeverte wat vuil teruggestuur is skool toe.

10. Klasse moet netjies wees wanneer eksamen geskryf word sodat leerders maksimaal kan konsentreer. Probeer sover as moontlik ‘n eksamenatmosfeer skep.

11. Skrifte van leerders moet by opvoeder wat die vak aanbied gebêre word tot Maart die volgende jaar.

12. Alle vraestelle se merkwerk moet die volgende oggend beskikbaar wees vir die vakhoof (sien punt 13).

13. Vakhoofde kontroleer/modereer die top 14 leerders per graad se vraestelle van die spesi- fieke vak met die oog op die top 10 presteerders per graad. Moderering moet die volgende oggend beskikbaar wees.

14. Daar moet toegesien word dat nuwe leerders so gou as moontlik nadat hulle in die skool gekom het alle werk ontvang waaroor eksamen geskryf word en wat gedoen is voordat hulle in die skool was.

15. Aan die einde van die jaar is slegs byvoorbeeld die volgende opmerking nodig: “Jannie vorder na gr.6. Baie geluk!”

16. Geen vraestel word vroeër of later as die aangeduide tyd geskryf nie. 17. Vir 'n leerder om vir die top 10 in sy graad te kwalifiseer moet al die vraestelle voltooi word.

As 'n leerder dus 1 dag tydens eksamen afwesig is, kwalifiseer hy nie vir top 10 nie. Indien ‘n leerder gedurende die eksamen afwesig is voltooi hy nie die vraestel die volgende dag nie. ‘n Doktersertifikaat of skrywe van die ouers moet ontvang word nadat leerder terug is by die skool.

18. Opvoeder wat eksamens koördineer stel die interne toesigrooster vir kollegas wat ander klasse moet besoek as hul vraestelle geskryf word, op en gee deur aan res van die personeel. Toesigrooster vir ouers wanneer kollegas merk word ook opgestel.

19. Leerders wat alternatiewe assessering moet ontvang moet betyds met die kollega verantwoordelik vir alternatiewe assessering (deel van OOS span) kommunikeer word.

Page 23: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

E. 8 AKADEMIESE ERKENNING LEERDERS

Daar word aan leerders erkenning gegee t.o.v. akademiese prestasie op die volgende wyses:

1. Akademiese balkies word aan die top 3 presteerders in gr.4-7 toegeken. Leerders wat 95% of meer as gemiddelde % behaal het, ontvang ook akademiese balkies.

2. Al die leerders van top 10 ontvang sertifikate en top 10 balkies ter erkenning.

3. Die top 10 presteerders word formeel tydens ‘n saalbyeenkoms aangekondig.

4. Tydens ‘n daaropvolgende sangsaal periode sal daar addisionele erkenning aan

akademiese presteerders gegee word. Alle leerders vanaf gr.4-7 wat 85% of meer as gemiddelde % behaal het en wat nie deel uitgemaak het van die top 10 nie, sal ook sertifikate ontvang. Hierdie stelsel behoort aan leerders as aansporing te dien om voort- durend hul bes te lewer.

Page 24: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

F.1 FIETSHOKKE

Sodra die skool begin, word die area gesluit. Die kollega in die opslaanklas naaste aan die area (tans die LSO-klas) het ‘n sleutel en reël dat die hek weer met skoolsluiting oopgesluit word. Die nasorgpersoneel het ook ‘n sleutel en moet sorg dat die area middae gesluit bly. Leerders mag nie op die skoolterrein ry nie. Fietse moet vanaf hek(ke) gestoot word. Fietse móét steeds met 'n fietsslot gesluit word. Géén leerders mag voor skool of tussen pouses in die fietshokke wees nie. F.2 FONDSINSAMELINGS

Die O.O.V. hanteer alle aspekte rondom fondsinsamelings. Die snoepwinkel word bedryf deur die snoepiekomitee wat ‘n subkomitee van die O.O.V. is. Alle fondse geïn moet eers aan die beheerliggaam voorgelê word voordat dit vir spesifieke projekte/dienste aange-wend kan word (soos volgens S.A. Skolewet). Die skool besluit jaarliks op 1 instansie wat gedurende die derde kwartaal d.m.v. ‘n fonds-insameling ondersteun word. F.3 FOTO’S - INDIVIDUELE- EN KLASFOTO’S

Alle gelde wat van enige leerder ontvang word, moet in die kluis bewaar word tot en met die inbetaaldag. Maak asb. absoluut seker hiervan en skryf die leerder se naam by. Die koeverte en die gelde moet by die sekretaresse ingehandig word. Dit is ‘n maatreël om u as leerkrag te beskerm teen diefstal.

Individuele foto’s: Elke ouer ontvang vooraf ‘n toestemmingsbriefie wat hom/haar VER- BIND tot die afneem en betaling van ‘n leerder se foto. Sou foto nie na wense wees nie, kan die ouer dan self sy kind na die betrokke fotograaf neem met ontevrede foto om leerder weer te laat afneem. Foto's moet skool toe gestuur word. Skakel eers net vooraf met foto- koördineerder. I D foto’s: Kollegas mag 1 van die klein fototjies afknip vir die leerderprofiele. Die foto- graaf onderneem ook om net ID-foto’s te neem van leerders wat so ‘n foto benodig of wat nie ‘n pakket neem nie. Koördineerder sal reëlings betyds deurgee.

Wanneer die foto’s arriveer moet die leerkragte die foto’s kontroleer en indien daar foto’s gemis word, gee alle navrae aan die leerkrag in beheer. Stuur ook die foto’s wat nie by u klas hoort nie aan die leerkrag in beheer om dit uit te sorteer. Maak ook ‘n aantekening op die koevert van foto’s wat uitgeruil is. ‘n Kontroleblad word gehou om toe te sien dat almal wat ouertoestemming gebring het, afgeneem word. ‘n Klaslys sal afgemerk word en aan u deurgegee word.

Indien daar later deur die jaar nuwe kinders ingeskryf word, kan foto’s van hulle tydens sport- en kultuurfotodag geneem word. Personeel wat eie sport-, klas- of kultuurfoto wil hê, kan dit aankoop teen gesubsideerde bedrag. Klasfoto’s: Van elke klas word direk na die individuele foto’s ‘n foto geneem. Leerkragte moet asseblief leerders reeds in lengte-volgorde rangskik voordat hulle by die saal aan- meld. Hulle wag buite die saal, totdat hulle ingeroep word. Leerkragte moet die foto’s wat in 'n "flipfile"-sakkie geplaas is in hulle klas teen die muur aanbring vir die leerders om te be- sigtig. Motiveer die leerders asseblief om die foto’s te bestel. Indien u as leerkrag die dag van die foto’s nie by die skool is nie, kan u reël dat u klasfoto later tydens die Sport- en Kultuurfoto’s afgeneem word.

Page 25: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Sport – en Kultuurfoto’s: Persoon in beheer moet vroegtydig ‘n kontrolelys ten opsigte van spanne en afrigters opstel en aan die leerkragte voorlê vir goedkeuring. Verandering moet so spoedig moontlik daarna aan die persoon in beheer deurgegee word. Afrigters moet alle hulpafrigters in kennis stel om die dag teenwoordig te wees. Leerkragte wat verantwoordelik is vir die bring van spesifieke apparaat moet vroegtydig

ingelig word. Herinner hulle om die items ‘n dag voor die tyd reeds by die skool te hê.

Afrigters moet die foto’s asseblief in hul klas aanbring in ’n “flipfile” sakkie en spelers moti- veer om die foto’s te bestel. Name van bestellings moet op die koeverte aangebring word. Geld moet bestelling vergesel. Van elke eerste span word ‘n ekstra foto bestel. Die name van al die spelers moet nog steeds na die leerkrag in beheer gestuur word vir die raming van die foto’s. Tydens Worcester Eistedfodd moet daar ook ekstra foto’s van kultuurpresteerders bestel word. Name moet slegs in individuele gevalle deurgegee word. Personeelfoto word gedurende tweede pouse afgeneem. Maak seker dat alle personeel teenwoordig is. Opvoeders, sowel as nie-opvoeders word afgeneem. Die foto word gratis aan die personeel verskaf. Kontroleer asseblief dat alle personeel die foto bestel het. Hierdie foto is gratis aan alle perso- neellede.

Sperdatum en inhandiging van geld en bestellyste: Kollegas moet asb. streng by sper- datums hou. Koevert met oorspronklike foto van klas-, kultuur– en sportfoto’s, moet saam met volledige bestelvorm (leerders se name) en korrekte bedrag aan mev. Brand gestuur word. Dit word weer aan kollegas uitgedeel wanneer groot bestelling kom. Ook by indi- viduele foto’s moet ‘n lys saam met getal en regte bedrag teruggaan na mev. Brand. Daar word 2 Graad 7 groepfoto’s afgeneem. (formeel en informeel)

NB: Bestellyste:

Nadat kollegas die bestellings van foto’s ontvang het en uitgedeel het aan leerders, moet alle afgehandelde bestellingslyste asb. teruggestuur word aan Teresa (vir ouditdoeleindes). . Foto’s met die skool se digitale kamera: Leerkrag in beheer is verantwoordelik vir die

neem van die foto’s deur die jaar. Maak seker dat batterye van digitale kamera gelaai is en ekstra stel batterye in sak is. Personeel moet asseblief vooraf reël dat foto’s van groep of gebeurtenis afgeneem word. Dit bly egter die foto-koördineerder se plig om vroegtydig reëlings te tref insake neem van foto’s van aktiwiteite wat op die kwartaalprogram aangedui is (optredes, sportdae, ens.). Poog om nie te veel foto’s per geleentheid te neem nie, behalwe foto’s verkoop kan word om kostes te dek. Indien jy die kamera uit die kluis haal, moet jy dit uitteken. Graad R-kollegas reël self vir die neem van hul leerders se foto's.

Page 26: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

G.1 GANGE SE NETHEID - AANSTEEKBORDE

Die netheid van gange is die verantwoordelikheid van personeel en leerders. Sorg moet gedra word dat brandblussers onbeskadig is. Indien dit beskadig is, moet dit onmiddellik gerappor- teer word by kantoor. Kunswerke van leerders word vertoon. Aansteekborde is beskikbaar om van die leerders se werk uit te stal. Die materiaal moet voortdurend gewissel word en aansluit by dit wat in die klasse behandel word. G.2. GESKENKE EN RUIKERS

Jaarliks word daar begroot vir die uitgawes. G.3 GESKIEDENIS VAN WNPS - BYHOU DAARVAN

Daar is gevind dat die inligting oor die skool se geskiedenis, wat in die kantoor se “argief” beskikbaar is, baie min om die lyf het en dat dit opgradering nodig het. Baie inligting is verkry uit die notules van vergaderings uit vorige jare. Elke personeellid wat vir ‘n bepaalde aktiwiteit, sport, ens. verantwoordelik is, is gevra om kortliks te vertel/skryf wat hy/sy kan onthou van die beginjare van die bepaalde aktiwiteit. Die inligting wat so uit verskillende bronne ontvang word, word deurgewerk en georden. Hierdie is ‘n voort-durende proses. Die byhou van inligting oor al die daaglikse gebeure is belangrik. Dis elke kollega se verantwoordelikheid om belangrike sake uit die afdeling waarvoor hulle verantwoordelik is, aan die persoon in beheer van die skool se geskiedenis deur te gee.

Page 27: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

H.1 HUISWERKBOEKIES

Verpligte huiswerkboekies is vanaf 2007 beskikbaar in skool. Elke kind kry een wat deel vorm van sy skoolgelde. As die boekie wegraak, moet hy/sy self een aankoop by die kantoor. Dis vir Gr.1 - 7 verpligtend. Graad 1 gebruik dit dan vir die “boodskap” boekie. Al die reëls, geelkaarte ens. kom daarin voor. Nuwe leerders ontvang een by die kantoor die dag wat hulle inskryf. Geen ander huiswerkboeke is toelaatbaar nie.

Elke leerder moet in besit van ‘n huiswerkboekie wees!

H.2

Riglyne ten opsigte van hoeveel tyd leerders middae aan skoolwerk behoort af te staan.

Hierdie is riglyne en betrokkenes moet besef dat leerders se vermoëns, toetse, eksamens, projekte ens. alles veranderlikes is wat hierdie riglyne langer kan laat word.

Tog glo ek aan balans - kinders moet ook nog tyd hê om te speel en te ontspan. Ons moenie onnodige grootmenswêreldse druk op laerskoolleerders van toepassing maak nie. Dis egter baie belangrik dat elke leerder elke dag (veral Maandae - Donderdae) minstens die minimum voorgestelde tyd aan vaslegging en hersiening bestee. Verkieslik geen huiswerk oor naweke nie! Dis soms die enigste tyd wat ouers en kinders het om tyd vir mekaar in te ruim. Voorgestelde minimum tye per dag vir skoolwerk tuis:

Graad 1 - 20 minute Graad 5 - 1 uur Graad 2 - 30 minute Graad 6 - 1 uur Graad 3 - 30 minute Graad 7 - 1½ uur Graad 4 - 45 minute

(Gesonde oordeel is belangrik - om vir 'n kind te veel huiswerk te gee is net so negatief as om geen huiswerk te gee nie!)

Page 28: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

H.3 HERSIENING VIR TOETSE EN EKSAMENS

Gr. 1 – 3 Hersiening vir ANA-Toetse

• Matwerk is die sleutel tot sukses in die grondslagfase. Sonder matwerk kan geen deeglike vaslegging plaasvind nie. Klassikale leer is nie altyd so doeltreffend nie. Baie leerders raak verlore in die groter groep.

• Werk ou vraestelle uit (BAIE!!!) en doen alles fisies met die leerders. Alles word met apparaat verduidelik en gewys. Konkreet, semi-konkreet en abstrak. Nadat die vraestelle vraag per vraag verduidelik is word die vraestelle geskryf.

• Vraestelle word nou uitgedeel en nou word die vraestelle WEER verduidelik, veral probleemareas word aangespreek. Verbeteringe word gedoen en soortgelyke vrae word uitgewerk. Die hele week wat toetse voorafgaan word hierdie werk oor en oor en oor met leerders behandel op mat en skriftelike werk.

• Die dag wat die toets voorafgaan is uitgewerkte vraestelle huis toe gestuur vir kennisgewing deur ouers. Geen ander huiswerk is gegee behalwe om WEER te kyk na die vraestelle.

STAPPE TYDENS EFFEKTIEWE HERSIENING - gr. 4 - 7

(vir eksamens / ANA toetse / Lit Num toetse) 1. Laat alle leerders die geïdentifiseerde vraestelle (1 per keer) skryf.

2. Identifiseer probleemareas bv. 15 leerders het met vraag 1 wat handel oor die aantal driehoeke in ‘n figuur, gesukkel.

3.Nou gee u aandag aan verskillende figure (wat u opstel) waar die aantal driehoeke getel moet word.

4. Dié groep wat sukkel word in kleiner groepies verdeel en die “sterker” leerders in u klas help u om dié begrip te verduidelik en in te oefen in die kleiner groepe.

5.Gee na genoeg inoefening al die leerders geleentheid om elkeen ‘n vraag oor bogenoemde (aantal driehoeke) op te stel - (dis ‘n baie goeie manier van hersiening!) en verdeel dié vrae nou ewekansig aan die hele klas.

6.Indien enkele leerders nog steeds sukkel, moet u as onderwyser individuele aandag aan hul skenk. Die hulp duur voort totdat leerders die aanvanklike probleem verstaan.

Page 29: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Stappe in nr. 2 - 6 word vir alle probleemareas, waar leerders sukkel, in die vraestelle herhaal.

Stel ouers en leerders in kennis van die datums van die ANA toetse. Graad 4 – 6 leerders moet die hele jaar se Afrikaans en Wiskunde hiervoor leer! As dit en verdere inisiatiewe vanaf onderwyser se kant af plaasvind, behoort ons ANA-uitslae bitter min onder 80% te wees. Laat dit vir ons ’n uitdaging vir die toekoms wees!

I.1 IK-TOETSE - GRAAD 6

Ouers moet deur die graad 6 kollegas ingelig word dat die skool ongelukkig nie meer hierdie diens beskikbaar kan stel nie. I.2 INSTANDHOUDING - FAKTOTUM

Indien enige personeellid herstelwerk, ‘n versoek wil rig of iets wil aanmeld rakende die skoolgebou, speelgronde of sportterrein moet die betrokke kollega dit by die adjunkhoof aanmeld. Bogenoemde versoek moet op skrif gestel word. Sekretaresse het die nodige vormpie wat voltooi moet word. Die adjunkhoof moet die versoek ontvang wat dit dan op sy beurt met die skoolhoof, indien nodig, en daarna die faktotum bespreek vir spoedige afhandeling van die versoek. Aangesien ons daarop ingestel is om ons terreine en geboue in ‘n netjiese toestand te hou, kan u vrymoedigheid neem om enige probleme so gou as moontlik aan te meld. I.3 INSTAPROOSTER

Word aan die begin van elke jaar gedoen. (Handel reeds af teen die einde van die vierde kwartaal). Doen weekindeling van elke kwartaal en deel al die manspersoneel daarvolgens in. Elke manspersoneellid kry ‘n week om op diens te wees. Aangesien daar min mans op die personeel is, sal dit gebeur dat sommige meer as een keer per kwartaal sal diens moet doen. Wissel dit sodat regverdigheid sal geskied. Gee vir elkeen persoonlik ‘n rooster en plaas een teen die aansteekbord. Die taak van die personeellid aan diens is om die kinders te laat instap en indien daar aankondigings is om dit ook te doen. I.4 INVENTARISSE

Vir alle aankope wat op die inventaris aangewins moet word, moet ‘n vorm by die sekre- taresse ingevul word wat dan deurgegee word aan die skoolhoof vir versekeringsdoel- eindes en dan aan die persoon wat vir die inventaris verantwoordelik is. Faktuurommers (indien beskikbaar) en die datum moet by aanwins in die inventaris aangeteken word.

Page 30: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Gedurende die tweede kwartaal word kontrole gedoen van lokaalvoorraad deur die verant- woordelike persoon op die beheerliggaam en die verantwoordelike persoon by die skool. Hiermee saam word vorms ingevul vir items wat afgeskryf word. Aan die einde van die tweede kwartaal word ‘n “sertifikaat van opname van meubels en toerusting” (vorm WKOD 029) saam met die finansiële staat van die skool by Hoofkantoor ingedien.

Gedurende die 4de kwartaal word die voorraadopname van alle afdelings, bv. laboratorium, kuns ens. gedoen.

NB Alle aankope en afskrywings word self deur die persoon wat vir die inventaris verantwoordelik is in die verskillende afdelings se inventarisse aangeteken.

K.1 KERSPAKKIES AAN WERKERS As ‘n blyk van waardering vir alles wat die werkers vir ons skool doen, onderneem ons as skool om aan die einde van die jaar vir elkeen ‘n kerspakkie te gee. Elke leerder word gevra om ‘n vrywillige bydrae, in die vorm van ‘n nie-bederfbare kositem, te maak. Die klasonderwyser stuur die blikkies kos elke dag na die verantwoordelike persoon. Na die sperdatum word die blikkies en kossoorte gesorteer en tussen die werkers verdeel. Die kartonne (geskenkpakkies) word by ons laaste saalbyeenkoms in die jaar, aan hulle persoonlik oorhandig. K.2 KLANKAPPARAAT SE OPSTEL EN GEBRUIK

Slegs aangewysde kollegas mag hierdie apparate opstel.

Die apparaat is in ‘n kas op die verhoog toegesluit. Die sleutel hang in die kantoor van die sekretaresses.

Gebruik: vir saal vir sangsaal gesellighede wat deur die skool aangebied word.

Opstel: Die koordlose mikrofoon word meestal gebruik. Die staander (knyper) word geplaas waar nodig. Die klankversterker en “opvanger” (haasore) van die mikrofoon word inge- prop (onder in kas). Die klankversterker word aangeskakel. Vanaf die klankversterker word ‘n draad by die “opvanger” (haasore) ingeprop.

Draai die mikrofoon oop en plaas ‘n battery op die regte plek, draai weer toe. Aan die anderkant is twee skakelaartjies nl. “power on/off” en “microphone on/off” Sit altwee op “on” Die sterkte van die klank kan ook op die klankversterker gestel word.

Ekstra batterye moet altyd beskikbaar wees. Geen klankapparaat word verwyder/uitgeleen nie. K.3 KLASBESOEKE

Alle nuwe aanstellings word gedurende die eerste kwartaal deur die skoolhoof besoek. Die hoofdoel met klasbesoek is om ontwikkeling en groei aan te moedig by die kollega sowel as die leerders. Positiewe en opbouende kritiek sal altyd waardeer word. Jaarliks sal bepaal word hoe klasbesoeke sal realiseer. K.4 KLASBYDRAES VIR “COMMUNICATOR” OF WEBTUISTE

Graadhoofde kan oulike idees/werke deurgee.

Page 31: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

K.5 KLASINDELINGS VIR DIE VOLGENDE JAAR

Die huidige graadgroep se kollegas doen die indelings vir die volgende jaar. Let veral op dat daar sover as moontlik ewe veel seuns en dogters per klas is, dat klasse prestasiegewys onge- veer ewe sterk is (Eksamenuitslae word as riglyn gebruik) en dat botsende persoonlikhede geskei word. Wees bedag daarop dat geen ouer kan aandring op sekere plasings nie. Verdienslike gevalle sal deur die skoolhoof hanteer word. Poog om nie al die Kosies in 1 klas in te deel nie en ook nie al die Van der Merwes nie. (Dis wanneer Koos - Groot Koos, Lang Koos ens. word)! Graadhoof bring dus die klasse se indelings na kantoor waar prinsipaal d.m.v. trekking bepaal watter klas gaan A,B,C of D wees.

K.6 KLASUITSTAPPIES EN BUSREëLINGS

Hierdie reëlings is net die vir kort uitstappies. Nie: Preprimêr reël self al hul uitstappies. Graad 5: SOS Graad 6: Jonkershoek Alle besprekings en reëlings word self Graad 7: Melkbosstrand deur die kollegas gedoen.

Sien in administratiewe indeling watter kollega is vir uitstappies verantwoordelik en watter kollega koördineer busvervoer. K.7 KLEREBANK

Tye word op buitemuurse program aangedui:

Die klerebank dien as fasiliteit waar skoolklere tweedehands gekoop kan word. Klere word aan die klerebank geskenk of dit word namens die ouers verkoop. Verlore items word by die klerebank ingehandig. Onopgeëiste klere word na ‘n kwartaal verkoop. Indien daar kinders is wat skool– en/of sportklere benodig, moet daar met die klasonderwyser in aanraking getree word waarna ‘n skriftelike versoek aan die klerebank gerig word. Daar sal dan in leerders se behoeftes voorsien word. Die klerebank bevat ook konsertklere wat slegs vir die 2 jaarlikse konsert gebruik mag word. Geen klere word andersins uitgeleen of “verhuur” nie. K.8 KLEREKOMITEE

Bestaan uit 5 onderwysers. Beheerliggaam sal verandering in leerders se kleredrag hanteer. Vergader net wanneer besluite geneem moet word. Skakelonderwyser gee kennis wanneer daar vergader moet word. Skakelonderwyser dien as skakel tussen komitee, vervaardigers, ouers en skoolhoof en ook personeel indien nodig. Skoolhoof woon vergaderings by indien moontlik. Die aanteken van besluite wat tydens vergaderings geneem is, is deel van die skakelonderwyser se taak. Twee keer per kwartaal word inspeksie van kleredrag, hare, naels en algemene netheid gehou. Datums moet deur sameroeper van dié komitee op kwartaalprogramme geplaas word. Daar is ‘n standaard skrywe beskikbaar wat aan ouers gestuur word indien skoolreëls t.o.v. kleredrag (tasse ens.) nie nagekom word nie. Goeie oordeel is egter nodig!

Page 32: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

K.9 KOMPETISIES

Wanneer ‘n kompetisie na die koördineerder verwys word, is dit sy/haar plig om die res van die personeel wat daarby betrokke is, in te lig. Die koördineerder moet ‘n sperdatum vasstel en alle inskrywings moet voor of op daardie betrokke dag ingehandig word. Elke klasonderwyser behartig gewoonlik hul eie klas se inskrywings. Wanneer daar geld betrokke is, is dit die koördineerder se plig om seker te maak dat alle inskrywings klop voordat dit by die sekretaresse inbetaal word. K.10 KONSERTKLERE

Kostuums wat alreeds gedurende konserte gebruik is, word in die klerebank geberg. Hierdie klere mag (gratis) vir die 2-jaarlikse konsert deur WNPS se leerders geleen word. Wanneer nuwe kostuums gemaak word en deur die skool betaal word, moet die stukke na afloop van ‘n konsert ook in die klerebank geberg word. (Soms skenk ouers ook sulke kostuums). Voordat enige kostuums verwyder mag word, moet die persoon in beheer van die klerebank geraadpleeg word. Soms word kostuums van ander skole of instansies gehuur - doen eers navraag by die sekretaresse/skoolhoof of daarvoor begroot is. Ons eie konsertklere word nie uitgeleen of “verhuur” nie. K.11 KONTAK MET OUERS

Skolastiese of dissiplinêre probleme van leerlinge in u klas moet dadelik onder die ouers se aandag gebring word. ‘n Voltooide vorm wat ook die ouer se reaksie aandui, moet aan die skoolhoof gestuur word. (Hierdie vorms is in die kantoor beskikbaar). Kollegas moet besef dat hierdie stelsel as ‘n verwysingsbron gebruik word indien probleme mag opduik. Dui op kontakvorm aan as ouer nie afspraak nakom nie. Hierdie vorm word geteken deur die prinsipaal en moet dan deur die klasonderwyser in die leerder se profiel geplaas word. K.12 KOORFEESTE

Vroeg in die derde kwartaal hou die Worcester Eisteddfod hul twee-jaarlikse koorfees. Beide ons skoolkore neem hieraan deel. Dit val saam met die Eisteddfod, waar die kore dan beoordeel word en punte toegeken word.

Ander koorfeeste, soos deur ander instansies gereël, word ook ondersteun indien die kore op standaard is en genoeg koorwerke kan voordra. K.13 KOPIEERWERK

Alle afrolwerk moet in graadverband gedoen word. Die graadhoofde moet toesien dat alle klasse binne die graadgroep presies dieselfde afrolwerk aan hul onderskeie klasse gee. Bespaar sover as moontlik sonder om kwaliteit onderrig in te boet.

Page 33: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Slegs aangewysde sekretaresses mag afrol- en fotostaatmasjiene gebruik. ‘n Goeie beplanner se kopieerwerk word reeds die voorafgaande week gedoen! K.14 KULTUURAANDE

Kultuuraande word gedurende die tweede en derde kwartaal gehou. Die program is nooit langer as ‘n uur nie en toegang is gratis. Die program bestaan gewoonlik uit verskeie items wat deur onderwysers deurgegee word. Bv. klavier, blokfluit, sang, orkes, kore, dansies, redenaars, voordrag, uitstaande mondeling, items deur onderwysers, ouers en kinders, klasgroepe ens. K.15 KUNSUITSTALLING IN VOORPORTAAL

Kunskollegas moet op gereelde basis die werke afwissel en seker maak dat die leerders se name op hul werke verskyn. K.16 KWARTAAL- EN JAARPROGRAM

Alle beskikbare datums vir sport en enige ander geleentheid moet hierop aangedui word. Weekindelings word gedoen op ‘n ontwerpte vorm. Sekere datums is reeds beskikbaar by die sekretaresse en sportorganiseerder. Nadat die weekindelings gedoen is, word die vorms onder die personeel gesirkuleer, ten minste 4 weke voor die einde van elke kwartaal. Maak seker dat alle personeel die geleentheid kry om datums aan te dui waarvoor hulle verantwoor- delik is. Dit is ook die taak van die persoon in beheer om die volgende roosters uit te werk en op die program aan te dui:

saalbeurte (personeel) preekbeurte deur predikante aan begin en einde van elke kwartaal

Laastens moet die program na die hoof gaan om alle ander datums tot sy beskiking in te vul. Die tik van die program word deur die sekretaresse gedoen. Sy sal dit dan weer aan die persoon in beheer oorhandig en aan die hoof vir proeflesing. Alle personeellede en ouers moet ‘n kwartaalprogram voor die begin van elke nuwe kwartaal ontvang. K.17 KENMEKAARAANDE VIR PERSONEEL EN OUERS

Graadhoof koördineer dié byeenkomste.

K. 18 KOPLUISE Indien daar vermoed word dat ‘n leerder kopluise het, moet die leerder se klasonderwyser sowel as die kopluis-koördineerder in kennis gestel word. ‘n Brief word dan aan elke leerder in die betrokke klas gestuur, sowel as ‘n kennisgewing op “Communicator”. Die betrokke leerder by wie die kopluise vermoed word, se ouers word ook dadelik in kennis gestel. Leerders met kopluisbesmetting mag nie skool toe kom alvorens die regte behandeling begin is nie en alle nete met ‘n fyn kam uitgekam is nie.

Page 34: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

L.1 LABORATORIUMREëLINGS

Leerders mag nie sonder toesig praktiese werk doen of toegelaat word om die laboratorium sonder die teenwoordigheid van die onderwyser binne te gaan nie. Wanneer die laboratorium nie gebruik word nie moet die deure en kaste gesluit bly. Ten einde vrye in- en uitgang in die geval van brand of ongelukke te verseker, moet die deure egter nooit gesluit word wanneer daar leerlinge in die lokaal is nie. Geen chemikalieë of apparaat mag uit die laboratorium verwyder word sonder dat die persoon wat in beheer is, daarvan kennis dra nie. Die betrokke kollega sien ook om na die begroting, netheid en inventaris van die lokaal.

L.2 LEERDERPROFIELE

‘n Leerderprofiel is ‘n vertroulike dokument. Dit bly in die kluis en bevat alle inligting wat nodig is om die kind te verstaan. Leerderprofiele bevat die volgende: 1. Toelatingsvorm 2. Afskrif van geboortesertifikaat 3. Afskrif van kliniekkaart 4. WKOD vertroulike leerdeprofiel (6 bladsye) 5. WKOD vertroulike inligting omtrent leerder 6. Oorplasingsertifikaat 7. Vrywaringsvorm 8. Ouerkontakvorm 9. Mediese sertifikate t.o.v. afwesigheid 10. Sielkundige-, mediese-, arbeidsterapie verslae ens. 11. Intervensievorm 12. Vorderingsverslae

Die leerderprofiel vertel hoe die kind se vordering is. Die profiel bevat dus die onderwyser se notering van dit wat by die kind waargeneem is en bewyse van wat die kind gedoen het. (Houdings, waardes en vaardighede). ‘n Skool moet die leerderprofiel aanvra en dit mag nie per hand met ‘n kind na ‘n nuwe skool gestuur word nie.

Hierdie is vertroulike dokumente wat nie deur die leerders se ouers hanteer mag word nie. Leerderprofiele mag nie huis toe geneem word nie en moet by die sekretaresse uitgeteken word indien dit die kluis verlaat. Graad 1, 4 en 7 kollegas moet jaarliks ‘n ID-foto (afgeknip vanaf individuele foto’s) links bo aan binneblad van leerderprofiel vaskram. Die ou foto word dus verwyder.

Page 35: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

L.3 LENTEDAGUITREIKING Doel: Die leerders en personeel betoon dank aan organisasies/instansies vir hul on- baatsugtige diens. Die Lente Dankie-sê-dag vind so naby as moontlik aan 1 September plaas. Elke graad betoon dank aan ’n organisasie of instansie van hul keuse. Voor die tyd word daar vasgestel wat die organisasie se behoefte is. Die leerders samel die items in. ’n Verteenwoordiger/s van die organisasie kom vertel die leerders meer van die organisasie. Op die bepaalde datum oorhandig die leerders die donasies aan die verteenwoordiger. Plakkate word by besighede wat borgskappe aan die skool gelewer het, afgelewer. OOV bestuurslede asook Beheerliggaamslede word ook tydens die poging bedank. L.4 LIEF- EN - LEED VIR “COMMUNICATOR” Alle inligting moet aan die koördineerder deurgegee word. L.5 L.O. APPARAATKAMER Die inventaris is die verantwoordelikheid van die persoon in beheer van die apparaatkamer. Dit beteken dus dat as daar sekere apparate kort, is dit die kollega se verantwoordelikheid om dit weer te soek en te vind. Sorg dat daar ‘n lys voor teen die apparaatkamer se deur aangebring word, waarop aangedui kan word wat uitgeleen word en weer teruggeplaas word. Sorg dat geen leerder alleen, sonder toesig van ‘n onderwyser, in die apparaatkamer ingaan nie. Elke onderwyser wat die apparaatkamer gebruik, moet sorg dat elke apparaat weer by die spesifieke naamkaarte teruggepak word. Persoon verantwoordelik, moet ook sorg dat die apparaatkamer netjies gehou word. Die kleedkamers, agter die saal, moet ook gedurig besoek word - let op na die netheid daarvan. Aan einde van die jaar word die inventaris hersien en ingevul. Persoon verantwoordelik moet ook die L.O.- begroting doen. Hier kan al die L.O. onderwysers se menings gevra word oor sekere apparate wat deur hulle benodig word. Die visieterapie apparaat mag slegs vir visieterapie gebruik word. L.6 LEERONDERSTEUNING Aangesien WKOD nie vir WNPS ‘n leerondersteunings kollega beskikbaar het nie word geen leerondersteuning deur LSO kollegas tydens skooldag gedoen nie (sien D.2).

Page 36: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

M.1 MEDIASENTRUM

Jaarliks moet daar begroot word vir al die aankope en herstel van die boeke, ander voorraad en ook die oudio-visuele apparaat. Nuwe boeke en oudio-visuele apparaat (indien nodig) word aangekoop. Nuttelose of onherstelbare boeke en oudio-visuele apparaat word jaarliks afgeskryf. ‘n Inventaris van alle oudio-visuele apparaat word bygehou. Alle nuwe items word ingevul en afskrywings word aangedui. Stukkende boeke word herstel, plastiek, plakkers, uitleen-kaartjies en datumvelletjies word deurlopend vervang. Ouers kan help met hierdie instandhouding. Deeglike kontrole is uiters belangrik. Die mediasentrum moet te alle tye netjies agtergelaat word. Eenvormige uitleenstelsel moet toegepas word. M.2 MEDIASKAKELING

Ons is geregtig op 2 foto’s per skool, per week in die Worcester Standard. Kollegas moet dus vrymoedigheid neem om koördineerder vir soveel moontlik prestasies in te lig en foto’s te versoek indien hulle by ‘n sport-, kultuur- of ander aktiwiteit betrokke was. Skakelonderwyser maak ‘n afspraak met die Worcester Standard indien daar versoeke van die onderwysers kom. Afspraak moet in pouse wees indien enigsins moontlik. Skakelonderwyser reël met betrokke onderwysers om self teenwoordig te wees tydens fotosessie en ‘n kort inligtingstuk saam te stel oor die betrokke gebeurtenis. Die betrokke onderwyser moet ook toesien dat die verslaggewer die name in korrekte volgorde neerskryf. Van tyd tot tyd moet die skakelonderwyser ‘n bedanking rig vir die gereelde plasing van berigte en foto’s. M.3 MEISIES SE NETHEID (L.O. DRAG EN HARE)

Graad 1 - Graad 7 leerders moet liggaamlike opvoeding doen in die skool se sportdrag. Somer: Donkerblou broekie/rompie maroen hempie wit sokkies by sportskoene (opsioneel) Atletiekfrokkie (slegs vir atletiek en LO) Winter: Donkerblou broekie/rompie/sweetpakbroek maroen hempie wit sokkies by sportskoene (opsioneel)

Algemeen: • Hare moet netjies vasgemaak wees en nie in die oë hang nie. • Oorbelle: slegs ‘n dun, klein oorring (sleeper) of “stud” is toelaatbaar. • Armbande, ringe en hangertjies is ontoelaatbaar. • Slegs donkerblou of wit “alice band” mag gedra word. UITSONDERING • Indien ‘n leerder se L.O.-drag a.g.v. die vorige dag se sportafrigting of wedstryd in die was is, dan mag sy ‘n swart, blou, maroen of wit hempie/sweetpakbaadjie/

kort broekie/rompie/sweetpakbroek aantrek wat netjies is, sonder enige tekens, ens. op.

Bogenoemde reël geld ook vir Gr. 7’s se sport/L.O.-drag wat gedurende die jaar te klein geraak

Page 37: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

het en nie nou kans sien om nuwe L.O.-drag te koop/te bekostig nie. Dié reëling moet egter deur die ouers met die betrokke kollega bespreek word.

Straf vir enige reëls wat oortree is:

• ‘n Briefie indien L.O.-drag om een of ander rede nie by die skool is nie. Indien geen verskoning geldig is nie- word een waarskuwing gegee. (Aangeteken op lêer.) • Bogenoemde reël geld ook vir Gr. 7’s se sport/LO drag wat gedurende die jaar te klein raak. • Na waarskuwing kry leerder dan ‘n fiksheidsstraf (gebruik eie oordeel)

BAIE BELANGRIK

• Persoonlike higiëne, selfrespek, ens. moet voortdurend aangespreek en ook bespreek word. • L.O. moet deurlopend as ‘n geleentheid bekou word om die dogters trots op hulself te maak in alle opsigte - onderwyseres se voorbeeld is onberispelik. Leuse is: “ ‘n Gesonde liggaam, huisves ‘n gesonde gees ….”

M.4 MERIETEBORDE IN SAAL

Alle leerders wat provinsiale kleure verwerf se name verskyn op die merieteborde (borde hang agter teen die saal se houtmuur). Die skryf van die borde word professioneel gedoen. Aan die einde van elke jaar kry jy die name van die leerders wat provinsiale kleure verwerf het van die sportorganiseerder. Maak seker dat alle name van leerders korrek gespel is! M.5 MUSIEKONDERRIG

Musiek word onderrig aan leerlinge vanaf graad R tot graad 7. Instrumente waarin leerder onderrig word is klavier, blokfluit, klawerbord en kitaar. Musiekteorie word saam met die instrument onderrig. Ouers het die keuse tussen een of twee halfuur-lesse per week. Musiekgelde word tydens jaarlikse begrotingsvergadering vasgestel. Leerlinge kom individueel of in groepe. Sommige musiekleerlinge word voorberei vir UNISA- eksamens, prakties en teorie, wat gedurende die tweede en derde kwartale afgelê word. Daar word by verskeie geleenthede vir die meeste van ons leerders die geleentheid gegee om op te tree soos byvoorbeeld by kultuuraande, musiekaande, eisteddfod, tydens sangsaal, saalbyeenkomste, ouetehuise ens. Musiekgelde word aan die einde van elke jaar deur die Beheerliggaam vasgestel in samewerking met die musiekkollegas. Leerders word op ‘n roteerbasis uit hul klasse onttrek gevolglik sal ‘n leerder nie ‘n spesifieke lesuur op gereelde basis mis nie. Musiekgelde is soos skoolgelde streng vooruitbetaalbaar. Indien ‘n leerder gedurende die kwartaal besluit om nie verder musiekonderrig te ontvang nie, is dié ouers steeds vir dié hele kwartaal se gelde verantwoordelik. M.6 MUSIEKAAND

Gedurende die vierde kwartaal word daar ‘n musiekaand gehou vir alle leerders wat by die skool musiekonderrig ontvang. Toegang is gratis. M. 7 MERKWERK

Kollegas se merkwerk moet baie deeglik wees. Vakhoofde moet tydens boekkontrole baie aandag hieraan sowel as die doen van verbeteringe gee. ‘n Kollega kan nie net parafeer

Page 38: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

by werk wat deur die leerders self in hul werkboeke gedoen is nie!

M. 8. MEER TYD LEERDERS ‘n Leerder wat in ‘n spesifieke kwartaal as ‘n moontlike MT kandidaat geïdentifiseer is se naam moet steeds op die MT lys bly selfs al is hy “ge-OOS” of aanbeveel vir spesiale onderwys. Hou kode toekening in gedagte by MT leerders. Maak seker dat ‘n volledige intervensie program ‘n MT motivering vergesel. Personeel moet so vroeg as moontlik amanuensis identifiseer en aanspreek en nie wag tot laat in die jaar nie. Moontlike LSO kandidate so vroeg as moontlik identifiseer en die nodige stappe volg. Alle ouerkontakvorms moet in die profiel beskikbaar wees. Gedurende die laaste OOS-vergadering in die vierde kwartaal word daar ‘n finale besluit rakende ‘n leerder se vordering geneem. Rolspelers sluit in OOS-span, assesseringskomitee, prinsipaal en registeronderwyser.

Page 39: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

N.1 NASORGSENTRUM

Die skakelonderwyser moet die volgende doen:

Ouer- en bestuursvergaderings bywoon (Kennisgewings word uitgestuur). Dra boodskappe tussen die skool en die nasorgsentrum oor. Sien toe dat alle kommunikasie en ander inligtingstukke wat aan ouers gestuur word, ook aan die nasorgpersoneel gegee word. Hulle is ingelig oor “Communicator”. Besoek nasorgsentrum minstens 2 keer per kwartaal Let op: Netheid van gebou, terrein en toilette Volwasse toesig binne en buite gebou Gesels met personeel. Sien toe dat fondsinsamelingsprojekte en uitstappies nie bots met skoolaktiwiteite nie. N.2 NIE-ONDERRIGPERIODES Reëlings t.o.v. nie-onderrigperiodes Onder geen omstandighede mag u u klas / leerders verlaat om enige administratiewe taak (telefoon / faks / admin. ens.) af te handel nie. (Ook nie ge-sprekke met die skoolhoof nie). Dié take moet in u nie-onderrig periodes, pouse (verkieslik nie) of na skoolure gedoen word. As u ‘n ouer dringend moet skakel in verband met ‘n leerder:

- lig skoolhoof / adjunkhoof in - vra vir skool se selfoon - kontak dan dié ouer

Page 40: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

O.1 ONDERRIGTYD PER WEEK

(AANPAS VIR CAPS)

Die minimum kontaktyd is soos volg: Graad R - 23 uur per week

Grade 1 en 2 - 23 uur per week

Graad 3 - 25 uur per week

Grade 4, 5, 6 en 7 - 27½ uur per

Page 41: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

O.2 OBOS VERWYSINGS (Kenny Stevens) - Distrikskantoor 1. Verwysings Distrikskantoor toe moet slegs gedoen word in gevalle waar 'n leerder erge

skolastiese, emosionele of gedragsprobleme openbaar. 2. 'n Leerder wat net gewoon nie goed presteer nie, word nie Distrikskantoor toe verwys nie, al is hy/sy 'n potensiële kandidaat vir meertyd. So 'n leerder word intern deur opvoeders gehelp. 'n Leerder wat miskien vir 'n tweede keer meertyd benodig, sou 'n verwysing Distrikskantoor

toe kry. 3. Opvoeders moet die slaagvereiste volgens die KABV(CAPS) bewyse kan gebruik om vanaf

die eerste kwartaal aan ouers te kan oordra dat hul kind nie op die graad se standaard is nie. Tydens graadvergaderings moet die lys van potensiële MT leerders bespreek word.

4. Wat is die opvoeder se plig t.o.v. 'n leerder wat "sukkel" en nie op standaard is nie? 4.1 Maak 'n intervensievorm vir die leerder "oop" en hou dit deeglik op datum. Hierdie vorm gaan dien as jou bewyse aan die Progressiespan en die ouers, van alle hulp en intervensie wat aan die leerder verskaf is. Hierdie vorm is baie belangrik. Vul alle intervensies in. 4.2 Reël so gou moontlik 'n bespreking met die skool se OOS om maatreëls vir didakties hulp in plek te stel. Dit is die opvoeder se plig om ekstra hulp aan te bied. Die bespreking met die OOS sal genotuleer word en ook as bewyse dien. 5. Opvoeders moet vertroue in hulle professionalisme hê! U moet die selfvertroue hê om aan die ouers te sê dat hul kind nie op die standaard van die graad is nie, (u kodes en assesseringstake moet as bewyse kan dien) en aan hulle kan wys watter ekstra myl u met hul kind loop. 6. As 'n leerder se gedrag van so 'n aard is dat die opvoeder sterk vermoed dat die leerder aandagafleibaar of hiperaktief is, moet u, na 'n OOS-gesprek, wel 'n verwysing en kontrolevorm na die skoolsielkundige, (deur Anne) stuur. U moet ook aan die ouer die opsie gee om sy/haar kind na 'n privaat sielkundige en pediater te neem. 7. Daar is min WKOD hulp beskikbaar vir leerders wat arbeidsterapie benodig. Die staat bied slegs hulp aan vir Gr.R-leerders. Ouers moet self die kostes dra van 'n privaat konsultasie en terapie. 8. As u 'n vermoede het dat 'n leerder enigsins misbruik of mishandel word, moet die op- voeder persoonlik kontak maak met die maatskaplike werkster by die Distrikskantoor. Moet nie 'n verwysingsvorm voltooi nie. Wees versigtig om inligting neer te pen. Hou net rekord van die datums wat u met die maatskaplike werkster kontak maak. 9. Voel vry om ter enige tyd, na 'n OOS-bespreking, met mnr. Stevens kontak te maak as u baie bekommerd is oor 'n leerder se emosionele welstand. 10. Tydens die laaste OOS vergadering moet daar uitgeklaar word van watter leerders wat na die Distrikskantoor verwys is daar nog geen terugvoering ontvang is nie. Hierdie gevalle moet betyds opgevolg word sodat daar met progressie en promosie reeds ‘n antwoord beskikbaar sal wees t.o.v. MT leerders. O.3 ONTHAALAREA BY SPORTTERREIN

Hierdie area word teen ‘n vasgestelde tarief verhuur. Hierdie fasiliteit is teen afslagprys beskikbaar aan personeel. In die kluis is sleutels vir die area wat by die sekretaresse uit- en weer ingeteken moet word. Daar is ‘n komitee wat alle aanbevelings t.o.v. uitbreiding van hierdie area hanteer. Navrae kan aan hulle gerig word. O.4 DIE ONTRUIMINGSPLAN

Die ontruimingsplan is saamgestel om die veiligheid van ons skool se leerders, onder wysers en werkers te verseker. Die koördineerder van die ontruimingsplan moet dus sorg dat hy ‘n plan van die skoolgebou en die terrein het. Elke klaskamer, sowel as die saal, moet so ‘n afskrif hê waarop die roete van ontruiming aangebring is. Die koördineerder het ook ‘n plan van die skool waarop al die brandblussers aangedui is. Hierdie brandblussers moet in samewerking met die faktotum nagegaan word. Die ontruimingsplan word een keer per kwartaal onaangekondig geoefen. Tydens ‘n oefening moet die koördineerder die tyd m.b.v. ‘n stophorlosie neem. Die

Page 42: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

tipe plan wat geoefen word, moet afgewissel word.

O.5 OOV-BESTUUR

Prinsipaal en adjunkprinsipaal dien op Bestuur en ouers word demokraties verkies. Elke klas kies self 'n ouerverteenwoordiger wat projekte koördineer soos vooraf ontvang. Na ‘n sportdag moet die graadhoof wat dié dag aanbied die OOV-bestuurslid asook die betrokke klasverteenwoordigers persoonlik uitnooi na die funksie. O.6 OUERAANDE (INLIGTINGSAAND)

Hierdie aand val saam met die algemene jaarvergadering van die O.O.V.

1. Doel van die samekoms Uitbouing van verhoudinge tussen: ouer en onderwyser

ouer en kind onderwyser en kind

Wedersydse kennis, begrip en vertroue veral tot uitbouing van die kind se sekuriteit en geluk.

2. Noodsaaklike inligting Hantering van tuiswerk.

Ouers se aandeel t.o.v. tuiswerk. Skakeling tussen ouers en onderwysers. Afwesigheid van leerlinge. Stelsel van deurlopende evaluering. Studiemetodes. Deelname aan skool se buitemuurse program - noodsaaklikheid/doel/ te veel. Strafstelsel - doel/ detensieklasse (bespreek optredes as huiswerkboek tuis/weg is). Beloningstelsel - spogkaarte. Eksaminering (gr.4 - 7) - twee keer per jaar. Slaagvereistes (alle graadgroepe). Interpretasie van rapporte. Buitelugopvoeding veral t.o.v. doel, organisasie en befondsing. Prosedure vir aanwys van leerderleiers in Gr.7. Belangrikheid van bywoning van ouerbesoekmiddag indien rapport dit aandui.

3. Aanvullende inligting Merk van skoolklere. Ouerbetrokkenheid by skoolaktiwiteite. Klerebank. Aanlegtoetse (Graad 7’s). Skooldrag: aanbevole drag (prospektus).

4. Organisasie t.o.v. individuele oueraande Onthou:

U naam en graadgroep op deur. Afsprake word d.m.v. sekretaresse gedoen. Sorg vir stoele voor klas se deur. Skakel ligte af en sluit klas wanneer klaar. Stel die skoolhoof in kennis wanneer ouers nie afsprake sonder verskoning nakom nie. Bring belangrike sake onder skoolhoof se aandag. Kies van klasverteenwoordigers wat OOV-projek help koördineer. O.7 OPVOEDERSLÊER Elke kollega is verantwoordelik vir die byhou daarvan. Volg asb. voorskrifte vanaf distrikskantoor, assesseringskomitee en vakhoofde noukeurig.

Page 43: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

O.8 OUERBESOEKE N.A.V. RAPPORTE: Alle leerders ontvang vier assesseringsverslae gedurende ‘n jaar. Hierdie verslag dui aan of ouers ‘n afspraak moet maak om die betrokke onderwyser te sien. Die volgende faktore moet in ag geneem word, wanneer u ‘n besluit neem ten opsigte van ouerbesoeke.

1. Dit is verpligtend vir onderwysers om ouers van gr. R - 7-leerders wat nie ‘n kodes 4 vir Afrikaans of ‘n kode 3 vir die ander vakke kan verwerf nie, te versoek om ‘n ouerafspraak te maak.

2. Bogenoemde reëling geld vir die onderwysers wat Afr., Eng., Wisk., NW, SW, Tegnologie, EBW, KK sowel as Lewensvaardighede onderrig. Dit is nie die alleenlike plig van die registeronderwyser om ouerafsprake te versoek nie.

3. Leerder se gedrag/dissiplinêre probleme.

4. Medikasie: aanvang neem staak dosis verhoog/verlaag NB: Bogenoemde besluite ten opsigte van medikasie moet altyd deur gekwali- fiseerde medici geneem word. Opvoeders kan slegs waarneem en ‘n aanbeveling maak al dan nie.

5. Leerder se sosiale interaksie.

6. Kommerwerkende hoeveelheid afwesigheid.

7. Toestemming vir spesiale dienste.

8. Oorplasing na LSO-klasse of spesiale skool. 9. Hoërskoolplasing - veral in die geval van spesiale skole.

Na afloop van die ouerbesoeke word die ouerkontakvorm voltooi. Nadat die prinsipaal bg. geteken het, word dit in die leerderprofiel gebêre. ‘n Gróót kopseer bly onbetrokke ouers wat ten spyte van die verslag wat aandui dat ‘n oueraf- spraak gemaak moet word, skitter in hul afwesigheid! Poog maar om deur middel van die huiswerkboek of telefonies met hierdie ouers te probeer kontak maak. Ons dra immers die kind se beste belange op die hart!

Page 44: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

P.1 PERSONEELFONDS EN AANKOPE Personeel loods ‘n aksie, bv. hoenderverkope om fondse in te samel vir die personeelfonds. Die wins word inbetaal in die personeelfonds. Vind uit by die sekretaresse wat die personeelfonds beloop en dit word kwartaalliks betaal. Aan die einde van die kwartaal stel die sekretaresse ’n lys saam van uitstaande gelde. Personeellede word in kennis gestel om voor die einde van die kwartaal te betaal. Alle aankope word by Pick n Pay per tjek gedoen. Die sekretaresse maak ’n lysie en sal die persoon verantwoordelik vir die aankope in kennis stel wanneer die aankope gedoen word. P.2 PERSONEELFUNKSIES

Op sosiale gebied word daar gepoog om funksies so aan te bied dat dit in almal se smaak val. Die idees en keuses van die personeel word vooraf getoets voordat daar besluit word watter vorm ‘n spesifieke funksie sal aanneem. Een keer gedurende ‘n kwartaal (meeste van die tyd vroeg in die kwartaal) word daar bv. ‘n braai gehou waar die personeel en gades ens. lekker saam kan ontspan. Die jaareindfunsie word gedurende die vierde kwartaal gehou. Voorafgaande funksie se datum, spyskaart en die vorm wat dit aanneem word reeds in die tweede kwartaal bepaal. Daar word verwag dat elke personeellid bogenoemde funksies sal bywoon. Daar word jaarliks twee personeellede aangewys wat die funksie vir die jaar sal reël. P.3 PERSONEELKAMER - OPENING (SOGGENS)

Alle personeel moet 15 minute voor die amptelike aanvangstyd in die personeelkamer teenwoordig wees. Nadat daar op ‘n gepaste wyse geopen word, word belangrike afkondigings aan die personeel deurgegee. ‘n Spesifieke kollega is verantwoordelik dat die afkondigings aan die preprimêre kollegas oorgedra word. P.4 PERSONEELKAMER SE NETHEID

Betrokke kollega bring kennisgewings aan op aansteekborde. Verwyder ook kennisgewings wat nie meer van toepassing is nie. Maak skryfborde skoon teen die tyd waarop almal kennis geneem het van wat daarop geskryf staan. Kyk dat daar nie onnodige goed rondlê in die personeelkamer nie. Loer maar so van tyd tot tyd in die vakkies en kyk of daar nie te veel goed in die vakkies is nie. Kyk ook vir goed wat rondlê bo-op die vakkies. P.5 PERSONEELONTWIKKELING

Personeelontwikkeling word op ‘n kwartaallikse basis aangebied. Daar word gebruik gemaak van ons eie personeel se kundigheid of persone/instansies van buite. Personeel kry ook geleentheid om onderwerpe aan te beveel wat aangespreek moet word. Dit word gewoonlik op die tweede Maandag van ‘n nuwe kwartaal aangebied. Die kwartaalprogram dui die ontwik- kelingsessie aan. Die skoolhoof en die adjunkhoof sal die ontwikkeling-sessies koördineer. Meer sessies kan na goeddunke gereël word. Uitdeelstukke moet heel agter in Blou Personeelhandleiding geplaas word.

Page 45: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

P.6 POLISIE - SKAKELFUNKSIE

Die persoon in beheer ontvang alle inligting en brosjures vanaf die polisie en moet dit dan ook op rekord hou. Belangrike inligting moet aan die res van die personeel deurgegee word. Vergaderings wat op ons skool betrekking het, moet deur die skakelonderwyser bygewoon word. P.7 PROEFONDERWYS

Die taak van die skakelonderwysers is onder andere;

Die hantering van korrespondensie in hierdie verband. Plasing van studente by graadgroep van hul keuse of soos dit inpas. Deurgee van prosedure by skool aan studente. Bywoon van tutorseminare. Deurgee van inligting aan betrokke onderwysers. Deurgaans leiding aan studente wat organisasie van lesse en besoeke van dosente betref. Proefstudente inlig oor riglyne vir die tydperk by skool. Toesien dat studente oral inskakel - sport, kultuur, personeelontwikkeling, ens. Toesien dat slegs 1 student per graad toegeken word.

STUDENTE - PRAKTIESE ONDERWYS

Ons vra vriendelik dat studente op die volgende sal let tydens ‘n besoek aan ons skool:

Aanvangstye en duur van skooldag

~ Die skool om 07:30.

~ Studente moet saam met die onderwysers 15 minute voor die leerders by die personeelkamer aanmeld waar met godsdiens geopen sal word en ook afkondigings gedoen sal word.

~ Dit is belangrik dat studente net soos die personeel hier baie stiptelik sal wees. Die perso- neelkamer se deure sal toegemaak word tydens die opening met godsdiens en oopgemaak word wanneer met die afkondigings begin word. As daar werklik iets ernstigs gebeur het wat verhoed dat ’n student betyds is, moet die personeelkamer binnegekom word nadat die deure oopgemaak is.

~ Studente moet dieselfde tyd as onderwysers by die skool wees. Beplanning in die Graadgroep en ook intervensie moet bygewoon word, want dit is ook ‘n belangrike deel wat eendag hanteer moet word.

Kleredrag

~ Ons het ’n beleid dat elke persoon besluit dat hy/sy fatsoenlik geklee is.

~ Ons is egter baie gesteld daarop dat geen uitlokkende klere gedra word nie.

~ ’n Jean mag slegs gedra word as daar netjiese skoene en bykomstighede bygevoeg word. (Nie tekkies)

~ Personeel dra op die dae wat hulle net na skool sport afrig of Liggaamlike Opvoeding aanbied die skool se sweetpak. As studente ’n sweetpak van hul opleidingsinstansie het, kan dit ook op sulke dae gedra word.

~ Ons maak staat daarop dat die studente te alle tye smaakvol geklee sal wees en ’n voor- beeld vir die leerders sal stel. Dissipline

Page 46: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

~ Om dissipline gebalanseerd toe te pas, is iets wat met ondervinding kom. Leerders is slim en veral by die hoër klasse vat hulle kanse met studente. Wees hierop bedag en wees streng vanaf die eerste dag.

~ ’n Mens wil graag die leerders se guns wen, maar jy kan vir jouself baie probleme op die hals haal as hulle jou in die sak kry.

~ Wees dus ferm en moenie toelaat dat hulle familiêr raak en teenoor u as student anders optree as wat hulle teenoor hul onderwyser sou optree nie.

~ Moet nooit ’n leerder toelaat om jou op jou naam te noem of as“jy” of “jou”aan te spreek nie.

~ Swak dissipline het al menige student se les gekelder.

~ Goeie dissipline is weer baiekeer een van die redes waarom ’n student ’n uitstekende evaluering kry.

~ Onthou dat ’n mens nie aanvanklik sekere praktyke by leerders kan toelaat en dit dan later verander nie.

~ Sterkte in hierdie verband!! Buitemuurs

~ Daar word verwag dat elke student sal inskakel by ten minste een buitemuurse aktiwiteit.

~ Ons laat hierdie keuse aan die student oor en die tutor sal die eerste dag in hierdie verband reëlings tref.

~ Onthou dat daar altyd tydens ‘n oefening ’n onderwyser teenwoordig moet wees al is dit op die veld langsaan.

~ As ‘n leerder seerkry of as daar enige ander probleem opduik, moet die onderwyser wat teenwoordig is dadelik geroep word.

~ Neem gerus inisiatief en probeer werklik van nut wees by oefeninge. Die opvoeders kan dikwels by die studente leer!

In klasse

~ Sorg dat die onderwyser die eerste dag al weet wat alles tydens die proeftyd voltooi moet word. ~ Begin so gou as moontlik met die aanbied van lesse en om lesse waar te neem. As alles uit- gestel word tot aan die einde kan ‘n mens nie jou beste gee nie. ~ Hou jou proefboek op datum sodat dit voor jy die skool verlaat geteken en gestempel kan word en ook gereed is as die dosente besoek bring. ~ Neem inisiatief en help al word jy nie gevra nie. ~ Beweeg rond in die klas en komplimenteer die opvoeder se les deur belang te stel in die leerders se reaksie. ~ Gee jou vertroulike verslagvorm al die eerste dag vir die klasonderwyser sodat hy/sy van die eerste dag af weet wat ingevul moet word aan die einde. ~ Doen ook moeite met gewone lesse wat aangebied word. Dit is dikwels waarna klas- onderwysers oplet en kan ‘n pluspunt wees. ~ Moenie skroom om vrae te vra vir die klasonderwyser nie.

Vertroulikheid ~ Studente kry dikwels opdragte waar vertroulike inligting omtrent leerders ingesamel moet word. Al word fiktiewe name vir die leerders gebruik, vra ons ernstig dat geen van hierdie inligting aan iemand anders deurgegee word nie. ~ Ons ondervind dat studente meestal baie geïnteresseerd is in die probleme wat met individuele leerders ondervind word en dit is dan ook baie sinvol dat klasonderwysers dit met die studente sal bespreek en veral ook hoe om sodanige leerders te hanteer. Ons vra ook net dat hierdie inligting as baie vertroulik beskou sal word.

Gebruik van administratiewe fasiliteite

Page 47: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

~ Die tutor sal die studente op die eerste dag aan die sekretaresses bekendstel. ~ Afdrukke mag met die medewete van die betrokke opvoeder en met betrokke sekretaresse se toestemming gemaak word. Indien dit meer as 30 kopieë is, moet dit deur betrokke sekretaresse self gedoen word. Geen fotostate mag deur studente tydens skoolure gemaak word nie ~ Indien ‘n student werk het wat op die rekenaar gedoen moet word, kan reëlings met reke- naarkoördineerder getref word. ~ Indien studente papier vanaf hul opleidingsinstansie gebring het, kan dit vir betrokke sekre- taresse gegee word. ~ Studente hoef nie te betaal vir afdrukke wat vir ons leerders gemaak word nie. Alle ander kopieë, soos vir die proefboek, kan teen die tarief, soos vir onderwysers se privaatkopieë, gedoen word. ~ In die personeelkamer is ‘n onderwysbiblioteek waarvan studente gebruik mag maak. Name moet op die kaartjies geskryf word en in die houer geplaas word. Daar moet asb. toegesien word dat al hierdie boeke terug is voordat die skool verlaat word. ~ Indien boeke, aparaat of ensiklopedieë in die biblioteek benodig word, kan ‘n reëling met betrokke kollega getref word.

Algemeen

~ Studente moet poog om te alle tye in die klas te wees. As daar per geleentheid reëlings met ’n ander opvoeder getref moet word of enigiets anders dringend gedoen moet word, moet die klasonderwyser daarvan weet. Die klasonderwyser moet dus te alle tye weet waar die student is. ~ Die klasonderwyser sal ook poog om te alle tye in die klas te wees om sodoende na behore te kan verslag doen van die student. ~ Probeer om middae net na skool beskikbaar te wees indien die tutor of klasonderwyser iets wil bespreek. ~ Indien studente ‘n klaar uitgewerkte les het wat hulle graag wil uittoets, voel vry om die klasonderwyser se toestemming daarvoor te kry al is die klas nie tans besig met daar- die spesifieke werk nie. ~ Indien daar nie reeds ’n groepleier aangewys is nie sal die studente self die eerste dag ’n leier aanwys. Die tutor sal dan ook per geleentheid d.m.v. hierdie leier kommuni- keer en sekere verpligtinge aan so ‘n leier toesê. Die leier sal ook verantwoordelik wees om reëlings met die dosente te tref en hulle te ontvang tydens besoeke. ~ Pouses verkeer die studente saam met die res van die opvoeders in die personeel- kamer en studente en opvoeders moet poog om ook hier te meng. ~ Die skool het op Vrydae die laaste uur ’n kultuurperiode en dit het nou al tradisie geword dat een van hierdie periodes deur die studente aangebied word. Ons sien uit na jul aanbieding!! ~ Studente by die Interm.- en Senior Fase wat deur dosente besoek word, kan kyk na die aangehegte stuk. ~ Studente in die grondslagfase kan ook die spesifieke aangehegte stuk bestudeer. ~ Voel asb. vry om te enige tyd enige probleme met die tutor of klasonderwyser te be- spreek en ons sal dit na die beste van ons vermoë probeer oplos.

Ons wens vir al die studente ’n leersame en aangename tydjie by ons skool toe. Ons het net een begeerte en dit is dat julle hier moet weggaan en nie kan wag om te begin onderwys gee nie!!

GRONDSLAGFASE HALFDAG- EN VOLDAGEVALUERING ‘n Paar praktiese wenke vir ‘n suksesvolle onderwysdag

Page 48: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

1. Sorg vir ‘n netjiese klaskamer - Voordat u middae huis toe gaan sorg dat alle apparaat teruggepak is; borde skoongemaak is (‘n nat lap werk soms beter as ‘n borsel), tafels en stoele netjies is. So ‘n klaskamer wat ‘n regte “leeratmosfeer” skep, dien as motivering vir kinders. 2. Wees self goed voorbereid - doelgerig en maak elke keer seker of u die uitkomstes bereik het. Assesseer uself sowel as die leerders. 3. Nasienwerk: Sien die leerders se boeke deeglik na. Onthou ’n beloning en ’n positiewe opmerking werk goed. Maak vir uself ‘n foute-analise van kinders se werk. Doen opvolgwerk in die klas. Kyk of die leerders die volgende dag verstaan. 4. Sorg vir genoeg vars lug. Maak soggens voor skool die vensters oop. Ook nou in die wintertyd. Die “warm asempies” maak die klas gou warm en benoud. 5. Doen deurlopend evaluering en maak êrens ‘n aantekening daarvan. Hou dit in gedagte by die beplanning van die volgende les. (Veral wanneer u op die mat met die groepe werk) 6. In u beplanning moet u altyd seker maak dat die volgende sinvol en doeltreffend sal wees:Speletjies;gedifferensieerde take, aanbiedingmetodes. Sorg vir ge- reelde afwisseling. 7. Sorg dat u eie apparaat byderhand is. 8. Wees altyd betyds. 9. U eie netheid gaan die leerders aansteek soos masels! 10. Lag gereeld saam met die kinders en wees konsekwent in u optrede.

R.1 RAAM VAN PRESTEERDERS SE FOTO’S

Page 49: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Akademiese-, kultuur- en sportpresteerders word vertoon om erkenning aan presteerdes te gee. R.2 REDENAARSKOMPETISIES

Die taak van die skakelonderwyser is onder andere: Die vasstel van datums vir kompetisies in klasverband, graadverband en dan gesamentlik. Besluitneming oor onderwerpe of temas. Deurgee van temas verkry vanaf ATKV indien reeds beskikbaar. Die reël van bostaande kompetisies. Instuur van name en onderwerpe vir ATKV se redenaarskompetisies. Die afronding van leerders vir bostaande kompetisie. Deurgee van inligting i.v.m. kompetisies aan betrokke leerders. Die bywoning van hierdie kompetisies indien moontlik. R.3 REKENAARLOKAAL

Persoon in beheer moet sorg dat die lokaal ten alle tye netjies is. Alle rekenaars en drukkers moet in ‘n werkende toestand wees. Daar word ‘n rekenaarrooster opgestel wat streng gevolg moet word deur alle onderwysers. Elke onderwyser beskik oor ‘n handleiding waarin werkswyses en sillabusse aangedui word. In die handleiding word ook aan elke onderwyser verduidelik hoe om te werk te gaan in die lokaal. Lees hierdie handleiding sorgvuldig deur en volg dit nougeset. Daar is ‘n handleiding in die lokaal beskikbaar vir gebruik. R.4 REMEDIëRENDE ONDERRIG

Leerders met ‘n normale en selfs bo-normale verstandelike vermoë wat tog nie bevredigend vorder met die baasraak van die basiese vaardighede nie, kan verwys word na die R.O. leerkrag. Dit is ‘n geprivatiseerde pos en fooie word deur die ouers direk aan die persoon betaal. Leerders kan verwys word vir R.O. onderrig deur die leerkrag asook deur die Skool- sielkundige. Ouers moet ook ten alle tye kennis dra en toestemming gee. Leerders kry onderrig tydens skoolure op spesifieke periodes soos deur die leerkrag en R.O. leerkrag gesamentlik bepaal. Behoeftige leerlinge se kostes kan deur die skool betaal word. R.5 ROOKLOKAAL ‘n Rooklokaal is vir personeel ingerig. Slegs in dié lokaal mag daar gerook word. R.6 REKENAARGELETTERDHEID WNPS se onderwysers moet in staat wees om :

1. E-pos te lees en te stuur. 2. Navorsing op internet te kan doen. 3. Opdragte op Microsoft Word te kan tik. 4. Power Point aanbieding voor te berei en aan te bied.

5. Opstel en aanbieding van Mimio lesse 6. Gebruik van die dataprojektor.

Rekenaargeletterdheid is reeds ‘n kriteria vir die aanstel van personeel.

Personeel is veronderstel om opdragte en take aan leerders self op rekenaar voor te berei.

S.1 SAALBYEENKOMSTE

Saalbyeenkomste vind Donderdae vir alle leerders plaas (behalwe met skoolsluiting). Gedurende saalbyeenkomste sal die adjunkhoof die eerste gedeelte van die saal afhandel wat

Page 50: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

die volgende insluit: Aanvang van saal (Volkslied ens.); bekendstel van persoon wat godsdiens waarneem; bedankings daarna; stel leerlinge aan die woord wat verjaardae en sportuitslae moet uitlees; oorhandig sertifikate of toekennings ens; personeel wat verjaar word geluk- gewens. Die hoof word dan aan die woord gestel. Hy voltooi die saalbyeenkoms. Elke personeellid kry geleentheid om saalgodsdiens waar te neem indien daar nie genoeg predi- kante/jeugwerkers/ouers bereid is om saalgodsdiens te hou nie.

Reëlings i.v.m. saalopeninge:

Kollegas moet asb. nie predikante/dienswerkers vra vir saalopening wie reeds op die spesifieke kwartaalprogram aangedui is nie. Lig adjunk-prinsipaal minstens 2 dae voor die tyd in as u iemand gereël het om in u plek die opening waar te neem. S.2 SANGSAAL

Sangsaal vind elke Vrydag vanaf 12:35-13:20 plaas (buiten op uitnaweke). Gedurende hierdie periode bied ons die geleentheid vir leerders om saam te sing, op te tree, kunstenaars te ontvang en gees te bou. Toneelgeselskappe, sprekers en gaskunstenaars word o.a. genooi om ons te besoek. Elke graad vanaf gr. 4-7 sal deur die loop van die jaar geleentheid kry om ‘n sangsaal te reël. Proefstudente hou ook aan die einde van hul proeftyd vir ons ‘n sangsaal. S.3 SELFOON

Die skool se selfoon moet altyd beskikbaar wees as enige span of klasgroep per skoolbus reis. Die betrokke kollega/afrigter moet vroegtydig sorg dat die selfoon gelaai is. Die nommer moet ook vroegtydig aan die betrokke ouers gekommunikeer word. Selfoonnommer: 079 993 3785. Daar moet minstens 1 dag voor die tyd gereël word met die sekretaresse. As ‘n ander groep ook die selfoon benodig, kan u u eie selfoon gebruik en ‘n afskrif van die rekening ter betaling aan die skool voorlê.

S.4 SERTIFIKATE SE SKRYFWERK

Voltooi sertifikate ten minste 2 dae voor oorhandiging, sodat dit onderteken kan word. Akademiese presteerders se sertifikate word op die rekenaar voltooi. Graadhoofde is verantwoordelik om te kontroleer dat dit 100% korrek is.

Page 51: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

S.5 SEUNS SE ALGEMENE NETHEID - (L.O. DRAG EN HARE)

Skooldrag: soos uiteengesit in die inligtingsbrosjure. LO : Leerlinge mag met hul L.O. drag verdaag aan die einde van die dag, mits dit die korrekte L.O. drag is. Hare : “Gel” mag matig gebruik word.

Die kuif mag nie oor die wenkbroue gaan nie. Dit moet altyd netjies versorg wees.

Aangesien “haarinspeksies” baie tydrowend is , word dit egter in die L.O.- klasse gedoen en sommer ook oor die algemeen op die skoolterrein.

S.6 SKAKELING MET HOëRSKOLE

Verteenwoordigers van hoërskole mag die gr.7-leerders een keer per jaar by WNPS toespreek om hul skool te bemark. S.7 SKOOL-, SPORTDRAG EN ALGEMENE NETHEID VAN LEERDERS

Algemeen:

1. Ouers moet toesien dat leerders te alle tye korrek geklee is. 2. Geen kledingstukke se moue mag opgetrek word nie. 3. Reënbaadjies mag SLEGS in die winter bo-oor volledige wintersdrag gedra word. Geen reënbaadjie saam met somersdrag nie. 4. Serpe/handskoene wat in die winter gedra word mag slegs donkerblou wees - verkieslik van “polar fleece”. 5. Indien ‘n leerder ‘n frokkie dra moet dit asb. nie uitsteek of sigbaar wees nie. 6. ‘n Navy pull-over mag saam met somers- of wintersdrag gedra word. 7. Leerders moet op Donderdae korrek geklee wees vir saal. Wintertye - volledige sweetpak, reënbaadjie is opsioneel. Datum sal deur weersomstandighede bepaal word en in die weekbrief aangekondig word. 8. Skooltekkies moet oorwegend wit wees. Strepies of insetsels mag slegs donkerblou of grys wees. (Geen ander kleur). 9. Wit sokkies word by tekkies gedra - geen secret socks of baie kort sokkies nie.

Somersdrag: * Maroen kortmouhemp * Donkerblou quantek kortbroek - seuns * Donkerblou quantek kortbroek of broekrompie - dogters * Sweetpakbaadjie mag gedra word as dit koel is * Tekkies en wit sokkies - opsioneel Wintersdrag: * Maroen langmou- of kortmouhemp * Sweetpakbroek en sweetpakbaadjie - dit word as ‘n eenheid gedra. * Reënbaadjie - opsioneel * Donkerblou skooltrui mag slegs onder sweetpakbaadjie gedra word. Rits baadjie toe.

Algemene netheid van leerders: 1. Leerders moet te alle tye netjies en korrek geklee wees. 2. Wanneer leerders met gewone klere skool toe kom (verjaarsdae en spesiale geleenthede) moet kleredrag ouderdomstoepaslik wees en van ‘n hoë estetiese en sedelike waarde spreek. 2.1 Hare moet netjies en uit die oë wees

Skooldrag

Page 52: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

2.2 Rompies en kortbroeke van dogters mag nie te kort wees nie 2.3 Geen skouerlose- of bandjieskledingstukke mag deur dogters gedra word nie. Geen JT toppies 3. Slegs effekleurige donkerblou of swart skooltasse/rugsakke mag gedra word 4. Kossakkies moet donkerblou wees 5. Nuwe Akker T-hempies mag slegs vir sportoefeninge gedra word. 6. Juweliersware: Geen armbande behalwe “Medic Alert” Studs - goud- of Silwerkleurige bolletjies “Sleepers” - goud- of silwerkleurige ringetjies ongeveer 1,1cm 7. Hare - dogters Kuiwe mag nie in die oë hang nie Hare wat aan kraag raak, moet vasgemaak word Knippies, kopbande (nie breër as 3cm), linte en bolletjies moet donkerblou of wit wees. Geen ander versierings word toegelaat nie Hare/Wenkbroue mag nie gekleur word nie Geen grimering word toegelaat nie Hare - Seuns

Kuiwe mag nie in die oë hang nie Hare mag nie aan kraag raak nie Hare mag nie gekleur word nie. Kuiwe mag gejel word, maar nie te hoog opstaan nie Sportdrag Algemeen: 1. Vir alle sporte behalwe atletiek en hokkie (toks) en rugby (kaalvoet) word wit tekkies gedra. 2. Vir wedstryde word slegs WNPS skoolsweetpakke of provinsiale sweetpakke gedra. 3. Slegs WNPS pette mag na sport gedra word. 4. Sportsakke: WNPS sportsakke is beskikbaar wat gebruik kan word tydens oefeninge en wedstryde. Indien ‘n leerder nie oor ‘n amptelike sportsak beskik nie, mag ‘n donker- blou effekleurige sportsak gedra word. 5. Slegs eerste spanne dra geborgde klere en sportsakke. 6. Geen skipants word tydens wedstryde of oefeninge toegelaat nie. 7. Indien sportdrag vuil is, mag ‘n Akker T-hemp of wit T-hemp na oefeninge gedra word.

Dogters

LO: Donkerblou kortbroek of broekrompie en maroen hempie Atletiek: Atletiekfrokkie en donkerblou kortbroek Netbal: Wedstryde en oefeninge - LO-drag en tekkies

Tennis: Spanne speel in donkerblou broekie of broekrompie en wit hempie Tydens oefeninge word LO-klere gedra Hokkie: Wedstryde en oefeninge - LO-drag en spesiale kouse Seuns LO: Donkerblou kortbroek en maroen hempie Atletiek: Donkerblou kortbroek en atletiekfrokkie Rugby: Wedstryde en oefeninge - Donkerblou kortbroek en maroen rugbytrui Hokkie: Wedstryde en oefeninge - LO-drag en spesiale kouse Krieket: Oefeninge - LO-drag. Wedstryde - Wit broekie, wit gholfhemp en spesiale kouse

S.8 SKOOLGELDE - REËLING

Leerders bring hul ouers se betalings tydens die administratiewe periode aan die betrokke sekretaresse. Ons poog om d.m.v. die debietorderstelsel die “beweging” van geld op die skoolterrein te beperk. Alle ander gelde moet deur die kollegas self na die kantoor gebring word. Sportdrag

Page 53: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

S.9. SIELKUNDIGE VAN DISTRIKSKANTOOR

Verwysing van leerlinge na die skoolsielkundige word op ‘n verwysingsvorm ingevul en met die hoof se oorlegpleging gedoen. Ouers moet ook kennis dra van die ver- wysing en hul handtekening word vereis op die vorm. Die Skoolsielkundige besoek die skool op gereelde tussenposes. Voltooide vorms word deurgestuur deur skakelpersoon na die skoolsielkundige wat dan besoeke reël. Na toetsing word ‘n onderhoud met die spesifieke leerkrag en ouers gereël deur die skoolsielkundige. S.10 SKOONMAAKDIENSROOSTER

Die rooster word kwartaalliks opgestel. Die skoonmaak van die terrein geskied in die administratiewe periode. Slegs grade 5,6 &7 is hierby betrokke. Die kwartaal word opgedeel in gelyke dele (weke), afhangende van hoeveel klasse in elke graad is. Voorbeeld: Graad 5 (2 klasse) Onderwyser 1: Week 1-4 Onderwyser 2: Week 5-8 Graad 7 (3 klasse) Onderwyser 1: (week 1-4) Onderwyser 2: (week 5-8) Onderwyser 3: (week 9-12) Elke klas is verantwoordelik vir die skoonmaak van ‘n spesifieke area: Graad 5 - Teervierkant en voortjies Graad 6 - Grasperk voor skool en agter biblioteek en voor Gr.2 en 3 klasse Graad 7 - Rondom LSO-klasse en voor Gr.1 klasse Die ideaal is dat die harde besems wat gebruik word, in die klas van die persoon in be- heer van die skoonmaakrooster gehou word en net soggens afgehaal word. Elke klas kan seker maak dat daar geen papiere rondom (of onder) hul klasse rondlê nie.

S.11 SKRYF EN HANDBOEKE

Handboeke: Vorm met hoeveelheid beskikbare boeke in klas word oorgedra vanaf vorige jaar. Boeke word aangevul volgens behoefte in klas uit boekstoor. Kontrolelys word gehou van boeke deur elke leerder ontvang. Afskryf van verslete boeke word voorlopig gedoen aan begin van 4de kwartaal. Verlore boeke word betaal deur leerders (vervangingswaarde). Handig voltooide vorm in aan einde van die jaar by betrokke kollega. Skryfbehoeftes: Slegs boeke is beskikbaar - nie skryfbehoeftes. Lys van boeke benodig word gedurende November ingevul op ‘n vorm vir die volgende jaar. Boeke word uitgereik aan einde van die jaar of aan die begin van die skooljaar. Boeke word aangevul deur loop van die jaar volgens behoefte. Algemeen: Kontrole oor boeke moet noukeurig wees. Netheid en versorging van boeke moet voordurend prioriteit geniet. Spesifieke behoeftes word bespreek. Boekstoor is oop op spesifieke dag volgens kwartaalprogram. Vorms is beskikbaar by boek- stoor en sal deur skakelpersoon uitgedeel word. Niemand word toegelaat om voor- raad te neem sonder skakelpersoon se toestemming nie. S.12 SPORTUITSTALLING IN VOORPORTAAL

Alle eerstespan afrigters voorsien die betrokke kollega met ‘n foto van die kaptein met sportdrag en waar die borg se naam duidelik is. Dié foto word dan vergroot en op die aangewyse aan- steekbord in die voorportaal aangebring vir die res van die jaar. Die houtvertoonkas kan ook gebruik word vir meer permanente uitstallings.

Page 54: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

S.13 SWEM

Swem is nie meer ‘n skoolsport van ons skool nie, maar daar is wel ‘n aantal swemmers wat jaarliks aan die Boland byeenkomste deelneem. Daar moet seker gemaak word dat daar in die begin van die seisoen geaffilieer word. Swemmers moet betyds ingeskryf word vir byeen- komste. Swemmers betaal self hul inskrywingsfooie vir byeenkomste. Ouers word gevra om as beamptes op te tree en ouers sorg self vir vervoer na byeenkomste. Sportorganiseerder gee alle inligting insake swem deur aan die betrokke ouer wat as koördineerder optree.

S.14 SKOOLLIED

Net soos 'n kleine akkertjie groei tot ‘n forse eik. Sal Worcester-Noord se kinders hier ook na die hoogtes reik. Gesond na liggaam, siel en gees, Dit sal ons hoogste strewe wees; Daarom sal ons van dag tot dag Ons plig steeds doen met al ons krag. S.15 STOFSUIER

Geen kollega mag die groot oranje masjien gebruik nie. Die masjien wat die personeel mag gebruik, is in die stoor oorkant die graad 2 klasse. Dié masjien mag slegs in administratiewe periode gaan haal word en tydens pouses terugbesorg word. Na skool word dit in die grondslagfase gebruik. Rooster vir die gebruik: Maandae : Graad 4 Dinsdae : Graad 5 Woensdae : Graad 6 Donderdag : Graad 7 Vrydag : LSO S.16 SLEUTELS – SPORTTERREIN

Die sleutels moet uit- en weer teruggeteken word in die boek wat by die sekretaresse beskikbaar is. Persoon wat die sleutels uitteken is verantwoordelik vir dié sleutels. S.17 STRAF EN BELONINGSTELSEL

Daar is 'n eenvormige stelsel vir grade 1 - 7 in huiswerkboekies

Sien asseblief inligting in die lêer. Riglyne vir toekenning van spogkaarte in u klas.

Eerste kwartaal = 10% van leerders in u klas ontvang spogkaarte Tweede kwartaal = 10% - 20% van leerders in u klas ontvang spogkaarte Derde kwartaal = 20 % - 30 % van leerders in u klas ontvang spogkaarte Vierde kwartaal = Ongeveer 40% van u klas moet teen einde Oktober reeds spogkaarte ontvang het. S.18 STOORKAMERS

Daar moet streng gehou word by die vooraf indeling waar elke stoorkamer vir spesifieke funksie/sportsoort gebruik word. Die inventaris agter die deur moet op datum gehou word.

Page 55: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

S.19 SKOONMAAK VAN KLASSE

• Indien leerders die lokaal tydens pouses moet skoonmaak, moet die betrokke onderwyser fisies daar teenwoordig wees. • Alle klasse word tydens pouses gesluit - geen uitsonderings nie! Alle klasse sal minstens 1 keer per week uitgevee/gestofsuig word.

S.20 SKOOLSAAL – INSTAP- EN VERDAGING UIT SKOOLSAAL Indien klok lui vir begin van skooldag op ‘n Donderdag vir saal: 1. Leerders val netjies in rye voor saal in en wag vir opvoeders om hulle netjies in volgorde te

laat instap. Die persoon op ryediens groet eers die leerders en eers daarna mag hulle saal ingaan. Die gr. 7’s en LSO stap eerste (linkerdeur), gr. 4’s middeldeur en gr.1’s (regterdeur) ens. Onderwysers beweeg saam met leerders totdat hul doodstil sit. * Daarna stap personeel na verhoog/sit langs kante van saal!

2. Na saal sit leerders totdat personeel by hulle aansluit en hulle ry vir ry laat opstaan en by deure laat uitstap na die vierkant (sonder om te praat) waar elke onderwyser by sy klas wag om dan weer ry vir ry te verdaag na klasse soos voor skool. (Onderwyser aan diens sal rye laat stap).

3. Tydens rëendae mag leerders tasse voor klasse plaas en in die gang wag waar sy/haar klas is. Wag netjies in die gang totdat klok lui vir die begin van skooldag. Geen gesels/stamp ens. Pouse bly leerders in klasse saam met onderwyser om sodoende orde te handhaaf!

4. Rëendae op ‘n saaldag (Donderdag) sal (hoofgebou) onderste gang eerste na saal stap vanaf rekenaarlokaal en daarna die boonste gang vanaf Mnr. Koopman se klas. Gr. 1-3 in die gebou beweeg klas vir klas vanaf Mev. Schoeman se klas totdat gebou leeg is, daarna die opslaanklasse in die onderste gang van hoofgebou langs totdat almal in die saal is! Die personeel vergesel die leerders die heeltyd! Verdaging sal soos gewone saaldae wees met die uitsondering dat slegs linkerkantse en regterkantse saaldeure gebruik word totdat die saal leeg is met enkelrye!

T.1 TAAKGROEPE

Hierdie stelsel moes ongelukkig aangepas word a.g.v. CAPS se nuwe tydtoewysing per vak. * Sien leerderleiers by V.10. T.2 TELEFOONOPROEPE EN FAKSE

Alle amptelike oproepe binne en buite Worcester, oproepe na selfone en alle fakse moet op die voorgeskrewe vorms aangeteken word. Alle privaatoproepe is vir u eie rekening en u sal aan

Page 56: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

die einde van die maand ‘n rekening daarvoor ontvang. U hoef nie u pri- vaatoproepe aan te teken nie, omrede u kode alle oproepe wat u maak aandui. Indien u ‘n be- langrike oproep uit u klas moet maak, kan u die skool se selfoon daarvoor gebruik. In uitson- derlike omstandighede kan dit gebeur dat u ‘n noodsaaklike amptelike oproep vanaf u huis of selfoon moet maak. Stuur dan u maandelikse Telkom rekening plus ‘n skrywe wat dié oproep verduidelik aan die kantoor en die skool sal alle verdienstelike kostes terug betaal. Persoonlike selfone moet te alle tye tydens onderrigtyd afgeskakel wees – buitengewone verdienstelike gevalle kan vooraf met prinsipaal gereël word. T.3 TERREINDIENS

Die diens word daagliks verrig gedurende die twee pouses. Personeel verantwoordelik word op die terreindiens-program aangedui. Vier personeellede doen diens per dag. Die terrein is in vier dele verdeel. Sien aangehegte kaart. Programkaart is ook op die kennisgewingbord. Pligte van diensdoende personeel

1. Nadat die klok vir pouse gelui het, kry ‘n leerder u tee / koffie vir u. Die kollega wie se admin taak dit is om dit te reël, reël vooraf met leerders om dit aan u te bring. U beweeg na buite sodat u sigbaar kan wees vir die leerders. 2. Toilette, gange en klasse moet besoek word. Geen leerders sonder toestemming mag in die gange of klaskamers ronddwaal nie. 3. Klagtes moet sover moontlik deur betrokke personeellid opgelos word. Ernstige gevalle word na die kantoor of adjunkhoof verwys. 4. Indien ‘n leerder ernstig beseer is moet ‘n geneesheer ontbied word. Sekretaresse kan noodhulp toepas as dit normale beserings is. 5. Onthou om die beseringsregister in te vul. 6. Persone wat by terrein diens doen moet minstens 1 keer tydens pouse ‘n draai in die biblioteek gaan maak. 7. Maak 100% seker dat leerders op die regte plekke speel.

Bogenoemde diens is van groot belang vir goeie dissipline en die vlot funksionering van die skool.

Indien dit reën tydens pouses geld die volgende reëlings:

• Leerders bly in die klas waar hulle direk voor pouse was. Leerders mag hul broodjies ens. eet. Gebruik dit maar as ‘n opvoedingsproses t.o.v. netheid ens.

• Leerders mag die toilette besoek - gebruik u professionele oordeel asb. • Geen leerder mag dus in gange sit/speel nie. • Normale klaskamerreëls (soos geen balspele) geld. Bordspeletjies is wel toelaatbaar. • Tydens die eerste personeelvergadering van die jaar moet die leerders wat koffie/tee na

klasonderwysers gaan neem geïdentifiseer word. • Geen ander lokaal soos bv. die rekenaarlokaal mag pouses deur enige ander leerder, sonder

toesig, deur die betrokke rekenaarkollega besoek word nie

V.1 VAKLÊER:

(sien OPVOEDERSLÊERS) V.2 VAKVERGADERINGS

Word 2 keer per jaar gehou (1ste en 3de kwartaal).

Page 57: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

V.3 VERFWERK

Mure en permanente advertensieborde - gebruik die verf van u keuse. Koop benodigd- hede aan. Doen navraag by faktotum i.v.m. winkel waar aankope gedoen kan word. V.4 VERJAARDAE: GRAAD 1 - 7 EN LSO LEERDERS

Skakelonderwyser vir die leerderleiers is verantwoordelik om 2 kalenders aan die begin van die jaar te sirkuleer aan alle kollegas. Gr.1, 2, 3 en LSO1 leerders word op een kalender ingevul en gr. 4 - 7 en LSO2 leerders se verjaardae op ‘n ander kalender. Onthou om vertrekkendes te skrap. ‘n Datumlys word ook opgestel, leerders word dan ook ingedeel saam met die datumlys om dit tydens saal te lees. Die kollega sorg ook dat kaartjies, stokkielekkers, kaartjies met lekkers, ens. in gereedheid gebring word vir saalbyeenkomste en sorg ook dat die mandjie met “geskenke” Donderdae voor saal onder die kateder geplaas word. Tydens saalbyeenkoms word die name van die leerders gelees, leerders kom na die verhoog as hulle name uitgelees word. Hulle word dan gelukgewens deur ‘n leerderleier en ontvang “iets”. Geld vir aankope van lekkers, ens. word dan deur taakgroep self ingevorder. V.5 VERJAARDAE - PERSONEEL

Betrokke kollega moet asseblief sorg dat alle personeel, hul gades, O.O.V.-lede en Be- heerliggaamslede se verjaardae maandeliks op ‘n plakkaat in die personeelkamer aan- gebring word. Vul gereeld nuwe aanstellings se datums by en verwyder vertrekkende persone s’n. Daar is geen vaste reëling vir die bring van verversings aan die personeel nie. Individue of groepe wat saam in ‘n maand of kwartaal verjaar, is egter welkom om op eie inisiatief en op vrywillige basis reëlings in die verband te tref. V.6 VERKEERSVEILIGHEID

Die betrokke kollega skakel met die verkeersdepartement aangaande sperstrepe, voet- oorgange, die bemanning van oorgange en die reël van toepaslike sprekers. Geel veiligheidsbande word tydens wintermaande aan alle leerders wat na skool stap of fiets- ry gegee en aan einde van die derde kwartaal weer ingeneem deur die koördineerder. V.7 VORDERINGSVERSLAE

Verslaghouding is ‘n bestuurs- en ‘n beplanningsdokument wat ten doel het om die leerder se vordering te bevestig en om die opvoeder met sy/haar beplanning te help en om ouers op hoogte te hou van hulle kinders se vordering. In die grondslagfase word ‘n vorderingsverslag aan die einde van ‘n kwartaal saam met boeke huis toe gestuur. Ouers erken ontvangs op ’n eenvormige vormpie wat saamge- stuur word. In die middel van die kwartaal word leerders se boeke (sonder ’n vorde- ringsverslag) ook aan ouers gestuur. Ouers moet weer genoemde ontvangserkenning voltooi. Grade 4 - 7 stuur kwartaalliks ’n vorderingsverslag aan ouers waarop kodes en persen- tasies aangeteken word en alle CAPS Rapporte ‘n opmerking per vak. Ouers kry dan geleentheid om afsprake by onderwysers te maak om leerders se vorde- ring te bespreek. V.8 VERSORGINGSBELEID

Die personeel verleen bystand aan siek kollegas en hul gesinne (indien die kollega vir 3 of meer dae met siekteverlof is) op die volgende wyses: • Groepe word opgestel (gewoonlik in graadgroepe) • Koördineerder hou register sodat beurte regverdig roteer • Gesin ontvang twee maaltye per vol week (vir ‘n maksimum van 2 weke).

Dit staan enige kollega vry om enige tyd ekstra versorging aan te bied.

Page 58: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

V.9 VEILIGHEIDSBELEID

1. DOEL: Die doel van die beleidstuk is om die veiligheid van alle persone op die terrein van die skool te verseker in terme van Wet no.6 van 1983. 2. VEILIGHEIDSKOMITEE:

Die Veiligheidskomitee bestaan uit ‘n voorsitter en 5 lede. Die lede van die Veiligheidskomitee word skriftelik deur die hoof benoem. (Sien bylaes B - G aangeheg) Die veiligheidskomitee vergader minstens een keer per kwartaal. Vergaderingsprosedure word gevolg en die komitee hou notule van alle besluite. Werksaamhede kan verder onderverdeel word, maar die verantwoordelikheid om toe te sien dat alles volgens die korrekte riglyne plaasvind berus by die aangestelde Veiligheidskomitee se lede. 3. VEILIGHEIDSTERREINE:

Die volgende veiligheidsterreine is deel van die Veiligheidskomitee se verantwoordelikheid. * Geboue (sluit glas en vensterruite in) skoolterrein * Terreine sportvelde preprimêre terrein nasorg– en speelgroep se terrein * Masjiene (sluit voertuie in) * Elektriese installasies * Aktiwiteite waar leerders betrokke is * Toesig en beheer (terreindiens, klasbeheer en puntdiens) 4. NALATIGHEID:

Enige opvoeder wat verantwoordelik is vir ‘n groep leerders in sy/haar teenwoordigheid mag onder geen omstandighede nalatig optree nie. Indien nalatigheid bewys kan word, sal sodanige persoon persoonlik verantwoordelik gehou word vir enige eise wat mag ontstaan uit sy/haar nalatigheid. 5. BESOEKERS TOT DIE SKOOLTERREIN:

Alle besoekers wat die terrein betree, moet eers by ontvangs aanmeld en ontvang dan ’n besoekerskaart wat hul indentifiseer. Dié reëling word gereeld aan alle ouers gekommunikeer. Ingang/beheer word gekontroleer deurdat alle ander buitehekke tydens skoolure gesluit word en ingang word beperk tot die voorhek voor die skool.

6. BESERINGS:

Alle beserings word in die beseringsregister aangeteken. Ouers word onmiddellik in kennis gestel en indien ouers nie beskikbaar is nie, word die beseerde na ‘n mediese dokter geneem of ’n ambulans word ontbied. 7. VERSEKERING:

Die skool het die nodige versekering insake die vervoer van leerders. 8. PADWAARDIGHEID VAN VOERTUIE:

Page 59: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Elke jaar word ons skoolbussie geneem vir ‘n padwaardigheidstoets. 9. VERVOER VAN LEERDERS:

Slegs persone wat oor die nodige openbare bestuurspermitte beskik word toegelaat om leerders in die skoolbussie te vervoer. 10. GEBOUE EN TERREIN:

Basiese veiligheidsreëls en –reëlings is vervat in die skoolreëls. * Leerders mag geen kragaangedrewe apparaat sonder personeeltoesig hanteer nie. * Leerders mag nie skoolvoertuie bestuur nie. * Leerders mag nie aan brandblussers peuter nie. * Spesiale reëls geld vir die tegnologie-; L.O.- en Wetenskapklas. * Store word gesluit en is buite perke vir leerders. * Die WKOD se rookbeleid word toegepas. * Die skoolterrein is vir die verskillende ouderdomsgroepe afgebaken. * ‘n Terreindiensrooster word gebruik en 4 kollegas doen elke pouse terreindiens. 11. NOODHULP:

Die skool beskik oor noodhulpkissies in die kantoor, laboratorium, tegnologieklas en L.O.-stoor. Tydens sportbyeenkomste word van ‘n geregistreerde noodhulpdiens gebruik gemaak.Alle personeel is voorsien van rubber handskoene in gevalle waar bloed betrokke is. Mediese inligting word vertroulik hanteer. 12. NOODPLAN:

Die skool het ‘n deeglike werkbare noodplan wat kwartaalliks ingeoefen word. In elke lokaal is dié prosedure en ontruimingsroete aangebring. (Sien bylae A asb.) 13. SEKURITEIT:

Die skool het op eie onkoste veiligheidsligte, veiligheidsglas (kantore) veiligheidshekke en ’n alarmstelsel laat installeer. Die alarmstelsel is gekoppel aan ’n gewapende reaksie eenheid. Paniekknoppies is ook in die 2 administratiewe kantore aangebring waar daar van tyd tot tyd met kontant (geld) gewerk word. Sleutelbeheer word deeglik toegepas en die in– en uitteken daarvan is deel van die alledaagse roetine.

14. GEDRAGSKODE: Die skool het die nodige reëls en prosedure in plek om op te tree teen leerders wat die regte en voorregte van ander skend. 15. BRANDBLUSSERS: Na ontleding deur die WKOD beampte is die getal brandblussers uitgebrei tot die aanvaarbare getal. Dié brandblussers word jaarliks gediens en alle personeel word jaarliks blootgestel aan ‘n inligtingsessie deur die Brandweer aan die werking van brandblussers. 16. GESONDHEIDSDIENSTE: Indien die skool onseker is van enige gesondheidsaangeleentheid by die skool, sal die

Page 60: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

Staatsdepartement van Gesondheid gekontak word. Enige vermoede t.o.v. molestering, dwelmgebruik of mishandeling word volgens amptelike prosedure na die skoolkliniek verwys. Die beleidsdokument, Stop misbruik: Effektiewe Hantering van Kindermisbruik, is onder die aandag van die ouers en personeel gebring. 17. SLOT: Daar word gepoog om ons skool ‘n veilige skool vir die hele gemeenskap te maak. Hierdie dokument mag uitbrei of verander soos toestande dit regverdig.

V.10 VERKIESING VAN LEERDERLEIERS ~ Leerders moet steeds binne die skoolopset maksimum geleentheid gebied word om hulself te bewys, maar aangesien leierskap ook by ander geleenthede soos byvoorbeeld sport, uitstappies, ens. uitwys, word elkeen die geleenthede gegee om enige iemand in die graadgroep te nomineer. ~ Nominasies word d.m.v. geslote stembriefies gedoen. Nominasies word aan die einde van die eerste kwartaal gedoen en die genomineerdes word tydens die laaste saal- periode van die eerste kwartaal bekend gemaak. Elke leerder kan 2 seuns en 2 meisies nomineer.

Page 61: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

~ Om op die nominasielys te kom, moet ‘n leerder deur ‘n minimum van 10% van die leerders genomineer word. ~ Die personeel het vetoreg op die nominasielys en kan in uitsonderlike gevalle die nominasielys verander na goeddenke. Die name wat op die nominasielys verskyn, is leerders wat volgens die onderwysers elkeen ‘n potensiële leerderleier is. ~ As ‘n leerder reeds detensie gesit het of ‘n enkele ernstige oortreding begaan het, kwalifi- seer hy/sy nie vir die nominasielys nie. Die kwartaallikse strafstelsel kan hier as riglyn dien. Indien ‘n leerderleier ‘n ernstige oortreding begaan of vir detensie kwalifiseer sal sy posisie as leerderleier deur die skool se bestuurspan en leerderleiers se skakelonderwyser bespreek word. ~ Hoofleiers word aan die einde van die tweede kwartaal verkies. ~ Slegs die onderwyser in beheer van die leerderleiers en die skoolhoof sal die uitslag van die stemming weet. Die uitslag sal by die laaste saalbyeenkoms van die tweede kwartaal bekend gemaak word. ~ Stemming geskied d.m.v. ‘n geslote stembrief. ~ Slegs die prinsipaal, graad 6 en 7 opvoeders en 0.13 of 0.14 sportafrigters het stemreg as personeel. Alle graad 7 leerders het ook stemreg. ~ Elke persoon het 1 stem vir ‘n seun en 1 stem vir ‘n dogter tydens stemming. ~ Die stemme van die personeel se waarde is 50% en die stemme van die leerders se waarde is 50%. ~ Leerderleiers vergader weekliks op Maandae van 13:45 -14:30.

TAKE VAN GENOMINEERDES AS LEERDERLEIERS

• Vlae

• Saal - Vlae

- Verjaarsdae - Kultuur-uitslae - Sportuitslae - Hulp met stoele pak, projektor, klank ens. - Hulp by Gr. R en Gr.1 se opedae - Diens in gange en rye - Take soos vooraf bespreek met Prinsipaal - Inneem en uitdeel van selfone

Page 62: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

W.1 WEEKBRIEF WORD VERVANG DEUR “COMMUNICATOR”

Alle belangrike inligting en uitslae moet so gou as moontlik na die koördineerder gestuur word. Onthou om u handtekening/naam onderaan dié berig te plaas.

W.2 WISKUNDE OLIMPIADE (AMESA)

Alle leerders (graad 4-7) neem aan die eerste rondte deel. Kollega verantwoordelik volgens administratiewe indeling tref reëlings t.o.v. afskrifte aan alle leerders in alle graadgroepe. Die vraestelle word op ‘n spesifieke dag tydens skoolure geskryf. Alle leerders wat 70% of hoër behaal, word ingeskryf vir die finale rondte. Die persentasie kan in samewerking met die wiskunde vakhoof aangepas word. Die skool is verantwoordelik vir die inskrywingsgeld.

Page 63: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

E. 7 DIE SKEP EN BEHOU VAN ‘N TOETS- EN EKSAMENKULTUUR BY WNPS

1. Die hele klas het vir die volle duur van die vraestel, soos aangedui op die instruksieblad, die

vraestel voor hulle. Geen vraestelle word voor die tyd ingeneem nie.

2. Leerders mag nie die eksamen/toetslokaal gedurende die skryf daarvan vir enige rede

verlaat nie. Indien ‘n leerder se badkamerbesoek baie dringend is moet hy/sy vergesel word

van ‘n volwasse persoon. Moedig dus asb. leerders aan om gedurende die administratiewe

periode die badkamer te besoek voordat hul toetse/vraestelle uitgedeel word.

3. Leerders mag nie wanneer hul vraestel/toets voltooi is, ‘n leesboek of enige ander werk

uithaal nie. Leerders moet onderrig word om vir die volle duur van die vraestel/toets met

die vrae om te gaan, hul werk deur te kyk, foute op te spoor en reg te stel.

4. Absoluut geen gesels, selfs nie oor iets anders as toetsinhoud mag geduld word nie.

Sommige WNPS leerders is onder die indruk dat solank dit nie oor die werk is wat ek iets

saggies fluister nie, is dit in orde. ENIGE GESELS GEDURENDE DIE TOETS MOET DEUR ALLE

OPVOEDERS DIESELFDE HANTEER WORD: STRAFMERKIE VIR AANHOUDENDE GESELS MET

DIE AANDUIDING DAT DIT IN ‘N TOETS/VRAESTEL PLAASGEVIND HET.

5. Registeropvoeders kan leerders voor die eksamen/toetsreeks begin aanmoedig om te kyk

watter van hul skryfbehoeftes aangevul moet word. Leerders benodig twee blou penne, ‘n

potlood/pacer, liniaal, sakrekenaar, wiskundige toerusting en klein kramdrukker.

6. Maak gebruik van eksamenafskortings, waar moontlik, en onderrig leerders gereeld die

waarde van eerlikheid.

7. Berei eksamenlokale (Junie- en Novembermaand) ten minste een dag voor die tyd voor en

verwyder plakkate wat leerders in daardie klas ‘n onregverdige voordeel kan gee. Skuif

banke so ver as moontlik uitmekaar.

8. Opvoeders neem elke leerder se antwoordstel self individueel op. Moenie vra dat hul dit na

die voorkant van die ry stuur of in groepies self bymekaar maak nie. Leerders vergeet soms

om hul vraestelle in te handig en as die ongemerkte toets/vraestel dan die volgende dag

ontdek word, is dit ‘n SAOK aangeleentheid.

9. Voltooide toetse/vraestelle mag nie deur ‘n leerder na die betrokke onderwyser geneem

word vir merk nie. Dit word deur die registeropvoeder of internskap besorg by die persoon

wat vir die assessering verantwoordelik is.

10. Leerders en ouers word elke kwartaal van ‘n werksafbakening voorsien in die vorm van ‘n

harde kopie sowel as op “communicator”. Vir laasgenoemde is die graadhoof

verantwoordelik om die hele graad se inligting na Mev. Viljoen te e-pos.

11. Maak seker watter klasse het leerders wat amanuensis ontvang en maak assseblief ekstra

kopieë vir daardie klasse.

12. Internskappe wat instaan vir opvoeders moet toesien dat bogenoemde reëlings nougeset

nagekom word.

NS: Kollegas, dink gerus terug aan toe u self die matriek eksamen afgelê het.

Eksamenprosedures vir graad 12 en graad 4 – 7 is presies dieselfde!

Leerders wat almal vanaf graad 4 – 7 aan dieselfde eksamenprosedures blootgestel word, weet later

presies wat van hul verwag word. Dit maak die taak van opvoeders by WNPS soveel makliker.

Page 64: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.

7.1. P. Borcherds (prinsipaal). [225]

* Lid van bestuurspan. (15)

* Lid van beheerliggaam. (10)

* Lid van OOV bestuur. (10)

* Begroting help opstel en bestuur. (20)

* Nagaan van alle tikwerk wat aan ouers gestuur word (spel- en tikfoute). (20)

* Byhou van akademiese-, sport- en kultuurbalkies en reël vir name op

merieteborde. (15)

* Daaglikse afsprake met ouers/WKOD amptenare. (15)

* Jaarprogram opstel. (10)

* Blou personeelhandleiding koördineer. (10)

* Administratiewe indelings koördineer. (10)

* Geletterdheid en gesyferdheid se statistiek in lêer byhou en aksieplanne

koördineer. (10)

* Lid van SAOK. ( 5 )

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

* Lid van veiligheidskomitee. ( 5 )

* Skool verteenwoordig by funksies (buite skoolverband) om WNPS te bemark. (15)

* Bestuur algemene dissipline. (15)

* Koördineer intermediêre/snr. fase se internskappe. (20)

* Krieketorganiseerder. (15)

7.2. G. Booysen (adjunk-prinsipaal). [220]

* Skakel met faktotum, werkers en sekretaresses (PPBOS ingesluit). (20)

* Bestuur instandhouding van terrein en geboue (skool en sportterrein). (20)

* Vakhoof EBW. (15)

* Vakhoof NW & Tegnologie. (15)

* Alle busvervoer reël en skoolbus instand hou. (15)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Veiligheidskomitee koördineer. (10)

* Lid van beheerliggaam. (10)

* Lid van OOV bestuur. (10)

* Skakel daagliks met prinsipaal en los af wanneer nodig. (20)

* Lid van SAOK. ( 5 )

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

* Koördineer saalbyeenkomste. (15)

* Lid van klerekomitee. ( 5 )

* Skakel met verkeersdepartement insake verkeer en veiligheid van leerders. ( 5 )

* Alle seunstoilette weekliks nagaan vir netheid. (20)

* Atletiekorganiseerder. (15)

INDIVIDUELE PLIGSTATE

Page 65: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.3. D. de Bruyn (departementshoof – gr. 5A). [135]

* Registeronderwyser. (20)

* Graadhoof. (20)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Hulp aan R. van der Westhuizen insake rekenaars. (10)

* Koördineer AMESA vraestelle en inskrywings. (10)

* Vakhoof wiskunde. (15)

* Skakel met proefstudente (gr. 4 – 7). (10)

* Koördineer jaarlikse nasionale onderwystoekennings. ( 5 )

* Skakelpersoon t.o.v. kursusse vir personeel. (10)

* Maak van beplanningsboeke vir gr. 4 – 7 kollegas. (15)

* Rye diensrooster opstel van wie afkondigings moet maak. ( 5 )

7.4. Y. de Villiers (departementshoof – gr. 2C). [130]

* Registeronderwyser. (20)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Vakhoof – grondslagfase wiskunde. (15)

* Assesseringskoördineerder (gr. R – 3). (20)

* Bestuur dissipline (gr. R – 3 en LSO 1) in samewerking met C. Schoeman. (20)

* Bestuur grondslagfase se internskappe. (20)

* Terugvoer in personeelkamer na leierspanvergaderings. ( 5 )

* Lid van SAOK. ( 5 )

* Lid van OOS span. ( 5 )

* Koördineer alle leesboeke en apparaat se getalle in grondslagfase. ( 5 )

7.5. C. Schoeman (departementshoof – gr. 6C). [130]

* Registeronderwyser. (20)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Vakhoof SW. (15)

* Sportorganiseerder (20)

* Rugbyorganiseerder (15)

* Bestuur dissipline (grade 4 – 7 en LSO 2) – reël ook detensieklasse se toesig,

2 datums op kwartaalprogram en take wat verrig moet word. (20)

* Koördineer 1 formele en 1 informele personeelontwikkelings per kwartaal (saam

met L. du Toit en M. le Roux). (20)

* Koördineer ouerafsprake n.a.v. toetsing deur mnr. Piet Havenga. ( 5 )

Page 66: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.6. A. Viljoen (departementshoof – gr. 7A) [130]

* Registeronderwyser . (20)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Lid van beheerliggaam (skakel met nasorg en speelgroepies). (10)

* Hulp-vakhoof – Engels addisionele taal. ( 5 )

* Koördineer assesseringskomitee (grade 4 – 7). (20)

* Bestuur snr. fase se kurrikulum. (20)

* Buitemuurse onderwysgerigte studie. (20)

* Graadhoof. (20)

7.7. K. du Toit (departementshoof – gr. 2B). [115]

* Registeronderwyser. (20)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Graadhoof. (20)

* Skakelpersoon met graad R oor vergaderings, ontwikkelings, ens. (20)

* Vakhoof – grondslagfase English FAL. (15)

* Boekstoor (skryf en handboeke). (15)

* Bestuur graad 2 se begroting. (10)

* Buitemuurse program opstel. (10)

7.8. M. Meyer (departementshoof – gr. 3C). [115]

* Registeronderwyser . (20)

* Lid van bestuurspan. (15)

* Graadhoof. (20)

* Bestuur grade 1 – 3 se kurrikulum. (20)

* Mini-netbal organiseerder. (15)

* Vakhoof – grondslagfase Afrikaans huistaal. (15)

* Bestuur graad 3 se begroting. (10)

7.9. M. Grobbelaar (gr. R1). [75]

* Registeronderwyser . (20)

* Begroting van graad R bestuur. (10)

* Bestuur graad R se kurrikulum. (20)

* Graadhoof (reël opedag en bekendstellingsdag saam S. Krynauw) . (20)

* Lid van klere- en netheidskomitee. ( 5 )

7.10 L. Dippenaar (gr. R2). [65]

* Registeronderwyser. (20)

* Lentedag koördineerder. (10)

* Koördineer lief en leed vir personeel en ander belanghebbendes. (15)

* Personeelversorging koördineer. (10)

* Kospakkies vir werkers aan einde van die jaar. ( 5 )

* Lid van veiligheidskomitee. ( 5 )

Page 67: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.11 . M. Bruwer (gr. R3) . [65]

* Registeronderwyser. (20)

* Koördineer blombeurte. (10)

* Klerebank koördineer. (20)

* Koördineer bewegingsontwikkeling. (15)

7.12. S. Krynauw (gr. 1A). [65]

* Registeronderwyser . (20)

* Graadhoof (koördineer opedag en bekendstellingsdag saam met M. Grobbelaar) (20)

* Hulp-vakhoof grondslagfase lewensvaardighede. ( 5 )

* Lamineer spogkaarte (gr. 1 – 3). (15)

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

7.13. R. Prinsloo (gr. 1B). [65]

* Registeronderwyser. (20)

* Skakel met proefstudente (gr. R – 3). (10)

* Hulp-vakhoof grondslagfase wiskunde. ( 5 )

* Verjaarsdaglys van personeel en gades opstel, maandeliks in personeelkamer

opsit en verjaardagkaartjies skryf. (10)

* Verf van sketse/prente in gange en op mure dwarsdeur die jaar ( beplanning

aan begin van die jaar met adj. prinsipaal bespreek). (20)

7.14. H. Schoeman (gr. 1C). [60]

* Registeronderwyser. (20)

* Hulp-vakhoof – grondslagfase English FAL. ( 5 )

* Koördineer foto’s wat in onthaalarea en op groot borde voor skool en op sport-

terrein kom. (10)

* Bestuur graad 1 se begroting. (10)

* Skryf soggens afkondigings vir graad R kollegas. (15)

7.15. J. Steyn (gr.1D). [65]

* Registeronderwyser . (20)

* Vakhoof- grondslagfase lewensvaardighede. (15)

* Mini-krieket organiseerder. (15)

* Boekkontrole rooster vir grade 1 – 3 opstel. ( 5 )

* Vigs en “Abuse no more” koördineer. (10)

Page 68: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.16. M. le Roux (gr. 2A) . [60]

* Registeronderwyser. (20)

* Hulp-vakhoof grondslagfase Afrikaans huistaal. ( 5 )

* Netbal koördineerder. (15)

* Koördineer 1 formele en 1 informele personeelonwikkeling per kwartaal (saam

L. du Toit en C. Schoeman). (20)

7.17. E. Conradie (gr. 3A). [60]

* Registeronderwyser. (20)

* Veiligheidsbande koördineer. ( 5 )

* Individuele- en groepfoto’s se neem en bestellings koördineer. (10)

* Mini-hokkie organiseerder. (15)

* Sekretaresse van personeelkamer-beleidsake. ( 5 )

* Lid van SAOK. ( 5 )

7.18. M. Lourens (gr. 3B). [65]

* Registeronderwyser . (20)

* Koördineer “My School” projek. (10)

* Reëlings t.o.v. aansteeklike siektes en kopluisbesmetting koördineer. ( 5 )

* Alle dogterstoilette se netheid weekliks nagaan. (20)

* Hemelvaartdag en biddae koördineer. ( 5 )

* Lid van veiligheidskomitee. ( 5 )

7.19. H. Sauer (gr. 4A) [30]

* Registeronderwyser. (20)

* Weeklikse algemene kennis vraestelle koördineer. (10)

7.20. J. van Niekerk (gr. 4B). [85]

* Regiseronderwyser. (20)

* Graadhoof. (20)

* Vakhoof Afrikaans huistaal. (15)

* Koördineer opgradering van onthaalarea. (10)

* Koördineer vakhoofde (reël 2 vergaderings per jaar waar beleidsake bespreek

word. ( 5 )

* Koördineer alle sake rondom borge in samewerking met M. Jordaan – die vind

daarvan, borgelêer op datum hou en dankie sê geskenkies reël. (Onthou ook

die borge van die spogkaarte se opvolg.) (15)

Page 69: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.21. R. Naude (gr. 4C). [75]

* Registeronderwyser. (20)

* Koördineer entrepeneursdae en plaas 3 datums op kwartaalprogramme. (10)

* Terreindiensrooster kwaartaalliks opstel. (10)

* Koördineer eksamens/toetsreekse se uitdeelroosters en toesigroosters. (10)

* Foto’s van sportkapteins in voorportaal uitstal. ( 5 )

* Skakelpersoon vir swem. ( 5 )

* Skakelpersoon vir gholf. ( 5 )

* Lid van SAOK. ( 5 )

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

7.22. L. van Niekerk [75]

* Registeronderwyser. (20)

* Koördineer redenaars. (15)

* Hulp-vakhoof Afrikaans huistaal. ( 5 )

* Koördineer alle aflospersoneel en toesigdiens indien kollegas afwesig is. (20)

* Koördineer administrasie van atletiek (inskrywings ens.). (10)

* Lid van OOS span. ( 5 )

7.23. L. Kriel (gr. 5B). [85]

* Registeronderwyser. (20)

* Koördineer alle spelkompetisies (WKOD en ander). (15)

* Skoonmaakdienslys opstel en toesien dat dit daagliks gedoen word. (10)

* Spogkaarte lamineer (gr. 4 – 7 en LSO). (15)

* Lid van klere- en netheidskomitee. ( 5 )

* Koördineer tee/koffie/koeldrank vir kollegas op terreindiens (ook tydens

reëndae). ( 5 )

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

* Hulp met kultuur (veral wanneer DM. Kriel met verlof is) soos sangsaal en

konsert. (10)

7.24. A. de Klerk (gr. 5C). [85]

* Registeronderwyser (20)

* Inventarisse koördineer. (10)

* Biblioteek – en media koördineer (ook personeelkamer se biblioteek. (10)

* Koördineer klere- en netheidskomitee. (15)

* Vakhoof – lewensvaardighede. (15)

* Vakhoof English FAL. (15)

Page 70: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.25. L. van der Merwe (gr. 6A). [90]

* Registeronderwyser. (20)

* Bestuur intermediêre fase se kurrikulum. (20)

* Tennis organiseerder. (15)

* Koördineer gr. 7 se aand afskeidsfunksie. (10)

* Skakel onderwyser met leerderleiers (weekliks vergader). (20)

* Hulp-vakhoof wiskunde. ( 5 )

7.26. L. du Toit (gr. 6B). [90]

* Registeronderwyser. (20)

* Graadhoof. (20)

* Hokkie organiseerder. (15)

* Koördineer 1 formele en 1 informele personeelontwikkelings per kwartaal (saam

met C. Schoeman en M. le Roux). (20)

* Opgradering van personeelkamer en personeeltoilette. (10)

* Hulp-vakhoof EBW. ( 5 )

7.27. D. Sauer (gr. 7B). [25]

* Registeronderwyser . (20)

* Hulp-vakhoof lewensvaardighede (liggaamlike opvoeding). ( 5 )

7.28. R. van der Westhuizen (gr. 7C) [95]

* Registeronderwyser. (20)

* Roosters opstel. (15)

* Vakhoof rekenaars. (15)

* Koördineer heelskoolontwikkeling. (15)

* Koördineer alle klank (by skool en sportterrein) en sorg vir netheid van

klankkas. (10)

* Koördineer alle dataprojektor opstellings, rekenaars en interaktiewe witborde

se instandhouding en verseker dat WNPS op tegnologiese gebied leiding-

gewend is. (20)

7.29. A. Barnard (LSO 1). ` [65]

* Registeronderwyser. (20)

* Bestuur LSO se begroting. (10)

* Koördineer bystandsfonds. (10)

* Lid van OOS span. ( 5 )

* Skakel met distrikskantoor insake verwysings. (10)

* Lid van veiligheidskomitee. ( 5 )

* Lys van gestremde ouers opstel en byhou om reëlings voor vergaderings en

konserte aan hul deur te gee. ( 5 )

Page 71: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

7.30. S. van Zyl (LSO 2). [95]

* Registeronderwyser (20)

* Koördineer alle reëlings rondom amanuensis (toesig/hulp tydens toetse en

eksamens asook verwysings). (20)

* Graadhoof. (20)

* Koördineer OOS span. (20)

* Koördineer persone wat godsdiens hou tydens saalbyeenkomste. ( 5 )

* Uitpak van koppies ens. vir opedae en funksies. ( 5 )

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

7.31. M. Williams. [95]

* Koördineer GGBS. (20)

* Koördineer SAOK. (10)

* Koördineer alle kunskompetisies (SANTAM, Lions ens.) (15)

* Bybellees kwartaalliks opstel en deurgee. ( 5 )

* Skaakkoördineerder. (15)

* Hulp-vakhoof lewnsvaardighede (kreatiewe kuns). ( 5 )

* Hulp met “communicator”. (10)

* Opgradering en instandhouding van voorportaal en personeelbord. (10)

* Lid van assesseringskomitee. ( 5 )

7.32. D. Kriel. [85]

* Sangsaal koördineer. (20)

* Kultuur koördineer. (10)

* Kwartaalprogramme opstel. (10)

* Koördineer geesbou (voorafsang vir byeenkomste). ( 5 )

* Buitelugopvoeding en uitstappies (1 per graadgroep) koördineer. (10)

* Akademiese presteerders se sertifikate tik en druk. ( 5 )

* Hulp-vakhoof SW. ( 5 )

* Buitemuurse onderwysgerigte studie. (20)

Page 72: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

8.

8.1. SAOK

1. M. Williams

2. P. Borcherds

3. G. Booysen

4. Y. de Villiers

5. E. Geldenhuys

6. R. Naude

8.2. Assesseringskomitee

1. A. Viljoen (voorsitter – grade 4 – 7)

2. Y. de Villiers (voorsitter grade R – 3)

3. P. Borcherds

4. G. Booysen

5. S. Krynauw

6. R. Naude

7. L. Kriel

8. S. van Zyl

9. M. Williams

8.3. Veiligheidskomitee

1. G. Booysen (voorsitter)

2. P. Borcherds

3. M. Lourens

4. L. Dippenaar

5. A. Barnard

6. G. Dempers (fakotum)

8.4. OOS span

1. S. van Zyl (voorsitter)

2. Y. de Villiers

3. L. van Niekerk

4. A. Barnard

5. L. de Bruin (privaat)

8.5. Klere- en netheid (personeel)

1. A. de Klerk (voorsitter)

2. G. Booysen

3. M. Grobbelaar

4. R. Naude

5. L. Kriel

KOMITEES

Page 73: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

1. Prinsipaal P.B. Borcherds

2. Adjunk-prinsipaal Gerhard Booysen

3. Graad R1 Mardene Grobbelaar

4. Graad R2 Luzanne Dippenaar

5. Graad R3 Marietjie Bruwer

6. Graad 1A Surene Krynauw

7. Graad 1B Rachel Prinsloo

8. Graad 1C Herna Schoeman

9. Graad 1D Johanetha Steyn

10. Graad 2A Marizelle le Roux

11. Graad 2B Karen du Toit (DH)

12. Graad 2C Yolanda de Villiers (DH)

13. Graad 3A Elmaré Conradie

14. Graad 3B Marike Lourens

15. Graad 3C Margaret Meyer (DH)

16. Graad 4A Hestie Sauer

17. Graad 4B Jana van Niekerk

18. Graad 4C Roché Naude

19. Leanne van Niekerk

20. Graad 5A Deon de Bruyn (DH)

21. Graad 5B Lauren Kriel

22. Graad 5C Annamarie de Klerk

23. Graad 6A Lola van der Merwe

24. Graad 6B Lerine du Toit

25. Graad 6C Cornie Schoeman (DH)

26. Graad 7A Amari Viljoen (DH)

27. Graad 7B Danie Sauer

28. Graad 7C Riaan van der Westhuizen

29. LSO Anne Barnard

30. LSO Sonet van Zyl

31. Mara Williams

32. Dina-Maré Kriel

33. Tutor Luzanne Kriel

34. Student Louis Carstens

35. Student Ruan Terblanche

36. Student Rozani le Roux

37. Student Marzé Jacobs

38. Student Grazé von Molendorff

39. Student Michaela du Toit

PERSONEELINDELING - 2016

Page 74: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

40. Student Danel Woolward

41. Student Bernelee Kriel

42. Student Marili Borcherds

43. Remediërende Onderrig Louise de Bruin

44. Sekretaresse Teresa Brand

45. Sekretaresse Andriëtte du Plessis

46. Sekretaresse Marlene Jordaan

47. Sekretaresse Lois Matthee

48. Faktotum Gerrit Dempers

49. Algemene Werker Maureen Arendse

50. Algemene Werker Gerald Basson

51. Algemene Werker Jacobus de Kock

52. Algemene Werker Nyiko Kgoedi

53. Algemene Werker Corrie Longman

Page 75: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

RIGLYNE VIR GRAADHOOFDE Die graadhoof koördineer alle graadaktiwiteite en is verantwoordelik vir die spangees, positiewe gesindheid, kreatiwiteit en inisiatiewe in die graadgroep. Betrek kollegas volgens hul vaardighede om sodoende ‘n eweredige werkverspreiding te verseker. 1. Akademie:

1.1 Lei beplanningsvergadering. Grondslagfase: Voorsien/Bespreek weeklikse beplanning.

1.2 Grondslagfase: Koördineer die opstel van take en formele assesseringstake in samewerking met kollegas.

1.3 Kontroleer graadgroep se assesseringsplan. 1.4 Kontroleer formele optekeningsblaaie en skedules in samewerking met kollegas.

1.5 Sien toe dat afrolwerk oordeelkundig gedoen word. Waak teen vermorsing. 1.6 Sien toe dat klasse in die graadgroep dieselfde werk in hul boeke het. 1.7 Sien toe dat alle take vir alle leerders voorsiening maak - sorg dus vir verryking en

remediëring.

2. Dissipline:

2.1 Bespreek straf- en beloningstelsel - bespreek moontlike probleemgevalle (Gr.1 - 7).

2.2 Voltooi vormpie vir dissiplinêre komitee aangaande leerders wat probleme veroorsaak.

2.3 Sien toe dat alle kollegas sigbaar is in gange tydens klasruilings, sowel as verdagings na pouse. Leerkragte moet saam met klasgroepe stap.

3. Administrasie:

3.1 Versamel/Kontroleer graadgroep se basiese admin. en voltooi die nodige vorms wanneer aangevra.

3.2 Sorg dat basiese admin soos deur skoolhoof aangevra betyds en korrek ingehandig word. Stuur hele graad s’n saam.

3.3 Koördineer die nagaan van profiele in kluis saam met kollegas. Volledigheid, alfabetiese volgorde, foto’s aangebring - (Gr.1, Gr.4 en Gr.7) is van belang.

3.4 Herinner kollegas dat ouerkontakvorms na afloop van oueraande en gesprekke met ouers ingevul moet word.

3.5 Maandae moet graadhoofde hul medekollegas se beplanningsboeke gelyktydig na betrokke departementshoof stuur.

4. Algemeen:

4.1 Indien dit nodig sou wees om iemand aan te spreek, moet die boodskap positief oorgedra word.

4.2 Wanneer daar nie by sperdatums gehou word nie, moet die graadhoof die DHP inlig wat dit onder die prinsipaal se aandag sal bring. Opvolgaksies sal met kollega gereël word.

4.3 Poog om meningverskille tussen graad kollegas uit te sorteer. 4.4 Speel leidende rol by klasindelings vir volgende jaar. 4.5 Sorg dat deeglike leerderbespreking tussen u graadgroep en die vorige graadgroep

se kollegas plaasvind aan die begin van die jaar. 4.6 U as graadhoof moet 100% op hoogte wees van graadgroep se profiele sodat

probleemgevalle tydens beplanningsperiode aangespreek kan word.

Page 76: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

RIGLYNE VIR VAKHOOFDE

1. Neem leiding in die spesifieke vak, maar gee ook geleentheid vir bydraes deur lede van

die vakspan.

2. Die nagaan van nasienwerk, spelfoute, verbeteringe, korrekte skryfwyses en die afhandel

van presies dieselfde werk in elke klas binne 'n graadgroep se kontrole is enkele take van

'n vakhoof.

3. Kontrole van afgehandelde werk moet gedoen word en die nodige vorms voltooi word

asook opvolgwerk moet gedoen word waar nodig (kwartale 1 - 3).

Sodra u die kontrolevorm voltooi het, stuur u dit terug na die prinsipaal. Hy teken dit en

stuur dit terug aan u. Dan gee u dit aan die spesifieke kollega en bespreek

tekortkominge/aanbevelings. Tans word dit in vaklêers onder die afdeling: Interne

modereringsinstrumente geplaas.

4. Wees op hoogte van alle vernuwings en veranderings in u vak.

5. Streef daarna om gestelde doelwitte te bereik en evalueer dié suksesse.

6. Maak seker dat alle geassesseerde opdragte se standaard op peil is.

7. Eksamenvraestelle (grade 4 - 7) moet alle vaardighede toets en van 'n goeie standaard

wees. Sien modereringsinstrumente in dié verband. Maak seker dat die analisetabel wat

deel van die modereringsinstrument vorm volledig voltooi is sodat alle kognitiewe vlakke

korrek aangespreek is.

8. Indien 'n mede-kollega se gehalte van werk nie op peil is nie en daar nie by sperdatums

gehou word nie, MOET die prinsipaal dadelik ingelig word.

9. Kontroleer dat die handskrifbeleid soos in die assesseringsbeleid deur alle grade

korrektoegepas word.

10. Lei minstens twee vakvergaderings per jaar (kwartaal 1 en 3) en dui dit op kwartaal-

programme aan.

Page 77: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

ALGEMENE INLIGTING T.O.V. SPORTDEELNAME

ALGEMENE INLIGTING T.O.V. SPORTDEELNAMEALGEMENE INLIGTING T.O.V. SPORTDEELNAME

ALGEMENE INLIGTING T.O.V. SPORTDEELNAME

VAN LEERDERS IN WORCESTER

VAN LEERDERS IN WORCESTERVAN LEERDERS IN WORCESTER

VAN LEERDERS IN WORCESTER-

--

-NOORD PRIM

NOORD PRIMNOORD PRIM

NOORD PRIMÊ

ÊÊ

ÊR

RR

R

1. RUGBY Spelers neem deel volgens ouderdomsgroepe 0.7, 0.8, 0.9, 0.11, 0.13 - Kaartstelsel word toegepas. O.6 spelers oefen en speel saam met 0.7’s. Alle ouderdomsgroepe neem deel aan vriendskaplike wedstryde en ligawedstryde afhangende of daar spanne is waarteen hulle kan speel. Alle spanne speel ook wedstryde op Saterdae bv. Sportdae. Die Buitemuurse program maak voorsiening vir oefentye vir 0.7-0.13 spanne. LW: spelers van 0.7 tot 0.13 moet by hul ouderdomsgroepe oefen en wedstryde speel. 0.7 – 0.13 seuns oefen 2x per week en speel ligawedstryde in die week. Sportdae vind meestal op Saterdae plaas. 0.14 seuns word akkommodeer by 'n hoërskool van hul keuse. Die 0.13A span moet ‘n minimum van 15 wedstryde per jaar speel. Die res van die spanne moet ‘n minimum van 7 wedstryde per jaar speel.

2. NETBAL Mini-netbal 7-,8- en 9-jariges speel mini-netbal. Hulle speel met ‘n no. 4-bal en kort netbalpale (2,50m). Die 7- en 8-jariges neem deel aan ligawed- stryde en sportdae. 7-, 8- en 9-jariges word volgens die buitemuurse program ingedeel in spesifieke middag oefentye. Ons speel streng volgens ouderdom en geen uitsonderings mag gemaak word nie. Gr. 1’s wat bv. 8 is moet by die agtjarige groep oefen. 9-jariges neem deel aan ligawedstryde. Alle mini-netbalspelers oefen 2x per week. Indien daar wedstryde is, oefen hulle slegs 1x per week, tensy anders gereël. Alle mini-netbalreëls geld soos deurgegee aan skole volgens NSA. 10- tot 13-jarige netbal: Speel met lang pale (3,05) en 'n nr. 5-bal. Alle spelers neem streng volgens ouderdomsgroepe deel. Die spelerskaarte word aangewend as bewys van korrekte ouderdomme. Hierdie kaarte moet by alle wedstryde beskikbaar wees. 10- tot 13-jariges neem deel aan ligawedstryde en sportdae. 14-jariges oefen by ‘n hoërskool van hul keuse en nie by ‘n 13C/D-span nie. 10-jariges speel met ‘n no.5-bal en kort pale (2,50m), maar gewone netbalreëls word toegepas. Alle spelers oefen 2x per week. Wanneer daar wedstryde in die week plaasvind, oefen die span slegs 1x tensy anders gereël. Die 0.13A-span is ‘n merietespan waarin 0.12 spelers mag speel indien hul op meriete daar speel en hul ouers toestemming daartoe gee. Spanne word volgens meriete gekies en afrigters moet seker maak dat ‘n spesifieke speler emosioneel en fisies gereed is om posisionele spel binne kompetisieverband te speel. Die 0.13A span moet ‘n minimum van 15 wedstryde per jaar speel. Die 0.7 – 0.12 spanne moet ‘n minimum van 7 wedstryde per jaar speel.

3. KRIEKET Krieketafrigting: Liga bestaan vir O.11 en O.13-spanne. Jonger spelers kan deur die O.11 en O.13-afrigters genader word om hul oefeninge by te woon en kan op meriete in van die spanne opgeneem word. Die spelers se ouers moet skriftelik toestemming gee dat hul kinders in 'n ouer ouderdomsgroep mag deelneem. A-spanne word volgens meriete gekies en by B-spanne word almal wat gereeld oefen en oor die nodige vaardighede beskik, geleentheid gegee. (0.14 spelers word by die hoërskool van hul keuse akkommodeer). Alle spelers wat belangstel of ’n aanleg vir krieket het, kan die oefeninge bywoon. Oefeninge en wedstryde vind plaas gedurende die eerste en vierde kwartaal. Spelers wat die nodige vaardigheidsvlak bereik, word gestuur na die Noord-Boland groepoefeninge. Wedstryde binne die liga vind plaas op Woensdae. Wedstryde buite die liga word gereël vir Saterdae. By die 0.11 en 0.13 groepe is twee afrigters per groep betrokke, een vir die A-span en een vir die B-span. Alle 0.11 en 0.13 spanne moet ‘n minimum van 8 wedstryde per jaar speel.

4. ATLETIEK Algemene inligting: Atlete neem deel volgens hulle ouderdomsgroepe. (Die kaartstelsel word aangewend as bewys vir korrekte

Page 78: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

ouderdomme). Die skool se beleid maak voorsiening vir massadeelname tot en met die skool se kleuratletiekbyeenkoms. Ouderdomsgroepe vanaf 6 tot 13 jaar neem deel (14-jariges skakel in by hoërskole van hul keuse). Na die kleurbyeenkoms word Boland se program gevolg t.o.v. byeenkomste. Ons skool maak ook voorsiening vir atletiekbyeenkomste en uurbyeenkomste wat ons self aanbied of by ander skole gaan bywoon. Atletiek afrigting: Gr. R oefen in skooltyd en neem slegs deel aan die kleuratletiekbyeenkoms. Slegs geïdentifiseerde atlete uit die 7- en 8-jariges word saam met ander atlete in middae geakkommodeer. 7- tot 13-jariges oefen op tye soos uiteengesit in buitemuurse program en vind na skool plaas. Ouers wat meer tyd aan afrigting wil spandeer aan die atlete, kan van die skool se geriewe en apparaat gebruik maak. Inligting t.o.v. uitteken vir apparaat en sleutels is by die kantoor beskikbaar.

5. HOKKIE Ouderdomsgroepe: 0.7, 0.8, 0.9, 0.10, 0.11 en 0.13 seuns en dogters neem deel. Jonger spelers kan op uitnodiging van afrigters by 'n hoër ouderdomsgroep inskakel mits die toestemming van die ouer verkry is. Spelers moet egter emosioneel gereed wees om daar deel te neem. 0.14 Spelers mag deelneem in die 0.13 liga. Hierdie is ‘n spesiale reëling getref deur die Noord-Boland bestuur. Op aanvraag kan gemengde spanne opgemaak word wat onderskeidelik uit seuns en dogters gemeng of verskillende ouderdomsgroepe bestaan. Die reëling geld waar daar ’n behoefte ontstaan vir meer wedstryde. Alle ouderdomsgroepe neem deel aan wedstryde. Oefeninge vind plaas op Maandae en wedstryde op Woensdae en Saterdae. Uitgesoekte 0.12 en 0.13 spelers mag aan die Boland streekproewe gaan deelneem. Slegs eerstespanne speel met geborgde klere. Waar moontlik blaas ‘n onafhanklike skeidsregter altyd die eerstespan wedstryde. Eerstespanne speel slegs volveld-hokkie. Die 0.13A span moet ‘n minimum van 12 wedstryde per jaar speel. Die res van die spanne moet ‘n minimum van 5 wedstryde per jaar speel.

6. TENNIS Die tennis word in verskillende groepe opgedeel wat verskillende tye oefen. Tennis word in die eerste en vierde kwartaal gespeel. Die eerste- span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters van verskillende ouderdomsgroepe wat volgens ranglys bepaal word. Die 0.12 voederspan is die voederspan vir die eerste- en tweedespan. Daar speel leerders tot en met 0.12. Hulle dien as ‘n derdespan en speel wedstryde. Die eerste- en tweedespan wedstryde word op Donderdae gespeel en voederspanwedstryde op Maandae en Donderdae afhangende van die ander skool. Die aantal leerders wat speel word deur die ander skool bepaal. Spelers speel volgens rangorde en nie ouderdom nie. Indien ‘n gr. 3-leerder talent toon, kan hy opskuif na die volgende groep en teen die laagste persoon op die ranglys uitspeel. Die 7- en 8-jariges speel met oranje dot balle en die 9-jariges met groen dot balle. Wanneer die leerders gaan proewe speel, moet hulle onder die regte ouderdomsgroepe ingeskryf word: 0.10, 0.12 en 0.14. Noord-Boland en Boland tennis speel egter in kwartaal 2 en 3 ook wedstryde. ‘n Gr. 7-leerder speel proewe in die 0.14-groep wat beteken hy hoef nie by ‘n hoërskool in te skakel nie. Slegs eerstespanne speel in geborgde klere. Die eerstespan moet ‘n minimum van 8 wedstryde per jaar speel. Die 0.10 en 0.12 spanne moet ‘n minimum van 6 wedstryde per jaar speel. 7. MINI-KRIEKET O.6 – O.9 spelers neem deel aan mini-krieket. Graad R (0.6) leerders oefen saam met die 0.7 leerders. Indien ‘n 0.6 speler se vaardighede goed genoeg is, mag dié speler verkies word tot een van die 0.7 spanne. Leerders moet volgens die ouderdomsbepaling van Boland deelneem. Slegs mini-kriekettoerusting word gebruik. Leerders mag nie eie toerusting saambring nie. Alle mini-krieketoefeninge word op die sportprogram aangedui. Tydens oefeninge word baie aandag gegee aan die vlg: oogoefeninge, die korrekte boul- en kolfvaardighede asook aan veldwerkaktiwiteite. Die Mini-krieketliga se bepalings is vir 0.9 seuns en dogters. 0.7 tot 0.9 spelers kry ook die geleentheid om aan mini-kriekettoernooie deel te neem. Ouers word per brief ingelig van alle wedstrydverpligtinge. Die afstande en kolfgroottes is as volg: 0.7 - 10m blad, nr.3 kolf. 0.8 - 12m blad, nr. 3/4 kolf. 0.9 - 14m blad, nr. 4/5 kolf. Spanne kan tydens die seisoen verander

Page 79: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

word soos leerders se vaardighede ontwikkel. Sien reëlings t.o.v. spelers in ouer ouderdomsgroepe by krieket (nr.3). Alle 0.7 tot 0.9 spanne moet ‘n minimum van 5 wedstryde per jaar speel. 8. ALGEMEEN

8.1 Geen oor-ouderdomspeler mag by 'n jonger groep oefen of speel nie. 8.2 Geen ouer mag inmeng in spankeuses en oefeninge nie. 8.3 'n Speler moet oor genoegsame vaardighede beskik voordat hy/sy WNPS in 'n wedstryd kan

verteenwoordig. 8.4 Navrae moet aan spesifieke koördineerders gerig word. 8.5 Indien die temperatuur in die Burger aangedui word as 38°C of hoër vind daar geen oefeninge dié dag plaas

nie. Die voortgaan van wedstryde berus op dié spesifieke afrigter se oordeel. 8.6 Saterdae se wegwedstryde wat a.g.v. weersomstandighede gekanselleer is, sal sodanig op die voorhek by

die skool aangedui word. Die sms stelsel word ook gebruik. Voordat u dus onnodig die pad aandurf, maak eerder 'n draai by die

skool! 8.7 Om te kwalifiseer vir erkenning op die presteerdersborde in die saal, moet 'n deelnemer wel sy provinsie/land in 'n item/wedstryd verteenwoordig het. Die deelnemers moes dus fisies deelgeneem het. 8.8 As dit op oefendae reën: Betrokke koördineerders van dié sportsoort neem voor 12:30 op die betrokke dag

'n besluit wat aan alle leerders gekommunikeer word. As weerstoestande na skoolsluiting so versleg en dit reën gedurende die tyd wat u kind moet kom oefen, is

die reëling dat oefeninge dan outomaties gekanselleer is. As dit egter op u plaas in Slanghoek reën maar die son skyn by

WNPS – dan oefen ons! As u verder onseker is, kan u gerus die betrokke afrigter skakel - hul kontaknommers verskyn op

die Buitemuurse Program. Lig asb. ook u kinders se toesighouers, wat hul sport toe bring, van dié reëlings in. 8.9 Alle eerstespanne is meriete spanne en is dus nie gereserveer vir slegs 0.13 spelers nie. 8.10 Spelers wat sonder `n geldige rede (siekte / dood in familie / provinsiale / nasionale verpligtinge) nie aan

ontwikkelingstoere deelneem nie, sal vir `n tydperk na die ontwikkelingstoer nie dié A-span verteenwoordig nie. Daarna geld die gewone reëling van meriete t.o.v. spankeuses. 8.11 Geen georganiseerde sport of professionele afrigting teen vergoeding mag Sondae op WNPS se sportgronde toegelaat word nie.

8.12 Ouers wie se kinders hul provinsie/land verteenwoordig in ‘n sportsoort kan by die voorsitter van die finansiële komitee van die

Beheerliggaam aansoek doen om finansiële hulp. Volledige inligting t.o.v. uitgawes moet dié aansoek vergesel.

8.13 Géén sportoefeninge op die middag voor ‘n langnaweek nie

Page 80: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS
Page 81: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

BYLAE A

ONTRUIMINGSPLAN

1. ALARM:

Die interkom en 'n fluitjie sal as alarm gebruik word. Die betrokke persoon in die kantoor sal die fluitjie oor die

interkom blaas. Indien lang fluite geblaas word, moet daar platgeval word. Indien kort fluite geblaas word,

moet daar na buite ontruim word. Indien daar 'n kragonderbreking is, sal vier persone die nodige alarm maak.

Persoon 1: Hoofgebou (bo en onder) Persoon 2: LSO, KK, Saal en speelgroepies.

Persoon 3: Opslaanklasse en musiek. Persoon 4: Grondslagfase en GR-R.

2. KONTROLEPUNT: KANTOOR:

Mevv. Brand en Wium skakel: Polisie (10111) en Brandweer (3422430)

Mev. Brand skakel: Ambulans (10177), Eben Dönges (3481100) en Medi Clinic (3481500)

3. DEURSOEKSPAN:(Mnre.G. Booysen, R. van der Westhuizen en faktotum )

Leerkragte hou fluit in laai. Skoolhoof het ook 'n fluit. Mnr. Booysen waarsku Graad 1, 2 en 3 asook

speelgroepies/nasorg. Mnr. R. van der Westhuizen waarsku hoofgebou, saal en klasse agter saal en faktotum

waarsku opslaanklasse, musiekklasse en biblioteek.

4. ONTRUIMING:

Volg aangeduide roete (grondplan) na die versamelpunt. Kontroleer klaslyste en rapporteer aan

verantwoordelikes. LSO, gr.1, 2, 3 en R - Mnr. C. Schoeman

Gr. 4 en 5 - Mnr. R. van der Westhuizen.

Gr. 6 en 7 - Faktotum (of graad 7 graadhoof).

Mnr. Booysen rapporteer aan die hoof. Deursoekspan na kontrolepunt vir verdere opsporing indien nodig.

6. BRANDBLUSSERHANTERING: (faktotum) Brandblussers

is aangedui en agter klaskamerdeure aangebring.

Enige beskikbare leerkrag moet brandblusser kan beman indien nodig.

7. NOODHULP:

Mev R. Harding se kantoor indien, veilig.

8. NOODHULPPERSONEEL:

Mnre. Van der Westhuizen en Schoeman en mev. T. Brand en me. L. Du Toit.

9. Maak seker dat die leerders die noodplan verstaan en kan gebruik. Dit word onaangekondig

geoefen.

10. NAVRAE: Kantoor

ONTRUIMING GEDURENDE POUSE

Interkom: Sal soos gewoonlik lui (kort - buite ~ lank - binne)

As gevaar dreig:

1. Lui dadelik.

2. Die leerders beweeg dadelik vanuit hulle speelplek na hul betrokke aantreeplekke soos wat ons van binne die

gebou ontruim.

3. Daar is 4 leerkragte op terreindiens. Die persone wat op die teer en by die gras diens doen, moet so gou as

moontlik op hul plekke aanmeld. Die persoon wat by die gr.1’s diens doen, moet eers seker maak dat al die

leerders uit hul toilette is. Die persoon wat by die gr.2’s diens doen, moet eers seker maak dat al die kinders

uit hul toilette is.

4. Twee van die leerkragte wat vanaf die personeelkamer na die terrein oppad is, moet by die groot toilette omgaan

en seker maak dat almal uit is.

5. Verder is dit elkeen se plig om seker te maak dat al die klasmaats teenwoordig is na aantrede.

As gevaar buite dreig:

1. Lui dadelik.

2. Die leerders tree so vinnig as moontlik in hul rye aan waarvandaan daar so vinnig as moontlik na die klasse

verdaag word.

Page 82: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS
Page 83: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

ROOSTERTYE

MAANDAE TOT DONDERDAE

07:30 Admin

07:45 Periode 1 (Saal is Donderdae)

08:15 Periode 2

08:45 Periode 3

09:15 Periode 4

09:45 Periode 5

10:15 POUSE

10:30 Periode 6

11:00 Periode 7

11:30 Periode 8

12:00 Periode 9

12:30 POUSE

12:45 Periode 10

13:15 Periode 11

ROOSTERTYE VRYDAE

07:30 Admin

07:45 Periode 1

08:10 Periode 2

08:35 Periode 3

09:00 Periode 4

09:25 Periode 5

09:50 Periode 6

10:15 POUSE

10:30 Periode 7

10:55 Periode 8

11:20 Periode 9

11:45 Periode 10

12:10 Periode 11

Page 84: ADMINISTRATIEWE INDELING 2016 - WNPS

12:35 Sangsaal

13:20 Beplanningsvergaderings/Detensieklasse